South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1998 >> [1998] ZASCA 1

| Noteup | LawCite

S v Steenkamp (427/97) [1998] ZASCA 1 (26 February 1998)

Download original files

PDF format

RTF format


REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APP L
VAN SUID-AFRIKA
In die saak tussen:
LOURENS CHRISTIAAN STEENKAMP     Appellant
en
DIE STAAT        Respondent
CORAM: Hefer, Howie et Marais ARR
DATUM VAN VERHOOR: 26 Februarie l998
DATUM VAN UITSPRAAK: 26 Februarie 1998
UITSPRAAK
HOWIE AR/. . .

2 HOWIE AR:
Appellant is in 'n Streekhof skuldig bevind aan diefstal van ongeveer R510 000 van Permanent Bank en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf waarvau 2 jaar voorwaardelik opgeskort is. Op app l na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is die straf verminder deurdat die helfte van die vonnis opgeskort is. Met verlof van daardie Hof word tans verder teen die vonnis geappelleer.
Die grondslag waarop die Hof a quo verlof toegestaan het, is
soos volg in daardie Hof se uitspraak van 7 Februarie 1997 geformuleer:
"Die vrang wat uiteindelik voor die appelhof sal dien, is of misdade van hierdie aard misdade is waarvoor korrektiewe toesig gelas moet word. Dit is 'n vraag ten opsigte waarvan daar op hierdie stadium nie volkome helderheid bestaan nie, en derhalwe is ek van oordeel dat daar ges kan word dat daar 'n redelike vooruitsig bestaan dat die app lhof moontlik wel die appellant in daardie opsig tegemoet mag kom."
Dit is moeilik om te verstaan hoe daardie vraag kan ontstaan. Klaarblyklik sal

3 'n hof nooit kan konstateer dat in gevalle van erntige diefstalle soos die
onderhawige korrektiewe toesig gelas moet word of nie gelas moet word nie.
Vanselfsprekend sal alles van die omstandighede van elke geval afhang.
Trouens, wat in hierdie Hof, soos voor die verhoorhof en die Hof benede,
aangevoer is, is dat die onderhawige, op sy eie feite, 'n gepaste geval is vir
oplegging van korrektiewe toesig.
Die verhoorhof het in die loop van 'n baie deeglike en wel oorwo uitspraak, na versigtige ontleding van al die feite en tersaaklike omstandighede, die slotsom bereik dat korrektiewe toesig nie die gepaste straf was nie. Die Hof a quo het daardie niening gedeel.

Ek stem wel met albei saam maar afgesien daarvan is die vraag nou in elk geval of daar gronde bestaan om met die oplegging van gedeeltelik opgeskorte gevangenisstraf in te meng. Ek meen van nee. Appellant het laat in 1993 met behulp van'n eerste verband van Permanent Bank ("die klaer") 'n plaas te Mooinooi, distrik Rustenburg, gekoop. Sy bedoeling was om deur verskeie verbeterings daarop aan te bring besigheid daarop te dryf. Hy het

4 egter nie self die nodige geld daarvoor gehad nie en het dus die klaer genader
om 'n tweede verband toe te staan. Weens die waarde van die plaas is dit
geweier. Hy het toe by die Kleinsake Ontwikkelingskorporasie ("die
Korporasie") om 'n tweede verband aansoek gedoen. Dit was in ongeveer
Februarie - Maart 1994. Tot sy kennis sou afhandeling van die aansoek etlike
maande neem. Sonder om vir die uitslag te wag - wat hy wel kon gedoen het -
het hy met die verbeterings voortgegaan asook met die dryf van besigheid op
die plaas. Afgesien van sy plaasbelang was hy o a bestuurder van die klaer
se agentskap op Mooinooi. Om die nodige fondse in die hande te kry het
appellant toe op veertig aangeleenthede tussen Maart en Desember 1994 geld
gesteel wat onder sy beheer as die klaer se agent was. Dit was sy bedoeling
om dit alles terug te betaal maar sy planne het in Desember van daardie jaar
misluk toe die klaer om redes wat nie ter sake is nie die agentskap gesluit het.
Die tekort te wyte aan sy diefstal is toe ontdek. Sy plaasbesigheid het swak
gevaar en was dus geen bron van finansi le hulp nie. Gelukkig vir appellant
het die Korporasie op hierdie stadium al 'n tweede verband toegestaan vir

5 ongeveer R600 000 en was dit bereid om dienooreenkomstig 'n waarborg uit
te reik. Op sterkte daarvan het appellant met die klaer onderhandel en
sodoende terugbetaling van ongeveer R140 000 bewerkstellig. Sy finansi le
posisie het egter versleg en hy het nooit daarin geslaag om die balans van
ongeveer R360 000 terug te betaal nie. In Maart 1995 is hy vervolg en in
April het hy sy boedel as insolvent oorgegee. Die klaer is mettertyd deur
assuransie vir sy verlies vergoed en het die eis net na die versekeraar
oorgeskuif. Tydens die verhoor het appellant aangebied om sy skuld aan die
klaer in maandelikse paaiemente te delg. Die fondse hiervoor het hy gehoop
om bymekaar te maak uit 'n nuwe besigheid wat sy vrou intussen begin het.
Volgens die getuienis van sy kurator egter, was die vooruitsigte van
leningbetaling op die daardie manier alles behalwe belowend.

Die betoog namens appellant steun op geen mistastings nie,
slegs op 'n beweerde wesenlike verskil tussen die verminderde vonnis van die
Hof a quo en die vonnis wat hierdie Hof na bewer ng sou opgel het. So 'n
verskil bestaan nie.

6 Dit is wel versagtend dat appellant 'n eerste oortreder is en dat
hy - soos hy getuig het - berou oor sy optrede het. Maar sy growwe misbruik
van sy vertrouensposisie, waardeur hy 'n baie groot bedrag oor 'n wesenlike
tydperk vir niks anders as eie gewin gesteel het, weeg soveel swaarder dat
oplegging van onopgeskorte gevangenisstraf volkome van pas was.
Daar bestaan geen gronde om in te meng nie en die app l word
gevolglik van die hand gewys.
C T HOWIE
HEFER JA) STEM SAAM MARAIS JA)