South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1997 >>
[1997] ZASCA 11
| Noteup
| LawCite
S v Kroon (635/95) [1997] ZASCA 11; ; [1997] 2 All SA 330 (A); (14 March 1997)
Download original files |
SAAKNOMMER: 635/95
In die saak tussen:W C KROON APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: SMALBERGER, SCHUTZ et PLEWMAN ARR
VERHOORDATUM: 20 FEBRUARIE 1997
LEWERINGSDATUM: 14 MAART 1997
SMALBERGER AR...
2
SMALBERGER AR:
Hierdie appel ontstaan uit 'n spesiale aantekening ingevolge die bepalings van artikel 317(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die
Wet"). Die appellant is op 9 November 1995 in die voormalige Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling deur Jansen R en twee assessore
(mnre Smith en Meiring) skuldig bevind aan aanranding gewoon (aanklag 1) en moord (aanklag 2). Die aanklagte het voortgespruit uit
twee voorvalle wat in April 1995 en Junie 1995 onderskeidelik plaasgevind hel. Daar is bevind dat die appellant op albei geleenthede
vir Catherine May Claxton aangerand het. Sy is oorlede as gevolg van die beserings wat sy in die tweede aanval opgedoen het.
Op versoek van die appellant se advokaat, mnr Wessels, is die
3
saak na skuldigbevinding uitgestel tot 30 November 1995 ten eindeproefbeampte- en korrektiewe toesigassesseringsverslae te bekom vir
vonnis-doeleindes. Op 22 November 1995 is daar namens die appellant
'n aansoek om die rekusering van die assessor, mnr Meiring, geliasseer.
Mnr Meiring was die respondent in die aansoek. In sy funderende
be digde verklaring maak die appellant onder andere die volgende
bewerings na aanleiding van samesprekings wat hy na sy
skuldigbevinding met mnr Wessels gehad het:
"7. Die volgende relevante inligting het tydens voormelde samesprekings tot my aandag gekom:
7.1
Dat die Respondent ongeveer drie jaar gelede (die presiese datum is aan my onbekend) as Streeklanddros gestasioneer te Port Elizabeth,
weens mediese ongeskiktheid op vervroegde pensioen afgetree het;
7.2
Dat die gemelde mediese ongeskiktheid verband7.2
4
7.3 Dat daar chirurgiese ingryping was in 'n poging om die gewas te verwyder.
8.
Terwyl die inligting soos vervat in paragrawe 7.1 tot 7.3 hierbo, nie binne my persoonlike kennis val nie, het ek geen rede om die
korrektheid van die inligting in twyfel te trek nie. Na verneem word, is die voormelde inligting algemene kennis tussen plaaslike
Regslui waarby, op die waarskynlikhede soos aan my voorgehou, ingesluit is Sy Edele Regter JANSEN en Assessor: mnr SMITH.
9.
Ek is nie bewus van enige persoon, n
g in die privaatsektor9.
n
g in die Staatsdiens, wat vanwe
mediese ongeskiktheid op vervroegde pensioen afgetree het waar sodanige mediese ongeskiktheid slegs tydelik van aard was nie. Ek
het dus alle rede om te glo dat die Respondent se mediese ongeskiktheid permanent of voortdurend van aard moes wees om sodoende sy
vervroegde aftrede tot gevolg te kon h
.
10.
Ek glo, en dit is my oorwo
persepsie, dat indien die
Respondent so kort gelede medies ongeskik was om sy
werksaamhede as Streeklanddros te kon voortsit; en dat
sodanige mediese ongeskiktheid ten tyde van sy aftrede as
Respondent so kort gelede medies ongeskik was om sy
werksaamhede as Streeklanddros te kon voortsit; en dat
sodanige mediese ongeskiktheid ten tyde van sy aftrede as
5
permanent of voortdurend geklassifiseer moes gewees het, die Respondent nog steeds nie geskik en/of bekwaam is om dienste as Assessor
in die bogemelde saak te verrig nie. Ek het dus alle rede om te glo dat die feite van hierdie saak nie na behore deur elk van die
Lede van die Verhoorhof bereg is nie en dat ek gevolglik nie 'n regverdige en billike verhoor gehad het nie."
