Potchefstroom Electronic Law Journal // Potchefstroomse Elektroniese Regsblad

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
Potchefstroom Electronic Law Journal // Potchefstroomse Elektroniese Regsblad >>
2020 >>
[2020] PER 13
| Noteup
| LawCite
'n Lee Dop is soms beter as 'n Halwe Eier - Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD) en Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZN) (Vol 23) [2020] PER 13
Download original files |
'n Leë
Dop is soms beter as ʼn Halwe Eier – Gounden
v Master of the High Court
[2015] JOL 32896 (KZD) en Govender
v Gounden
2019 2 SA 262 (KZN)
A Gildenhuys*
Pioneer
in peer-reviewed, Author Anél Gildenhuys Affiliation
North-West
University Email Anel.Gildenhuys@nwu.ac.za Date Submission 4 October 2019 Date Revised 16 March 2020 Date Accepted 24 March 202 Date published 24 April 2020 Editor Prof W Erlank How to cite this article Gildenhuys A "'n Leë Dop is soms beter as ʼn Halwe Eier – Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD) en Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZN)" PER / PELJ 2020(23) - DOI http://dx.doi.org/10.17159/1727-3781/2020/v23i0a7449 Copyright DOI http://dx.doi.org/10.17159/1727-3781/2020/v23i0a7449 |
Abstract
An empty shell is sometimes better than half an egg – Gouden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZN) and Govender v Gouden 2019 2 SA 2 SA 262 (KZN) The KwaZulu-Natal High Court, Durban, recently had the opportunity to interpret section 15(3)(b)(iii) of the Matrimonial Property Act 88 of 1984 within the context of the South African law of succession. This section states that: "A spouse shall not without the consent of the other spouse … receive any money due or accruing to that other spouse or the joint estate by way of … inheritance, legacy, donation, bursary or prize left, bequeathed, made or awarded to the other spouse." The question before the court was whether a person who is married in community of property requires the consent of his or her spouse in order to repudiate an intestate inheritance. The following aspects were considered by both the court a quo (Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD)) as well as the full bench on appeal (Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZN)): the distinction between dies cedit and dies venit; the importance of this distinction in electing to either adiate or to repudiate an inheritance; and the implications for the joint estate of spouses married in community of property. The purpose of this contribution is to analyse and critically discuss the reasoning in the judgments in relation to these three aspects. |
Keywords
Adiation and repudiation; dies cedit; dies venit; intestate law of succession; joint estate; law of succession; marriage in community of property; matrimonial property law; consent of spouses; vesting of rights.
……………………………………………………….
1 Inleiding
Die speelse uitdrukking "wat myne is, is joune" is sinoniem met ʼn huwelik gesluit in gemeenskap van goed.[1] In die geval van testamentêre bemakings, staan dit normaalweg ʼn testateur vry om te bepaal dat ʼn bemaakte voordeel nie deel van die gemeenskaplike boedel van die begunstigde en laasgenoemde se gade sal vorm nie. Die bedoeling en uitwerking hiervan is dat die bemaking in die "privaatboedel" van die begunstigde moet val.[2] ʼn Tipiese voorbeeld lui soos volg:[3]
Ek bepaal ... uitdruklik dat geen voordele wat enige erfgenaam onder hierdie testament te beurt sal val ooit deel sal vorm van enige huwelik binne gemeenskap van goed of van enige aanwas van ʼn huwelik waarop die aanwasbedeling van toepassing is nie.
Bogenoemde testamentêre beskerming is egter nie ter sprake in die geval van ʼn intestate erfgenaam wat in gemeenskap van goed getroud is nie. Hoe word ʼn geval hanteer waar ʼn erfgenaam (getroud in gemeenskap van goed, maar reeds 35 jaar van haar man vervreem) wil verhinder dat ʼn intestate erfporsie waarop sy geregtig is, in die gemeenskaplike boedel van haar en haar man val? Meer bepaald, hoe voorkom sy dat die testamentêre begunstigdes van haar man by sy dood aanspraak maak op die helfte van haar intestate erfporsie weens die werking van die gekose en toepaslike huweliksgoederebedeling?
Mev Gounden het gereken ʼn leë dop is in hierdie geval beter as ʼn halwe eier,[4] deur te besluit om ʼn intestate erfporsie vanaf haar oorlede suster eerder te repudieer[5] as wat die helfte daarvan aan haar vervreemde man en by sy afsterwe, sy lewensgenoot, toekom. Die Meester van die Hoë Hof, Durban, (hierna die Meester) het egter mev Gounden se repudiasie verwerp en hy was van mening dat mev Gounden nie die erfenis sonder mnr Gounden se toestemming kon repudieer nie, aangesien hulle in gemeenskap van goed getroud was.[6] Mev Gounden was nie tevrede met die besluit van die Meester nie en sy het die hof a quo (Gounden v Master of the High Court)[7] genader vir ʼn bevel dat die repudiasie geldig was, wat die hof toegestaan het. Die hof het gesteun op artikel 15(3)(b)(iii) van die Wet op Huweliksgoedere[8] wat soos volg bepaal:
ʼn Gade mag nie sonder die toestemming van die ander gade – ... geld wat aan dié ander gade of die gemeenskaplike boedel verskuldig is of toeval by wyse van... erflating, legaat, skenking, beurs of prys aan die ander gade nagelaat, bemaak, gemaak of toegeken ... ontvang nie.
Die eksekuteur en eksekutrise[9] van mnr Gounden se boedel was nie tevrede met die uitspraak nie en hulle het weer op hulle beurt na die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban, geappelleer (Govender v Gounden).[10] Die appèlhof het met die uitspraak van die hof a quo saamgestem, maar verskil van die hof a quo se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet.
Die regsvraag in beide die hof a quo sowel as op appèl was of ʼn persoon wat in gemeenskap van goed getroud is, sy of haar gade se toestemming nodig het om ʼn intestate erfenis te repudieer. Die volgende aspekte is oorweeg: die onderskeid tussen dies cedit en dies venit; die belang van hierdie onderskeid vir die uitoefening van ʼn begunstigde se keuse om te adieer of te repudieer; en die implikasies vir die gemeenskaplike boedel van gades getroud in gemeenskap van goed. Hierdie bydrae het ten doel om die twee uitsprake se beredenering rakende hierdie drie aspekte te analiseer en krities te bespreek.
2 Tersaaklike feite
2.1 Algemene agtergrond
Lutchmi Gounden (mev Gounden)[11] en Gopalsamy Gounden (mnr Gounden) het op 2 Oktober 1974 ʼn huwelik in gemeenskap van goed gesluit en ʼn dogter is uit hierdie huwelik gebore, naamlik Rianna Gounden.[12] Alhoewel die egpaar nooit amptelik geskei is nie, was hulle ten tye van mnr Gounden se dood reeds vir 35 jaar vervreem.[13] Voor sy dood was mnr Gounden in ʼn verhouding met Miriam Rahman (me Rahman)[14] betrokke en ʼn kind is uit hierdie verhouding gebore, naamlik Mahomed Gounden (Mahomed).[15] Mnr Gounden het op 6 Maart 2012 testaat gesterf[16] en me Rahman sowel as Mahomed is in mnr Gounden se testament as begunstigdes aangewys.[17]
2.2 Mev Gounden se intestate erfenis
Mev Gounden se suster, me Somnaidoo (hierna die erflater)[18] het op 19 Augustus 2008 intestaat gesterwe (dit wil sê vier jaar voor mnr Gounden se dood).[19] Mev Gounden was een van die erflater se intestate erfgename,[20] maar sy het haar intestate erfenis gerepudieer.[21] Alhoewel geskrewe repudiasie deur mev Gounden op 11 Julie 2013 gelewer is (eers nadat die likwidasie- en distribusierekenings[22] geadverteer is), is daar beweer dat mev Gounden reeds heelwat vroeër (alhoewel die datum onbekend is) informeel van die intestate erfenis afstand gedoen het.[23]
Teen die tyd[24] wat die (eerste) eksekuteursrekening in die bestorwe boedel van die erflater kragtens artikel 35(1) van die Boedelwet[25] aan die Meester[26] voorgelê is, was mnr Gounden reeds oorlede.[27] Ná navrae deur die Meester en dienooreenkomstige voorleggings van verskeie gewysigde rekeninge by die Meester,[28] is toestemming op 3 Januarie 2013 deur die Meester aan die erflater se eksekutrise[29] verleen om die eksekuteursrekening ooreenkomstig artikel 35(5)(a) van die Boedelwet te adverteer.[30] Die volgende besware teen die geadverteerde rekening is ontvang:
(a) deur mev Gounden wat beweer dat die (informele) repudiëring[31] van haar erfenis nie in die distribusierekening weerspieël word nie en dat sy steeds as ʼn erfgenaam in die distribusierekening gelys word;[32] en
(b) deur die behoorlik aangestelde eksekuteurs[33] van mnr Gounden se bestorwe boedel wat beweer dat die bedrag wat aan mev Gounden in die distribusierekening toegeken is,[34] eintlik in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden val en, aangesien mnr Gounden intussen oorlede is, die bedrag toekom aan "the joint estate of the late Mr Gounden and the first respondent[35] as his surviving spouse, which they administer".[36]
Tussen die tydperk van advertering van die eksekuteursrekening en die Meester se beslissing rakende die besware geopper teen die rekening, is die formele repudiëring deur mev Gounden op 11 Julie 2013 uitgevoer deur dit op skrif te plaas en te onderteken.[37]
In antwoord op die bogenoemde besware, het die Meester op 20 Augustus 2013 beslis dat:
(a) mev Gounden se brief van repudiasie (gedateer 11 Julie 2013) nie aanvaar word nie, aangesien sodanige repudiasie weens die tersaaklike huweliksgoederebedeling met die toestemming van mnr Gounden gepaard moes gegaan het;[38] en
(b) aangesien mev Gounden se repudiasie nie erken word nie, die intestate erfenis die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden moes toekom:[39]
If the deceased's sister,[40] Lutchmi Gounden, is one of the intestate heirs and she was married in community of property at the time of the deceased's death, then she and by virtue of her matrimonial property regime also her spouse (who was then still alive) – in other words their joint estate are intestate heirs.[41]
Mev Gounden en Rianna Gounden het gevolglik ʼn aansoek in die hof a quo gebring vir ʼn bevel teen die Meester; die eksekutrise van die erflater se boedel; asook die eksekuteurs van mnr Gounden se boedel. Hulle eis onder meer dat mev Gounden se brief van repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar ten opsigte van die erflater se bestorwe boedel verklaar moet word en spesifiek dat die Meester aangesê moet word om genoemde repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar te aanvaar.[42] Ten tye van die verrigtinge in die hof a quo was die eksekuteursrekening rakende die erflater se bestorwe boedel nog nie afgehandel nie.
2.3 Uitspraak van die hof a quo: Gounden v The Master of the High Court[43]
Die enkelregter, regter Pillay, het onder meer die gemeenregtelike posisie rakende die vestiging van regte,[44] die verskil tussen adiasie en repudiasie van ʼn erfenis,[45] asook tersaaklike bepalings rakende die huweliksgoederebedeling (spesifiek artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet)[46] geraadpleeg om tot die gevolgtrekking te kom dat mev Gounden se intestate erfenis nog nie in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden gevestig het nie, aangesien die Meester nog nie die eksekuteursrekening goedgekeur het nie.[47] Mev Gounden se skriftelike repudiasie (sonder die toestemming van mnr Gounden of sy eksekuteurs) van 11 Julie 2013 was gevolglik nog betyds en die Meester is gelas om sodanige skriftelike repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar te beskou.[48]
3 Op appèl: Govender v Gounden[49]
3.1 Inleiding
Soos reeds genoem[50] het die eksekuteurs van mnr Gounden se bestorwe boedel, asook me Rahman en Mahomed, teen die bevel van die hof a quo geappelleer. Hulle was egter onsuksesvol, aangesien die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban, die bevel van die hof a quo gehandhaaf het, alhoewel dit weens uiteenlopende redes was. Die verskil in benadering tussen die twee uitsprake is interessant en ook belangrik om van kennis te neem. Gevolglik word dié twee uitsprake se beredenering rakende die volgende aspekte geanaliseer en krities bespreek:
(a) die onderskeid tussen dies cedit en dies venit tesame met gepaardgaande aspekte van die boedelberedderingsproses;[51]
(b) die belang van bogenoemde onderskeid vir die uitoefening van die erfgenaam se keuse om te adieer of repudieer met spesifieke verwysing na die formaliteite vir die repudiëring van ʼn erfenis en die vraag of mev Gounden se skriftelike repudiasie van 11 Julie 2013 betyds ontvang is;[52] en
(c) die implikasies vir die gemeenskaplike boedel van gades wat in gemeenskap van goed getroud is, spesifiek met betrekking tot die vraag of ʼn gade se toestemming nodig is om ʼn erfenis te repudieer.[53]
3.2 Dies cedit, dies venit en relevante aspekte van die boedelberedderingsproses
Die Romeins-Hollandse[54] beginsel van universele erfopvolging (succession in universitatem) het tot 1833 aan die Kaap toepassing gevind.[55] Hierdie beginsel het onder meer behels dat ʼn erfgenaam[56] bates sowel as laste erf.[57] Du Toit[58] verwoord hierdie beginsel soos volg:
Roman-Dutch law prescribes that, upon adiation,[59] the heir succeeded ex lege to the deceased's assets and liabilities, and that the heir had to represent and administer the deceased estate.
