South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2013 >>
[2013] ZAWCHC 36
| Noteup
| LawCite
S v Van Rensburg (A587/2012) [2013] ZAWCHC 36 (22 February 2013)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
Coram: Goliath, R et Van Staden, WnR
Saaknommer: A587/2012
In die appel van:
ELMO VAN RENSBURG ....................................................................Appellant
en
DIE STAAT ...........................................................................................Respondent
Aangehoor : 15 Februarie 2013
Uitspraak : 22 Februarie 2013
UITSPRAAK
VAN STADEN, WnR:
[1] Die appellant, Mnr Elmo Van Rensburg, is in die Streekhof Beaufort Wes aangekla van 'n oortreding van artikel 3 van Wet 32 van 2007. In die klagstaat word beweer dat die appellant artikel 3 van die Wet op Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, Wet 32 van 2002 ("Wet 32 van 2000") oortree het deurdat hy gedurende 2008 vir Jo-Anne Lillian De Wee ("die klaagster") verkrag het.
[2] Die appellant, wat regsverteenwoordig was, het op 4 Augustus 2011 onskuldig gepleit maar is op 30 Augustus 2011 skuldig bevind en gevonnis tot 18 jaar gevangenisstraf,
[3] Die verhoorlanddros het 'n aansoek vir verlof om te appelleer van die hand gewys maar 'n petisie na hierdie Hof is toegestaan. Verlof is verleen om slegs teen die skuldigbevinding te appelleer.
[4] Die klaagster, wat 9 jaar oud was toe die beweerde verkragting plaasgevind het en 12 jaar oud was toe sy getuig het, het onder eed deur bemiddeling van vn tussenganger getuig. Die klaagster was in die stadium toe die beweerde verkragting plaasgevind het, in pleegsorg van Me Margaret Januarie, 'n tante van die appellant ("Januarie").
[5] Die getuienis van die klaagster was dat sy in die hokkie waar die appellant op die erf van Januarie gebly het, saam met hom "dice" gespeel het. Die appellant het haar toe, sonder waarskuwing en sonder om iets te se, opgetel en op die bed gegooi, haar klere uitgetrek en haar verkrag. Sy het daarna buite op die stoep gesit en huil toe Januarie daar aankom. Toe Januarie sien dat sy huil, het sy haar gevra wat gebeur het, en die klaagster het die voorval aan haar gerapporteer. Januarie het haar toe aangese om stil te bly oor wat gebeur het, omdat die staatstoeiaag wat betaal is vir die onderhoud van die klaagster, moontlik weggeneem kon word.
[6] Gedurende 2009 was daar, voigens die klaagster, 'n verdere voorval. Sy het onder 'n boom le en slaap. Toe sy wakker word het sy pyn, soortgelyk aan die pyn gedurende die eerste voorval in 2008, ervaar. Sy het getuig dat die appellant toe aan haar gese het dat hy "met haar stere gespeel het'. Sy het hierdie voorval ook aan Januarie rapporteer. In die klagstaat word glad nie gesteun op hierdie beweerde tweede voorval nie.
[7] Voigens De Wee se getuienis het sy, nadat die tweede voorval plaasgevind het en sy aan Januarie vertel het wat gebeur het, ook aan Januarie gese dat sy moeg is en gaan trek. Januarie het toe niks behalwe "0" gese nie. Die volgende oggend het die klaagster toe haar klere gevat en na haar tante Me Anetta Bosman ("Bosman") gegaan. Hoewel haar getuienis in die verband nie baie duidelik is nie, het sy skynbaar die dag na haar verjaarsdag (3 November) by Januarie uitgetrek. Voigens die klaagster het sy aan Bosman vertel wat gebeur het nadat Bosman haar gewaarsku het om nie weg van die nuis af in die straat te speel nie en aan haar vertel het van 'n meisie wat verkrag is.
