South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2010 >> [2010] ZAGPPHC 168

| Noteup | LawCite

Mosholi v Putco (Pty) Ltd (2011 (5) SA 38 (GNP)) [2010] ZAGPPHC 168; 12242/2008 (7 May 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE NOORD GAUTENG HOe HOF,

PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)


Saaknommer: 12242/2008

DATE:07/05/2010

In die saak tussen:


WINNIE MINA MOSHOLI........................................................................Eiseres

en

PUTCO (PTY) LTD...............................................................................Verweerder


UITSPRAAK


VAN DEN HEEVER WR:


Op 12 Desember 2005 om ongeveer 03:00 en op die N4 hoofweg tussen Middelburg en Belfast het 'n motorbotsing pfaasgevind tussen 'n Putco passasiersbus, toe bestuur deur 'n sekere mnr Steven Seloane ("Seloane"), en 'n bakkie, toe bestuur deur 'n sekere mnr B Matsini ("Matsini").

Dit is gemeensaak dat die Eiseres, ten tye van die botsing, 'n passasier op die Putco bus was, en dat sy teen vergoeding vervoer was en dat Seloane die bus bestuur het as werknemer van en binne sy diensbestek met die Verweerder.

Die Eiseres het sekere liggaamlike beserings opgedoen in die botsing as gevolg waarvan sy skade gely het ten opsigte waarvan sy die Padongelukkefonds in die Landdroshof aangespreek het ingevolge die Padongelukkefondswet, Wet 56 van 1996 vir betaling van die bedrag van R25 000,00 van haar skade op grond daarvan dat die bestuurder van die Putco bus waarin sy 'n passasier was se nalatigheid die ongeluk veroorsaak het. Hierdie feite is deur die advokate aan my meegedeel en is gemeensaak. Dit is verder gemeensaak dat hierdie eis tussen die Eiseres en die Padongelukkefonds geskik is op die basis dat die Padongelukkefonds die voile R25 000,00, wat die gemelde Fonds se beperkte aanspreeklikheid ten aansien van 'n betalende passasier in terme van die gemelde Wet is, betaal het.


In die huidige aksie vorder die Eiseres die balans van haar skade van die Verweerder, synde die werkgewer van die bestuurder van die Putco bus ten tye van die ongeluk, op grond daarvan dat die Verweerder middelik aanspreeklik is vir skade, nalatiglik en onregmatiglik veroorsaak deur die bestuurder, synde 'n werknemer van die Verweerder wat opgetree het binne sy diensbestek.

By die aanvang van die verrigtinge voor my het die partye my versoek om 'n bevel te maak ingevolge Reel 33(4) en die kwantum van die Eiseres se eis is dan ook deur my geskei van die ander geskilpunte, om afsonderlik daarvan bereg te word, en die beregting daarvan is sine die uitgestel.


Die partye het ook aan my 'n bundel van dokumente opgehandig, wat in die getuienis gebruik kon word sonder formele bewys daarvan. Dit het onder andere 'n stel foto's van die omgewing van die ongelukstoneel bevat en die partye was dit eens dat die gemelde foto's, wat in die omgewing van 'n oorbrug oor die gemelde N4 hoofweg geneem was, die algemene area van die botsing aandui. ln Sketsplan is ook opgehandig van die ongelukstoneel wat sekere afmetings op die pad aantoon, in die omgewing waar die botsing plaasgevind het, en die partye was dit ook eens dat die afmetings korrek is.


Die stel foto's, wat ook deur van die getuies in hulle getuienis ge'i'dentifiseer is, gee 'n duidelike beeld van die pad in die omgewing waar die botsing plaasgevind het. Dit is ln lang reguit pad en die botsing het plaasgevind net voor 'n oorbrug wat oor die pad gaan. Die pad daar maak voorsiening vir twee bane van verkeer in elke rigting wat van mekaar geskei word met twee soliede wit lyne waarbinne 'n reeks onderbroke dwars geel strepe aangebring is. Hierdie middelste gemerkte deel van die pad is 500cm breed. Aan weerskante van die pad is die pad afgemerk met 'n geel streep en vanaf die geel streep tot by die rand van die teerblad, waarna die grondgedeelte van die pad begin, is ook 500cm breed.

Dit was gemeensaak dat, onmiddellik voor die botsing, die bakkie sowel as die Putco bus beide in die rigting van Machadodorp beweeg het en dat die

Putco bus agter die bakkie was. Dit was verder gemeensaak dat die botsing, wat net voor die oorbrug plaasgevind het, plaasgevind het in die linkerbaan van die twee bane wat gelei het in die rigting van Machadodorp.


Die kern geskilpunt tussen die partye was wat die beweging van die bakkie was kort voor die botsing plaasgevind het. Die Eiseres se saak was dat die Putco bus, terwyl die gemelde bakkie voortbeweeg het in die linkerbaan van die twee bane wat in die rigting van Machadodorp lei, terwyl die bakkie teen 'n spoed van ongeveer 60 tot 80km per uur beweeg het, reg agter in die bakkie vasgery het.

Die Verweerder se saak, daarenteen, was dat terwyl die Putco bus in aantog was, en kort voordat die botsing plaasgevind het, die bakkie aan die linkerkant van die geel streep wat die pad afgemerk het, en derhalwe van die pad af beweeg het en toe die Putco bus reeds baie naby daaraan was, onverwags voor die Putco bus op die pad inbeweeg het en sodoende die botsing veroorsaak het.

Die Eiseres het beweer dat die gemelde Seloane nalatig was onder andere deur:

(a) Te versuim om 'n behoorlike uitkyk te hou;

(b) Te vinnig te ry onder die omstandighede;

(c) Te versuim om [n botsing te vermy toe hy dit kon gedoen het deur redelike voorsorg aan die dag te le;

(d) Te versuim om die remme van die voertuig betyds of hoegenaamd aan te wend;

(e) Te versuim om spoed te verminder toe hy dit kon en moes gedoen het.

Die Verweerder se saak was dat die botsing veroorsaak is deur die uitsluitlike nalatigheid van die gemelde Matsini, wat onder andere nalatig was in een of meer van die volgende opsigte:

(a) Deur te versuim om 'n behoorlike uitkyk te hou;

(b) Deur te versuim om enige alternatiewelik voldoende aandag te skenk aan die teenwoordigheid van die gemelde Putco bus;

(c) Deur 'n gevaarlike bewering uit te voer op ln openbare pad;

(d) Deur in te beweeg op die pad reg voor die aankomende Putco bus op 'n gevaarlike en ongelee tydstip.

Die Eiseres is die spreekwoordelike "een persenter" en indien sy derhalwe daarin slaag om nalatigheid aan die kant van die gemelde Matsini te bewys sal sy slaag vir die voile omvang van haar skade aangesien "n vermindering van haar skade nie gemaak kan word ingevolge die Wet op Verdeling van skadevergoeding, Wet 34 van 1956 nie.


Mnr Potgieter, wat namens die Verweerder verskyn het, het my egter reeds by die aanvang van hierdie saak in kennis gestel dat medewerkende nalatigheid van Matsini wel ln geskilpunt in hierdie saak is. Hy het daarop gewys dat indien dit op die getuienis blyk dat Matsini se optrede nalatiglik bygedra het tot die plaasvind van die botsting, die Eiseres se eis inderdaad uitgewis kan word, aiternatiewelik verminder kan word vanwee die bepaiings van Artikel 2(10) van die gemelde Wet op Verdeling van Skadevergoeding.

Die Verweerder se volledige pleit in hierdie verband lui soos volg:

"13.1 Demand is admitted, liability to pay is denied.

13.2 Without derogating from the generality of the aforesaid denial, the Defendant pleads that the Plaintiff has failed to mitigate its loss by

failing to pursue an unlimited claim against the Road Accident Fund in terms of Section 17 of the Road Accident Act, 56 of 1996 as amended.

13.3 Alternatively to paragraph 13.2 and cumulatively thereto the Defendant pleads that in the event of the abovementioned Honourable Court finding that Mr Seloane was negligent, which is denied, and that such negligence caused or contributed to the collision, (all of which is denied) then and in that event the amount which the Defendant can be held liable for to the Plaintiff is limited by virtue of the provisions of Section 2(10) of the Apportionment of Damages Act, 34 of 1956, as amended, in that:

13.3.1 The Road Accident Fund and the Defendant are joint wrongdoers; and

13.3.2 The Plaintiff and the Road Accident Fund settled the claim for a limited amount; and

13.3.3 Accordingly, so much of that portion of the damages which, if it had not been for the agreement of settlement, could have been recovered from the Road Accident Fund in terms of Section 2(6) and Section 2(7) of the said Act or could have been apportioned to him in terms of Section 2(8)(a)(ii) or (Hi) can not be recovered from the Defendant." Ek sal later hiermee handel.


