South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 83
| Noteup
| LawCite
Administrateur, Transvaal v van der Merwe (146/91) [1994] ZASCA 83; 1994 (4) SA 347 (AD); [1994] 4 All SA 321 (AD) (30 May 1994)
Download original files |
RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER:
146/91
EB
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRÏKA
(APPèlAFDELlNG)
In
die saak tussen:
DIE ADMINISTRATEUR VAN
TRANSVAAL APPELLANT
en
HENDRIK ROUX van der MERWE RESPONDENT
CORAM: SMALBERGER, NESTADT, EKSTEEN, ARR et
OLIVIER, MAHOMED, Wnd ARR
VERHOORDATUM: 11 MEI
1994
LEWERINGSDATUM: 30 MEI 1994
UITSPRAAK
OLIVIER, Wnd AR:
'n Aantal kilometers suid-oos van Heidelberg, Transvaal, kronkel 'n
grondpad deur 'n tipiese hoëveldse landskap. Soos in enige ander
hoëveldse winter,
was die algemene grasbedekking ook op 4 Junie
1988 kurkdroog en maklik
2 ontvlambaar. Op daardie onheilsdag het 'n
sterk wind van wes na oos gewaai. Die
gras aan die kant van die pad het aan die brand geslaan - vermoedelik
deur die hand
van 'n kind. Voordat enigiemand 'n vinger kon lig, het
'n veldbrand ontstaan, en,
terende op die lang, droë gras en
aangedryf deur die westewind, het dit onkeerbaar
voortgewoed vanaf
die padreserwe oor ene Barrett se plaas na dié van
respondent.
Daar het dit die natuurlike weiveld afgebrand; oor 'n
voorbrand van respondent
gespring en 'n aantal bale voer wat vir die
wintemood geberg was, vemietig; en van
respondent se draadheinings
beskadig. Respondent stel sy skade op R118 872.
ïn 'n aksie ingestel in die Transvaalse Provinsiale Afdeling het hy betaling
van hierdie bedrag ex delicto van
appellant, die Adrninistrateur van Transvaal,
gevorder. In sy
besonderhede van vordering het hy aangevoer dat die
veldbrand
ontstaan het op 'onroerende eiendom van die verweerder
aangrensend aan sy plaas,
synde die gemelde grondpad, wat as 'n
distrikspad of openbare pad beskryf is. Ook
is aangevoer dat
dié pad onder beheer en toesig van appellant gestaan het.
Voorts
is gepleit dat die ontstaan en verspreiding van die veldbrand
te wyte was aan die
onregmatig en nalatige versuim van appellant en
wel deurdat:
3 "(a) hy versuim het om gras en plantgrasse langs die gemelde distrikspad te
sny en sodoende kort te hou ten einde die ontstaan en verspreiding van
veldbrande langs of in die onmiddellike omgewing van die distrikspad te
voorkom of te beperk;
(b) hy versuim het om enige, altematiewelik voldoende brandstroke aan die kante van die betrokke distrikspad aan te bring ten einde die verspreiding van veldbrande te voorkom;
(c) hy versuim het om voldoende brandvoorkomingsmaatreëls te tref ten einde die verspreiding van 'n veldbrand na die (respondent se) plaas toe te voorkom."
Aan die einde van die verhoor van die aksie
het Heyns R op 13 Maart 1991 uitspraak ten gunste van respondent gegee en
appellant gelas
om die bedrag van R118 872, tesame met rente daarop teen 18,5%
per jaar vanaf datum van uitspraak tot datum van betaling, asook gedingskoste,
aan respondent te betaal.
Heyns R het op dieselfde dag verlof aan
appellant toegestaan om na hierdie hof te appelleer. Ongelukkig het die
voortsetting van die
appèl nie na wense verloop
4 nie en is 'n aansoek om kondonasie deur appellant genoodsaak. Daardie aansoek
verg tans oorweging.
Die aansoek om
kondonasie.