Geen beantwoordende be
digde verklarings is deur
f mnrMeiring f die Staat (soverre die Staat daartoe by magte sou gewees het)
ingedien nie. Die aansoek is op 30 November 1995 aangehoor. Die
beto is op band vasgel en vorm deel van die oorkonde. Mnr Wessels
se betoog is insiggewend. Hy he aangevoer dat die toets om rekusering
objektief is, en bygevoeg "Dit moet gefundeer word daarop op wat die
persepsie van die redelike leke litigant sal wees. Dit is hoegenaamd nie
ter sprake of die respondent inderdaad onbevoeg of onbekwaam is. Dit
is nie die vraag nie." (my onderstreping). Volgens hom was die vraag
6
wat beantwoord moes word "Kan die respondent se mediese agtergrondby 'n leke beskuldigde die redelike persepsie laat dat die applikant nie
regverdig en billik verhoor is nie." Daarna het hy beklemtoon "[E]k wil
dit ook onomwonde aan u hier in die hof stel, dit is nie die betoog dat
mnr Meiring inderdaad onbevoeg of onbekwaam is nie. Dit is nie die
betoog nie." (my onderstreping).
Jansen R het na die aanhoor van beto uitspraak gelewer. Daaruit
blyk dit duidelik dat hy nie vir mnr Meiring se onttrekking te vinde was
nie. Die slotparagraaf van die geleerde regter se uitspraak lees soos
volg:
"Tydens die gesprekke wat ons gehad het, ek en mnr Meiring, nadat die beto
van die advokate aangehoor is, het ek by hom aanbeveel dat hy hom nie as assessor in hierdie saak onttrek nie. Ten spyte van my aanbeveling
het mnr Meiring my egter meegedeel dat hy, in die lig van die woorde van Sy Edele App
lregter EKSTEEN in die saak van S v Maseku 1990 (1)
7
SASV 107 (A) op bl.116, en in belang van die regspleging, en in belang van reg en geregtigheid en weens 'n persepsie wat die beskuldigde
moontlik kan h
, besluit het om hom inderdaad aan die saak te onttrek. Ek het met spyt daarvan kennis geneem, maar ek kan nie anders as om mnr Meiring
toe te laat om hom as assessor in die saak te onttrek nie."
Na mnr Meiring se rekusering het die vraag ontstaan of dieverrigtinge voor die oorblywende lede van die hof kon voortgaan.
Jansen R het beslis dat dit kon. Hy is toe deur mnr Wessels versoek om
'n spesiale aantekening op die oorkonde te doen. Die versoek is
toegestaan en die aantekening, op mnr Wessels se voorstel, is soos volg
deur Jansen R geformuleer:
"Of hierdie hof in die lig van mnr Meiring se onttrekking as assessor by magte is om met die verhoor voort te gaan."
Daama is voortgegaan om getuienis met betrekking tot vonnis aan tehoor. Die appellant is mettertyd gevonnis tot drie maande gevange-
8
nisstraf op aanklag 1 en agtien jaar gevangenisstraf op aanklag 2.Met verwysing na die bewoording van 'n spesiale aantekening wys
Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 5de uitgawe (Kriegler): 852
daarop dat:
"Die aantekening moet nie in die vorm van 'n vraag gestel word nie, maar in die vorm van 'n feitebevinding. Die hof wat die aantekening
maak, moet die feite waarop dit berus vasstel, en nie die aantekening bewoord asof die App
lafdeling die feite moet bepaal nie. Daar word 'n positiewe feitestelling gemaak vergesel van die bewering van die beskuldigde dat
dit 'n onre
lmatigheid was wat meegebring het dat geregtigheid inderdaad nie geskied het nie. Verlof om op grond daarvan te appelleer word dan
gegee."
Die spesiale aantekening in die onderhawige geval voldoen nie aan hierdie vereistes nie. Dit is ook heeltemal ontoereikend om die
kernvraag wat as gevolg van mnr Meiring se onttrekking ontstaan, te dek, naamlik, of dit enige uitwerking het op die geldigheid van
die
9
appellant se skuldigbevinding. Die vraag wat gestel is, het betrekking op die verloop van die verrigtinge na skuldigbevinding en nie
op die voorafgaande gebeure nie.
