South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 124

| Noteup | LawCite

Steenkamp NO and Another v Kleyn and Another (5241/2010) [2011] ZAWCHC 124 (2 February 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNR: 5241/2010


In die saak tussen:



J. J. STEENKAMP, N.O. ….........................................................................Eerste Eiser

M. R. JOSEPH, N.O. ….............................................................................Tweede Eiser




en

E. P. KLEYN ….........................................................................................Eerste Verweerder

OUDTSHOORN REKENINGKUNDIGE EN

FINANSIELE DIENSTE BEPERK …...........................................................Tweede Verweerder




UITSPRAAK GELEWER OP 2 FEBRUARIE 2011




1. Hierdie is die beregtiging van twee teenstrydige prosedurele aansoeke. Aan die een kant bring die verweerders 'n tweeledige kondonasie aansoek vir eerstens die opheffing van 'n belet en tweedens vir verlof om buite tyd 'n kennisgewing ingevolge Eenvormige Hofreel 30(2){b) af te lewer. Eersgenoemde sal meebring dat die verweerders hul voorgenome reel 23(1) kennisgewing sou mag liasseer. Ingevolge laasgenoemde sal kennnis gegee sal word aan die eisers om n onreelmatige stap reg te stel, naamlik die versuim van die prokureur om die besonderhede van eis te onderteken.

2. Die eisers, daarenteen, loods 'n aansoek ingevolge reel 30 in welke aansoek die eisers weens vonnis teen die verweerders vra weens die beiet waaronder die verweerders verkeer.

3. Mnr Coetzee, wie namens die verweerders verskyn het, het aan die hand gedoen dat die aansoek om opheffing van die belet waaronder die verweerders verkeer, eerstens bereg word, waarna die aansoek om vonnis teen die verweerders oorweeg sou word.

4. Mnr Vivier, wie namens die eisers verskyn het, het ingestem tot die werkswyse.

5. Die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die aansoeke is as volg. Die eisers, in hul hoedanighede as likwidateurs in die boedel van Camelus Voere BK {in likwidasie), het gedurende Maart 2010 'n eis teen die verweerders ingestel vir die betaling van skadevergoeding in die bedrag van R17 224 336,00.

  1. Die verweerders het verskyning aangeteken ter verdediging van die aksie, waarna die eisers n aansoek om summiere vonnis geloods het. Op 5 Mei 2010 is die aansoek om summiere vonnis geweier en is daar verlof aan die verweerders verleen om die aksie te verdedig. Ek verpoos om daarop te wys dat die verweerders reeds in hul opponerende verklaring tot die summiere vonnis aansoek volledig voorbrand gemaak het vir verwere wat nou blyk vervat te wees in die reel 23(1) en 30(2)(b) kennisgewings wat geliasseer staan te word indien die belet opgehef sou word.

7. Op 7 Junie 2010 is 'n kennisgewing van belet op die verweerders beteken. Dienooreenkomstig moes die verweerders laastens teen Maandag, 14 Junie 2010, reageer op die kennnisgewing van belet.


8. Op 14 Junie 2010 is die verweerders se kennisgewing ingevolge eenvormige hofreel 23(1) by wyse van faksimilee aan die eisers se prokureur te Kaapstad versend en die oorspronklike kennisgewing is die volgende dag, 15 Junie 2010, afgelewer. Die omstandighede waaronder die kennisgewing een dag laat beteken is word hieronder voliedig uiteengesit.


9. In die reel 23(1) kennisgewing word die volgende gronde van 'n voorgenome eksepsie uiteengesit:

(a) Dat die verweerders nie by magte is om te pleit op die vae beweringe rakende die "rekeningkundige dienste" wat na bewering aan Camelus Voere BK gelewer is nie; en dat die woorde "tot wattermate tweede verweerder betrokke sou wees om rekenkundige dienste aan Voere te fewer", en "insoverre eerste of tweede verweerder enige aspek daarvan alieen verhg het" vaag en verwarrend is;

(b) Dat dit onduidelik is of die eisers se hoof-eisoorsaak op kontrak aldan delik gebaseer is; dat dit verder onduidelik is of die eisers in die alternatief tot 'n kontrak op 'n delik steun; en dat die besonderhede van vordering verwarrend is en dat die verweerders nie daarop kan pleit nie.

