South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 573
| Noteup
| LawCite
Abrahams vs State (A617/2010) [2010] ZAWCHC 573 (26 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
Saakno.A617/2010
In die saak tussen:
SYDNEY ABRAHAMS …..........................................................................................................Appellant
en
DIE STAAT ….......................................................................................................................Respondent
REDES VIR UITSPRAAK- GELEWER 29 NOVEMBER 2010
STEENKAMP, WnR:
1. Die appellant het in die Streekhof in Mosselbaai tereg gestaan op een aanklag van verkragting in terme van Artikel 3 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 32 van 2007 wat in werking getree het op 16 Desember 2007. In die klagstaat is beweer dat die appellant wederregtelik en opsetlik 'n handeiing van seksuele penetrasie met die klaagster gepleeg het deur haar vagina met sy tong te penetreer sonder haar bestemming.1
2. Die appellant het onskuldig gepleit en het as verweer aangevoer dat die voorval met die klaagster se toestemming plaasgevind het. Hy is egter skuldig bevind soos aangekla en is daarop gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf. Die appellant kom tans met verlof van hierdie hof in hoer beroep teen die opgelegde gevonnis.
3. Die relevante feite, soos bevind deur die verhoorhof, is kortliks die volgende. Die appellant is 'n munisipale verkeersbeampte te Mosselbaai. Op Vrydag, 22 Februarie 2008 om onge-veer 23h30, was die appellant, gekiee in sy uniform, op patrolliediens in Danabaai. Agter 'n ablusieblok op die seefront he: die appellant die klaagster en 'n mansvriend betrap, terwyl die vriend besig was met orale seksuele omgang op die klaagster. Beide was in daardie stadium 16 jaar oud en was nog op skool.
4. Die beskuldigde het die klaagster en haar mansvriend gedreig met arrestasie tensy die klaagster horn sou toelaat om dieselfde aan haar te doen as waarmee haar vriend besig was. Hy het ook sy boeie uitgehaal. Die klaagster het hierop toegelaat dat die beskuldigde orale seks met haar het. Tydens die uitvoer van die misdaad deur die appellant het die klaagster bedreig gevoel en was sy bang en getraumatiseer, tot die mate dat sy gesnik het soos sy huil en haar vriend haar moes kalmeer onder andere deur sy arm oor haar gesig te plaas en aan haar te fluister da: "everything is going to be ok, (you) must not worry".
5. Na die voorval het die appellant die toneel verlaat nadat hy hulle aangese het dat die gebeure net tussen hulle moes bly. Die klaagster het egter later die aangeleentheid aan die polisie gerapporteer en het die appellant op 'n uitkenningsparade uitgewys.
6. Teen hierdie agtergrond is dit namens die appellant betoog dat hierdie hof met die vonnis kan en moet inmeng aangesien die opgelegde vonnis buitensporig swaar en skokkend on-vanpas is. In die appellant se hoofde van betoog is dit ook aangevoer dat die landros mis-getas het deur die element van vergelding te oorbeklemtoon en die appellant se persoonlike omstandighede, insluitend sy moontlike rehabilitasie, te onderbeklemtoon. Dit was ook aangevoer dat die verhoorlandros nie voldoende gewig geheg het aan 'n hele reeks versagtende faktore nie.
7. Onder andere is dit as versaglend aangevoer dat die pastoor van die appellant getuig het oor die uitwerking wat die misdryf op horn gehad het en dat sy gesindheid ten goede verander het as gevolg daarvan. Hierdie submissie mis egter die getuienis van die pastoor onder kruisondervraging wat bevestig dat die appellant nie eintlik berou gehad het nie aangesien die appellant "Volgens horn niks verkeerd gedoen het nie", en die feit dat die berou wat hy getoon het skyntaar verband gehou het met die feit dat daar 'n artikel in die koerant was waarin die kerk se naam vermeld was en waaroor hy skynbaar teenoor die pastoor om verskoning gevra het. Gevolglik ondersteun die getuienis van die pastoor nie die submissie nie.
8. In die appellant se hoofde van betoog is die submissie verder gemaak dat die verhoor landdros groot gewag daarvan gemaak het dat dit 'n misdryf was teenoor 'n minderjarige kind terwyl die klaagster en haar vriend aan die appellant gemeid het dat hulle 18 jaar oud was. Dit is egter onbetwis dat ten tyde van die misdaad die klaagster wel 16 jaar oud was, en gevolglik, maar in elk geval, in die omstandighede van die saak doen dit nie daaraan afbreuk dat dit 'n verswarende faktor is dat die klaagster 'n jong meisie was ten tyde van die misdaad nie.
9. Dit was ook aangevoer in die appellant se hoofde van betoog dat, met verwysing na art 51(3)(aA)(ii) van die vermelde wet, in die lig van die gesag2 na verwys, die hof wel 'n
10. Dit is nie vir ons noodsaaklik om te beslis of die bevinding in S v Nkawu supra korrek is al dan nie. In hierdie geval, selfs al sou ons dit in ag neem dat daar 'n gebrek aan fisiese beserings was by die klaagster, is dit duidelik uit die getuienis dat daar nietemin 'n mate van geweld en metus (vreesaanjaging of intimidasie) betrokke was by hierdie misdaad. Eerstens, alhoewel hierdie getuienis betwis was deur die appellant, en nie bevestig kon word deur haar vriend nie, was dit die getuienis van die klaagster dat die appellant met die aanvang van hul interaksie op die toneel haar bene opgeforseer het met sy hande met die woorde "Let me see, let me see". Tweedens, is dit duidelik uit die getuienis dat beide die klaagster en haar vriend gemtimideer en bevrees was vir wat die appellant sou doen nadat hy hulle betrap het; beide ingeboesem deur die gedrag van die appellant. Derdens, op die appellant se eie getuienis het hy tydens die aanvanklike interaksie op die perseel sy boeie uitgehaal en daarna gewys. Uit die getuienis van die klaagster en haar vriend was dit duidelik dat dit gedoen was met die oogmerk om te intimideer en gewig te gee aan die appellant se dreigement dat hy hul sou arresteer as hulle nie tot sy versoek instem nie. Dit is verder duidelik uit die getuienis van die klaagster en haar vriend dat die feit dat die appellant in voile uniform by die perseel opgedaag het, en melding daarvan gemaak het dat daar 'n ander beampte vir horn in die polisie voertuig wag (wat op die parkeer area sig-baar was en deur haar vrienc self bespeur was), ook 'n rol gespeel het in die vreesaanjaging teweeg gebring deur die appellant op die twee minderjariges.
