South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 170

| Noteup | LawCite

Makier v S (A559/2010) [2011] ZAWCHC 170 (11 March 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOC HOF, KAAPSTAD)




SAAKNOMMER: A559/2010

DATUM: 11 MAART 2011

In die saak tussen:

NICHOLAAS MAKIER ….....................................................................Appellant

en

DIE STAAT ….................................................................................Respondent




UITSPRAAK






LOUW. R:



Die appellant wat deurgaans deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is, het op 23 Julie 2007 in die Streekhof op Ladismith onskuldig gepleit op twee aanklagte, te wete dat hy op 17 Augustus 2006 by die woning van Elizabeth Albertus ingebreek het met die opset om h misdryf onbekend aan die staat te pleeg en dat hy op dieselfde dag vir Elmercia Albertus vermoor het deur haar verskeie kere met 'n mes te steek. Ten opsigte van die eerste aanklag is daar namens die appellant 'n pleitverduideliking verstrek, te wete dat hy wel op 'n stadium vroeg die betrokke oggend die huis betree het, maar dat hy dit deur 'n oop deur gedoen het vir 'n regmatige doel. Op die tweede aanklag was daar slegs 'n totale ontkenning dat hy die moord gepleeg het.



Op 26 November 2009 is die appellant op altwee aanklagte skuldig bevind, te wete op die eerste aanklag aan inbraak met die opset om te vermoor en op die tweede aanklag aan moord. Wat die tweede aanklag betref, het die hof bevind dat dit Yi vooraf beplande moord was en dat die appellant die direkte opset gehad het om die oorledene te dood. Op 19 Maart 2010 is die appellant tot lewenslange gevangenisstraf op altwee aanklagte, wat vir doeleindes van vonnis saamgeneem is, gevonnis. Op dieselfde dag is daar aan die appellant verier verleen deur die hof a quo om teen sy skuldigbevinding en die vonnis wat horn opgele is te appelleer. Die appellant appelleer dus nou teen beide sy skuldigbevindings en die vonnis wat horn opgele is.



Die oorledene se liggaam is vroeg die oggend van 17 Augustus 2006 'n ent, daar was 'n skatting van 32 meter maar later is dit gemeet en dit is ietwat verder gewees, vanaf die huis waar die oorledene by haar moeder en ouma op Zoar gewoon het, deur van haar bure gevind. Die nadoodse ondersoek wat die volgende dag deur dr Barnard uitgevoer is, het getoon dat die oorledene 24 steekwonde toegedien is wat haar dood veroorsaak het. Daar is geen ooggetuies van wie die oorledene gedood het nie. Daar is egter omstandigheidsgetuienis wat toon dat daar by die oorledene se moeder se huis ingebreek is. Die knip van 'n venster wat na die voorval oop gestaan het, en wat volgens die oorledene se moeder toe was toe sy vroeg die oggend uit die huis weg is, was gebreek. Daar is ook aanduidings gevind dat daar deur hierdie venster toegang tot die huis verkry is.



Voorts impliseer omstandigheidsgetuienis die appellant in die dood van die oorledene. Dit is gemene saak dat die oorledene en die appellant in Yi verhouding betrokke was en dat die oorledene se familie, en in besonder haar moeder, nie gediend was met die verhouding nie. Hoewel die appellant en die oorledene vir Yi tyd lank in die oorledene se hophuis op Zoar saamgewoon het, is die oorledene ongeveer twee maande voor haar dood terug om by haar moeder in 'n ander deel van Zoar te gaan woon. Nege dae voor die voorval het die oorledene Yi beskermingsbevel teen die appellant verkry. Daar is getuienis van Zenobia en Johanna le Roux, wat bure van die oorledene en die appellant was, dat die appellant voor die voorval aan hulle gese het dat hy die oorledene gaan doodmaak en dat hy daarna selfmoord gaan pleeg.