(c) Ten aansien van die tweede verweerder word aangedui dat eksepsie aangeteken word deurdat:


(i) geen kontraktuele verhouding tussen Camelus Voere BK en
die tweede verweerder gepleit word nie;


(ii) in die afwesigheid van 'n kontaktueie verhouding. die eisers slegs op 'n delik kan steun op grond van 'n beweerde of bewese regsplig; en


(iii) die besonderhede van vordering geen beweringe bevat op grond waarvan n regsplig bevind kan word aanwesig te wees nie; en


(iv) dat nie een van die eisoorsake strook met, of die eisers geregtig maak op die regshulp vervat in die bedes ten opsigte van die tweede verweerder nie.



10. Ek verpoos om daarop te wys dat


(a) die verweerders reeds in die opponerende verklaring tot die summiere vonnis aansoek, waarin die voorgenome eksepsie ten opsigte van die beweerde onvoltooide eisoorsaak teen die tweede verweerder volledig uiteengesit was; en waar die voorgenome gronde dat die besonderhede van eis vaag en verwarrend is ook uiteengesit was



(b) in daardie opponerende verklaring die punt ook geneem was dat daar nie voldoen was aan eenvormige hofreel 18(1) nie deurdat die besonderhede van vordering nie deur 'n prokureur onderteken was nie. Gevolglik, so is daar aan die hand gedoen, is daardie besonderhede van vordering gebrekkig en stel dit 'n onreeimatige stap daar soos bedoel deur eenvormige hofreel 30.



11. Daarna het die partye die volgende prosedurele stappe gedoen:

(a) Op 18 Junie 2010 het die eisers kennis gegee ingevolge eenvormige hofreel 30 dat daar aansoek gedoen sal word vir die tersydestelling van die verweerders se reel 23(1) kennisgewing aangesien hulle van oordeel is dat die kennisgewing '"n onreelmatige stap daarstel aangesien respondente ipso facto onder belet was ten tyde van die aflewehng van gemelde kennisgewing".

(b) Op 21 Junie 2010 het die verweerders op hul beurt n kennisgewing ingevolge reel 30(2)(b) gegee ingevolge waarvan hulle gesteun het op die beweerde onreelmatigheid dat die besonderhede van eis nie voldoen aan die vereistes van reel 18(1) nie, en die eisers is 10 dae gegun om die gebrek reg te stel.

(c) Op 19 Julie 2010 het die eisers 'n aansoek ingevolge reel 30 geloods vir die tersydestellling van die verweerders se reel 23(1) kennisgewing, en vir vonnis teen die verweerders. Die eisers lewer 'n kennisgewing af dat hulle die aansoek ingevolge reel 30 te rolle geplaas het vir 4 Augustus 2010.


(d) Op 2 Augustus 2010 het die verweerders 'n aansoek ingevolge reel 27(1) geloods waar kondonasie versoek word vir


(i) die laat aflewering van die reel 30(2)(b) kennisgewing,
gedateer 21 Junie 2010 - waarin daar op reel 18(1) gesteun
word; en


(ii) die opheffing van die belet waaronder die verweerders
verkeer.


12. Dit is gepas om die feite agtergrond waarteen voormelde stappe gedoen is van naderte betrag.


(a) Op 18 Junie 2010 het mnr Sandenbergh, die eisers se prokureur van rekord, in n skrywe gerig aan sy eweknier mnr Nico Smit, prokureur van rekord namens die verweerders, waarin hy verklaar het dat die kennisgewing ingevolge reel 23(1) op Dinsdag, 15 Junie 2010, beteken is, dat die verweerders ipso facto onder belet is, en dat die kennisgewing derhalwe buitens tyd was. Hy het aangedui dat n kennisgewing ingevolge reel 30 beteken sou word en dat "in 'n poging om u kliente tegemoet te kom veheen ons kliente weereens hiermee hul uitnodiging dat u klient hut pleite kan afiewer teen taastens 25 Junie 2010"



(b) In sy antwoord op voormelde skrywe, dateer 21 Junie 2010, het mnr Nico Smit


(i) daarop gewys dat hy mnr Sandenbergh op 14 Junie 2010 telefonies versoek het om uitstel tot 25 Junie aangesien die advokaat wat reeds opdrag ontvang het. uitstedig was en eers op 21 Junie terug op kamers sou wees Die versoek was onsuksesvol (dit blyk nie of dit uitdruklik geweier was nie), maar het mnr Smit voortgegaan om self n reel 23 kennisgewing op te stel en dit dieselfde dag aan mnr Sandenbergh per faksimilee te versend.


