South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1999 >>
[1999] ZASCA 2
| Noteup
| LawCite
S v Scholtz (545/96) [1999] ZASCA 2 (26 February 1999)
Download original files |
In die saak tussen:
ALWYN
HERCULAAS SCHOLTZ Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram: F H Grosskopf, Nienaber en Schutz, ARR
Verhoor: 26 Februarie
1999
Gelewer: 26 Februarie
1999
__________________________________________________________
U I T S P R A A K
__________________________________________________________
F
H GROSSKOPF, AR:
Die appellant is in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling skuldig bevind aan moord en tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Alhoewel
die hof a quo verlof aan hom verleen het om teen sowel sy
skuldigbevinding as vonnis na hierdie hof te appelleer, is die appèl
voor ons
voortgesit slegs teen die vonnis wat hom opgelê is.
Die
appellant was ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die senior
persoon in beheer van die skof toe die moord gepleeg
is. Hy en sy
mede-beskuldigde, ook ’n polisieman, het hulle skuldig gemaak aan growwe
magsmisbruik. Hulle het ’n onskuldige
lid van die publiek voorgekeer en
sonder rede begin aanrand. Dit was ’n sinnelose optrede. Daardie
persoon is dood as gevolg
van hulle voortgesette wrede aanval op hom.
Die appellant se mede-beskuldigde het skuldig gepleit. Hy is deur
’n ander regter verhoor en ook tot 25 jaar gevangenisstraf
gevonnis.
Die hof a quo het voor oë gehou dat die appellant
’n eerste oortreder was wat 21 jaar oud was toe hy die misdaad gepleeg
het. Daar
is geen bewering dat die verhoorregter hom in enige opsig
wanvoorgelig het nie. Na my mening is die vonnis ook nie skokkend onvanpas
nie.
Daar is na my oordeel geen meriete in die appèl nie en die
appèl word van die hand gewys.
------------------
F H Grosskopf
Appèlregter
Nienaber AR)
stem saam
Schutz AR)