South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 1996 >> [1996] ZAGPHC 1

| Noteup | LawCite

Van der Merwe v Sibanyoni and Others (11402/96) [1996] ZAGPHC 1 (12 September 1996)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAKNOMMER: 11402/96


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

[TRANSVAALSE PRQVINSIALE AFDELING)

PRETORIA

1996-09-12


SAREL JOHANNES MARAIS VAN PER MERWE Applikant

en

PAULOS MOSA MARTINS SIBANYONI le Respondent

JACOB VUSIMUZI SIBANYONI 2e Respondent

SHAKA SIBANYONI 3e Respondent


UITSPRAAK



VAN DIJKHORST R: Hierdie is 'n aansoek om uitsetting van die drie respondente van die applikant se plaas. Ek is jammer dat hierdie saak so ver gevorder net dat dit in die hooggeregshof moes eindig, want dit sou beter gewees het indien die saak in der minne geskik was. Dit wil egter voorkom uit die stukke dat die tweede respondent se optrede die vlieg in die salf was en dat hy dour sy optrede ook die verblyf van die eerste respon­dent en die derde respondent in gedrang gebring het. Ek se dit is jammer, meer as dit kan ek nie se nie. Dit is nie ter sake nie. Ek moet die saak beslis op die feite voor my en op die reg soos dit staan.


Die feite is dan die volgcnde: Die applikant is 'n woonagtig op gedeelte 2 van die plaas Vlakfontein 166 Registrasie-afdeling IS Middelburg Mpumalanga. Die eerste respondent is 'n meerderjarige plaasarbeider wat werkloos is en ook op daardie plaas woonagtig is. Die tweede respondent is in presies dieselfde posisie en so ook die derde respondent.


Die applikant beweer dat hy die eerste en derde respon-dente in diens geneem het op 30 Mei 1992, ooreenkomstig skrif-telike dienskontrakte van daardie datum, wat aangeheg is by die stukke as aanhangsels A en B en waarop die duimacdrukke van die eerste en derde respondente verskyn. Die eiendom van die applikant is nie slegs gedeelte 2 van die gemelde plaas Vlak-fontein nie, raaar ook gedeelte 8 en gedeelte 5. Die respon­dente was werknemers van die applikant, wat op die grond werksaam was. Ek sal na die geheel verwys as die plaas. Die aktiwiteite van die plaas behels onder andere landbougewasse en veeboerdery.


Die applikant se dat hulle werknemers was, maar regmatig afgedank is en tans nie meer regmatige werknemers van die plaas is nie en het beweer dat daar geen basis is waarop die respon­dente die eiendom kan okkupeer of daarop teenwoordig mag wees nie. Hy het op 21 Oktober 1995 aan die eerste respondent 'n finale skriftelike waarskuwing gegee, -waarop die eerste respon­dent sy duimafdruk aangebring het, in terme waarvan hy gewaar-sku is dat hy die tweede respondent en sy gesin onregmatig op die plaas huisves en dat die tweede respondent van die ander arbeiders opstook.


Gedurende Desember 1995 is daar ooreengekom dat daar namens die eerste respondent aansoek gedoen sal word vir ' n ongeskiktheidstoelaag en die aansoek is ook uiteindelik goed-gekeur. Daarna het die applikant op 11 Desember 1995, volgens hom, 'n ooreenkoms met die eerste respondent aangegaan waar-kragtens die eerste respondent en sy gesin en hulle roerende bates geregtig sou wees om op sy plaas te woon, slegs indien een van sy eie seuns op die plaas wc-rksaam is. Die ooreenkoms is skriftelik en 'n afskrif is as aanhangsel D by die stukke aangeheg. Dit is ook deur die duimafdruk van die eerste res­pondent geteken.


Die applikant beweer dat die ooreenkoms nie nagekom is deur die eerste respondent nie en dat die eerste respondent daarna skriftelike kennisgewing van diensbeeindiging ontvang het, raaar weier om die ontvangserkenning te teken. Daar is tyd gegun tot 3 Februarie 1996 aan die eerste respondent om die plaas te verlaat met sy familie en roerende bates en hy weior om dit te doen. Op 11 Februarie 1996 is dit uitdruklik aan die eerste respondent uitgewys dat hy en sy familie met hulle roerende bates 'n redelike tyd gegun is om die plaas te ontruim .en daar is verder skrif telik ooreengekom dat aan horn 'n verdere 30 dae gegun sou word om die plaas te verlaat. Die dokument is aangeheg as aanhangsel F.