Du Toit[60] noem dat, alhoewel die Romeins-Hollandse reg die aanstelling van ʼn eksekuteur erken het, sodanige eksekuteur se rol beperk was tot die verlening van hulp aan die erfgenaam in die bereddering van die bestorwe boedel. Onder Britse beheer het die Engelse stelsel van eksekuteurskap die Romeins-Hollandse beginsel van universele erfopvolging ingevolge die Kaapse Ordinansie 104 van 1833 vervang.[61] Gevolglik het die bereddering van ʼn bestorwe boedel nie meer op die erfgenaam neergekom nie, maar die eksekuteur het die boedel geadministreer deur onder meer die volgende: skuld wat die boedel toekom, in te win; die krediteure van die bestorwe boedel te betaal; en die netto bates tussen die oorledene se begunstigdes te verdeel.[62] Vandag word die rol van die eksekuteur deur die Boedelwet uiteengesit.
Die verskil tussen universele erfopvolging en die hedendaagse rol van die eksekuteur in die bereddering van ʼn bestorwe boedel, is dat ingevolge universele erfopvolging ʼn erfgenaam wat adieer, outomaties eiendomsreg (dominium) oor die bates in die boedel verkry. In die geval waar ʼn eksekuteur aangestel word, is die erfgename se reg om te erf nie meer absoluut of gewaarborg nie, maar hang af van byvoorbeeld die solvensie van die bestorwe boedel. Die praktiese implikasie van laasgenoemde geval word soos volg in Greenberg v Estate Greenberg[63] verwoord:
The position under our modern system of administering deceased estates is that when a testator bequeaths property to a legatee the latter does not acquire dominium in the property immediately on the death of the testator but what he does acquire is a vested right to claim from the testator's executors ... delivery of the legacy.[64]
Met verwysing na Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan (hierna die Jewish Colonial Trust-saak)[65] dui Jamneck[66] aan dat die woord "vestiging" (vesting) in ʼn erfregtelike konteks verwys na die oomblik wanneer ʼn begunstigde (testaat of intestaat) die houer van ʼn reg word, naamlik ʼn vorderingsreg (persoonlike reg) om lewering van die bemaakte of intestate erfenis onvoorwaardelik te eis.[67] Dit is geykte reg dat ʼn begunstigde hierdie vorderingsreg verkry sodra "die boedel van die oorledene ten opsigte van daardie bevoordeling oopval"[68] en hierdie oopval van die boedel staan as delatio bekend.[69] Daar word ook na die oomblik van delatio verwys as dies cedit.[70]
Dit beteken egter nie noodwendig dat die houer van die vorderingsreg reeds hierdie reg kan afdwing, of die genot wat die bemaking of intestate erfenis inhou, kan begin geniet nie. Die oomblik wanneer die begunstigde wel sy of haar vorderingsreg kan afdwing, staan as dies venit bekend.[71] Rautenbach[72] omskryf dies venit gevolglik as die oomblik wanneer ʼn begunstigde lewering van die bemaakte of intestate erfenis kan eis of die dag waarop lewering van die bemaakte voordeel moet plaasvind.[73]
Tensy ʼn testateur uitdruklik anders in sy of haar testament aandui, word dit vermoed dat die testateur bedoel het dat beide dies cedit en dies venit ten tye van sy of haar dood moet aanbreek.[74] Die testateur kan egter óf dies cedit óf dies venit of beide uitstel deur onder meer gebruik te maak van ʼn opskortende voorwaarde.[75] Aangesien die Gounden- en Govender-sake oor die vestiging van regte ten opsigte van ʼn intestate erfporsie handel, val die verskillende wyses van testamentêre uitstel van dies cedit en dies venit egter buite die bestek van hierdie bydrae.[76] Soortgelyk val die vestiging en afdwinging van regte in die geval waar ʼn geldige testament onuitvoerbaar word, ook buite die bestek van hierdie bydrae.[77]
In die geval waar ʼn persoon weens die gebrek aan ʼn geldige testament intestaat te sterwe kom,[78] vind beide dies cedit en dies venit ten tye van die oorledene se dood plaas.[79] Anders verwoord, dui regter Pillay[80] (met verwysing na ʼn reeks appèlhofuitsprake[81] en die werke van verskeie outeurs[82]) in die hof a quo aan dat dit algemeen aanvaar word dat "inheritance in an intestate estate vests on the death of the deceased".
Met verwysing na die invloed van die boedelberedderingsproses op die uitoefening van die vorderingsreg, dui hoofregter Centlivres in Greenberg v Estate Greenberg[83] aan dat alhoewel beide dies cedit en dies venit ten tye van die oorledene se dood kan aanbreek, die afdwinging van die begunstigde se vorderingsreg nie onmiddellik ten tye van die oorledene se dood kan plaasvind nie, maar eerder ná bevestiging van die likwidasie- en distribusierekenings.[84] Hierdie standpunt word gesteun deur waarnemende hoofregter Joubert in De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue (hierna die De Leef-saak):[85]
... [A]ccording to our modern system of administration of deceased estates, the heir or legatee of an unconditional bequest obtains a vested right (dies cedit) to be entitled to the bequest on the death of the testator (a morte testatoris). Such a right is transmissible but his claim is enforceable only at some future time when the executor's liquidation and distribution account has been confirmed (dies venit). He then has an enforceable right to claim payment, delivery or transfer of his bequest (ius in personam ad rem acquirendam).
Bevestiging van die likwidasie- en distribusierekenings deur die Meester word gevolglik in die moderne boedelberedderingsproses beskou as die oomblik waarop dies venit aanbreek.
Dit word egter in die De Leef-saak[86] uitgelig dat nóg die Boedelwet 66 van 1965 nóg sy voorganger (die Boedelwet 24 van 1913) na die "confirmation of the accounts" verwys. Artikel 35(4) verwys na die nasien ("examination") van die eksekuteur se voorlopige rekening en artikel 35(12) verwys na die situasie waar die eksekuteursrekening reeds ooreenkomstig die prosedure en voorskrifte van artikel 35(4)-(11) ter insae gelê het en daar is geen besware ontvang nie, naamlik dat die eksekuteur onverwyld moet voortgaan om die skuldeisers van die oorledene uit te betaal en die boedel onder die erfgename te verdeel ooreenkomstig die rekening.[87] Dit word gevolglik deur Corbett et al[88] voorgestel dat "confirmation" (en derhalwe die aanbreek van dies venit) in hierdie konteks verwys na artikel 35(12) van die Boedelwet, naamlik dat die rekening vir die voorgeskrewe tydperk,[89] sonder enige besware, ooreenkomstig die bepalings van artikel 35(4)-(11) van die voormelde wet ter insae gelê het, en die eksekuteur gevolglik die skuldeisers kan uitbetaal en die boedel onder die erfgename kan verdeel.[90] Die bevestiging van die eksekuteursrekening deur die Meester (naamlik die situasie geskets in artikel 35(12)) as die oomblik waarop dies venit aanbreek, word gevolglik ook deur die hof a quo gehandhaaf.[91] Die hof a quo kom tot die gevolgtrekking dat, aangesien die Meester in die huidige saak nog nie die eksekuteursrekening bevestig ("confirm") het nie, die erfenis self nog nie in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden gevestig het nie.[92] Soos reeds aangedui,[93] was mev Gounden se skriftelike repudiasie (sonder die toestemming van mnr Gounden of sy eksekuteurs)[94] van 11 Julie 2013 beskou as betyds, en die hof a quo het die Meester gelas om sodanige skriftelike repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar te beskou.[95]
Op appèl argumenteer die appellante[96] onder meer dat regter Pillay fouteer het deur te bevind dat ʼn erfenis in ʼn instestate erfgenaam vestig wanneer dies venit aanbreek en dat die voormelde regter eerder moes bevind het dat ʼn erfenis in ʼn intestate erfgenaam vestig wanneer dies cedit aanbreek.[97] Die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban (by monde van regter Koen),[98] verwys ook na die verskil tussen dies cedit en dies venit soos verwoord in die De Leef-saak,[99] en die hof a quo se gevolgtrekking word gevolglik gesteun dat:
(a) dies cedit aangebreek het ten tye van die dood van mev Gounden se suster (reeds voorheen na verwys as die erflater), naamlik dat ʼn onliggaamlik gevestigde reg tot die erfenis[100] ten tye van die erflater se dood toegeval het; maar
(b) aangesien die eksekuteursrekening nog nie deur die Meester goedgekeur[101] is nie, sodanige onliggaamlike gevestigde reg nog nie getransformeer het in ʼn afdwingbare reg om betaling, lewering of oordrag van die erfenis te eis nie – ongeag in wie/wat[102] hierdie onliggaamlike reg gevestig het.
Met verwysing na die ooreenstemmende beslissing rakende die tydstip van dies cedit en dies venit in die geval van ʼn intestate erfenis deur beide die hof a quo en die appèlhof, kan die verskil tussen dies cedit en dies venit gevolglik vir doeleindes van hierdie bydrae verwoord word soos volg:
(a) dies cedit as die vestiging van die vorderingsreg in die intestate erfgenaam ten tye van die erflater se dood; teenoor
(b) dies venit as die vestiging van die erfenis self in die erfgenaam, welke erfenis deur ʼn saaklike reg deur die intestate erfgenaam toegeëien kan word vanaf die oomblik waarop die eksekuteursrekening deur die Meester bevestig of goedgekeur word.
3.3 Repudiasie deur ʼn intestate erfgenaam
Op appèl verwys regter Koen[103] na die oorspronklike aansoek wat in die hof a quo gedien het en waarin mev Gounden, onder meer, die rede vir haar repudiëring[104] van die erfenis verduidelik, naamlik dat sy bewus was dat, sou sy die intestate erfenis adieer, dat dié erfenis die gemeenskaplike boedel van haar en mnr Gounden sou toekom; en dat by mnr Gounden se afsterwe sou laasgenoemde se testamentêre begunstigdes (insluitende Me Rahman en Mahomed) gevolglik aanspraak kan maak op die helfte van mev Gounden se intestate erfenis vanaf haar suster. Regter Koen[105] dui egter aan dat die rede vir die repudiëring irrelevant tot die aansoek was, solank daar ʼn geldige repudiasie was.[106] Regter Koen[107] verwys onderskeidelik na mev Gounden se skriftelike repudiasie, welke dokument volgens regter Koen verly is "as it was formally required"[108] en die informele repudiasie wat vroeër[109] deur mev Gounden aan die eksekutrise van die erflater se intestate boedel gekommunikeer is.[110]
Ten spyte van regter Koen se verwysing na "valid renunciation"[111] en "document executed, as it was formally required",[112] laat hy nogtans na om laasgenoemde "formaliteit" of vereiste (naamlik ʼn geskrewe repudiëring) te staaf. Dit blyk dat beide die hof a quo en die volbank geskrewe repudiasie van ʼn erfenis as ʼn vanselfsprekende vereiste aanvaar.
Dit blyk egter voorts uit die feite[113] dat mev Gounden se informele repudiëring deur die Meester verwerp is, nie omdat dit nie op skrif gestel is nie, maar eerder omdat dit sonder die toestemming van mnr Gounden geskied het. Indien in ag geneem word dat die hof a quo tot die gevolgtrekking gekom het dat mev Gounden nie die toestemming van mnr Gounden[114] nodig gehad het om die intestate erfenis te repudieer nie (soos bevestig deur die volbank op appèl),[115] ontstaan die vraag of die vroeëre informele repudiëring van mev Gounden voldoende sou wees, indien die hof se vanselfsprekende aanvaarding van skriftelike repudiasie as ʼn vereiste, ongegrond was.
Gevolglik is ʼn bespreking rakende die volgende aspekte noodsaaklik, naamlik die formaliteite in die geval van die repudiëring van spesifiek ʼn intestate erfenis; en die tydperk waarbinne repudiasie kan of moet plaasvind.
