South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 153

| Noteup | LawCite

S v Mooi (133/84) [1984] ZASCA 153 (29 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


JANSEN AR.

LUCAS MOOI

- en -

DIE STAAT
Saak no. 133/84
M C

Saak nr. 133/84
M C

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
LUCAS MOOI
Appellant

- en -
DIE STAAT
Respondent


Coram:
RABIE HR et JANSEN, JOUBERT,

VAN HEERDEN ARR et ELOFF WND. AR
Verhoor
9 NOVEMBER 1984.


Gelewer

29 NOVEMBER 1984.

UITSPRAAK.

2

JANSEN AR

Die appellant is in die Oranje-Vrystaatse

Provinsiale Afdeling (per EDELING Wn R en assessore

aan moord sonder versagtende omstandighede en aan roof

met verswarende omstandighede {soos omskryf in art 1 van

Wet 51 van 1977) skuldig bevind. Ten opsigte van elk

van die skuldigbevindings is hy ter dood veroordeel.

Met verlof ingevolge art 316(8)(c)(ii) van Wet 51 van 1977

kom hy in hoer beroep slegs teen die doodvonnis vir die

roof.

Uit die aanvaarde getuienis en die bevindings van

die verhoorhof blyk o a die volgende. Gedurende die

middag van 25 April 1983 het die appellant, sy 15-jarige

broer (William) en ene Johannes Makhalanyane (wat saam met

die /....

3.

die appellant tereggestaan het maar onskuldig bevind

is) saam in die omgewing van 'n kleinhoewe gelee in

Bainsvlei, Bloemfontein, gewag dat dit donker moet word

Die appellant was gewapen met 'n gelaaide Smith en Wesson

,38 rewolwer. Na donker het hulle die kleinhoewe

genader, deur die draad gekruip en naby die huis stelling

ingeneem - die appellant agter 'n klompie "dromme" en die

twee ander agter 'n stapel stene. Vandaar het hulle die

bewegings van die enigste bewoner van die huis, Bernhard

Boulogne, dopgehou. Hy het uitgekom en water afgeslaan.

Nog voordat hy sy gulp toemaak, bemerk hy die appellant.

Hy beweeg in die appellant se rigting en vra hom wat hy

soek. Die appellant reageer deur Boulogne summier met sy

rewolwer in die kop te skiet. Die koeël tref o a die

rugmurg /.....

4.

rugmurg en Boulogne sak dood neer. Later gaan die

appellant en sy twee metgeselle die huis binne en neem

twee rewolwers uit 'n kluis, 'n bottel wyn en 'n horlosie

'n Flits wat die oorledene laat val het toe hy inmekaarsak,

was reeds vroeër gevat. Deurgaans het die appellant

die voortou geneem en instruksies gegee. Toe sy met-

geselle steeks word om deur die draad te kruip en die

perseel te betree, het die appellant hulle met sy

rewolwer gedreig. Voordat die drie uiteindelik die

perseel met die buit verlaat het, het die appellant sy

broer aangesê om 'n glas asook een van die oorledene se

vuurwapens langs die oorledene te plaas - blykbaar om die

skyn van selfmoord te verwek.

Die verhoorhof het bevind dat die appellant op

die /......

5.

die oorledene geskiet het met die oogmerk "om die

oorledene buite aksie te plaas sodat hy die oorledene

kan beroof, deur sy huis in te gaan en die voorwerpe

daarin te vat" en terwyl hy (appellant) besef het

dat die moontlikheid bestaan dat die oorledene gedood

kan word maar dat hy hom met daardie moontlikheid

versoen het ("geskiet het roekeloos of hy die

oorledene se dood veroorsaak al dan nie"). In die

afsonderlike uitspraak oor die aanwesigheid al dan nie

van versagtende omstandighede, verwerp die verhoorhof

die appellant se getuienis in hierdie stadium en meld

dat die hof nog steeds daarvan oortuig is "dat u doel=

bewus op die liggaam van die oorledene geskiet het".

Die verhoorhof gaan dan verder :-

"Die /.....

6.

"Die Hof bevind dat van die begin af toe
u soontoe gegaan het, het u gegaan, goed
gewapen, u het reeds die vuurwapen gebruik
voorheen om u medebeskuldigde nommer 2 mee
te dreig en ook vir William en u het nie
al leen moes nie, of behoort nie, raaar u
het inderdaad voorsien dat u daardie vuur=
wapen gaan gebruik. Om die waarheid te sê,
dit is vir die Hof duidelik dat u gewag het
net totdat die oorledene uitkom en 'n geleë
oomblik aanbreek, sodat u hom uit die weg
kan ruim ten einde hom van sy goedere te
beroof.
Die Hof bevind derhalwe, in teenstelling
met wat u advokaat aan die hand gedoen het,
dat daar geen noodtoestand of verbouereerd-
heid aan u kant ontstaan het nie en dat u
ook nie geskiet het om die oorledene af te
skrik nie, maar wel om hom raak te skiet."

Met die sinsnede "uit die weg ruim" word klaar=

blyklik nie iets anders bedoel nie as die "buite aksie
plaas" wat vroeër by skuldigbevinding gebesig

was. Die verhoorhof se beoordeling van die appellant

se / ..........

