South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 590

| Noteup | LawCite

S v Ceaser and Others (SS29/2009) [2010] ZAWCHC 590 (1 December 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: SS29/2009

DATUM: 1 DESEMBER 2010

In die saak tussen


DIE STAAT


en

MOENEDIEN CEASER …...................................................................................Beskuldigde 1


JUNAID MITCHELLS ….....................................................................................Beskuldigde 2


ISMAIL CEASER …............................................................................................Beskuldigde 3


ALLAN ALMON ALBERT …...............................................................................Beskuldigde 4


IKARAAM MASARAPA …..................................................................................Beskuldigde 5


LUCIEN LAKAY …..............................................................................................Beskuldigde 6


MICHAEL SAM …................................................................................................Beskuldigde 7



V O N N I S






LE GRANGE, R:



By die soeke vir 'n gepaste vonnis is dit geykte reg dat 'n Hof die erkende beginsels en doelstellings van straftoemeting in ag moet neem. Die vonnis moet ook gebaseer wees op die gebalanseerde oorweging van die aard en erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap. Die individuele persoonlike omstandighede van die oortreder moet deeglike oorweging geniet en moet daar 'n mate van genade betoon word, afhangende van die omstandighede.



In S v Thonqa 1993 (1) SAVL 365, was die volgende riglyne neergele rakende die benadering tot vonnis:



"Punishment must firstly be reasonable. It should reflect a moral blameworthiness attaching to the offender, as well as a degree of reprehensibleness or seriousness of the offence. Punishment should, therefore, either be in keeping with the particular offence and specific offender. It is necessary, secondly, for the punishment to clearly reflect the balance process of careful and objective consideration all relevant facts, mitigating and aggravating. The sentence should, thirdly. reflect consistency as far as humanly possible with previous sentences imposed on similar offenders committing similar offences. Lest the society should believe that justice must be seen to done. Lastly, the penal discretion is to be exercised afresh in each case, taking the facts of each case and the personality of each offender into account."


Al sewe beskuldigdes het verkies om nie te getuig of getuienis ter versagting aan te bied nie. Hulle advokate het die Hof ex parte toegespreek. Die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes kan as volg opgesom word. Beskuldigde 1 is tans 53 jaar oud, ongetroud, hy het vyf kinders, waarvan vier reeds die skool verlaat het en een, tans vyf jaar oud. Hy is werkloos en kry 'n ongeskiktheidstoelaag van ongeveer R1 000,00 per maand. As gevolg van 'n besering wat hy etlike jare gelede opgedoen het, is hy ietwat gestrem en loop moeilik. Hy maak van krukke gebruik en soms ook van 'n rolstoel. Dit blyk ook dat hy 'n diabeet is.



Beskuldigde 1 het vorige veroordelings, waarvan die oorgrote meerderheid meer as 20 jaar oud is. Beskuldigde was laas in 1998 skuldig bevind aan 'n aanklagte van aanranding en beboet tot R300,00 of 30 dae gevangenisstraf. Mnr Broeksma het geargumenteer dat indien daar gekyk word na die rol wat beskuldigde 1 gespeel het en dat hy nie op die moordtoneel teenwoordig was nie, die Hof moet bevind, wat die aanklagte van moord betref, daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n mindere vonnis regverdig Daar is ook versoek dat die Hof die kumulatiewe effek van die vonnis in ag moet neem en gelas dat die vonnis op aanklagte 32 tot 34 samelopend uitgedien moet word met die vonnis wat hierdie Hof op die moordaanklagte mag ople.



Beskuldigde 2 se persoonlike omstandighede is as volg. Hy is 40 jaar oud. Hy het sy loopbaan in Johannesburg begin en op die ouderdom van 14 met sy familie na Bonteheuwel verhuis

Hy het Graad 10 voltooi en is getroud. Hy het twee kinders wat onderskeidelik ses en 24 jaar oud is. Beide kinders is afhanklik van horn en hy sien ook om na sy familie, wat sy skoonpa asook beskuldigde 1 insluit. Hy bedryf sy eie besigheid vir die afgelope ag tot nege jaar.



