South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1996 >>
[1996] ZASCA 90
| Noteup
| LawCite
S v Posthumus NO en 'n Ander (37/96) [1996] ZASCA 90 (12 September 1996)
Download original files |
Saak No 37/96
WILLEM JOACHIM MARTHINUS POSTHUMUS N.O. Eerste Appellant (in sy hoedanigheid as verteenwoordiger van J M G Motors (Edms) Beperk)
WILLEM JOACHIM MARTHINUS POSTHUMUS Tweede Appellant (in sy persoonlike hoedanigheid)
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF, ARR et PLEWMAN Wn AR
DATUM VAN VERHOOR: 26 Augustus 1996
DATUM GELEWER: 12 September 1996
Die twee appellante in hierdie saak is Mnr W J M Posthumus as verteenwoordiger van ' n maatskappy wat ' n garage-besigheid bedryf
en Mnr Posthumus in sy persoonlike hoedanigheid. Aangesien die maatskappy middellik aanspreeklik gehou word vir Mnr Posthumus se
dade sal ek na Mnr Posthumus persoonlik verwys as die appellant in die enkelvoud.
Die twee appellante is in die streekhof aangekla van
bedrog deurdat die appellant aan die klaagster
"wederregtelik, valslik en met opset om te bedrieg, voorgegee het ... dat ['n Mazda bakkie] sy eiendom was en dat hy by magte
was om dit te verkoop ."
Daarbenewens is beweer dat die klaagster benadeel was deurdatsy deur die voorwendsel beweeg was om
"afstand van haar motorvoertuig te doen as synde dit aan te wend as deposito op die voormelde Mazda voertuig en die voormelde
voertuig . . . van beskuldigde aan te koop."
Na bewering was die appellant se verklaring vals deurdat hy
"wel geweet het dat die voormelde Mazda voertuig nog aan die voorwaarde van 'n bestaande afbetalingsooreenkoms by Stannic onderworpe
was en gevolglik nog die eiendom van Stannic was en derhalwe was hy nie by magte om dit te
3
verkoop nie."
Albei appellante is in die Streekhof skuldig bevind en gevonnis. 'n App
l na die Noord-Kaapse afdeling het misluk. Met verlof verleen ingevolge 'n petisie aan die hoofregter kom die appellante nou in ho
r beroep teen hul skuldigbevindinge en vonnisse.
Vir die doeleindes van hierdie app
l sal ek die feite aanvaar wat
f gemene saak is,
f die weergawe van die Staat weerspie
l. Die geskiedenis van hierdie saak is dan soos volg.
In Oktober 1989 het ene Mev Taljaard die betrokke Mazda bakkie van Stannic gehuur teen 'n maandelikse huurgeld van R1119 en enkele
sente. Die Taljaards het dit moeilik gevind om die huurgelde te betaal en het in 1990 die appellant genader om die voertuig oor te
neem. Die appellant het Stannic gebel en blykbaar 'n re
ling getref wat, soos sal blyk, later per brief bevestig is. Op 4 Mei 1990 lewer Mnr Taljaard die Mazda aan die appellant. Die volgende
dag skryf
4 die appellant onder meer soos volg aan die bestuurder vanStannic op Klerksdorp:
"OOREENKOMS NR. 20/346/131/0001 - MEV. E. TALJAARD
Ons telefoon gesprek van 2 Mei 1990 verwys.
Ons bevestig dat ons die 3 agterstallige paaiemente oorgeplaas het via Standard Bank, Kathu nadat Mnr. Taljaard die voertuig op 4
Mei 1990 aan ons gelewer het.
Verdere betalings sal stiptelik op die einde van elke maand deur ons vereffen word. Tans is die voertuig deel van ons handelsvoorraad
en as sulks behoorlik verseker.
Sodra ons die voertuig verkoop, sal die uitstaande saldo sondermeer vereffen word, maar intussen sal die voertuig op Mev. Taljaard
se naam gelaat word om u belange te
beskerm."Teen die einde van Mei of vroeg in Junie 1990 besoek die
klaagster die appellant se besigheid. Sy getuig as volg oor
wat toe gebeur het:
"I ... saw the 'bakkie' on his floor and asked him if the 'bakkie' ... was for sale. He then said to me yes, the 'bakkie' was
for sale and that it was going very cheap. I then looked at the 'bakkie' . He said to me that he had bought the 'bakkie' from somebody
who could no longer afford it."
