South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 2004 >> [2004] ZASCA 66

| Noteup | LawCite

De Jongh v Du Pisanie NO (220/2003) [2004] ZASCA 66 (1 June 2004)

Download original files

PDF format

RTF format

Links to summary

PDF format

RTF format


Last Updated: 4 September 2004






DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA


Saaknommer : 220/2003


In die saak tussen :

CHRISTIAAN DE JONGH APPELLANT

en

PIETER JOHANNES DU PISANIE NO RESPONDENT

CORAM : MARAIS, BRAND ARR et JONES WND AR

DATUM : 4 MEI 2004

GELEWER : 1 JUNIE 2004


Opsomming: Regstelling van syferfout en gevolglike berekeningsfout in uitspraak gelewer op 25 Mei 2004. Vervangende bevel in para 4.



AANVULLENDE UITSPRAAK

BRAND AR/


BRAND AR :
[1] Dit het tot my kennis gekom dat ons uitspraak in hierdie saak wat op 25 Mei 2004 gelewer is ('die uitspraak') 'n syferfout bevat wat tot 'n berekeningsfout aanleiding gegee het. Die doel hiervan is om dit reg te stel.

[2] Die syferfout het betrekking op Rabe se verlies aan verdienste. In para 68.2 word geboekstaaf dat daar nie met die 'verhoorhof se toekenning van R1 906 225 onder hierdie hoof' ingemeng moet word nie. Soos blyk uit para 2 van die uitspraak, was die verhoorhof se toekenning onder hierdie hoof egter inderwaarheid R1 096 225.

[3] Die berekeningsfout waartoe hierdie syferfout aanleiding gegee het, verskyn in paras 68.4 en 68.5 van die uitspraak. In hul juiste vorm moet hierdie paragrawe soos volg lui:
'4. Koste van die kurator bonis
Dit is gemene saak dat die toekenning onder hierdie hoof gelyk moet wees aan 7,8 persent van die vorige drie toekennings. Dit is (R1 588 020.70 + R1 096 225 + R250 000 = R2 934 245.70 x 7,8%) = R228 871.16.
5. Totaal
Hiervolgens bedra die totale bedrag van skadevergoeding dus R3 163 116.80.'
[4] In die lig van die voorgaande word die bevel van hierdie hof in para 70 van die uitspraak vervang met die volgende:
'[70] Gevolglik slaag die appèl met koste. Die verhoorhof se bevel word tersyde gestel en vervang met die volgende:
"Vonnis word ten gunste van die eiser teen die verweerder soos volg toegestaan:
(1) R3 163 116.80 synde skadevergoeding;
(2) Rente daarop teen die koers wat ingevolge die bepalings van die Wet op Voorgeskrewe Rentekoers 55 van 1975 voorgeskryf word vanaf 14 dae na datum hiervan (synde 23 Desember 2000) tot datum van betaling;
(3) Geen kostebevel word op hierdie stadium gemaak nie."'



....................
F D J BRAND
APPÈLREGTER

Stem saam:

Marais AR
Jones Wnd AR