(ii) as volg vermeid: "Daar kan geen nadeel vir u klient wees om in te stem tot die ontvangs van die eksepsie nie, aangesien u binne die tydperi< toegelaat deur u belet, per faks kennis gekry het daarvan, en dit die volgende dag formeel afgelewer was".


(iii) voortgegaan en daarop gewys dat indien die reel 23 kennisgewing inderdaad buite tyd was, dan het die verweerders geen verdere stap geneem soos bedoel in reel 30(2)(a) nie en sou daar voortgegaan word met die aflewering van 'n reel 30(1) kennisgewing.


(iv) derhalwe formeel toestemming versoek om die voorgenome reel 30(1) kennisgewing buite die 10 dae tydperk soos bedoel in reel 30(2)(b) af te lewer; die reel 23(1) kennisgewing buite tyd af te lewer, by gebreke waaraan die hof genader sou word vir die tersaaklike regshulp.



(c) Op 25 Junie 2010 het mnr Sandenbergh geantwoord en wel as volg:



"Soos reeds uiteengesit in ons skrywe aan u op 14 Junie 2010 wil ons kli&nt die aangeleentheid so spoedig moontlik op die roi laat inskryf vir 'n verhoordatum en is dit ons opdragte om u streng by die tydperke te hou. Ons klient was wel bereid om u klient geleentheid te bied om hul pleit op die mehete af te lewer teen laastens 25 Junie 2010 sou daar nie volhard word met die tegniese besware soos geopper in u klient se opponerende eendsverklahng tot die summiere vonnis aansoek nie.


Dit blyk egter duidelik uit u skrywe dat u klient steeds van voomeme is om te volhard met die tegniese besware en kan ons nie toestem tot u klient se versoeke nie."


(d) Mnr Smit verduidelik in sy loodsende eedsverklaring dat alhoewel die kennisgewing van belet op 18 Junie 2010 deur sy sekretaresse ontvang was, en aangesien dit die praktyk was dat alle sodanige kennisgewings persoonlik oorhandig moes word (en nie bloot op sy tafel geplaas moes word nie), dit eers op 14 Junie 2010 was toe die kennisgewing by sy sekretaresse se terugkeer na haar siekte. onder
sy aandag gebring was


(e) Soos blyk uit die opponerende verklaring van die eerste eiser, mnr Steenkamp -



(i) het die eisers die standpunt ingeneem dat die kennisgewing van belet slegs opgehef sou word indien die verweerders sou onderneem om 'n eis op die meriete te liasseer ("die belet nie opgehef sou word vir enige ander doe! as om n pleit te liasseer teen 25 Junie 2010 nie"). Mnr Steenkamp wys voorts daarop dat daar geen verduideliking was vir die versuim om 'n verweerskrif te liasseer binne die 20 dae nadat die summiere vonnts op 5 Mei 2010 afgewys is nie - verai waar die verweerders daarvan bewus was dat hulle slreng by die tydperke neergele in die hofreels gehou sou word; en dat daar geen verduideliking is vir die tydsverloop sedert 25 Junie 2010 tot die betekening van die aansoek op 30 Julie 2010 nie.


(ii) Mnr Steenkamp doen verder aan die hand dat daar geen uiteensetting van die vooruitsigte van sukses op die reel 23(1) kennisgewing of die reel 30 kennisgewing is nie. Hy voer aan dat dit bloot tegniese besware bevat wat beuselagtig is en daarop gemik is om die regsproses te vertraag


(iii) Mnr Steenkamp wys verder daarop dat die versoek wat mnr Smit gerig het vir 'n uitste! was n versoek vir n uitstel om 'n verweerskrif te liasseer Daardie versoek is toegestaan. Die verweerders is tyd vergun tot en met 25 Junie 2010 om 'n verweerskrif te liasseer.


(iv) Mnr Steenkamp verklaar: "Die paging om 'n eksepsie af te lewer na aanvaarding van die versoek is teenstrydig met die ooreenkoms wat deur aanvaarding tot stand gekom het"



(f) In sy repliserende eedsverklaring vermeld mnr Smit as volg:



"In die ongeveer 15 jaar wat ek as prokureur praktiseer, is dit die eerste keer wat ek betrokke is in 'n hofaansoek met betrekking tot n pleitstuk wat binne tyd aan die teenparty besorg is, wat dan die volgende dag formeel afgelewer word. Ek het nog nooit onder sulke omstandighede my opponente by die letter van die reels gehou nie, en ek is ook nog nooit deur n opponent onder sulke omstandighede by die letter van die reels gehou nie."