EISERES SE SAAK OP NALATIGHEID:

Mnr Diedericks wat namens die Eiseres opgetree het, het die Eiseres as eerste getuie geroep. Sy het getuig dat sy op die betrokke dag 'n passasier op die Putco bus was en dat sy deel was van 'n groep mense wat op pad was na 'n uitstappie na die Kruger Wildtuin. Die bus het vertrek vanaf Soshanguve, maar het by Doornpoort gestop, waar daar 'n verdere groep mense opgelaai is. Sy het getuig dat die gemelde bus in 'n botsing betrokke was en dat sy beserings in die botsing opgedoen het maar dat sy geen kennis dra van hoe die botsing plaasgevind het nie.


Geen vrae is in kruisondervraging deur mnr Potgieter aan haargestel nie.

Die volgende getuie was mnr Muntuyedwa Reginald Kuzwayo ("Kuzwayo"). Hy het getuig dat hy ook 'n passasier op die betrokke bus was en dat hy een van die passasiers was wat die betrokke nag by Doornpoort opgeklim het. Hy het die tweede ry van voor af aan die linkerkant gesit. Kort nadat hulle weggetrek het, nie lank na middernag nie, het hy gemerk dat die bestuurder van die betrokke bus, na sy mening, te vinnig oor die spoedwalletjies wat oor die pad aangebring was, gery het. Hy het getuig dat hulle by die Ultra City vulstasie naby Middelburg gestop het vir verversings. Daarvandaan het hulle weer verder gery in die rigting van Machadodorp. Hy het getuig dat hy langs 'n mnr Simon Letseka ("Letseka") gesit het. Hy het gese dat hy opgemerk het dat die bus se ligte, wanneer dit verdof was, nie baie goed was nie in die sin dat 'n mens nie ver genoeg voor in die pad kon sien nie. Hy het verder getuig dat ln sekere mnr Jack Chauke ("Chauke") gestaan het terwyl die bus gery het. Op 'n stadium het hy gehoor Chauke skree "bakkie!" en onmiddellik daarna het 'n botsing plaasgevind en die ligte van die bus het uitgegaan.


Hy het op die foto's aangedui dat die bus onmiddellik na die botsing na regs oor die pad beweeg het, teen die skouer van die oorbrug opbeweeg het en omgeslaan het. Hyself het ook beserings in die ongeluk opgedoen. Hy het nie gesien waarmee die bus gebots het nie en het die bakkie ook nie voor often tye van die botsing waargeneem nie.


In kruisondervraging deur mnr Potgieter het hy toegegee dat, as Chauke nie geskree het "bakkie!" nie, hy nooit sou geweet het wat hulle getref het nie en bevestig dat hy nie die bakkie waargeneem het voor of ten tye van die botsing nie.


Die volgende getuie was mnr Simon Letseka ("Letseka"). Letseka het getuig dat hy ook 'n passasier op die gemelde Putco bus was en dat hy ook by Doornpoort aan boord gegaan het. Hy het ook getuig dat die gemelde Matsini na sy mening te vinnig oor die spoedwaile wat oor die teerpad aangebring was, beweeg het toe hulle vertrek het en hy het verder getuig dat hy Chauke geken het, na wie die vorige getuie verwys het, en bevestig dat Chauke ook 'n passasier op die bus was. Hy het verder getuig dat die bestuurder van die Putco bus na sy mening te vinnig gery het en dat die ligte, veral wanneer dit op domp was, swak was omdat dit volgens horn die uitsig na vore te veel beperk het. Hy het getuig dat hy onveilig gevoel het agter in die bus as gevolg daarvan. Hy het verder gese dat hy Chauke op 'n stadium hoor skree het "pasop!". Op daardie stadium het hy gesien dat Seloane, die bestuurder van die Putco bus, sy oe nie op die pad voor horn gerig gehad het nie maar na 'n persoon gekyk het wat besig was om laserskywe op die laserskyfspeler, waarmee die bus toegerus was, te vervang. Hy het terselfdertyd 'n gelerige of wit bakkie voor in die pad gesien wat in dieselfde baan as die bus beweeg het. Die bakkie het volgens horn 'n vrag opgehad. Die bestuurder van die bus het uitgeswaai maar het die bakkie van agter getref. Dit het daarna oor die pad beweeg en teen die skouer van die oorbrug opgery waarna dit teen die brug gebots het en omgeval het. Hyself is ook beseer in die botsing.


ln kruisverhoor het hy getuig dat Chauke voor langs die drywer se kajuit gestaan het en dat hy self eers agter in die bus gesit het maar later vorentoe beweeg het. Hy het verder gese dat Chauke op 'n stadium van agter in die bus na vorentoe beweeg het en op daardie stadium hoorbaar sy ontevredenheid te kenne gegee het met die wyse waarop die bus bestuur word. Hy het sy twyfel uitgespreek of die bestuurder van die Putco bus in besit was van (n openbare bestuurspermit. Hy het verder in kruisondervraging erken dat hy by twee geleenthede beedigde verklarings afgele het, waarvan een die statutere eedsverklaring was en die ander 'n eedsverklaring wat hy aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens gemaak het. Hy is daarop gewys dat in nie een van die twee verklarings hy melding gemaak het daarvan dat hy gesien het hoe die botsing plaasgevind het nie en hy het erken dat dit wel so was. Hy het egter volhard dat hy wel gesien het hoe die botsing plaasgevind het en gese sy versuim om dit in die ander eedsverklarings te noem was waarskynlik daaraan toe te skryf dat hy onder spanning verkeer het toe die verklarings afgele is. Hy het in sy getuienis in die Hof gese dat hy ook kon sien dat die bakkie se agterligte gebrand het en dat dit 'n vrag opgehad het. Hy het ook gesien dat die bakkie in die iinkerbaan beweeg het en dat dit ten tye van die botsing regs van die geel lyn was wat die pad afgemerk het van die grondgedeelte.


Die laaste getuie, wat namens die Eiseres getuig het, was mnr Fernando Manual. Hy het getuig dat hy die betrokke nag van die botsing een van twee passasiers in die gemelde bakkie, bestuur deur Matsini was. Hulle was vanaf Tembisa op pad na Mosambiek en hy het links voor in die bakkie by die passasiersdeur gesit. Hy het getuig dat hulle gery het in die linkerbaan van die twee bane wat vir verkeer in die rigting van Machadodorp beskikbaar was. Die bus wat later met hulle in ln botsing was het agter hulle in dieselfde baan as die bakkie beweeg. Hy het getuig dat hy op 'n stadium opgemerk het aan die ligte van die voertuig agter hulle, wat hy as 'n bus kon eien, dat dit heen en weer beweeg het kort voor die botsing plaasgevind het. Hy het Matsini se aandag daarop gevestig maar die het horn meegedeel dat hy dit reeds waargeneem het. Die bakkie het kort daarna na links beweeg maar voordat dit uit die pad kon beweeg is dit deur die bus getref en dit het links van die pad afgery en omgesiaan. Hyself was bewusteloos na die botsing, en het ook verdere beserings opgedoen. Hy het ook gese dat daar geen ander voertuie op die pad was in die onmiddellike omgewing waar die botsing plaasgevind het nie.

In kruisondervraging is hy daarop gewys dat nie een van die ander twee passasiers wat op die bus teenwoordig was, en wat ook in hierdie saak getuig het, gepraat het daarvan dat die bus hierdie heen en weer bewegings sou gemaak het onmiddellik voor die botsing nie. Hy het egter volgehou dat hy dit aan die ligte van die bus kon sien en dat dit ongeveer drie keer gebeur het net voordat die botsing plaasgevind het. Hy is verder daarop gewys dat hy nie in sy Polisieverklaring melding gemaak het daarvan dat die ligte van die bus heen en weer beweeg het onmiddellik voor die botsing nie. Hy het verder getuig dat hulle spoed gewissel het tussen 60 en 80km per uur aangesien dit 'n vrag opgehad het. Daar was kruideniersware agter in die bakkie en bo-op die kap was 'n bed vasgemaak. Hy het volhard dat hulle in die linkerbaan van die twee bane vir verkeer in die rigting na Machadodorp gery het voor die botsing en het ontken dat hulle van die pad afgetrek het aan die linkerkant en/of daar gery

het en/of daar stifgehou het. Volgens hom het hulle heeltyd in die betrokke linkerbaan beweeg, ook onmiddellik voor en tydens die gemelde botsing. Hy het ook verder gese dat 'n kar nie links van daardie geel streep op die teer kan ry nie omdat hy nie sal inpas op die teeroppervlakte nie aangesien daardie gedeelte van die teeroppervlakte te smal is.


