South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 525

| Noteup | LawCite

Timmie v S (A457/2011) [2011] ZAWCHC 525 (18 November 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

 

SAAKNOMMER:      A457/2011

DATUM:         18 NOVEMBER 2011

 

In die saak tussen:

 

REGINALD TIMMIE                                                                                     Appellant

 

en

 

DIE STAAT                                                                                                   Respondent

 

UITSPRAAK

 

VELDHUIZEN, R:

 

Die appellant is op 14 Maart 2001 in die landdroshof ooreenkomstig sy pleit aan 'n oortreding van artikel 67(1)(a) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 68 van 1995, dit is dat hy hulle gehinder het in die uitvoering van hulle pligte, skuldig bevind. Hy is tot 24 maande gevangenisstraf, wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis. Daarbenewens is hy twaalf maande korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet, 51 van 1977, opgele.

 

Hy appelleer nou teen sy vonnis.

 

Die appellant het 'n geskiedenis van misdaad. Dit het in Junie 2002 begin, toe hy aan twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind is. Daarna was hy met tussenposes gereeld in die moeilikheid. Hy het, onder andere, 'n vorige veroordeling vir verset teen arrestasie.

 

Alles in ag genome en veral sy gebrek aan ontsag vir die reg, meen ek nie dat die opgelegde vonnis onvanpas is nie. Bygevolg word die appel van die hand gewys en die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.

 

VELDHUIZEN, J

I agree.

SABA, AJ