South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 559
| Noteup
| LawCite
Gordon v S (A445/2011) [2011] ZAWCHC 559 (10 February 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFR1KA
SAAKNOMMER: A445/2011
DATUM: 10 FEBRUARIE 2011.
In die saak tussen:
WILLIAM HENRY GORDON ............................................................................................................Appellant
DIE STAAT ....................................................................................................................................Respondent
U I T S P R A A K
FORTUIN. R:
Inleidinq
Mnr William Gordon, die 59-jarige appellant is op 17 Februarie 2011 in die streekhof te Vredenburg skuldig bevind aan een klag van verkragting van Denmore Herman, ’n 17-jarige verstandelik gestremde manspersoon. Die appellant het onskuldig gepleit en is na skuldigbevinding op 17 Mei 2011 gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf waarvan vyf jaar opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan ;n misdryf van verkragting of poging tot verkragting, gepleeg gedurende die periode van opskorting nie. Die appellant kom nou met verlof van die verhoorhof in hoer beroep na hierdie hof teen beide skuldigbevinding en vonnis.
Dit is gemene saak dat:
1. die klaer, Denmore Herman, is verstandelik gestrem.
2. Die appellant, mev Gordon (appellant se egg e note en die klaer se moeder) en die klaer was alleen tuis op 1 Mei 2009.
3. mev Gordon het die huis verlaat en die appellant en die klaer alleen tuis gelaat het.
4. toe mev Gordon terugkeer was Katrina Cloete by haar huis.
5. die klaer het sy moeder, mev Gordon, na sy kamer geroep, en
6. mev Gordon het hierna die appellant na die kamer geroep waar sy hom konfronteer het en fisies aangerand het.
Die volgende feite is in dispuut:
1. Of die appellant erkennings aan mev Gordon, Bernice Jacobs en Donovan Duiker gemaak het.
2. Die toelaatbaarheid al dan nie van sodanige erkennings.
3. Die toelaatbaarheid van mev Gordon se hoorsSgetuienis, en
4. Of die appellant inderdaad die klaer verkrag het.
Die Staat het vyf getuies geroep. Katrina Cloete het die oggend van die insident die huis van die appellant besoek om mev Gordon te sien. Die appellant het haar ingelig dat mev Gordon nie tuis was nie en het haar tee aangebied. Volgens haar het mev Gordon kort hierna opgedaag maar was deur die klaer geroep voordat sy enige aandag aan die getuie kon gee.
Mev Gordon het, volgens haar, die appellant na die slaapkamer geroep. Sy weet nie wat in die slaapkamer gese is nie. Terug in die sitkamer het mev Gordon die getuie meegedeel dat die appellant die klaer verkrag het. Die getuie het hierna die huis saam met die klaer en mev Gordon verlaat.
Mev Gordon is die moeder van die klaer. Sy getuig oor die klaer se gestremdheid en dat hy as gevolg daarvan nie mondelings nie en ook nie deur middel van vingertaal kan kommunikeer nie. Volgens haar kan die klaer haar nie antwoord wanneer sy met horn praat nie. Sy en haar dogter is die enigste mense wat die klaer se handgebare kan verstaan.
Volgens die getuie het sy en die appellant ’n baie goeie verhouding en ter illustrasie hiervan het sy getuig dat hy haar die oggend van die insident met tee in die bed bedien het toe hy van die werk afgekom het en het hulle Yi aangename gesprek gehad. Die klaer het tydens hierdie selfde gesprek in dieselfde kamer gele en slaap.
Sy getuig verder dat sy hierna slaghuis toe is terwyl die appellant besig was om sy motor buite te was. Met haar terugkeer het die appellant die deur vir haar oopgemaak. Sy het opgelet dat hy gebewe het. Die getuie het gesien dat Katrina Cloete daar was maar is deur die klaer geroep voordat sy enige aandag aan haar kon gee.