VERWEERDER SE SAAK OP NALATIGHEID:

Die enigste getuie wat namens die Verweerder getuig het was Seloane. Hy het getuig dat hy op die betrokke aand die bestuurder van die gemelde Putco bus was en dat hulle net na middernag vanaf Doornpoort vertrek het op pad na die Kruger Wildtuin. Hy het ook met verwysing na die foto's wat die omgewing van die botsing weerspieel aangedui dat hy in die linkerbaan van die twee bane gery het wat vir verkeer beskikbaar was in die rigting van Machadodorp. (Dit is dieselfde baan waarin die bestuurder van die bakkie beweeg het onmiddellik voor die botsing, volgens die getuienis van Manuel.) Toe hy die ongelukstoneel genader het, het hy 'n bakkie opgemerk langs en af van die pad af aan die linkerkant van die geel streep.


Hy was onseker of die bakkie stilgestaan het en of dit beweeg het. Hy het aangedui dat hy ongeveer 15 na 20 tree van die bakkie af was toe die bakkie voor hom in die pad en op die teerblad inbeweeg het. Hy het gese hy het sy ligte geflikker en ln bietjie na regs geskuif, maar het die bakkie getref met sy linker voorkant en die bakkie het omgeslaan in die pad voor hom. Hy het toe na regs uitgeswaai om die tollende bakkie te vermy en het oor die pad beweeg en teen die skouer van die oorbrug opbeweeg waarna die bus omgeslaan het. Hyself was bewusteloos na die ongeluk en het ook ander beserings opgedoen. Hy het bevestig dat hy Chauke geken het en dat Chauke in die gemelde ongeluk oorlede is. Hy het ook gese dat Chauke skuins agter hom voor in die bus gesit het ten tye van die botsing. Niemand anders was nader aan hom as die bestuurder as Chauke nie. Hy het verder gese dat sy spoed ongeveer 80km per uur was en dat hy nie 100km per uur mag oorskry nie. Toe hy die bakkie getref het, was sy spoed steeds 80km per uur. Hy het ontken dat hy onmiddellik voor die botsing sy oe van die pad afgehaal het. Hy het verder gese dat as die bakkie nie voor hom op die pad inbeweeg het nie, daar nie 'n botsing sou plaasgevind het nie.


Onder kruisondervraging het hy ontken dat die bus se ligte, wanneer dit verdof was, 'n swak uitsig na vore gebied het. Hy het gese, met verwysing na die lengte van 'n sokkerveld, dat wanneer die ligte verdof was, dit minstens tot by die helfte van die sokkerveld 'n behoorlike uitsig na vore gebied het en wanneer dit op skerp was, verder as die doelpale; met ander woorde die hele lengte van die veld. Hy het verder gese dat toe die ongeluk plaasgevind het sy ligte op helder was. Toe hy die bakkie vir die eerste keer langs die pad opgemerk het was sy ligte egter verdof gewees. Hy het aangedui dat toe hy die bakkie vir die eerste keer gesien het, hy dit waargeneem het vanwee die weerkaatsers wat agter aan die bakkie geheg was en dat hy op daardie stadium ongeveer 150 meter van die bakkie af was. Al wat hy kon sien op daardie stadium was die weerkaatsers. Toe hy die weerkaatsers opmerk het hy die bus se ligte op skerp gesit om beter te kon sien en hy was toe ongeveer 100 meter van die bakkie af. Hy kon toe sien dat 'n voertuig was en dat dit heeltemal buite die pad aan die linkerkant gestaan het. Die regterwiele was op die linkerkantste geel streep en die linkerwiele was van die pad af op die grondgedeelte. Soos hy nader kom kon hy sien dat die voertuig se hooffigte aan was aangesien hy opgemerk het dat na vore skyn. Hy het weereens bevestig dat hy op daardie stadium onseker was of die voertuig stilgestaan het en of dit stadig beweeg het. Op 'n later stadium in kruisverhoor het hy egter gese dat die voertuig nooit heeltemal stilgestaan het nie, maar dat dit stadig beweeg het. Hy het verder gese dat hy lank na die ongeluk daaraan gedink het dat hy miskien in die regterbaan van die twee bane vir verkeer in die rigting van Machadodorp moes beweeg het. Hy het sy hoofgetuienis, dat nadat die bakkie op die pad voor hom inbeweeg het die bakkie weer na links gedraai het om van die pad af te gaan, bevestig maar gese dat die stert gedeelte van die kar nog in sy verkeersbaan was en dat hy toe daarmee gebots het. Hy het gese dat hy aanvanklik gedink het hy sal veilig verby die voertuig kan ry indien hy in die linkerbaan bly. Hy is daarop gewys dat hy in sy Polisieverklaring gese het dat die bakkie in die noodlaan gery het. Hy het egter gese dat hy van die geel lyn gepraat het en nie van 'n "emergency line" nie. Hy het verder in sy getuienis eers bevestig, dat behalwe om na regs te beweeg hy geen ander stappe gedoen het om 'n botsing te vermy nie. Toe mnr Diedericks hom egter daaroor aangepor het, het hy gese dat hy ook rem getrap het. Hy het daarna gese dat hy rem getrap het dieselfde tyd toe hy na regs beweeg het. Op 'n verdere vraag van mnr Diedericks of hy nou verstaan wat beteken weike verdere stappe hy geneem het ten einde die ongeluk te vermy, het hy geantwoord dat hy dit wel verstaan. Hy is toe weereens gevra of hy enige ander stappe geneem het om die botsing te vermy en hy het weereens "nee" geantwoord. Hy het daarop bevestig dat hy 80km per uur gery het toe hy die voertuig vir die eerste keer gesien het en dat sy spoed dieselfde was toe die botsing plaasgevind het. Hy het dus nie spoed verminder volgens horn nie. Op 'n vraag of hy nie die toeter geblaas het nie, het hy gese nee hy het net die ligte geflikker, met ander woorde dit verwissel van skerp na domp. Dit het onder verdere kruisverhoor geblyk dat hierdie drie vermydingspogings naamlik om rem te trap, sy ligte te flikker, en deur na regs te beweeg gelyktydig plaasgevind het toe hy, volgens horn, tussen 9 en 10 tree van die bakkie af was. Hy het verder bevestig dat daar tydens die botsing geen ander karre in die onmiddellike omgewing van die botsing was nie. Hy het erken dat daar genoeg spasie was indien hy na regs sou wou uitswaai om die botsing te vermy.


BETOe VAN DIE ADVOKATE

Mnr Diedericks het in sy argument aan die hand gedoen dat die Eiseres se getuienis geen bydrae lewer ten aansien van die nalatigheidsaspek nie. In die lig van haar getuienis dat sy glad nie weet hoe die botsing plaasgevind het nie, is hierdie submissie van mnr Diedericks klaarblyklik korrek en mnr Potgieter, het nie die teendeel geargumenteer nie.


Mnr Diedericks het verder aan die hand gedoen dat dieseifde geld ten aansien van die getuienis van Kuzwayo. Al bydrae wat Kuzwayo kan lewer is dat hy Jack Chauke hoor uitroep het "bakkie!" en dat die botsing daarna plaasgevind het. Oor hoe presies die botsing plaasgevind het en wat die bakkie se bewegings was onmiddellik voor die botsing plaasgevind het, het hy nooit waargeneem nie. Sy getuienis neem die saak dus ook nie verder nie.


Letseka het in sy getuienis voor my 'n breedvoerige beskrywing gegee van hoe die botsing plaasgevind het gese dat hy gesien het, nadat Chauke uitgeroep het "pasop!", dat die bakkie met die vrag op voor die bus in dieselfde baan beweeg het en hoe die bus dan met die bakkie in botsing gekom het.


Mnr Diedericks het in die lig van die kruisverhoor van Letseka asook in die lig van die feit dat hy twee eedsverklarings afgele het waarin hy te kenne gegee het dat hy glad nie gesien het hoe dit botsing plaasgevind het nie, aan die hand gedoen dat sy se getuienis ook buite rekening gelaat moet word wanneer die aspek van nalatigheid bereg word. Dit, so het hy sy argument ontwikkel, sou dan die getuienis van Manuel en Seloane laat as die enigste direkte getuienis van hoe die botsing plaasgevind het. Hy het dan betoog dat Manuel 'n geloofwaardige getuie was en dat as sy getuienis aanvaar word, dit duidelik blyk dat Seloane se optrede die enigste en direkte oorsaak van die ongeluk was. Op die getuienis van Manuel kan daar geen sprake van nalatigheid wees aan die kant van die bestuurder van die bakkie nie.


Hy het verder geargumenteer dat Seloane 'n ongeloofwaardige getuie was, veral as sy getuienis van die stappe wat hy sou geneem het om die botsing te vermy behoorlik ontleed word en dat sy getuienis as ongeloofwaardig verwerp behoort te word.