Wat die tweede respondent betref, is die saak van die applikant dat hy in diens geneem is op 1 Mei 1993 kragtens 'n skriftelike kontrak, aangeheg as aanhangsel G. Mag ek byvoeg dat hy die dokument ook onderteken het by wyse van sy duimaCdruk. Die tweede respondent is volgens die applikant herhaaldelik mondeling aangemaan om sy intimidasie te staak en op 3 Maart 1994 het hy sy tweede skriftelike aannanmg ontvang. Dit is aangeheg as aanhangsel H.


Op 13 April 1994 is 'n kennisgewing van verhoor aan die tweede respondent oorhandig, maar hy het geweier om ontvangs daarvan by wyse van ondertekening te erken. Op 15 April 1994 het die dissiplinere verhoor plaasgevind en is die oortred.lugs deur die tweede respondent begaan, onder andere intimidasie, roekelose en nalatige bestuur van die trekker, werkverlating sender verlof en slaap aan diens gestel. Hy het' geen verde-diging gehad nie. Hy het 'n skriftelike kennisgewing van diensbeeindiging op daardie datum ontvang, maar geweier om daarvoor te teken. Hy is met ander woorde afgedank. Hy is gevolglik, so beweer die applikant, onregmatig in okkupasie van die eiendom vanaf 15 April 1994. Hy het intussen vir hom 'n motorvoertuig aangekoop, werk elders en stook die ander arbeiders op deur hulle te se dat hulle 'n klein salaris ontvang en hy 'n motor kan bekostig.


Hy is ook op 31 Mei 1996 in hegtenis geneem deur die Hendrina polisie nadat hy, soos die applikant beweer, die applikant se skape gesteel het en dit vervoer het in sy voertuig. Dit is gemeensaak dat hy deur die polisie betrap is waar hy met die applikant se skape in sy voertuig bp pad was.

Die derde respondent het gedurende Januarie 1996, volgens die applikant, horn mondeling versoek dat sy diens beeindig word, aangesien "hulle gaan loop". In die lig daarvan dat die derde respondent die seun is van die eerste respondent, en die enigste seun wat in sy diens was, is 'n oor'eenkoms aangegaan tussen die applikant en die eerste respondent waarna ek verwys het, aanhangsel D, verbreek deur die diensbeeindiging van die derde respondent. Op 25 Januarie 1996 het die derde respondent skriftelike kennisgewing van sy diensbeeindiging ontvang, maar hy weier om die plaas te verlaat.

Op daardie basis is die aansoek voor die hof gebring. Die verweer wat geopper word deur die respondente is die volgende. Die eerste respondent, Paulos Mosa Martin Sibanyoni, se verweer is dat hy ontken dat die applikant homself en die derde respondent op 30 Mei 1992 in diens geneem het, of dat hy sy duimafdruk geplaas het op die kontrak van indiensneming, aanhangsel A. Hy se dat die enigste geleentheid toe hy sy duimafdruk op 'n dokument geplaas het, is toe die applikant aan hom vertel het dat hy as gevolg van swak gesondheid nie longer in staat is om te werk nie en dat sy seun, die derde respon­dent, namens horn diens moet verrig.


Hy sit verder uiteen dat die applikant die plaas oorgeneem het meer as 15 jaar gelede van sy vader, mnr Ben van der Merwe, toe die oorlede is en dat hy ontken dat hyself, tweede en derde respondente werknemers van die plaas was. Hy stel dit dat hulle "labour tenants", huurarbeiders was.

Die stelling word soos volg gemotiveer. Ek haal die pa-ra'graaf aan, dit is paragraaf 10:

"I deny that we were employees and that we were legally dismissed and that there exist no basis for us to occupy the property in question. I did not enter into a service contract with applicant. My right to occupy and use the property in question is based on the fact that I started living on the farm during or about 1966 when the said land was owned by Mr Johan Viljoen. I worked as a labour tenant with a right to erect a dwelling, to graze living stock and to grow crops. I aver that my aforesaid rights passed from Mr Viljoen to Mr Ben van der Merwe and eventually to applicant when they became successive owners of the land. I further state that I was a labour tenant on 2nd June 1995 and as such I have a right with my family members to occupy and use the land in question. In fact I have instructed my legal representative to apply to the Director-General of the Department of Land Affairs for an award of the land which I am entitled to occupy or use which land 'my family and 1 have been occupying and using since 1966."

