South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 158

| Noteup | LawCite

Hendrick v Padongelukkefonds (A599/2007) [2008] ZAWCHC 158 (7 March 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFREKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: A.599/2007

DATUM: 7 MAART 2008



In die saak tussen:

SARIE HENDRICK Appellant
en

DIE PADONGELUKKEFONDS Respondent








UITSPRAAK




VELDHUIZEN, R:



Die appellant het namens haar minderjarige dogter, Abachija, die respondent in die landdroshof te Bonnievale gedagvaar vir die betaling van skadevergoeding vir verlies aan onderhoud as gevolg van die dood van die dogter se vader, mnr Floors Filander (die oorledene) in n motorongeluk.


Die partye het ooreengekom dat die vraag aangaande die versekerde bestuurder se nalatigheid van die kwantum van eiseres se eis geskei word. Die appellant se eis is deur die landdros verwerp, vandaar die huldige appel.




Dit is gemene saak dat die oorledene en ander persone gedurende die nag van 22 Augustus 2004 hulle op die pad tussen McGregor en Bonnievale naby Drienesrivier bevtnd het. Sommige van die persone het langs die kant van die pad gefoop terwyl die ooriedene en nog 'n man op die ryvlak van die pad geloop het. Die persone was tot h mindere of meerdere mate onder die invloed van sterk drank. Blykbaar is dit nie "n ongewone verskynsel in daardie gebied oor naweke nie.



Die versekerde bestuurder het die voetgangers van agter genader. Sy motorvoertuig se ligte het was gedomp en hy het n aantal passasiers in sy voertuig gehad. Alma! die voetgangers, behalwe die oorledene, het vir die aankomende voertuig padgegee. Die oorledene is deur die linker voorkant in die omgewing van die koplig van die versekerde voertuig omgery. Hy het op die toneel gesterf.



Die eiseres se getuies dra niks by om die ongefuk te verklaar nie en ek vind dit nie nodig om hulle getuienis te herhaal nie.

Die versekerde bestuurder het getuig dat hy voorheen gehoor het dat mense in daardie omgewing dfkwels in die pad loop en dat van hulfe ook al raakgery is. Hy het verder getuig dat toe hy om 'n draai in die pad gekom het, het hy twee mans naby die middel van die pad gesien staan. Die een man het na sy linkerkant padgegee terwyl die ander een bly staan het. Hy het sy voet van die versneller gehaal en na regs beweeg. Sy getuienis In hierdie verband lui soos volg:



"Nou u het nie gerem of iets nie, ne? -— Nee, ek het my voet afgehaal van die 'accelerator' af.

Ja? — En so effens briek, maar ek het nou nie dood briek getrap nie."

En verder:

"Ja, maar soos u getuienis nou is, u het gery u sien hier is twee manne. U sfaan nie rem aan of so nie, u sien maar die een ou gaan nou uit die pad uit. En toe sien u maar die ander ou bly staan? ---Ja.

En dit is toe wat u besef maar nou moet ek n plan maak en regs beweeg? — Ja.

Is dit u getuienis? --- JaPI mevrou."

Hy het later getuig dat hy onder die indruk was dat die oorledene sou padgee. Eers toe hy besef die oorledene gaan nie padgee nie, het hy met sy vermydende optrede begin.




Die landdros bevind:



"Soos reeds gemeld, was die omstandighede van 'n buitengewone aard. Die bestuurder se reaksietyd was minimaal gewees. Hy het sy voet van die versneller gehaal en 'n berekende uitdraaihandeling verrrg. Hy het nie blindelings in die oorledene vasgery nie. Die feit dat die bestuurder nte remme aangeslaan het nie, is nooit behoorlik ondersoek nie. Die gevolge is dus bloot spekulatief. Die bestuurder was gekonfronteer met 'n uiterste gevaartoestand. Na my mening was daar nie juis veel meer stappe, as wat reeds geneem was, wat die bestuurder kon geneem het om die botsing te vermy nie."




Met hierdie bevinding en gevolgtrekking van die landdros stem ek nie saam nie. Na my mening, was die versekerde bestuurder in die volgende opsigte nalatig: Eerstens, moes hy vroeer met vermydende aksie begin het. Hy het onredelik opgetree deur te wag met sy vermydende aksie om eers vas te stel of die oorledene gaan padgee. Gemeet aan die standaard van die redelike man, skiet die vermydende stappe wat hy daarna geneem het ook tekort.



Op sy eie getuienis kon hy harder gerem het en was dit op daardie tydstip vir horn veilig om na die ander kant van die pad oor te beweeg. Soos dit is, was die wiele van sy voertuig net oor die middel van die pad toe hy die oorledene getref het. Die waarskynlikhede toon, na my mening, dat indien die versekerde bestuurder vroeer vermydende stappe geneem hetT harder gerem het en verder na regs geswenk het, sou hy die ongeluk vermy het.



Dit volg dat die appel moet slaag. Gevolglik word die volgende bevel gemaak;



Die appel slaag met koste en die landdros se bevel word tersyde gestel en met die voigende vervang:



"Die oorledene se dood is veroorsaak deur die nalatigheid van die versekerde bestuurder en die verweerder is aanspreeklik vir die skade wat die eiseres mag bewys. Die verweerder word gelas om die eiseres se koste te betaal."



VELDHUIZEN, R


NDITA. R: Ek stem saam.



NDITA, R