South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 383
| Noteup
| LawCite
S v Oerson (SS 11/2011) [2011] ZAWCHC 383 (23 September 2011)
Download original files |
RAPPORTEERBAAR
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(SUIDELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING) GEHOU TE SWELLENDAM
Saaknommer: SS 11/2011
In die saak tussen:
DIE STAAT
teen
FRANS OERSON
UITSPRAAK GELEWER OP 23 SEPTEMBER 2011
Coram: HENNEY, R
Uitspraak deur: HENNEY, R
Namens die Staat: Adv. M. Julius
In opdrag van: Direkteur van Openbare Vervolging
Buitengracht Straat
KAAPSTAD
8001
Namens die Beskuldigde: Adv. J. Van Der Berg
In opdrag van: Regshulpsentrum
5de Vloer
Nedbank Gebou
KAAPSTAD
8001
Datum van Verhoor; 3-26 Augustus 2011
Datum van Uitspraak: 23 September 2011
Reportable especially paragraphs 60 - 83
Summary
Admissibility of a extra curial statement where the police elicited such a statement from an accused where he exercised his right to remain silent and thereafter changed his mind due to the persistence of the police during questioning during which his rights were again explained. Where the accused has exercised his right to remain silent it does not mean that the person has the right not to be spoken to by state authorities. This especially where a person suspected of the crime is the likely person who has the most information to offer about the incident.
IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA
(SUIDELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING)
GEHOU TE SWELLENDAM
(Paragraaf 60 - 83) RAPPORTEERBAAR
SAAKNO: SS 11/2011
In die geval tussen:
DIE STAAT
Teen
FRANS OERSON
UITSPRAAK GELEWER OP 23 SEPTEMBER 2011
HENNEY, R INLEIDING
[1] Die beskuldigde staan tereg op die volgende klagtes huisbraak met die opset om 'n misdryf onbekend aan die Staat te pleeg, roof met verswarende omstandighede en twee aanklagte van Moord.
[2] Die klagtes spruit uit bewerings dat die beskuldigde op Dinsdag 2 Februarie 2010 en te of naby Bloekomlaan in die distrik van Swellendam die huis van die 'n misdryf onbekend aan die Staat te pleeg en daarna vir Nicolaas en Elsie Els beroof het met verswarende omstandighede en die volgende items sou gesteel het:
Een Nokia Navigator 6110 selfoon met IMEI nommer 356250001364794
Een Sony Ericson selfoon met IMEI nommer 359302001778220
Een goue ring met diamante; en
Een goue Michel Herbeln dame pols horlosie.
[3] Luidens die akte van beskuldiging het beskuldigde ten opsigte van die derde en vierde klagtes vir Nicolaas Els 'n manlike persoon asook Elsie Els 'n vroulike persoon gedood deur onderskeidelik vir hulle te slaan en met onbekende voorwerpe aan te rand as gevolg waarvan die onderskeie oorledenes gesterf het.
[4] Die staat het ook aangevoer dat insover dit die moord klagtes aangaan dat die bepalings van artikel 51(1) van Wet 105 van 1997 van toepassing is Die beskuldigde was deurgaans regsverteenwoordig deur Adv J van der Berg het onskuldig gepleit op al die klagtes horn te laste gele
[5] In sy pleitverduideliking ontken die beskuldigde dat hy die misdaad gepleeg het en voer aan dat, alhoewel hy nie presies kan onthou waar hy horn bevind het op die betrokke dag nie, hy nie op die toneel van die misdaad was nie.
Ten tye van die pleit verrigtinge het die beskuldigde ook die volgende erkennings in terme van artikel 115(2)(b) van Wet 51 van 1977 gemaak:
5.1. Die oorledene genoem in aanklag 3 van die Akte van Beskuldiging (hierna die 'eerste oorledene' genoem) is te alle tersaaklike tye korrek uitgeken as Nicolaas Els. Sy liggaam is gemerk WC 13/0003/2010.
5.2. Dr. Sandisa Potelwa het op 8 Februarie 2010 'n lykskouing op die liggaam van die eerste oorledene gedoen. Die korrektheid van die inhoud van die lykskouingsverslag word erken en die verslag word ingehandig as bewysstuk B.
5.3. Die liggaam van die eerste oorledene het geen verdere beserings opgedoen nadat die wonde toegedien is en sy liggaam van die toneel van die beweerde misdade verwyder was totdat die lykskouing op die liggaam uitgevoer was nie.
5.4. Die stel fotos, bewysstuk C, gee 'n korrekte beeld van die liggaam van die eerste oorledene tydens die post mortem en die beserings aan die liggaam.
5.5. Die oorledene genoem in aanklag 4 van die Akte van Beskuldiging (hierna die 'tweede oorledene' genoem) is te alle tersaaklike tye korrek uitgeken as Elsie Els. Haar liggaam is gemerk WC 13/0004/2010.
5.6. Dr. Sindisa Potelwa het op 8 Februarie 2010 'n lykskouing op die liggaam van die tweede oorledene gedoen. Die korrektheid van die inhoud van die lykskouingsverslag word erken en die verslag word ingehandig as bewysstuk D.
5.7. Die liggaam van die tweede oorledene het geen verdere beserings opgedoen nadat die wonde toegedien is en haar liggaam van die toneel van die beweerde misdade verwyder was totdat die lykskouing op die liggaam uitgevoer was nie.
5.8. Die stel foto's, Bewysstuk E, gee 'n korrekte beeld van die liggaam van die tweede oorledene tydens die post mortem en die beserings aan die liggaam.
5.9. Die stel foto's, Bewysstuk F (foto's 1 tot 292) gee korrekte beeld van die toneel van beweerde misdade, Bloekomlaan 1, Swellendam, soos gefotografeer op 4 Februarie 2010."
[6] Tydens die verloop van die verhoor is verskeie dokumentere bewysstukke ingehandig deur die staat:
Twee selfone, die onderwerp van klagte 2 is ook ingehandig as reele bewysstukke verskeie getuies het ook getuig, waarvan die meeste se getuienis nie in geskil geplaas was deur die verdediging nie. Aan die hand van die geskilpunte sal die hof slegs na die tersaaklike getuies se getuinenis verwys.
[7] DIE VOLGENDE BLYK GEMEENSAAK TE WEES:
a) dat gedurende die periode 2-3 Februarie 2010 was die oorledene Mnr Nicolaas Els en sy eggenote Elsie Els in hulle woonhuis te Bloekomlaan in Swellendam vermoor;
b) beide van hulle is met 'n stomp voorwerp of voorwerpe dood geslaan en die oorsaak van hul dood was as gevolg van 'n hoofbesering wat hulle onderskeidelik opgedoen het as gevolg van stomp geweld of 'n aanranding met 'n stomp voorwerp;
c) tydens die moord aanval op die oorledenes was hulle besteel van 'n Nokia 6110 selfoon met IMEI nommer 356250001364794 asook 'n Ericson selfoon met IMEI nommer 359302001778220;
d) dat volgens die selfoon rekords die oorledenes se selfone uit die Swellendam area beweeg het gedurende die oggend ure van 3 Februarie 2010, binne 'n 24 uur tydperk nadat Mnr Els lewendig gesien was;
e) op 3 Februarie 2010 omstreeks 6h55 is 'n oproep gemaak na die selfoon bewysstuk 1, die Nokia 6110 van die eerste oorledene na Rebecca Plaatjies. Rebecca Plaatjies was 'n vriendin van 'n voormalige meisie van die beskuldigde Magda Jantjies met wie beskuldigde 'n verhouding gehad het terwyl hy in Swellendam gewoon het. Tydens die oproep het 'n onbekende manspersoon vir Magda Jantjies gesoek;
f) op 8 Februarie 2010 'n Maandag het beskuldigde by Maria Neels aangedoen en die volgende dag die Dinsdag gee hy een van 2 selfone vir
Maria Neels wat hy in sy besit gehad het. Dit was gei'dentifiseer as bewysstuk 2 die Sony Ericson. Hy het ook 'n Nokia selfoon gehad. Dit is gemenesaak dat dit die twee selfone is wat aan die oorledenes behoort het;
g) daarna het hy gedurende middel Februarie 2010 die Nokia selfoon aan ene Willem de Wee verkoop vir R100
h) Op 28 Februarie 2010 het die beskuldigde by Joseph Meyer begin werk in Swellendam 'n houtmaker, in die tyd het die polisie na horn gesoek en hulle is geneem deur Meyer na 'n plek waar die beskuldigde gewerk het. Hiervan was die beskuldigde bewus en wou homself nie aan die polisie oor gee nie
Die beskuldigde het toe gevlug en op die daaropvolgende Vrydag 4 Maart 2010 toe die beskuldigde sy loon kom haal het, is die polisie weer geskakel en die beskuldigde het weggehardloop toe hy die polisie by sy huis opgedaag het;
i)
dat
die beskuldigde vir 'n paar maande op soek was en het onder 'n
valse
naam geleef;
j) tydens sy arrestasie het hy 'n buite geregtelike erkenning gemaak aan Adjudant-Offisier Fielies en later 'n uitwysing gedoen het aan Kaptein Koeries.