Dit dan wat die tersaaklike stellings van die eerste respondent betref.

Die tweede respondent, Jacob Vusimuzi Sibanyoni, stel dit dat hy die eedsverklaring van die eerste en tweede respondente gelees het - dit most seker 'n fout wees, dit verwys na die derde respondent - en dat hy die inhoud daarvan bekragtig as korrek insoverre dit na horn verwys.


Die tersaaklike stelling in sy eedsverklaring is - in paragraaf 4, wat die subnommering dra van l1.l:

"I deny that applicant employed me on 1st May 1993, I started working for applicant milking cows since I was 13 years old. I later did various functions on the farm such as gardening, reaping crops, tractor driving and so forth. On or bout 24th April 1994 applicant wrongfully dismissed me from work accusing me of having 'an ANC mind'. I continued to live on the farm. Applicant took advantage of me because I am illiterate. He even boasted that he would let me attach my thumb print on documents even though I do not understand their contents."


En in paragraaf 11.6:

"I have instructed my legal representative to apply to the Director-General of Land Affairs for an award no occupy the land in question."


Die res van die eedsverklaring handel met die vervoer van die gesteelde skape.

Die eedsverklaring van die derde respondent, Shaka Isaac Sibanyoni, insoverre dit ter sake is, stel dit in paragraaf 3 dat die eedsverklaring van die eerste respondent aan hom voorgelees is en dat hy die inhoud daarvan bevcstig, insoverre dit op horn betrekking het. Hy se dan in paragraaf i, wat genommer is 12.1:

"12.1 I deny that in January 199 6 nor at any Lime I requested that my services be terminated nor that 'we are leaving'. Applicant terminated my services by stating that I should chase my brother, the second Respondent, from our parental home, failing which I should not come back to work.

12.2 I truly state that at all material times hereto I was able and willing to continue working on the farm in question.

12.3 I deny that I received a notice terminating my services. After Applicant stated to me that if my brother, the Second Respondent refused to vacate the farm we should all leave, Applicsmt produced a document and ordered me to sign. I refused."

En dan in paragraaf 7:

"I do not accept that Applicant had a valid and justifiable reason to terminate my right to occupy and use the farm in question. I have instructed my legal representative to apply to the Director-General of Land Affairs for an award of the portion of the said farm. I aver that I have -a right to occupy and use the said land."

Dit is die tersaaklike dele uit die verklarings van die drie respondente.

Daarop het die applikant gerepliseer. Hy wys daarop oat dit gemeensaak is dat die eerste respondent as gevoig van swak gesondheid uit diens van die applikant getree het. Hy meld dat die eerste respondent vreemde gedrag begin openbaar het en heg 'n mediese verslag aan van dr Duvenhage, hoewel dit myns insiens nie besonder ter sake is nie.

Hy volhard dat daar op 30 Mei 1992 skriftelike dienskon-trakte gesluit is met die eerste en derde respondente en dat die duimafdrukke van die respondente daarop aangebring is. Hy heg aan 'n eedsverklaring van 'n mnr Van Aardt, 'n plaasbe-stuurder, wat getuie was by die ondertekening van die dokumente by wyse van die aanbring van die duimafdrukke.

As gevolg van die ontkenning van die eerste respondent dat hy sy duimafdruk op die dienskontrak aangebring het, is die dokumente wat in besit was van die applikant en waarop die eerste respondent sy duimafdruk aangebring het, aan 'n vinger-afdrukdeskundige gelewer vir ondersoek, te wete mnr J Lubbe, 'n forensiese deskundige, wat behoorlik gekwalifiseer is op die stukke as 'n deskundige. Daar is ook ander dokumente aan die deskundige voorgele, ohder andere die bywonerskontrak wat deel vorm van die dienskontrak. Hy het daardie dokumente ontleed en aan die hand van ander dokumente wat ook van tyd tot tyd by wyse van duimafdruk onderteken is, tot die gevolgtrekking gekom dat dit die duimafdruk van die eerste respondent is.

Die sogenaamde bywonerskontrak is ietwat van 'n wanbeskry-wing. Dit is nie 'n bywoner nie, dit is 'n bewonerskontrak ten aansien van behuising wat gekoppel is aan die bestaan van die dienskontrak, en meld dat bewoning van die behuising gestaak moot word by beeindiging van die dienskontrak en dat dit can ontruim meet word.