Beskuldigde 2 het vorige veroordelings wat betrekking het op dwelm-oortredings. Sy laaste oortreding was in 2006, waar hy skuldig bevind is aan handel met dwelms. Op hierdie aanklag was hy gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf. Mnr Pretorius het versoek dat die Hof in ag moet neem dat hy nie op die toneel was en dat die Hof daarin moet lees dat wat betref die moordaanklagte, daar wel wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n mindere vonnis regverdig. Hy het ook versoek dat die straf wat die Hof oorweeg ten opsigte van aanklagte 32 tot 34 samelopend uitgedien moet word met die straf op die moordaanklagte.



Wat beskuldigde 3 betref, hy is 41 jaar oud. Hy het tot Standerd 5 gevorder en is ongetroud. Hy het vier kinders wat onderskeidelik drie, vier, 16 en 19 jaar oud is. Mnr Garces het versoek dat die Hof 'n gepaste vonnis moet oorweeg en die beskuldigde se persoonlike omstandighede in ag moet neem. Beskuldigde 3 het vorige veroordelings wat relevant is tot die misdrywe waaraan hy skuldig bevind is, naamlik die van roof

Hy het ook 'n vorige veroordeling van verkragting, moord en besit van vuurwapens en ammunisie. In 1991 is hy skuldig bevind aan moord en die besit van 'n vuurwapen en ammunisie sonder lisensie. Op die moordaanklag was hy gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf. Die wapens en ammunisie aanklagte was saamgeneem vir doeleindes van vonnis en was hy gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf wat samelopend uitgedien was oor die 20 jaar. Op 24 Januarie 2005 was hy vrygelaat op parool.



Beskuldigde 4 is 34 jaar oud. Hy is woonagtig in Heinz Park, dis skynbaar sy moeder se woning, wat ook intussen oorlede is. Hy is vir die afgelope sewe jaar in 'n saamleefverhouding en het twee minderjarige kinders uit hierdie verhouding. Dit skyn ook te wees dat hy ook vyf ander kinders tussen die ouderdom van een tot nege het, vir wie hy van tyd tot tyd onderhoud betaal. Hy is 'n motorwerktuigkundige en verdien ongeveer R4 000,00. Beskuldigde 4 het vorige veroordelings vir die besit van dwelms. Mnr Ferreira het ook aangevoer dat die Hof genade moet betoon teenoor die beskuldigde en die kumulatiewe effek van die vonnis in ag moet neem. Hy het ook versoek dat die Hof moet gelas dat die vonnis op aanklagte 5 to 7 en 16 en 17 samelopend uitgedien moet word met die straf wat die Hof sal oorweeg met betrekking op aanklagte 25 tot 35

Mnr Bunting het namens beskuldigde 5 aangevoer dat hy 32 jaar oud is en in skool tot matriek gevorder het. Na skool het hy by die familie se besigheid begin werk. Hy is tans 'n taxi eienaar en bedryf skynbaar hierdie besigheid saam met sy moeder. Hy het twee minderjarige kinders by sy vriendin met wie hy 'n saamleefverhouding het. Sy dogter is tans ag jaar oud en in Graad 2 en dit blyk dat sy volgende jaar na Graad 3 sal gaan. Hy het ook 'n nege maande oue baba. Hy het verder drie broers en 'n suster wie tans nog op skool is. Volgens mnr Bunting is hierdie familie baie geheg.



Beskuldigde 5 het een vorige veroordeling vir die besit van dwelms wat plaasgevind het in 2003, waar n boetestraf, waarvan 'n gedeelte opgeskort was, opgele is. Die versoek was dat die Hof sy persoonlike omstandighede in ag moet neem, sowel as sy ouderdom. Die Hof is verder versoek om wesenlike en dwingende omstandighede te vind wat 'n mindere vonnis sal regverdig.



Mnr Lukas het namens beskuldigde 6 voorgehou dat hy 37 jaar oud is en vier kinders het, oenskynlik 10, vyf, drie en twee jaar oud. Hy het tot Graad 10 gevorder en het as 'n fax/'-operateur gewerk, waar hy ongeveer R800.00 per week verdien het Daar is versoek dat aangesien beskuldigde 6 reeds drie jaar verhoorafwagtend is, daar ingelees moet word dat die Hof wesenlike en dwingende omstandighede moet vind wat 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig. Beskuldigde 6 het vorige veroordelings vir die besit van dwelms, asook aanranding met die opset om ernstig te beseer Sy laaste vorige veroordeling was gepleeg in 2004, waar hy skuldig bevind is aan besit van dwelms en is 'n opgeskorte vonnis opgele.