Mnr Diedericks het in ieder gevai geargumenteer dat, selfs al sou ek tot die gevolgtrekking kom dat ek nie Seloane se getuienis as ongeloofwaardig kan verwerp nie, die Eiseres nog steeds moet slaag in haar eis omdat Seloane op sy eie weergawe nalatig was deur nie vroeer en meer na regs uit te swaai nie en deur te versuim om 'n behoorlike afstand tussen hom en die stadig bewegende bakkie aan sy linkerkant, wat gedeeltelik van die pad af was, te laat toe hy die bakkie verby wou gaan terwyl daar op sy eie getuienis genoeg ruimte was om 'n groter toegewing in hierdie verband te maak. Hy het verder geargumenteer dat aangesien Seloane op sy eie getuienis 'n bakkie waargeneem het wat stadig beweeg het aan die kant van die pad, hy moes voorsien het dat hy op een of ander stadium op die pad sou opbeweeg en sy versuim om sy ligte vroeer te flikker en/of om te toet, kom neer op nalatige optrede aan sy kant.

Mnr Potgieter het die getuienis van Kuzwayo, Letseka en Manuel skerp gekritiseer op die basis dat hulle alma! een gemeenskaplike tendens het naamlik dat hulle volgens horn: "Uit hulle pad gaan om die busbestuurder se vermoens te beswadder op ongeloofwaardige, inherent onwaarskynlike en/of botsende wyses". (Ek haal aan uit paragraaf 4 van sy skriftelike hoofde van argument). Hy het geargumenteer dat Kuzwayo probeer het om roekelose optrede aan Seloane toe te dig in die bestuur van die gemelde bus maar ten spyte daarvan het hy in geeneen van sy twee eedsverklarings wat hy in verband met die ongeluk afgele het, enige melding hiervan gemaak nie. Letseka maak horn ook hieraan skuldig, behalwe dat sy getuienis nog meer wesenlik van sy vorige twee eedsverklarings afwyk. In sy getuienis voor die Hof gee hy ln volledige beskrywing van hoe die ongeluk plaasgevind het en beweer hy dat hy gesien het hoe dit plaasgevind het terwyl hy in sy twee vorige eedsverklarings meld dat hy glad nie die ongeluk self waargeneem het nie.


Die kritiek wat mnr Potgieter teen Manuel geopper het, was hoofsaaklik die feit dat hy getuig het dat die bus se ligte onmiddellik voor die ongeluk heen en weer beweeg het en dat hy dit waargeneem het en dat hierdie bewering nie in sy eedsverklaring wat hy aan die Polisie gemaak het vervat is nie. Hy het verder beklemtoon dat nie een van die ander twee getuies, hetsy Letseka of Kuzwayo in hulle getuienis melding gemaak het daarvan dat die bus heen en weer oor die pad beweeg het onmiddellik voor die botsing nie. Hy het dan aangevoer dat al drie hierdie getuies se getuienis nie net ongeloofwaardig is nie, maar ook inherent so onwaarskynlik dat dit verwerp behoort te word wat dan slegs die getuienis van Seloane laat waarop die geskil oor nalatigheid bereg moet word. Die getuienis van die gemelde getuies is inherent onwaarskynlik omdat, so het die betoog gelei, dit onwaarskynlik is dat 'n bus op 'n oop, reguit pad agter in 'n voertuig sal vasry wat voor hom in die pad beweeg.


Hierteenoor, het mnr Potgieter betoog, staan die getuienis van Seloane wat inherent baie meer waarskynlik is en hy het my derhalwe gevra om sy

getuienis te aanvaar en bygevolg te aanvaar dat die bakkie wat langs die pad stilgestaan en/of stadig beweeg het, op 'n ongelee en gevaarlike tydstip die teerpad inbeweeg het, reg voor die aankomende Putco bus in op 'n stadium waarop dit vir Seloane te laat was om enige effektiewe vermydingstappe te neem ten einde die botsing te vermy. Hy het my derhalwe versoek om die Eiser se eis van die hand te wys met koste.


DIE ARGUMENT OOR ARTIKEL 2(10)

Hy het in die alternatief betoog dat selfs al sou ek bevind dat die optrede van Seloane nalatig was en dat dit bygedra het tot die botsing waarin die Eiser skade gely het, die bestuurder van die bakkie medewerkend nalatig was en dat die relevantheid van die verweer vervat in Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding wat die Verweerder gepleit het dan ter sprake kom.

As ek sy argument in hierdie verband reg verstaan lui dit soos volg: "As 'n sogenaamde "een persenter" sou die Eiseres teen die Padongelukkefonds haar voile skade kon verhaal as sy aksie teen die Padongelukkefonds ingestel het op grond van die nalatige bestuur van die bestuurder van die bakkie. Sodra daar bevind word dat daar bydraende nalatigheid was aan die kant van die bestuurder van die bakkie, staan hierdie feit vas. Sou daar dan 'n bevinding volg dat Seloane ook medewerkend nalatig was, is die Verweerder en die Padongelukkefonds mededaders ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding. Die Eiseres het verkies om die Padongelukkefonds slegs aan te spreek in terme van die Padongelukkefondswet op grond van die nalatigheid van Seloane ten aansien waarvan sy 'n eis gehad het wat tot R25 000,00 beperk is en daardie eis teen die Padongelukkefonds het sy geskik. 'n Behoorlike ontleding van die gemelde skikking, wat by ooreenkoms tussen die partye voor my geplaas was, bring aan die lig dat die Eiseres nie slegs haar eis teen die Padongelukkefonds vir die Fonds se beperkte aanspreeklikheid van R25 000,00 geskik het nie maar ook enige ander eis wat sy teen die Fonds kon gehad het voortspruitend uit haar beserings opgedoen in die gemelde botsing. Sou dit bewys word dat die bestuurder van die bakkie derhalwe nalatig was, het sy met die gemelde skikking ook haar onbeperkte eis teen die Fonds vir sy aanspreeklikheid as gevolg van die beserings deur haar opgedoen as gevolg van die nalatige bestuur van die bestuurder van die bakkie geskik. Hierdie argument word gevoer met verwysing na die volgende bepaling in die skikkingsooreenkoms wat tussen die Eiseres en die Padongelukkefonds aangegaan is: "I understand the meaning and extent of this offer and acceptance notice and confirm that it records the full and final agreement between the RAF and me. The RAF is discharged from all liability pertaining to the loss suffered in the abovementioned accident."


Vir soverre sy derhalwe 'n onbeperkte eis vir die skade wat sy opgedoen het teen die Padongelukkefonds gehad het, indien nalatigheid aan die kant van die bestuurder van die bakkie bewys kon word, het sy die Fonds by aanvaarding van die skikkingsaanbod waarin die Fonds die voile beperkte eis van R25 000,00 betaal, onthef van sy aanspreeklikheid vir soverre hy moontlik onbeperk aanspreeklik kon gewees het.


Bygevolg, kan die Verweerder hom beroep op die bepaiings van Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding wat ek volledigheidshalwe hier volledig aanhaal: "Indien ten gevolge van die bepaiings aan (sic!) 'n ooreenkoms tussen 'n dader en die Eiser, eersgenoemde vrygestel is van aanspreeklikheid vir die skade wat die Eiser gely het of sy aanspreeklikheid daarvoor tot 'n ooreengekome bedrag beperk is, is soveei van daardie gedeelte van die skadevergoeding wat, as dit nie vir 'n bedoelde ooreenkoms en die bepaiings van paragraaf (c) van sub-artikel (6) of paragraaf (b) van sub-artikel (7) was nie, ingevolge sub-artikel (6) of (7) op bedoelde mededader verhaa! sou kon geword het, of ingevolge sub-paragraaf (2)(ii) of (iii) van paragraaf (a) van sub-artikel (8) aan hom toegedeel sou kon geword het, as wat die bedrag, indien daar is, waarvoor hy ingevolge bedoelde ooreenkoms aanspreeklik is, te bowe gaan, nie deur die Eiser of enige ander mededader verhaalbaar nie."


Mnr Potgieter se argument kom derhalwe daarop neer dat, en ek haal weereens aan uit sy hoofde: "Die effek van die Eiseres se skikking was dat sy alles bo R25 000,00 wat sy van die Fonds kon verhaal het, nie mag verhaal vanaf die Verweerder nie want indien sy nie die skikking aangegaan het nie, sou sy haar voile eis van die Fonds kon verhaal."


Sy alternatiewe argument in hierdie verband is dat sy: "...niks meer mag verhaal vanaf die Verweerder as wat verhaal sou kon gewees het indien daar 'n verdeling van aanspreeklikheid sou gewees het tussen die Fonds en die Verweerder (nie)."


