South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2000 >> [2000] ZAWCHC 3

| Noteup | LawCite

S v Hempe (SS167/2000) [2000] ZAWCHC 3 (29 November 2000)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)


SAAKNOMMER: SS167/2000

DATUM: 29 NOVEMBER 2000


In die saak tussen:

DIE STAAT

en

JEREMY HEMPE


V O N N I S

MOOSA. R:


Beskuldigde dit is nou die taak van die Hof om vonnis op te le. U is skuldig bevind in die Streekhof op Y» aanklagte van verkragting. Die verrigtinge in die Streekhof was gestaak ingevolge artikel 52(1) van Wet 105 van 1997 (minimum vonniswet). Na die deurlees van die oorkonde van die verrigtinge in die Streekhof en na aanhoor van vertoe deur die staat en die verdediging, was ek tevrede met die skuldigbevinding in die Streekhof en het die skuldigbevinding gevolglik bekragtig.


Die staat, nog die verdediging, het enige getuienis ten opsigte van vonnis aangebied. Beide het by monde van hul advokate ex parte submissies voorgehou. By ooreenkoms tussen die staat en die verdediging, is 'n maatskaplike verslag, ingevolge artikel 220 van die Strafproseswet ingehandig. Hierdie verslag het betrekking op die uitwerking van die verkragting op die slagoffer. Die staat het ook vorm SAP 69 ingehandig wat die rekord van die beskuldigde se vorige veroordelings bevat. Die beskuldigde het dit bevestig.


Die Wet op Minimum Vonnisse is van toepassing in hierdie saak vanwee die feit dat die slagoffer 'n kind is onder die ouderdom van 16 jaar. Die Wet verplig die hof om lewenslange gevangenisstraf op te le tensy die hof kan bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is wat die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig.


Die benadering wat hierdie hof gaan volg om vas te stel of daar wel in u saak wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is, is om die kumulatiewe effek van die versagtende, sowel as die verswarende omstandighede te betrag. Indien die uitwerking daarvan die hof dwing om tot die gevolgtrekking te kom dat lewenslange gevangenisstraf so onbillik en onwenslik sal wees dat geen redelike hof so 'n vonnis sal ople nie, dan sal daar wel wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig wees. Die hof gaan nou voort om die omstandighede in hierdie saak te oorweeg om vas te stel of lewenslange gevangenisstraf in u geval geregverdig is al dan nie.


Die hof neem in ag die volgende versagtende omstandighede wat deur u advokaat voorgehou is:

1. Die persoonlike omstandighede: U is 42 jaar oud. U het tot st.5 gevorder op skool en daarna het u aandskool bygewoon waar u st. 8 behaal het.


2. Die familiebande: U is getroud en het drie kinders. Hulle ouderdomme is 17 jaar, 12 jaar en een jaar onderskeidelik. U het nie u vader geken nie en u moeder is al 'n geruime tyd oorlede.


3. Werksomstandighede! U het los werk gedoen by Flora & Flora en by privaat booteienaars. U het in 1993 vaste werk gehad by Atlantic Fishing, maar die werk het u verloor as gevolg van Vi kriminele oortreding wat u destyds begaan het.


4. U ly aan 'n sielkundige probleem wat u opgedoen het as gevolg van die feit dat u self verkrag was as 'n kind. U het geen berading of behandeling in die gevangenis ontvang vir daardie probleem nie.


5. U het skuldig gepleit in die Streekhof, alhoewel die hof op 'n tegniese punt Yi pleit van onskuldig genotuleer het. Die hof kan aanvaar dat u tot 'n mate berou getoon het vir die daad wat u gepleeg het.


6. Die Streekhof het bevind dat daar nie voile penetrasie was nie en die Streeklanddros het die volgende opmerking in sy uitspraak gemaak:

"Dit is ook versoenbaar dat daar nie voile penetrasie was in die lig van die beserings wat daar was nie. Ek sou verwag het, myns insiens, indien die beskuldigde voile penetrasie sou veroorsaak het, dat daar wel veel meer ernstige beserings by die klaagster se privaatdeel sou wees. Die dokter beskryf nie ernstige beserings by haar privaatdeel nie.


7. In hierdie opsig moet ek net meld dat die feit dat daar nie voile penetrasie was nie, is nie aan u te danke nie, dit kan toegeskryf word aan die feit dat vanwee die klaagster se tengerjare, haar geslagsorgane nie ten voile ontwikkel is nie, wat penetrasie nie moontlik maak nie. U advokaat het die hof daarop attent gemaak dat geen geweld is gebruik nie. Sy het aangevoer dat dit deel uitmaak van wesenlike en dwingende omstandighede. Dit moet nietemin beklemtoon word dat u wel krag gebruik het om u doel te bereik. Dit word bevestig deur die getuienis van die distriksgeneesheer."


