South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 72

| Noteup | LawCite

Van Wyk v S (A540/2009) [2010] ZAWCHC 72 (26 February 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE-HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE-HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER: A540/2009

DATUM: 26 FEBRUARIE 2010



In die saak tussen:

JACOBUS VAN WYK Appellant

en

DIE STAAT Respondent




UITSPRAAK



OOSTHUIZEN. WnR:



Die primere vraag in hierdie appel is of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant op 3 Junie 2006 vir Dianne Scheepers verkrag het. Hy het 'n verweer geopper wat daarop neerkom dat hy ontken dat daar penetrasie was, maar ook dat sekere gemeenskap tussen hulle met toestemming was.



Die benadering wat gevolg moet word by beoordeling van die getuienis en by beoordeling van die vraag of die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het, is as volg uiteengesit in die saak van S v VAN PER MEYDEN 1999(1) SASV 447 (W) op 449H:



"The proper test is that an accused is bound to be convicted if the evidence establishes his guilt beyond reasonable doubt and the logical corollary of that is that he must be acquitted if it is reasonably possible that he might be innocent. The process of reasoning which is appropriate to the application of that test in any particular case will depend on the nature of the evidence which the Court has before it. What must be borne in mind, however, is that the conclusion which is reached, whether it is to convict or to acquit, must account for all of the evidence. Some of the evidence might be found to be false, some of it might be found to be unreliable and some of it might be found to be only possibly false or unreliable but none of it may simply be ignored."




Sien ook S v TRAINOR 2003(1) SASV 35 (HHA) op 41B.



Twee van die elemente van verkragting is penetrasie en dat die verkragsdaad moet geskied sonder toestemming van die klaagster. Ten opsigte van toestemming is daar dan twee vrae, naamlik, of die klaagster werklik toegestem het of, indien

nie, of die beskuldigde rede gehad het om te glo dat sy wel

toestem. Sien R v MOSAGO & ANOTHER 1935 AA 32 op 34-

35.



Dit is gemene saak in die aangeleentheid nou voor ons dat die klaagster en die appellant vir mekaar vir 'n heel paar jaar voor die voorval geken het. Die appellant het in sy getuienis dit verder geneem en gese dat die klaagster by geleentheid aan horn seksueel suggestiewe opmerkings gemaak het. Dit is ook gemene saak dat hulle vir 'n lang tydperk op die dag van die voorval met mekaar en met sekere ander mense by die klaagster se woonhuis verkeer het.



Op die oggend van 3 Julie, die Maandagoggend, was die klaagster by die huis. Ene Okkie Baron het verby die woning gestap. Sy het vir horn nader geroep en gevra of hulle saam iets kan rook. Terwyl hulle 6f binne of langsaan die huis gestaan het, het die appellant ook verby geloop. Die klaagster het vir horn ook gevra vir 'n sigaret en hy het toe die klaagster se huis binne gegaan. Daar het die drie van hulle en ander mense deur die loop van die oggend aan die drink geraak. Dit was "h klein woonhuis, en die groep het mettertyd deur beweeg na die klaagster se slaapkamer. Vroeg middag was die situasie dat die appellant in die slaapkamer op 'n stoel langs die klaagster se bed aan die slaap geraak het.



Twee van die mense in die groep wat saam gedrink het, nadat die appellant aan die slaap geraak het, die woonhuis verlaat en, in die proses, vir die klaagster gese dat sy nie aan die slaap moet raak of nie alleen in die slaapkamer saam met die appellant moet verkeer nie. Een van daardie persone was haar buurvrou en die ander was ene Mathese wat getuig het, dat voor hy geloop het, hy vir die klaagster gevra het om vir die appellant wakker te maak. Sy het, volgens Mathese, hierop geantwoord as volg "Los horn, laat horn maar le, want my klong is hier binnekant". Mathese het verder die volgende getuienis gegee: "Maar jy weet hoe die mense kan praat, s§ ek vir haar. Nee, ek se vir haar jy weet hoe die mense kan praat. Sy se toe een, maar die klong is hier binnekant, daar sal niks gebeur nie." Matthese het daarop die woonhuis verlaat terwyl die appellant, wat nog steeds aan die slaap was, agtergebly het.



