South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 593

| Noteup | LawCite

Janse van Rensburg v S (A452/2010) [2010] ZAWCHC 593 (1 December 2010)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF KAAPSTAD)



SAAKNOMMER: A452/2010



In die appel van:



RUAN JANSE VAN RENSBURG …...............................................Appellant


en

DIE STAAT ….........................................................................Respondent


UITSPRAAK GELEWER OP 1 DESEMBER 2010





BLIGNAULT R:




[1] Appellant in hierdie saak is aangekla van diefstal, naamlik dat hy op 13 November 2008 te Irrigation World in die distrik van Somerset-Wes die eiendom van Dale Stephens gesteel het, te wete besproeiingstoerusting ter waarde van R11 152,85.


[2] Appellant het onskuldig gepleit. Hy het geen pleit-verduideliking aangebied nie. Mnr H L N Joubert het as regsverteenwoordiger vir appellant opgetree, beide by die verhoor en op appel.



[3] Daar het net twee getuies by die verhoor getuig. Die enigste getuie namens die Staat was Mnr Dale Stephens. Hy kan as die klaer beskou word. Die tweede was appellant self.



[4] Die relevante feite in die saak is tot 'n groot mate gemeensaak. Daar is egter ook verskille. Die landdros het bevind dat appellant 'n goeie indruk gemaak het as getuie en hy het appellant op sy eie weergawe skuldig bevind. Aangesien 'n hof van appel nie ligtelik sal inmeng met die feite- en geloofwaardigheidsbevindings van die verhoofhof nie, sal ons dieselfde benadering volg.



[5] Die tersaaklike feite, volgens appellant se weergawe, kan kortliks opgesom word. Appellant was die eienaar van 'n besigheid wat te Eenheid 3, Nobelstraat, Somerset Wes handel gedryf het deur middel van 'n beslote korporasie ("die BK"). Die klaer, mnr Dale Stephens, het sekere boumateriaal en besproeiingstoerusting by die BK gekoop. Hy het ten voile vir die toerusting betaal en die grootste gedeelte daarvan is aan horn gelewer. 'n Hoeveelheid pype en konneksies ter waarde van R3 811,02 het Stephens op appellant se perseel agtergelaat omdat hy dit nie dadelik kon gebruik nie.



[6] Vanaf vroeg Januarie 2009 het appellant probeer om met Stephens kontak te maak. Hy het Stephens gebel en daar is 'n SMS aan horn gestuur maar Stephens het steeds versuim om die toerusting af te haal. Stephens het horn toe 'n SMS gestuur dat hy horn die volgende dag sou kontak maar hy het nie.



[7] Intussen het die BK se besigheid finansieel in die moeilikheid geraak. Die bank het 'n sekere masjien teruggevat. Hy kon nie meer die huurgeld vir die perseel betaal nie. 'n Redelike klomp skuldeisers het "op sy nek gele", soos hy dit gestel het. Van die krediteure het hul goed teruggevat. Die leweransier van die toerusting wat hy aan Stephens verkoop het, was een van hierdie skuldeisers. Die leweransier het horn genader en voorgestel dat om die meeste van die skuld reg te stel, hy die besigheid se voorraad sou terugneem en sy rekening sou krediteer. Die toerusting wat hy aan Stephens verkoop het, het deel gevorm van hierdie voorraad. Die leweransier het die voorraad toe teruggevat en sy rekening met die bedrag daarvan krediteer. Sy besigheid was daarna in 'n proses van likwidasie. Die rede daarvoor was die resessie gewees.



[8] Die landdros het appellant se eie weergawe van die feite aanvaar. Hy het bevind dat die Staat al die elemente van die misdryf bewys het. Hy het appellant gevolglik skuldig bevind maar slegs vir toerusting ten bedrae van R 811,02.



[9] Die landdros het appellant gevonnis tot 8 maande korrektiewe toesig.



[10] Die landdros het aan appellant verlof verleen om teen sy skuldigbevinding te appelleer maar nie teen sy vonnis nie.



[11] Mnr Joubert het namens appellant op appel betoog dat hier geen toeeieningshandeling deur appellant gepleeg is nie omdat die goedere met Stephens se toestemming op sy perseel geberg was. Om dieselfde rede, so het hy betoog, het appellant geen opset gehad om die goedere toe te eien nie. Mnr Joubert het voorts betoog dat die goedere deur die leweransier uit appellant se besit verwyder is. Om daardie rede was dit nie onregmatig nie.

Mnr Joubert het ook betoog dat, indien daar enige diefstal gepleeg is, dit deur die BK was en nie deur appellant persoonlik nie.



[12] Ek het mnr Joubert se betoogpunte oorweeg. Ek is egter van mening dat dit sonder meriete is. Die toeeienings-handeling deur appellant het nie plaasgevind deurdat appellant die goedere op sy perseel geberg het nie. Die toeeieningshandeling het geskied toe appellant die toerusting sonder Stephens se toestemming aan die leweransier gelewer het.



[13] Die tweede probleem met mnr Joubert se betoog is die stelling dat die leweransier die goedere sonder appellant se toestemming verwyder het. Dit is eenvoudig nie die getuienis nie. Die goedere is deur appellant vrywilliglik en by ooreenkoms aan die leweransier gelewer. Appellant se rekening sou met die bedrag daarvan gekrediteer word. Die feit dat goedere onder finansiele druk verwyder word, kan nie 'n verweer teen diefstal wees nie. Daar was geen onregmatige aanval op enige van appellant se belange nie. Sien Snyman Strafreg 5de uitgawe 101:




"Omskrywing lemand tree in noodweer op, en haar handeling is gevolglik regmatig, indien sy haar weer teen 'n wederregtelike aanval, wat reeds begin het of wat onmiddellik dreigend is, op haarof iemand anders se lewe, liggaamlike integriteit, eiendom of ander beskermswaardige regsbelang, mits die afweerhandeling noodsaaklik is om die bedreigde belang te beskerm, dit gerig is teen die aanvaller en dit in 'n redelike verhouding tot die aanval is."



[14] Wat die rol van die BK betref was appellant op sy eie weergawe 'n mede-dader en dus net so skuldig as die BK.




[15] Appellant se appel word gevolglik van die hand gewys.



A P BLIGNAULT


MANCA WnR: Ek stem saam



B J MANCA