3.3.1 Formaliteite vir die repudiëring van ʼn intestate erfenis
Wat die verband tussen die vestiging en afdwinging van regte[116] en adiasie/repudiasie betref, verwys verskeie outeurs[117] na die volgende dictum in Crookes v Watson:[118]
The oft-repeated saying that a legatee does not acquire a legacy unless he accepts it, misplaces the stress; it would be more correct to say that he acquires a right to the subject-matter of the bequest unless he repudiates it.[119]
Gebaseer op hierdie stelling, dui De Waal en Schoeman-Malan[120] aan dat ʼn begunstigde se reg outomaties vestig ten tye van dies cedit (wat intestaat ten tye van die dood van die oorledene is),[121] sonder dat die begunstigde noodwendig ʼn aanduiding van sy of haar aanvaarding van die erfenis hoef te gee, of selfs bewus van die erfenis hoef te wees.[122] Gevolglik word dit aanvaar dat, tensy ʼn begunstigde die erfenis "uitdruklik" gerepudieer het, hy of sy die erfenis aanvaar het.[123] Van der Merwe en Rowland[124] is derhalwe van mening dat repudiasie as ʼn ontbindende voorwaarde beskou moet word, naamlik dat ʼn begunstigde die reghebbende[125] word en "dit bly indien hy nie repudieer nie".[126] Met inbegrip van enkele uitsonderings, vind adiasie van ʼn erfenis gevolglik outomaties plaas, aangesien die erfenis slegs voordeel inhou en tot geen aanspreeklikheid lei nie.[127] Die praktiese implikasie hiervan is dat geen voorgeskrewe formaliteite vir die aanvaarding van ʼn onvoorwaardelike testamentêre bemaking en, meer spesifiek vir die doeleindes van hierdie bydrae, ʼn intestate erfenis bestaan nie.[128] Gevolglik dui Erasmus et al[129] aan dat adiasie uitdruklik of stilswyend kan geskied. Dit kan byvoorbeeld uit die optrede van die begunstigde afgelei word, deurdat hy of sy met die boedelbates omgaan in sy of haar hoedanigheid as erfgenaam.[130] So dui Corbett et al[131] aan dat aanvaarding van ʼn erfenis neerkom op geïmpliseerde adiasie. Sou mev Gounden byvoorbeeld gelde uit die bestorwe boedel tydens die beredderingsproses ontvang het, sou sodanige ontvangs kon neerkom op mev Gounden se keuse om te adieer, welke optrede teenstrydig tot die bedoeling om te repudieer sou wees.[132]
Soos hierbo aangedui, is daar uitsonderings op die reël dat adiasie van ʼn erfenis outomaties en gevolglik sonder formaliteite plaasvind. Waar ʼn erfenis met die een of ander verpligting of las[133] gepaard gaan of waar die testateur oor die begunstigde se bates beskik,[134] moet die begunstigde sy of haar keuse om te adieer of te repudieer, uitdruklik te kenne gee.[135] Hierdie toedrag van sake staan as die "leerstuk van eleksie/keuse" bekend, en die begunstigde se keuse om te adieer of te repudieer word skriftelik gedokumenteer by wyse van ʼn adiasie- of repudiasiesertifikaat, welke sertifikaat by die Meester tesame met die eksekuteursrekening ingehandig word.[136] Dié leerstuk vind nie toepassing in die geval van intestate erfopvolging nie.[137]
Die vraag ontstaan gevolglik of die repudiëring van ʼn erfenis in die geval waar die leerstuk van eleksie nie ter sprake is nie (soos in dié geval ʼn intestate erfenis), skriftelik moet geskied al dan nie. Met enkele uitsonderings blyk dit dat die vernaamste werke op die gebied van die Suid-Afrikaanse erfreg en boedelbereddering[138] bloot aandui dat repudiasie in die algemeen skriftelik moet geskied, sonder dat gesag vir hierdie stelling aangebied word.[139] Jamneck[140] dui byvoorbeeld aan dat adiasie (uitgesluit die toepassing van die leerstuk van eleksie) in die meeste gevalle uit die begunstigde se optrede afgelei kan word en sodanige stelling word gestaaf deur verwysing na ʼn aantal hofsake.[141] Hierdie stelling word deur Jamneck[142] opgevolg deur ʼn ongestaafde:
By contrast, repudiation is not readily inferred from conduct and written proof is usually required.
De Clercq et al[143] dui aan dat wanneer ʼn begunstigde ʼn voordeel wat nie aan ʼn modus gekoppel is nie repudieer, sodanige repudiëring as "unusual behaviour" beskou word en die eksekuteur sodanige repudiasie gevolglik skriftelik moet ontvang. Laasgenoemde word egter nie gestaaf nie. Ook Van der Merwe en Rowland[144] maak die volgende ongestaafde stelling: "Die Meester vereis skriftelike bewys van repudiasie in alle gevalle waar die bevoordeelde nie die bemaking aanvaar nie." Erasmus et al[145] gebruik laasgenoemde (ongestaafde) stelling deur Van der Merwe en Rowland om die volgende te staaf: "Written proof of adiation is usually required where acceptance of the benefit will impose a burden on the beneficiary, or of repudiation where no burden is imposed."[146] De Waal en Schoeman-Malan[147] se "[w]ritten repudiation is also required where no such obligation has been placed on the beneficiary" word wel gestaaf, maar sodanige stawing verwys na die bronne waar dié stelling oorspronklik ongestaaf was, naamlik Van der Merwe en Rowland, De Clercq et al en Erasmus et al hierbo.
Dit is vreemd dat Erasmus et al[148] in dieselfde paragraaf waarin genoem word dat geskrewe bewys van repudiasie nodig is in gevalle waar geen verpligting op die begunstigde geplaas word nie, ook verwys na Voet 29.2.33[149] waarin die metodes van repudiëring deur sui et necessarii heredes[150] en extranei heredes[151] in die Romeinse reg uiteengesit word:
… [I]t is passed over by own heirs when they refrain, and thus either touch nothing in the inheritance, or make a declaration judicially or extra judicially that they do not wish to keep the inheritance from their father. Stranger heirs reject. Such a rejection can on the analogy of an adiation take place not only by words, but also in fact and by any other token of will. It has nevertheless been advised above that own heirs cannot refrain if they have filched anything from the inheritance, or have fulfilled a potestative condition, though stranger heirs can do so. In general all who have once obtained an inheritance by adiating or by intermeddling cannot reject, inasmuch as they always remain heirs.[152]
Erasmus et al[153] verwoord bogenoemde soos volg: "A beneficiary may repudiate an inheritance … by any means which unequivocally express or imply his or her intention to do so."[154] Erasmus et al[155] sluit egter dié bespreking af met die kontrasterende opmerking (soos hierbo aangehaal), dat geskrewe bewys van repudiasie nodig is in gevalle waar geen verpligting op die begunstigde geplaas word nie.
Alhoewel Wiechers en Vorster[156] na die vereistes vir ʼn "aanvaarbare" (geskrewe) adiasie- of repudiasiesertifikaat verwys, slaan sodanige vereistes op die geval waar die leerstuk van eleksie toepassing vind. Ook LexisNexis se Practical Guidance[157] verwys slegs na skriftelike repudiasie (met ʼn voorbeeld) in die konteks waar die leerstuk van eleksie toepassing vind.
Met verwysing na De Clercq et al[158] se stelling dat skriftelike repudiasie nodig is, aangesien dit ongewoon vir ʼn begunstigde is om ʼn erfenis wat nie aan ʼn verbintenis gekoppel is nie,[159] te repudieer (soos in die geval van ʼn intestate erfgenaam), kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat sodanige skriftelike "vereiste" eerder ʼn praktyksriglyn is as wat dit van regsweë voorgeskryf word. Hierdie gevolgtrekking word versterk deur inter alia Jamneck[160] en Erasmus et al[161] se verwysing na skriftelike repudiëring wat in die normale gang van sake ("usually") vereis word.
Alhoewel skriftelike repudiasie waar die leerstuk van eleksie nie toepassing vind nie, nie van regsweë voorgeskryf word nie, wil dit tog voorkom asof skrif wél vir praktiese doeleindes in die bereddering van ʼn bestorwe boedel nodig is. Sodanige praktiese belang sluit die oordrag van onroerende eiendom in, aangesien bewys van enige afstanddoening of repudiasie van ʼn erfenis deel uitmaak van die dokumente wat by die akteskantoor ingedien moet word vir die uiteindelike oordrag van onroerende eiendom.[162] Hierdie toedrag van sake is egter ook gebaseer op ʼn praktyksriglyn (Deeds Office Practice). Die uiteindelike oordrag van eiendom beteken dan ook dat die Meester reeds die eksekuteursrekening "goedgekeur/bevestig"[163] het en dat die boedel daadwerklik verdeel kan word.
Alhoewel die hof in die Govender-saak[164] na "valid renunciation" verwys in die konteks van geskrewe repudiëring soos daar formeel vereis ("formally required") is, kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat sodanige skriftelike repudiëring waar die leerstuk van eleksie nie ter sprake is nie, bloot ʼn praktyksriglyn is. Die Meester se oorspronklike verwerping van mev Gounden se informele repudiëring[165] sou heel moontlik anders verloop het sou die Meester toe reeds bewus gewees het van die hof (beide a quo en op appèl) se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet (naamlik dat toestemming van ʼn gade, getroud in gemeenskap van goed, nie nodig is om ʼn erfenis te repudieer nie).[166] Mev Gounden se beswaar teen die eerste eksekuteursrekening, naamlik dat sy steeds in die distribusierekening as ʼn erfgenaam gelys word, ondanks die feit dat sy die eksekutrise (informeel) in kennis gestel het dat sy nie wil erf nie, sou dan heel moontlik deur die Meester aanvaar gewees het, met opskrifstelling van die repudiëring as formaliteit, indien nodig.
3.3.2 Die tydstip waarop repudiasie moet geskied
Soos reeds aangedui,[167] het regter Pillay[168] in die hof a quo tot die gevolgtrekking gekom dat mev Gounden ten tye van die aanbreek van dies cedit (naamlik ten tye van die dood van haar suster), ʼn reg verkry het om haar (intestate) erfenis op te eis. Regter Pillay[169] stel dit egter duidelik dat hierdie reg nie ʼn reg op die erfenis self is nie, aangesien die erfenis self eers in mnr en mev Gounden se gemeenskaplike boedel sou gevestig het nadat die likwidasie- en distribusierekeninge sonder enige besware ter insae gelê het.[170] In die onderhawige geval het die Meester nog nie die eksekuteursrekening goedgekeur nie, en krediteure kon nog hul eise instel.[171] Gevolglik was regter Pillay van mening dat mev Gounden "was free to dispose of her inheritance as she pleased" totdat dies venit aangebreek het.[172] Op appèl bevraagteken regter Koen[173] egter die juistheid van hierdie stelling, sou dit daarop neerkom dat repudiëring post dies venit nie moontlik is nie – dit wil sê (in die lig van die bespreking in afdeling 3.2 hierbo) dat repudiëring deur ʼn begunstigde[174] nie moontlik is nadat die Meester die eksekuteursrekening "goedgekeur/bevestig"[175] het nie. Regter Koen[176] gee toe dat die meeste gevalle van repudiëring voor dies venit sal plaasvind, maar "in the absence of conduct inconsistent with an election to renounce, there is probably no bar to a renunciation post dies venit within a reasonable time".
Volgens regter Koen is repudiasie gevolglik moontlik selfs nadat die Meester die eksekuteursrekening reeds goedgekeur het, mits dit binne ʼn redelike tyd ná dies venit geskied. Wat ʼn "redelike tyd" behels, is egter debatteerbaar. In In re Estate Late LJ Steytler[177] is "redelike tyd"[178] vir die uitoefening van ʼn begunstigde se keuse verwoord as:
… a beneficiary need not adiate until he knew what his rights were, ie until the estate was in a position to be distributed … .
Erasmus et al[179] dui aan dat dié stelling twee moontlike interpretasies kan hê, naamlik:
(a) dat die begunstigde nie nodig het om sy of haar keuse uit te oefen alvorens die eksekuteur in staat is om sy of haar likwidasie- en distribusierekenings op te stel nie; of
(b) dat die begunstigde nie nodig het om te adieer (of dan in die huidige geval, te repudieer) alvorens die eksekuteursrekening ter insae gelê het (en daaropvolgend deur die Meester goedgekeur/bevestig is) en die eksekuteur in staat is om die boedel te verdeel nie.
Aangesien die eksekuteur nie sy of haar distribusierekening kan opstel en die boedel ooreenkomstig kan verdeel[180] tensy die begunstigde sy of haar keuse voor sodanige moment uitgeoefen het nie, is Erasmus et al[181] van mening dat interpretasie (b) hierbo nie prakties uitvoerbaar is nie. Erasmus et al[182] ondersteun gevolglik interpretasie (a) hierbo, naamlik dat die begunstigde nie nodig het om sy of haar keuse uit te oefen alvorens die eksekuteur in staat of by magte is om die distribusierekening op te stel nie, maar dat sodanige keuse wel uitgeoefen moet word vanaf die oomblik wanneer die eksekuteur wel in so ʼn posisie is, maar voordat die rekening ter insae lê. Uit regter Koen se standpunt dat repudiasie ná dies venit moontlik is (mits dit binne ʼn redelike tyd geskied), blyk dit dat regter Koen eerder interpretasie (b) hierbo in In re Estate Late LJ Steytler[183] aanhang, aangesien dies venit daarin gedefinieer word as die periode(s) waartydens die rekeninge ter insae gelê het (sonder beswaar, of die omstandighede in artikel 35(12) van die Boedelwet genoem, en die eksekuteur gevolglik kan voortgaan met die betaling van skuldeisers en die verdeling van die boedel). In die lig van Erasmus et al[184] se beswaar teen interpretasie (b) soos hierbo uiteengesit, is die praktiese uitvoerbaarheid van dié obiter dictum deur regter Koen[185] egter te betwyfel.