[8] In kruisverhoor het die klaagster getuig dat sy nie lekker by Januarie gebly het nie. Sy het verduidelik dat Januarie se kinders lelik was met haar en die appellant. Sy het ook bevestig dat sy onbeskof en lelik was met Januarie. Sy het verduidelik dat Januarie teen haar kantgekies het vir hierdie kinders en dat Januarie haar ook geskel en geslaan het. Ook die appellant het haar geslaan. Sy het in kruisverhoor verder be wee r dat appellant haar tydens die eerste voorval gewurg en geklap het, Sy het uitdruklik ontken dat enigiemand voor 2008 met haar gedoen het wat die appellant na bewering gedoen het.
[9] Bosman, 'n staatsgetuie, se weergawe was dat die klaagster in Mei 2010 by haar ingetrek het. Die klaagster se jonger boetie het toe reeds ook by haar gebly. Bosman het daarna skynbaar die betrokke staatstoelaag ontvang. Toe sy by haar ingetrek het, het die klaagster aan Bosman verduidelik dat die mense by Januarie se huis lelik met haar was en dat dit die rede vir haar trekkery was. Bosman het gedurende November 2010 die klaagster aangespreek omdat sy laat inkom en het haar vertel van 'n ander dogter wat verkrag is. Daarna het die klaagster haar verwittig van die beweerde verkragting deur die appellant, 'n Aanklag is aanhangig gemaak en die klaagster is medies ondersoek.
[10] Die mediese versiag, soos vervat in die voorgeskrewe J88, is by ooreenkoms ingehandig. Dit blyk uit die hierdie versiag dat die kliniese bevinding van die dokter wat die ondersoek behartig het, die volgende bevinding insluit:- "hymen not in tact'. Die gevolgtrekking van die dokter is:- "evidence of previous penetration"
[11] Die appellant wat 38 jaar oud was toe hy getuig het, het die bewerings in die aanklag ontken. Hy het gese dat die klaagster ongehoorsaam was en dat hulie nie goed oor die weggekom het nie. Hy het beweer dat die klaagster nie vir hom respek betoon het nie. As 'n moontlike rede waarom die klaagster 'n vals Wag teen hom aanhangig sou wou maak, het hy getuig dat die klaagster hom wou wegkry uit Januarie se huis.
[12] Januarie wat deur die verdediging geroep is, het getuig dat die klaagster in Maart 2010 by haar uitgetrek het om by Bosman te gaan woon. Haar getuienis was dat die klaagster getrek het omdat sy "gestress" het oor een van die ander jong kinders wat by Januarie gebly het. Januarie ontken dat die klaagster ooit enige rapporte oor die beweerde voorvalle aan haar gemaak het of dat sy aan die klaagster gese het dat die staatstoelaag moontlik weggeneem kon word. Sy het gese dat sy nie met 'n kind oor so 'n saak sou praat nie. Haar getuienis was verder dat sy die klaagster se klere gereeld gewas het en dat sy tekens van enige verkragting op die onderklere van die klaagster sou gesien het as so iets sou gebeur het. In kruisverhoor is sy gevra waarom die klaagster 'n valse klag aanhangig sou maak en haar antwoord was dat Bosman moontiik die kiaagster kon beinvloed het.
[13] In sy uitspraak het die verhoorlanddros tereg daarop gewys dat daar in die besondere omstandighede, waar die klaagster 'n minderjarige enkelgetuie is, 'n versigtige benadering gevolg moet word. In die verband is verwys na die saak van S v V1 en aangehaal uit die kopstuk van hierdie saak, waarin onder andere die volgende gese word:-
"Such a cautionary approach is called for where reasonable grounds are suggested by the accused for suspecting that the State's witnesses have a grudge against him or a motive to implicate him."
[14] Uit ons regspraak blyk dit dat die getuienis van jeugdige enkelgetuies in sake soos die onderhawige, versigtig benader moet word. Alhoewel die versigtigheidsreel wat gegeld het met betrekking tot seksueie misdrywe afgeskaf is2 moet die getuienis van jeugdige enkelgetuie in sake soos die onderhawige steeds versigtig benader word.3 Alhoewel stawing wat 'n beskuldigde impliseer nie noodwendig vereis word nie, moet daar minstens 'n betroubare waarborg wees wat die risiko van 'n foutiewe skuldigbevinding verminder.4 In die verband moet ook verwys word na artikel 60 van Wet 32 van 2007.
