South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2005 >>
[2005] ZAWCHC 129
| Noteup
| LawCite
S v Trompetter (SS219/2005) [2005] ZAWCHC 129 (27 October 2005)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAP)
SAAK NO: SS219/2005
DATUM: 27 OKTOBER 2005
In die saak tussen:
en
N ERASMUS. R:
Mnr Trompetter, ek moet vir u vandag ietwat anders behandel as wat ek onder normale omstandighede 'n ander beskuldigde wat ouer in jare is sou behandel wat op hierdie tipe aanklagtes skuldig bevind is. Sonder om daarop uit te brei, sou ek nie huiwer om u vandag twee maal tot lewenslange gevangenisstraf te vonnis indien u ouer was ten tye van die pleging van die misdryf en indien u lewensloop ’n ander pad gevolg het. As gevolg van die besondere omstandighede van u as persoon, noop dit my om ander alternatiewe te oorweeg.
Ek is van mening dat ek 7n diskresie het in die op legging van die voorgeskrewe vonnisse, in u geval, en indien. ek lewenslange gevangenisstraf sou ople, moes ek uitdruklik daarvoor redes gee. Ek gaan dit egter nie ople nie : en derhalwe gaan ek nie volledig met die redes vir.die vonnis handel nie.
Die ooriedene het niks gedoen om die behandeling wat u haar toegedien het te regverdig nie. Ek wonder net wat is die rede dat u tot hierdie stap oorgegaan het. Ten einde die misdrywe en die erns daarvan behoorlik te verstaan, is dit nodig orri dit in te weeg met u lewenspad wat u geloop het. U het as joiig kind seker a 11 e negatiewe aspekte wat ’n kind kan ervaar in die lewe ervaar. U was na my mening nooit ’n kans gegee om werklik vry buite in die gemeenskap te integreer en aan te pas nie. As gevolg van u sosiale omstandighede, u is van kleins af in inrigtings, kinderhuise, sorgbehoewende kind, later begin met die geringe misdrywe, klein diefstalletjies wat vir u uiteindelik in die verbeteringskool laat beland het en ook nie eers vir baie oortredings nie, daar was net vier, klein diefstalletjies. Nerens in daardie tyd, blyk dit, asof daar werklik pogings aangewend was om u binne die gemeenskap te I a at aanpas en te I aat rehabilitee r v ir u afwyk ings nie. Dit he I p nie na my mening om ’n kind ’n tik oor die vingers te gee wanneer hy in kriminaliteit beland nie en dat vonnisopleggings, veral in die laerhowe wat met hierdie aangeleenthede werk, meer aandag moet skenk om behoorlike inligting te bekom en doelgerigte vonnisse op te le ten einde kinders te verhoed om in u situasie te beland.
Dit is baie duideiik dat elke keer wanneer u uitgeplaas was uit ’n inrigting en buite daardie beheer strukture gekom het, het u die verkeerde pad geloop en dan het u voor die howe verskyn en ag, dit is maar net nog ’n saak wat a.fgehandel word. So blyk dit uit u rekord en ek wil nie onnodiglik kritiek uitspreek teenoor vonnisopleggers in ander howe nie, want ek weet nie presies wat die omstandighede was nie, maar ervaring het geleer dat daar nie genoeg tyd bestee word en genoeg aaridag geskenk word aan vonnisse wat kinders opgele word in die strafhowe nie en dit lei tot hierdie tipe gevolge waar jy ’n persoon het wat eenvoudig begin met ’n misdaadloopbaan en later progressief a! hoe meer ernstige misdrywe pleeg.
U, hierdie klein geringe misdaadpleger, het in die verbeteringskool ingegaan met ’n eerste uitplasing toe probeer u roof. Nou het u gegroei na meer ’n ernstige misdryf en u het selfbeheersing verloor, die roof het voortgegaan maar hier is ’n vrou wat ek nou betas en ek skud haar uit, soos u se in die pleit, en toe vind u uit u moet haar verkrag. ’n Groot vrou in
haar veertigs. U is nog ’n kind daardie tyd en toe sy te veel raas, toe gaan sit u en toe druk u haar hande vas en u wurg haar dood en nou is jy vandag voor my. U het nog niks van u lewe gehad nie. Het die klaagster die reg gehad op !n lewe? Sy het ook moeilikhede omstandighe.de gehad daar in die plakkerskamp. Sy het ook mense gehad wat vir haar lief was. Sy het ook uitgesien na die dag van more. U het dit van haar weggeneem en ek is nie van voornemens om die geykte: rympies aan te haal oor erns van misdrywe nie. Dit staan soos ’n paai bo water. Die fokus, na my mening, moet wees, of wat ’n gepaste vonnis vir u vandag is.