Applikant ontken dat die derde respondent op enige stadium die eerste respondent as plaaswerker vervang het by diensbeein-diging van die eerste respondent en volhard daarmee dat die derde respondent 'n skriftelike kontrak gesluit het op 30 Mei 1992. Hy se dat dit korrek is dat die eerste respondent reeds voor 30 Mei 1992 in diens was van die boerdery, ingevolge 'n mondelinge dienskontrak met soortgelyke diensvoorwaardes as die skriftelike dienskontrak in terme waarvan die eerste respondent in diens geneem is op 30 Mei 1992. Hy se dat bywonerskontrakte aangegaan word deur en tussen die applikant en plaaswerkers wat op 'n toegewysde perseel tradisionele behuising oprig en behui-singskontrakte word aangegaan deur en tussen die applikant en plaaswerkers wat formele behuising bewoon, wat deur die boer­dery self opgerig is. Daarom die onderskeid tussen behuisings-kontrakte en bywonerskontrakte. Beide bevat die klousule dat by- tifiensbeeindiging die perseel ontruim moet word.

Hy heg aan by sy stukke die eedsverklaring van mnr Van Aardt waarna ek reeds verwys het, mnr Mtsweni, mnr Motshwene en mnr Thomas, waaruit dit blyk dat geen plaaswerker op die plaas huurarbeid gelewer het nie. By die definisie van plaaswerker en huurarbeid sal ek straks 'n oomblik stilstaan. Met ander woorde, die werkers op daardie plaas is, volgens al die eedsverklarings wat aangeheg is, in kontant by wyse van lone betaal. Dit is dan die saak wat voor die hof is wat betref die eerste respondent.

Wat betref die derde respondent, ontken die applikant dac die ontslaan is uit die'diens van die applikant en herhaal dat die derde respondent sy diens verlaat het uit vrye wil. Hy verwys ter stawing dan na die eedsverklarings van mnr Mtsweni en mnr Motshwene, albei woonagtig en werksaam op die plaas, wat hierdie feit staaf. Daar is sekere bewering van probleme wat hy het indien die persone op die plaas aanbly, maar dit is vir my nie op die oomblik ter sake nie.

Hy handel dan ook met die beweerde veediefstal en hoe minder ek daar in hierdie saak oor se hoe beter, want 'n strafsaak gaan volg.

Die tweede respondent het nie die aangaan van 'n skriftelike dienskontrak of die ontvang van 'n kontantloon of vergoc-ding met kontantwaarde ontken nie en het nie 'n spesifieke bewering gemaak dat hy 'n huurarbeider is nie. Dit dan die saak wat voor die hof is.

Die eerste vraag wat 'n mens jou moet afvra, is of die saak op die stukke beslis kan word, of vir getuienis of vir verhoor verwys moet word. Uiteraard is feitegeskille nie geredelik oplosbaar op botsende eedsverklarings nie, maar dan moet''dit egte bona fide feitegeskille wees, nie skynverwere wat opgewerk word bloot ter vertraging nie. Petersen v Cuthbert ft Co Limited 194.5 AD 420 op 428, Room Hire (Pty) Limited v Jeppe Street Mansions (Pty) Limited 1949 3 SA 115 (T) 116(2) en 116 (3) .

Dit is die hof se plig om te bepaal of dit 'n geval is wat beslis kan word sonder mondelinge getuienis. By die beoordeling is van belang of die respondent 'n blote ontkenning opper, en of hy, waar hy by magte is om dit te doen, die detail gee wat normaalweg van 'n persoon in sy posisie verwag sou word. Om die redes wat volg, is ek van mening dat hierdie 'n saak is wat op die stukke voor my beslis kan en moet word.

Die feite soos dit uiteengesit is en die verskillende standpunte in die stukke voor die hof het ek reeds uitev-ngesit. Die respondente se verweer kan as volg opgesom word.

Die eerste respondent ontken dat hy sy duimafdruk op die dienskontrak geplaas het. Die eerste respondent se dat hy nooit sy duimafdruk op enige dokumente geplaas het nie, behaiwe op een geleentheid, toe die applikant gese het hy is om gesondheidsredes ongeskik om sy werk voort te sit en dat sy seun, die derde respondent, moet oorneem. Die somtotaal van sy verweer is: "

I worked as a labour tenant with a right to erect a dwelling, to graze living stock and to grow crops."