11. In al die omstandighede, was daar dus duidelik 'n wesenlike mate van geweld in die vorm van mefus betrokke in die vreesaanjaging wat die misdaad voorafgegaan het en wat beide daarop gemik was en teweeg gebring het dat die klaagster uiteindelik toegelaat het dat die appellant haar verkrag in die wyse en tot die mate wat hy wel gedoen het.
12. Dit is ook duidelik uit die getuienis ten opsigte van die gedrag van die klaagster beide tydens die verkragting en daarna dat die verkragting vir beide die klaagster en vir haar vriend wesenlik geaffekteer het. So byvoorbeeld het die klaagster getuig dat sy direk na die verkragting huilerig was en haar ma twee dae later kon sien dat daar iets met haar verkeerd was. Tydens die betoog van die aanklaer oor vonnis in die verhoorhof, was daar ook daarna verwys dat die verslag voorberei ten aansien van tussengangergeriewe bevestig het dat die klaagster hewig en ernstig getref was deur die misdaad. Terwyl sy voor die voorval skynbaar by uitsonderlike geleenthede alkohol gebruik het, was sy daarna 'n volslae alkoholis, as gevolg waarvan sy vir nege maande in 'n rehabilitasiesentrum was vir behandeling as 'n alkoholis, met die stigma wat daarmee saamgaan; haar siaappatroon was versteur deur beelde van die gebeure wat voor haar afgespeel het; sy het alle respek vir haar liggaam verloor en vir weke aaneen nie gebad nie en, in haar eie woorde, soos 'n "hobo" begin lewe; sy het vir 'n hele jaar skool gemis, en moes sy daarop haar skooljaar herhaal (wat in haar mondelinge getuienis bevestig was). Haar vriend het op sy beurt in sy getuienis tydens die verhoor aangedui dat hy in daardie stadium nog steeds getraumati-seer was deur die voorval.
13. Dit was in die appellant se hoofde van betoog aangevoer dat die landros gebrek aan berou oorbeklemtoon het en dat die appellant die reg het om nie berou uit te spreek nie, en dat dit nie teen horn gebruik kan word nie. Hierdie submissie ignoreer egter die feit dat 'n gebrek aan berou insigself verswarend en behoorlik as sulks inaggeneem kan en mag word, afhangde van die omstandighede. Soveel te meer in die saak, waar die appellant nie alleen tot aan die einde van die verhoor sy onskuld voorgehou het nie, maar waar hy nadat dit bekend was by sy werkplek dat daar 'n polisie beampte is wie beweerdelik vir die klaagster verkrag het, selfs op daardie stadium nie vorendag gekom het nie, maar eers op 'n uitkenningsparade deur die klaagster ge'identifiseer moes word.
14. Die appellant het in sy hoofde van betoog korrek toegegee dat dit 'n verswarende faktor was dat die appellant sy gesagsposisie as 'n verkeersbeampte misbruik het. Sover as wat die graad van misbruik relevant kon wees, was dit in casu wesenlik. Nietemin was dit aan-gevoer dat die howe in die sake na verwys in die hoofde van betoog, steeds korrektiewe vonnis oorweeg en toegestaan het.
15. In hierdie geval, selfs wannee' na die vergelykbare gesag gekyk word waarna verwys is in die appellant se hoofde van betoog, is daar geen gesag daarin na verwys wat so by uitstek van toepassing is dat hierdie hof, vir doeleindes van konsekwentheid ('consistency'), behoort in te meng met die landroshof se bevinding nie.
16. Op die getuienis as geheel is ons nie oortuig dat die landdros sy diskresie onbehoorlik uit-geoefen het of dat die opgelegde vonnis buitensporig swaar of skokkend onvanpas is nie. Dit volg dus dat daar geen gronde is vir hierdie hof om met die opgelegde vonnis in te meng nie.
Weens bostaande redes het ons, na die aanhoor van mondeiinge argument, gelas dat die appel van die hand gewys word.
Steenkamp, WnR
Griesel R: Ek stem saam.
Griesel R
1Ingevolge art 3 van die Wet, is '[i]emand ("A") wat wederregteiik en opsetlik 'n handeling van seksuele penetrasie met 'n klaer of klaagster ("B"), sonder die toestemming van B, pleeg, [...] skuldig aan die misdryf van verkragting', terwyl 'seksuele penetrasie' insluit 'ook n handeling wat penetrasie, in welke mate ook al, veroorsaak deur -,[...] (b) enige ander deel van die liggaam van iemand of, enige voorwerp,... in of verby die geslagsorgane of anus van iemand anders'.
2S v Nkawu 2009 (2) SASV 402 (ECG).