South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1998 >> [1998] ZASCA 65

| Noteup | LawCite

F & I Advisors (Edms) Bpk en 'n Ander v Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk. (266/97) [1998] ZASCA 65; 1999 (1) SA 515 (SCA); [1998] 4 All SA 480 (A) (10 September 1998)

Download original files

PDF format

RTF format


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN APP L
VAN SUID-AFRIKA
SAAK NR: 266/97 In die saak tussen:
F & I ADVISORS (EDMS) BPK        1ste Appellant
JOHANNES FREDERICK WESSELS                                                                                        2de Appellant
en
EERSTE NASIONALE BANK VAN
SUIDELIKE AFRIKA BEPERK  Respondent
Coram: VAN HEERDEN Wnd HR, SMALBERGER, HARMS,
PLEWMAN ARR en FARLAM Wnd AR Verhoor: 28 AUGUSTUS 1998 Gelewer: 10 SEPTEMBER 1998
UITSPRAAK
HARMS AR/

2
HARMS AR:
Die sogenaamde in duplum-re l het, veral na die uitspraak in Standard Bank of SA Ltd v Oneanate Investments (Pty) Ltd 1995 (4) SA 510 (C), allerlei verwagtings by talle litigante en hulle regsverteenwoordigers geskep. Hierdie app l se omvang is klaarblyklik geaffekteer deur die feit dat daardie uitspraak in meerdere opsig e deur hierdie hof omvergewerp is (Standard Bank of South Africa Ltd v Oneanate Investments (Pty)Ltd (in liquidation) [1997] ZASCA 94; 1998 (1) SA 811 (SCA)). Waarmee die hu dige appellante volhard, is met 'n betoog dat 'n eiser wat 'n bedrag eis wat rente insluit, ongeag die stand van die pleitstukke, moet bewys dat die rente-komponent van sy eis nie meer as die kapitale bedrag beloop nie. Indien hy dit nie bewys nie, moet die eis in geheel van die hand gewys word.

3 Die respondent, 'n handelsbank, het die appellante aangespreek
vir betaling van 'n saamgestelde bedrag bestaande uit kapitale
voorskotte, rente en bankkoste, alles verskuldig op oortrokke
rekening. Die eerste appellant was die hoofskuldenaar en die tweede
'n borg. Meerdere verwere is geopper; ook is teeneise ingestel. Die
kemverweer soos dit mettertyd gekristalliseer het, was dat die
ooreenkoms tussen die bank en die kli nt 'n leningsrekening geskep
het waarop die standaard bepalings van 'n oortrokke rekening nie van
toepassing was nie. Hierdie weergawe van die ooreenkoms is deur
Southwood R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling verwerp.
Verder het die appellante beweer dat vier spesifieke inskrywings
verkeerdelik teen die hoofskuldenaar se rekening gedebiteer is.
Hierdie verweer het ook klaaglik misluk en die teeneise ( die
besonderhede is ontersaaklik) is afgewys.

4 Tydens die verhoor het die partye die omvang van die eis op
altematiewe basisse geskik ten einde die lei van getuienis oor
kwantum te vermy. In wese het die ooreenkoms daarop neergekom
dat as die bank se weergawe deur die hof aanvaar sou word en die
verwere sou misluk, die vonnisbedrag R723 079,44 tesame met
primakoers rente bereken vanaf 31 Julie 1996 moes beloop. Sou die
verwere slaag, sou die verskuldigde bedrag op 28 Februarie 1992
R408 447,98 bedra het. Die komplikasies wat uit die vaagheid van die
tweede deel van die ooreenkoms voortgevloei het en waarvan
Southwood R in sy uitspraak melding maak, het nie ontstaan nie
omdat die verwere onsuksesvol was en betaling van die eersgenoemde
bedrag gelas is. Hierdie aspek van die uitspraak word nie deur die
verlof tot app l wat deur die Hoofregter op grond van 'n petisie
verleen het, geraak nie. Slegs "ten opsigte van die vraagstukke wat

