South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 255
| Noteup
| LawCite
Chellan v S (A58/11) [2011] ZAWCHC 255 (7 June 2011)
Download original files |
Republiek van Suid-Afrika
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNR: A58/11
In die saak tussen:
LUQMAAN CHELLAN …....................................................................Appellant
En
DIE STAAT ….................................................................................Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP 7 JUNIE 2011
HENNEY, R: AGTERGROD:
[1] Op 31 Maart 2009 ts die Appellant nadat hy op 10 aanklagte in die Streekhof gehou te Wynberg tereg gestaan het. skuldig bevind op !n aanklag van poging tot moord. asook 'n verdere aanklag ter oortreding van Artikel 3, getees met Artikeis 1,103,117,120(1) (a) en Artikel 21 gelees metBylae4 van die wet op die Beheer van Vuurwapens 60 van 2000, deurdat hy 'n vuurwapen onwettiglik besit het Op die ander 8 aanklagte is hy vrygespreek.
[2] Die besonderhede van die twee aanklagte waaraan hy skuldig bevind is, is soos volg;
Wat die eerste aanklag van Poging tot Moord aanbetref, word dit beweer dat hy op 15 April 2001 en te Hanover Park in die streekafdeling van die Wes-Kaap wederegtelik en opsetlik gepoog het om vir Willem Coetzee te dood. deur drie (3) keer op horn te skiet met 'n vuurwapen, met die opset om hom te vermoor.
[3] Wat die tweede aanklag waaraan hy skuldig bevind is aanbetref, was die bewering dat hy op dieselfde dag en datum soos beweer in die eerste aanklag Artikel 3 van die Wet op die Beheer van Vuurwapen 60 van 2000 oortree het. deurdat hy onwettiglik in besit was van 'n vuurwapen te wete 'n .45 Smith & Wesson pistool sonder dat hy die houer van 'n lisensie, permit of magtiging uitgereik in terme van die gemelde Wet om dit te besit.
[4] Nadat die appellant op 31 Maart 2009 skuldig bevind is op hierdie twee aanklagte, is hy op dieselfde dag gevonnis. Op die 1ste aanklag is hy totsewe (7) jaar gevangennisstraf gevonnis en op die tweede aanklag is hy tot 'n verdere drie (3) jaar gevangennisstraf gevonnis. Effektief tot tien (10) jaar gevangennisstraf.
[5] Die hof a quo het aan die appellant verlof verleen om te appeileer teen die skuldigbevindings en vonnisse.
[6] GRONDE VAN APPEL
In sover dit die eerste aanklag van poging tot moord aangaan, voer die appellant aan dat die gehatte en kwaliteit van die getuienis van die onderskeie getuienis, weens die feit dat daar verskeie weersprekings tussen die getuies is. is nie genoegsaam om kn skuldigbevinding op die aanklag uit te bring nie.
Verder voer die appellant aan dat daar nie onafhanklike ballistiese getuienis aangebied was om aan te dui of;
(a) die vuurwapen waarop beslag gele is, wel die vuurwapen is wat gebruik was in die aanval nie;
(b) die vuurwapen in 'n werkende toestand was en verder voer die appellant aan dat die n tweede ballistiese verslag wat opgehandig was verwys na 'n ander vuurwapen.
[7] Wat vonnisaanbetref, voer die appellant aan dat weens die onverklaarbare vertraging in die afhandeling van die saak, was die appellant, wat die tweede aanklag aanbetref. benadeel omdat hy blootgestel is aan 'n verhoogde vonnis van 15 jaar gevangenisstraf as die vonnis wat opgele kan gewees het ingevolge die vorige Wet 75 van 1969.
[8] DIE GETUIENIS
Die tersaaklike getuienis wat die Staat aangebied het ten einde die eerste twee aanklagte te bewys was van die volgende getuienis Willem Coetzee, Zikela Klaas. Donald Cloete en Andries van Zyl. Die appellant het in sy verdediging getuig en geen getuies geroep nie.
Vervolgens dan 'n beknopte opsomming van die getuienis.