8. Volgens die maatskaplike verslag is daar op hierdie stadium geen aanduiding dat die klaagster wel geestelike letsels opgedoen het nie. Hy het dit wel gekwalifiseer deur te se dat dit wel in die toekoms moontlik kan ontstaan. Met betrekking tot liggaamlike letsels het die dokter getuig dat sy twee skeure aan haar maagdevlies en een skeurwond op haar lipvlies opgedoen het as
gevolg van hierdie verkragting.


Die versagtende omstandighede waarna ek verwys het, moet vergelyk word en in die weegskaal geplaas word met die volgende verswarende omstandighede:


9. Die klaagster was drie jaar oud tydens die voorval. Sy het buite die huis gespeel toe sy deur u gekonfronteer was en in u huis geneem is waar u haar verkrag het. Sy was 'n weerlose dogtertjie. U was in 'n vertrouensposisie teenoor haar. Die familie van die klaagster het vir die maatskaplike werker gese dat u was hulle buurman, wat op 'n sosiale vlak met hulle verkeer het, en u het ook kontak gehad met ander kinders in die gemeenskap.


10. Die voorval was vir die klein dogtertjie 'n skokkende en traumatiese ervaring. Sy het nagmerries beleef. Die maatskaplike werker het aanbeveel dat die kind die nodige berading ontvang om die trauma te verwerk.


11. Die feit dat u as kind mishandel en verkrag was as gevolg waarvan u 'n wrok koester, is geen regverdiging om 'n jong meisiekind leed aan te doen nie. In die eerste plek het sy niks uit te waai met u probleem nie. In die tweede plek is sy 'n onskuldige slagoffer. Dit was u plig om hulp te gaan soek vir u probleem en nie ander leed aan te doen nie.


12. As ons kyk na u rekord van vorige veroordelings, het u begin bots met die gereg in 1977. U het kennis gemaak met die tronk in 1979 toe u gevangenisstraf van agt maande opgele was vir huisbraak en diefstal. Kort na u vrygelaat was van die gevangenis, word u skuldig bevind aan sodomie wat u gepleeg het op 'n 12-jarige seun. U was h opgeskorte vonnis van ses maande opgele, maar wat wel van belang is, is die voorwaardes van die opskorting. Die vonnis was opgeskort vir 'n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat u nie weer u skuldig maak aan verkragting, sodomie of misdrywe van ontug met seuns of meisies onder die voorgeskrewe ouderdomme nie.


13. Daardie hof het aan u 'n duidelike boodskap gestuur. Die boodskap was om u te weerhou van die misdrywe genoem in die voorwaardes van opskorting. Blykbaar het dit u nie afgeskrik nie. U verskyn vandag weer eens in hierdie hof waar u skuldig bevind was van Vi soortgelyk misdryf wat in die voorwaardes van die opskorting in daardie saak genoem was. Omtrent ses maande na u skuldig bevind was aan sodomie, word u skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Gevangenisstraf van vyf maande was opgele. Wat van belang is, is dat daardie oortreding 'n geweldsmisdaad is. In 1993 word u weer eens skuldig bevind op h aanklagte van sodomie en u word gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf. U is vrygelaat op parool op 5 Januarie 1996.


14. U het twee vorige veroordelings vir sodomie, 'n opgeskorte vonnis en 'n tronkstraf het u nie daarvan weerhou om weer 'n soortgelyke misdaad, naamlik verkragting op 'n dogtertjie te pleeg nie. U is nie net 'n gevaar vir die samelewing nie, maar u is ook Yi gevaar vir jong seuns en dogters.


15. Die misdaad waaraan u skuldig bevind is, word as uiters ernstig beskou. Ons gemeenskap word daagliks deur Yi vlaag van gewelds- en geslagsmisdade geteister. Die gemeenskap kom al hoe meer in opstand teen gewelds-en geslagsmisdade waar vrouens en kinders die slagoffers is. Ons gemeenskap eis dat kinders deur die howe beskerm moet word en verlang dat howe swaar strawwe moet ople sodat geweldsmisdade, wat verkragting insluit, voorkom en bekamp word. Dit is vir hierdie rede dat ons wetgewer die Wet op Minimum Vonnisse op die wetboek geplaas het.


Mnr Hempe, ek het die omstandighede in hierdie saak baie noukeurig nagegaan om te sien of daar wel wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is al dan nie. Ek het ook gekyk na die oogmerke en beginsels van strafoplegging. Ek het dit opgeweeg met die doel en strekking van die Wet op Minimum Vonnisse. In die lig van al die omstandighede, kan ek nie tot die gevolgtrekking kom dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is nie. Ek is dus verplig om lewenslange gevangenisstraf op te le. Ingevolge artikel 51(1) van wet 105 van 1997 word u tot LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF gevonnis.


Die hof sal aan die korrektiewe dienste aanbeveel dat u psigiatriese behandeling en berading ontvang vir die sielkundige probleme wat u aan hierdie hof openbaar het. Ek hoop dit sal bydra tot u rehabilitasie.


MOOSA, R