Die hof sal later gedurende uitspraak volledige redes gee waarom die erkennings, aan Fielies gemaak en die uitwysing aan Koeries, gemaak toelaatbaar is.
[8] DIE GESKILPUNTE
Dit is in geskil:
(a) wie die oorledenes vermoor het;
(b) of daar ingebreek was by die woning van die oorledenes;
(c) of daar 'n rooftog plaasgevind het en indien wel wie daarvoor verantwoordelik is;
(d) indien daar 'n rooftog plaasgevind het, of die selfone wat later in besit van die beskuldigde was, ook beroof was;
(e) of daar ten tye van die rooftog ook 'n Michel Herbeln horlosie en 'n diamantring wat aan die tweede oorledene behoort het ook gesteel was;
(f) laastens of die beskuldigde die persoon is wat die ten laste gelegde misdrywe gepleeg het.
DIE GETUIENIS
DIE GETUIENIS DEUR DIE STAAT AANGEBIED
[9] Daniel Jansen van Vuuren en die eerste oorledene het albei aan diesenior golfklub in Swellendam behoort. Hy het die eerste oorledene op die aand van 2 Februarie 2010 tussen 20h00 en 20h30 teegekom toe hy gewandel het. Die oorledene het hulle afspraak vir die oggend (3 Februarie 2010) om 7h00 met horn bevestig. Die oorledene het aan horn genoem dat sy vrou se enkel seer is en sy dus nie kon saam loop nie.
[10] Die eerste oorledene het egter nie hierdie afspraak die volgende oggend nagekom nie.Hy het die eerste oorledene op sy selfoon geskakel maar laasgenoemde het nie geantwoord nie. Hy gee die selfoon nommer van die eerste oorledene as 083 626 7121. Hy is die Donderdagoggend van 4 Februarie 2010 na die misdaad toneel en dit was toe reeds afgekordon deur die polisie. Die oorledenes was pensionarisse. Mnr Els het sy vrou gehelp met haar binnenshuis versiering besigheid.
[11] Konstabel Dimitri Fluks was die eerste polisiebeampte wat op die toneel van misdaad opgedaag het op 4 Februarie 2010. Nadat hy 'n rapport daar ontvang het van buurvrou en die huishulp, het hy oor die heining van die huis gespring. Deur die glasdeur het hy die liggaam van 'n manspersoon sien le wat bebloed was.
Deur die slaapkamer venster wat oop was het hy 'n vroue persoon sien le wie ook bebloed was. Hy het toe die bystand speurder, Adjudant Offisier Kees gekontak wie die toneel by horn oorgeneem het.
[12] Adjudant-Offisier Frank Kees was die bystand speurder en die eerste persoon wie in die huis van die oorledenes gegaan het. Hy het vir die hof sy observasies binne in die huis verduidelik. Hy se aan die agterkant van die huis het 'n pik sonder steel gele.
[13] Stella Nakuphi was die huiswerker van die oorledenes vir meer as 5 jaar. Sy het elke weeksdag gewerk en soms oor naweke. Sy ken vir Phumzile Justice Manyova die tuinier wat Maandae en Donderdae gewerk het. Op 2 Februarie 2010 het sy gewerk en is die middag daar weg toe die oorledenes nog nie tuis was nie. Die volgende dag het Wuggekom en toe sy nie antwoord kry van die oorledenes nie, is sy weer na haar huis toe onder die indruk dat die oorledenes dalk Kaap toe is. Die Donderdagoggend het sy weer terug werk toe gegaan.
[14] Sy het steeds nie antwoord gekry nie en het vir Justice gewag. Nadat hy opgedaag het, het hulle die buurvrou in kennis gestel. Justice is oor die muur en het aan hulle kom rapporteer van die liggame wat hy gesien het. In kruisondervraging se sy verder dat die vensters van die huis maak net effens oop sodat selfs nie 'n kind daar kan deurgaan nie. Dit het nooit gebeur dat Mnr Els besoekers kry in die afwesigheid van sy vrou nie. Sy kan nie onthou dat iemand op 2 Februarie 2010 by die huis was en teels kom le het. Sy dink sy was alleen by die huis. Gewoonlik as mense daar kom werk het, het Mnr Els nerens gegaan nie.
[15] Die getuienis van Maria Neels, Pieter Jagers en Willem de Wee, handel onderskeidelik met die onbetwiste getuienis dat die beskuldigde die twee selfone, bewysstuk 1 (die Ericson) en bewysstuk 2 (die Nokia) wat aan die oorledenes behoort het hanteer en in die geval van Maria Neels aan haar gegee het, wie sy op haar beurt aan haar broer Pieter Jagers gegee het. Willem de Wee het die Nokia selfoon van beskuldigde gekoop.
[16] Hierdie getuienis soos reeds vermeld blyk gemenesaak te wees en verg nie enige verdere bespreking nie.
Die verdere getuienis van Joseph Meyer en Joshua Booysen; oor die feit dat die polisie by die werksplek vir die beskuldigde gaan soek het te Bruintjieskop naby Swellendam; die feit dat op 4 Maart 2010 beskuldigde aan Joshua Booysen wie in diens van Mnr Meyer was, saam was toe die polisie beskuldigde kom soek het en hy hulle nie wou sien nie en horn eerder uit die voete gemaak het is ook nie in geskil nie. So ook nie die verdere getuienis dat die beskuldigde die volgende dag toe hy sy loon kom soek het gevlug het toe die polisie horn by Meyer se huis kom soek het nie.
[17] Die verdere getuienis van Jerome Carolus wie getuig het dat die beskuldigde vir horn kom werk het in Elsiesrivier en horn voorgestel het as Andrew Beyers is ook nie in geskil nie. Hy getuig dat die beskuldigde vir horn gewerk het deur vis te smous totdat hy in Robertson op 13 November 2010 deur Konstabel Reardien in Robertson gearresteer is.
Reardien bevestig dat sy beskuldigde gearresteer het en hy tydens sy arrestasie aan haar die naam Andrew Kleynhans gegee het.
[18] Christo Crafford getuig dat hy die oorledenes geken het deurdat hy hulle huis vir hulle gebou het. Hy ken ook vir Droppie (Isak Abrahams) omdat hy baie jare vir horn gewerk en teelwerk vir horn gedoen het. Droppie en die oorledenes het ook mekaar geken. Hy het vir Droppie verwys na die oorledenes. Hy bevestig dat Droppie op Dinsdag 2 Februarie 2010 aan huis van die oorledenes was waar hy teels moes gaan vervang het.
[19] Isak Abrahams @ ("Droppie") bevestig dat hy op 2 Februarie 2010 omtrent 10h00, teels gaan vervang by die huis van die oorledenes. Op die betrokke dag het hy die beskuldigde 'n entjie van die hek in 'n bos amper in 'n sloot opgemerk. Hy het aan die beskuldigde gevra of hy daar werk en hy het ja gese. Hy het ook aan die beskuldigde gevra of die mense binne is en die beskuldigde het weereens ja gese. Die eerste oorledene het die hek vir horn oopgemaak en hy het ingery. Die garage deur was oop. Hy het toe die teels vervang en het so 'n uur en 'n half gewerk daaraan. Die eerste oorledene het aan horn gese om die volgende dag terug te kom vir sy betaling. Hy het nie weer die beskuldigde gesien nie.
[20] Hy is eers die daaropvolgende dag (Donderdag) terug en het toe die polisie daar teegekom. Hy is toe meegedeel dat die oorledenes vermoor is. Op 11 November 2010 was hy gearresteer vir gesinsgeweld en was in die polisieselle aangehou en het hy 'n gesprek met die beskuldigde gehad.
[21] Hy (beskuldigde) herken het, en aan die beskuldigde gevra wat hy daar soek. Beskuldigde het hierop gese dat die polisie horn gevang het met die selfone. Hy (beskuldigde) het ook verder gese op die dag, toe hy horn daar gesien het, het hy by die huis ingegaan. Hy het oor die muur gespring en horn onder die Mercedes gaan wegsteek. Nadat die oorledenes later die huis verlaat het hy horn agter 'n vertoonkas gaan wegsteek.
[22] Verder het die beskuldigde aan horn gese; hy het hulle ingewag in die huis. Hulle skuld horn diamante geld en het stief met horn gewerk. Nadat die oorledenes kamer toe is het hy agter die kas uitgekom toe die eerste oorledene weer terug kom en horn gewaar. Hy slaan toe die eerste oorledene met die piksteel. Die tweede oorledene het gehoor en uit die kamer gekom. Hy het haar ook met die piksteel geslaan. Hy het seker gemaak dat hulle dood is.