13. Mnr Vivier, wie namens die eisers verskyn het, het aangevoer dat:

(a) daar geen verduideliking was vir die versuim om die reel 30(2)(b) aansoek vroeer te bring nie;

(b) dat daar eweneens geen behoorlike verduideliking was vir die versuim om die kondonasie aansoek ten aansien van die reel 23(1) kennisgewing vroeer te bring nie. en

(c) aan die hand gedoen dat daar slegs verlof aan die verweerders verleen moes word om n pleit op die meriete te liasseer.


14. Mnr Coetzee, wie namens die verweerders verskyn het, het aangevoer dat
die kruks van beide aansoeke daaruit voortvloei dat die kennisgewing van
eksepsie een dag buite tyd afgelewer was. Indien die kennisgewing van belet opgehef sou word en die reel 23(1) kennisgewing geag geldig beteken te wees, sal dit meebring dat die eisers se aansoek ingevolge reel 30 wegval. Hy het aangevoer dat die versuim om die eksepsie betyds te beteken behoorlik verduidelik is en het aangevoer dat die optrede van die eisrers nie in belang van die krediteure is nie en dat daar n spesiale kostebevel toegestaan moes word.


15. In Koster Ko-operatiewe Landboumaatskappy Bpk v Suid-Afrikaanse Spoorwee' en Hawens 1974 (4) SA 420 (W) het Coetzee R as volg opgemerk - in die samehang van n aansoek om 'n saak te heropen -


"Mnr. Le Grange, namens verweerder, neem die houding in dat hy geregtig is om die eiser te verras - 'n verrassingselement wat strategies, op die regte oomblik en regte tyd, aangewend word, is immers deel van die verhooradvokaat se wapentoerusting.Dit is so, maar indien taai wat eerder op liggaamlike konflik betrekking het, gebruik word om 'n iewendige beskrywing te gee van hierdie aspek van die pleitkuns, kan ek in diesetfde idioom byvoeg dat dit my taak is om toe te sien dat die Queensberry reels in die loop van die Hofstryd nie oortree word nie."

16. Dit is eweneens my taak, in die beregtiging van die aansoeke wat voor my dien, om toe te sien dat die Queensberry reels nie oortree word nie. Dit behels dat ek eerstens sal agslaan op die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die hangende aansoeke nou voor my en dat ek, in die beoordeling van die teenstrydige aansoeke sal toesien dat die beregtiging van die ware dispute tussen die partye op 'n regverdige grondslag geskied

17. Dit kom my voor dat die kern van die dispuut verband hou met die voorgenome reel 23(1) kennisgewings van die verweerders. Die eisers is die mening toegedaan dat daar geen meriete aan die punte verbonde is nie, en dat die verweerders slegs moet pleit op die meriete van die beweringe wat gemaak word in die besonderhede van eis. Derhalwe is die eisers genee daartoe dat verlof aan die verweerders verleen word om te pleit op die meriete, maar dat daar nie andersinds kondonasie aan hulle verleen mag word nie.

18. Hierdie vertrek punt, na my mening is gebrekkig. Waar daar kondonasie verleen word vir die liassering van 'n verweerskrif kan 'n Hof nie, na my mening, 'n beperking plaas op die tipe verweerskrif wat geliasseer word nie


- wat gebeur is dit blyk dat daar 'n goeie eksepsie is wat geneem kan word

- miskien op 'n geheel ander grondslag as die eksepsies wat nou voorhande is?


19. Soos Mnr Coetzee tereg uitgewys het, is 'n eksepsie is 'n pleitstuk en die
verweerders se kennisgewing in terme van reel 23(1) sou dus, indien dit betyds afgelewer was, 'n geldige reaksie op die eisers se kennisgewing van belet gewees het.1 In
Landmark Mthatha (Ptv) Ltd v King Sabata Dalindvebo Municipality and Others: In re African Bulk Earthworks (Ptv) Ltd v Landmark Mthatha (Ptv) Ltd and Others 2010 (3) SA 81 (ECM) het Griffiths WnR as volg bevind:



"[13] It follows logically in my view that where a defendant, in response to a notice of bar, delivers an exception, he has taken the next procedural step in the matter and has thus complied with the demand made in the notice on pain of bar2 In this regard, it has been held that an exception is in fact a pleading and thus falls squarely within the wording of rule 26.3"

20. Dit kan derhalwe nie van pas wees om die verweerders se aansoek om kondonasie toe te staan, en hulle dan te beperk tot "n verweerskrif slegs tot die meriete nie.

