South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 477
| Noteup
| LawCite
Louw v S (A407/2010) [2010] ZAWCHC 477 (17 September 2010)
Download original files |
IN DIE HOE-HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE-HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A407/2010
DATUM: 17 SEPTEMBER 2010
In die saak tussen;
ISAK LOUW …...............................................................................................Appellant
en
DIE STAAT ….............................................................................................Respondent
UITSPRAAK
WEYER. WnR:
Hierdie is "n appelsaak waar die appellant appelleer teen sy skuldigbevinding op een klagte van moord en die gepaardgaande vonnis van 18 jaar direkte gevangenisstraf, soos opgele deur die Streeklanddros vir die Streekafdeling van die Kaap gehou te Vredendal op 16 November 2004. Verder is appellant ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit in terme van Artikel 103(1) van Wet 60 van 2000. Appellant se medebeskuldigde is vrygespreek op die aanklag.
Die geskiedenis van die aangeleentheid is dat appellant en sy medebeskuldigde op 16 April 2004 in die Streekhof te Vredendal onskuldig gepleit het op 'n aanklag van moord. Die aanklag teen appellant en sy medebeskuldigde was moord deurdat hulle beweerdelik op 15 November 2002 en naby Moreson, Lutzville, vir ene Abraham Lewis, in lewe Vi volwasse manlike persoon wederregtelik en opsetlik gedood het.
Die appellant het daarna suksesvol aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen beide sy skuldigbevinding en vonnis.
Wat die meriete van die saak aanbetref, wil ek net die volgende se: Voordat ek die getuienis en die skuldigbevinding ontleed, moet daar duidelik gestel word dat die feite van hierdie saak na my mening skokkend is en kan as voorbeeld opgehou word van hoe die waarde van Vi lewe goedkoop is. Nog erger is die feit dat die oorledene in hierdie saak heel waarskynlik gewelddadig aangerand is deur 'n persoon of persone wat goed aan horn bekend was.
Dit is gemene saak dat die oorledene as gevolg van subdurale breinbloeding en skedelfraktuur oorlede is. Dit is verder gemene saak dat die oorledene op 15 November 2002 saam met die appellant en sy medebeskuldigde, ene Karlien Cloete, wie sy saamwoonmaat was, en appellant se moeder, by appellant se woning te Moreson, Lutzville, aan huis was. Daar het die oorledene saam met die appellant en sy medebeskuldigde die aand lank gedrink.
Appellant erken verder dat hy die oorledene die betrokke aand geklap het alhoewel die rede daarvoor, na my mening, nooit bevredigend deur horn verklaar is nie. Dit is verder gemene saak dat die appellant en die medebeskuldigde die oorledene later uit die woning gesleep het. So ook is dit gemene saak dat die oorledene buite die woning van appellant gelaat was e dat hy eers die volgende oggend dood aangetref is onder Yi boom deur ene Karlien Cloete. Appellant is toe deur Karlien Cloete aangese om ene me Louw te gaan vertel sodat die polisie ontbied kon word.
Inspekteur Von Wielligh, wat ook die ondersoekbeampte in hierdie saak was en wat getuig het in die Hof a quo het daaropvolgend beslag gele op tekkies wat met bloed bevlek was en 'n broek. Dit is gemene saak dat beide items aan die appellant behoort het en verder dat die bloed wat op appellant se tekkie was, ooreenstem met die bloed van die oorledene.
Daar is ook bloed voor appellant se woning gevind sowel as in die woning teen die muur en op die deurdrumpel.
Hierdie feite in sigself is sterk omstandigheidsgetuienis van die appellant se betrokkenheid by die misdaad.
Ek stem dus saam met die submissie van die Staat dat die streeklanddros korrek die enigste geskilpunt geidentifiseer het, naamlik wie inderdaad verantwoordelik was vir die noodlottige beserings van die oorledene.
Die getuies wat wesenlike getuienis ten opsigte van die geskilpunt gelewer het, was Karlien Cloete, inspekteur Von Wielligh en dan ene Igshaan Smith wat in 2002, kort na die inhegtenisname van die appellant, saam met horn in die gevangenis verhoorafwagtend was.