[23] By die gevangenis het hy weer die beskuldigde teegekom op 'n latere stadium. Die beskuldigde het aan horn gevra of hy teen horn gaan getuig. Hierop se die getuie dat hy bevestigende geantwoord het.
[24] Die beskuldigde het toe gese dat hy dan die saak op horn gaan draai. Verder het die beskuldigde gese dat hy die piksteel gevat het en hulle sommer daarmee uitgeklop, het want die mense het horn stief behandel. Droppie getuig verder dat hy teelwerk of bouwerk doen en hyself is sub A uit die skool uit. Hy het nog nooit die beskuldigde voorheen geken nie.
[25] In kruisondervraging se hy, hy weet nie hoekom die beskuldigde vir horn as wild vreemde vertel het van die moorde nie. Die beskuldigde het by horn twak gesoek. In die polisieselle het die beskuldigde nie vir horn gese waarmee hy die moorde gepleeg het nie. Dit was toe aan horn gestel dat hy 3 weergawes het oor wanneer die beskuldigde aan horn gese het van die piksteel.
[26] Die beskuldigde het die storie in die polisieselle vertel toe hulle alleen was. Op 'n vraag van die verdediging of iemand vir horn gese het dat toe hulle by die toneel kom was die oorledenes reeds dood, antwoord hy dat die beskuldigde vir horn so gese het in die selle. Hy se daar was stories oor die moord, maar hy weet nie van identikits nie, want hy kan nie lees en skryf nie; hy weet nie van die storie dat 'n man en vrou gesoek was vir die moorde nie; of die storie van diamante nie, of die storie van die piksteel nie. Hy het nooit gehoor hoe die oorledenes geslaan was nie.
[27] Op 'n stelling van die verdediging dat die beskuldigde nie aan die getuie vertel het van die moorde nie, hou die getuie vol dat hy horn wel vertel het. Die getuie ontken dat hy in die selle gepraat het en dat hy uit sy eie uit aan die beskuldigde vertel het dat hy, toe hy op 2 Februarie daar naby (die huis van die oorledenes) was 'n swart Mercedes voertuig gesien het waaruit 2 swart mans uitgeklim het met aktetasse.
[28] Die getuie ontken ook verder dat hy gese het die eerste oorledene 'n groot ongeslypte diamant aan horn getoon het. Hy se op 'n stelling van die verdediging dat die beskuldigde seker maar die storie opgemaak het. In herondervraging se hy weereens dat die beskuldigde nie in die polisieselle al vir horn gese het van die piksteel nie. Hy het dit genoem omdat by horn opgekom het. Die beskuldigde het nie aan horn gese of hy die hele tyd agter die vertoonkas bly staan het, selfs die toe oorledenes nie daar was nie.
[29] Op latere vrae deur die hof oor hoe die polisie by horn uitgekom het se hy die polisie het hulle seker afgeluister. Hulle het horn gevra wat hy en die beskuldigde gesels het. Hy se hy weet nie of dit vir hulle moontlik was om af luister nie, maar dit kan wees dat hulle gehoor het.
[30] In verdere kruisondervraging en vrae deur die hof se hy die polisie het aan horn gevra waarom hy en die beskuldigde gesels het. Hy se dit was voor Kersfees dat hy weer moeilikheid by die huis gemaak het en gevangenis toe gestuur was. Hy bevestig egter dat hy net een keer vir gesinsgeweld gevangenis toe gestuur was.
[31] Luitenant-Kolonel Joshua Lee is die stasiebevelvoerder te Swellendam. Op 18 November 2010, was hy deur Kaptein Huisamen in kennis gestel dat die beskuldigde persoonlik met horn wil praat. Die beskuldigde het met horn gepraat oor sy besittings in Kaapstad; oor 'n loon wat nog aan horn verskuldig is vir werk wat hy gedoen het; en oor 'n saak wat hy gemaak het teen die arresterende beamptes.
[32] Die beskuldigde het ook aangedui dat hy oor sekere aspekte met sy prokureurs sal praat. Hy het ook aan horn gevra om 'n verklaring van Droppie te bekom wie meer lig omtrent hierdie saak sal werp. Hierop het hy vir Adjudant-Offisier October gevra om 'n verklaring van Droppie te gaan neem.
[33] Hy se dit is nie moontlik vir polisiebeamptes om te hoor waaroor persone in die selle oor praat nie. Daar is 3 staaldeure en by die tyd wat die sleutel in die eerste staaldeur gesit word, word die gesprek gestaak. Die beskuldigde het geen klagtes teenoor hom gehad nie.
[34] John Michael October bevestig die getuienis van Kolonel Lee. Die getuie bevestig dat hy op instruksie van sy bevelvoerder die verklaring van Droppie gaan neem het. Hy weet nie of polisiebeamptes die gesprek tussen Droppie en die beskuldigde kon gehoor het nie. Hyself het nie vir die getuie so iets genoem nie. In kruisondervraging se hy, dat hy en sy kollegas nie meegeluister op die gesprek van die getuie en die beskuldigde nie. Hy het ook nie die getuie vertel van dinge wat gebeur het nie. Tussen hom en sy kollega was daar geen gesprekke van die moordsaak nie.
[35] Hilda du Plessis werk al vir 15 jaar as forensiese data analiseerder vir MTN. Sy het opdrag gekry in die saak om inligting rakende 2 selfoon nommers te bekom, naamlik: 083 765 8797- hierdie nommer was deur 'n Sony Ericson selfoon gebruik met Imei nommer 359302001778220; en 083 626 7121 - hierdie nommer was gebruik in 'n Nokia 6110 met Imei nommer 356250001364790.
[36] Die Sony Ericson het hierdie nommer gebruik tot en met 2 Februarie 2010. Sy bevestig dat dit bewysstuk 1 is. Die Nokia het die selfoon nommer gebruik tot 3 Februarie 2010. Sy bevestig agterna dat dit bewysstuk 2 is.
[37] Sy het aan die hof die bewegings van die 2 selfone verduidelik. Sy se die Sony Ericson het beweeg vanaf Swellendam na Hartenbos, Oudtshoorn en dan terug na Montagu en Swellendam. Vanaf 3-15 Februarie 2010 was die foon nie verder in gebruik nie. Op 15 Februarie 2010 is 'n ander simkaart in die foon gesit met nommer 073 072 8975. Dit stem ooreen met die getuienis van Pieter Jagers.
[38] Die Nokia selfoon het beweeg na Hartenbos, Oudtshoorn en Montagu. Op 6-7 Februarie 2010 was die foon te Montagu en daarna nie weer gebruik nie. Op 28 Februarie 2010 was 'n simkaart met nommer 071 018 5568 in hierdie foon gesit tot 3 Maart 2010. Hierdie getuienis stem ooreen met die getuienis van Willem de Wee. Volgens die getuie was die 2 selfone dus saam tot en met 7 Februarie 2010 in die Montagu area.
[39] Gedurende kruisondervraging bevestig die getuie dat beide selfone op 2 Februarie 2010 random 23h00 besig was met internet bank transaksies. Die lokasies is vasgestel as Luiperdsberg Eskom en Appelbos. Die afstand tussen die toneel van misdaad en die verste torings is tussen 16-19 km. Sy se sodra die telefoon in die opvangsgebied van 'n spesifieke toring kom, kan dit deur daardie toring opgetel word. Die telefoon het dus in die rigting van Mosselbaai beweeg.
[40] Petro Heyneke werk vir Vodacom in Midrand. Sy getuig dat op 9 Februarie 2010 'n simkaart met nommer 079 045 6477 in bewysstuk 2 gesit is en daar internet transaksies op gedoen was. Hierdie stem ooreen met die getuienis van Maria Neels dat die beskuldigde haar simkaart gevra het en in 'n selfoon gesit het.
[41] Nicolaas Els is die seun van die oorledenes. Hy getuig dat na die voorval hy sy ouers se selfone gesien het toe Adjudant Offisier Drysdale dit aan hom getoon het by die speurtak te Swellendam. Hy identifiseer die selfone as bewysstukke 1 en 2. Sy vrou Coret Els het ook getuig van 'n diamantring en Michel Herbeln horlosie wat die tweede oorledene, haar skoonmoeder op 'n daaglikse basis gedra het. Die laaste keer wat sy gesien het die tweede oorledene dra die items was toe hule besoek aan hulle gedoen het vroeg Januarie 2010. Saans het die tweede oorledene dit afgehaal en gewoonlik soggens weer aangesit. Na die voorval het hulle gesoek vir die items en het dit nooit weer gesien nie.
[42] Chantal Linters is 'n tak administreerder van Eerste Nasionale Bank in Swellendam. Sy getuig oor die drie bankrekeninge wat die oorledenes by hulle gehou het. Sy se dat op 1 en 2 Februarie 2010 was daar wel internet betalings op twee van die rekeninge. Sy bevestig dat die telefoon nommer op die selfoonstate wel van die bank afkom om kennisgewings uit te stuur. Sy getuig dat tydens die einde van die maand sms'e wel vertraag kan wees op die netwerke as gevolg van hoe volumes van transaksies.