Appellant het op 22 Desember 1992, d w s een jaar en
nege maande nadat verlof toegestaan is om na hierdie hof te appelleer, 'n
aansoek
om kondonasie vir die laat-hassering van die oorkonde by die Griffier
van hierdie hof ingedien. Sy advokaat het by die aanvang van
die verrigtinge die
aansoek in argument ondersteun. Die aansoek is nie deur respondent teengestaan
nie, hoofsaaklik weens die feit
dat appellant ingevolge 'n ooreenkoms tussen die
partye, inmiddels die vonnisbedrag tesame met rente daarop aan respondent
oorbetaal
het. Die ooreenkoms maak verder voorsiening daarvoor dat indien die
appêl suksesvol is, respondent die gemelde bedrag tesame
met rente daarop
aan appellant sal terugbetaal.
Die respondent se houding ten spyt,
is hierdie beslis nie 'n geval waar die aangevraagde kondonasie sonder meer
toegestaan kan word
nie, vir die redes hieonder vermeld.
Hoewel verlof om te appelleer op 13 Maart 1991 verleen is, is die
5 kennisgewing van appèl slegs op 5 April 1991 afgelewer. Eers op 26 April 1991 is
die amptelike transkribeerders opdrag gegee om die oorkonde, wat tesame
met al die
bewysstukke maar 189 bladsye beslaan, voor te berei.
Daama was daar 'n vertraging
omdat, so word dit gestel, die transkribeerders nog nie die oorkonde finaal getik het
en aan appellant voorsien het nie, omrede Heyns R die uitspraak vir 'n
tweede keer
nagesien het. Ene Esterhuizen het toentertyd die saak
hanteer in die kantoor van die
Staatsprokureur in Pretoria, wat namens appellant ageer het. Op 7 Jnnie 1991 rig hy
'n skrywe aan respondent se prokureur om uitstel vir die indiening van die oorkonde
te vra. Op 16 Julie 1991 antwoord respondent se prokureur met die voorstel van
betaling van die vonnisbedrag en rente teen verskaffing van 'n
bankwaarborg vir
terugbetaling. Hierop word eers op 30 Augustus 1991
gereageer en dan ook slegs
weer om, teen die gemelde betaling,
'onvoorwaardelike' toestemming tot laat-
indiening van die oorkonde
te vra. Dit is op 25 September 1991 verleen. Die
gemelde bedrag is
eers ná 29 Oktober 1991 oorbetaal. Intussen, so word beweer, het
die oorsprÓnBike bande van die oorkonde tussen die
transkribeerders en die Griffïer
van die Transvaalse
Provinsiale Afdeling soek geraak. Dit is blykbaar eers in Mei
6 1992 opgespoor en die oorkonde is op 30 November 1992 ontvang.
Daar word beweer dat Esterhuizen sekere telefoonoproepe na die
transkribeerders gemaak het en persoonlike besoeke afgelê het
ten einde
die vermiste oorkonde op te spoor. Soos gemeld, is die aansoek om kondonasie by
die Griffier van hierdie hof op 22 Desember
1992 ingedien.
Daar is
werklikwaar geen bevredigende verduideliking waarom daar so 'n lang vertraging
was om die oorkonde aan te vra nie; waarom
die oorkonde nie voorberei kon word
terwyl Heyns R die uitspraak nagesien het nie; waarom die verwisseling van die
korrespondensie
teen so 'n slakkepas plaasgevind het; wanneer en onder welke
omstandighede die oorspronklike bande soek geraak het; welke pogings
Esterfmizen
aangewend het om dit op te spoor; en waar dit uiteindelik gevind is nie. Geen
verklaring om die kemfeite te staaf, is.
deur óf die transkribeerders
óf Esterhuizen voorgelê nie.
Daar is ook geen
verduideliking waarom die aansoek om kondonasie eers in Desember 1992 gedoen is
en nie onmiddellik toe besef is dat
die tydperk wat voorgeskryf is vir die
indiening van die oorkonde byna verstreke.was nie. Sien De
7 Beer
en 'n Ander v Westem Bank Ltd 1981 (4) SA 255(A) op 257 A-B; Rennie
v
Kambv Farms (Pty) Ltd 1989 (2) SA 124(A) op 129 G; Ferreira v
Ntshingila 1990
(4) SA 271(A) op 281 D.
Les bes is
die aansoek om kondonasie voorgelê by wyse van 'n kennisgewing van mosie
en stawende eedsverklaring en nie by wyse
van petisie soos in hierdie hof vereis
nie. Geen verduideliking vir hierdie prosedurele vergryp is aangebied nie. 'n
Prokureur wat
appèlle wil hanteer, moet hom van die toepaslike reëls
vergewis. Sien Moaki v Reckitt and Colman (Africa) Ltd and Another 1968
(3) SA 98(A) op 101 G; Mbutuma v Xhosa Development Corporation Ltd 1978
(1) SA 681(A) op 685 A; Ferreira v Ntshingila, supra, op 281
G.