[15] Die verhoorlanddros bevind dat die appellant se weergawe dat die klaagster hom wou wegkry uit Januarie se huis, nie oortuigend is as 'n rede waarom die klaagster vals getuienis sou a fie nie. Voigens die verhoorlanddros het die klaagster dus geen motief gehad om die appellant valslik te krimineer nie. Ook Januarie se verduideliking dat Bosman moontlik die klaagster kon beinvloed het om 'n vals klag te le, word verwerp.
[16] Dit kom my voor asof die verhoorlanddros op sterkte van die bogemeide aanhaling uit S v V, verkeerdelik van die appellant verwag het om te verduidelik waarom die klaagster 'n motief sou he om horn valslik te impliseer. Uit S v V blyk dit dat die toets is of die beskuldigde in so 'n saak se weergawe redelik moontlik waar kan wees.5 Die feit dat die beskuldigde in daardie saak getuienis afgele het waarom die getuies horn valslik sou wou inkrimineer, beteken egter nie dat daar 'n algemene vereiste is dat 'n beskuldigde moet verduidelik waarom 'n klaagster'n motief sou he om hom valslik te impliseer nie.6 Inteendeel is daar al by meerdere geleenthede in ons regspraak daarop gewys dat dit gevaarlik is om 'n beskuldigde skuldig te bevind omdat hy nie redes kan gee waarom 'n staatsgetuie hom valslik sou inkrimineer nie.7
[17] Die verhoorlanddros bevind verder dat die klaagster se weergawe gestaaf word deur die dokter se bevinding in November 2010 dat daar vantevore seksueie penetrasie piaasgevind het. In die verband word verwys na die klaagster se getuienis dat niemand voor 2008 met haar gelol het nie. Ook in hierdie verband het die verhoorlanddros na my mening misgetas. Stawing is bevestigende getuienis wat'n feit in geskil in xn wesenlike opsig bevestig. Die stawende getuienis moet betroubaar wees. Getuienis wat slegs in ooreenstemming is met feite wat nie in geskil is nie, kan nie as stawing beskryf word nie.8 Na my mening, staaf die dokter se bevindings nie die klaagster se weergawe nie. Die klaagster het slegs getuig dat niemand anders voor 2008 met haar gemeenskap gehad het nie. Daar was geen getuienis oor wat sedertdien gebeur het nie. Alhoewel die versiag by ooreenkoms ingehandig is, moet steeds beoordeel word wat die bewyswaarde van die inhoud daarvan is. Die dokter het in die versiag niks meer gese as dat daar getuienis was van vorige penetrasie nie. Die dokter is nie geroep om te getuig nie en daar is geen getuienis oor die aard van hierdie penetrasie, die tydstip waarop dit plaasgevind het, of die oortuigingskrag van hierdie getuienis nie.
[18] Soos tereg deur Mnr Burgers, die regsverteenwoordiger van die appellant, betoog, het mens in hierdie saak te doen met botsende weergawes. In so 'n geval kan 'n beskuldigde se weergawe nie bloot verwerp word omdat dit teenstrydig is met die van 'n staatsgetuie nie. Die waarskynlikhede van 'n saak kan nie beoordeel word deur die relaas van 'n staatsgetuie wat deurgaans betwis word, as bewese te aanvaar nie. Waarskynlikhede kan slegs aan die hand van bewese feite of feite wat gemeensaak is, getoets word. Daar moet dus gewaak word teen vn sogenaamde kringloop argument.9 My indruk is dat die verhoorlanddros se uitspraak ook mank gaan aan 'n verkeerde beoordeling van die waarskynlikhede.10
[19] Wat die tydsverioop betref voordat die rapport aan Bosnian gemaak is, steun die verhoorlanddros daarop dat sy onmiddellik'n rapport aan Januarie gemaak het en dat sy nie redes het om daaroor te lieg nie. Omdat Januarie haar aangese het om stil te bly oor die gebeure, bevind die verhoorlanddros dat dit verstaanbaar is dat daar 'n tydperk verloop het voordat sy dit aan Bosman oorgedra het. In die verband moet Artikei 59 van Wet 32 van 2007, wat bepaal dat in die geval van seksuele oortredings 'n afleiding nie gemaak kan word bloot op grond van die tydsduur tussen die oortreding en die rapportering daarvan nie, ook voor oe gehou word. Ek moet egter byvoeg dat ek probleme het met die interpretering van hierdie artikei. Die tydsverioop voordat die rapport aan Bosman gemaak is, is egter in die onderhawige saak van min belang. Die meer tersaaklike vraag is eerder of 'n rapport inderdaad aan Januarie gemaak is.