Wanneer die eksekuteursrekening ter insae gelê het, en geen beswaar is deur die begunstigdes ten opsigte van die distribusierekening ontvang nie, word aanvaar dat die begunstigdes die erfenis aanvaar het, gebaseer op die bespreking in afdeling 3.3.1 hierbo.[186] Uit ʼn praktiese oogpunt kan gevra word of die 21 dae insaetydperk dan nie ook dien as die redelike tyd waarbinne die begunstigde(s) moet repudieer nie. Met ander woorde, kan repudiasie (indien nie al vroeër te kenne gegee is nie) beskou word as ʼn beswaar teen die distribusierekening? Die beswaar moet dan ooreenkomstig artikel 35(7) van die Boedelwet in elk geval skriftelik geskied.[187]
3.4 Repudiëring en die toestemming (al dan nie) van gades getroud in gemeenskap van goed
Soos reeds aangedui,[188] was mnr en mev Gounden in gemeenskap van goed getroud, alhoewel hulle ten tye van mnr Gounden se dood reeds 35 jaar van mekaar vervreem was. Ingevolge artikel 14 van die Huweliksgoederewet oefen gades wat in gemeenskap van goed getroud is, gelyke beheer oor die gemeenskaplike boedel[189] uit.[190] Anders gestel, dui Skelton et al[191] aan dat, behalwe vir enkele statutêre uitsonderings, beide gades oor bestuursbevoegdhede met betrekking tot die gemeenskaplike boedel beskik.
Die vraag in beide die hof a quo en op appèl was of mev Gounden se repudiëring van die intestate erfenis, sonder mnr Gounden se toestemming,[192] geldig was, aangesien die partye in gemeenskap van goed getroud was. Volgens regter Pillay[193] vereis die onderhawige geval ʼn "interpretasie" van artikel 15(2)-(3)[194] van die Huweliksgoederewet en meer spesifiek artikel 15(3)(b)(iii), wat bepaal dat:
... ʼn [g]ade mag nie sonder die toestemming van die ander gade – ... (b) geld wat aan dié ander gade of die gemeenskaplike boedel verskuldig is of toeval by wyse van – (iii) erflating, legaat, skenking, beurs of prys aan die ander gade nagelaat, bemaak, gemaak of toegeken; ... ontvang nie;[195]
Regter Pillay[196] kom egter tot die gevolgtrekking dat artikel 15(3)(b)(iii) ondubbelsinnig is en dit blyk duidelik uit die teks dat die toestemming van die ander gade slegs vereis word waar dit gaan om die ontvangs van ʼn erfenis wat die gemeenskaplike boedel toekom. Die ander gade[197] se toestemming is gevolglik nie nodig indien die erfgenaam gade afstand van ʼn erfenis doen nie – soos in die onderhawige geval.[198] Die hof bevestig dat die "power of acceptance or rejection" van die erfenis by die erfgenaam berus en dat die gemeenskaplike boedel nie die erfgenaam was nie, maar slegs mev Gounden.[199] Regter Pillay[200] kom om dié rede tot die gevolgtrekking dat mev Gounden nié mnr Gounden se toestemming nodig gehad het om die intestate erfenis te repudieer nie.[201]
Die eksekuteurs van mnr Gounden se bestorwe boedel het wel versoek dat woorde soos "verwerp" of "afstand doen" by artikel 15(3)(b)(ii) ingelees moet word, sodat die "ander gade" se toestemming ook nodig is in die geval van repudiëring van ʼn erfenis.[202] Regter Pillay[203] is egter die mening toegedaan dat sodanige situasie sal neerkom op:
... a far-reaching intervention that cannot be entertained in the circumstances of this case. This case clearly exposes and takes into account why it is necessary to allow the heir to retain the power of acceptance or rejection of an inheritance. That is part of our common law and cannot be varied for the convenience of some parties. In this case the parties who seek to share in the estate of Somnaidoo are the intervening parties who had no relationship to Somnaidoo. Given the prolonged estrangement between the first applicant and the deceased it is unconscionable and repugnant to permit the amendment suggested by the third and fourth respondents.
Opsommenderwys kom regter Pillay tot die gevolgtrekking dat die bevoegdheid om te adieer of te repudieer in mev Gounden gevestig het; dat mev Gounden se skriftelike repudiasie van 11 Julie 2013 betyds was;[204] en dat, aangesien artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet die toestemming van die ander gade[205] slegs vereis indien ʼn erfenis aanvaar word, mnr Gounden[206] se toestemming in hierdie geval (synde repudiasie van ʼn erfenis), nie nodig was nie.[207] Gevolglik is die Meester in die hof a quo gelas om mev Gounden se skriftelike repudiasie van 11 Julie 2013 as geldig, bindend en afdwingbaar te beskou.[208]
Soos vroeër aangedui[209] het die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban, die bevel van die hof a quo gehandhaaf, maar weens uiteenlopende redes. Die vernaamste verskil in argument het dit gehad oor die interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet. Volgens regter Koen[210] se interpretasie en toepassing van artikel 15(3)(b)(iii), is mev Gounden die "ander gade" en nie mnr Gounden[211] nie:
The prohibition is against a 'spouse' receiving 'any money due or accruing' to the 'other spouse', 'without the consent of the other spouse' in respect of an 'inheritance, legacy, donation, bursary or prize left, bequeathed, made or awarded to the other spouse'.
In die onderhawige geval het dit oor die intestate erfenis wat mev Gounden uit hoofde van die toepassing van die Wet op Intestate Erfopvolging toekom, gegaan. Mev Gounden is gevolglik die "ander gade" waarna artikel 15(3)(b)(iii) se "... erflating ... aan die ander gade ... toegeken" verwys.[212] Mnr Gounden (as die "gade") mag gevolglik nie hierdie gelde wat mev Gounden (as die "ander gade") toekom, ontvang sonder haar toestemming nie.[213] Regter Koen[214] kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat:
Mr Gounden, or the first and second appellants after his death, could not receive any 'money due or accruing to that other spouse [ie, the first respondent] or the joint estate by way of ... inheritance' … only the first respondent as 'the other spouse' could 'receive' and hence deal with any such inheritance which might be due or accrue to her or the joint estate … she would 'receive' any inheritance and be entitled to deal with it to the exclusion of her spouse.[215]
Die praktiese implikasie van die volbank se bevinding is dat mnr Gounden nie die erfenis waarop mev Gounden geregtig was, self kon ontvang (alhoewel dit deel van die gemeenskaplike boedel sou word) sonder mev Gounden se toestemming nie,[216] en dat mnr Gounden eweneens ook nie die gevestigde reg (vorderingsreg) kon verkry wat mev Gounden (en die gemeenskaplike boedel) toegekom het by die dood van haar suster (dies cedit) sonder mev Gounden se toestemming nie.[217] Gevolglik:
... if the first respondent wished to renounce the benefit of receiving such inheritance (or the vested right to claim such inheritance) then it was for the first respondent and for her alone, and not Mr Gounden as well, to decide.[218]
Aangesien mev Gounden se erfenis[219] wat buitestaanders (soos krediteure) betref, deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, oorweeg regter Koen[220] die moontlikheid of mev Gounden se repudiasie dan sou neerkom op ʼn skenking van ʼn bate van die gemeenskaplike boedel aan ʼn ander persoon wat in artikel 15(3)(c) verbied word tensy die toestemming van die ander gade verkry is.[221] Regter Koen[222] dui egter aan dat repudiëring nie neerkom op skenking van die bate in die gemeenskaplike boedel aan ʼn ander persoon nie, aangesien die verdere vererwing van die "renounced" erfenis in die geval van intestate erfopvolging, volgens regsweë sal geskied, naamlik volgens die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging.[223]
4 Gevolgtrekking
Hierdie bydrae het ten doel gehad om die twee uitsprake se beredenering rakende die volgende drie aspekte te analiseer en krities te bespreek, naamlik: die onderskeid tussen dies cedit en dies venit; die belang van hierdie onderskeid vir die uitoefening van ʼn begunstigde se keuse om te adieer of te repudieer; en die implikasies vir die gemeenskaplike boedel van gades getroud in gemeenskap van goed.
Beide die hof a quo en die volbank bevestig dat dies cedit in die geval van intestate erfopvolging ten tye van die dood van die oorledene plaasvind en dat dies venit, weens doelmatigheidsredes, verwys na die oomblik waarop die Meester die eksekuteursrekening ooreenkomstig artikel 35(12) van die Boedelwet "goedkeur" of "bevestig".[224]
Beide die uitsprake is dit ook eens dat die keuse om ʼn erfenis te repudieer (of te adieer),[225] die persoon toekom wat ʼn direkte belang daarby het, naamlik die erfgenaam. Voorts is beide uitsprake dit eens dat gedurende die tydperk tussen dies cedit en dies venit die reg om die keuse uit te oefen, die erfgenaam toekom en nie die gemeenskaplike boedel nie.[226]
Volgens die hof a quo kan die erfgenaam sy of haar keuse uitoefen vanaf dies cedit tot en met dies venit, terwyl die volbank (by monde van regter Koen) obiter dictum aandui dat repudiasie post dies venit (binne ʼn redelike tyd) ook moontlik kan wees.[227] Die praktiese implikasies vir die afhandeling van die boedel in die lig van hierdie obiter dictum word egter bevraagteken.[228] Terwyl dit algemeen aanvaar word dat ʼn begunstigde se keuse om ʼn erfenis te aanvaar, uit sy of haar gedrag afgelei kan word,[229] word daar aan die hand gedoen dat repudiasie as ʼn beswaar teen die eksekuteursrekening (spesifiek die distribusierekening) beskou moet word.[230] Die 21 dae insaetydperk kan gevolglik as ʼn redelike tyd beskou word waarbinne die begunstigde sy of haar keuse moet uitoefen.
Alhoewel beide uitsprake tot die uiteindelike gevolgtrekking kom dat mnr Gounden se toestemming nie nodig was om die intestate erfenis te repudieer nie, verskil die uitsprake met betrekking tot die interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet:
(a) Volgens regter Pillay se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) is mnr Gounden die "ander gade" wie se toestemming deur mev Gounden (as die gade) nodig was om die erfenis te ontvang. Regter Pillay dui egter aan dat die tersaaklike feite handel met die repudiasie van ʼn erfenis, en aangesien artikel 15(3)(b)(iii) slegs voorsiening maak vir die ontvang van ʼn erfenis, mnr Gounden se toestemming gevolglik nie nodig was nie.[231]
(b) Volgens regter Koen se interpretasie en toepassing van artikel 15(3)(b)(iii), is mev Gounden die "ander gade" en nie mnr Gounden nie. Gevolglik was dit mev Gounden (as die gade wat ʼn erfenis ontvang/toekom) wat toestemming moes verleen alvorens mnr Gounden sodanige gelde kon ontvang – wat natuurlik nooit die geval was nie.[232]
Alhoewel die twee uitsprake dieselfde resultaat oplewer, word die volbank se letterlike interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet verwelkom gesien in die lig van die toepassing van die presedentestelsel, maar ook weens die indirekte beskerming wat die volbank se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) aan intestate erfgename bied. In die inleiding is daar verwys na die feit dat ʼn testateur kan bepaal dat ʼn bemaakte voordeel nie deel van die gemeenskaplike boedel van die begunstigde en sy of haar gade, sal val nie. Weens artikel 15(3)(b)(iii) se ongekwalifiseerde verwysing na "erfenis" (met ander woorde, hetsy ʼn testate of intestate erfenis), word die intestate erfgenaam wat in gemeenskap van goed getroud is, gevolglik ook in ʼn mate beskerm, deurdat die intestate erfgenaam-gade (as die "ander gade"), toestemming moet verleen voordat sy of haar gade die (erfenis) geld kan ontvang.