[43] Magda Jantjies en Rebecca Plaatjies se getuienis is alreeds vermeld as feite wat gemenesaak is of nie in geskil is nie. Dit is ook op rekord en verg nie verdere bespreking nie.
[44] Adjudant-Offisier Marcus Drysdale is die ondersoekbeampte. Hy verduidelik vir die hof dat hy op 5 Februarie 2010 in die woning van die oorledenes gegaan het om te kyk vir vermiste items, soos selfone. Hy het nie die oorledenes se selfone in die huis gekry nie maar wel bewysstukke 3 en 4 (die kartonhouers waarin dit was). Hy het ook gekyk vir 'n trouring met diamante en Michel Herbeln horlosie, maar het dit ook nie gekry nie.
[45] Hy het die selfoonnommers van die oorledenes vasgestel, en ook verder vasgestel watter handstukke gebruik het. Hy het ook 5 nommers nagegaan wat van die Nokia selfoon geskakel is op die aand van 2-3 Februarie 2010. As gevolg hiervan het hy vasgestel dat die persoon wie gebel het vir ene Magda Jantjies gesoek het.
[46] Hy het verder vir die hof verduidelik hoe hy bewysstukke 1 en 2 opgespoor het. Hy se die Imei nommer van bewysstuk 2, die Nokia foon stem ooreen met die Nokia boks wat hy in die oorledenes se huis gekry het. Op 9 Februarie 2010 het die oorledenes se seun, Nicolaas Els, die selfone uitgeken as die eiendom van sy oorlede ouers. Hy se op 13 November 2010 was hy in kennis gestel van die beskuldigde se arrestasie. Op Maandagoggend, 14 November 2010, het hy die polisiestasie besoek. Adjudant-Offisier Fielies het toe al die beskuldigde uitgeboek en hulle het buite staan en rook. Fielies het hom aan die beskuldigde voorgestel en rapporteer dat die beskuldigde bereid was om te gaan wys waar hy die selfone gekry het.
[47] Daarna is hulle is toe weer met beskuldigde in 'n lesingsaal waar hy hom formeel ingelig het van die doel van die gesprek en met betrekking tot sy grondwetlike regte. Die beskuldigde het dit verstaan. Die beskuldigde was nog steeds bereid om die aanwysings te gaan doen, wat toe ook gebeur het. In kruisondervraging gee die getuie gee toe dat hy nie weet hoe en wanneer die ring en horlosie van die tweede oorldene weg geraak het nie.
[48] Dit het nie tot sy kennis gekom dat die beskuldigde die 13 November 2010 verkies het om sy swygreg uit te oefen nie, voordat hy hom die volgende dag ondervra het. Wat beskuldigde ook al vir hom sou gese het in verband met die selfone sou vir hom waardevol gewees het en nie noodwendig dat hy hom moes impliseer nie. Verder getuig hy dat die transaksie van die sogenaamde Powell House en die ongelukkigheid wat daarmee gepaard gegaan het, ook ondersoek.
[49] Dr Sindisa Potelwa is 'n forensiese patoloog wie die lykskouings op die oorledenes uitgevoer het. Die getuienis is op rekord en vorm deel van die feite wat nie in geskil is nie en regverdig nie verdere bespreking nie.
[50] Daniel Servaas van Wyk ken die oorledenes vanaf 1978 toe hy en sy vrou ook in Phalaborwa gebly het. Met die verhuising van die oorledenes na Swellendam het hulle twee paartjies saam Powell House gekoop. Die is op rekord en neem nie die saak verder nie.
DIE BINNEVERHORE
[51] Gedurende die verhoor het die Staat gesteun op oor sekere selfinkriminerende getuienis wat gemaak was deur die beskuldigde na afloop van sy arrestasie aan Adjudant-Offisier Fielies. Die verdediging het beswaar gemaak omdat beskuldigde nie, ingelig was van sy regte ingevolge die Grondwet alvorens hy die medeling gemaak het aan Fielies, nie. Verder is ook aangevoer dat Fielies inbreuk gemaak het op die regte van die beskuldigde deurdat hy nie sy regte eerbiedig het nie en nogtans nadat beskuldigde verkies het om sy swygreg uit te oefen nog steeds voortgegaan het om die beskuldigde te ondervra ten einde sekere erkennnings uit horn uit te kry. Die Staat het ook gesteun op sekere uitwysings wat die beskuldigde gemaak het aan 'n sekere Kaptein Koeries wat daarop neerkom dat hy homself inkrimineer het. Hieroor het die verdediging ook beswaar gemaak op dieselfde gronde as tevore.
Die binneverhoor rakende die erkennings of mededelinqs gemaak aan Adjudant-Offisier Fielies
[52] Die staat het ten tye van die binneverhoor Adjudant-Offiser Fielies ("Fieles") asook Kaptein Gysbert Huisamen geroep. Fielies getuig dat hy behulpsaam was met die ondersoek teen die beskuldigde. Nadat die beskuldigde gearresteer was, was hy ingelig dat hy aangehou word by die polisieselle in Swellendam. Op Sondag 14 Februarie 2010 het hy die beskuldigde besoek in die polisieselle terwyl, Huisamen besig was om die beskuldigde aan te kla en formeel met hom te handel volgens polisie prosedure voordat hy die volgende dag voor die hof gebring word. In die tyd het hy met die beskuldigde gesels, hom voorgestel en beskuldigde versoek of hy wil praat oor die aangeleentheid.
[53] Die beskuldigde het ingewillig en het toegestem. Daarna het hy weer die beskuldigde die volgende dag, Maandag 15 November 2010 gesien en met beskuldigde 'n onderhoud gevoer. Voordat hy met beskuldigde gesels het, het hy eers met Huisamen gepraat wie hom meegedeel het, dat die beskuldigde aan hom meegedeel het dat hy sy swygreg wil uitoefen. Hy het nietemin nog steeds besluit om voort te gaan met die verdere ondervraging van die beskuldigde.
[54] Hy het aan die beskuldigde sy grondwetlike regte verduidelik. Dit is sy regte om homself nie te inkrimineer nie, sy reg tot regsverteenwoordiging asook sy reg op stilswye. Hy het beskuldigde daaraan herinner dat hy die vorige dag vir Huisamen gese het dat hy nie 'n verklaring wil afle nie. Aan die beskuldigde is verder gevra of hy nog steeds iets aan hom wil se en die beskuldide het ja geantwoord.
[55] Hy het aan die beskuldigde gevra of hy horn enigiets kan vertel van die selfone en die beskuldigde het gese dat hy die selfone by die huis geneem het waarvan hulle praat. Fielies getuig verder dat hy aan horn gevra het of hy bereid sal wees om die huis aan 'n onafhanklike persoon uit te wys en hierop het die persoon bevestigend geantwoord.
[56] Die proses is toe verduidelik en Fielies getuig toe dat hy verdere reelings getref met 'n Kaptein Koeries vanaf Robertson. Koeries hulle het daarna verder met horn gewerk. Die beskuldigde het 'n bietjie moeg voorgekom en het geen klagtes gehad nie.
[57] In kruisondervraging se hy die rede waarom hy die onderhoud met die beskuldigde gevoer het, was om meer inligting te kry vanaf die beskuldigde oor die selfone. Fielies het ook toegegee in kruisondervraging dat toe hy vir die beskuldigde vra om horn hulpsaam te wees met die ondersoek was dit om homself te inkrimineer. Hy het geen aantekening gemaak, behalwe die verklaring wat hy afgele het dat hy beskuldigde wel van sy regte verduidelik en hy kan nie 'n rede hiervoor gee nie. Hy het ook gese dat die beskuldigde eers ontken het, maar toe aan horn voorgehou was dat hy wel die selfone besit het, het die beskuldigde van plan verander.
[58] Hy het toegegee hy was nie tevrede met die ontkenning van die beskuldigde nie. Hy het beskuldigde gedruk met die nodige vasbarendheid.
[59] Die getuie antwoord op 'n vraag van die hof dat hy nie aan die hof kan verduidelik hoekom die beskuldigde van plan verander het nie. Huisamen se getuienis was dat hy wel nadat beskuldigde gearresteer was, sy grondwetlike regte aan hom verduidelik het. Hy het ook vingerafdrukke en voetafdrukke van die beskuldigde geneem. Dit was die getuienis wat gelewer was in hierdie binneverhoor. Die beskuldigde self het nie verkies om te getuig nie.
Die binneverhoor rakende die uitwvsinqs qedoen aan Kaptein Koeries ("Koeries")
[60] Die getuienis soos reeds vermeld deur Fielies en Huisamen is ook relevant tot hierdie binneverhoor en is ook hier van toepassing, waar dit Koeries se getuienis dan aanvul.