5 met betrekking tot die in duplum-re l geoppper is," is verlof
toegestaan. In die daaropvolgende kennisgewing van app l beperk
die appellante hulleself tot di gedeelte van die uitspraak wat met die
in duplum-re l handel.
Die appellante was deurgaans regsverteenwoordig, tydens pleit
selfs deur twee advokate. Die pleit bevat nie 'n sweem van die in
duplum-re l nie. Die appellante se advokaat het die verhoorhof
gedurende die openingsbetoog van die bank se advokaat toegespreek
oor die geskilpunte gesien uit die oogpunt van die appellante, maar
nie die in duplum-re l geopper nie. Dit, ten spyte daarvan dat die
bank se advokaat die eerste Oneanate beslissing aangehaal het en
ges dat die uitspraak, hoewel interessante leesstof, nie ter sake is nie.
Die verhoor het voortgegaan. Na 'n aantal verhoordae is die verhoor
vir ongeveer sewe weke uitgestel. Die reeds gemelde ooreenkoms oor

6 kwantum is bereik en die terme aan die hof oorgedra. Die bank se
advokaat het weer na die in duplum-re l verwys en weer het die
appellante se advokaat - terloops, 'n ander advokaat as die een wat
met die verhoor begin het - geswyg. Hy het egter aansoek om
wysiging van die teeneis gedoen ten einde skadevergoeding te eis, iets
wat nie toegestaan is nie. Die bank se saak is gesluit en die appellante
se getuienis is aangebied. Toe betoog moes begin, het die appellante
aansoek om wysiging van hulle verweerskrif gedoen om, eerstens, te
beweer dat die bank se renteberekening in stryd met die bepalings van
die Woekerwet 73 van 1968 is en, ten tweede, dat die bedrag rente
deur die bank ge is in stryd met die in duplum-re l is "deurdat dit die
som van die kapitale bedrag van R370 000,00" wat geleen is, oorskry.
Hierdie aansoek is afgewys, iets waarin die appellante hulle berus het
as ag geslaan word op die inhoud van die kennisgewing van app l.

7 Hierdie uitspraak gaan gevolglik van die uitgangspunt uit dat die
weiering van die aansoek om wysiging korrek was en finaal is (vgl AA
Mutual Insurance Association Ltd v Gcanga 1980 (1) SA 858 (A)
868D - 869B).
Die appellante betoog dat die hof benede kennis van die
werking van die re l moes geneem het hoewel dit nie gepleit is nie
omdat daar 'n plig op 'n eiser rus om te bewys dat sy eis nie die re l
oortree nie, met ander woorde dat die rente-komponent van 'n
saamgestelde bedrag nie meer is as die kapitale komponent nie. Daar
rus, volgens die argument, geen verpligting op 'n verweerder om die
toepassing van die re l in sy pleit te opper nie. Ten besluite was
daar, volgens die betoogshoofde, voldoende getuienis om aan te dui
dat die eis- en vonnisbedrag die re l oortree. Voor ons is die
submissie egter heelwat afgewater en is toegegee dat die getuienis nie

8 'n positiewe afleiding regverdig dat die re l inderdaad oortree is nie.
Weens die feit dat die appellante nie die juistheid van die
beslissing van Southwood R ten aansien van die wysiging in twyfel
kan trek nie, is die app l eintlik van meet af gedoem. Die oorwegings
wat tot di beslissing aanleiding gegee het, was die volgende: Die
appellante het voldoende tyd gehad om die punt vroegtydig te opper,
veral gesien die verloop van die verhoor soos hierbo uiteengesit.
Geen verduideliking is verskaf waarom aansoek om die wysiging aan
die pleit op so 'n laat stadium gedoen is nie. Die partye het juis die
ooreenkoms oor kwantum tydens die verhoor gesluit ten einde
getuienis oor die samestelling van d e eindbedrag te vermy. Indien
die bank in kennis gestel is dat daar 'n probleem met die berekening
kon wees, kon en sou die bank die verhoor op 'n ander wyse gevoer
het deur verdere getuienis aan te bied. Benadeling vir die bank is