Bibliografie
Literatuur
Corbett et al Law of Succession
Corbett MM et al The Law of Succession in South Africa (Juta Kaapstad 1980)
De Clercq et al Deceased Estates
De Clercq B et al Deceased Estates 11de uitg (LexisNexis Durban 2017)
De Groot Inleidinge
De Groot H Inleidinge tot de Hollandsche Rechtsgeleerheid en Aanmerkingen door S Groenewegen van der Made met Latynsche Aantekeningen door W Schorer (Gillissen Middelburg 1760)
De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession
De Waal MJ en Schoeman-Malan MC Law of Succession 5de uitg (Juta Kaapstad 2015)
Du Bois et al Wille's Principles of South African Law
Du Bois F et al Wille's Principles of South African Law 9de uitg (Juta Kaapstad 2007)
Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law
Du Plessis P Borkowski's Textbook on Roman Law 4de uitg (Oxford University Press Oxford 2010)
Du Toit 2014 Ars Aequi
Du Toit F "Roman-Dutch Law in Modern South African Succession Law" 2014 Ars Aequi 278-285
Eiselen 2015 TSAR
Eiselen S "Krediethersiening, Gemeenskap van Goed en Bestorwe Boedels" 2015 TSAR 153-159
Erasmus et al "Wills and Succession"
Erasmus HJ et al "Wills and Succession, Administration of Deceased Estates and Trusts" in Joubert WA (red) The Law of South Africa - Volume 31 2de uitg (LexisNexis Kaapstad 2011)
Heaton, Church en Church "Marriage"
Heaton J, Church J en Church J "Marriage" in Joubert WA (red) The Law of South Africa - Volume 16 2de uitg (LexisNexis Kaapstad 2006)
Jamneck "Contents of Wills"
Jamneck J "Contents of Wills: Absolute Bequests, Conditions, the Modus and Estate Massing" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 143-162
Jamneck "Testate Succession"
Jamneck J "Testate Succession: General Rules" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 47-58
Jamneck 2014 PER
Jamneck J "The Problematic Practical Application of Section 1(6) and 1(7) of the Intestate Succession Act under a New Dispensation" 2014 PER 972-997
Jamneck en Rautenbach Erfreg in Suid-Afrika
Jamneck J en Rautenbach C (reds) Erfreg in Suid-Afrika 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017)
McCullough "Adiation v Repudiation"
McCullough M "Adiation v Repudiation" in LexisNexis Practical Guidance Trusts, Wills and Estates (LexisNexis Durban Datum Onbekend) (Aanlyn)
Paleker "Capacity to Inherit"
Paleker M "Capacity to Inherit" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 107-124
Paleker "Intestate Succession"
Paleker M "Intestate Succession" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 25-45
Prinsloo Spreekwoorde
Prinsloo AF Spreekwoorde en waar hulle vandaan Kom (Pharos NB Uitgewers Kaapstad 2009)
Rautenbach "Introduction"
Rautenbach C "Introduction" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 1-23
Robinson et al Introduction to South African Family Law
Robinsons JA et al Introduction to South African Family Law 5de uitg (Printing Things Potchefstroom 2012)
Skelton et al Familiereg
Skelton A et al Familiereg in Suid-Afrika (Oxford University Press Kaapstad 2011)
Sonnekus 1996 TSAR
Sonnekus JC "Adiasie, Insolvensie en Historiese Perke aan die Logiese" 1996 TSAR 240-254
Sonnekus 2000 TSAR
Sonnekus JC "Delatio en Falacia in die Hoogste Hof" 2000 TSAR 793-808
Sonnekus 2003 TSAR
Sonnekus JC "Privé Bates van Gades Getroud in Gemeenskap - Insolvensie en die Erfreg – Du Plessis v Pienaar 2003 1 SA 671 (HHA)" 2003 TSAR 575-579
Stevens 2001 SALJ
Stevens R "RIP Testator: Wessels NO v De Jager en ʼn Ander NNO" 2001 SALJ 230-236
Van der Linden Koopmans Handboek
Van der Linden J Regtsgeleerd, Practicaal en Koopmans Handboek (Allart Amsteldam 1800)
Van der Merwe "Things"
Van der Merwe CG "Things" in Joubert WA (red) The Law of South Africa - Volume 27 2de uitg (LexisNexis Kaapstad 2014)
Van der Merwe et al "Republic of South Africa"
Van der Merwe CG et al "The Republic of South Africa" in Palmer VV (red) Mixed Jurisdictions Worldwide: The Third Legal Family 2de uitg (Cambridge University Press Cambridge 2012) 95-215
Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg
Van der Merwe NJ en Rowland CJ Die Suid-Afrikaanse Erfreg 6de uitg (JP van der Walt Pretoria 1990)
Van Zyl Universele Opvolging
Van Zyl FJ Universele Opvolging in die Suid-Afrikaanse Erfreg (LLD proefskrif Universiteit van Stellenbosch 1981)
Voet Commentarius ad Pandectas
Voet J Commentarius ad Pandectas (1698-1704) (Engelse vertaling en aantekeninge deur Gane P Commentary on the Pandects (LexisNexis Durban 1955)
Wiechers en Vorster Administration of Estates
Wiechers NJ en Vorster I Administration of Estates (LexisNexis Durban 1996-, soos opgedateer 2018)
Regspraak
Bielovich v The Master 1992 4 SA 736 (N)
Bopape v Moloto 2000 1 SA 383 (T)
Botha v Botha 1979 3 SA 792 (T)
Commissioner for Inland Revenue v Estate Crew 1943 AD 656
Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A)
De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue [1993] ZASCA 46; 1993 3 SA 345 (A)
Estate Smith v Estate Follet 1942 AD 364
Ex parte Alberts 1944 TPD 187
Ex parte Benadie 1930 OPD 51
Ex parte Coleman Jr 1938 OPD 4
Ex parte Webb 1952 2 SA 541 (W)
Eyssell v Barnes [2000] JOL 23413 (N)
Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD)
Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZD)
Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A)
Harris v Assumed Administrator, Estate MacGregor 1987 3 SA 563 (A)
In re Estate Late LJ Steytler 1946 2 PH G35 (C)
Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan 1940 AD 163
Kellerman v Van Vuuren 1994 4 SA 336 (T)
Mthembu v Letsela 2000 3 SA 867 (HHA)
Secretary for Inland Revenue v Estate Roadknight 1974 1 SA 253 (A)
Union Government (Minister of Finance) v Olivier 1916 AD 74
Van Schoor's Trustees v Executor of Muller (1858) 3 Searle 131
Visser v Hull 2010 1 SA 521 (WCC)
Weiner v The Master 1976 2 SA 830 (T)
Wessels v De Jager [2000] ZASCA 132; 2000 4 SA 924 (HHA)
Wetgewing
Boedelwet 24 van 1913
Boedelwet 66 van 1965
Insolvensiewet 24 of 1936
Kaapse Ordinansie 104 van 1833
Wet op Hereregte 40 van 1949
Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984
Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987
Wet tot Wysiging van die Erfreg 43 van 1992
Internetbronne
Afrikaans.com Datum Onbekend https://afrikaans.com/leefstyl/afrikaanse-liplekker-idiome/
Afrikaans.com
Datum Onbekend Liplekker-idiome
https://afrikaans.com/
leefstyl/afrikaanse-liplekker-idiome/
geraadpleeg 23 September 2019
LYS VAN AFKORTINGS
PER |
Potchefstroomse Elektroniese Regsblad |
SALJ |
South African Law Journal |
TSAR |
Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg |
* Anél Gildenhuys. LLB LLM LLD (NWU). Senior dosent, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika. E-pos: anel.gildenhuys@nwu.ac.za. Die twee anonieme evalueerders word bedank vir hul nuttige en waardevolle kommentaar en aanbevelings.
[1] Alhoewel die bewoording "binne gemeenskap van goed" meer algemeen in die literatuur voorkom, word die oorspronklike bewoording van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 vir doeleindes van hierdie bydrae gevolg, naamlik "in gemeenskap van goed" (aa 14-17).
[2] Sien in hierdie verband Skelton et al Familiereg 91. Heaton, Church en Church "Marriage" par 70 dui egter aan dat die vrugte wat die bemaakte voordeel oplewer, nie ingesluit is by sodanige voorwaarde nie, en dit sal gevolglik die gemeenskaplike boedel toekom.
[3] Sien Jamneck en Rautenbach Erfreg in Suid-Afrika xxiii.
[4] Anders as die oorspronklike Afrikaanse idioom "ʼn halwe eier is beter as ʼn leë dop" wat beteken "beter om deel van iets te hê as niks". Sien Afrikaans.com Datum Onbekend https://afrikaans.com/leefstyl/afrikaanse-liplekker-idiome/. Sien ook Prinsloo Spreekwoorde 101 waar dié idioom toegelig word as "iets gerings is beter as heeltemal niks".
[5] "Repudiasie" verwys na die afwysing of weiering van ʼn erfenis, terwyl "adiasie" op sy beurt verwys na die aanvaarding van ʼn erfenis – hetsy testaat of intestaat. Sien Corbett et al Law of Succession 14-15; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 408; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 192; De Clercq et al Deceased Estates 70; en Rautenbach "Introduction" 9-10, 16. Sien ook 3.3 van hierdie bydrae rakende ʼn bespreking van adiasie en repudiasie.
[6] By mnr Gounden se afsterwe moes sodanige toestemming deur sy eksekuteur en eksekutrise verleen word.
[7] Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD) (hierna die Gounden-saak of, na gelang van die geval, die uitspraak van die hof a quo).
[8] Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (hierna die Huweliksgoederewet).
[9] Hierna kollektief verwys na as die eksekuteurs van mnr Gounden se boedel.
[10] Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZD) (hierna die Govender-saak of, na gelang van die geval, die uitspraak op appèl).
[11] Die eerste applikant in die hof a quo en die eerste respondent op appèl.
[12] Die tweede applikant in die hof a quo en die tweede respondent op appèl. Sien Govender-saak par [2].
[13] Govender-saak par [2].
[14] Die eerste tussenparty in die hof a quo en die derde appellant op appèl.
[15] Die tweede tussenparty in die hof a quo en die vierde appellant op appèl. Sien Govender-saak par [3].
[16] Govender-saak par [5]. In die uitspraak van die hof a quo word daar foutiewelik aangedui dat mnr Gounden intestaat gesterf het. Sien Gounden-saak 2.
[17] Govender-saak par [12].
[18] Weens die feit dat mnr Gounden ook oorlede is, word daar vir praktiese doeleindes na me Somnaidoo as die erflater (eerder as die oorledene) verwys.
[19] Govender-saak par [4].
[20] Govender-saak par [4].
[21] Govender-saak par [6]. Sien afdeling 1 van hierdie bydrae vir definisies van beide "repudiasie" en "adiasie". Sien ook afdeling 3.3.1 van hierdie bydrae vir ʼn bespreking van die formaliteite vir die repudiasie van ʼn erfenis. Sien Govender-saak par [12] asook afdeling 3.3 van hierdie bydrae vir ʼn meer volledige uiteensetting van mev Gounden se rede vir die repudiëring van die intestate erfenis.
[22] Hierna kollektief na verwys as die eksekuteursrekening.
[23] Govender-saak par [6].
[24] Naamlik 21 September 2012. Sien Govender-saak par [8].
[25] Boedelwet 66 van 1965 (hierna die Boedelwet). Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae vir ʼn oorsig van a 35 van die Boedelwet.
[26] Die eerste respondent in die hof a quo en die derde respondent op appèl.
[27] Soos hierbo aangedui, op 6 Maart 2012.
[28] Sien Govender-saak par [8].
[29] Die tweede respondent in die hof a quo en die vierde respondent op appèl.
[30] Sien Govender-saak par [8]. Soos hierbo aangedui, sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae vir ʼn oorsig van a 35 van die Boedelwet, insluitend die vereistes wat in a 35(5)(a) neergelê is.
[31] Soos vroeër genoem, word daar beweer dat mev Gounden reeds op ʼn vroeër stadium haar afstanddoening van die erfenis op ʼn informele wyse te kenne gegee het, alhoewel die geskrewe repudiëring eers ná die geadverteerde likwidasie- en distribusierekenings uitgevoer is. Sien Govender-saak par [6]. Sien ook afdeling 3.3.1 van hierdie bydrae rakende inter alia die formaliteite vir die repudiëring van ʼn erfenis.
[32] Govender-saak par [9].
[33] Onderskeidelik die derde en vierde respondente in die hof a quo en die eerste en tweede appellante op appèl.
[34] Dieselfde erfenis wat mev Gounden beweer dat sy van afstand gedoen het en gevolglik self beswaar aanteken teen die distribusierekening.
[35] Mev Gounden.
[36] Govender-saak par [9].
[37] Sien Govender-saak par [6]. Sien ook afdeling 3.3 van hierdie bydrae.
[38] Aangesien mnr Gounden intussen oorlede is, die toestemming van mnr Gounden se eksekuteurs.
[39] Govender-saak par [10].
[40] Soos in afdeling 2.2 aangedui, word mev Gounden se oorlede suster, vir doeleindes van hierdie bydrae, na verwys as die "erflater" eerder as die "oorledene".
[41] Uittreksel uit die Meester se beslissing van 20 Augustus 2013 soos aangehaal (en beklemtoon) in Gounden-saak 2.
[42] Govender-saak par [11].
[43] Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD) (reeds afgekort na die Gounden-saak).
[44] Gounden-saak 3-4.
[45] Gounden-saak 4-5.
[46] Sien Gounden-saak 2, 5-6.
[47] Gounden-saak 6.
[48] Gounden-saak 6.
[49] Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZD) (reeds afgekort na die Govender-saak).