Inspekteur Von Wielligh het die volgende getuienis ten opsigte van die meriete bedra, naamlik, dat die oorledene onder h boom, nie ver van appellant se woning, aangetref is; dat daar sigbare sleepmerke vanaf die boom tot by die voordeur van appellant se huis was; dat daar bloedspatsels oop die drumpel van die deur en die muur van appellant se huis aangetref is; dat die stoep nat voorgekom het asof iemand iets probeer afwas het; dat hy beslag geld het op Yi tekkie met bloed wat later ontleed was en bevestig het dat dit die oorledene se bloed is.
Hy het getuig dat toe hy op die toneel met Karlien Cloete gepraat het, sy aangedui het dat sy niks van die voorval weet nie, maar dat sy wel later met die hele storie vorendag gekom het in die afwesigheid van appellant en 'n verklaring afgeie het.
Verder het inspekteur Von Wielligh ook bevestig dat ook beserings aan die kop van die oorledene opgemerk het en dat hy op die toneel beslag gele het op 'n klip met bloedspatsels en 'n pik. Weereens moet ek saamstem met die Staat se betoog dat hierdie getuienis sterk omstandigheidsgetuienis teen appellant is.
Die Hof a quo het korrek in my submissie die getuienis van inspekteur Von Wielligh as geloofwaardig aanvaar. Hy het sy getuienis op 'n eerlike, betroubare en logiese wyse afgeie en sy getuienis was nooit in enige wesenlike opsig getoets deur die appellant nie.
Die Staat gee toe - korrek in my oordeel - dat Karlien Cloete se getuienis korrek deur die streeklanddros met versigtigheid benader is. Dit is so dat die getuie se getuienis wel appellant se aandadighe'td aan die misdryf afgewater het. Die getuie se geloofwaardigheid word egter herstel in haar openbaring tydens die kruisverhoor van die regsverteenwoordiger vir die medebeskuldigde dat sy wel appellant probeer beskerm het. Sy het egter Vi aanvaarbare weergawe aangebied om haar weersprekings te verduidelik, veral haar toegewing aan die einde van haar getuienis is myns insiens veelseggend dat sy onder vrees gehandel het en dat dit primer ook die rede was waarom sy so beskermend teenoor die appellant getuig het.
Sy het aangevoer dat sy bang is vir appellant; dat hy haar gedreig het om die waarheid te verswyg en dat sy afhanklik is van appellant.
Waar daar wesenlike weersprekings of verswygings is in n getuie se getuienis en die getuie daarmee gekonfronteer word, word daar verwag dat die getuie 'n redelike verduideliking hiervoor moet aanbied, alvorens 'n negatiewe afleiding teen die getuie se geloofwaardigheid gemaak kan word. Cloete het wel Vi logiese en redelike verduideliking vir haar weersprekings en verswygings aangebied. Gevolglik het die Hof a quo korrek, in my oordeel, bevind om nie summier die getuienis van die getuie te verwerp nie, maar dit te aanvaar waar dit die getuienis van inspekteur Von Wielligh en/of Igshaan Smith en of sy medeskuldigde gestaaf het.
Hierdie benadering bevind stawing in die gesag van S v Mafaladiso 2003(1) SASV 538 (HHA) op bladsy 594.
Yi Belangrike aspek van die getuienis van Karlien Cloete is dat sy wel Yi rede verskaf waarom die appellant die oorledene ook sou aanval. Sy het gemeld dat die oorledene appellant geld geskuld het en dat hy later knaend was oor die alkohol wat hy van appellant wou he
Verder het Me Cloete gemeld dat sy gesien het dat appellant die oorledene sonder enige rede "n stewige klap gee. Later het sy ook gesien hoe die oorledene deur die appellant en sy medebeskuldigde by die huis uitgeneem is.
Noemenswaardig is die feit dat haar getuienis deur die getuienis van inspekteur Von Wielligh gestaaf word. Die bloed op die skoene van appellant en die bloed op die toneel, sowel as die sleepmerke asook haar verduideliking dat appellant en sy moeder die bloed probeer afwas het, is na my mening van waarde. Ek kan dus nie bevind dat die Hof a quo 'n fout begaan het om die getuienis van hierdie getuie te aanvaar nie.
Igshaan Smith se getuienis was dat appellant sekere erkennings aan horn sou gemaak het tydens die periode waar hulle saam as verhoorafwagtendes in aanhouding was te
Vanrhynsdorp Gevangenis. Hierdie getuie se getuienis is ook met versigheid benader, welke benadering weereens korrek was in my oordeel. Hierdie getuie se getuienis is aanvaar in die opsigte wat dit ook deur die getuienis van inspekteur Von Wielligh, Karlien Cloete en sy medebeskuldigde gestaaf word. Die verdere vraag wat ontleed moet word is of die weergawe van die appellant redelik moontlik waar kan wees en dat dit gegvalueer moet word teenoor die getuienis in sy geheel.