Wat nie vermeld word nie, is die volgende wesenlike feite wat 'n antwoord verg in die lig van die applikant se saak en die skriftelike kontrakte:

1. Wat verstaan hy onder die begrip "labour tenant"? Dit is 'n tegniese statutere begrip en hy moet of sy siening daarvan gee, of die feite sodat die hof sy eie afleidings daarvan kan maak, .

2. Het hy maandeliks meel ontvang?

3. Het hy etes ontvang?

4. Hoeveel beeste kon hy aanhou?

5. Waar het die beeste geloop?

6. Het hy kontantloon ontvang?

7. Watter oeste het hy ingesit?

8. Waar het hy die oeste verbou en hoe groot is die land wat hy gebruik het?

Geen een van die wesenlike feite word genoem nie. Daar is 'n blote stelling dat hy 'n huurarbeider is. Trouens, die pertinente bewering dat hy kontantloon ontvang het, is nie uitdruk-lik weerspreek nie.

Die respondente se verweer is dat die eerste respondent 'n huurarbeider was op 2 Junie 1995 en so ook die tweede en derde respondente en dat hulle dus ingevolge artikel(3)1 die Wet op Grondhervorming (Huurarbeiders) , 3 van 1996, die reg het om die betrokke gedeelte van die plaas te bewoon en te gebruik.

Ingevolge artikel 5 van die wet is daar ' n verbod op uit-setting van 'n huurarbeider en sy geassosieerdes deur hierdie hof.'n Geassosieerde is onder andere 'n familielid. Familie-lid word weer eens gedefinieer en beperk tot afhanklike en voorouers. Die kardinale vraag in die saak is dus of die eerste respondent 'n huurarbeider is soos omskryf in Wet 3 van 1996. Die bewyslas is op die respondente om dit te bewys. Dit volg uit die normale reel dat hy wat hom op statutere besker- 1 ming beroep, moet aantoon dat hy binne die kader daarvan val. Kyk ook Mahlangu v De Jager 1996 3 SA 235 (LCC) .'n Huurarbei-der word gedefinieer as

'n per soon

(a) wat op 'n plaas woon en die reg het om daarop te woon,

(b) wat die reg het of gehad het om grond vir verbouing of weiveld op die plaas in paragraaf (a) bedoel of 'n ander plaas van die eienaar te gebruik en as teenprestasie vir daardie reg arbeid aan die eier.aar of huurder verskaf of verskaf het; en

(c) wie se ouer of grootouer op 'n plaas woon of gewoon het en die gebruik van grond vir verbouing of weiveld op daardie plaas of 'n ander plaas van die eienaar gehad- het en as teenprestasie vir daardie reg arbeid aan die eienaar of huurder van daardie, of daardie ander plaas verskaf of verskaf het met inbegrip van ' n persoon wat ooreenkomstig die bepalings van artikel 3(4) en (5) as opvolger van 'n huurarbeider aangestel is, maar uitgesluit 'n plaaswerker."

Die definisie net drie komponente wat-kumulatiewe working het: bewoning, verbouings- en/of weidingsreg in ruil vir arbeid, en 'n ouer of grootouer wat in dieselfde verhouding tot die eienaar gestaan het. Kerunerkend is dat die arbeid nie noodwendig die arbeid van die huurarbeider persoonlik is me. Kenmerkend is verder dat die arbeid nie verleen word as teenprestasie vir die bewoning nie, maar vir die verbouings-en/of weidingsregte.

'n Plaaswerker is 'n persoon wat in diens is op 'n plaas ingevolge 'n dienskontrak wat voorsiening maak dat:

(a) in ruil vir die arbeid wat hy/sy aan die eienaar/ huurder van die plaas lewer, hy/sy hoofsaaklik in kontant of in 'n ander vorm van vergoeding betaal sal word en nie hoofsaaklik in die reg om grond te bewoon en te gebruik nie; en'

(b) hy/sy verplig is om sy/haar dienste persoonlik te verrig."

