3
soos tereg deur die appellant aangevoer, die landdros (synde 'n distrikshoflanddros) geen jurisdiksie gehad het om 'n swaarder straf op te l
nie. Ek wend my dus tot die vraag of die appellant se app
l teen die vonnis behoort te slaag al dan nie.
Die feitlike agtergrond is kortliks dat appellant, 'n huurmotoreienaar, by 'n pad blokkade by die Maserugrenspos in die distrik van Ladybrand deur die polisie in besit gevind is van twee 7.65 mm pistole en tien 7.65 patrone. Vir een van die pistole het hy 'n lisensie gehad. Die pistool het hy onder sy lyfband gehad. Vir
die ander het hy geen lisensie gehad nie. Dit was in 'n skouerholster onder sy trui en die tien patrone is in daardie pistool gevind. Sy verduideliking aan die hof vir sy besit van laasgenoemde pistool was dat hy op die beirokke dag 'n vergadering te Maserubrug bygewoon het. Die vergadering het oproerig geword. Na die vergadering en
4
terwyl hy op pad was na 'n voertuig het hy die pistool raak geskop. Hy het dit opgetel en gehou. Hy was van plan om dit na 'n polisiestasie te Ladybrand te neem vir oorhandiging aan die polisie. Sy relaas is deur die landdros verwerp. Toe hy ter versagting van vonnis getuig het, het hy ges
"Ek voel steeds dat ek onskuldig is". Die gevolg was dat daar gee verduideliking hoegenaamd voor die landdros was waarom hy in besit van die tweede ongelisensieerde pistool was en wat hy in gedagte gehad het om daarmee te maak nic. Sy persoonlike omstandighede is die volgende. Hy is in 1942 gebore en was dus 53 jaar oud toe die misdryf gepleeg is. Hy is getroud en het 7 afhanklike kinders. Hy is 'n huurmotoreienaar met 'n inkomste van R 1000,00 per maand. Sy vorige botsings met die gereg het lank gelede plaasgevind en het te make gehad met onwettige padvervoer en wat in die SAP 69 vorm beskryf word as "verkryging
5
van produkte sonder sertifikaat". In al drie gevalle is boetes opgel
. Dit behoort ook gemeld te word dat die landdros in die huidige saak beveel het dat die onbevoegdheidsverklaring vervat in art 12 (1) van die Wet nie sou volg nie, m a w dat nieteenstaande sy huidige skuldigbevinding en vonnis die appellant nie onbevoegd om 'n vuurwapen
te besit verklaar behoort te word nie.
Sprekende vir myself moet ek erken dat die vonnis deur die landdros opgel
my onrustig laat voel het. Die persoonlike omstandighede van die beskuldigde tel sterk in sy guns en die feit dat hy geskik gevind is om gelisensieer te wees om presies dieselfde
soort vuurwapen te besit is 'n buitengewone faktor en aanduidend van goeie karakter en die bestaan van 'n goeie rede om 'n vuurwapen soos hierdie te besit. Ek sou nie dieselfde vonnis opgel
het nie maar dit is nie die toets wat op app
l teen 'n vonnis toegepas moet word nie.
6
Daar moet ondersoek word of enige wesenlike mistasting deur die vonnisoplegger gepleeg is. Indien ja, staan dit 'n hof van app
l vry om sy eie onbelemmerde oordeel te gebruik om vonnis opnuut te bepaal. Indien nie, moet gevra word of die opgelegde vonnis onredelik, of skokkend, of steurend onvanpas is. Die blote feit dat dit nie die vonnis is wat die hof van app
l sou opgel
het nie is op sigself nie voldoende om die gevolgtrekking te regverdig dat die vonnis waarteen geappelleer word as onredelik, of skokkend, of steurend onvanpas beskou moet word nie. Dit is slegs waar die verskil so treffend is dat daardie beskrywings van die opgelegde vonnis geregverdig is dat inmenging behoort plaas te vind. Of die opgelegde vonnis tereg so beskryf kan word is 'n kwessie van graad en alhoewel
die skeidingslyn konseptueel gesproke duidelik genoeg is, is dit in die praktyk dikwels besonder moeilik om te bepaal of die skeidingslyn
7
oorskry is al dan nie.
Die onwettige besit van vuurwapens is altyd as 'n ernstige misdaad beskou om ooglopende redes wat nie weer herhaal hoef te word nie. In onlangse tye het hierdie euwel soos onkruid floreer. Die land staan gebuk onder 'n reuse arsenaal van onwettige vuurwapens
die toeganklikheid waarvan vir kriminele elemente al hoe makliker word. Dit lei tot die pleging van al hoe meer ernstige misdade gekenmerk deur die gebruik van sodanige onwettige vuurwapens. Dit bring natuurlik nie mee dat elke en iedere geval van onwettige besit van 'n vuurwapen noodwendig met gevangenisstraf gestraf moet word nie maar die intrinsieke ernstigheid van die misdryf moet nie misken of onderskat word nie. As die appellant 'n verduideliking vir sy besit van 'n tweede pistool sou verskaf het wat die hof sou toegelaat het om die misdryf in 'n minder ernstige lig te sien, sou hy waarskynlik nie
8
hierdie besondere straf opgel
gewees het nie. Hy het nie en hy kan die hof nie kwalik neem nie as die hof sou aflei dat hy iets beoog het wat nie tot sy krediet sou gestrek het nie.
Geen wesenlike mistasting deur die landdros word deur die appellant se advokaat uitgewys nie. Daar is sonder veel oortuiging gesuggereer dat die landdros misgetas het deur nie die feit dat die appellant gelisensieer was om 'n soortgelyke pistool te besit behoorlik in ag te neem nie. Dat die landdros bewus was van die betrokke feit blyk duidelik vanuit sy opsomming van die feite van die geval. Dit is waar dat daar geen spesifieke bespreking van die implikasies daarvan in die landdros se uitspraak te vinde is nie maar dat die
landdros die appellant as basies goeie mensmateriaal beskou het blyk vanuit sy beslissing om nie die appellant onbevoegd om 'n vuurwapen te besit te verklaar nie.
9
Die lotgeval van die app
l wentel dus om die vraag of die verskil tussen die vonnis wat hierdie hof sou opgel
het en di
deur die landdros opgel
so treffend is dat laasgenoemde vonnis as onredelik of skokkend of steurend onvanpas beskryf kan word. Na my mening moet die antwoord daarop negatief wees. Die app
l word van die hand gewys.
R M MARAIS APP
LREGTER
Van Heerden AHR)Stem saam
Streicher AR)