[9] Willem Coetzee getuig dat hy 'n senior personeeloffisier is vebonde aan die Metropolisiediens. Kaapstad met 26 jaar diens. Op 15 April 2001, was hy aan diens in Hanover Park en vergeset deur Sersant Zikela Klaas ("Klaas"), wie 'n passasier was in sy voertuig. Hulle was behulpsaam om begeleidings dienste te verrig vir 'n begrafnis stoet van 'n bende ieier wat daardie dag begrawe sou word. Hy het die voertuig bestuur en hulle moes ook beskerming verleen omdat hulle vermoed het daar sal moontlik 'n skietery plaasvind. Hy het aan die voorkant van die begrafnis stoet gery en hy hetnskoothoorafgaan. Hy hetonmiddellik van die pad afgetrek om te kyk wat gebeur het, sy motor agteruit beweeg en tot stilstand gekom, oorkant 'n veld. Hy het nog meer skote gehoor. Hulle sien 'n man in hulle rigting aangeloop kom oor die veld. Hy het ln vuurwapen gehad en hy skiet met die vuurwapen in hulle rigting. Op daardie stadium was hy omtrent30 meter van hulle af weg. Daar was mense aan die agterkant van die man. Die man is genader en deur sy kollega, Klaas beveel om die vuurwapen neer te gooi waarop hy nog 'n skoot op hulle afgevuur het. Klaas was die naaste aan die persoon. Volgens die getuie is 3 skote na hulle toe gevuur. Hy het na die tweede skoot sy vuurwapen uitgehaal en 'n ander kollega. Mnr Roberts ("Roberts") het op die appellant afgestorm. hom platgedruk en die appellant het die vuurwapen neer gegooi. Dit het voorgekom asof hy wou weghardloop. maar nog voordat enige iets kon doen, is hy deur Roberts platgedruk. Klaas het hom toe genader en beslag gele op die vuurwapen. Die vuurwapen was 'n silwerkleurige Smith & Wesson .45 pistool.
[10] In kruisondervraging se die getuie hy kon nie gesien het waar die koeels neerslaan op die grond nadat die skote op hulle gevuur was nie. Hy se verder dat die appellant net in hulle rigting geskiet het en nie op die ander persone nie. Geen ander persone behalwe die appellant het die betrokke dag daar geskiet nie. Hy dra ook nie kennis daarvan dat twee persone op mekaar geskeit het nie. As sy kollega Roberts dit gesien het, was dit omdat Roberts aan die agterkant van die begrafnis stoet was en hy aan die voorkant. Hy sou nie daarvan bewus gewees het nie. Dit kan ook wees dat voordat die appellant op hulle geskiet het hy op 'n ander bende lid en ook op Robert kon geskiet het. Daarvan sou hulle nie bewus van gewees het nie.
[11] Die getuie volstaan daarby dat die appellant op hom en Klaas geskiet het en hy verskil met die getuienis van Roberts as hy se dat die appellant glad nie in sy rigting geskiet het nie. Dit is aan die getuie uitgewys in kruisondervraging dat hy twee verklarings afgele het. In die verklaring wat hy eerste afgele het onmiddellik na die voorval. wil dit voorkom asof hy gese het die appellant het in sy onmiddellike omgewing 'n vuurwapen skoot afgevuur. Dit is ook aan hom uitgewys dat hoewel hy in sy getuienis in hoof gese hy dat hy nie 'n skoot afgevuur het nie, hy melding gemaak het in sy eerste verklaring dat hy wel 'n waarskuwingsskoot afgevuur het.
[12] Dit is ook aan horn uitgewys dat hy in sy verklaring vermeld het dat nadat die appellant die vuurwapen neergesit het. het hy n waarskuwingskoot afgevuur.
Verder is dit ook aan horn uitgewys dat in sy eerste verklaring, hy slegs melding maak van een skoot wat afgevuur is, terwyl hy in die hof en sy latere verklaring meld dat daar drie skote deur die appellant in sy rigting afgevuur is.
Laastens is dit ook uitgewys aan die getuie dat hy in sy tweede verklaring vermeld het dat hy drie tot vier waarskuwingsskote op die appellant gevuur het.
Hy stem ook nie saam dat n Mnr Cloete die vuurwapen opgetel het op die toneel nie. Hy stem verder ook nie saam met n steiling dat daar ln oor en weer skietery tussen hulle strydende bendes was nie.