7.

se optrede blyk ook uit die volgende passasie in die
uitspraak insake straftoemeting vir die roof :-

"Wat u hier gedoen het, is om soos 'n
rampokker in die nag vir die oorledene
wat onbeskermd was by sy woonhuis voor
te lê synde 'n persoon wie se bewegings
aan u bekend was en terwyl die oorledene
weerloos was, het u doelbewus met 'n
vuurwapen wat u vir daardie moontlike
doel ten minste soontoe geneem het, die
oorledene geskiet. Die doel wat u hom
voor geskiet het, was om horn te beroof
en die Hof moet vir u sê dat in soverre
die wetgewing die doodsvonnis toelaat as
'n moontlike vonnis vir roof met verswarende
omstandighede, kan ek nie aan 'n veel erger
vorm van roof dink met verswarende omstandig-
hede, as die roof wat u gepleeg het nie."

Namens die appellant word aangevoer dat uit
die twee so pas aangehaalde passasies dit blyk dat
dieselfde omstandighede wat die verhoorhof genoop het

om /......
8.

om te bevind dat daar geen versagtende omstandighede
ten opsigte van die moord was nie, juis ook as ver=
swarende omstandighede aangemerk is ten opsigte van
die roof, en dat die verhoorhof hom aldus skuldig
gemaak het aan 'n onbehoorlike "vermenigvuldiging" van
vonnisse. Meer bepaaldelik moet die vraag gestel word
of die verhoorhof by oplegging van die doodstraf vir die
roof,die dood van die oorledene in aanmerking geneem het.
Indien wel, sou die verhoorhof duidelik vir die eenmalige
intrede van die dood tweemaal die doodstraf opgelê het.
Daar is egter geen aanduiding in die hof se motivering
by straftoemeting vir die roof dat hy dit gedoen het nie.
Inteendeel is dit m i duidelik by noukeurige nalees van
die uitspraak dat die verhoorhof wel die intrede van die

dood /

9.

dood "weggedink" het. Deurslaggewend was die feit

dat die appellant onnodiglik en sonder meer op die

oorledene geskiet het met die oogmerk om hom buite

aksie te stel ten einde te roof. As die lewensge=

vaarlikheid van die geweld deur die appellant toegepas

wel by die straftoemeting 'n rol gespeel het, maak di't

ook nie per se die doodstraf aanvegbaar nie. (S v Witbooi

1982(1) SA 30(A), 34F - 35F). M i blyk dit nie dat die

verhoorhof onbehoorlik die straf verdubbel het nie.

'n Vraag wat egter ontstaan is of die verhoor=

hof nie gefouteer het deur te aanvaar dat nie "aan 'n veel

erger vorm van roof" gedink kan word nie (soos gestel in

die tweede passasie hierbo aangehaal).

Dat /.......
10.

Dat erger gevalle inderdaad wel denkbaar is, behoef
geen betoog nie. Maar daar is geen rede om te aanvaar
dat die verhoorhof hier bedoel het om meer te sê nie as

dat die onderhawige 'n "uiterste geval" is in die sin
verduidelik in S v Tshomi en 'n Ander (1983(3) SA 662(A),
op bl 666 E-H) of om te aanvaar dat die verhoorhof nie
bewus was van erger moontlikhede nie. In ieder geval
sou dit nie verkeerd wees om 'n geval van roof waar die

slagoffer in die nag buite sy huis voorgelê word, waar met
voorbedagte rade en sonder waarskuwing op hom geskiet word

ten einde sy moontlike weerstand uit te skakel deur hom
te wond, as van die ernstígste te beskou nie. Dit wil
my voorkom dat hier nie deur die verhoorhof fouteer is nie
Weliswaar wy die verhoorhof geen uitdruklike

aandag /
11.

aandag aan die moontlikheid om deur tronkstraf die
appellant as rower te rehabiliteer nie. Maar klaar=
blyklik was die verhoorhof van oordeel dat die erns van
die misdaad sodanige oorwegings sou oordonder, 'n
beskouing wat nie sonder meer in die omstandighede as
foutief bestempel sou kon word nie.

Dit blyk nie dat die verhoorhof enige mistasting
begaan het nie. Ook nie dat die doodvonnis in die
omstandighede so onvanpas is dat ingegryp kan word nie -
al word die appellant se vorige veroordelings buite
rekening gelaat (soos die verhoorhof gedoen het) en o a
sy persoonlike omstandighede in ag geneem ( 25 jaar oud,
getroud met twee kinders). In die lig hiervan moet die

doodvonnis vir die roof bly staan.

Ten /

12.

Ten slotte moet melding gemaak word van 'n

alternatiewe betoog namens die Staat. Dit is aangevoer

dat al sou ook die verhoorhof die intrede van die1 dood

by straftoemeting vir die roof in ag geneem het, dit nie

verkeerd sou gewees het nie. Dit is betoog dat die

benadering in sake soos bv S v Witbooi (1982(1) SA

30) in verskeie opsigte nie behoorlik gefundeer is nie.

Daar word o a daarop gewys dat dit "nie moontlik (is)

nie om 'n behoorlike straf vir roof te bepaal sonder om die

gevolge van die roofaanslag in gedagte te hou" en ons

word uitgenooi om die hele kwessie in heroorweging te

neem. Aangesien die verhoorhof wel die dood weggedink

het, is dit egter nie nodig om vir die doeleindes van die

onderhawige /.......

13

onderhawige saak hierop in te gaan nie

Die appèl word afgewys

E.L. JANSEN AR

RABIE HR. )
VAN HEERDEN AR.) Stem saam.
ELOFF WND. AR.)