[50] Sien afdeling 1 van hierdie bydrae.
[51] Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae vir ʼn bespreking van dies cedit en dies venit.
[52] Sien afdeling 3.3 van hierdie bydrae.
[53] Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
[54] Vir ʼn volledige bespreking van die invloed van die Romeins-Hollandse reg sowel as die Engelse reg op die Suid-Afrikaanse erfreg, sien Du Toit 2014 Ars Aequi 278-285 en Van der Merwe et al "Republic of South Africa" 96-97.
[55] Du Toit 2014 Ars Aequi 280. Die beginsel van universele erfopvolging het sy oorsprong in die Romeinse reg. Sien in hierdie verband D.29.2.37 soos vertaal in Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223: "An heir succeeds to the whole legal position of the deceased and not only to the ownership of individual things, because the assets which take the form of debts due also pass to the heir." Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223-227 vir ʼn bespreking van die verskillende kategorieë Romeinse erfgename (naamlik sui et necessarii heredes; necessarii heredes en extranei heredes) sowel as die regsposisie van dié erfgename en remedies wat mettertyd ontwikkel het om beide die oorledene se krediteure en erfgename te beskerm.
[56] Soos hierbo genoem, vind die Romeins-Hollandse universele erfopvolging sy oorsprong in die Romeinse reg. ʼn Duidelike onderskeid is tussen ʼn "erfgenaam" en ʼn "legataris" getref. Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223-229 vir ʼn uiteensetting van die verskil tussen erfgename en legatarisse in die Romeinse reg, asook hul verhouding, gegewe die rol van die erfgenaam in die administrasie van die boedel. Vandag word die verskil tussen ʼn erfgenaam en ʼn legataris eenvoudig verwoord as: ʼn erfgenaam erf die boedel; of ʼn proporsionele gedeelte van die boedel; of ʼn spesifieke deel van die boedel; of die restant van die boedel, terwyl ʼn legataris ʼn spesifieke of bepaalbare bate of ʼn spesifieke bedrag geld erf. Vir verdere besprekings rakende die regsposisie van onderskeidelik erfgename en legatarisse, sien De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 130-131; De Clercq et al Deceased Estates 76; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 250; en Corbett et al Law of Succession 2. Aangesien die huidige bydrae handel oor ʼn intestate erfenis, val ʼn bespreking van legatarisse buite die bestek van hierdie bydrae.
[57] De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9-10. Sien ook Van Zyl Universele Opvolging; en Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 226-227 vir ʼn volledige bespreking van universele erfopvolging.
[58] Du Toit 2014 Ars Aequi 280.
[59] Sien afdeling 3.3 van hierdie bydrae vir ʼn bespreking van adiasie en repudiasie.
[60] Du Toit 2014 Ars Aequi 280.
[61] Du Toit 2014 Ars Aequi 280. Sien ook Corbett et al Law of Succession 5-6.
[62] Du Toit 2014 Ars Aequi 280.
[63] Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A) 364G.
[64] Eie beklemtoning. Alhoewel die saak oor ʼn legaat gehandel het, is dieselfde beginsel van toepassing op ʼn bemaakte erfenis uit hoofde van ʼn testament asook ʼn intestate erfenis.
[65] Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan 1940 AD 163 (hierna Jewish Colonial Trust).
[66] Jamneck "Contents of Wills" 144.
[67] Sien ook Corbett et al Law of Succession 109; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12-13; Rautenbach "Introduction" 13. In Jewish Colonial Trust 175-176 word aangedui dat die woord "vest" verskillende betekenisse kan dra na gelang van die konteks: "When it is said that a right is vested in a person, what is usually meant is that such person is the owner of that right, ― that he has all rights of ownership in such right including the right of enjoyment. If the word 'vested' were used always in that sense, then to say that a man owned a vested right would mean no more than a man owned a right. But the word is also used in another sense, to draw a distinction between what is certain and what is conditional; a vested right as distinguished from a contingent or conditional right. When the word 'vested' is used in this sense, Austin (Jurisprudence, vol. 2, lect. 53) points out that in reality a right of one class is not being distinguished from a right of another class but that a right is being distinguished from a chance or a possibility of a right, but it is convenient to use the well-known expressions vested right and conditional or contingent right. Now whenever a bequest is made in words which indicate that the right bequeathed is not to be enjoyed or exercised until some future date (that is some date after the testator's death), then the question always arises whether the words indicating future enjoyment were inserted for the purpose of making the bequest conditional or merely for the purpose of postponing the enjoyment of the bequest. The answer to that question depends ultimately upon the intention of the testator as gathered from the terms of the will, but there are many rules of construction which assist in the decision of the question. If the bequest is unconditional, then the legatee acquires a vested right in the bequest from the date of the death of the testator (dies cedit) though he cannot enjoy it until the time arrives for enjoyment (dies venit); if on the other hand the bequest is conditional, he acquires no vested right ... ." Hierdie bydrae fokus egter op intestate erfopvolging, met ander woorde ʼn onvoorwaardelike erfenis.
[68] Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12.
[69] Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12. Sien ook De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 7.
[70] De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 7. Sien ook Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12.
[71] Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 7-8. Waar dies cedit letterlik beteken "die dag sal kom", beteken dies venit "die dag het gekom". Sien Voet Commentary on the Pandects (Voet 36.2.1) soos vertaal deur Gane 447.
[72] Rautenbach "Introduction" 13.
[73] Sien ook Botha v Botha 1979 3 SA 792 (T). Sien ook die verwysing na Voet 36.2.1 in Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12 asook in Botha v Botha 1979 3 SA 792 (T). In die geval van roerende liggaamlike eiendom, word die begunstigde eers eienaar daarvan ten tye van lewering en, in die geval van onroerende eiendom, ten tye van registrasie in die akteskantoor. Sien Van der Merwe "Things" parr 219 en 227.
[74] Jamneck "Contents of Wills" 145. Dit is byvoorbeeld die geval met ʼn absolute of onvoorwaardelike bemaking in ʼn testament.
[75] Sien Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12-13.
[76] Vir meer oor die vestiging van regte in die testate erfreg sien Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12-20; De Waal en Schoeman Law of Succession 8-9; en Jamneck "Contents of Wills" 144-145.
[77] Sien in hierdie verband Harris v Assumed Administrator, Estate MacGregor 1987 3 SA 563 (A); Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12; en De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9.
[78] Sien Paleker "Intestate Succession" 27 en Corbett et al Law of Succession 581 vir die verskillende omstandighede waaronder die intestate erfregreëls toepassing sal vind.
[79] Sien Union Government (Minister of Finance) v Olivier 1916 AD 74 en die meer onlangse uitspraak in Mthembu v Letsela 2000 3 SA 867 (HHA) 882F-G. Sien ook Corbett et al Law of Succession 581; en Erasmus et al "Wills and Succession" par 237.
[80] Gounden-saak 3.
[81] Sien bv De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue [1993] ZASCA 46; 1993 3 SA 345 (A); Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A) 366; Estate Smith v Estate Follet 1942 AD 364; Commissioner for Inland Revenue v Estate Crew 1943 AD 656 692; Union Government (Minister of Finance) v Olivier 1916 AD 74 90; en Harris v Assumed Administrator Estate McGregor 1987 3 SA 563 (A).
[82] Sien bv Du Bois et al Wille's Principles of South African Law 679, 703.
[83] Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A) 364. Alhoewel hierdie saak oor testamentêre erfopvolging handel, is die invloed van die boedelberedderingsproses eweneens ook op intestate erfopvolging van toepassing.
[84] Sien Jamneck "Contents of Wills" 145.
[85] De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue [1993] ZASCA 46; 1993 3 SA 345 (A) (hierna De Leef-saak) 358D-E. Dié saak het oor aandeelhouers se aanspreeklikheid vir oordragskostes (soos vasgestel deur die Wet op Hereregte 40 van 1949) gehandel, alhoewel die appèlhof ná die tydstip van dies cedit en dies venit in die bereddering van bestorwe boedels kyk om tot sy gevolgtrekking te kom. Weereens, alhoewel die aanhaling verwys na testamentêre erfopvolging, is die situasie tussen ʼn onvoorwaardelike bemaking en ʼn intestate erfenis dieselfde en sal die boedelberedderingsproses dieselfde gevolge vir dies venit inhou.
[86] De Leef-saak 358F-G.
[87] Kortliks (en baie vereenvoudig) behels die ter insae legging en bevestigingsproses van die eksekuteursrekening dat (a) die eksekuteur eers die rekening aan die Meester van die Hoë Hof in die voorgeskrewe vorm moet voorlê (a 35(1) van die Boedelwet); (b) die Meester die rekening moet nasien en nadat die Meester die rekening nagesien het, moet die rekening in die kantoor van die Meester (en indien die oorledene woonagtig was in ʼn ander distrik as dié waarin die kantoor van die Meester geleë is, ook die kantoor van die landdros van daardie ander distrik) vir ʼn tydperk van minstens 21 dae ter insae lê (a 35(4)); (c) kennisgewing rakende die insae van die rekening moet dienooreenkomstig a 35(5) verleen word; (d) die insae en lewering van besware deur persone wat ʼn belang by die boedel het, word in a 35(7) uiteengesit en die hantering van hierdie besware deur die Meester en die eksekuteur word in a 35(7)-(11) gereël. A 35(12) bepaal dat: "Wanneer ʼn rekening soos hierbo bepaal ter insae gelê het en – (a) geen beswaar ingelewer is nie; of (b) ʼn beswaar ingelewer is en die rekening ooreenkomstig die Meester se lasgewing of opdrag gewysig is en indien nodig weer ter insae gelê het soos by (11) bepaal, en geen aansoek binne die in (10) bedoelde tydperk by die Hof gedoen is om die Meester se besluit tersyde te stel nie; of (c) ʼn beswaar ingelewer, maar teruggetrek is of nie gehandhaaf is nie en geen sodanige aansoek binne genoemde tydperk by die Hof gedoen is nie, moet die eksekuteur onverwyld, ooreenkomstig die rekening, die skuldeisers uitbetaal en die boedel onder die erfgename verdeel ... ." Vir ʼn bespreking van a 35 sien De Clercq et al Deceased Estates 126-143.
[88] Corbett et al Law of Succession 164 soos na verwys in die De Leef-saak 358F.
[89] Naamlik vir 21 dae ooreenkomstig die voorskrifte van a 35(4) van die Boedelwet.
[90] De Leef-saak 358F.
[91] Gounden-saak 6.
[92] Gounden-saak 6.
[93] Sien afdeling 2.3 van hierdie bydrae.
[94] Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae vir ʼn uiteensetting van beide die hof a quo sowel as die volbank se interpretasie van a 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet.
[95] Gounden-saak 6.
[96] Onder andere Miriam en Mahomed.
[97] Govender-saak par [14].
[98] Govender-saak par [27].
[99] De Leef-saak 358F-G.
[100] Govender-saak par [28].
[101] In die De Leef-saak en in die hof a quo na verwys as "bevestig".
[102] Met verwysing na a 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet, kom die volbank egter tot die gevolgtrekking dat hierdie onliggaamlike reg nie in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden gevestig het nie, maar slegs in mev Gounden se boedel. Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
[103] Govender-saak par [12] en vn 9.
[104] Sien afdeling 1 van hierdie bydrae vir die omskrywings van onderskeidelik "repudiasie" en "adiasie" van ʼn erfenis.
[105] Govender-saak par [12] vn 9.