[13] Op 'n steiling dat dit vreemd is dat hy in die rigting van die appellant beweeg het. terwyl daar op horn geskiet word, se die getuie hy is gewoond daaraan en hy het 'n koeelvaste baadjie aangehad. Die rede waarom hy nie kan onthou of hy sy vuurwapen gebruik het nie was as gevolg van die feit dat die saak gesloer het en hy kan derhalwe nie onthou het of hy 'n skoot afgevuur het nie.
[14] Hy se ook dat die tweede verklaring deur die ondersoekbeampte op skrif gestel is en dat die beampte hom kon verkeerd verstaan het deur neer te skryf dat die appellant 3 tot 4 skote op hom gevuur het in plaas daarvan dat hy 3 tot 4 skote op die appellant gevuur het. Hy se ook dat die verklaring wat hy aanvanklik afgele het was laat in die middag en nie in soveel detail nie. Hy is later deur die ondersoekbeampte genader en 'n ander volledige verklaring is afgele.
[15] Zikela Klaas het verder getuig dat hy saam met Coetzee was. Hy bevestig die getuienis oor skietery op hulle en se daar is min of meer 3 skote op hulle geskiet is. In kruisondervraging se hy die volgende:
Hy dra nie kennis watter tipe pistool dit is nie. Hy weet nie of Roberts of Williams die persone was wat die appellant aangekeer het nie. Hy het ook nie gevat aan die vuurwapen nie en het eerder gewag vir die persoon in beheer om die vuurwapen op te tel. Maar later se hy, hy het dit opgetel en aan Coetzee oorhandig. Hy stem ook nie saam met Coetzee se getuienis dat hy die vuurwapen ingehandig het by die polisiestasie nie en verskil ook met Coetzee as Coetzee se hy het nie aan die vuurwapen geraak nie.
[16] Hy ontken verder Coetzee se getuienis dat hy die een is wat aan Cloete die vuurwapen oorhandig het en s§ ook later toe Cloete daar opgedaag het, het die vuurwapen nog daar gele en Cloete het dit opgetel. Later toe dit aan hom uitgewys was dat hy gese het Coetzee het die vuurwapen aan Cloete gegee, se hy, hy het 'n fout gemaak. Die korrekte weergawe was dat hy die vuurwapen aan Coetzee oorhandig het. Toe dit aan hom gestel was dat Cloete die vuurwapen 'n meter van horn van die appellant af opgetel het. se hy dat hy nie daarmee kan verskil nie.
[17] Later is dit verder aan horn uitgewys dat hy in sy verklaring sou gese het. hy die vuurwapen beveilig het en aan die polisie oorhandig het. Sy weergawe oor die skietery verskil verder met die Coetzee syne waar hy se die voorval het aan hulle regterkantplaasgevind terwyl Coetzee se dit het aan hulle linkerkant van die pad soos in die ngting waarin hulle gery het plaasgevind Hy verskil ook net soos Coetzee met die weergawe van Roberts wat se dat hulle ook in sy rigting geskiet het. Hy kan ook nie met Roberts stry as hy se dat twee persone op mekaar geskiet het nie. Hoewel hy nie bewus is daarvan dat daar enige waarskuwingskote deur die polisie geskiet is nie. kan hy nie ontken as Roberts se hy het 'n waarskuwingsskoot gevuur nie Hy is ook nie bewus van mense wat uit die woonstelblokke op die begrafnis gangsters geskiet het nie.
[18] Andries Van Zyl het verder getuig dat hy 'n poltsiebeampte is gestationeer by die plaaslike kriminele rekord sentrum te Mitchells Plain op 15 April 2001.
Hy het met behulp van kleef papier of soos hy dit genoem het '"n kleef doppie", wat hy op die regter en linker hande gedruk of geplaas het. probeer om ontstekings residu te lig vanaf die hande van die appellant Die ontleding daarvan word egter nie deur horn gedoen nie. Nadat hy dit gelig het en dit verseel en versend na die Forensie Wetenskap Laboratorium in Pretoria die ontleding sou daar gedoen gewees het. Die getuie kan nie die feit betwis of die appellant die vuurwapen kon gehanteer het by die aanklag kantoor nie. Die getuie bevestig ook dat indien die appellant die vuurwapen aangeraak het. dat die moontlikheid bestaan dat die poeier op sy hande op so 'n wyse kon beland het. Hy was ook nie betrokke met die arrestasie van die appellant nie.