Die antwoord op die spesiale aantekening, soos geformuleer, moet onomwonde "Ja" wees. Wat die skuldigbevinding betref, was
Jansen R functus officio. Hy was nie by magte om dit tersyde te stel of ongedaan te maak nie. Na skuldigbevinding het die assessore,
uit 'n regsoogpunt, geen verdere rol gehad om te vervul nie. As gevolg van die uitspraak van die Konstitusionele Hof in S v Makwanyane
and Another 1995(3) SA 391 (CC) was dit na 6 Junie 1995 nie meer regtens geoorloof om die doodvonnis op te l
nie. Voor daardie tyd het assessore kragtens die bepalings van artikel 277(2) van die Wet na 'n skuldigbevinding aan moord steeds
'n rol vervul met die vereiste bevinding oor die aan- of
10
afwesigheid van enige strafversagtende of -verswarende faktore wat die voorsittende regter se uiteindelike beslissing of die doodvonnis
die enigste gepaste vonnis was, voorafgegaan het. Toe die appellant skuldig bevind is, het daardie rol reeds verval. Al wat oorgebly
het na skuldigbevinding was vonnisoplegging. Ofskoon dit hom vrygestaan het om 'n gepaste vonnis met sy assessore te bespreek, was
vonnisoplegging die uitsluitlike funksie van Jansen R. Uit 'n regsoogpunt het die assessore se funksies na skuldigbevinding ge
indig (S v Sparks and Another 1972(3) SA 396 (A); S v Lekaota 1978(4) SA 684 (A)). Toe hy hom onttrek het, het mnr Meiring geen verdere
rol gehad om te vervul nie, en gevolglik kon sy onttrekking per se nie regtens enige effek gehad het op die verdere verloop van die
verrigtinge nie. Mnr Wessels het ook geredelik toegegee dat op die spes
ale aantekening soos
11
geformuleer die app
l nie kon slaag nie.
Die afwysing van die appel op bovermelde grondslag sou egter nie die wese van die appellant se beswaar aanspreek nie, naamlik, dat
na aanleiding van die feite uiteengesit in sy aansoek en sy persepsie van die omstandighede, geregtigheid nie met sy skuldigbevinding
geskied het nie. Die appellant sou waarskynlik die verhoorhof kon nader, met 'n gepaste aansoek om kondonasie, vir 'n verdere spesiale
aantekening wat die punt wat hy bereg wil h
, sal omskryf. Dit sou egter noodwendig aansienlike vertraging en koste meebring. Na my mening behoort ons dus, by wyse van uitsondering,
en in die belang van geregtigheid, die wesenlike probleem aan te pak.
Hierdie is allermins 'n geval waar 'n assessor gedurende die verhoor, na die oordeel van die voorsittende regter, onbekwaam geraak
12
het om as assessor op te tree. Gevolglik is die bepalings van artikel147(1) van die Wet nie van toepassing nie. Die aangeleentheid moet dus
op 'n gemeenregtelike grondslag bereg word. Volgens mnr Wessels se
betoog op app l en in die hof benede, gaan dit hier oor die redelike
persepsie van die appellant. Hy steun in die verband op die volgende
passasie in die uitspraak van Corbett HR in S v Malinidi and Others
1990(1) SA 962 (A) op 969 G -I:
"The common law basis of the duty of a judicial officer in certain circumstances to recuse himself was fully examined in the
cases of S v Radebe 1973 (1) SA 796 (A) and South African Motor Acceptance Corporation (Edms) Bpk v Oberholzer 1974 (4) SA 808 (T). Broadly speaking, the duty of recusal arises where it appears that the judicial officer has an interest in the case or where
there is some other reasonable ground for believing that there is a likelihood of bias on the part of the judicial officer: that
is, that he will not adjudicate impartially. The matter must be regarded from the point of view of the reasonable litigant and the
test is an objective one. The fact that in reality the judicial officer was impartial or is likely to be impartial is not the test.
It
13
is the reasonable perception of the parties as to his impartialitythat is important."