Die weergawe van die appellant was kortliks dat hy op die aand van 15 November 2002 by sy woning was. Sy saamwoonmaat. Karlien Cloete, het vir horn en sy medebeskuldigde kos gegee. Dat laasgenoemde twee besig was om alkohol te drink, is ook gemene saak.
Later het hulle na appellant se suster se huis gegaan en weer teruggekeer. Die oorledene het, volgens die appellant, laat daar opgedaag. Karlien Cloete en appellant se moeder het toe reeds geslaap volgens, horn. Dat die oorledene daar vreeslik gelawaat het en nie vir homself wou beteuel nie, is ook sy weergawe. Appellant het die oorledene een klap gegee volgens horn. Dat die appellant na die kamer toe is en die oorledene en medebeskuldigde in die kombuis gelos, is verder sy weergawe. Appellant het toe teruggekeer waar hy die oorledene op die vloer sien Id en onmiddellik medebeskuldigde gevra om horn te help om die oorledene uit te dra. Dit dan die appellant se weergawe.
Die appellant was glad nie Vi goeie getuie nie. Sy getuienis is gekenmerk deur leemtes, aanpassings en gebrek aan verduidelikings wat aanduidend is van die feit dat die appellant se getuienis korrek deur die Hof a quo verwerp was. Die onwaarskynlikhede van appellant se weergawe is verder aanduidend dat sy weergawe korrek met vrymoedigheid deur die Hof a quo verwerp was.
Die enigste redelike afleiding gegewe die bewese feite van die insident is ooreenstemmig met die Hof se benadering in S v Blom 1939 AD 188 dat appellant verantwoordelik was vir die beserings wat die oorledene opgedoen het die betrokke aand.
Enkele leemtes wat genoem kan word, is byvoorbeeld die appellant se onvermoe om Yi spesifieke rede te kon verskaf waarom hy die oorledene geklap het. So ook kon hy ook nie verduidelik hoe die oorledene se bloed op sy tekkie beland het nie of waarom hy die broek wat hy die aand aangehad het, in die water gesit het. Geen aanvaarbare verduideliking van hoe die bloed aan die muur en die vloer van appellant se woning voorgekom het, is deur horn geopper nie.
Die appellant het ook in kruisverhoor probeer om sy getuienis aan te pas en nuwe getuienis was tydens die verdedigingsaak vir die eerste keer geopenbaar. As voorbeelde hiervan kan genoem word da? by aangevoer het dat die vrou, Karlien Cloete, nooit die woning sou verlaat het die aand nie en dat sy met appellant se moeder in die kamer die heeltyd was. Dit was nooit aan Ktrlien Cloete gestel dat sy die hele aand by die huis was en dat sy nie buite deur appellant en medebeskuldigde uitgesluit was nie.
Hy het ook a:n9ev°er dat die oorledene eers later die aand by horn en sy n-?debeskuldigde aangesluit het. So ook dat hy en sy l-nedeDesku?i9de die oorledene aan sy arms uitgesleep het.
t>itj or.waarskynlrfchede in die appellant se weergawe is ook trefTcud en die R>f a quo het, korrek na my mening, sy getuienis w^ens hierdie rede ook verwerp. As enkele voorbeeldi hiervan, kan die volgende genoem word: waarom klap die appellant die oorledene? Dit is hoogs waarskynlik omdat dii oorledene nie appellant sy geld kon terugbetaal nie, soos gjtuig deur ander getuies. Verder, indien daar geen aanranding op die oorledene was nie, waarom moes die oorledene dan summier uitgesit word toe hy op die vloer le. Waarom sien appellant geen aanranding op oorledene in die huis nie, maar daar is we! bloed van die oorledene teen die mure en op die vloer. Appellant merk geen bloed op die oorledene nie, maar Karlien Cloete getuig dat sy bloed opgemerk het by die oorledene toe hy uitgesit was. Waarom sal appellant sy broek wat hy aan inspekteur Von Wielligh uitgewys het in Yi emmer water plaas? Daar was hoogs waarskynlik bloed aan hierdie broek. Op watter wyse het die bloed aan die tekkie van die appellant gekom, en waarom is daar geen van sy eie genetiese materiaal op die tekkie gevind as sy neus gebloei het nie? Waarom sal die bloed van die stoep afgewas word indien appellant niks gehad het om weg te steek nie?
