South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 583

| Noteup | LawCite

Imperial Bank Ltd v Gerber NO and Another (24430/09) [2010] ZAWCHC 583 (29 November 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)

SAAK NO: 24430/2009

DATUM: 29 NOVEMBER 2010



In die saak tussen:


IMPERIAL BANK BEPERK …............................................................................Applikant


en


EATON STEPHANUS GERBER ….................................................1 ste Respondent


CLAIRE DENISE GERBER …..........................................................2de Respondent


(TRUSTEES OF THE PEPPERWOOD ESTATE TRUST)




UITSPRAAK




CLEAVER, R:



Hierdie is 'n aansoek teen die trustees van die Pepperwood Estate Trust vir verlof om te appelleer teen die uitspraak en bevindings wat ek op 2 November gemaak het, as gevolg waarvan 'n finale likwidasiebevel teen die trust gegee is.



Weereens het mnr Gerber, een van die trustees, die aansoek voorgedra. Vier punte word genoem: Die eerste het gegaan oor die betaaldatum kragtens die leningsooreenkoms: daar word beweer dat alhoewel die leningsooreenkoms bepaal dat die voile bedrag ses maande na registrasie van die dekkingsverband betaalbaar sou wees, hierdie betaaldatum toe deur goedkeurings wat buite beheer van beide partye was, vertraag was, met die gevolg dat die verpligting om ses maande na registrasie van die verband te betaal, nie meer uitvoerbaar was nie. Dit mag wees dat die vertragings en enigiets anders die oorsaak was dat die trust nie kon betaal nie, maar dit volg nie dat dit daarom gese kan word dat die kontrak nie uitvoerbaar was nie. In kort die betoog is nie Vi regsgrond wat teen die applikant opgewerp kan word nie, want dit was nie die applikant se skuld dat die goedkeurings waarna verwys word, vertraag was nie.



Die tweede punt wat genoem is, is dat die oorspronklike kontrak het nie meer bly geld het nie as gevolg van die vertraging. Nou, dit is maar dieselfde as die eerste punt maar net op 'n ander manier gestel. My siening daarvan is dieselfde. Weereens kan hierdie punt nie teen die applikant uitgebring word nie.



Die derde grond toon 'n verwarring aan die kant van die trustees tussen wat in die aanvanklike dagvaarding gese is en wat in die aansoek om sekwestrasie verskyn. Dit mag wees dat daar tydens die summiere vonnis aansoek gevind was dat die betaaldatum nie deeglik genoeg uitgespel was nie, maar wat in die sekwestrasie-aansoek voorkom, is die betoog en ook die bewerings namens die applikant dat die trust nie in staat is om sy skulde te betaal nie. Daar is ook geen twyfel dat sonder enige verdere verandering van die reelings tussen die applikant en die trust die trust nie in staat sal wees om enige verdere gedeelte van hierdie skuld te betaal nie. Weereens moet ek ongelukkig tot die slotsom kom dat die punte wat namens die trustees genoem word, nie regsgronde is om aan te dui dat die applikant verkeerd te werk gegaan het nie.



Die vierde punt is dat ek op een of ander wyse 'n kontrak uit die partye se verhouding geskep het deur my verwysing in die opsomming van wat gebeur het, na die volgende:



"The trust having failed to repayment the amount advanced to it under the bond within the time stipulated, summons was issued by die applicant as plaintiff against the trustees as indicated in paragraph 3 above."



Al wat ek daar gedoen het, was om 'n opsomming te gee van die rede vir die uitreiking van hierdie stukke.



Laastens word betoog, soos ook voorheen voor my betoog is, dat applikant sy regte misbruik het deur aansoek te doen vir sekwestrasie omdat hy nie sy eis in die aksie kon afdwing nie. Na my mening het ek hierdie aspek behandel in die uitspraak en ek het deeglik besin daaroor, want ek was bewus van die feit dat ons hier te doen het met 'n respondent wat eiendom besit, die waarde daarvan miskien genoegsaam sal wees om enige eis te betaal, maar wat volgens die stukke nie in staat is om te betaal nie.



Ander aspekte wat in die applikant se aansoek genoem word, is, soos mnr Gerber ook tereg toegegee het, aspekte wat nie betrekking op die likwidasiesaak het nie, maar weereens genoem is ter stawing van sy betoe dat die saak veel beter in 'n ope hof uitgepluis sou kon word. Hy het natuurlik in gedagte 'n hof waar beide partye getuies sou kon roep. Die Applikant was egter, na my mening, geregtig om die aansoek te bring in die manier waarop hy dit gedoen het en in die omstandighede is ek tevrede dat die respondente vandag nie vir my aangedui het dat 'n ander Hof redelik moontlik tot 'n ander beslissing sal kom nie.



In die omstandighede word die aansoek vir verlof om teen die uitspraak te appelleer VAN DIE HAND GEWYS MET KOSTE.




CLEAVER, R