Kaptein Linde, wat die ondersoekbeampte in die saak was, het getuig dat die appellant in die hospitaal waar hy vir sy wonde verpleeg is, aan horn ges6 het dat hy die oorledene doodgemaak het. Yi Ander getuie, Jacques Albertus, wat saam met die appellant in aanhouding was, het getuig dat die appellant aan horn gese het dat hy die oorledene uit die huis geneem het, maar dat hy haar nie doodgemaak het nie. By die borgverhoor het die appellant getuig dat hy gaan skuldig pleit op die moordaanklag. Die oorledene se grootmoeder wat in die huts was, maar hardhorend is, het getuig dat sy in die loop van die nag gehoor het hoe die oorledene die appellant se naam noem. Twee bure van die oorledene se moeder, Finsia en Helmina Louw het getuig dat hulle ongeveer vyfuur die betrokke oggend gehoor het hoe die oorledene om hulp roep en s§ dat die appellant besig is om haar te steek.



Die appellant het getuig dat hy toevallig tussen drie- en vieruur die betrokke oggend buite die oorledene se moeder se huis vir Yi geleentheid na Oudtshoorn gewag het toe hy die oorledene hoor roep het na haar broer, Wentley Sy het ook sy naam, Nicholaas, genoem in die geroep. Hy het toe nader gegaan en ondersoek ingestel en in Yi geheel en al onwaarskynlike weergawe vertel van Vi persoon wat hy oor die oorledene sien buk het. Hy het nader gegaan en met die persoon in Yi gestoei geraak en is aan sy hand gewond deur die mes wat die persoon by horn gehad het In die gestoei het die mes geval en die persoon het in die donker weggehardloop. Volgens die appellant het hy daarna eers deur die kombuisdeur van die huis wat oop gestaan het, in die huis gegaan om te kyk of die oorledene se ouma en kleinkind van drie jaar veilig is. Hy het egter nie verder as die drumpel van die huis gekom nie en het omgedraai. Hy is toe terug na waar die oorledene gele het. Hy het haar vasgehou en het oenskynlik tot die gevolgtrekking gekom het dat sy reeds dood is.



Hy het daarop besluit om nie alarm te maak nie, maar om die onbekende persoon in die donker te agtervolg. Hy het hierdie persoon nie kon opspoor nie, maar het nie teruggegaan om alarm te maak nie, maar nietemin verder geloop en het later, ongeveer 1,2 kilometer vanaf die toneel, onder Yi digte bos gaan sit en gepoog om selfmoord te pleeg deur sy poise te sny met die mes wat hy by die toneel opgetel het. Hy het toe sy bewussyn verloor, maar toe hy bykom, is hy terug na die woonbuurt waar hy en die oorledene vir Yi tyd lank saamgewoon het. Daar het hy by Yi buurman, Frans Volmink, aangeklop, wat horn iets gegee het om te eet en te drink en waar hy aan die slaap geraak het. Daar is hy later die aand deur die polisie arresteer. Hy is, volgens horn, nie na die polisie nie, omdat hy gedink het dat hy van die moord op die oorledene verdink sou word



Ek meen dat die omstandigheidsgetuienis teen die appellant oorweldigend is en dat die enigste redelike afleiding uit al die feite is dat hy wel by die huis ingebreek, dat hy daar die oorledene wonde toegedien het, haar uit die woning uit geneem het na die plek waar haar liggaam naby die huis gevind is, en haar daar gelaat, of voordat hy haar daar gelaat het, verdere wonde toegedien het. Die landdros het bevind dat die appellant die oorledene met voorbedagte rade doodgemaak het.



Die vraag is of hierdie "n geval was van moord waar dit beplan of met voorbedagte rade gepleeg is soos bedoel in Deel I van Bylae 2 tot Wet 105 van 1997. Hierdie begrippe word nie in die wetgewing omskryf nie en daar moet gevolglik na die gewone betekenis van die woorde in die konteks van die wetgewing in die geheel gekyk word. Die verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal, HAT, 4de Uitgawe. gee die volgende betekenisse vir die woord beplan, beplan, uitwerk, bedink en vir die woord voorbedag as vooraf beplan, opsetlik, met oorleg, moord met voorbedagte rade, met beplanning en oorleg, bewus van die gevolge. Die Concise Oxford English Dictionary, 10de Uitgawe hersien, gee die betekenis van premeditate, as to think out a plan (an action, especially a crime) beforehand. En die betekenis van die werkwoord plan, as to decide on and arrange in advance.