9 voldoende aangedui. Hierdie oorwegings is almal geldig en
onweerlegbaar.
'n Party is gebonde aan 'n ooreenkoms gesluit ter beperking van
geskiipunte in 'n ged ng (Filta-Matix (Pty) Ltd v Freudenberg and
Others [1997] ZASCA 110; 1998 (1) SA 606 (SCA) 614B-D). Soos met enige skikking
ondervang dit die onderliggende dispute, ook di wat op die
geldigheid van 'n skuldoorsaak betrekking het. Daar mag
omstandighede wees waar 'n hof 'n party nie aan so 'n ooreenkoms
gebonde sal hou nie, maar in die onderhawige geval is geen faktore
aan ons voorgehou waarom die appellante van hulle ooreenkoms
verlos moet word nie. Ongelukkig is die ooreenkoms nie op skrif
gestel nie maar bloot van die balie meegedeel, en dan ook op 'n ietwat
lomp manier en in effe dubbelsinnige terme. Hoewel ek prima facie
van oordeel is dat die bepalings van die ooreenkoms nie die

10 appellante veroorloof om die huidige punt te opper nie, sal ek egter
as vertrekpunt veronderstel dat die ooreenkoms nie daardie effek
gehad het nie.
'n Eis gebaseer op 'n oortrokke rekening is 'n alledaagse
verskynsel. Die eiser eis gewoonlik die balans verskuldig tesame met
toekomstige rente. Tot op hede is dit nie van so 'n eiser verwag om
die samestelling van die eis te verskaf tensy die onderliggende
debiete in geskil gestel word nie. Dit was die vorm van die
pleitstukke in Oneanate asook in Absa Bank Ltd v I W Blumberg and
Wilkinson [1997] ZASCA 15; 1997 (3) SA 669 (SCA) en Pfeiffer v First National Bank
of SA Ltd [1998] ZASCA 50; [1998] 3 All SA 397 (SCA). So ook in die huidige saak: die
bankstate is nie voor die hof geplaas nie en die debiete wat in geskil
was, is spesiaal in die pleitstukke en die ooreenkoms wat tydens die
verhoor bereik is, duidelik uitgelig. Die rede is voor die hand

11
liggend. Nie-oortreding vorm nie deel van die eiser se skuldoorsaak
nie. Aangesien die ooreenkoms vir kapitalisasie voorsiening maak,
is daar geen noodsaak om die gekapitaliseerde bedrag weer op te
snipper vir doeleindes van eisformulering nie. As byvoorbeeld die
verweerder se pleit fragmentasie verg, is dit vanselfsprekend anders.
Die algemene beginsel is immers dat geskilpunte in pleitstukke
geformuleer moet word. Indien die punt in geskil is, moet die eiser
natuurlik die samestelling van sy eis bewys, maar waar (soos in
hierdie geval) die samestelling in duidelik omlynde opsigte in geskil
geplaas is, bestaan geen addisionele bewerings- of bewyslas nie. Die
woorde van Coetzee R in Prins v Universiteit van Pretoria 1980 (2)
SA 171 (T) 174F-175D illustreer die benadering goed:
"Dit is egter nie nodig vir 'n pleiter om aanvanklik iedere dergelike reg of verpligting wat vloei uit die kontrak waarop staat gemaak word, te behandel nie. Dit is slegs

12
nodig, in terme van Re l 17 (2), om die wesenlike feite waarop hy steun, ter stawing van sy eis, te beweer. . . . Dit is nie doenlik om elke moontlike verweer, a priori, toe te stop nie want dit kan die funksie wat die totaliteit van pleitstukke vervul, naamlik om die geskilpunte pittig te identifiseer, onnodiglik vertroebel. Dit s die verweerder se taak om aan te dui waarom die eiser nie geregtig is om sy eis af te dwing nie . .. . Die blote feit dat dit deur die verweerder geopper word benadeel hom glad nie ten opsigte van die bewyslas nie. Hy isoleer slegs die besondere feit wat, in casu, regtens deur eiser bewys moet word aleer hy sy reg .. . kan afdwing."
Natuurlik sal 'n hof nie rente in stryd met die in duplum-re l
gelas as die feite duidelik is nie, net so min as wat 'n hof betaling van
woekerrente in sulke omstandighede sal beveel. Dit beteken egter nie
dat die hof op eie houtjie 'n soektog op tou moet sit om vas te stel of
so 'n re l oortree is nie. Ook handel die hof nie op grond van 'n blote
suspisie nie (vgl Senekal v Trust Bank of Africa Ltd 1978 (3) SA 375
(A) 386H). In beginsel verskil 'n eis om rente in stryd met die in