Nou kom die gemeenskap en beskryf vir inspekteur Westraadt ’n brief by monde van die pastoor en se ons is keelvol, hierdie jong manne wat ons terroriseer moet vir altyd weggesit word want hulle wil wraak he want hulle kan nie in vrede lewe nie. U is dalk nog te jonk om te besef watter stryd arm mense gehad het en steeds het in hierdie land om hulle waardigheid te beskerm en waardigheid terug te kry en dit is optredes soos hierdie van u wat afbreuk doen aan daardie waardigheid en die gemeenskap kyk na die howe, hulle roep uit na wraak. Sommige doen selfs oproepe na doodsvonnisse en so meer en hulle is reg, hulle het die reg tot beskerming. Dit is my taak om daardie reg te beskerm. Dit is my taak om in hulle belang
op te tree om waardigheid te herstel. Dit is wat misdaad en kriminaliteit doen.
Ek kan net se dit moet nie uit die oog verloor wat dat u.as strafwaardige mense voor hierdie Hof staan. Na my mening is die mees belangrike aspek en die verskillende faktore wat oorweging aan geskenk moet word by vonnis wanneer dit by ’n jeugdige aanbetref wat u is, is om. ’n vonnis op te le wat toekoms gerig is, sonder om die vergeldingsaspek te onderbeklemtoon, dat u moet boete doen, u moet betaal vir wat u gedoen het. Dit is hoekom ek vir u vandag na die gevangenis gaan s.tuur. Ek gaan vir u ’ri vonnis ople wat vir u die geleentheid gaan gee, ongeag van hoe wreed die oortreding was wat u gepieeg het en sonder om afbreuk te doen aan die erns van daardie oortredings, u nog steeds die geleentheid sal gun om eendag, wanneer u groot geraak het, dalk ’n bydrae te kan maak in die gemeenskap en dalk weer uit ’n inrigting uit te kom en te weet u kan nie weer teruggaan waar u vandaan gekom het nie.
Miskien is ek nai'ef om te glo dat daar iets goed in u kan steek, daar is baie ander wat in hierdie hof gesit het en geluister het na wat u gedoen het wat dalk dink sluit hom toe, gooi die sleutel weg. Ek is die teenoorgestelde mening toegedaan. Ek is van mening dat u ’n kans moet kry in die lewe, wat u gaan maak met daardie kans, hang van u af. Daarom gaan ek behoorlik, na my mening, die vonnis tot n groot mate temper deur die vonnisse te laat saamloop, maar ook om dit tot so 'n mate op te le dat daar die moontlikheid vir u is om op parool eendag vrygelaat te word. Dit gaan pie ’n kort tydjie wees nie, maar ek hoop dat die tydperk wat u in. die gevan.genis gaan deurbring in die eerste plek u gemoed sal temper met tyd en dat ouderdom moontlik ’n ro! gaan speel om vir u volwasse te maak, maar ek gaan ook gelas dat rehabilitasieprogramme in; u geval doelgerig moet wees op toekomstige vrylatihg en dat daar behoorlike oorweging geskenk moet word in u besondere persoonlike omstandighede en daarom gaan ek sekere bevele met die vonnis ople.
Een van die redes dat ek tot hierdie gevolgtrekking geraak h6t dat ek van mening is dat u werklike berou toon, ek het u voor my waargeneem vir drie dae nou wat u hier verskyn het. Net op gesigwaarde en u optrede, maar ek heg gewig aan die getuienis van inspekteur Westraadt en hy se van die stadium wat hy vir u gekonfronteer het, het u oop kaarte gespeel, u het berou getoon, u het u voile samewerking gegee. Ons weet dat na u die misdryf gepleeg het, het u teruggegaan verbeteringskool toe en u het aangegaan met u lewe, maar dit is normaal, as iemand dink hy gaan gevang word nie, dan vat hy sy kanse. So, ek gaan dit nie teen u hou nie, maar daar moet ook besef word deur persone wat misdrywe pleeg dat hulle gaan gevang word en wanneer hulle gevang word, dan wil ’n mens ten minste sien dit is nog ’n mens en nie ’n dier nie.
In die lig van hierdie kort opmerkings, is ek van mening dat die volgende ’n gepaste vonnis is:
Op aanklag 1, die verkragtingaanklag, word u gevonnis tot TWINTIG (20) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Op aanklag 2, die moordaankla.g, . word u gevonnis tot VYF-EN-TWINTIG (25) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Ingevolge artikei 280(2) van Wet 51 van 1977 word dit gelas dat die vonnis opgele op aanklag 1 samelopend uitgedien sal word met die vonnis opgele op aanklag 2, dit beteken dat u vonnis is 25 jaar wat u gaan uitdien met inagneming van enige afslae en parole en so aan wat u gaan opbou afhangende van u self.
Dit word verder gelas dat die gevalleleer van die beskuldigde met verwysingsnommer PD16.375 van die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting tesame met die beskuldigde se aanhoudingslasbrief in sy gevangenisleer geplaas word vir doeleindes van behoorlike en doeigerigte rehabilitasie van die beskuldigde met die oog op sy latere vrylating.
Dit is die vonnis van die Hof.
N ERASMUS, R