REDES VIR BEVINDING:

Ek is van mening dat mnr Diedericks se benadering wat die getuienis aanbetref, die korrekte benadering in hierdie saak is en dit is dan ook die benadering wat ek van voornemens is om te volg. Die getuienis van die Eiseres lewer geen bydrae tot die oplossing van die nalatigheids geskil nie en kan derhalwe buite rekening gelaat word. Die getuienis van Letseka is bykans op dieselfde grondslag as die Eiseres se getuienis aangesien Letseka ook geen getuienis kon aanbied van oor hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Sy getuienis word derhalwe ook buite rekening gelaat.

Ek stem saam met beide advokate dat die getuienis van Kuzwayo oor hoe die botsing plaasgevind het, onbetroubaar is. Ek bevind inderdaad dat hy ongeloofwaardig is en dat dit ondenkbaar is dat hy, waar hy nou so 'n gedetailleerde beskrywing kon gee van hoe die botsing plaasgevind het, twee beedigde verklarings sou afgele het nie lank na die botsing nie, waarin hy te kenne gee dat hy glad nie gesien het hoe die botsing plaasgevind het nie. Sy getuienis word derhalwe verwerp.


Dit laat die getuienis van Manuel en Seloane wat oorweeg moet word. Manuel het my be'i'ndruk as 'n geloofwaardige getuie en ek het nie die indruk gekry dat hy sy getuienis aangedik het nie. Hy het kalm en rustig in die getuiebank voorgekom en die vrae wat aan hom gestel is reguit en sender huiwering beantwoord, en hy het homself ook in geen wesenlike opsig weerspreek nie. Mnr Potgieter se hoofpunt van kritiek teen Manuel se getuienis was dat hy nie die heen en weer beweging van die ligte van die bus in sy verklaring aan die Polisie weergegee het nie. Ek meen nie dat hierdie verskil wat bestaan tussen sy eedsverklaring en sy getuienis in die Hof 'n voldoende basis bied om sy getuienis te verwerp nie. Dit is 'n bekende feit dat getuies wat Polisieverklarings afle na 'n ongeluk nie noodwendig gedingvoering ingedagte het nie en dit is verder 'n bekende feit dat Polisieverklarings deur Polisie opgestel word na aanleiding van antwoorde op vrae wat deur die opsteller van die verklaring aan die getuie gestel word, en dat dit in baie gevalle nie 'n voile en gedetailleerde verklaring is nie.

Manuel is ook nie deur mnr Potgieter gekritiseer omdat daar weersprekings in sy getuienis was in die Hof en in sy eedsverklaring nie. Die feit dat die heen en weer beweeg van die ligte nie in die Polisieverklaring gemeld word nie beteken nie dat Manuel homself weerspreek nie maar beteken slegs dat in sy getuienis in die Hof hy 'n addisionele feit genoem het wat nie in sy Polisieverklaring voorkom nie. Sien onder andere Mafaladiso & Andere v S (2002) 4AII SA 74 (SCA).


Seloane, aan die ander kant, het my nie beTndruk as 'n getuie nie. Hy het allermins 'n heldere en ln duidelike weergawe gegee van veral watter stappe hyself geneem het onmiddellik voordat die botsing plaasgevind het om dit te probeer vermy. Sy getuienis in hierdie verband was aanvanklik dat hy sy ligte geflikker het en dat hy 'n bietjie na regs beweeg het. Dit was toe hy ongeveer 15 na 20 tree van die bakkie af weg was en toe die bakkie die teerblad inbeweeg het. Die bakkie het volgens hom toe weer na links beweeg maar hy het steeds teen die regter agterkant daarvan met die linker voorkant van die bus gebots. Daarna het die bakkie omgeslaan en voor hom in sy baan beweeg waarna hy na regs uitgeswaai het en oor die pad beweeg het en teen die skouer van die oorbrug opgery het waarna die bus omgeslaan het. In kruisverhoor deur mnr Diedericks het hy later gese hy het gerem ook. Hy het verder getuig in kruisondervraging dat tydens die botsing was sy ligte op skerp gewees. Dit was nadat hy, toe hy die bakkie die eerste maal gesien het, sy ligte vanaf verdof na skerp verander het. Later in sy kruisverhoor blyk dit dat hy gelyktydig, toe hy ongeveer 9 tot 10 meter van die bakkie af was, drie goed gedoen het. Hy het sy ligte geflikker (verander vanaf dof na skerp), hy het na regs uitgedraai en hy het rem getrap. Hy het egter ook getuig dat, ten spyte van die feit dat hy rem getrap het, hy nie spoed verminder het nie. Sy spoed was ongeveer 150 tree vanaf die botsing 80km per uur en toe die botsing plaasgevind het was dit nog steeds 80km per uur. Volgens Seloane het dit ook geblyk dat, toe die bakkie voor horn in die pad inbeweeg het, dit baie stadig moes beweeg het. Nogtans het dit blykbaar van sy aankoms bewus geraak want volgens horn, het die bakkie weer na links uitbeweeg, in 'n klaarblyklike poging om ln botsing te vermy, en was skeef na links gedraai, hy het geillustreer in die Hof dat dit omtrent 30° of 35° na links gedraai was toe die botsing plaasgevind het. Die agterste deel van die bakkie was egter nog steeds in sy baan. Om hierdie hele manoeuvre uit te voer, naamlik om in die pad in te beweeg teen so 'n stadige spoed en om dan weer daaruit te beweeg na links veronderstel 'n tydsverloop wat nie te rym is met die prentjie wat Seloane aan die Hof wou voorhou van 's voertuig wat skielik en op 'n ongelee tydstip voor horn in die pad inbeweeg het, op 'n stadium toe dit vir horn onmoontlik was om enige vermydingstappe te neem om die ongeluk te vermy nie. Hy het ook bevestig dat ten tye van die botsing daar geen ander voertuie in die onmiddellike omgewing van die botsing was nie.


Mnr Potgieter het geargumenteer dat as na die onderskeie weergawes van Manuel en Seloane gekyk word, die omstandighede van die botsing soos weergegee deur Seloane inherent meer waarskynlik is as die van Manuel. Hy het geargumenteer dat dit inherent onwaarskynlik was dat Seloane op 'n lang en reguit pad agter in die bakkie voertuig sou vasry. As dit inherent onwaarskynlik is, is dit na my mening ook inherent onwaarskynlik dat 'n bakkie wat langs die pad geparkeer staan of stadig beweeg op so 'n lang en reguit en stil pad reg voor 'n aankomende bus die pad sou inbeweeg. Ek is egter van mening dat hierdie saak nie op waarskynlikhede bereg kan word nie omdat die waarskynlikhede en onwaarskynlikhede na my mening op die verskillende weergawes ewekansig is.

Ek vind egter die getuienis van Seloane nie net onbetroubaar nie maar ongeloofwaardig, tot so 'n mate dat ek dit verwerp en ek aanvaar die getuienis van Manuel as die getuienis oor hoe die botsing plaasgevind het.

Seloane se kleitrappery oor of hy ten tye van die botsing sy ligte geflikker het en of dit op skerp was, of hy na regs uitgeswaai het voor die botsing of slegs daarna en voor die botsing slegs effens na regs beweeg het, en of hy rem getrap het om daardeur die botsing te vermy maar ten spyte daarvan dat hy rem getrap het, hy volgehou het dat hy nie spoed verminder het nie asook die getuienis oor die in-en-uitbeweging van die bakkie in die teerpad aivorens die botsing plaasgevind het is faktore wat my beweeg het om tot die gevolgtrekking te kom dat sy getuienis as ongeloofwaardig aangemerk moet word.


Dit is gemeensaak dat die botsing in die linkerbaan van die twee bane vir verkeer in die rigting van Machadodorp plaasgevind het en die enigste vraag is dus of die bakkie onmiddellik voor die botsing links van die pad was en voor die bus inbeweeg het. Ek bevind dat dit nie die geval was nie en dat die botsing plaasgevind het omdat Seloane, bloot versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou en die bakkie waarskynlik nie betyds raakgesien het ten einde horn instaat te stel om vermydingstappe te neem nie. Dit sal tot ln mate ook 'n verklaring bied vir die feit dat hy nooit in sy getuienis kon se of die bakkie, toe hy horn die eerste keer gesien het of selfs daarna, stilgestaan het en of dit beweeg het nie. Hy was die hele tyd hieroor onseker wat sou strook met iemand wat nie 'n behoorlike uitkyk gehou het oor waar hy ry nie.


Ek vind derhalwe dat Seloane se nalatigheid die uitsluitlike oorsaak van die ongeluk was waarin die Eiseres beseer is.