Dan is daar ook die onwaarskynlikhede dat die twee getuies, Cloete en Smith, horn valslik sou beskuldig. Daar is Vi vraag wat opkom oor hoekom Smith homself betrokke sou maak as getuie teen 'n mede-bendelid. Daar is ook die verdere vrae oor hoekom Cloete haar saamleefmaat, en die broodwinner in die huis vals sou impliseer by die dood van die oorledene.
Hierdie en soortgelyke vrae wat onbeantwoord bly deur die appellant, lei my na die gevolgtrekking dat die Hof a quo korrek die weergawe van die appellant verwerp het. Dit is oogmerkend dat die appellant versuim het om die getuienis van sy ma en suster aan te bied wie moontlik sy weergawe kon bevestig het, ten minste in enkele aspekte.
Alhoewel die appellant se betoog dat die Staat die bewyslas moet kwyt raak bo enige moontlike twyfel, soos uiteengesit in die saak van S v Van der Mevden 1999(1) SASV 447 (W) 447h-j waar die Hof homself as volg uitgespreek het hierteenoor korrek is:
"The onus of proof is on the State. It continue by holding at the conronnery is that the accused is entitled to an acquittal if it is reasonably possible that he may be innocent. The Court remarked that these two are separate independent tests, in other words in order to convict evidence must established the guilt beyond reasonable doubt, which will be only if there is at the same time no reasoable possibility that a innocent explanation will just been put forward, might be true. The Court continued at these two (indistinct)",
is ek is tevrede dat die Staat in die huidige aangeleentheid wel met inagneming van hierdie benadering, die bewyslas gekwyt het.
Ek gaan dan akkoord met die Hof a quo se bevinding dat die skuld van die appellant bo redelike twyfel bewys is en dat die streeklanddros korrek die beginsels neergele in onder meer S v Trainor 2003(1) SASV 35 (A) para [9] toegepas het. In S v Trainor het Nafsa, AR, soos volg gese:
"A conspectus of all the evidence is required. Evidence that is reliable should be weighed alongside such evidence as may be found to be false. Independently verifiable evidence, if any, should be weighed to see if it supports any of the evidence tendered. In considering whether the evidence is reliable the quality of that evidence must of necessity be evaluated, as must corroborative evidence, if any. Evidence, of course, must be evaluated against the onus on any particular issue or in respect of the case in its entirety. The compartmentalised and fragmented approach of the magistrate in that case was found to be illogical and wrong."
In hierdie omstandighede word die appel teen skuldigbevinding dus van die hand gewys.
Sover dit vonnis aanbetref, wil ek die volgende uitspreek. Die appellant voer aan dat die agbare Streeklanddros gefouteer het en nie behoorlik sy persoonlike omstandighede, die erns van die misdaad en die gemeenskapsbelange in oorweging gebring het nie. Appellant se persoonlike omstandighede stel geen dwingende en wesenlike omstandighede daar wat na my mening 'n afwyking van die minimum vonnis regverdig nie.
Me Kortie. wat namens die Staat in hierdie appel opgetree het, het aangevoer dat die proporsionele vonnis wat die appellant opgele is, geensins neerkom oop 'n ongeregtigheid nie. Sy het verwys onder meer na die saak van S v Dodo 2001(3) SASV 382 (CC) op 403-404 as stawing vir hierdie betoog. Sy het verder argumenteer dat die strafverswarende omstandighede in hierdie aangeleentheid die persoonlike omstandighede van die appellant oorskadu. Die gemeenskapsgevoel oor die misdryf, het sy weereens vanoggend in haar betoog geidentifiseer as oogmerkend in hierdie saak.
Hierdie misdryf is ongetwyfeld van 'n ernstige aard en moreel afkeurenswaardig. Appellant het geen respek getoon vir die reg op lewe van die oorledene nie. Die oorledene was die betrokke aand onder die invloed van alkohol en dus was hy heel klaarblyklik in h weerlose posisie teen die aanval van die appellant.