Na verdere oorweging het die klaagster besluit om die5 bakkie te koop. Die koopprys was iets oor die R41 000. Haar
eie motor was ingeruil teen 'n waarde van R15 000. Die
klaagster sou die balans betaal teen dieselfde koers as di
wat Mev Taljaard betaal het. Die ooreenkoms is beliggaam in
'n faktuur gedateer 11 Junie 1990. Daar is ook duidelik
tussen die partye ooreengekom dat die Mazda terugge is kon
word as paaiemente nie gereeld betaal was nie. Op aandrang
van die appellant het die klaagster 'n skuldbewys aangegaan
waarkragtens sy aanspreeklikheid erken het vir die balans van
die koopprys, betaalbaar in die gemelde paaiemente.
Dit is die gesprek tussen die klaagster en die appellant
wat hierbo aangehaal is, wat die grondslag van die beweerde
bedrog vorm. Ek vind dit moeilik om in te sien dat die
appellant enigsins bedrieglik opgetree het. Die appellant het
die Mazda in sy besit gehad. Die belanghebbende partye, synde
Stannic en die Taljaards, het ingestem dat hy dit verkoop. Hy
het dit van die Taljaards gekry omdat hulle dit nie langer
kon bekostig nie. Hy het die agterstallige paaiements betaal,
6
Die Mazda in sy versekering laat insluit, en teenoor Stannic onderneem om verdere paaiemente te betaal totdat hy die totale afkoopprys
kon delg. Al stelling wat hy teenoor die klaagster gemaak het wat moontlik aangeveg kan word, is dat hy die voertuig "gekoop"
het. Inderdaad was die re
ling tussen Stannic, Taljaard en die appellant waarskynlik nie 'n koopkontrak nie, maar dit is haarklowery. Die appellant het besit
van die voertuig gekry teen 'n onderneming om geld aan Stannic te betaal, en dit kan nie saak maak dat dit moontlik tegnies nie 'n
koopkontrak was nie. Wat egter vas staan is dat die appellant nie op daardie stadium aan die klaagster voorgegee het, soos in die
klagstaat beweer, dat hy die eienaar van die voertuig was nie. En daar is geen getuienis hoegenaamd dat hy "nie by magte was
om die voertuig te verkoop nie" - trouens, die getuienis toon die teendeel.
Ook was daar geen potensi
le nadeel vir die klaagster in die transaksie nie. Deur toe te stem tot die verkoping van die Mazda het Stannic klaarblyklik homself
ontdoen van die
7 bevoegdheid om die voertuig terug te eis van 'n koper tegoeder trou. Ten spyte van al die moeilikheid wat later
ontstaan het, het Stannic ook nooit aanspraak gemaak op
teruglewering van die Mazda nie. As die klaagster aangehou
het om haar paaiemente gereeld te betaal sou sy 'n
onaanvegbare reg tot besit van die voertuig behou het.
Dit is nie nodig om in besonderheid in te gaan op latere
gebeure nie aangesien die bedrog na bewering gepleeg is
gedurende die onderhandelinge wat die koop van die Mazda deur
die klaagster voorafgegaan het. Kortliks wat later gebeur het
is dat die klaagster uitgevind het dat die Mazda nog tegnies
die eiendom van Stannic was. Sy het dit by die appellant
geopper, en hy het 'n hooghartige houding teenoor haar
ingeneem. Mettertyd het sy opgehou om paaiemente te betaal.
Die appellant het in 'n twis met Stannic beland oor hoeveel
hy moes betaal om Mev Taljaard se huurkontrak te laat
kanselleer, en het ook opgehou om paaiemente te betaal.
Uiteindelik is die Mazda gesteel. Op die ou end het die
8
klaagster dus inderdaad 'n verlies gely, maar dit was nie asgevolg van enige bedrog aan die kant van die appellant nie. Weens die voorgaande slaag die app l. Die skuldigbevindinge en vonnisse van albei appellante word tersyde gestel.
E M GROSSKOPF, AR
F H GROSSKOPF, AR PLEWMAN, AR Stem saam

RTF format