Hierdie toets, soos toegelig in Council Review, South African Defence Force, and Others v M
nnig and Others 1992(3) SA 482 (A) op 490 D (en sien ook BTR Industries South Africa (Pty) Ltd and Others v Metal and Allied Workers'
Union and Another 1992(3) SA 673 (A) op 693 I - J) geld klaarblykl
k in d
e geval van beweerde regterlike vooroordeel. Indrukke is belangrik in die regspleging. Vandaar dan ook die bekende begrip "[J]ustice
should not only be done, but should manifestly and undoubtedly be seen to be done" (The King v Sussex Justices: Ex parte Mc
Carthy [1924] 1 KB 256 op 259). Die redelike persepsie of suspisie toets geld egter nie na my mening in 'n geval soos die onderhawige nie. Hier gaan dit
nie soseer oor indrukke of persepsies wat gevorm is vanwe
die optrede van 'n regterlike
14
amptenaar nie. Waaroor dit hier in wese gaan is of mnr Meiring van meet af verstandelik onbekwaam was om die dienste van 'n assessor
te verrig. Sy bekwaamheid al dan nie was iets wat objektief vasgestel kon word. Indien die appellant ondubbelsinnig beweer het dat
mnr Meiring wel onbekwaam was, kon daar, en sou daar waarskynlik, ondersoek ingestel gewees het na sy toestand. Daardie bewering
is egter nooit gemaak nie. Trouens, mnr Wessels het, soos reeds aangedui, dit onomwonde gestel dat daar nie betoog word dat mnr Meiring
inderdaad onbekwaam is nie. By gebreke aan bewys van onbekwaamheid kan 'n persepsie, hoe redelik ookal, nie die regsgeldigheid van
mnr Meiring se deelname aan die verhoor, en gevolglik die skuldigbevinding, aantas nie. Al sou die redelike persepsie of suspisie
toets gegeld het, het die appellant se "oorwo
persepsie" dat mnr Meiring nie geskik of bekwaam
15
was om dienste as 'n assessor te verrig nie, myns insiens nie aan d
e vereiste redelikheidsmaatstaf voldoen nie. Die toets is 'n objektiewe een. Die redelike persoon is "someone endowed with ordinary
intelligence, knowledge and common sense" (sien die BTR Industries saak (supra) op 695 C - D). Dit blyk dat Jansen R bewus was
van mnr Meiring se mediese agtergrond. Die appellant aanvaar dat dit die geval was. As voorsittende regter sou Jansen R terde
bewus gewees het van sy verantwoordelikheid om toe te sien dat sy assessore oor die vereiste bekwaamheid beskik om hulle dienste
behoorlik te verrig. Hy was nogtans tevrede om mnr Meiring uit te nooi om as assessor te sit. Insgelyks het mnr Wessels oor die nodige
kennis aangaande mnr Meiring se mediese geskiedenis beskik. Sy plig was deurgaans om na die belange van sy klient (die appellant)
om te sien. Hy sou seer
16
sekerlik nie geskroom het om beswaar teen mnr Meiring as assessor te opper nie as hy van mening was dat hy verstandelik onbekwaam
was om sy dienste as sodanig te verrig. Hy het duidelik nie mnr Meiring se vermo
ns enigsins betwyfel nie. Daarbenewens was daar klaarblyklik niks aangaande mnr Meiring se houding of optrede tydens die verloop van
die verhoor wat bedenkings laat ontstaan het omtrent sy verstandelike vermo
nie. Voor skuldigbevinding was daar geen sweem van suspisie by die appellant aangaande sy bekwaamheid nie. Dit was eers na sy skuldigbevinding,
en na hy van mnr Meiring se mediese geskiedenis vemeem het, dat sy beweerde persepsie ontstaan het. Gesien die voorafgaande gebeure,
en die aanvaarding van mnr Meiring se bekwaamheid deur regslui, insluitende sy eie regsverteenwoordiger, sou 'n redelike persoon
in die appellant se posisie nie bloot op sterkte
17
van mnr Meiring se mediese agtergrond afgelei het dat hy onbekwaam was nie. Dit is trouens bekend dat genesing in 'n geval soos syne
kan geskied. Ek het begrip vir mnr Meiring se besluit om hom as assessor te onttrek gesien die onbenydenswaardige situasie waarin
hy homself bevind het. Ek stem egter saam met Jansen R dat daar nie rede vir sy onttrekking was nie. Die feit dus dat hy, verkeerdelik,
homself onttrek het, kon nie die appellant se beweerde persepsie versterk nie, of dit tot 'n redelike een verhef nie. In al die omstandighede
kan daar myns insiens nie ges
word dat geregtigheid nie geskied het nie. Die app
l word afgewys.
J W SMALBERGER APP
LREGTER
SCHUTZ AR ) STEM SAAM PLEWMAN AR )