[61] Koeries is 'n polisie kaptein gestasioneer te Robertson polisie stasie. Hy is op 15 November 2010 om 13h10 telefonies deur Kolonel Lee van die Swellendam polisie stasie genader om behulpsaam te wees met 'n uitwysing. Hy het om 14h30 in Swellendam aangekom en die beskuldigde is deur Lee aan hom uitgewys. Hy het na die beskuldigde toe gegaan en homself voorgestel en aan hom die doel van sy besoek verduidelik. Beskuldigde het dit verstaan.
[62] Sy regte is aan horn verduidelik soos uiteengesit en geboekstaaf in bewysstuk K. Aan hom is verduidelik dat hy nie enigiets hoef uit te wys nie en as hy dit doen moet hy dit vrywilliglik doen en wat hy uitwys sal genotuleer word. Beskuldigde het sy kop instemmend geknik en het aangedui dat hy alles verstaan. Hy het ook gese hy is deur niemand gedreig of bemvloed om die aanwysings te doen nie. Hy het gekla van sy gewrigte wat seer was as gevolg van die boeie.
[63] Daarna het hulle omstreeks 15h10 vertrek om die uitwysings te gaan doen en het om 15h58 teruggekeer. Tydens die uitwysing het die getuie aan die beskuldigde meegedeel hy ken nie Swellendam nie en die beskuldigde sal die rigting moet aandui. Die notule van die uitwysing het hy ook genotuleer wat later as bewysstuk K2 as deel van die rekord vorm. Die verdediging het nie die getuienis van Koeries betwis gedurende die binneverhoor nie en dit is toegelaat.
Evaluering van getuienis in eerste en tweede binneverhoor (erkenning teenoor Fielies) en (uitwysing aan Koeries)
[64] Om praktiese en doelmatigheids redes is dit wenslik om die getuienis aangebied in beide binneverhore gesamentlik te beoordeel en te evalueer. Dit is vir die volgende redes:
a) die besware geopper vir die toelating van die erkennings gemaak aan Fielies en die uitwysings gemaak aan Koeries, berus op dieselfde gronde;
b) die getuienis van Fielies en Huisamen is ewe relevant en die binneverhoor rakende die toelaatbaarheid van die erkenning gemaak aan Fielies sowel as die latere uitwysing gemaak aan Koeries.
[65] Hoewel die hof aanvanklik skepties was oor die werkswyse van Fielies omdat hy die beskuldigde verder ondervra het welwetende dat die beskuldigde reeds 'n keuse uitgeoefen het om sy swygreg uit te oefen toe kaptein Huisamen met hom gepraat het, het die hof nogtans Fielies se getuienis aanvaarbaar gevind. Fielies het weereens, egter toe hy van die beskuldigde wou verneem of hy bereid is om nog met hom te praat, sy regte verduidelik.
[66] Hoewel Mnr van der Berg tydens kruisondervraging dit aan Fielies gestel het dat beskludigde die verdere verduideliking van regte sal ontken, het Fielies volstaan en volgehou dat hy dit wel gedoen. Beskuldigde het ook nie hieroor kom getuig nie. Dit is duidelik dat die beskuldigde ondanks die feit dat hy wel aan Huisamen wie sy regte verduidelik, gese het hy wil sy swygreg uit oefen, hy later toe sy regte weer aan hom verduidelik was deur Fielies, besluit het dat hy wil praat. Op Fielies se weergawe wat onweerspreek staan het die beskuldigde al die vorige dag aan hom te kenne gegee dat hy met hom sal praat. Die indruk is gelaat deur Fielies dat die beskuldigde hom vertrou het en hom in sy vertroue geneem het.
[67] Dit is derhalwe duidelik dat die beskuldigde wel behoorlik ingelig was van sy regte veral sy swygreg deur Huisamen alvorens hy met Fielies en later met
Koeries gepraat het. Dit dien ook gemeld te word dat op die oggend van 15 Februarie 2010, die beskuldigde ook voor die plaaslike landdros verskyn het waar sy regte met betrekking tot regsverteenwoordiging verduidelik was. Hy het verkies om regshulp te bekom.
Die Suid-Afrikaanse howe het nog nie pertinent en spesifiek aandag aan hierdie aspek gegee nie.
[68] Die Kanadese benadering is dat 'n persoon 'n reg tot stilswye het, totdat hy/sy 'n ingeligte besluit maak om daarvan afstand te doen.
[69] In die toonaangewende beslissing van R v Hebert [1990] 2 S.C.R. 151, oor die kwessie van die reg tot stilswye, op 173, is die volgende beslis....
"Police persuasion, short of denying the suspect the right to choose or depriving him of an
operating mind, does not breach the right to silence."
[70] Hierdie benadering was ook gevolg in die saak van Jagrup Singh v Her Majesty The Queen and Attorney General Ontario, Director of Public Prosecutions of Canada, Criminal Lawyers' Association of Ontario and Canadian Association of Chiefs of Police, Intervenors [2008] 163 CRR (2d) 280. In hierdie saak was die beskuldigde gearresteer op 'n aanklag van moord. Nadat hy met sy regsverteenwoordiger gekonsulteer het, het hy daarna aan die polisie vermeld op verskeie kere dat hy nie oor die saak wil praat nie. Die ondersoekbeampte het egter volhard en voortgegaan om vir horn uit te vra, as gevolg waarvan hy gedurende die onderhoud sekere inkriminerende medelings gemaak het.
[71] Die hof beslis dat dit nie die posisie in die Kanada is, dat dit van die polisie verwag word om nie voort te gaan om 'n aangehoudende of verdagte te ondervra nadat hy/sy sy reg op stilswye uitgeoefen het nie. Die hof het die feit benadruk dat daar 'n balans getref moet word tussen 'n individu se reg om sekere medelings aan die polisie te maak en die belang van die gemeenskap om agter die waarheid te kom tydens die ondersoek van misdaad.
[72] Die hof het soos hierdie hof is van mening dat 'n aangehoudende of verdagte se reg om homself te inkrimineer of enigiets mee te deel aan die polisie onderworpe is aan die feit dat hy/sy dit vrywillig moet doen.
[73] Dit is duidelik dat Fielies nie tevrede was met die feit dat die beskuldigde wou stil bly nie. Die beskuldigde was 'n belangrike skakel in die ondersoek. Volgens die polisie het dit geblyk dat hy die enigste persoon was op daardie stadium wie vir hulle meer inligting kon gee oor die moorde. Die beskuldigde was kort na die moorde in besit van die selfone van beide oorledenes. Sy stilswye hieroor sou die saak tot 'n dooie punt laat loop.
[74] Daar kan niks fout gevind word met Fielies se vasberadenheid nie, veral gesien in die lig van die feit dat die polisie geen ander getuienis op daardie stadium gehad het nie. Fielies het nie veel van 'n keuse gehad as om met die beskuldigde te praat nie en selfs om horn te ooreed om dit te doen nie.
[75] In die Jagrup Singh saak op bladsy 291 paragraaf 28-29 is die volgende opmerking oor hierdie aspek gemaak:
"What the common law recognizes is the individual's right to remain silent. This does not mean,
however, that a person has the right not to be spoken to by state authorities. The importance of police guestioninq in the fulfilment of their investigative role cannot be doubted. One can readily appreciate that the police could hardly investigate crime without putting Questions to persons from whom it is thought that useful information may be obtained. The person suspected in fact committed the crime, he or she is likely the person who has the most information to offer about the incident. Therefore, the common law also recognizes the importance of police interrogation in the investigation of crime.
Of course, the information obtained from a suspect is only useful in the elucidation of crime if it can be relied upon for its truth - hence, the primary reason for the confessions rule, the concern about the reliability of confessions." (eie beklemtooning)
[76] Hoewel 'n beskuldigde of 'n verdagte nie verplig is om die polisie te help met hulle ondersoek nie, bly die keuse syne of nie. Daar is niks verkeerd met die optrede van die polisie veral waar die verdagte of 'n beskuldigde in die enigste posisie is om hulle van inligting te voorsien oor die pleging van die misdaad om horn of haar te ooreed om met hulle daaroor te praat nie. Dit natuurlik met die strenge voorbehoud dat die inligting op 'n regtens geoorloofde manier verkry word, wat beteken dat daar nie op 'n onbehoorlike, agterbakse, immorele, onetiese en selfs geweldadige manier te werke gegaan word nie. Verder dat gedurende die hele proses die beskuldigde of verdagte se grondwetlike regte eerbiedig word.
[77] In hierdie geval was daar ook geen sprake sogenaamde "behavioural impropriety on the part of the police" nie, soos dit gestel was in S v Khan 1997(2) SACR 611 op 620 b-c.