13 duplum-re l nie van byvoorbeeld 'n eis in stryd met art 2(1) van die
Wet op Strafbedinge 15 van 1962 wat die verhaal van
skadevergoeding bykomstig tot, of in plaas van, 'n strafbeding
verbied. 'n Mens kan met vertroue aanvaar dat 'n skuldenaar nie
vooraf van beide hierdie regte afstand kan doen nie1 ,maar dit volg nie
dat as 'n verweerder nalaat, vir welke rede ook, om die verweer te
opper, die hof dit namens hom moet doen of uit brokkies getuienis
saamflans nie (Bank of Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander
1990 (4) SA 463 (A) 474F - 475D).
Heelwat gewag is van Yannakou v Apollo Club 1974 (1) SA
614
(A) gemaak ter ondersteuning en ter afwysing van die app l.
In Oneanate in hierdie hof (op 828D) is die terloopse stelling gemaak dat van die re l nie afstand gedoen kan word nie. Uit die gesag waarop staatgemaak is, blyk dat dit om voorafgaande afstanddoening gegaan het. Ek is nie oortuig dat 'n skuldenaar wie se rente opgeloop het tot 'n bedrag gelyk aan die kapitaal, nie kan ooreenkom dat, ten einde bv litigasie te vermy, hy hom nie op die re l sal beroep nie.

14 Trollip AR het namens die meerderheid (nie dat die minderheid oor
die beginsel getwis het nie) beslis dat:

"... it is the duty of the court to take the point of illegality mero motu, even if the defendant does not plead or raise it; but it can and will only do so if the illegality appears ex facie the transaction or from the evidence before it, and, in the latter event, if it is also satisfied that all the necessary and relevant acts are before it." [Op bl 623 G-H.]
In die huidige saak is die transaksie nie op die oog af ongeldig nie. 'n Eis om betaling van rente of die betaling daarvan in styd met die in duplum-re l is nie onwettig ("illegal") nie. Dit val hogenaamd nie in die kader van die oortreding van 'n strafregtelike verbod soos 'n Sondagkontrak in Cape Dairy and General Livestock Auctioneers v Sim 1924 AD 167 (waar dit gemeensaak was dat die kontrak op 'n Sondag gesluit is) of 'n immorele kontrak soos in Vuurman v Universal Enterprises, Ltd 1924 TPD 488 nie. Maar, soos Trollip

15 AR beklemtoon het, die verpligting van die hof om die wette en
morele standaarde te handhaaf al bekommer die partye hulle nie
daaroor nie, ontstaan slegs indien die feite duidelik is en alles voor die
hof geplaas is.
In ieder geval, ek het reeds bevind dat 'n verweerder die
verweer moet opper as dit nie ex facie die eiser se stukke blyk dat die
renteverbod oortree is nie. Al wat dan ter oorweging oorbly, is die
vraag of al die nodige en relevante feite geboekstaaf is. Ek het daarop
gewys dat Southwood R bevind het dat dit nie so is nie en dat die
bank sy saak op 'n ander grondslag sou gevoer het as die punt in
geskil was, 'n bevinding waarmee ek nie fout kan vind nie. En
aangesien die appellante se advokaat, myns insiens tereg, toegegee het
dat dit nie uit d e rekord blyk dat die re l inderdaad verbreek is nie
maar dat daar hoogstens 'n vermoede kan bestaan dat dit die geval is,

