South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 314

| Noteup | LawCite

S v Van Wyk (SS263/91) [2011] ZAWCHC 314 (26 July 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE H0E HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)


SAAKNOMMER:SS263/91

DATUM: 1 NOVEMBER 1991

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

HENDRIK VAN WYK




VONNIS




WILLIAMSON. R



Die beskuldigde is skuldig bevind aan moord en roof met verswarende omstandighede. Die wrede en genadelose manier waarop hierdie ou vrou van 85 jaar gemoor en beroof is, is in die hoof uitspraak voltedig beskryf en dit is nie nodig om dit te herhaal nie. Om ft weerlose ou vrou in haar eie huis aan te val, beroof en vermoor, is vansselfsprekend uiters strafverswarend.



Die beskuldigde is 27 jaar oud en het ft slegte rekord wat bestaan uit vyf vorige veroordelings van uitspraak met die opset om te steel, diefstal, een vir diefstaf. Die huidige misdade is gepleeg net ft maand nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is waar hy twee jaar gevangenisstraf uitgedien het. Dit is duidelik dat hy V» gevaar vir die gemeenskap is. Dit is ook duidelik dat die doodstraf Yi gepaste straf is en mnr Sher, wie op 'n baie bekwame manier die beskuldigde se verdediging hanteer het, het dit toegegee, maar hy het gesubmiteer dat dit nie die enigste gepaste staf is nie, soos mnr Broeksma. vir die Staat, betoog het.



Wat vir ons van besondere belang is, is die getuients van me Sonette Meyer, 'n kliniese sielkundige wie deur mnr Sher geroep is om oor die beskuldigde se agtergrond en persoonlikheid te getuig. Sy het 'n baie gunstige indruk op ons gemaak en dit is duidelik dat sy haar van haar taak op Vi deeglike en bekwame manier gekwyt het. Haar verslag is Bewysstuk E en sy het die inhoud daarvan bevestig en daarop uitgebrei. Die beskuldigde toon geen gewelds neigings nie, en is tot 'n mate verstandeiik gestrem met "n tK van 65. Hy het homself baie goed in die gevangenis gedra en daar was positiewe gedragsresponse en hy het sy samewerking gegee. Sy agtergrond en lewensomstandighede soos deur me Meyer geskets is power en 'n mens kry horn jammer. Soos deur me Meyer beskryf is die temas wat in een van die toetse voorkom deur haar soos volg gekategoriseer; alleen mens, mismoedigheid, depressie, geen sin vir die lewe, swak familie omstandighede, frustrasie, geen tekens van aggressie net voorgekom nie.



Nadat hy uit die gevangenis ontslaan is, is hy terug na die aardmoeder van sy moedershuis in Belhar. Hy het gepoog om werk te kry, maar sonder sukses. Dit was onder die omstandighede wat atmal versagtend is, dat hy die huidige misdade gepleeg het. As gevolg van die getuienis van me Meyer en die insiggewende prent wat sy van die beskuldigde geskets het, is ek van oordeel dat die doodstraf nie die enigste gepaste straf is nie. Dit beteken nie dat hierdie nie 'n uiters ernstige geval is nie, die belange van die gemeenskap eis ft baie swaar straf.



Ek is van mening dat op die moordaanklag LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF DIE GEPASTE STRAF IS EN DIT IS DIE GEVANGENIS WAT EK OPLE. OP DIE ROOF MET VERSWARENDE OMSTANDIGHEDE IS DIE VONNIS 10 (TIEN) JAAR GEVANGENISSTRAF. wat met die vonnis op die moordaanklag sal verloop.


WILLIAMSON, R

26/07/2011