Die geweld teenoor die oorledene het geeskaleer in graad tot waar 'n wapen gebruik is. Die beserings waaraan die oorledene beswyk het, is sprekend van 'n herhalende wrede aanval op sy liggaam. Dit was ongetwyfeld 'n sinnelose en brutale daad. Verder is die abandonering van die oorledene buite die woning, nadat hy soveel bloed binne die huis alreeds verloor het, aanduidend van die absolute minagting waarmee die appellant die lewe van die oorledene bejedn het.
Teen hierdie feite moet daar oorweeg word die appellant se persoonlike omstandighede. Appellant se persoonlike omstandighede sluit in dat hy op die datum van vonnis as versagting se dat hy 37 jaar oud was. Tans is hy natuurlik ouer. Hy was werksaam as 'n algemene arbeider en het R190 per week verdien. Hy het drie kinders, slegs twee van die kinders geniet onderhoud van die appellant. Appellant was in 'n saamleefverhouding met Karlien Cloete.
Dan is daar ook natuurlik die vorige veroordelings van appellant wat veelvoudig is en wat insluit onder andere ernstige geweldsmisdrywe. In R v Zonele & Andere 1959(3) SA 319 (A) op 330 was die volgende vermeld in hierdie verband:
"Generally speaking previous convictions aggravate an offence because they turn to show that an accused has not been deterred by his previous punishments from committing the crime under consideration in a given case."
In S v Pieters 1987(3) SA 717 (A) maak Botha AR op 727 die volgende opmerking:
"Met betrekking tot appelle teen vonnis in die algemeen is daar herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie hof beklemtoon dat vonnisoplegging berus by die diskresie van die verhoorregter. Juis omdat dit so is, kan en sal hierdie Hof nie ingryp en die vonnis van "n verhoorregter verander nie, tensy dit blyk dat hy die diskresie wat aan horn toevertrou is, nie op h behoorlike of redelike wyse uitgeoefen het nie. Om dit andersom te stel, daar is ruimte vir hierdie hof om 'n verhoorregter se vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op Yi onbehoorlike wyse uitgeoefen het. Dit is die grondbeginsel wat alle appelle teen vonnis beheers."
En verder op bladsy 734 van bogemelde saak word die volgende gemeld:
"...een enkele vraag: of die verhoorregter redelikerwys die vonnis kon ople wat hy wel opgele het. Dit is die deurslaggewende vraag. As die antwoord daarop bevestigend is, is dit die einde van die saak. Daardie vraag le ook ten grondslag van die sogenaamde treffende wanverhoudings-toets...ln die verband word die genoemde toets aangewend wanneer hierdie Hof aan die hand van wat in die oorkonde verskyn op appel h besliste mening kan huldig aangaande die vonnis wat hy in die eerste instansie sou opgele het en waar daar 'n treffende verskil is tussen sodanige vonnis en die wat die verhoorregter opgele het. Dit sou egter onrealtsties wees om nie die feit onder oe te sien nie dat die bepaling van 'n spesifieke termyn van gevangenisstraf in "n gegewe geval nie volgens enige eksakte, objektiefgeldende maatstaf kan geskied nie, en dat daar dikwels 'n area van onsekerheid kan bestaan waarbinne menings oor die gepaste termyn van gevangenis geldiglik kan verskil. In so 'n geval, selfs al sou hierdie hof meen dat hy 'n heelwat ligter vonnis sou opgele het, sou hy nogtans nie ingryp nie, omdat die nodige oortuiging sal ontbreek dat die Verhoorregter nie redelikerwys die vonnis kon opgele het waarop hy besluit het nie."
Ek het wel die beginsels. soos uiteengesit in S v Ntonzeni 2009(1) SASV 41 (E), S v Malqas 2001(1) SASV 469 (HHA), S v Fatie 2001(1) SASV 485 (A) en S v Dodo 2001(1) SASV 382 in ag geneem, wanneer dit kom by die oorweging van h diskresionere vonnis.
Selfs met inagneming van bogemelde gesag, blyk dit egter dat die vonnis wat die appellant vir hierdie misdryf opgele is, naamlik 18 jaar gevangenisstraf, nie skokkend onvanpas is nie. Daar blyk dus geen rede te wees waarom daar ingemeng moet word met die straf soos opgele deur die Hof a quo.
Die appel teen vonnis word dus ook van die hand gewys en die skuldigbevinding en die vonnis, soos opgele, word bekraglig.
WEYER, WnR
SALDANHA, R: Ek stem saam en dit word so beveel.
SALDANHA, R
Am