Die kumulatiewe effek van die opeenvolgende vertragings en swak
bestuur van die appèlverrigtinge deur appellant se prokureur
laat die
vraag ontstaan of hierdie nie 'n gepaste geval is waar die appellant die spit
moet afbyt vir sy prokureur se gebrek aan
vaardigheid nie. Sien Saloojee and
Another NNO v Minister of Communitv Development 1965 (2)SA 135 (A) op 141
C-E; Immelman v Loubser en'n Ander 1974 (3) SA 816 ()A) op 823 G-824 B;
P.E. Bosman Transport Works
8 Committee and Others v Piet Bosman Transport (Pty) Ltd 1980 (4) SA 794 (A) op
799 E-H; Finbro Fumishers (Pty) Ltd v Registrar of Deeds, Bloemfontein, and Others
1985 (4) SA 773 (A) op 787 G-H; Ferreira v Ntshinpila. supra. op
281 J-282 B.
Na veei aarseiing, meen ek dat die meriete van die
appèl in hierdie geval maar die deurslag moet gee. Teenoor die verwyt wat
ongetwyfeld voor die deur van appellant se prokureur gelê moet word, staan
die feit dat appellant nie 'n private instansie
is nie. Appellant beheer
openbare fondse, dit wil sê belastingbetalers se geld en daar is 'n
element van openbare belang op
die spel. Ook is die beantwoording van die vrae
wat in hierdie aangeleentheid na vore kom, kwessies wat die openbare belang
raak.
Die meriete van die appèl word vervolgens onder die
loep geneem. Respondent se skuldoorsaak.
Van meet af was dit
gemene saak tussen die partye dat (i) nóg appellant nóg enige van
sy werknemers die. betrokke veldbrand
laat
ontstaan het.
(ii) appellant nie die pad gebou het nie - dit is dekades gelede waarskynlik deur
9 die boere in die omgewing aangelê. Waar die veldbrand ontstaan het, het
appellant nog nooit die ryvlak of die padkante onderhou of daaraan gewerk
nie. Formeel is die pad wel 'n openbare pad, want dit is al meer as 15 jaar
deur die publiek gebruik. Sien art. 5 saamgelees met art. l(xiii) (2) van die
Transvaalse Paaie Ordonnansie, 22 van 1957 ('die Ordonnansie'). Omdat die
betrokke pad 'n openbare pad is, het appeilant kontrole en toesig daaroor.
(iii) daar op die plek waar die gras op die padreserwe aan die brand gesteek is (en
trouens vir die hele lengte van die genoemde pad) geen voorsorgmaatreëls
teen die ontstaan of verspreiding van veldbrande getref was nie. Die veldgras
was nie kortgesny nie - trouens dit was op die betrokke dag tussen 'n halwe
en een meter hoog; geen voorbrande was op die padreserwe gemaak nie, nóg
was die padkante omgeploeg en skoongehou.
In die lig van hierdie feite, het die respondent sy aksiegrond noukeurig gebou
op grondslag van die algemene beginsel, wat in die
laaste twee dekades in ons
regspraak uitkristaliseer het, dat 'n
blote late ook onregmatig is indien dit, volgens
die
gemeenskapsoortuiging, onredelik oftewel sosiaal-inadekwaat is. Indien
daardie
10 late ook spreek van nalatigheid, is daar deliktuele aanspreeklikheid. Sien Regal y
African Superslate (Pty) Ltd 1963 (1) SA 102 (A); Minister of Forestry v
Ouathlamba(Pty) Ltd 1973 (3) SA 69 (A); Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA
590 (A).
Ek het reeds hierbo die tersaaklike bewerings uit
respondent se besonderhede van vordering, wat hierdie skuldoorsaak aan die orde
stel, aangehaal. Aangesien die kwantum van respondent se skade erken is, is die
enigste twee vrae wat hierdie hof moet beantwoord
die volgende:
(i)
was appellant se late onregmatig en, indien wel, (ii) was dit ook nalatig.
Die onregmatigheidsvraag.