21. Ek hou voorts in gedagte die opmerkings van Broome AdjRP in Westbrook v Genref Limited 1997(4) SA 218 (DCLD) waar hy as volg opgemerk het


"... my approach to the situation is that, in the ordinary cause of events, a party is permitted to litigate at the risk of payment of costs. If his conduct is has been such as to demonstrate that his claim or defence was vexatious or totally without substance, then comes the time for a special order, that usually being costs on the attorney and client scale. But, in the ordinary cause of events, the unsuccessful litigant, who has had a reasonable claim or defence, one in which triable issues are raised should not be mulcted in additional costs. It is here that f see the waste costs in issue in this case as being additional costs."



22. te 22G - H het Broome AdjRP as volg opgemerk:



'It has been said many times that litigation is a hazardous enterprise that should not be taken upon lightly....'

23. Sou dit blyk dat die verweerders kwelsugtig is met die neem van voorgenome eksepsie, dan sal die gepaste remedies ten aansien van koste ter oorweging kom.

24. In Smith NO v Brummer NO and Another Smith NO v Brummer 1954 (3) SA 352 (O) het Brink R, na 'n ontleding van die regspraak, aangedui at een van die faktore wat in aggeneem moet word as volg is:




"Aansoekdoener se saak moet nie klaarblykiik ongegrond wees nie"



25. In Swarts v Minister of Justice 1940 TPD 210 het Murray R te 214 die volgende opmerking van Lewis R met goedkeuring aangehaal:



I do not think the Court should scrutinise too closely whether the defence is well-founded, as long as phma facie there appears to the Court sufficient reason for allowing the defendant to lay before the Court the facts he thinks necessary to meet the plaintiffs claim."




26. Soos Mnr Coetzee aangevoer het, was die kennisgewing van eksepsie reeds vooruitgeloop in die bestrydende verklarings in die summiere vonnis aansoek. Daar het die eisers toegegee, deur toe te stem tot weiering van die summiere vonnis aansoek, dat daar n bona fide verweer is. Na my mening moet die eisers besluit hoe hulle gaan reageer op die kennisgewings en moet die verweerders dan, gedagtig aan wat Broome AdjRP opgemerk het, besluit hoe hulle hul verwere wii aanvoer. Dit sou egter voorbarig van my wees om nou reeds daardie aspekte voor uit te loop.


27. Voorts moet oorweging geskenk word aan die vereistes waaronder kondonasie verleen mag word. In United Plant Hire (Ptv) Ltd v Hills and Others 1976 (1) SA 717 (A) het die Hof, nadat verskeie gronde aangestip wat kan dien as goeie gronde, (te 720G) as volg opgemerk:


"These factors are not individually decisive, but are interrelated and must be weighed one against the other. Thus, a slight delay and a good explanation may help to compensate for prospects of success which are not strong."

28. Die reel 23(1) kennisgewing is inderhaas opgestel nadat die eisers geweier het om uitstel te verleen (anders dan vir die liassering van 'n verweerskrif op die meriete). Vir die redes hierbo uiteengesit was hulle, na my mening, nie geregtig om slegs op so 'n beperkte basis aan te dring nie tot die liassering van verdere pleitstukke nie.

29. Die kennisgewing is per faksimilee beteken, binne die tydperk gestel deur die kennisgewing van belet. Soos mnr Smit aangedui het was dit die eerste maal in sy 15 jaar ervaring dat die betekening daarna. die volgende dag, en streng gesproke buite tyd, geweier is. Ek neem verder daarvan kennis dat menige prokureurs op 'n daaglikse basis pleitstukke by wyse van faksimilee uitruil. Die omstandighede waaronder die kennisgewing van belet eers later onder die aandag van die verweerders se prokureur gekom het, is ook volledig (en onbetwis) verduidelik.

30. Dit is ook nie aangedui welke benadeling dit vir die eisers ingehou het dat betekening, formeel, eers 'n dag later sou plaasvind nie.

31. Die optrede van die verweerders, op die stukke voor my. spreek nie van enige nalatigheid of opsetlike versuim nie.

32. Onder die omstandighede sou dit net reg en bitlik tussen die partye wees indien ek kondonasie sou verleen vir die laat liassering van die reel 23(1) kennisgewing.