Selfs al sou ek verkeerd wees om die getuienis van Seloane te verwerp is ek van mening dat die Eiseres nogtans moet slaag om 100% van haar skade bo die R25 000,00 wat sy mag bewys dat sy gelei het, van die Verweerder te verhaal omdat Seloane op sy eie weergawe ten minste medewerkend nalatig was. Op sy eie weergawe sou die botsing nie plaasgevind het as hy sy ligte vroeer geflikker het nie, en is dit na my mening duidelik dat hy, ten spyte van die feit dat hy 'n voile baan aan sy regterkant gehad het waarvan hy gebruik kon maak om by die bakkie verby te beweeg sonder om oor te beweeg na die teenoorgestelde bane van die pad, hy nie genoegsame spasie gelaat tussen hom en die bakkie wat stadig langs die pad beweeg het toe hy dit verby wou gaan nie. Die feit dat die bakkie in beweging was of dat hy onseker was of dit stilstaan of beweeg moes hom op sy hoede geplaas het en hy moes of stadiger gery het, of toeter geblaas het om die bestuurder van die bakkie se aandag op sy aantog te vestig of sy ligte vroeer geflikker het of meer na regs beweeg het en sy nalatigheid moet op sy eie weergawe na my mening op minstens 50% gestel word. Ek maak hierdie verdeling vanwee die bepaiings van Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding wat die Verweerder as ln pleit in hierdie saak geopper het en mnr Potgieter se argument in hierdie verband het ek reeds na verwys.


TOEPASSING VAN ARTIKEL 2(10)

Beteken dit derhalwe dat die Eiseres nou, vanwee die skikking wat sy met die Padongelukkefonds aangegaan het, vanwee die bepaiings van die gemelde Artikel 2(10) geen verdere bedrag van die Verweerder van haar skade kan verhaal nie of soos die alternatiewe argument lui, is sy beperk daartoe om 50% van die skade wat sy eventueel kan bewys minus die skikkingsbedrag van R25 000,00 van die Verweerder te verhaal.


Die antwoord hierop hang myns insiens af van 'n behoorlike vertolking en toepassing van die gemelde Reel 2(10).


In sy argument dat deur die skikkingsooreenkoms met die Padongelukkefonds aan te gaan, die Eiseres die gemelde Padongelukkefonds kwytgeskeld het van enige verdere aanspreeklikheid (en derhalwe ook kwytgeskeld het van die aanspreeklikheid wat dit sou opgedoen het om die Eiseres se voile skade te vergoed as "versekeraar" ten aansien van die bakkie) en dat sy haar eis teen die Verweerder daardeur prysgegee is, alternatiewelik dit verminder moet word, het mnr Potgieter staatgemaak op die toepassing van die gemelde Artikel 2(10).

In Windrum v Neunborn, 1968(4) SA 283 (TPA) se Trollip R op bladsye 293A die volgende: "It is clear that where a joint wrongdoer relies on Section 2(10) to reduce a claim for damages against him, the onus is on him to prove its applicability and, in particular, to prove the agreement for exemption from liability, which is fundamental to its application. Generally, too, he should raise the defence specifically in his plea in order to alert the other party to his intention to rely upon it and to ensure that the factual issues involved are adequately investigated at the trial." (My eie onderstreping)

Die geleerde Regter het verder bevind op bladsye 294D dat 'n mededader wat hom op die bepalings van Artikel 2(10) van die gemelde Wet wil beroep, moet bewys: "...The fundamental requirement for its applicability-an agreement between the father and son whereby the latter was exempted from liability for the damages suffered by the father."


Van kardinale belang is derhalwe of the Padongelukkefonds en die Verweerder onder die spesifieke omstandighede van hierdie saak as mededaders aangemerk staan te word ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding. In 'n feitestel wat groot ooreenkomste toon met die feitestel in die onderhawige geval het voorgekom in Maphosa v Wilke & Andere, 1990(3) SA 789 (TPA). Die bestuurder van (n bakkie waarin die Eiser 'n passasier was het van agter in 'n stilstaande Putco bus vasgery as gevolg waarvan die Eiser sekere beserings opgedoen het. Die Eiser was ten tye van die botsing ook 'n "werksman" ingevolge die bepaiings van die Ongevallewet, Wet No. 30 van 1941 en het ingevolge die bepaiings van daardie Wet skadeloosstelling ontvang in die bedrag van R30 803,86. Die Eiser se skade het egter meer beloop as die skadeloosstelling wat hy ontvang het en wel in die bedrag van R20 000,00. Die Eiser het die bestuurder van die bakkie gedagvaar ingevolge sy gemeenregtelike aanspreeklikheid vir die balans van sy skade. Die Verweerder, het benewens te ontken dat hy nalatig was, die versekeraar van die Putco bus ingevolge die bepaiings van die gemelde Wet op Verpligte Motorvoertuig Assuransie gevoeg as eerste Derde Party en Putco Beperk, in sy hoedanigheid as werkgewer van die bestuurder van die Putco bus in wie se diensbestek die bestuurder van die gemelde bus opgetree het ten tye van die botsing, gevoeg as tweede Derde Party. Die eerste Derde Party het 'n spesiale pleit geliasseer waarin aangevoer is dat hy nie 'n mededader was soos bedoel in Artikel 2 van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding nie aangesien hy nie saam met die Verweerder gesamentlik en afsonderlik "uit delik aanspreeklik is teenoor 'n derde persoon nie". Sien in hierdie verband Becker v Kellerman 1971(2) SA 172 (T). Die argument wat geopper was in hierdie verband is dat dit sfegs aanspreeklik is uit hoofde van die bepalings van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering, Wet Nr. 56 van 1972.


Hierdie betoog is deur Du Plessis WR van die hand gewys en hy het bevind dat die versekeraar en die Verweerder (wat die bestuurder van die vermelde bakkie was) wel mededaders is vir doeleindes van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding. Hy het dit bevind met ln verwysing na Artikel 3 van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding wat toe soos volg gelui het: "Die bepalings van Artikel 2 is ook van toepassing met betrekking tot enige aanspreeklikheid wat ingevolge die Motorvoertuig Assuransiewet 29 van 1942 aan die Staat of 'n persoon ten opsigte van verlies of skade wat veroorsaak is deur of voortvloei uit die bestuur van 'n motorvoertuig opgele word."


Du Plessis WR het die verwysing na Motorvoertuig Assuransiewet 29 van 1942 gelees as 'n verwysing na die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering [56 van 1972], wat Wet 29 van 1942 herroep het en bevind dan dat op die duideiike bewoording daarvan die versekeraar van die bakkie wel ln mededader was.


Hy het verder bevind dat, selfs a! sou hy verkeerd wees in hierdie bevinding van hom, die versekeraar in ieder geval 'n mededader ingevolge die omskrywing daarvan in Artikel 2(1) van die gemelde Wet op Verdeling van Skadevergoeding is omdat, alhoewel hy geen delikspleger is nie, hy steeds, soos vereis deur Artikel 2(1) van die gemelde Wet, uit delik aanspreeklik is. Hy bevind in hierdie verband dat: "Die 1972 Wet skep nie die aanspreeklikheid van die bevoegde versekeraar nie, maar wys die versekeraar aan as die instansie wat 'n deliksaanspreeklikheid van 'n ander persoon moet oorneem of aanvaar" (op p798 J).


'n Soortgelyke feitestel was voorhande in Smith v Road Accident Fund 2006(4) SA 590 (HHA). In laasgenoemde saak het die Eiseres die bestuurder van die voertuig waarin sy 'n betalende passasier was gemeenregtelik aangespreek vir haar skade na aftrekking van die bedrag van R25 000,00 waarvoor die Padongelukkefonds in terme van Artikel 18(1 )(b) van die Padongelukkefondswet aanspreeklik was. Die Verweerder het die aksie verdedig en gepleit dat die botsing waarin die Eiseres die beserings opgedoen het wat tot haar skade gelei het, veroorsaak was deur die uitsluitlike nalatigheid van 'n Sentra motorvoertuig en/of 'n Mazda motorvoertuig, die besonderhede van welke voertuie en die bestuurders daarvan wat aan die Verweerder onbekend was. Die Verweerder het dan verder voortgegaan en 'n derdeparty kennisgewing ingevolge die bepalings van Reel 13(1) op die Padongelukkefonds beteken waarin beweer word dat die Fonds verplig was om ingevolge die bepalings van Artikel 17(1) van die gemelde Wet, die Eiseres ten voile te vergoed vir haar skade, alternatiewelik indien die Hof sou bevind dat die ongeTdentifiseerde bestuurders en die Verweerder medewerkend nalatig was welke nalatigheid gelei het tot die botsing wat die Eiseres se skade veroorsaak het, dan moet hulle beskou word as mededaders teenoor die Eiser en die Hof is versoek om hulle respektiewe grade van nalatigheid te bepaal en dat elkeen slegs vir sy pro-rata gedeelte van die Eiseres se skade verantwoordelik is nadat hulle onderskeie grade van nalatigheid deur die Hof bepaal was.