Wat beskuldigde 7 betref, is hy 38 jaar oud. Sy biologiese moeder is oorlede toe hy nog baie jonk was en het hy grootgeword by sy moeder se suster. Hy het op skool tot Standerd 4 gevorder en op die jeugdige ouderdom van 16 die arbeidsmark betree. Hy het hoofsaaklik vrugte en groente verkoop en tot onlangs by taxis gewerk. Hy het vorige veroordelings wat insluit die besit van dwelms, huisbraak met die opset om te steel en diefstal, besit van vuurwapens en ammunisie en die oortreding van die Seevisseryewet. Sy laaste oortreding vir die vang van perlemoen sonder h permit was in 2004. Mnr Filland het aangevoer dat in ag genome die getuienis van die Staat voor hierdie Hof, was beskuldigde se rol in die aanval beperk tot die uitbrand van taxis en dat die Hof moet bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk.

Die Staat het 'n kort video opname vertoon waar die polisie. kort na die aanval, 'n videobandopname van die toneel opgeneem het. Die uitgebrande taxis, sowel as die liggame van die oorledenes was sigbaar. Advokaat Riley, namens die Staat, het aangevoer dat die erns van die misdade en die brutaliteit daarvan, die beskuldigdes se persoonlike omstandighede oorskadu. Sy het ook in wese argumenteer dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n mindere vonnis ten opsigte van die moordaanklagte regverdig nie.



Sekere van die aanklagte verplig hierdie Hof om die voorgeskrewe minimum vonnis op te le, tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n mindere vonnis regverdig. Die voorgeskrewe minimum vonnis wat betref die vyf moordaanklagte elk is lewenslange gevangenisstraf. Die persoonlike omstandighede soos voorgehou deur elk van die sewe beskuldigdes, is versagtend van aard. Beskuldigde 1 se gesondheidstoestand is 'n wesenlike versagtende faktor wat oorweging moet geniet by die oorweging of daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat 'n mindere vonnis regverdig. Wat sy vorige veroordeling betref, is dit so dat dit lank in die verlede is en word hy, vir doeleindes van hierdie saak, geag 'n eerste oortreder te wees.

Beskuldigde 2 het tot Graad 10 gevorder. Hy is n persoon wat die afgelope agt jaar sy eie besigheid bedryf om sodoende sy familie te onderhou. Nieteenstaande sy laaste vorige veroordeling in 2006 rakende handel in dwelms, is hy n eerste oortreder wat geweldsmisdrywe betref. Beskuldigde 3 se persoonlike omstandighede is heelwat anders. Hy is tans 41 jaar oud, maar volgens sy lys van vorige veroordelings, het hy n groot gedeelte van sy volwasse lewe in die gevangenis deurgebring. Van die 20 jaar gevangenisstraf wat horn opgele was in 1991, blyk dit hy het slegs 12 jaar uitgedien. Hy het ook relevante vorige veroordelings vir die besit van 'n onwettige vuurwapen en ammunisie. Wat beskuldigde 3 betref, is daar nouliks omstandighede wat in sy guns tel en dan versagtend is.



Beskuldigde 4 is tans 34 jaar oud en as ek mnr Garces reg verstaan het, het beskuldigde 4 in totaal sewe minderjarige kinders by verskeie moeders en betaal onderhoud wanneer dit vir horn bekostigbaar is. Beskuldigde 4 se vorige veroordelings is beperk tot die besit van dwelms. Beskuldigde 5, tans 32 jaar oud, het op skool tot matriek gevorder. Hy en sy moeder besit saam 'n taxi-onderneming en is hy ook in sy reg eienaar van taxis. Hy het slegs een vorige veroordeling vir die besit van dwelms.

