South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2005 >> [2005] ZAWCHC 119

| Noteup | LawCite

S v Gouws (SS12/2005) [2005] ZAWCHC 119 (5 August 2005)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: SS.12/2005

DATUM: 5 AUGUSTUS 2005

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

KEVIN GOUWS






UITSPRAAK


VELDHUIZEN, R:



Die beskuldigde is op 9 Julie 2004 in die streekhof skuldig bevind aan, eerstens, onsedelike aanranding en, tweedens, verkragting. Weens die jeugdige ouderdom van die klaagster in die verkragtingaanklag en die Wet op verpligte vonnisse, Wet 105 van 1997, het toepassing gevind en is daar 'n verpligte vonnis van lewenslange gevangenisstraf voorgeskryf en om daardie rede is die saak na hierdie Hof verwys vir vonnisoplegging omrede die vonnis buite die jurisdiksie van die streekhof is.


Vanoggend is voor my geargumenteer deur adv Mihalik, namens die beskuldigde, dat die skuldigbevindings nie kan staande bly nie omrede, eerstens, die landdros onredelik ingemeng het met die kruisverhoor van die beskuldigde se regsverteenwoordiger en dat vir daardie rede het die beskuldigde nie 'n billike verhoor gehad nie en, tweedens, dat die weersprekings tussen die twee klaagsters van so 'n aard is dat hulle getuienis nie betroubaar was nie.



Ek het die oorkonde nagegaan en hoewel-die landdros van tyd tot tyd die kruisondervraging van die regsverteenwoordiger onderbreek het, was dit nie van so 'n aard, na my mening, dat reg nie behoorlik geskied het nie. Ek meen nie dat daar enige wesenlike benadeling vir die beskuldigde hierin was nie. Met twee jong getuies, soos die klaagsters was, is dit te verwagte dat daar sekere verskille in hulle getuienis sal wees. Dit is egter opvallend dat die twee getuies mekaar in wesenlike opsigte staaf en ek is na 'n nalees van die oorkonde tevrede dat die verrigtinge in die streekhof ooreenkomstig die reg geskied het en in soverre nodig mag wees, bekragtig ek die skuldigbevindings deur die streekhof uitgebring.








VELDHUIZEN, R