[78] Daar kan nie gekla word en was ook nie gekla dat die polisie se optrede onbehoorlik was nie. In teendeel dit was heeltemal opreg en bona fide. Die beskuldigde het derhalwe verkies om hom nie op sy swygreg of sy reg teen selfinkriminasie en sy reg op regsverteenwoordiging te beroep nie, waarvan hy wel deeglik bewus was toe hy die mededeling aan Fielies gemaak het en die uitwysing later aan Koeries gemaak het.
[79] Hierdie is duidelik 'n geval waar die beskuldigde welwetend wat sy regte is, verkies het om op daardie stadium hom nie op die bepalings van die Grondwet te beroep nie en om sy regte uit te oefen nie.
Currie and de Waal: The Bill of Rights Handbook 5th edition op bladsy 39 - 3.3(iii) se die volgende:
"Where a person chooses not take part in an assembly or not to join an association they cannot later complain about a violation of their rights to freedom of assembly or association. The same applies when an arrested person makes an informed choice to co-operate with the police by making a statement or a confession, or when a person allows the police to search their home. Such a person cannot subsequently object at their trial that the introduction of the evidence violates their right to remain silent or their right to privacy of their home. In principle, the accused may nevertheless object to the use of the evidence if it would render the trial unfair. But, in the absence of other circumstances (for example, that the accused was improperly persuaded to cooperate), it is difficult to see why the use of the evidence would result in an unfair trial." (eie beklemtoning)
[80] In S v Shaba en 'n ander 1998(1) SASV 16 (T) waar die polisie tydens arrestasie slegs die beskuldigdes se regte verduidelik en die beskuldigdes se regte nie weer herhaal is toe hulle uitwysings later aan offisiere gemaak het nie, het die hof besluit dat dit nie per se die betrokke getuienis ontoelaatbaar maak nie. Die hof het versuim om die dictum in S v Mathebula and another 1997(1) SASV 10 (W) na te volg waarin die hof die houding ingeslaan het, dat elke belangrike stap voor die verhoor op sigself vereis dat aan die bepalings van Grondwet voldoen moes word, tensy daar 'n duidelike afstand doening van regte is.
[81] Ek steun met respek en vereenselwig my met die siening van Spoelstra R in die saak van Shaba waar hy die volgende verder se en dit val vierkantig binne die feite van hierdie saak:
"Op die beste kan 'n persoon kies om horn nie op die bepalings van die Grondwet te beroep nie en om nie die regte uit te oefen nie. Hy kan egter op enige stadium van plan verander en die regte weer uitoefen, sonder dat hy met 'n pleit van afstanddoening ontmoet kan word. Die reg op regsverteenwoordiging of die reg op stilswye is sprekende voorbeelde hiervan. Die regsfiguur van afstanddoening van regte pas doodeenvoudig nie by hierdie omstandighede in nie. en
verder op bl 20 g-j tot op 21 a-b:
"Ek vind dit verder ook onlogies om te beweer dat die vermoede van onskuld 'n aanduiding na die een of ander kant is. Net soos daar geen plig op 'n beskuldigde rus om die Staat se bewyslas te verlig of te vergemaklik nie, is daar geen plig op die Staat om 'n verdagte so te begelei dat hy nie sy voet teen 'n klip stamp nie. Al wat vereis word, is dat 'n verdagte of aangehoudene op hoogte van sy regte moet wees en dat hy onbelemmerd en vrywillig 'n besluit uitoefen oor hoe hy sy regte gaan uitoefen."
Die benadering van Claassen R is verder teenstrydig met wat Kriegler R in Key v Attorney-General, Cape Provincial Division, and Another 1996(4) SA 187 (CC) op 195-F- 196C se:
'In any democratic criminal justice system there is a tension between, on the one hand, the public interest in bringing criminals to book and, on the other, the equally great public interest in ensuring that justice is manifestly done to all, even those suspected of conduct which would put them beyond the pale. To be sure, a prominent feature of that tension is the universal and unceasing endeavour by international human rights bodies, enlightened legislatures and courts to prevent or curtail excessive zeal by State agencies in the prevention, investigation or prosecution of crime. But none of that means sympathy for crime and its perpetrators. Nor does it mean a predilection for technical niceties and ingenious legal stratagems. What the Constitution demands is that the accused be given a fair trial. Ultimately, as was held in Ferreira v Levin, fairness is an issue which has to be decided upon the facts of each case, and the trial Judge is the person best placed to take that decision. At times fairness might require that evidence unconstitutionally obtained be excluded. But there will also be times when fairness will require that evidence, albeit obtained unconstitutionally, nevertheless be admitted.'
Ek is derhalwe oortuig dat die beskuldigde se regte behoorlik verduidelik was en hy 'n volledige en ingeligte besluit gemaak het toe hy sy betrokkenheid aan die misdaad teenoor Fielies erken het en die uitwysing gemaak het aan Koeries.
Bevinding
[82] Dat die mededelings aan Fielies en die uitwysing aan Koeries gemaak ooreenkomstig die wetlike voorskrifte ingevolge die bepalings van artikel 218 en 219A van die Strafproseswet 51 van 1977 gemaak is.
Verder dat daar nie op die beskuldigde se regte inbreuk gemaak is toe hy dit gedoen het nie.
[83] Die getuinenis van die mededeling en uitwysing, soos reeds vermeld het die beskuldigde aan Fielies die mededeling gemaak het dat hy by die woning was en in sy eie woorde "die selfone by die huis gekry het wat meneer hulle van praat." Waarna die beskuldigde aangebied het om die plek te gaan uit wys.
[84] Die getuienis van die uitwysing is vervat in bewysstuk K hierin en dui die beskuldigde die rigting vanaf die polisie stasie tot die N2 waar hy hulle versoek het om te stop langs die pad hy 'n bos. Daarna het die beskuldigde horn 'n plek uitgewys waar volgens die beskuldigde hy na bewering 2 mans gekry het wat sit en dagga rook het. Vanaf daardie punt het hulle gestap deur die bos na Kerk Straat tot by 'n hoekhuis geel van kleur wat die beskuldigde uitgewys het, as die plek waar die voorval plaasgevind het.
[85] By die huis het die beskuldigde 'n muur uitgewys waaroor hulle gespring het. En volgens die beskuldigde is hulle daarna met die trappe op na die voordeur. Die persoon wat met horn was het eers binne in die huis ingegaan. Op die aand het hy met die voorportaal die huis binnegegaan en die person wat met horn was het die deur gesluit.
[86] Dit was donker. Die persoon wat met horn was het vir horn gese om sy skoene uit te trek en daarna voortgegaan om sy skoene los te maak. Daarna het hy by horn gaan staan en gevoel sy voete is nat. Volgens Koeries het die beskuldigde vir horn daarna die kamer gaan uitwys waar die vrou aangetref was. Daarna het die beskuldigde weer terug gestap na die voorportaal waar die manspersoon aangetref was. Die beskuldigde het ook aan Koeries 'n venster uitgewys waar hy deurgeklim het na buite omdat een van die persone wat saam met horn was die voordeur gesluit het. Daarna het hy 'n sakkie gevat met die selfone daarin.
Dit was die getuienis wat gelewer was vir die Staat.
[87] Die beskuldigde het in sy eie verdediging kom getuig. Hy ontken dat hy die oorledene beroof en vermoor het. Hy was ook nog nooit voor sy arrestasie binne in die huis nie. Rondom die tydperk van die 2 Februarie en 3 Februarie 2010 weet hy nie waar hy was nie. Hy het die eerste keer van die klagtes teen horn gehoor toe hy gearresteer was.
[88] Hy het gedink hy word gesoek vir die Bredasdorp saak waar hy 'n man half dood geslaan het. Hy was ook nog nooit in die Mosselbaai of Oudtshoorn omgewing nie. Hy ken ook nie vir Maria Plaatjies nie en het haar nog nooit gebel nie. Hy ken wel vir Magda Plaatjies, maar hy weet niks van 'n telefoon boekie van haar nie.
[89] Hy weet ook nie hoe om op internet in te skakel of om te bank deur middel van die internet nie. Hy ontken nie dat hy 'n selfoon vir Maria Neels gegee het nie. Hy ontken ook nie dat hy ook 'n selfoon verkoop het aan Willem de Wee nie.
Dit is die selfone wat gedurende die verhoor as bewysstukke ingehandig was.
[90] Hy kan nie presies se waar hy die selfone gekry het nie maar dit was op 'n Sondag of Maandag. Dit was in Buffelsjagsrivier waar hy die selfone gekoop het van 'n man vir R200 wat geld gesoek het om Kaapstad toe te gaan. Hy bevestig ook die insident in Maart 2010 waar hy, toe die polisie vir hom gesoek het, nie met hulle wou gepraat het nie. Hy het die polisie probeer ontglip en vermy. Dit was omdat hy 'n man amper dood geslaan het in Januarie 2010. Daarna het hy rondgeswerf, totdat hy op 13 November 2010 in Robertson gearresteer was.