Toe sy in die klaer se kamer kom het sy opgemerk dat iets verkeerd was. Mev Gordon se getuienis oor wat die klaer deur middel van handgebare aan haar verduidelik het was deur middel van ‘n verhoor-binne-'n-verhoor vir toelaatbaarheid getoets. Die verhoorhof het bevind dat die getuienis voldoen het aan die uitsonderings soos vervat in artikel 3(1)(c) van Wet 45 van 1988 en die getuienis is as toelaatbaar bevind.
Mev Gordon het getuig dat die klaer na die kamer waarin die appellant was gewys het en na sy penis terwyl hy masturbasie bewegings gemaak het. Hy het ook na sy anus gewys. Volgens haar het die klaer sy gewrigte teenmekaar gehou wat sy interpreteer het as dat hy wil he sy moes na die polisie toe gaan. Daarna het sy onmiddellik die appellant gekonfronteer, aangesien hy die enigste persoon saam met die klaer in die huis was. Volgens die getuie het die appellant gebewe en ges§ dat hy nie weet waarom hy met die klaer se penis gespeel het nie.
Sy getuig verder dat sy baie ontsteld begin raak het en die appellant aangerand het en die appellant het begin hull. Die appellant het homself in sy slaapkamer toegeslujt terwyl die getuie die klaer gebad het. Sy het die klaer na die daghospitaal geneem maar het geen hulp daar gekry nie, aangesien dit Yi pubiieke vakansiedag was. Sy het die klaer die volgende dag na dr Blaauw geneem.
Sy het die appellant se kinders en haar dogter laat kom om hulle van die voorval in te Mg en het dan ook die appellant in hulle teenwoordigheid gekonfronteer.
Sy getuig verder dat die appellant sy klere geskeur het en homself geslaan het. Hy het ook die bandspeler waarna sy verwys as die tape en CD beskadig.
Dr Justin Blaauw het die klaer vergesel deur sy moeder op 2 Mei 2009 ondersoek. Hy getuig dat hy ’n J88 vorm voltooi het en dat die klaer skeure, rooiheid en sweMing aan die onderkant van die anus gehad het. Sy afleiding was dat penetrasie plaasgevind het. Die getuie kon egter nie se of die klaer met ’n penis, vingers of ’n hout voorwerp gepenetreer is nie. Hy was seker dat een vinger nie sodanige beserings kon veroorsaak nie.
Bernice Jacobs is die klaer se suster. Sy het haar moeder se huis twee dae na die voorval besoek. Haar moeder, die appellant se seun en eggenote sowel as die appellant se dogter was almal teenwoordig om die voorval te bespreek.
Nadat sy die appellant uit die getuiebank om verskoning gevra het, getuig sy verder dat hy aan haar gesd het dat hy jammer was dat hy die klaer verkrag het en dat hy nie weet hoekom hy dit gedoen het nie.
Sy getuig verder dat toe sy die volgende dag by die appellant se huis kom, het hy homself in die gesig geslaan en die bandspeler beskadig. Verder dat die appellant sou se dat almal teen hom gekant is as gevolg van wat hy gedoen het en dat hy hulp nodig het. Omdat sy bekommerd was oor sy gesondheid, het sy sy kinders gekontak. Hy het haar vertel dat hy oorweeg het om seifmoord te pieeg.
Donovan Duiker getuig dat mev Gordon Yi tante van horn is en dat hy in Malmesbury Gevangenis aangehou was toe hy die appellant daar ontmoet het. Volgens die getuie het die appellant horn meegedeel dat hy aangehou word vir die verkragting van Desmore, die klaer.
Hy getuig verder dat die appellant horn vertel het hoe die daad gepleeg was en dat hy, die appellant, nie weet hoekom hy so iets gedoen het nie. Die getuie het uit die verduideliking afgelei dat die klaer gesodomiseer was. Die getuie het voorts die verklaring deur die appellant aan sy moeder in Vi brief oorgedra.
’n Aansoek om ontslag in terme van artikel 174 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, is van die hand gewys.