Die voile argument wat namens die Verweerder daar geopper is, word soos volg opgesom deur Heher AR, op bladsye 595, paragraaf D tot F: "As I understood it, the argument ran like this: The Apportionment of Damages Act 34 of 1956 confers a right upon a wrongdoer, sued delictually, to claim an apportionment from a joint wrongdoer; the unknown driver is a joint wrongdoer as against the Third Party. If the Third Party had instituted action relying on the negligence of the unknown driver, the Fund would have stepped into the shoes of that driver; by joining the Fund, the Defendant is merely doing what the Third Party could have done. Thereby enabling the Court to determine who should pay compensation to the Third Party, the determination which is consistent with the purpose of the Act and the objects of the Fund; indemnification is merely "the flip side" (counsel's phrase) of compensation. Thus, so the argument ran, the relief which the Appellant claimed, was inherent in the Act and necessary to ensure that its objects were not frustrated. Alternatively, so counsel submitted, his client's entitlement to an indemnification flowed from the clear wording of Section 2(1) of the Apportionment of Damages Act."


Hierdie argument word deur Heher AR verwerp. Hy bevind in hierdie verband onder andere soos volg: "In my view, the submissions are contrived and untenable. I have drawn attention to the substance of Section 17 of the Act, vis the compensation of victims of road accidents arising out of death or bodily injury. The Appellant is not a victim and the loss against which he seeks indemnification is purely pecuniary in nature. The designated beneficiary of the Fund is not the uninjured negligent driver but the victim of his driving. The Act and Regulations manifest clear and consisted intention in this regard. To imply the existence of a right in such a person to sue the Fund for a contribution or indemnity would fly in the face of reason and be contrary to the express terms of the Act. The limitation cannot have been accidental nor does the exclusion of persons in the position of the Defendant give rise to an anomaly since it is fair to say that such a negligent driver does not even have a moral claim on the Fund."

Hy het verder bevind dat die beroep op die Wet op Verdeling van Skadevergoeding ook misplaas is aangesien daardie Wet nie in Artikel 2(1) daarvan 'n skuldoorsaak skep nie. Hy se in hierdie verband: "What it does is to provide the means of sharing the burden of damages against joint wrongdoers in delict. Prima facie, the Fund is not such a wrongdoer when an unidentified driver or owner is involved because its liability is essentially statutory, prove of a delict alone, being by reason of the Regulations of the Act, wholly insufficient to establish a cause of action against it. But the legislator has, in the circumstances of this appeal, put the matter beyond doubt by providing (in Section 3 of the Apportionment of Damages Act) that Section 2 applies where a liability is imposed in terms of the Road Accident Fund Act. While the Fund is a person on whom liability is imposed in circumstances contemplated in the Act to the third party, it is not, as I have found, under any liability to a negligent driver who inflicts loss or damage upon a third party. The consequence is that the Fund cannot be a joint wrongdoer of the Appellant in the circumstances of this appeal" (op p596 par 10).


Dit is opmerklik dat Heher AR, waar hy tot hierdie slotsom kom, hom spesifiek hom soos volg uitlaat in 'n voetnota: "I express no opinion as to the correctness of the opposite conclusion reached by Du Plessis AJ in Maphosa v Wilke & Andere 1990(3) SA 789 (T) op 798A - G in relation to the liability of the Fund when the driver is identifiable."


Ten spyte van hierdie voorbehoud is ek van mening dat die ratio waarom daar in Smit v Road Accident Fund bevind is dat die Fonds nie 'n mededader is met die Verweerder in daardie saak nie, ook toepassing vind op die feite in Maphosa v Wilke & Andere. Net soos in die geval van 'n onge'i'dentifiseerde bestuurder is die aanspreeklikheid van die Padongelukkefonds, waar die bestuurder van die ander voertuig wel identifiseerbaar is, statuter en nie gemeenregtelik nie.


Die grondslag van die FONDS se aanspreeklikheid in beide gevalle word neergele in artikel 17 van die Wet (Sien a17(1)(a) en (b). Alhoewel die Eiser in 'n aksie teen die Padongelukkefonds 'n delik moet bewys naamfik dat hy beserings opgedoen het as gevolg van die nalatige bestuur van 'n motorvoertuig as gevolg waarvan hy skade gelei het, is die aanspreeklikheid van die Padongelukkefonds gegrond op die bepalings


van die Padongeiukkefondswet. Sy aanspreeklikheid is derhalwe statuter alhoewel dit slegs in werking tree indien die delik waarna hierbo verwys is, deur die Eiser bewys word. Dit bring egter na my mening nie mee dat die aanspreeklikheid van die Padongelukkefonds enigiets anders as 'n statutere aanspreeklikheid is en dit is nie gemeenregtelik aanspreeklik uit delik nie. Ek verskil derhalwe met respek van Du Plessis WR in hierdie verband.


Indien ek korrek is in my bevinding dat daar in Maphosa v Wilke & Andere

,hierbo verkeerdelik bevind is dat die Padongelukkefonds 'n mededader is onder die omstandighede van daardie saak, noop dit my om tot die gevolgtrekking te kom dat ook in die onderhawige geval die Padongelukkefonds nie aangemerk staan te word as 'n mededader ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding nie. Aangesien Artikel 2(10) slegs toepassing vind wanneer die Eiser 'n ooreenkoms met 'n mededader aangaan wat horn vrygeskeld van aanspreeklikheid of sy aanspreeklikheid tot 'n ooreengekome bedrag beperk, sal die bepalings daarvan dan uit die aard van die saak nie in die onderhawige geval toepassing vind nie.


Dit skyn ook dan net logies te wees dat as die Verweerder in die onderhawige saak die Padongelukkefonds nie kon voeg as 'n mededader deur 'n Reel 13(1) kennisgewing op hom te beteken en sodoende 'n vrywaring van dit kon bekom nie, hy dit ook nie indirek sal kan bewerkstellig deur hom teenoor die Eiseres op die bepalings van Artikel 2(10) te beroep nie.


Dit is dus nie nodig om verder daarop in te gaan of Artikel 2(10) inderdaad slegs bedoel was om voorsiening te maak vir ooreenkomste wat voorafgaande die skadeveroorsakende gebeurtenis gesluit word met 'n potensiele dader ingevolge waarvan so 'n potensiele dader van aanspreeklikheid vrygeskeld en onthef word of sy aanspreeklikheid tot 'n ooreengekome bedrag beperk word nie. Sien in hierdie verband Prinsloo v Du Preez N.O. 1965(4) SA op 303A en McKerron, The Law of Delict, 6de Uitgawe, op 288 tot 289 waar die geleerde skrywer kommentaar lewer oor die effek en bedoeling van die gemelde Artikel 2(10).


Daar is egter 'n ander rede waarom ek van mening is dat die Verweerder nie toegelaat behoort te word om hom op die bepalings van Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding in die besondere omstandighede van hierdie saak te beroep nie. Ek stem met respek saam met die bevinding van Trollip R in Windrum v Neunborn, supra, dat die persoon wat hom op die bepalings van Artikel 2(10) wil beroep die bewyslas dra om 'n Hof te oortuig dat die Eiser inderdaad 'n ooreenkoms aangegaan het met 'n mededader waarkragtens die mededader vrygeskeld is van aanspreeklikheid of sy aanspreeklikheid daarvoor tot 'n ooreengekome bedrag beperk is.


Toegepas op die feite van die onderhawige saak het die bewyslas op die Verweerder gerus om voldoende getuienis aan te bied om hom by 'n oorwig van waarskynlikhede van sy bewyslas in hierdie verband te kwyt. Ek meen dat daardie gedeelte van Artikel 2(10) wat verwys na die beperking van die mededader se aanspreeklikheid tot ln ooreengekome bedrag nie in die onderhawige geval toepassing vind nie. Dit is gemeensaak dat, alhoewel die Eiseres se saak met die Padongelukkefonds geskik is vir ln bedrag wat minder is as die beweerde skade naamlik R25 000,00, hierdie R25 000,00 nie 'n ooreengekome bedrag tussen die Eiseres en die Padongelukkefonds is soos bedoel in die gemelde artikel nie, nie maar die statutere maksimum bedrag waarvoor die Padongelukkefonds teenoor 'n passasier wat teen vergoeding vervoer word aanspreeklik is. Die eisbedrag is derhalwe nie vir 'n mindere bedrag geskik nie maar vir die maksimum bedrag waarvoor die Padongelukkefonds statuter teenoor die Eiseres as passasier aanspreeklik was. Die enigste gedeelte van Artikel 2(10) wat in die onderhawige geval van toepassing is, is die vrystellingsgedeelte en die vraag wat derhalwe gevra moet word is of die Verweerder hom van sy bewyslas gekwyt het om te bewys dat die Eiseres 'n ooreenkoms met die Padongelukkefonds gesluit het waarkragtens die Padongelukkefonds vrygeskeld is van aanspreeklikheid teenoor die Eiseres.


