South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 529

| Noteup | LawCite

Fansensie v S (A225/10) [2010] ZAWCHC 529 (5 November 2010)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)


SAAK NO: A225/10

DATUM: 5 NOVEMBER 2010


In die saak tussen:

CALVIN FANSENSIE Appellant

en

DIE STAAT Respondent






UITSPRAAK




OOSTHUIZEN. WnR:



Hierdie is 'n appel teen vonnis nadat die appellant skuldig bevind is aan twee aanklagte van poging tot moord en een aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy is die eerste twee aanklagte gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf waarvan twee opgeskort is en op die derde aanklag tot drie jaar gevangenisstraf en 'n effektiewe gevangenisstrafvonnis van 15 jaar.




Die appellant appelleer teen daardie vonnis.




Ten opsigte van aanklag 1 is die feite dat hy in Oktober 2005 vir ene Melvin Maasdorp met 'n vuurwapen geskiet het. Die getuienis is kortliks dat hy, wat Maasdorp is, en 'n ander persoon by 'n smokkelhuis gedrink het. Die appellant was ook daar. Daar het toe 'n woordewisseling ontstaan, blykbaar voortspruitend uit 'n versoek dat die appellant 'n glas moes uitspoel. In die loop daarvan het die appellant en Maasdorp aan die stoei geraak. Daardie insident het toe tot 'n einde gekom. Die appellant het die smokkelhuis verlaat en ongeveer 20 minute later teruggekeer met "n 9mm vuurwapen. Hy het op 'n afstand van 10 meter op Maasdorp begin skiet. Hy het die klaer agt wonde toegedien, twee in die maag, een in die nek en een in die rug.



Op die tweede aanklag was die getuienis kortliks dat ene Achmat Theodore om ongeveer middernag van die dag van die insident in Augustus 2006 op pad huis toe was. Hy het verby "n huis te Patryslaan gestap. Die appellant het vir horn oorgeroep na die betrokke woning, en horn gevra vir "n sigaretaansteker wat Theodore toe vir die appellant gegee het. Theodore het toe gewag om dit terug te kry. Dit is nie teruggegee nie. Hy het vir verskeie mense, insluitende die appellant gevra vir die sigaretaansteker. Hy het op 'n stadium deurgegaan na 'n ander kamer in die huis, vermoedelik op soek na sy aansteker. Die appellant het horn gevolg, 'n rewolwer op horn gerig en op 'n afstand van ongeveer 2.5 meter een skoot afgevuur wat vit Theodore in die nek getref het. Hy is vir twee dae in die hospitaal in 'n ernstige toestand opgeneem.



Theodore het getuig dat, nadat die appellant die skoot afgevuur het, die appellant gese het dat hy vir die Theodore wil "klaar maak" en gesoek het na nog 'n wapen om vir Theodore verder te skiet.



Ten opsigte van die derde aanklag kom die getuienis kortliks daarop neer dat ene Royce het by die ingangshek van sy ouers se woning gestaan en appellant het nadergekom en sonder enige voorafgaande waarskuwing 'n mes uitgehaal en horn in die skouer gesteek.



Daar is by my geen twyfel oor die erns van hierdie misdade nie. Die gebruik van vuurwapens om onbenullige argumente op te los, kan in geen beskaafde samelewing aanvaar of regverdig word nie. Die feit dat die appellant en Maasdorp ten opsigte van die eerste aanklag vyftien minute vantevore Yi stryery gehad het, is geensins versagtend nie. Die feit dat hy in daardie omstandighede, trouens die toneel verlaat het en na 'n verloop van omtrent 20 minute teruggekeer het met die vuurwapen en die menige skote afgevuur het, is 'n verswarende omstandigheid.

In die aanval op Theodore was daar hoegenaamd geen regverdiging vir appellant se optrede nie. Theodore was klaarblyklik geregtig om te vra vir die teruggawe van die sigaretaansteker, het heeltemal onskuldig opgetree, en is in daardie omstandighede aangeval met 'n gevaarlike wapen op 'n gevaarlike wyse.



Die gebruik van uiters gevaarlike wapens in doellose en onnodige aanvalle wat dikwels tot lewensverlies lei of kan lei, is iets waarteen die howe by meermale hulle ten sterkste uitgespreek het, en daar is 'n plig wat rus op die howe om ernstig op te tree teen sodanige insidente.



In die appel voor ons is daar betoog dat inmenging op appel nodig is omdat die landdros die kumulatiewe effek van die strawwe in ag moes neem. Dit is geykte reg - dit is onnodig om na gesag te verwys - dat daar slegs op appel ingemeng kan word indien die vonnis van die laerhof skokkend onvanpas is, of indien die laerhof 'n mistasting begaan het.



Ek is nie van mening dat die verhoorlanddros 'n mistasting begaan het deur nie tot Yi groter mate die kumulatiewe effek van die drie strawwe in ag te neem nie. Die drie misdrywe, wat betref tyd en omstandighede, was ver verwyder van mekaar. Dit sou moontlik - en ek spreek my nie finaal hieroor uit nie ­anders gewees het as die drie aanvalle op dieselfde datum, dieselfde plek en as 't ware in die loop van dieselfde insident in agtereenvolgende insidente plaasgevind het, maar dit is geensins die geval in die appel voor ons nie. Ek het reeds daarop gewys dat die een aanval in Oktober 2005 plaasgevind het, die tweede een in Augustus 2006 en die derde een in September 2005.



In die omstandighede, is ek die mening toegedaan dat die wyse waarop die landdros die kumulatiewe effek van die strawwe hanteer het, nog skokkend onvanpas is en of op 'n mistasting neerkom. Die landdros het trouens sy diskresie korrek uitgeoefen deur ten opsigte van aanklag 1 en 2, twee jaar van die gevangenistermyn wat hy opgele het, op te skort.



Ek is in die omstandighede nie oortuig dat daar enige gronde vir inmenging bestaan nie. Ek sou die appel van die hand wys en die vonnisse bekragtig.



OOSTHUIZEN, WnR


HENNEY. WnR: Ek stem saam en dit word so beveel.





HENNEY, WnR