Daar is twee ander aspekte wat genoem moet word. Die appellant het by ten minste twee geleenthede daardie oggend biere gaan haal en, hy het ook in die loop van die oggend vir die klaagster 'n geldbedrag gegee. Die ander aspek is dat in die loop van die oggend het die klaagster, terwyl ten minste twee van die persone nog daar was - een van hulle die appellant - gekla oor hoe haar man haar behandel en oor die feit dat hy haar aanrand. Haar man het haar daardie vorige naweek aangerand en sy het die blou kolle wat sy opgedoen het as gevolg daarvan aan die wat teenwoordig was, getoon. Haar getuienis was ook dat hy ook vir haar by ander aangeleenthede aangerand het.



Oor wat gebeur het nadat Mathese die woonhuis verlaat het, gaan die weergawes van die Staat en die appellant uiteen. Volgens die klaagster het sy ook aan die slaap geraak en 'n rukkie later wakker geskrik en gevoel dat die appellant bo haar le en haar gepenetreer het. Haar getuienis oor wat gebeur het in daardie stadium lees as volg:



"Ek het toe ongelukkig daar aan die slaap geraak voor die TV en toe ek wakker word, toe is Boetie reeds bo-op my en binne my. Ek het vir horn gevra 'jy is nie my man nie, jy moet afklim". Hy het vir my gevra ons moet klaarmaak. Ek het toe geskree. Ek het toe geskree en vir horn afgestamp en ek het gehoor my kind skree ook by die deur 'Mammie, mammie, maak oop die deur'. Ek het horn afgestoot en hy het die deur gaan oopmaak vir my kind en toe trek ek vir my aan onder die kombers.

Toe trek hy sy skoene aan. Dit is waar ek die kans kry om by die deur uit te hardloop."



Die klaagster het toe by die buurvrou gaan aanmeld en gerapporteer dat sy verkrag is en 'n rapport is ook dieselfde dag aan die polisie gemaak. Die appellant is daardie aand gearresteer.



Die appellant se weergawe is dat hy in die stoel aan die slaap geraak het en wakker gemaak is toe hy voel iets druk teen sy geslagsdeel. Hy het gesien dat die klaagster \& op die bed met haar arm na horn uitgereik en ook dat die klaagster se sewejarige kind op die bed sit en besig was om TV te kyk. Die appellant het, volgens horn, besluit om hierdie seksueel intieme situasie verder te voer. Hy het vir die kind geld gegee om aartappelskyfies te gaan koop, die deur toegesluit, en na die klaagster teruggekeer. Hulle het aan die vry en soen geraak. Volgens horn het die klaagster in hierdie proses gemaak asof sy slaap, maar sy het wel ook deelgeneem aan die vryery en soenery.



Volgens die appellant was daar ook geen penetrasie nie, hoewel hy in 'n stadium met sy vinger oor die klaagster se geslagdeel gestreel het. Terwyl hulle in hierdie situasie verkeer het, het hulle gehoor dat die klaagster se kind by die deur is. Die klaagster het toe opgespring, haar

sweetpakbroek wat om haar enkels was opgetrek en, met haar T-string tanga in haar hande, uit die kamer gehardloop.



Die Hof moet beoordeel of hierdie weergawe van die appellant van so 'n aard is dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie. Die feit dat daar onwaarskynlikhede in sy getuienis is, beteken nie dat hy skuldig is aan die misdaad nie. Die feit dat die klaagster selfs in heelwat opsigte 'n bevredigende getuie was, beteken ook nie noodwendig dat die appellant aan die misdaad skuldig is nie. Die benadering wat gevolg word wanneer beoordeel word of daar redelike twyfel is, is die uiteengesit in S v GLEGG 1973(1) SA 36 (AA) op 38H:

"Die begrip 'redelike twyfel' kan nie presies omskryf word nie, maar dit kan wel gesS word dat dit 'n twyfel is wat bestaan weens waarskynlikhede en moontlikhede wat op grond van algemene gangbare menslike kennis en ondervinding as redelik beskou kan word. Bewys bo redelike twyfel word ook nie gelyk gestel aan bewys sonder die allerminste twyfel nie, omdat die las om bewys so hoog gestel te lewer prakties die regsbedeling sou verydel."