Beskuldigde 6 is 37 jaar oud. Die feit dat hy alreeds vir ongeveer drie jaar in hegtenis verhoorafwagtend is, is 'n versagtende faktor wat in sy guns moet tel. Hy is ook 'n asmalyer. Hy het vorige veroordelings wat insluit die besit van dwelms en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Beskuldigde 7 is 38 jaar oud. Sy moeder is oorlede toe hy baie jonk was en het hy grootgeword by sy tante. Hy het op skool to Standerd 4 gevorder en op die jeugdige ouderdom van 16 jaar die arbeidsmark betree. Hy het hoofsaaklik vrugte en Groente verkoop en tot onlangs by die taxis gewerk. Soos alreeds voorheen genoem, het hy vorige veroordelings wat insluit die besit van dwelms, huisbraak met die opset om te steel en diefstal en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.



Die beskuldigdes is skuldig bevind aan baie ernstige aanklagte. Ten spyte van die beskuldigdes se ontkenning van lidmaatskap aan 'n bendegroep, is die getuienis in hierdie saak oorweldigend dat die aanval op Madatt se besigheidsperseel niks anders as 'n wraakaanval was, aangesien hy grootliks verdink was as die persoon agter die moorde op medebendelede, Charra en Markie Moaks. Die skietvoorval tussen beskuldigde 6 en McGregor, wat helder oor dag plaasgevind het, versterk die onoorkombare gevolgtrekking dat bendelede nie skroom om, wanneer daar 'n uitval tussen hulle is, mekaar dood te maak nie, ongeag of onskuldige omstanders by so 'n geveg slagoffers word al dan nie.



Die skietvoorval by beskuldigde 2 se woning tydens sy verjaarsdagpartytjie, waar onskuldige persone skynbaar raakgeskiet en een persoon gedood was, is ook bevestigende hiervan. Die moorde op, soos die Hof alreeds genoem het, Rashaad Abrahams, ook bekend as Charra, en Mark Williams, ook bekend as Markie Moaks, asook die skietvoorval tussen beskuldigde 6 en McGregor, maak derhalwe onsin van die argument dat die beplanning van die aanval op Madatt net was om die taxis uit te brand en die besluit om die vyf oorledenes te vermoor, moontlik eers op die toneel ontstaan het.



Beskuldigdes 1 en 2 weet goed dat bendelede, asook onskuldige mense, by wraakaanvalle vermoor word, Die aanval was deeglik beplan. Vuurwapens was aangeskaf. Uit die selfoonrekords van beskuldigdes 5 en 6 is dit aanduidend dat hulle die aand voor die aanval, die perseel van Madatt gaan observeer het. Beskuldigdes 1 en 2 het hulself inderdaad vereenselwig met die besef dat persone vermoor gaan word indien hulle weerstand sou bied en/of teenwoordig sou wees by Madatt se perseel. Dit is inderdaad wat in hierdie geval gebeur het.

Die wyse waarop die oorledenes vermoor is, is niks anders as 'n wrede menseslagting nie. Al die oorledenes het skietwonde tot die kop opgedoen. Van hulle was tromp-op geskiet. Hierdie barbaarse optrede spreek van niks anders as direkte opset om die oorledenes te vermoor nie. Beskuldigde 5, ten spyte van sy ouderdom en gegoede agtergrond, was diep betrokke by die beplanning van hierdie aanval. Hy het doelbewus betrokke geraak by die bedrywighede van die onderwereld. Al vyf oorledenes was mense wat in die fleur van hulle lewe was. Die gemeenskap verwag dat in hierdie saak geregtigheid moet geskied en dat 'n gepaste vonnis opgele moet word.



In Vilakazi & Ander v S 1972 (1) SA 220, het die appelhof, soos dit toe bekend was, wat vonnis betref die volgende beslis:



"The object of sentencing is not to satisfy public opinion, but to serve the public interest."


Na deeglike oorweging van die erkende faktore by vonnis, bevind ek dat daar by elk van die beskuldigdes wel versagtende omstandighede teenwoordig is. Ek bevind ook dat as gevolg van beskuldigde 1 se gesondheidstoestand. wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig mag wees en so ook by beskuldigde 6, as gevolg van die feit dat hy vir meer as drie jaar verhoorafwagtend is. Daar mag ook moontlik wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig wees by die ander beskuldigdes.