16 is dit na regte die einde van die saak. Dis egter gewens om kortliks
aan te dui waarom die toegewing gemaak is en waarom dit tereg
gemaak is.
Die wysiging wat die appellante aan die pleit wou aanbring, het
die geleende bedrag op R370 000 gestel. Dit stem ooreen met die
aanvanklike fasiliteit wat voorsien is en die eerste dekkingverband
wat ter versekurenng daarvan geregistreer is. Tydens betoog voor ons
is aanvanklik egter voorgehou dat die bedrag R344 177,36 was.
Daarvoor is op die appellante se eie maar onbewese nadere
besonderhede staatgemaak. Dit is in stryd met die feit dat die
appellante, pas na instel van die aksie, op 16 Augustus 1995 beweer
het dat die uitstaande kapitale voorskot R321 124,16 beloop het.
Geen een van hierdie "feite" het enigsins 'n aanduiding gegee oor wat
die leningsbedrag beloop het nie.

17 Daarenteen dien die volgende. Die oorspronklike
dekkingsverband vir R370 000 het ook alle rente op daardie bedrag
gedek. Nogtans is twee verdere dekkingsverbande ten gunste van die
bank geregistreer, een vir R250 000 en 'n ander vir R100 000, in
totaal R620 000. Telkens is aparte voorsiening vir rente gemaak. Of
die verdere verbande geregistreer is as gevolg van verdere
kapitaalvoorskotte, 'n skikking of 'n novasie weet ons nie.
Belangriker egter is die eerste appellant se bewerings soos vervat in
besonderhede van vordering in 'n aksie wat gedurende November
1993 teen die bank ingestel is ter regstelling van rentedebiete op
hierdie oortrokke rekening. Daardie bewerings kan as erkennings
gebruik word, nie alleen teen die eerste appellant nie maar ook teen
die tweede, omdat hy die litigasie vir en namens eersgenoemde
gevoer het. Die eerste appellant het in die eisuiteensetting aangevoer

18 dat R158 507,83 rente verkeerdelik teen die rekening gedebiteer is.
Voorheen reeds het die bank egter erken dat daar 'n fout was van
R103 614,72 en beweer die eisuiteensetting dat die bank vantevore al
'n regstelling in daardie mate gedoen het. Uit daardie pleitstukke blyk
dat dit die eerste appellant se saak was dat daar nie alleen verskeie
ander debiete soos bankkoste en versekeringskoste teen die rekening
gedebiteer is nie, maar dat, byvoorbeeld, daar gedurende Augustus
1991 - lank nadat die aanvanklike voorskot van R370 000,00
voorgeskiet is - 'n "kontanttrekking" in die bedrag van R93 847,71
plaasgevind het. Dit was, terloops, die een debiet waaroor getwis is
en wat teen die appellante uitgewys is. As al die debiete wat
appellante opgenoem het (rente uitgesonder) opgetel word, is dit meer
as die helfte van die e sbedrag van R934 955,67. Terloops, in daardie
saak is ook nie beweer dat die in duplum-re l oortree is nie - en dit ten

19 spyte van 'n noukeurige analise van die rekening in 'n geding wat net
met rente gehandel het, en waar die debietsaldo reeds op 30 April
1993 meer was as dubbel van wat nou betoog word die leningskuld
is.
Daarby moet in ag geneem word dat die vonnisbedrag
saamgestelde rente wat na instel van die aksie opgeloop het oor 'n
tydperk van bykans veertien maande, insluit. Die rentekoers wat die
partye gebruik het, blyk nie en dit is onmoontlik om selfs te skat wat
dit beloop het. Die berekening moet mens doen ten einde te bepaal
wat die omvang van die rente-element na instel van die aksie beloop
omdat sodanige rente buite berekening gelaat moet word by
beoordeling van die vraag of die re l oortree is ( Oneanate beslissing
in hierdie hofop bl 834).

20
In die lig van voorgaande word die app l van die hand gewys
met koste.
L T CHARMS
APP LREGTER
VAN HEERDEN Wnd HR
SMALBERGER AR
PLEWMAN AR
FARLAM Wnd AR Stem saam