Moord is Vi opsetsmisdaad en moord wat beplan of met voorbedagte rade, soos bedoel in die wetgewing. gepleeg word, moet dus iets meer wees as net die opsetlike dood van h ander. Die enigste redelike afletding uit die getuienis moet dus wees dat die appellant nie net die dade met opset om te dood gepleeg het nie, maar ook die dood van die oorledene beplan het in die sin dat hy h plan uitgewerk het en vooraf bedink het van wat hy gaan doen. Dit is baie duidelik uit die wyse waarop die oorledene gedood is, dat sy met die direkte opset om haar dood te maak deur die appellant aangeval is.



Die landdros het op verskeie feite gesteun vir sy bevinding dat hierdie 'n geval was van vooraf beplanning. Hy het onder andere verwys dat die skoene wat in die erf van die oorledene se moeder gevind is, hierdie skoene is nooit bo redelike twyfel met die appellant verbind nie. Hy het ook verwys na die feit dat omdat die appellant by natuurbewaring gewerk het en hy bewus was van die feit dat die oorledene se moeder 'n besigheid gehad het wat sy dekriet gesny en verkoop het, sou geweet het dat sy, dis nou die moeder, vroeg die oggend uit die huis sou weg wees. Dit mag so wees, maar daar is geen getuienis dat hy geweet het dat sy hierdie betrokke oggend ook vroeg uit die huis sou weggaan om in Calitzdorp dekriet te gaan sny nie.



Hy het verwys na die feit dat die appellant die moord ontken het en dus nie Vi verduideliking gegee het oor hoekom hy die moord gepleeg het. Dit is eintlik 'n neutrale feit, dit beteken maar net dat die hof aangewys is op die omstandighede en feite soos die staat dit voor die hof geplaas het. Ook verwys na die feit dat die oorledene bang was vir appellant. Dit beteken nie dat die moord beplan is. Hy het ook verwys na die feit dat die appellant het voorheen mededelings gemaak dat hy die appellant gaan doodmaak en dat hy daarna gaan selfmoord pleeg, wel dit beteken ook nie dat hy hierdie betrokke daad op daardie dag vooraf beplan het nie.



Daar is ook verwys na die feit dat die appellant se rugsak ongeveer 340 meter vanaf die oorledene se woonplek gevind is en oenskynlik lei die landdros daaruit af dat die appellant by die plek gesit het en vir "n tyd lank die huis waar die oorledene gewoon het dopgehou het. Daar is nie getuienis oor wanneer presies daardie rugsak daar geplaas is nie. Volgens die appellant se weergawe van sy optrede na die tyd, het hy die rugsak eers na die tyd daar geplaas. Daar is ook verwys na die feit dat die appellant aan kaptein Linde gese het dat hy die oorledene gedood het omdat haar familie teen die verhouding was en dat hulle dus die oorsaak was van haar dood. Dit dui ook nie noodwendig op vooraf beplanning nie.



Dit is dus na my mening duidelik dat op die feite van hierdie saak, daar nie bevind kan word dat die enigste redelike afleiding is dat die appellant die oorledene se dood vooraf beplan het nie. Die voorgeskrewe vonnis is dus nie lewenslange gevangenisstraf in hierdie geval nie. Ek mag ook meld dat selfs al sou hierdie geval gewees het waar die minimum vonnis van toepassing was, die vonnis, na my mening op die feite en omstandighede in hierdie saak, buite verhouding sou wees tot die aard en erns van die misdryf, die appellant se persoonlike en ander omstandighede, en die verwytbaarheid van die appellant. Hoe dit ook al sy, weens die bevinding dat hierdie nie bewys is as Yi vooraf beplande moord nie, is hierdie hof in die posisie om weer na die kwessie van vonnis te kyk.