[19] Ronald Cloete. 'n polisiekaptein wat verbonde was aan die Nasionale Intervensie Eenheid van die polisie was die laaste getuie wat vir die staat getuig het oor hierdie betrokke voorval. Hulle was die betrokke dag daar ontplooi om die situasie tussen die strydende bendes te monitor tydens die begrafnis.
[20] Terwyl hy daar in die omgewing was, het hy skielik gehoor hoe mense skreeu en hy het opgemerk hoe die Metropolisie op 'n oop stuk veld agter 'n persoon aanhardloop wie n vuurwapen op hom gehad het. Die persoon het iets laat val, terwyl hy gehardloop het en was net daarna platgeduik. Hy het gaan kyk en gesien dit is 'n vuurwapen. :n .45 silwer kleurige een. Hy het dit beskryf as 'n groot vuurwapen en weet nie of dit 'n pistool of n rewolwer is nie. Hy het dit opgetel en dit in bewaring gehou. Dit ingehandig by die Philiipi polisiestasie.
[21] Op daardie stadium het hy nie gesien dat enige iemand skote afvuur nie. Daar was egter skote afgevuur tydens die begrafnis, maar hy het nie gesien wie dit afgevuur het nie. In kruisondervraging se hy, hy het nie gesien hoe enige iemand op die Metropolisiemanne skiet nie. Hy weet ook nie vanuit waiter rigtings die onderskeie polisiebeamptes die appellant genader het nie. Hy ontken ook dat Klaas die vuurwapen opgetel het en vir 'n polistebeampte gegee het. Daar was net een vuurwapen die dag opgetel. Die uitslag van die residu toetse is nooit ontvang nie.
[22] Die appellant se getuienis oor die gebeure van die 15 April 2001 waaroor aanklagte 1 en 2 gaan is die volgende: dat hy op die toneel was waar 'n skietery plaasgevind het tydens die begrafnis op die 15 April 2001 in Hanover Park. Hy was besig om sy meisie dop te hou wat netbal gespeel het. Tydens die skietery, het hy begin hardloop. Die polisie het ook op rookbom afgevuur en in die proses word hy omgeduik deur die Metropolisie en 'n vuurwapen word teen sy kop gedruk. Hy ontken dat hy op enige iemand geskiet het of dat hy n vuurwapen in sy besit gehad het.
[23] EVALUASIE
Die getuienis wal dui op die aandadigheid van die appellant aan die plegmg van die aanklagte hom ten laste gele, het hoofsaaklik berus op getuienis van Coetzee en Klaas
Beide van hulle het getuig dat die appellant op hulle geskiet het met die vuurwapen wat egter onduidelik is, is die hoeveelheid skote wat op hulle gevuur was asook die feit of Coetzee enige waarskuwingskote teruggevuur het. Dit is ook verder onduidelik wie die vuurwapen opgetel het en dit oorhandig het vir Cloete wie dit later ingeboek het by die polisiestasie
[24] Wat egter vasstaan uit beide hierdie getuies se weergawes is dat hulle wel die appellant gesien met die vuurwapen en dat hy op hulle geskiet het. Dit is ook gemene saak dat daar beslag gele is op 'n vuurwapen. 'n .45 Smith & Wesson
Dit het gebeur nadat die appellant omgeduik was en aangekeer was.
Ek is van oordeel dat die hof a quo heeltemal tereg bevind het dat die weersprekings nie van n wesentlike aard was nie. Verder is ek dit ook eens met die hof a quo dat dit nie hulle geloofwaardigheid as getuies beinvloed nie. Sien in hierdie verband S v Mafaladiso en Ander 2003(1) SACR 583 op 593 e- j en 594 a-f
[25] Die verhoor hof het ook heeltemaal tereg opgemerk dat die getuies die gebeure vanuit verskillende hoeke of posisies waargeneem het. Dit was nie 'n statiese toneel nie, maar 'n bewegende en ontluikende gebeurtenis. Dit was deurmekaar. Dit tesame met die feit dat die getuies amper 8 jaar na die voorval hulle getuienis afgele het Sien ook S v Nyembe 1982(1) SA 835 A veral op 842 F - G
Die appellant se weergawe dat hy nie betrokke was by die skietery nie en dat hy valslik deur die twee polisiebeamptes geinkrimineer was gaan eenvoudig nie op nie. Sy weergawe is ook onwaarskynlik waar hy probeer s£ op sy eie weergawe dat die Metropotisie horn wat onskuldig was, uitgekies het bo al die mense op die toneel. terwyl ander mense geskiet het en horn beskuldig het van die skietery.