Mnr Potgieter het dan ook inderdaad betoog, en daar is reeds hierbo daarna verwys, dat op 'n behoorlike vertolking van die skikkingsooreenkoms dit presies is wat die Eiseres gedoen het. Sy het nie net haar beperkte statutere eis teen die Padongelukkefonds geskik nie maar het daarmee ook die Fonds vrygeskeld van enige aanspreeklikheid wat dit mag opgedoen het in die hoedanigheid as "versekeraar" ten aansien van die bakkie, indien daar nalatigheid aan die bestuurder van die bakkie se kant bevind kon word.


Na my mening sou so 'n vryskelding neerkom op 'n afstanddoening van haar reg om die Padongelukkefonds te dagvaar in sy hoedanigheid as "versekeraar" van die bakkie.

Die blote bewoording van die gemelde klousule in die skikkingsooreenkoms, wat ek reeds hierbo aangehaal het, skep oenskynlik die indruk dat dit wel is wat die Eiseres gedoen het, aangesien die klousule daarop dui dat die Padongelukkefonds kwytgeskeld word van alle aanspreeklikheid met betrekking tot enige verlies wat die Eiseres gely het in die bogemelde ongeluk. Die ongeluk is 'n klaarblyklike verwysing na die ongeluk waarin die Putco bus en die bakkie betrokke was.


'n Afstanddoening van regte sal egter nie ligtelik bevind word nie. In Hepner v Roodepoort Maraisburg Town Council, 1962(4) SA 772 (AA) op bladsye 778H laat Steyn HR hom soos volg hieroor uit: "In the ordinary case of a waiver, the facta probanda would be full knowledge of the rights in question and express waiver or waiver by plainly inconsistent conduct, i.e. knowledge of a particular kind and surrender of the right in a particular manner. The existence of these requires no stronger proof than a balance of probabilities. Whether or not conduct so proved is plainly inconsistent with the continuance of the right, would be a matter for inference by the Court from the nature of the conduct proved."


Sien verder in hierdie verband The Law of Contract in South Africa, HR Christie, 5de Uitgawe, op bladsye 441 en verder, en Road Accident Fund v Mothutsi, 2000(4) SA 38 (HHA) op 49F en verder.


In die onderhawige geval word staatgemaak daarop dat die Eiseres uitdruklik by ooreenkoms afstand gedoen het van haar regte deur die Padongelukkefonds kwyt te skeid van sy onbeperkte aanspreeklikheid wat hy teenoor die Eiseres sou gehad het. Dit is in hierdie verband belangrik om daarop te let dat geen getuienis hoegenaamd voor die Hof geplaas was oor die konteks en die agtergrondsomstandighede waarteen die gemelde kontrak tussen die Eiseres en die Padongelukkefonds gesluit is nie behalwe dat daar aan die Hof meegedee! is dat dit 'n skikking was wat aangegaan is nadat die Eiseres die Padongelukkefonds vir sy statutere maksimum as versekeraar ten aansien van die Putco bus van R25 000,00 in die Landdroshof aangespreek het. 'n Hof sal daarteen waak om die bepaiings van 'n kontrak of die kontrak self in isolasie te interpreteer en alhoewel ons howe slegs in geval van dubbelsinnigheid die sogenaamde omringende omstandighede van 'n kontrak as uitlegmiddel toegelaat het, is mettertyd aanvaar dat die agtergrondsomstandighede altyd toelaatbaar was. Vele sake toon aan dat die onderskeid tussen agtergrondsomstandighede en omringende omstandighede soms baie moeilik is om te bepaal en daar was reeds sterk obiter dicta van die Eenparige Bank van die Hoogste Hof van Appel dat hierdie onderskeid oorboord gegooi behoort te word.


Sien: KPMG Chartered Accountants (SA) v Securefin Limited 2000(4) SA 399 (HHA) parr 38 and 39 Pangpourne Properties Limited v Gill & Ramsden (Pty) Ltd 1996(1) SA 1182(A) op 1187 (E) tot (F) Mass Stores (Pty) Ltd v Murray & Roberts Construction (Pty) Ltd 2008(6) SA 654 (HHA)


Dit is dus om hierdie rede dat dit vir 'n Hof ongewens is om die finale betekenis van 'n kontrak te bepaal voordat die getuienis van die partye ten aansien daarvan volledig aangebied en geventileer is.


Nou is dit so dat in die onderhawige geval die Verweerder slegs staatmaak op die feit dat die skikkingskontrak aangegaan is en geen getuienis hoegenaamd omringend die aangaan van die gemelde kontrak is aangebied nie. Van groot belang in hierdie verband is dat, toe die Eiseres getuig het, wat na bewering haar onbeperkte eis teen die Padongelukkefonds "weggeteken" het en afstand daarvan gedoen het toe sy die skikkingsooreenkoms aangegaan het, is nie 'n enkele vraag in hierdie verband aan haar gevra nie. Geen stelling is aan haar gemaak om te bepaal of sy met voile kennis van haar regte afstand gedoen het van hierdie sogenaamde onbeperkte eis teen die Padongelukkefonds toe sy die skikkingsooreenkoms aangegaan het nie. Mnr Potgieter, het inderdaad geen vrae hoegenaamd aan die Eiseres gevra nie.


In die lig van die bietjie agtergrondsgetuienis wat wel voor my geplaas was waarteen die skikkingsooreenkoms aangegaan is, is ek hoegenaamd nie oortuig dat die Eiseres by aangaan van die skikkingsooreenkoms enigsins die bedoeling gehad het om afstand te doen van 'n moontlike onbeperkte eis wat sy teen die Padongelukkefonds gehad het nie.


Die skikkingsooreenkoms is aangegaan teen die agtergrond van 'n Landdroshofdagvaarding waarin die Eiseres van die Padongelukkefonds die maksimum geeis het wat sy van hulle kon eis as passasier wat teen vergoeding vervoer is in die Putco bus, en toe hulle aangebied het om hierdie bedrag te betaal, is die skikkingsooreenkoms geteken. De facto het die Eiseres daarmee die maksimum aanvaar wat sy onder daardie betrokke omstandighede van die Padongelukkefonds kon verhaal en dit is nie te se dat die onbeperkte eis wat sy moontlik teen die Padongelukkefonds kon he, indien nalatigheid aan die kant van die bestuurder van die bakkie bewys kon word, hoegenaamd in die partye se kontemplasie was toe die ooreenkoms gesluit was nie.


Hierdie aspek moes na my mening ten minste met die Eiseres in kruisverhoor geopper gewees het sodat sy in 'n posisie geplaas kon word om daarop kommentaar te lewer. Indien dit aan haar gestel sou gewees het dat sy afstand gedoen het van haar onbeperkte eis wat sy moontlik teen die Fonds kon gehad het, kon sy bes moontlik 'n bevredigende antwoord daarop gehad het. Na my mening is dit nie 'n aspek wat die Eiseres in hoofgetuienis hoef te geopper het nie aangesien die bewyslas, soos reeds gemeld, ten aansien van Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding op die Verweerder rus.


Ek bevind derhalwe, dat selfs al sou ek verkeerd wees in my bevinding dat die Verweerder en die Padongelukkefonds nie op die feite van die onderhawige saak mededaders is vir doeleindes van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding en dat die bepaiings van Artikel 2(10) derhalwe nie van toepassing is nie, die Verweerder in ieder geval nie daarin geslaag het om hom te kwyt van die bewyslas wat op hom gerus het nie. Die Verweerder het na my mening nie daarin geslaag om te bewys dat die Eiseres die Padongelukkefonds kwytgeskeld het van sy aanspreeklikheid in sy hoedanigheid as "versekeraar" van die bakkie nie en die bepaiings van Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding vind na my mening derhalwe geen toepassing hier nie.


My bevinding is derhalwe soos volg:

1. Die Verweerder is aanspreeklik vir soveel van die skade as wat die Eiseres kan bewys sy gely het voortspruitend uit die beserings opgedoen in die botsing as wat die bedrag van R25 000,00 te bowe gaan.

2. Die Verweerder is verplig om die koste vir die beregting van hierdie geskilpunte te betaal.


VAN DEN HEEVER WR


VERSKYNINGS:

VIR EISERES.

ADV. N DIEDERICKS PROKUREURS

WILSENACH VAN WYK GOOSEN AND BEKKER

GLEN GABLES OFFICE PARK

c/o GENERAL LOUIS BOTHA LYNNWOOD ROAD

LYNNWOOD GLEN

PRETORIA

REF MR S WHITE/44/557588/95

012 322 6951

VIR VERWEERDER

ADV. TALL POTGIETER

PROKUREURS

SAVAGE JOOSTE & ADAMS

BOSHOFFSTRAAT

141 NIEUW MUCKLENEUK

REF M HAASBROEK/gl/cooz

012 452 8200