Potchefstroom Electronic Law Journal // Potchefstroomse Elektroniese Regsblad Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> Potchefstroom Electronic Law Journal // Potchefstroomse Elektroniese Regsblad >> 2022 >> [2022] PER 69

| Noteup | LawCite

M Smit --- "Die toepassing van die Wet op Beroepsgesondheid en - veilgheid en ander veiligheidsmaatreels by skole se tegnologiewerkswinkles" [2022] PER 69

Download original files

PDF format

RTF format


Die toepassing van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en ander veiligheidsmaatreëls by skole se tegnologiewerkswinkels

M Smit*

 

Opsomming

 

Empiriese navorsing wat oor 'n tydperk van ongeveer 20 jaar deur onderwysnavorsers gedoen is, bevestig dat daar onsekerheid bestaan ​​of die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (OHSA) van toepassing is op tegnologie-werkswinkels by akademiese, tegniese en spesiale skole; of voldoening aan die veiligheidsbepalings van die OHSA ontbreek; en of ernstige beserings by tegnologie-werkswinkels van tyd tot tyd by skole voorkom. 'n Vergelykende studie van buitelandse wetgewing rakende beroepsveiligheid by tegnologiese werkswinkels by hoërskole bevestig dat baie lande nasionale of federale wette vir beroepsveiligheid en -gesondheid het wat op werkplekke sowel as openbare skole van toepassing is, hoewel sommige spesifieke wette of regulasies het wat beroepsveiligheid by die openbare skole aanspreek. Lande soos Duitsland, Nederland en sommige state van die Verenigde State van Amerika definieer skoolgaande kinders en studente as "werkers" in terme van hul beroepsveiligheidswetgewing. Duitsland sluit alle skoolgaande kinders in by sy statutêre ongeluksversekeringskema om voorsiening te maak vir skuldlose vergoeding in geval van besering. By die bepaling of die OHSA op tegniese werkswinkels by hoërskole van toepassing is, moet die gemeenregtlike en wetlike bealings deur die prisma van die Grondwet van Suid-Afrika oorweeg word. Deur die tradisionele literalisties-cum-intentionalistiese benadering tot die interpretasie van die OHSA toe te pas, is die gevolgtrekking dat hierdie wet wel van toepassing is op tegnologiewerkswinkels by skole. Artikel 60(1)(a) van die Suid-Afrikaanse Skolewet bpaal staatsaanspreeklikheid vir skade wat ontstaan ​​as gevolg van skoolaktiwiteite en kan wel noodsaaklike regsbeskerming bied. Die Skolewet, skoolveiligheidsbeleide en skoolinfrastruktuurregulasies maak egter nie uitdruklik voorsiening vir die toepassing van gesondheids- en veiligheidstandaarde by skoolpersele wat potensieel gevaarlike masjinerie en toerusting by plekke soos tegniese werkswinkels en wetenskaplaboratoriums gebruik nie. Dit word dus aanbeveel dat die OHSA, die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, die Skolewet en die Skoolinfrastruktuurregulasies gewysig word om regsekerheid te bied ten opsigte van die toepassing van beroepsveiligheid op tegniese werkswinkels by hoërskole.