Die appellant, mnr William Gordon, was die enigste getuie vir die verdediging. Hy getuig in alle opsigte dieselfde as mev Gordon en Katrina Cloete, maar hy ontken die verkragting en/of enige seksuele kontak met die klaer in geheel. Hy ontken ook dat hy enige erkennings aan sy eggenote of enige van die ander staatsgetuies gemaak het.
Die Verhoorhof het die getuienis van die staatsgetuies aanvaar en die getuienis van die appellant as onwaar bevind en dit verwerp.
Dit is geykte reg dat ’n hof van appel nie sommer maklik sal inmeng met die bevindinge van *n verhoorhof nie. In S v Mlumbi & Ander 1991 (1) SA 235 (A) en wel te 247F-G is die volgende gese:
“Dit is lank reeds; gevestigde reg dat indien daar geen wanvoorligting op die feite is nie, die vermoede bestaan dat die verhoorhof se evaluering van die getuienis aangaande die feite korrek is en dat die hof van appel alleenlik daarmee sal inmeng indien dit oortuig is dat daardie evaluasie verkeerd is.”
Evaluasie van die getuienis
By oorweging van die getuienis deur die Staat aangebied is dit duidelik dat die getuies mekaar in alle wesenlike opsigte staaf. Daar is slegs twee kommerwekkende aspekte wat verdere bespreking vereis. Eerstens, die feit dat mev Gordon hoorsegetuienis aangebied het opr wat die klaer aan haar deur middel van handgebare sou oorgedra het.
Ek is van mening dat die verhoorhof se diskresie behoorlik uitgeoefen was toe daar bevind is dat die toelating van die getuienis in die belang van geregtigheid was soos vereis in terrrie van artike! 3(1)(c) van Wet 45 van 1988.
'n Verder kommerwekkende aspek is die vrywilligheid al dan nie van die erkennings wat aan die staatsgetuies gemaak is. ’n Onafhankiike ondersoek van hierdie erkennings maak dit duidelik die erkennings aan Donovan Duiker en Bernice Jacobs vrywillig gemaak is. Dit is egter nie heeltemal duidelik of die erkenning aan mev Gordon gemaak is as gevolg van haar aanranding op die appellant was nie.
Ek is van mening dat die verhoorhof korrek was om die getuienis van mev Gordon te aanvaar. Die ander staatsgetuies staaf mekaar in hierdie opsig terwyl die appellant die erkennings bloot ontken. Ek is van mening dat die verhoorhof regtens geloofwaardigheidsbevindinge wat nadelig teenoor die appellant was, gemaak het.
Geloofwaardigheidsbevindinge ten gunste van die staatsgetuies is, na my mening, geregverdig aangesien Bernice Jacobs bekommerd was oor die appellant se gesondheid en dus nie voorkom as iemand wie hom valslik wou impliseer nie.
Aihoewel daar namens die verdediging geargumenteer is dat Donovan Duikers se getuienis bevraagteken moes word omdat hy sekere vrae nie beantwoord het nie, is ek van mening dat die verhoorhof korrek was toe sy getuienis aanvaar is as deel van die totaliteit van die getuienis.
Mev Gordon se geloofwaardigheid oor die goeie verhouding tussen haar en die appellant voor die voorval is na my mening ook regtens aanvaar. Op die appellant se eie weergawe het hulle geen probierrie voor hierdie voorval gehad nie. Daar is gevolglik geen rede vir haar om die appellant valslik te impliseer nie. Haar reaksie onmiddellik na sy van die voorval verneem het, spreek ook van 'n moeder wie geweldig geskok was, naamlik die feit dat sy die appellant fisies aangerand het asook die feit dat sy die appellant onmiddellik verlaat het: Dit is duidelik nie die gedrag van iemand wat die verkragting gefabriseer het nie.
Daar is namens die appellant gesubmitteer dat die dokter se onvermoe om met sekerheid te getuig met walter voorwerp die klaer anaal gepenetreer was, behoort ten gunste van die appellant oorweeg te word.
