South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2005 >>
[2005] ZAWCHC 120
| Noteup
| LawCite
S v Gouws (SS12/2005) [2005] ZAWCHC 120 (31 October 2005)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNQMMER: SS.12/2005
DATUM: 31 OKTOBER 2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
KEVIN GOUWS
VONNIS
VELDHUIZEN. R:
Mnr Gouws, u het nou gehoor dat die Wet vir verkragting skryf voor 'n minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf. Ek het geluister na die getuienis en na die betoe. U is 'n eerste oortreder, 36 jaar oud. U was destyds VA jaar in die weermag en daarna 1 !4 jaar in die lugmag. U is ook 'n vrywilliger by noodhulpdienste. Alles saamgeneem, is dit vir my duidelik dat u basies goeie mensemateriaal is. U twee kinders is baie jong kinders. Dit is weliswaar 'n ernstige misdaad hierdie,
maar ek kan op die getuienis nie bevind dat hulle definitief
langtermyn skade sal beleef nie. Dat die gebeure hulle gaan
bybly is ongetwyfeld so, maar hoeveel werklike skade en
afwykende gedrag dit tot gevolg sal he, kan ek nie duidelik op
die getuienis voor my bevind nie.
Ek meen dat al hierdie faktore tesame met die faktor dat daar nie onnodige geweld teenoor die kinders gebruik is nie, is genoegsame feite en omstandighede wat wesenlike en dwingende omstandighede daarstel wat my in die posisie plaas om 'n vonnis op te le wat ek dink redelik en billik is.
Ek gaan nie al die feite herhaal nie. Hierdie misdade is klaarblyklik baie ernstige misdade en verdien om gestraf te word sodat ander mense kan weet dat die howe beskou hierdie misdade as ernstig en dat indien hulle hierdie soort vergrype hulle aan gaan skuldig maak, dan gaan hulle lang termyne gevangenisstraf kry.
In u geval het ek op die volgende vonnisse besluit:
Wat die verkragting betref AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF; die onsedelike aanranding TWEE (2) JAAR GEVANGENISSTRAF. maar ek gelas dat hierdie twee jaar gevangenisstraf saamloop met die vonnis op die verkragtingaanklag opgele.
VELDHUIZEN, R