Kerunerkend van die def inisie is dat 'n plaaswerker se vergoe­ding nie beperk is tot kontant nie. Dit kan ook ""in natura wees, byvoorbeeld soveel sakke na die oes of -n deel van die aanteel. Wanneer sy vergoeding egter hoofsaaklik 16 in die reg op bewoning en gebruik van die grond, is dit nie 'n plaaswerker nie. Dit is duidelik uit die feit dat plaaswerkers normaalweg op die plaas woonagtig • is tot voordeel van beide boer en werknemer, en uit die konjunktiewe gebruik van die woord "en" dat sowel bewoning as gebruik van grond teenwoordig moet wees om as dit predominant in die vergoedingspakket is, die geval buite die strekwydte van die definisie van plaaswerker ter plaas. Die feit dat iemand on 'n plaas woonagitig is, is dus sonder gewig by die bepaling of ons met 'n huurarbeider-of plaaswerker te doen het:.

Die respondente se eerste probleem is dat die eerste respondent nie voldoen aan die omskrywing van huurarbeider nie. Nie op sy eie weergawe nie. Hy se dat hyself op die plaas kom woon het in 19 66 toe 'n mnr Johan Viljoen eienaar was. Dit beteken dat hy nie voldoen aan die derde komponent van die def inisie van huurarbeider nie. Hy het nie 'n ouer of groot - ouer wat in dieselfde verhoudinq tot die eienaar en/of sy regsvoorgangers gestaan het nie. Hyself is dus gediskwalifiseer as huurarbeider.

Die tweede en derde respondente moet met hul verwere op eie bene staan as huurarbeiders. Hulle kan nie as familielede kwalifiseer nie, want hulle is nie afhanklikes nie. Hul moet dus aantoon dat hul huurarbeiders is. In die verband kan daar­op gewys word dat die tweede respondent se eedsverklaring geen bewering bevat waarvan afgelei kan word dat hy 'n huurarbeider was op die tersaaklike tyd nie. Ek het reeds aangehaal wat hy se watter funksies hy op die plaas verrig het sedert hy 13 jaar oud was. Hy maak nie die bewering dat hy in ruil"" daarvoor grond ontvang het ter verbouing, of dat hy in ruil daarvoor enigsins weidingsregte gekry het nie. Hy betwis trouens ook nie die aangaan van die skriftelike dienskontrak in 1992 nie.

Wat die derde respondent betref, het ek reeds gewys op sy eedsverklaring, waar hy hoegenaamd geen melding maak daarvan dat hy dienste gelewer het in ruil vir 'n verbouings- of weidingsreg nie. Dus kan geeneen van die twee staatmaak daarop dat hulle onder die definisie van huurarbeider in Wet 3 van 1996 ressorteer nie. Daar is dus geensins 'n basis gele vir die verweer nie.

Dit is betoog deur mnr Sibanyoni dat die blote okkupasie alreeds so waardevol is dat dit aile ander vergoeding wat daar mag wees oorskadu. Die betoog is ongegrond in die lig van wat ek gese het oor die regsposisie, en om 'n ander rede. Dit is dat daar geen feitelike basis gele is waarop die hof tot die gevolgtrekking moet kom dat die okkupasie 'n waarde het, en wat die waarde is nie. Die respondente self maak nie hierdie stelling nie.

Daar is sekere definisies aangehaal van wat 'u "labour tenant", 'n huurarbeider sou wees uit 'n handboek en uit die wet, die Naturelletrust en -grondwet van 1936, maar dit is irrelevant.. Ons moet ons in hierdie saak beperk tot die definisie wat die wet self in artikel 1 aan ons gee en dit is in daardie sin wat die woord huurarbeid gebruik en die beskerming verleen word in artikels 3 en 5 van Wet 3 van 1996.

Nie alleen het die verweerders nie daarin geslaag om 'n verweer uit te maak nie, dit is myns insiens duidelik bewys op die stukke voor my dat die verweerders nie kwalifiseer as huurarbeiders in terme van Wet 3 van 1996 nie.

Dit volg dus dat die bevel toegestaan moet word soos geeis in- die kennisgewing van mosie en wel soos volg:

  1. Die drie respondente en hulle gesinne sowel as hul roerende bates word gelas om binne twee weke vanaf datum van hierdie bevel die plaas van die applikant te ontruim en by versuim daarva'n word die balju van die distrik Middelburg, Gauteng gelas om toe te sien tot uitvoering van hierdie bevel en, indien nodig, die samewerking van die Suid-Afrikaanse Polisie in die verband te verkry .

  2. Die respondente word gesamentlik en afsonderlik gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.

---oOo---