[106] Een van die beweegredes waarom ʼn erfgenaam sal kies om ʼn voordeel te repudieer, word deur Corbett et al Law of Succession 14 verwoord as: "… he may, for a variety of reasons, prefer to repudiate, if only in order that the estate devolves directly upon the person next in line of succession". Die gevolge wat intree sou ʼn testamentêre voordeel gerepudieer word, val buite die bestek van hierdie bydrae. Sien in hierdie verband Jamneck "Testate Succession" 55. Een van die vernaamste beweegredes waarom ʼn intestate erfgenaam, welke intestate erfgenaam ʼn afstammeling van die oorledene is en die oorledene ook ʼn gade(s) nalaat, is sodat statutêre aanwas behoudens a 1(6) van die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 (hierna die Wet op Intestate Erfopvolging) kan plaasvind, naamlik dat die afstammeling wat repudieer se erfenis by dié van die oorledene se gade(s) sal aanwas. A 1(6) is egter nie in die onderhawige geval relevant nie, aangesien mev Gounden nie ʼn afstammeling van die erflater (haar suster) was nie. A 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging vind egter wel toepassing, naamlik indien ʼn erfgenaam van die intestate erfenis "afstand doen van sy reg om so ʼn erfgenaam te wees, vererf enige voordele wat hy sou ontvang het indien hy nie ... aldus van sy reg afstand gedoen het nie ... asof hy onmiddellik voor die dood van die oorledene gesterf het ...". Die gevolg van dié bepaling is dat mev Gounden deur haar afstammeling(e) gerepresenteer sal word, naamlik deur haar dogter Rianna Gounden. Dit blyk dan ook dat Rianna Gounden wel ʼn bedrag van die oorledene se intestate boedel ontvang het, welke ontvangs toegeskryf word aan mev Gounden se repudiasie van haar intestate erfenis en die gevolglike toepassing van a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging. Sien Govender-saak par [18]. Voor 1 Oktober 1992 kon ʼn intestate erfgenaam wat gerepudieer het, nie gerepresenteer word nie, soos bepaal in a 1(4)(c) van die Wet op Intestate Erfopvolging. A 1(4)(c) is egter deur a 14(a) van die Wet tot Wysiging van die Erfreg 43 van 1992 geskrap en a 1(7) is deur a 14(b) van laasgenoemde wet bygevoeg. Tans is a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging nog nie geregtelik oorweeg nie. Die locus classicus op die gebied van repudiasie van ʼn intestate erfenis, is Bielovich v The Master 1992 4 SA 736 (N). Dié saak is egter beslis voor die inwerkingtreding van a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging. In hierdie saak was die oorledene se ouers sy intestate erfgename weens die werking van a 1(1)(d)(i) van die Wet op Intestate Erfopvolging. Die ouers het egter hul intestate erfenis gerepudieer onder die wanveronderstelling dat hulle deur hulle afstammeling (die oorledene se broers) gerepresenteer sou word. Die Meester het egter aangedui dat die Wet op Intestate Erfopvolging (voor wysiging), nie voorsiening maak vir representasie van ʼn erfgenaam wat repudieer nie en dat die intestate boedel gevolglik bona vacantia verklaar moet word. Die hof het die Meester se beslissing bevestig, maar wel die geleentheid vir die ouers gegee om hul repudiasie terug te trek. Alhoewel ʼn begunstigde se keuse om te repudieer as onherroepbaar beskou word (sien Erasmus et al "Wills and Succession" par 222), sal die howe tog in uitsonderlike omstandighede waar die begunstigde uit onkunde van sy of haar regte opgetree het, restitusie verleen na gelang van die omstandighede en indien inter alia die onkunde verskoonbaar is (iustus et probabilis). Sien in hierdie verband die bespreking asook verwysing na regspraak in Erasmus et al "Wills and Succession" par 223. De Waal en Schoeman Law of Succession 34 dui aan dat, sou die oorledene in Bielovich v The Master 1992 4 SA 736 (N) egter op of ná 1 Oktober 1992 te sterwe gekom het, en die ouers hul intestate erfenis gerepudieer het, hul wel weens die werking van a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging, deur hul afstammelinge gerepresenteer sou word. Vir ʼn bespreking van a 1(6) en 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging, sien Paleker "Intestate Succession" 43; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 33-35; en Jamneck 2014 PER 972-997.
[107] Govender-saak par [6].
[108] Govender-saak par [6]. Eie beklemtoning.
[109] Mev Gounden beweer dat sy die eksekutrise van die erflater se intestate boedel, persoonlik tydens verskeie geleenthede, ingelig het dat sy gekies het om die intestate erfenis te repudieer – lank voordat die eksekuteursrekening opgestel was. Sien Govender-saak par [16]. Soos voorheen aangedui (sien afdeling 2.2 van hierdie bydrae), is die datum(s) van hierdie geleenthede egter nie bekend nie.
[110] Govender-saak par [6]. Regter Koen (Govender-saak par [6]) verwys na die informele repudiasie van mev Gounden as: "It is that renunciation which gave rise to the application and judgment forming the subject of this appeal."
[111] Govender-saak par [12] vn 9.
[112] Govender-saak par [6]. Eie beklemtoning.
[113] Sien Gounden-saak 2. Sien ook Govender-saak par [11].
[114] En by sy afsterwe, die toestemming van sy eksekuteurs.
[115] Sien Gounden-saak 5-6 en Govender-saak par [40]. Sien ook afdeling 3.4 van hierdie bydrae vir ʼn bespreking van onderskeidelik die hof a quo en die volbank se redes vir die gevolgtrekking dat mnr Gounden se toestemming tot die repudiasie, nie ʼn vereiste was nie.
[116] Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
[117] Sien bv Corbett et al Law of Succession 15; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 9; en Jamneck "Testate Inheritance" 55.
[118] Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298A.
[119] Sien ook Ex parte Webb 1952 2 SA 541 (W). In Wessels v De Jager [2000] ZASCA 132; 2000 4 SA 924 (HHA) 928G het die Hoogste Hof van Appèl egter die stelling gemaak dat ʼn begunstigde ten tye van die oorledene se dood slegs ʼn "power" en nie ʼn reg verkry nie en dat die begunstigde slegs ʼn reg verkry wanneer/sodra hy of sy die voordeel aanvaar het. De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 10 is van mening dat hierdie standpunt nie die ware toedrag van sake weerspieël nie. Sien in hierdie verband ook Sonnekus 2000 TSAR 793; en Stevens 2001 SALJ 230.
[120] De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9.
[121] Sien die bespreking onder afdeling 3.2 van hierdie bydrae dat dies cedit gewoonlik ten tye van die dood van die oorledene aanbreek tensy dit testamentêr uitgestel is. In die geval van intestate erfopvolging breek dies cedit ten tye van die dood van die oorledene aan. Sien ook afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
[122] De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9-10.
[123] De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 192. Sien ook Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 9; Corbett et al Law of Succession 4-15; Sonnekus 1996 TSAR 241; Jamneck "Testate Inheritance" 55; Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298; Weiner v The Master 1976 2 SA 830 (T) 838-839; en Secretary for Inland Revenue v Estate Roadknight 1974 1 SA 253 (A).
[124] Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 9.
[125] Sien Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 6-11 vir ʼn bespreking van die verskillende benaderings tot wie die eintlike "reghebbende" van die boedelgoedere is tot en met die aanbreek van dies venit.
[126] Indien ʼn begunstigde die erfenis repudieer, sal sodanige repudiasie terugwerkend van krag wees vanaf die oomblik van vestiging (naamlik die oomblik van die oorledene se dood). Dit word gevolglik geag dat geen reg in die begunstigde gevestig het nie. Sien De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 10.
[127] De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9-10 skryf hierdie toedrag van sake toe aan die feit dat die beginsel van universele erfopvolging (succession in universitatem) nie meer toepassing in die Suid-Afrikaanse erfreg vind nie. Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
[128] Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
[129] Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
[130] Erasmus et al "Wills and Succession" par 217 verwys as voorbeeld na die geval waar ʼn begunstigde in sy of haar hoedanigheid as erfgenaam met die boedelbates handel deur dit byvoorbeeld te verkoop of toestemming te verleen dat die boedelbates verkoop mag word. As gesag verwys Erasmus et al "Wills and Succession" par 17 na Grotius (De Groot) Inleidinge 2 21 3, 2 21 5; Voet Commentarius ad Pandectas 29 2 3-7; Van der Linden Koopmans Handboek 1 9 10; Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298; Weiner v The Master 1976 2 SA 830 (T) 838-839; en Secretary for Inland Revenue v Estate Roadknight 1974 1 SA 253 (A) 260.
[131] Corbett et al Law of Succession 14-15.
[132] Govender-saak par [21]. Dit kan hier vermeld word dat mev Gounden ʼn aansoek gebring het om verdere bewyse tydens die appèlverrigtinge te lei. Sien Govender-saak par [15]. In ʼn repliserende beëdigde verklaring noem die vierde respondent dat sy, in die uitvoering van haar taak as eksekutrise van die erflater se bestorwe boedel, die bankstate van die boedel bestudeer het en op twee betalings uit die rekening afgekom het, naamlik R700 000 op 20 Oktober 2010 en R400 000 op 22 Junie 2011. Sy het navrae in hierdie verband aan mev Gounden se broer, mnr Naidoo, gerig, aangesien laasgenoemde die bestorwe boedel hanteer het totdat hy vir die vierde respondent gedurende 2012 opdrag gegee het om die boedel af te handel. Mnr Naidoo het hierdie betalings verklaar as betalings wat reeds aan die erfgename uitbetaal is. Die bankstate wat die eksekutrise se verklaring vergesel het, het egter nie aangedui aan wie hierdie betalings gemaak is nie, en dit word ook nie verder toegelig in die vierde respondent se beëdigde verklaring nie. Mev Gounden beweer egter in haar repliserende verklaring dat sy nie hierdie gelde ontvang het nie (hierdie bewering word dan ook deur mev Gounden se broer, mnr Naidoo, bevestig in ʼn bevestigende beëdigde verklaring). Mev Gounden se aansoek om verdere getuienis te lei, is egter op 13 Februarie 2017 teruggetrek, waarna die appellante beweer het dat sodanige terugtrekking neerkom op onreëlmatige verrigtinge inaggenome Eenvormige Reël 30, deurdat mev Gounden: (a) die toestemming van die partye; of (b) die verlof van die hof nodig gehad het (ingevolge Eenvormige Reël 41(1)(a)) om die aansoek terug te trek, welke toestemming of verlof nie verkry is nie. Die regspan van onderskeidelik: (a) die eerste en tweede appellante; en (b) die derde en vierde appellante versoek gevolglik dat die hof mev Gounden se terugtrekking van haar aansoek om verdere getuienis op appèl te lei, verwerp, en om die getuienis soos in die beëdigde verklarings vervat is, toe te laat – veral die verklaring van die vierde respondent (eksekutrise van die erflater) oor die bedrae geld wat uit die bestorwe boedel betaal is en wat moontlik daarop kan dui dat: "the first respondent had elected to adiate, which might preclude a subsequent change to elect to renounce the benefits from her late sister's estate". Govender-saak par [20]. Regter Koen (Govender-saak par [20]) dui aan dat die geldigheid van mev Gounden se repudiasie gebaseer was daarop dat dit "laat" was of dat sy voorheen geadieer het deur voordele uit die erflater se boedel te ontvang (soos die vierde respondent beweer met verwysing na die twee bedrae uit die rekening uit), nie geskilpunte was in die hof a quo nie en ook nie deel was van die gronde vir appèl nie. Voorts dui regter Koen aan dat in die beëdigde verklarings wat geliasseer is, daar nie eers ʼn suggestie is dat die bedrae van R700 000 en R400 000 aan mev Gounden uitbetaal is nie. Gevolglik dui regter Koen aan dat die "further evidence sought to be adduced would serve no material purpose". Die Hof verleen gevolglik verlof dat die aansoek om verdere getuienis te lei, teruggetrek mag word. Of die hof ooit nodig gehad het om verlof te verleen, is voorts deur regter Koen betwyfel, aangesien Eenvormige Reël 41(1)(a) bepaal dat "iemand wat ʼn geding ingestel het, kan dit voor terrolleplasing ter eniger tyd .... terugtrek". Slegs nadat die geding ter rolle geplaas is, moet "die toestemming van die partye of verlof van die hof" verkry word voordat die geding teruggetrek kan word. Regter Koen bewoord die toedrag van sake in die Govender-saak par [23] as: "The withdrawal of the application to adduce further evidence furthermore occurred prior to the appeal being enrolled for the present appeal hearing. There was no impediment to the first respondent withdrawing that application without the consent of the appellants. But even if I was wrong in that regard, and the previous set-down of the appeal when it was adjourned sine die was to constitute the 'set down' for the purposes of Uniform Rule 41(1)(a), then the application could nevertheless be withdrawn, even in the absence of consent by the appellants, with leave of this court." Voormelde verlof is wel deur die hof verleen. Govender-saak par [25].
[133] Soos in die geval van ʼn modus; voorwaarde of boedelsamesmelting. Sien Jamneck "Testate Succession" 56-57; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaase Erfreg 421-423, 436.
[134] Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 409.
[135] Jamneck "Testate Succession" 56.
[136] Jamneck "Testate Succession " 56.
[137] Dit is opmerklik dat beide die hof a quo en die volbank in mev Gounden se geval verwys na "election". Sien bv Gounden-saak 5; en Govender-saak par [44]. Dié verwysing na "election" verwys bloot na mev Gounden se keuse tussen adieer en repudieer, maar dit verwys nie na die "leerstuk van eleksie/keuse" en die gepaardgaande formaliteit nie.
[138] Sien bv Jamneck "Testate Succession" 55: "It is generally assumed that a beneficiary will adiate any benefit received in terms of either a will or in terms of the rules of intestate succession, depending on the circumstances … there are normally no formalities required for adiation, but repudiation should be done in writing." Geen gesag is egter aangebied vir die laasgenoemde stelling nie.
[139] Soos hierbo genoem, sien ook regter Koen se verwysing in die Govender-saak parr [6] en [12] na "valid renunciation" en "document executed, as it was formally required".
[140] Jamneck "Testate Succession" 55.
[141] Naamlik Estate Smith v Estate Follett 1942 AD 364 383 en Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A).
[142] Jamneck "Testate Succession" 55.
[143] De Clercq et al Deceased Estates 71.
[144] Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 409.
[145] Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
[146] Eie beklemtoning.
[147] De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 193.