Die manier en wyse waarop die beskuldigdes hierdie bloedbad beplan en uitgevoer het, temper die moontlikheid van genade en oplegging van 'n mindere vonnis. 'n Mindere vonnis op hierdie aanklagte sal geen twyfel die indruk laat dat die menslike lewe in die oe van die reg, goedkoop geword het. Daar is geen twyfel by hierdie Hof dat die beskuldigdes roekeloos staan teenoor die respek vir menslike lewe en dat hulle n gevaar is. Daar is ook geen tekens van berou aan hulle kant nie. Die enigste gepaste vonnis op die moordaanklagte roep vir die uiterste straf. Die vonnisse wat opgele gaan word op die ander aanklagte sal saamloop met die vonnisse op aanklagte 25 to 29.




In die gevolg word die beskuldigdes as gevolg gevonnis



Mnr Moenedien Ceaser, aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE en artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing. Aanklagte 30, poging tot moord, AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 32 en 33, besit van ammunisie sonder lisensie en die besit van 'n vuurwapen sonder lisensie, daardie twee aanklagte was saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is hy gevonnis tot VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF Op aanklagte 34, kwaadwillige

beskadiging van eiendom, VYF [5J JAAR

GEVANGENISSTRAF.



Mr Junaid Mitchells, aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte. LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE en bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing. Aanklagte 30, poging tot moord, is AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 32 en 33, dit is die besit van ammunisie en vuurwapen sonder lisensie, dit word saamgeneem vir doeleindes van vonnis, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 34, kwaadwillige beskadiging van eiendom, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF



Ismail Ceaser, aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte. LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE Aanklagte 30, poging to moord, AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 31, dit is die roof met verswarende omstandighede, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklag 32 en 33 is die besit van ammunisie en vuurwapen sonder lisensie, dit word saamgeneem vir doeleindes van vonnis, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 34, opsetlike beskadiging van eiendom, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 35 en 36, besit van vuurwapens en ammunisie sonder lisensie. word saamgeneem vir vonnis, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF



Beskuldigde 4, Allan Albert, ek sal begin by aanklagte 5, dis die besit van 'n vuurwapen sonder lisensie en aanklagte 6. besit van ammunisie sonder lisensie, dit word saamgeneem vir doeleindes van vonnis, SES (6) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklag 7, besit van vermoedelik gesteelde eiendom. oortreding van artikel 36 van Wet 62 van 1955, EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 16 is die roof te Kraaifontein. VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklag 17, besit van vuurwapen, op daardie aanklagte SES (6) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 25 en 29, die moordaanklagte, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE en die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is ook van toepassing. Met betrekking tot aanklagte 30, poging tot moord, AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF. Wat betref aanklagte 31, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 32 en 33 word saamgeneem vir vonnis, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 34 is die kwaadwillige beskadiging van eiendom. VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 35 en 36 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis, VYF (5) JAAR

Mnr Ikaraam Masarapa, beskuldigde 5. Aanklagte 25 en 29, die moordaanklagte, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE en ook die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing. Aanklagte 30. poging to moord, AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 31, gewapende roof, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 32 en 33 word saamgeneem vir vonnis, dit is die besit van die wapens en ammunisie, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 34, opsetlike

beskadiging van eiendom, VYF [5J JAAR

GEVANGENISSTRAF. Aanklagte 35 en 36 word saamgeneem vir vonnis, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF



Mnr Lucien Lackay. Aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte,
LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE en die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing. Wat betref aanklagte 30, poging tot moor, AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 31, die gewapende roof, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 32 en 33 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en word beskuldigde 6 gevonnis tot VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 34, die kwaadwilligebeskadiging van eiendom, VYF(5)JAAR

Beskuldigde 7, mnr Sam. Aanklagte 25 tot 29, die moordaanklagte, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF OP ELK VAN DIE AANKLAGTE en die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 is van toepassing. Aanklagte 30, AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 31. gewapende roof, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 32 tot 33, besit van vuurwapen en ammunisie sonder lisensie, dit word saamgeneem vir doeleindes van vonnis, VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF Aanklagte 34, die kwaadwillige beskadiging van eiendom, VYF [5] JAAR GEVANGENISSTRAF



LE GRANGE, J