33. Reel 304 bepaal dat verrigtinge ingevolge Reel 30 slegs gebring mag word indien die party wat aansoek wil doen nie self n verdere stap gedoen het nie.5 In die onderhawige geval het die verweerders inderdaad so £n verdere stap gedoen deur die reel 23(1) kennisgewing te liasseer. Ek verwys weer an Landmark Mthatha (Ptv) Ltd v King Sabata Dalindvebo Municipality and Others: In re African Bulk Earthworks (Ptv) Ltd v Landmark Mthatha (Ptv) Ltd and Others supra, te paragraaf [13].

34. Die neem van daardie kennisgewing word derhalwe gekondoneer. Dit wil my ook voorkom, soos Mnr Vivier aangevoer het, dat die aflewering van die kennisgewing self 'n nagedagte was.

35. Dit moet volg dat die verweerders nie meer geregtig is om met die reel 30 kennisgewing te volhard nie. Tot die mate wat nodig mag wees verleen ek verlof aan die eisers se prokureur om die besonderhede van eis te onderteken en die gebrek reg te stel.

36. Dit moet derhalwe volg dat die eisers nie geregtig is op die regshulp wat voortvloei uit die aansoek wat hulle gebring het nie. Daardie aansoek moet derhalwe van die hand gewys word.

37. Die verweerders was suksesvol, ten dele, met hul aansoek om kondonasie vir die opheffing van die belet - en hulle was daartoe genoop om die hof te nader vir regshulp.

38. Die verweerders se aansoek vir kondonasie om 'n reel 18 kennisgewing af te lewer het misluk.

39. Die eisers se aansoek om verstek vonnis het mislukr en word dit van die hand gewys.

40. Mnr Coetzee het aan die hand gedoen dat die koste de bonis propriis teen Mnr Sandenbergh toegestaan behoort te word, aangesien die stappe wat hy gedoen het nie in die beste belang van die skuldeisers sou wees nie. Die korrektheid al dan nie, van hierdie submissie sal slegs blyk na die beregtiging van die voorgenome eksepsies. Dit mag blyk dat Mnr Sandenbergh en eisers heeltemal tereg gebelgd was deur die verweerders se optrede. Ek is derhalwe nie daartoe genee om tot die buitengewone stap van so 'n bestraffende koste bevel oor te gaan op die feite wat voor my dien het nie.

41. Na my mening was die partye aan beide kante verantwoordelik vir die ongelukkige toedrag van sake en moet hulle gelyk verantwoordelik gehou word vir die koste verbonde aan die aansoeke. Die mees billike koste bevel sal derhalwe een wees dat elke party sy eie koste dra.

42. Gevolglik verleen ek die volgende bevele



(a) Ten aansien van die verweerders se aansoek in gevolge re£l 27(1):


(i) 'n Bevel, soos bedoel in Eenvormige Hofreel 27(1), in gevolge waarvan die belet waaronder die verweerders tans verkeer na aanleiding van die eisers se kennisgewing van belet (gedateer 4 Junie 2010) opgehef word;


(ii) Die verweerders word gelas om hul binne 10 (tien) dae hul verdere pleitstuk ingevolge Eenvormige Hofreel 22(1) af te lewer:


(iii) Behoudens soos voormeld word die aansoek van die hand
gewys.


(b) Ten aansien van die eisers se aansoek in gevolge Eenvormige
Hofreel 30:



Die aansoek word van die hand gewys.


(c) Elke party word gelas om sy koste te dra.



Sven Oliver, WnR


Kamers


Kaapstad



1Tvulu v Southern Insurance Association Ltd 1974 (3} SA 726 (E) op 729C-E; Felix v Nortier NO and Others 1994 (4) SA 502 (SE) op 506E;

2Met verwysing na Felix

3Met verdere verwysing na Felix

4Die tersaakhke bepalings van Reel 30 lui as volg:

'(1) 'n Party in 'n geding waarin 'n stap op onre&matige wyse deur 'n ander party gedoen is, kan by die Hof aansoek doen om die stap tersyde te stel.

(2) 'n Aansoek ingevolge subreei (1) geskied met kennisgewing aan alle partye, met 'n uiteensetting van besonderhede van die beweerde onreeimatigheid, en kan gedoen word slegs indien -

(a) die party wat die aansoek doen, me self 'n verdem stap in dte geding gedoen het terwyl hy van die onreeimatigheid geweet het nie '

5Nasionale Aartappel Kooperasie Bpk v Price Waterhouse Coopers Ino en Andere 2001 {2) SA 790 (T)