[148] Erasmus et al "Wills and Succession" par 117.
[149] Voet Commentary ad Pandects (Voet 29.2.33) soos vertaal deur Gane 50.
[150] Sui et necessarii heredes (hierna sui) verwys na diegene wat by die afsterwe van die oorledene, selfstandig (sui iuris) sou word. Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223. Sui erfgename kon nie die erfenis weier nie (necessarii). Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224 dui egter aan dat die Praetor wel aan sodanige erfgename die reg verleen het om hul van die erfenis te weerhou (ius abstinendi). Soos Voet 29.2.33 aandui, kon sui aanspraak op die ius abstinendi maak indien hul nie met die boedel ingemeng het nie of indien hulle ʼn verklaring ("judicially or extra judicially") gemaak het dat hulle nie die erfenis wil behou nie. Sien ook Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224.
[151] Naamlik erfgename wat nie lede van die erflater se huishouding was nie. Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224. Extranei heredes het die reg gehad om die erfenis te weier. Gevolglik dui Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 226 aan dat indien ʼn extraneus heres "did not wish to take – whether under a will or intestacy – any evidence of an intention not to accept sufficed: no formal act of repudiation was required".
[152] Sien ook Voet 34.4.10.
[153] Erasmus et al "Wills and Succession" par 117.
[154] Erasmus et al "Wills and Succession" par 117 dui ook aan: "Repudiation may be inferred from acquiescence, but the courts are reluctant to hold that heirs are estopped by acquiescence from exercising their rights under a will."
[155] Erasmus et al "Wills and Succession" par 117.
[156] Wiechers en Vorster Administration of Estates par 6.5.
[157] McCullough "Adiation v Repudiation".
[158] De Clercq et al Deceased Estates 71.
[159] Met ander woorde waar die leerstuk van eleksie nie van toepassing is nie.
[160] Jamneck "Testate Succession" 55.
[161] Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
[162] Wiechers en Vorster Administration of Estates Bylae A25.
[163] Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
[164] Govender-saak par [6].
[165] Soos deur regter Koen in die Govender-saak par [6] na verwys as die "actual renunciation".
[166] Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
[167] Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
[168] Gounden-saak 5.
[169] Gounden-saak 5.
[170] Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae rakende die bespreking van dies venit en die bevestiging/goedkeuring van die eksekuteursrekening.
[171] Gounden-saak 5.
[172] Gounden-saak 5.
[173] Govender-saak par [44].
[174] Ongeag of dit met die toestemming al dan nie van mnr Gounden moes plaasgevind het. Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
[175] In afdeling 3.2 aangedui as die scenario in a 35(12) van die Boedelwet, naamlik waar die rekening reeds ooreenkomstig die prosedure en voorskrifte van a 35(4)-(11) ter insae gelê het en daar (inter alia) geen besware ontvang is nie, naamlik dat die eksekuteur onverwyld moet voortgaan om die skuldeisers van die oorledene uit te betaal en die boedel onder die erfgename te verdeel ooreenkomstig die rekening.
[176] Govender-saak par 44.
[177] In re Estate Late LJ Steytler 1946 2 PH G35 (C). Sien ook Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
[178] Erasmus et al "Wills and Succession" par 215 verwys na die feit dat ʼn begunstigde in die Romeins-Hollandse reg die geleentheid kon versoek vir: "deliberation before he made up his mind whether or not to accept the inheritance (spatium deliberandi), or by accepting subject to the benefit of inventory (beneficium inventarii, 'voorreg van boedelbeskrywing')". Ook Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224 verwys na die feit dat weifelende sui et necessarii heredes gedwing kon word om hul keuse uit te oefen, maar dat sodanige erfgename wel ʼn vasgestelde tydperk kon versoek ten einde te beraadslaag oor hul keuse. Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224 verwys in hierdie verband na Ulpinianus (D.28.8.8): "If a person who is suus heres, after having refrained from [dealing with the inheritance], then asks for time for consideration, let us see whether he ought to succeed with his request; and the preferable view is that he ought to succeed in his request on cause shown, where the property has not yet been sold."
[179] Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
[180] Soos in a 35 van die Boedelwet vereis word.
[181] Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
[182] Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
[183] In re Estate Late LJ Steytler 1946 2 PH G35 (C). Sien ook Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
[184] Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
[185] Govender-saak par [44].
[186] Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298A.
[187] Artikel 35(7) van die Boedelwet bepaal: "Enige persoon wat belang by die boedel het, kan te eniger tyd voor verloop van die tydperk vir insae toegestaan, in tweevoud by die Meester met aangifte van redes ʼn beswaar teen so ʼn rekening inlewer en die Meester moet ʼn afskrif van so ʼn beswaar tesame met afskrifte van dokumente wat sodanige persoon ter stawing daarvan aan die Meester voorgelê het, aan die eksekuteur aflewer of per aangetekende pos stuur."
[188] Sien afdeling 2.1 van hierdie bydrae.
[189] Welke gemeenskaplike boedel ten tye van huweliksluiting ontstaan en hierdie "gemeenskaplike boedel" word deur a 1 van die Huweliksgoederewet gedefinieer as "die gemeenskaplike boedel van ʼn man en ʼn vrou wat in gemeenskap van goed getroud is".
[190] Die gemeenregtelike maritale mag wat ʼn man "oor die persoon en goed van sy vrou" uitgeoefen het, is deur a 11 van die Huweliksgoederewet afgeskaf. A 14 van die Huweliksgoederewet bepaal voorts dat gades getroud in gemeenskap van goed, gelyke bevoegdhede het rakende die: (a) beskikking oor bates van die gemeenskaplike boedel; (b) aangaan van skulde wat van die gemeenskaplike boedel verhaalbaar is; asook (c) die bestuur van die gemeenskaplike boedel. Sien in hierdie verband Skelton et al Familiereg 80-81; Heaton, Church en Church "Marriage" par 67.
[191] Skelton et al Familiereg 80.
[192] Of by mnr Gounden se afsterwe sy eksekuteurs.
[193] Gounden-saak 2-3.
[194] Artikel 15(1) van die Huweliksgoederewet bepaal dat: "Behoudens die bepalings van subartikels (2), (3) en (7) kan ʼn gade in ʼn huwelik in gemeenskap van goed sonder die toestemming van die ander gade enige regshandeling met betrekking tot die gemeenskaplike boedel verrig." Subartikel (2) handel oor transaksies wat die skriftelike toestemming van die ander gade verlang en sluit inter alia die vervreemding of beswaring van onroerende eiendom in wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak (a 15(2)(a)). Subartikel (7) handel inter alia oor genoteerde effekte en deposito's by bouverenigings.
[195] Eie beklemtoning.
[196] Gounden-saak 5.
[197] "Ander gade" dui volgens regter Pillay se redenering op mnr Gounden (of dan sy eksekuteurs in hierdie geval). Sien Gounden-saak 5.
[198] Gounden-saak 5.
[199] Gounden-saak 5. Met betrekking tot wie oor die reg beskik om ʼn erfregtelike voordeel te adieer of te repudieer, verwys regter Pillay (Gounden-saak 4) na Eyssell v Barnes [2000] JOL 23413 (N) waarin beslis is dat die persoon wat ʼn direkte belang in die "right of election" het (nie verwysend na die leerstuk van eleksie nie), oor hierdie reg beskik. In die Gounden-saak is dit die applikant (naamlik mev Gounden) wat ʼn direkte belang in die "right of election" het en gevolglik moet sodanige reg deur mev Gounden self uitgeoefen word en nie byvoorbeeld deur enige eksekuteur nie. Sien Gounden-saak 5. Erasmus et al "Wills and Succession" par 220 dui aan (met verwysing na Ex parte Benadie 1930 OPD 51; Ex parte Coleman Jr 1938 OPD 4; Ex parte Alberts 1944 TPD 187) dat aangesien die eksekuteur die vereiste eksekuteursrekening moet opstel, die howe, op aansoek van die eksekuteur, die begunstigde kan dwing om sy of haar keuse van adiasie of repudiasie uit te oefen. Sien in hierdie verband ook Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 416-417. Vir ʼn bespreking rakende adiasie en repudiasie namens iemand anders (insluitend ʼn insolvente begunstigde) sien Erasmus et al "Wills and Succession" par 224.
[200] Gounden-saak 5.
[201] Vir ʼn algemene bespreking van die vermoënsregtelike gevolge van huwelike in gemeenskap van goed gesluit, sien Heaton, Heaton en Church "Marriage" par 70; Robinson et al Introduction to South African Family Law 167-179; Sonnekus 2003 TSAR 575-579; Eiselen 215 TSAR 153-159.
[202] Gounden-saak 5: "… requested that one should read into the text of the section 3(b)(iii) words to the effect that consent of the other spouse should be required to not only receive but also 'reject or renounce' any inheritance".
[203] Gounden-saak 5.
[204] Met verwysing na regter Pillay se bepaling van die tydstip van dies venit. Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
[205] In die hof a quo verwysend na mnr Gounden.
[206] Verwysend na mnr Gounden se eksekuteurs aangesien mnr Gounden toe al oorlede was.
[207] Gounden-saak 5.
[208] Gounden-saak 6.
[209] Sien afdeling 3.1 van hierdie bydrae.
[210] Govender-saak par [40].
[211] Of dan sy eksekuteurs nie.
[212] Govender-saak par [40].
[213] Govender-saak par [40]. Regter Koen se lees van a 15(3)(b)(iii) kom gevolglik daarop neer dat mev Gounden, as die gade wat ʼn erfenis toekom, toestemming moet verleen sodat mnr Gounden (as die "ander gade") sodanige gelde kan ontvang – wat natuurlik nooit hier die geval was nie. Sien Govender-saak par [41].
[214] Govender-saak parr [41-42].
[215] Sien regter Koen se omskrywing van "receive" in die Govender-saak par [42].
[216] Govender-saak par [45].
[217] Govender-saak par [45].
[218] Eie beklemtoning. Govender-saak par [45].
[219] Of dan selfs die reg om die erfenis te eis. Sien Govender-saak par [46].
[220] Govender-saak par [46].
[221] Artikel 15(3)(c) van die Huweliksgoederewet verbied ook die "vervreemding sonder teenwaarde" van ʼn bate in die gemeenskaplike boedel, tensy die toestemming van die ander gade verkry is. Regter Koen (Govender-saak par [47]) dui aan dat hierdie "vervreemding sonder teenwaarde" in a 15(3)(c) ingesluit is ten einde voorsiening te maak vir insolvente erfgename en die gevolglike vraag of ʼn insolvente erfgenaam ʼn erfenis mag repudieer en of sodanige repudiëring dan nie sou neerkom op "beskikking oor goed sonder teenwaarde" soos voorsien in a 26 van die Insolvensiewet 24 of 1936 nie. Aangesien mev Gounden nóg die gemeenskaplike boedel insolvent was, val ʼn uitgebreide bespreking van hierdie aspek egter buite die bestek van hierdie bydrae. Regter Koen (Govender-saak par [47]) verwys egter na regspraak waarin daar op Voet 42.8.16 gesteun is om tot die gevolgtrekking te kom dat die repudiëring van ʼn erfenis, ten einde te voorkom dat die erfenis na die krediteure gaan, nie neerkom op "an alienation in fraud of creditors; as there can be no alienation of what is omitted to be acquired" nie en soos wel beslis is in Van Schoor's Trustees v Executor of Muller (1858) 3 Searle 131 137. Sien ook Kellerman v Van Vuuren 1994 4 SA 336 (T) 337. Sien ook Wessels v De Jager [2000] ZASCA 132; 2000 4 SA 924 (HHA). Vir verdere bespreking van hierdie onderwerp sien Sonnekus 1996 TSAR 240-254; Erasmus et al "Wills and Succession" par 224; en Paleker "Capacity to Inherit" 112. Regspraak waarin die howe al uitspraak oor a 15(3)(c) moes lewer, sluit in: Bopape v Moloto 2000 1 SA 383 (T); Visser v Hull 2010 1 SA 521 (WCC).
[222] Govender-saak par [46].
[223] Meer spesifiek sal a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging toepassing vind, naamlik dat mev Gounden se afstammeling (Rianna Gounden) haar sal representeer.
[224] Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
[225] In hierdie konteks verwys "uitoefening van keuse" nie noodwendig na die "leerstuk van eleksie" nie, aangesien laasgenoemde nie in die feite ter sprake was nie.
[226] Sien afdeling 3.3.1 en afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
[227] Sien afdeling 3.3.2 van hierdie bydrae.
[228] Soos aangedui was dit egter in hierdie geval nie nodig om te bepaal of repudiasie post dies venit moontlik is nie, aangesien beide uitsprake tot die gevolgtrekking kom dat mev Gounden se repudiasie (hetsy die informele of geskrewe repudiasie) wel plaasgevind het, voordat die Meester die eksekuteursrekening goedgekeur/bevestig het.
[229] Benewens sekere uitsonderings.
[230] Sien afdeling 3.3.2 van hierdie bydrae.
[231] Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
[232] Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.