Ek stem ongelukkig nie met hierdie submissie saam nie. Dit is korrek soos namens die Staat gesubmitteer dat die definisie van seksueie penetrasie, soos vervat in Wet 32 van 2007, die penetrasie deur enige deel van die liggaam van die oortreder of deur enige voorwerp insluit.
Ek is gevolgiik tevrede, net soos die verhoorhof, dat seksueie penetrasie inderdaad plaasgevind het. Gevolgiik is ek tevrede dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die klaer verkrag is. Ek is van mening dat die verhoorhof se evaluasie van die getuienis beide aan die Staat en die verdediging se kant korrek was deurdat daar nie in isolasie na die getuienis gekyk is nie, maar na die kumulatiewe effek van al die getuienis, soos neergele in S v Van der Mevden 1999 (1) SASV 447 op 449h-450b:
"'A court does not base is conclusion, whether it be to convict or to acquit, on only part of the evidence. The conclusion which it arrives at must account for all the evidence ... The proper test is that an accused is bound to be convicted if the evidence establishes his guilt beyond reasonable doubt, and the logical corollary is that he must be acquitted if it is reasonably possible that he might be innocent. The process of reasoning which is appropriate to the application of that test in any particular case will depend on the nature of the evidence which the court has before it. What must be borne in mind, however, is that the conclusion which is reached (whether it be to convict or to acquit) must account for all the evidence. Some of the evidence might be found to be false; some of it might be found to be unreliable; and some of it might be found to be only possibly false or unreliable, but none of it may simply be ignored."
Ek sou gevolglik nie met die skuldigbevinding inmeng nie.
Dit is geykte reg dat 'n hof van appel nie ligtelik met ’n vonnis deur h verhoorhof sal inmeng nie. In S v Dvanti 2011(1) SASV 540 (ECG) 543 te para [6] is die verskillende gevalle gelys wanneer daar met ’n verhoorhof se vonnis ingemeng mag word en ek haal aan uit daardie beslissing:
"... for example
disturbingly inappropriate;
So totally out of proportion to the magnitude of the offence;
sufficiently disparate;
vitiated by misdirections showing that the trial court exercised its discretion unreasonably;
Is otherwise such that no reasonable court would have imposed it...”
Die bepalings van artikel 51(2) van Wet 105 van 1997 skryf minimum vonnisse vir verkragting voor. Deel II van Skedule 2 van hierdie Wet skryf ’n minimum vonnis van 15 jaar voor vir verkragting waar die klaer geestelik onbevoeg is. ’n Hof kan slegs van hierdie voorgeskrewe vonnis afwyk waar daar wesentlike en dwingende omstandighede teenwoordig is. in hierdie verband sien S v Malgas 200(1) SASV 469 (HHA).
In casu het die verhoorhof gevind dat wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig was en wel in die appellant se ouderdom, sy gesondheid en die feit dat hy ongeveer 26 jaar by dieselfde maatskappy werk.
Ek is van mening dat die verhoorhof behoorlik hierdie omstandighede oorweeg het en dan bevind het dat dit wel dwingende en wesenlike omstandighede is en as gevolg daarvan van die voorgeskrewe vonnis van 15 jaar afgewyk het.
Die erns van die misdaad sou nie onder hierdie omstandighede ti straf anders as direkte gevangenisstraf regverdig nie. Daar moet nie uit die oog uit verloor word dat ons hier met ’n gestremde persoon te make het nie wie homself nie teen die
appellant kon verdedig het nie. Dlrekte gevangenlsstraf is dus geregverdig.
Ek sou gevolglik ook nie met die vonnis inmeng nie.
In die omstandighede sou ek die appel teen beide skuldigbevinding en vonnis van die hand wys.
FORTUIN, R
Ek stem saam, en dit word beveel dat die appel teen skuldigbevinding en vonnis van die hand gewys word.
BAARTMAN, R