[91] Hy is na Swellendam gebring en het met Huisamen gesels wie vir hom sy grondwetlike regte verduidelik het. Hy het aan Huisamen gese hy wil nie 'n verklaring af le nie en dat hy sy swygreg uit wil oefen en nie enige vrae wil beantwoord. Hy het ook toe hy in die hof verskyn het, vir die Landdros gese hy wil regsverteenwoordiging he.
[92] Daarna is hy na die polisieselle en is weer deur Fielies uitgeboek. Hy het vir Fielies gese hy dra nie kennis van die moorde nie. Toe hy met Fielies gepraat het, het hy op daardie stadium gevoel het is onder druk en wil die polisie van sy skouers afgehad het. Hy kan onthou dat hy wel vir Fielies gese het dat hy die selfone by die huis gekry het en dat hy tot op die voorstoep gegaan het. Hy kan egter nie onthou of hy vir Fielies gese het of hy die selfone in die huis gekry het nie.
[93] Hy het ook later 'n uitwysing gedoen. Hy kan nie onthou of hy tussen die uitwysing ook met Drysdale gepraat het nie. Hy weet dat daar 'n kaptein van die Moord en Roof eenheid was wat met horn 'n gesprek gehad het voordat hy die uitwysings gaan doen het. Hy ken egter nie sy naam nie.
[94] Die persoon het in gebrekkige Engels en Afrikaans gepraat. Hy vermoed die persoon is 'n Xhosa sprekende persoon. Die persoon het vir horn meegedeel hy was betrokke by die ondersoek.
Die persoon het horn vertel van homself en die person het aan horn vertel hy sit die moord wapen in sy hande en hy (beskuldigde) moet besluit wat hy gaan doen. Op daardie stadium het hy gevoel hy word ingedruk by 'n misdaad wat hy nie gepleeg het nie.
[95] Daarna het hy met Koeries die uitwysing gaan doen. Dit wat hy gaan uitwys het aan Koeries het die kaptein vir horn vertel om te gaan uitwys. Die kaptein (moord en roof) het ook vir horn verduidelik en gese hy moet gaan uitwys waar die mense gele het. Soos die kaptein vir hom vertel het, het die een persoon in die voorportaal gele en die ander persoon in die kamer. Op die manier het hy die plekke gaan uitwys. Die beskrywing wat hy aan Koeries gegee het, is die beskrywing wat die kaptein vir hom gegee het.
[96] Oor dit wat Isak Abrahams of te wel Droppies se hy vir hom gese het, dit ontken hy. Hulle was wel saam in hegtenis aangehou. Hy het wel vir hom gese dat hy "gevang" is oor die selfone. Droppie het wel vir hom gese dat op die dag toe hy sy geld gaan haal het by die huis, was die plek deur die polisie afgekordon want die mense van die huis was vermoor. Hy het nooit vir hom gese dat toe hy by die huis gekom het, toe sien hy die mense is dood en dat hy op die geleentheid die selfone geneem het.
[97] Hy ontken ook dat hy vir Droppie gese het dat hy die mense dood geslaan het en seker gemaak het dat hy die mense doodgeslaan het met 'n piksteel. Toe Lee hom besoek het, het hy wel 'n gesprek gehad met hom en gese Lee moet 'n verklaring kry van Droppies oor wat Droppies vir hom gese het.
[98] Volgens die beskuldigde het Droppies vir hom meegedeel dat nadat hy klaar op die betrokke dag die teels gele het, het hy eenkant in 'n bos ingegaan en opgemerk dat 'n kar stil hou by die huis van die oorledenes en mense klim uit, elkeen met 'n aktetas. Dit was 'n swart kar en die mense wat uitgeken het was swart mense. Dit is wat hy wou gehad het Droppies moes vir die polisie vertel.
Droppies het ook vir horn vertel dat die oorledene, Mnr Els vir horn 'n ongeslypte diamant gewys, het op die dag toe hy daar gewerk het.
Die hof sal verder met die getuienis wat beskuldigde afgele het in kruisondervraging handel tydens die evaluering van die getuienis.
EVALUERING
[99] Die staatsaak berus op omstandigheids getuienis waarvan die meeste daarvan nie in geskil is nie of gemenesaak is.
Die enigste getuienis wat die beskuldigde inkrimineer is die erkenning wat hy gemaak het aan Fielies en die uitwysing wat hy gemaak het aan Koeries en die bekentenis wat hy gemaak het aan Droppies.
[100] Ek sal eers by die getuienis wil staan van Isak Abrahams of te wel Droppies. Hierdie getuie se weergawe het ietwat onsamehangend en verwarrend voorgekom. Hy was met respek ook nie 'n baie intelligente persoon nie, dit kan toegeskryf word aan die feit dat hy maar 'n karige opvoeding gehad het en beswaarlik kan lees en skryf. Sy verhaal oor wat die beskuldigde vir horn gese het blyk nie sin te maak nie. Veral waar hy se dat die beskuldigde aan horn gese het dat hy ingesluip het by die persele van die oorledenes en onder 'n kar weggekruip het, horn weg gaan steek het agter 'n kas vir ure wat nie daar blyk te wees nie. Later uitgekom het en die oorledene vermoor het op 2 Februarie 2010. Dit ook nog terwyl die huiswerker van die oorledenes Stella Nakuphi nie enige kennis dra van die feit dat Droppie sou gewerk het by die huis van die oorledenes op 2 Februarie 2010 nie.
Droppie se getuienis is vir my egter aanvaarbaar ten spyte van die aspekte wat ek uitgelig het en wel om die volgende redes:
a) hy het volgehou en sterk gestaan dat beskuldigde wel aan hom die mededeling gemaak het en het nie afgewyk van die weergawe nie;
b) oor die inhoud en substansie van die mededeling kan hy beswaarlik kwalik geneem word, want dit is nie wat hy ervaar het nie, maar wat hy se die beskuldigde aan hom oor vertel het.
c) hy het die beskuldigde van geen kant af geken nie. Die beskuldigde was vir hom 'n vreemdeling, waarom sal hy so 'n weergawe opmaak teen die beskuldigde.
Daar kan ook nie geargumenteer word dat hy enige belang gehad het daarin om te sien dat beskuldigde inkrimineer word in die aangeleentheid nie. Hy sou ook niks voordeel kon getrek het of ontvang het om die beskuldigde valslik te inkrimineer nie. Op daardie stadium het die beskuldigde ook hom alreeds in 'n mate self inkrimineer by die polisie.
d) Lee het getuig dat die beskuldigde aan hom meegedeel het dat hy 'n verklaring van Droppies moet kry van wat gebeur het. As gevolg hiervan het Droppies die verklaring afgele soos reeds vantevore vermeld ek kan geen rede vind waarom Droppies die storie sou opgemaak het van die beskuldigde nie. Dit was nie asof Droppies uit eie beweging en 'n oorgretigheid getoon het om aan die polisie oor te vertel wat die beskuldigde aan horn vertel het nie. Dit is vereenselwigbaar met die ander getuienis dat die ontstaansbron van die getuienis die beskuldigde homself is.
Dit laat die indruk dat daar deurgaans 'n begeerte aan die kant van die beskuldigde was om die polisie te laat weet wat gebeur het want sy optrede is konsekwent en ooreenstemmend met dit wat hy aan Fielies vertel het en later aan Koeries uitgewys het.
Die mededeling wat hy derhalwe aan Droppies gemaak het, is versoenbaar en konsekwent met sy vorige optrede en ek vind dit derhalwe nie vreemd dat hy die storie wel aan Droppie vertel het nie.
e) Mnr Crafford staaf ook Droppies se weergawe dat hy gewerk het by die oorledenes omdat hy die reelings getref het vir Droppies om te gaan werk by die woning van die oorledenes op 8 Februarie 2010. As Stella Nakuphi se dat Droppies nie daar was op die betrokke dag nie maak sy 'n fout of sy kan dit nie onthou nie.
[101] Daar is derhalwe dan geen rede om nie Droppies se getuienis te aanvaar nie; veral waar hy ook se dat hy op 2 Februarie 2010 die beskuldigde in die omgewing buite die huis van die oorledene gesien het. Die weergawe van die beskuldigde moet as 'n geheel oorweeg word wat dan ook insluit die mededelings wat hy gemaak het aan Fielies en Droppies asook uitwysings gemaak aan Koeries. Die weergawe van die beskuldigde kan in twee aparte gedeeltes opgedeel word, hoewel die evaluering 'n een deurlopende een is.
Die eerste gedeelte is die self inkriminerende weergawe soos voorgehou deur die staatsgetuies. Die ander gedeelte is sy weergawe wat hy gedurende sy getuienis in die hof voorgehou het.