[26] Daar is geen basis waarop bevind kan word dat die verhoor hof misgetas het wat die beoordeling van die feite betref of'n verkeerde benadering gevolg het toe hy die getuienis evalueSr het nie.
In S v Hadebe 1998 (1) SACR 422 SCA, het Marais AR die volgende hieroor te
se gehad "There are well established principles governing the hearing of
appeals against the finding of fact In short, in the absence of demonstrable and material misdirection by the trial court, its findings of fact are prescribed to be correct and will only be disregarded if the recorded evidence shows them to be clearly wrong'
[27] Die verdere vraag is of die Staat bewys het dat die vuurwapen wat op beslag gel£ is. wat volgens Coetzee en Klaas deur die appellant gebruik was om op hulle te vuur wel n vuurwapen is soos omskryf in die wet Die betoog was dat daar geen onafhanklike ballistiese getuienis is om die feit dat die vuurwapen in n werkende toestand is. te bevestig nie. Die betoog hou nie water nie. Die vuurwapen waarop beslag gele is. die .45 Smith & Wesson is juis die vuurwapen wat volgens die ooggetuies gebruik is om op hulle te vuur. Dit is direkte getuienis en dat die vuurwapen in n werkende toestand was, en in staat was om 'n projektiel af te vuur.
[28] Wat vonnis aanbetref, is die appellant se persoonlike omstandighede behoorlik voor die hof geplaas. Die appellant was op die punt om die ouderdom van 40 jaar te bereik. hy is ongetroud en die vader van 3 minderjarige kinders. Hy was in n saamleefverhouding met die moeder van twee van die kinders. Hy het Standard 9 op skool behaal en is 'n fotograaf en het R400.00 per week verdien.
Die vonnis opgele op die eerste aanklag was myns insiens 'n gepaste vonnis onder die omstandighede. Die hof a quo het heeltemal tereg die omstandighede wat daar gebeur het die betrokke dag in die woongebied van Hanover Park wat geteister was deur bende geweld en skietery in ag geneem
[29] Verder was die optrede van die appellant deurop die Metropolisie te skiet blatante en uitdagende optrede terwyl hulle juis daar was om sulke optrede te verhoed tydens die begrafnis van *n ander bendelid
Mnr Burgers vir die appellant het aangevoer dat weens die vertraging in die afhandeling van die saak, die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens 60 van 2000 intussen in werking gestel was April 2008 terwyl die vorige wet op vuurwapens en ammunisie 75 van 1969 nog in werking was ten tye van die pleging van die misdaad in 2001. dit die appellant blootgestel het aan n hoer vonnis regime, ingevolge waarvan hy tot 'n maksimum van 15 jaar gevangenisstraf gevonnis kan word. Ingevolge die 1969 wet sou hy tot n maksimum van drie (3) jaar gevangenisstraf gevonnis kon gewees het vir 'n eerste oortrede en 'n maksimum van vyf (5) jaar gevangenisstraf vir 'n tweede oortrede.
[30] Die werklike vraag wat egter oorweeg moet word is of opgelegde vonnis gegewe die omstandighede n gepaste een is vir die pleging van hierdie misdaad Gegewe die feit dat die appellant gepoog het om twee wetstoepassings beamptes te vermoor deur op hulle te skiet asook die feit dat die vuurwapen as n gesteelde vuurwapen aangemeld was in 'n Mitchells Plain saak, is ek van oordeel dat die opgelegde vonnis ook vir hierdie misdaad n gepaste een was.
[31] BEVEL
Ek sou dan die appel teen al twee die skuldigbevindings en die vonnisse van die hand wys.
HENNEY, R
Ek stem saam en dit word so beveel.
LOUW, R