[20] Die feit dat die klaagster in kruisverhoor haar getuienis uitgebrei of aangevui het, doen na my mening nie afbreuk aan haar geloofwaardigheid nie. Sy het met die uitdrukking dat hy "met haar stere gespeel hef waarskynlik bedoel dat hy haar verkrag het. Ook die uitbreiding van haar getuienis in kruisverhoor om te se dat die appellant haar gewurg en gekiap het behoort nie afbreuk aan haar geloofwaardigheid te doen nie in die lig van die feit dat sy slegs 12 jaar oud was toe sy getuig het.
[21] Soos hierbo aangedui, het die verhoorlanddros myns insiens in die voormelde opsigte fouteer. Gevolglik moet herbesin word of die appellant se skuld bewys is, al dan nie. Die enigste vraag is egter nie of die klaagster se getuienis aanvaarbaar is of nie. Ek stem saam met Adv Stephen SC, wat vir die staat verskyn het, dat die wesenlike vraag in hierdie saak is of die appellant se weergawe verwerp kan word as vals. Anders gestel, moet gevra word of sy weergawe redelik moontlik waar kan wees. In Lesala se saak (supra) is daar met verwysing na S v Kubeka11 daarop gewys dat in die soeke na waarheid dit beter is dat 'n skuldige persoon onskuldig bevind moet word as wat 'n onskuldige persoon gestraf word. In die onderhawige saak is ek nie oortuig dat daar 'n betroubare waarborg is wat die risiko van 'n verkeerde skuldigevinding verminder nie.12 Soos dit gestel is deur Brand JA in die minderheidsuitspraak in Monageng v S13 paragraaf 46:-
"My evaluation of the evidence leaves me with a lingering sense of disquiet as to the appellants guilt and it is this sense of disquiet - technically described as reasonable doubt - which compels me to disagree."
[22] Alhoewel die moontlikheid dat die klaagster die waarheid verkondig het en dat die appellant skuldig is, nie uitgesluit kan word nie, moet hy die voordeel van die twyfel kry. Ek sou dus die skuldigbevinding van die appellant en die vonnis wat hom opgele is, ter syde stel en hom onskuldig bevind.
VAN STADEN, WnR
Ek stem saam en dit word so beveel.
GOLIATH, R
12000(1) SASV 453 HHA
2Principles of Evidence (3de Uitgawe) Schwikkard. Van der Merwe paragraaf 30 11 5 op bl553 tot 556
3Schwikkard. Van der Merwe op. cit. para 30 11 3 en 30 11 4 op bl 551 tot 552
4S v Hanekom 2011(1) SAVS 430 JKK te 433 c - 434 f en 435 e tot 436 a
5Bl 455 C
6Para ii op bl 455 C - E
7S v Ipeleng 1993 (2) SACR 185Tte 189 c - 189i en S v Lesito 1996(2) SACR 682 O te 687 J - 688 A.
8Schmidt Bewysreg 4de Uitgawe bl 199 en S v Gentle 2005(1) SACR 420 SCA te 403 g - 431 c
9S v Nooroodien en Andere 1998(2) SASV 510 (NKA) te 521 i - 522 g; S v Bhengu 1998(2) SASV 231 NPA te 235 I - 236 b; S v Abrahams 1979(1) SA 203 AA te 207 G ; S v Hammond 2004 (2) SASV 303 HHA te 310 b-g.
10Lesala v S 2009 JOL 24268 (NKK)
11 1982 (1) SA 534 (W) te 538 G
12S v Hanekom 2011 (1) SAVS 430 JKK te 433 c-434f en 435 e tot 436 a
13 [2009] 1 All SA 237 (HHA)