[102] Daar bestaan geen twyfel by die hof dat hy dit wel oorgedra het aan die polisie manne. Die vraag is waar kom hy daaraan? Hoe sou hy geweet het waar die huis van oorledenes was, hoe 'n mens daar uitkom as hy nie self daar was nie? Sy poging wat hy aangewend het in die hof om die hof te ooreed dat hy voorgese was deur 'n onbekende Kaptein van die Moord en Roof eenheid in Kaapstad, om die toneel uit te gaan wys, en te wys waar die oorledenes gele het, is nie oortuigend nie.
[103] Dit is onwaarskynlik dat dit so kon gebeur het. Volgens die getuienis van Fielies het die beskuldigde aan hom gese hy wil die plek gaan uitwys en volgens beskuldigde se eie weergawe was die Kaptein nog nie eers daar nie. Dit was nooit gestel aan Fielies dat iemand moes vir beskuldigde voorgese en verduidelik waar die moord toneel was en op sterkte daarvan het hy die toneel gaan uitwys.
Die algehele weergawe van die beskuldigde is so vergesog dat geen redelike mens dit sal glo nie. Dit is ook deurspek met leuens.
[104] Ek het reeds gese dat ek Droppies se getuienis aanvaar dat die beskuldige aan horn vertel het dat hy die oorledene dood geslaan het.
[105] Mnr van der Berg het geargumenteer dat die hof moet versigtig wees om sonder meer die selfinkriminerende getuienis te aanvaar omdat hy leuens vertel en dat hy teen sy eie leuens moet beskerm word. Gevolglik se hy dat die beskuldigde om die een of ander obskure rede die self inkriminerende weergawes, omdat dit nie konsekwent is nie, gefabriseer het en dat die hof dit nie moet aanvaar as opregte getuienis van self inkriminasie nie en derhalwe nie veel gewig daaraan moet heg nie.
[106] Dit kan nie van 'n hof verwag word om te spekuleer oor waarom die beskuldigde oneerlik is nie veral, waar hy as 'n leuenagtige getuie uitgewys is, nie omdat sy weergawe verskil met die van die staat nie, maar waar sy weergawe verskil met vroeer weergawes wat hyself openbaar het.
Hy het 'n verweer van 'n alibi geopper en as hy 'n opregte alibi gehad het, waarom se hy nie so nie, maar inkrimineer horn eerder self. Hieruit is dit duidelik dat hierdie nie 'n opregte en betroubare verweer is nie, maar eerder een is wat hy later opgedis het.
[107] As 'n mens soos Mnr van der Berg geargumenteer het en die self inkrinerende getuienis gaan toets aan die hand van objektiewe feite is die volgende opvallend:
a) Op 2 Februarie 2010 omstreeks 11h30 word die beskuldigde in 'n sloot in die omgewing van die huis van die oorledenes deur Droppies gesien.
b) Die beskuldigde was in besit van die selfone van die oorledenes omstreeks 6h55 op die oggend van 3 Februarie 2010, net 'n bietjie onder twaalf ure nadat die eerste oorledene laas lewendig gesien was deur Mnr van Vuuren die vorige aand om 20h30.
Ek se dit, omdat alles daarop dui dat dit beskuldigde is, wat 'n oproep gemaak het van die selfoon van een van die oorledenes na Rebecca Plaatjies om sy eertydse meisie Magda Jantjies te gaan soek.
Dit is onwaarskynlik dat iemand anders toevallig met 'n selfoon wat later in die besit van die beskuldigde sou kom, 'n oproep sal maak na 'n kennis van die eertydse meisie van die beskuldigde.
As die selfoon van die een oorledene in die besit van die beskuldigde was, moes die ander een ook in sy besit gewees het. Dit moes binne 'n paar uur gewees het nadat die moorde gepleeg was.
c) Nadat die polisie die selfone opgespoor het en die beskuldigde vir Maria Neels vir wie hy die een selfoon gegee het en Joseph Meyer aan wie hy die selfoon verkoop het dit die polisie sy spoor geplaas. Hulle kry hom in die diens van Mnr Joseph Meyer op 28 Februarie 2010. Hy weier om met die polisie te praat op die dan weer op 4 Maart 2010 vlug hy vir die polisie. Daarna verdwyn hy spoorloos en beweeg rond onder 'n valse naam tot en met 13 November 2010 toe hy gearesteer word.
d) Na sy arrestasie moes hy en hy het geen keuse gehad om vir die polisie te vertel hoe hy in besit gekom het van die selfone nie. Eers wou hy nie praat nie. Hy word later aangepor en kom vorendag met 'n gedeelte van die waarheid deur sekere mededelings aan Fielies te maak. Hy se later hy sal die plek gaan uitwys wat hy wel doen aan Koeries.
e) As hy nie daar was nie en ook nie vir Swellendam geken het nie, hoe sou hy weet om vir 'n polisie man, wat ook nie Swellendam ken nie om, die plek te gaan uitwys. Hoe sou hy geweet het hoe die moordenaars by die plek ingekom het as hy nie daar was nie of hy nie self daaraan deelgeneem het? Hoe sou hy geweet het waar die eerste oorledene se lyk gele het en waar die tweede oorldene sy lyk gele het?
f) Verder word 'n voetafdruk van horn geneem deur Huisamen en om die bestaan van die voetafdruk te verduidelik gee hy 'n onsinnige, onlogiese en leuenagtige verduidelik dat op die aand toe hy en een van die persone wat met horn was, het hulle, hulle skoene uitgetrek. Dit is amper asof hy hierdeur 'n verduideliking wou gee vir sy voetafdruk as dit sou bewys word dat dit syne was.
g) Later in die gevangenis en polisieselle nadat Droppie horn herken het, as die person wie hy gesien het, die dag toe hy gewerk het by die huis van oorledenes, se hy hy het die mense dood geslaan.
Dit is duidelik dat die beskuldigde op 'n onbeholpe maar broksgewyse manier homself geTnkrimineer het en ook in sy self inkriminerende weergawes 'n verontskuldigene element inbou. Vir Fielies se hy hy was by die huis en die selfone gevat maar nie in die huis nie. Vir Koeries se hy later hy was in die huis, maar het die selfone gevat, maar die mense was alreeds dood. Vir Droppies gee hy 'n eienaardige verduideliking oor hoe hy in die huis gekom het en vir 'n lang tyd in die huis gewag het en horn versteek op so 'n manier agter 'n kas wat amper ontmoontlik is om te glo.
[108] Die afleiding is onafwendbaar dat die beskuldigde meer weet van die voorval wat gelei het tot die dood van die oorledenes as wat hy voorgee en hy in die beste posisie was om die inligting bekend te maak. Nou probeer hy die hof mislei daaroor en nie in sy vertroue neem nie, veral waar alles daarop dui dat hy 'n besondere en intieme kennis gehad het oor die omstandighede van die misdaad soos hieronder uitgewys.
[109] Op die objektiewe getuies moes hy by die huis gewees het, want hoe sou hy dit vir Koeries kon uitgewys het. Op die objektiewe getuienis moes hy teenwoordig gewees het, toe die oorledenes vermoor gewees het want hoe sou hy geweet het waar die man gele het (in die voorportaal). Die vrou het hy uitgewys het gele in die slaapkamer. Dit is ook hoe die polisie die oorledenes op die toneel gekry het maande voor die uitwysing. Op die objektiewe getuienis, op 4 Februarie 2010 hoekom as hy 'n alibi gehad het vlug hy en swerf rond onder 'n valse naam. Sy rede wat hy gegee het waarom hy dit gedoen het oortuig nie hof nie.
[110] Sou ek die objektiewe getuienis versoen met die self inkriminerende getuienis is ek bo redelike twyfel daarvan oortuig dat die beskuldigde wel die persoon is wat die oorledenes vermoor het. Die optrede van die beskuldigde strook met die van 'n persoon wat hom met die misdaad wou vereenselwig en nie met die van 'n onskuldige persoon nie. Dit is eerder versoenbaar met dit van 'n persoon wat betrokke was by die misdaad en sy betrokkenheid wou erken, maar versigtig was om met alles vorendag te kom.
[111] Dit is derhalwe nie moeilik vir die hof om die leemtes aan te vul deur ander getuienis om by sy skuld bo redelike twyfel uit te kom nie. Die getuienis is derhalwe genoegsaam om te bevind bo redelike twyfel dat hy gedurende die aand van 2 Februarie 2010 die huis van die oorledenes oopgebreek het deur 'n venster te klim. Daarna die oorledenes aan te val en hulle van hulle selfone te beroof. Die getuienis is nie genoegsaam om te bevind of hy ook die ring en horlosie van Elsie Els gesteel het nie.
[112] Die beskuldigde word derhalwe skuldig bevind op die volgende klagtes:
1. Huisbraak met die opset om 'n misdryf aan die Staatsaanklaer onbekend te pleeg;
2. Roof met verswarende omstandighede van die twee selfone soos vermeld in die akte van beskuldiging van die twee oorledenes;
Moord op die oorledene Nicolaas Els; en
4. Moord op die oorledene Elsie Els.
R C A HENNEY, R