Die landdros het tien voorbeelde genoem van waarom sy die appellant se weergawe as onaanvaarbaar of as nie redelik moontlik waar beskou nie. Dit sou na my mening nie veel doel dien om met elkeen van daardie redes te handel nie. Indien daar gekyk word na die feite wat ek so pas opgesom het en na sekere gevolgtrekkings wat daaruit vloei asook na die waarskynlikhede, is dit nodig om slegs te fokus op etlike aspekte.



Die een aspek is dat daar oor 'n lang tydperk bier gedrink is by die klaagster se huis, waaraan verskillende mense insluitende die appellant deelgeneem het. Die tweede aspek is dat die klaagster oor haar man se gedrag gekla het in die loop van die oggend en dat hulle verhouding ongelukkig was in die sin dat haar man haar by meer as een geleentheid aangerand het. Vi Verdere faktor is dat die klaagster in die loop van die middag in haar slaapkamer met die appellant was, in 'n situasie waar twee van die mense hulle kommer daaroor uitgespreek het en voorgestel het dat die appellant wakker gemaak moet word of dat die klaagster nie in dieselfde vertrek as die appellant aan die slaap moet raak nie.



Daar is verskillende aspekte wat verband hou met wat daarna gebeur het, wat kommerwekkend is. Ten eerste kan daar na my mening, volgens normale ondervinding en waarskynlikhede, nie gese word dat die weergawe van die appellant nie redelik moontlik waar kan wees nie. Daar is niks onwaarskynlik in sy weergawe dat die twee van hulle, na 'n uitgerekte gedrinkery aan die vry en soen geraak het en romanties met mekaar begin verkeer het nie. Appellant se getuienis dat hy wakker gemaak word met iets wat teen sy geslagsdeel druk, besluit het om die situasie verder te voer, en die kind uit die kamer gestuur het, is na my mening getuienis wat redelik moontlik waar kan wees.



Die terugkeer van die klaagster se kind kon 'n probleem geskep het en die klaagster op daardie oomblik laat besef het dat, indien die kind later aan haar man oordra wat gebeur het en dat sy agter 'n geslote deur met die appellant verkeer het, dit kon lei tot probleme met haar man of selfs 'n verdere aanranding op haar.



Na my mening is dit nie onwaarskynlik dat sy in daardie situasie, sou besluit het om haar eie belange te beskerm deur by die kamer uit te hardloop en 'n aanklag van verkragting teen die appellant te maak op die wyse wat sy gedoen het, juis om te verhoed dat daar later vir haar probleme sou wees wanneer haar man van die insident te hore kom.



Yi Verdere kommerwekkende onwaarskynlikheid is haar getuienis dat sy van niks bewus was wat om haar gebeur het in die kamer voordat sy wakker geskrik het en gewaar het dat die appellant bo op haar le, en haar reeds gepenetreer het nie.

Sy was dus volgens haar glad nie daarvan bewus dat die appellant haar begin soen en vry en haar sweetpakbroek uitgetrek het nie. Daardie getuienis val my as onwaarskynlik op, veral in ag genome dat die klaagster beweer het dat, hoewel sy besope was, dit nie in 'n ernstige graad was nie.



By ontleding van hierdie aspekte wat ek beklemtoon het, is ek van mening dat daar nie gese kan word dat die appellant se weergawe nie redelik moontlik waar kon gewees het nie en dat die Staat in die omstandighede horn nie van sy bewyslas gekwyt het nie. Ek sou om daardie rede die appel teen die skuldigbevinding handhaaf.






OOTHUIZEN, WnR



LOUW, R: Ek stem saam. Die appel slaag, die

skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.





LOUW, R