Ten tyde van die pleging van die misdrywe, was die appellant 43 jaar oud en het hy tot kort voor die voorval vir natuurbewaring op Oudtshoorn gewerk. Op 7 Augustus 2006, dis maar etlike dae voor die voorval, is die appellant op 50 aanklagte van diefstal skuldig bevind, wat almal saamgeneem is vir doeleindes van vonnis en is hy 12 maande gevangenisstraf, wat vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort is. gevonnis. Die appellant was dus ten tyde van die pleging van die misdrywe werkloos en ek meen dat dit duidelik uit al die omstandighede is dat hy in Yi emosioneel onstabiele toestand was.

Hy het gepoog om die oorlede te oortuig om met hulle verhouding voort te gaan en op 10 Augustus 2006, dit will se sewe dae voor die voorval, het hulle twee saam Yi berader besoek wat getuig het dat hulle altwee berading wou ontvang vir hulle verhouding. Die landdros se in sy uitspraak op vonnis, dat daar iets tussen die appellant en die oorledene verkeerd geloop het, maar dat dit nie aan horn bekend is wat presies gebeur het nie. Die appellant het die oorledene, vir wie hy oenskynlik lief was, vermoor en hy het kort daarna gepoog om selfmoord te pleeg.



In S v Venter 2009 (1) SASV 465 (HHA), het die hof te doen gehad met 'n man wat sy twee kinders van vier en vyf jaar oud doodgeskiet het en gepoog het om sy vrou, wat hy ook raak geskiet het, dood te maak en daarna selfmoord gepleeg het. Die Rondgaande Hof het 'n effektiewe vonnis van 10 jaar gevangenisstraf opgele en die staat het geappelleer na die Hoogste Hof van Appel, 'n meerderheidsbeslissing was dat die vonnis in die omstandighede verhoog moet word na 18 jaar gevangenisstraf. In daardie geval was daar getuienis van die omstandighede en die geestestoestand van die appellant en die hof het dan ook bevind dat dit 'n geval was van verminderde toerekeningsvatbaarheid. Appelregter Nugent het die volgende opmerking gemaak ten opsigte van daardie saak:



"It is tragic whenever a man reaches a state of despair that resigns him to suicide, but the law would fail if it did not make it absolutely clearly that his wife and children are not his property to take with him to eternity."



Ek meen dat in hierdie geval dit ook baie duidelik gemaak moet word dat 'n persoon wat in 'n verhouding met 'n ander persoon is wat nie na sy mening verloop soos dit behoort te verloop nie, geen reg het om dan daardie ander persoon se lewe te neem nie. Ek meen egter ook dat 'n mens moet die emosionele toestand waarin 'n persoon onder sulke omstandighede baie keer is, in ag moet neem. Lewenslange gevangenisstraf meen ek nie is 'n geskikte vonnis in die omstandighede van hierdie geval nie. Ek meen egter dat 'n lang termyn van gevangenisstraf wel opgel£ moet word en dat in hierdie geval 'n vonnis van 25 jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis sal wees. So 'n vonnis sal ook, onder andere, effek gee aan die feit dat die appellant ten tyde van vonnisoplegging alreeds drie jaar en drie maande in aanhouding was. Ek sou dus die volgende bevel maak:


1. Die appel teen die skuldigbevinding op aanklag 1, huisbraak met die opset om te moor en aanklag twee, moord, word afgewys.

2. Die appel teen vonnis slaag en die volgende vonnis word op aanklagte 1 en 2 wat saamgeneem word vir doeleindes van vonnis opgele 25 (VYF-EN-TWINTIG) GEVANGENISSTRAF



FORTUIN, R: Ek stem saam.



FORTUIN, R




LOUW. R: Dit word dan so beveel



LOUW. R