South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 537

| Noteup | LawCite

Basson v S (A413/2006) [2011] ZAWCHC 537 (1 April 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: A41 3/2006


DATUM: 1 APRIL 2011


In die saak tussen:


ANTON BASSON …............................................................Appellant


En


DIE STAAT …..................................................................Respondent




UITSPRAAK




N C ERASMUS, R:



Hierdie is 'n aansoek om verlof tot appel teen 'n uitspraak deur ons gelewer op 25 Mei 2010. Dit is vandag die 1ste April 2011. Dit blyk dat die kennisgewing van aansoek om verlof tot appel tydig deur die appellant geliasseer was en beteken was op beide die griffier van hierdie Hof en die Direkteur van Openbare Vervolging. Erens in die administrasie het die stukke verlore gegaan. Dit is 'n praktyk, wat blyk ons, die norm geraak het in hierdie hof. Dit is 'n praktyk waar daar nie aandag geskenk word aan die prosessering van sake nie, wat die regspleging in oneer bring en dit is 'n praktyk waarna, na ons mening, die DOV en die administrasie by die howe ernstige aandag moet geskenk word.

Die publiek verwag dat wanneer daar 'n appel gehanteer is en 'n persoon, soos in hierdie geval, wat 'n hoe profiel aangeleentheid is, gevangenisstraf opgele is dat hy sy vonnis moet begin uitdien, alternatiewelik dat die proses so spoedig moontlik afgehandel word.



In hierdie geval is die appellant gevonnis in die streekhof in September 2004 - vyf en 'n half jaar gelede. Die appel is feitlik 'n jaar gelede afgehandel. Daardie vertraging tussen 2004 en 2010 is ook nie verduidelik nie. Dit net ter inleiding.



In soverre dit die aansoek om verlof tot appel aanbetref, het ons kortliks in ons uitspraak gehandel met dit waaroor dit hier gaan. Dit is niks anders as 'n suiwer feitebevinding nie. Die objektiewe feite was feitelik gemene saak. Dit is die verduideliking oor hoe daar te werk gegaan was wat die Verhoorhof moes ondersoek en wat tot ons aandag was en ten opsigte van dit het beide die Verhoorhof en onsself gelaat met geloofwaardigheidsbevindings. Dit word nie ernstig aangeval of selfs op appel en ook nou in hierdie aansoek dat die appellant 'n swak getuie was en dat sy getuienis verwerplik was. Na my mening is daar geen kans op sukses vir 'n appel en dat 'n ander hof op die feite tot 'n ander gevolgtrekking sal kom nie.

Ek neem aan dat die appellant sy reg sal uitoefen om 'n petisie aan die President van die Hoogste Hof van Appel te loods. Sodanige petisie moet binne 21 (een-en-twintig) dae geloods word. In die tussentyd is die appellant nog op waarskuwing en ten einde daardie proses te reel en dat dit reelmatig geskied en dat ons nie onnodige vertragings weer kry nie, is ek van voornemens om ook 'n bevel te maak oor die verdere regulering van daardie proses.



Die aansoek om verlof tot appel word derhalwe van die hand gewys. Die appellant, indien hy begerig is om 'n petisie aan die Hoogste Hof van Appel te rig, moet hy dit binne 21 (een-en-twintig) dae van vandag doen. Indien hy sou versuim om daardie aansoek binne die tydperk te loods, moet hy binne 48 (agt-en-veertig) uur na die verstryking van daardie tydperk, by die griffier van die hof aanmeld sodat die proses kan begin vir sy gevangenissetting.



Indien hy sou binne tyd sy aansoek om petisie loods en sodanige aansoek onsuksesvol is na die Hoogste Hof van Appel of die appel afgewys word by aanhoor daarvan, moet hy binne 48 (agt-en-veertfg) uur nadat hy in kennis gestel is deur of die DOV of die griffier van die hof, aanmeld vir die uitdien van sy vonnis.


Dit is die bevel van die Hof.


N.C. ERASMUS R

SAMELA, R: Ek stem saam.


SAMELA, R