Die kernvraag is of daar 'n
regsplig op die verweerder gerus het om voorsorg te tref sodat brande wat op die
padreserwe sonder appellant
se toedoen ontstaan, nie na buurgronde versprei
nie.
By die verhoor het respondent in sy getuienis aangevoer dat
daar drie moontlike voorsorgmaatreëls is wat appellant kon getref
het:
11
(i) hy kon die gras baie kort gesny het sodat 'n brand moeiliker kon ontstaan het
of, indien dit wel ontstaan, dit baie stadiger versprei sodat dit geblus kon
word voordat dit buite die padreserwe gaan; (ii) hy kon die padkant omgeploeg het en van gras vrygehou het of groenvoer
aangeplant het, sodat veldbrande nie kon ontstaan of versprei nie; of (iii) hy kon voorbrande gemaak het, d w s die gras op die padkante en vir die
volle breedte van die padreserwe afgebrand het.
Respondent het getuig dat die aangewese
voorsorgmaatreël voorbrande sou gewees het. Die saak is op hierdie
basis geargumenteer. Respondent het, klaarblyklik tereg, in getuienis daarop
gewys dat as
daar voorbrande op die padreserwe op die tersaaklike plek gemaak
was, die veldbrand nooit sou ontstaan het nie en die skade nie sou
ingetree het
nie.
Opsigtelik is bogemelde bewerings nie voldoende om 'n
skuldoorsaak daar te stel nie. Daar moet nog 'n rede aangevoer word waarom juis
appellant die beweerde regsplig sou gedra het. Daardie nexus het
respondent op die volgende wyses probeer bewerkstellig:
12
(i) Die betrokke pad is 'n openbare pad soos omskryf in die Transvaalse Paaie
Ordonnansie, 22 van 1957, en (ii) Appellant is die eienaar van die pad (insluitende die padkante) aïtematiewelik,
hy het kontrole en toesig oor die pad (insluitende die padkante).
Wat (i) betref, bewys die getuienis en die
ooreengekome feite dat die betrokke pad wel 'n openbare pad is. Dit is 'n
openbare pad,
nie omdat dit as sodanig ingevolge art. 5 (1) saamgelees met art.
1 (xiii)(l) van die Ordonnansie as openbare pad verklaar is nie,
maar bloot
omdat dit voldoen aan die vereistes van art. 1 (xiii)(2) van die Ordonnansie, te
wete dat dit ongestoord deur die publiek
gedurende 'n onafgebroke tydperk van
minstens vyftien jaar (in casu sedert 1935) gebruik is.
Wat
(ii) betref, verlaat die respondent hom, ten opsigte van die beweerde
eienaarskap, op 'n erkenning in die loop van die geding.
Dit sal onthou word dat
die respondent gepleit het dat die veldbrand op onroerende eiendom van
verweerder, synde 'n distrikspad en/of
openbare pad, ontstaan het. Hierdie
bewering is op die
pleitstukke ontken, maar in die loop van 'n
reël 37 - konferensie is die bewerings in
die betrokke
paragraaf erken. Die feit van eiendomsreg het in die verhoor en in
die
13 uitspraak van Heyns Regter nooit 'n rol gespeel nie. Werklike
eiendomsreg sou nie
van deurslaggewende belang gewees het nie in die lig van die bevinding
wat
hieronder oor die bewerings ten aansien van beheer en toesig
gemaak word. Nogtans
meen ek dat die bewerings ten aansien van
eiendomsreg van die betrokke pad feitelik
onjuis is en dat die
erkenning per incuriam gemaak is. Klaarblyklik wou
appellant
slegs erken dat die veldbrand op die padreserwe ontstaan
het en dat die pad 'n
openbare distrikspad is.
Hoc dit
ookal sy, respondent se bewerings (ook reeds m die besonderhede van vordering)
dat appellant in beheer van die betrokke pad
was, is korrek. Art. 4 van die
Ordonnansie lees soos volg:
"Alle openbare paaie binne die Provinsie is onder die kontrole en toesig van
die Administrateur." Die kontrole en toesig van die
appellant as Administrateur van die provinsie, oor alle openbare paaie is bloot
van veroorlowende aard. Die Ordormansie skcp sekere bevoegdhede vir appellant,
bv die maak en onderhoud van openbare paaie, die aanbring
van verkeerstekens,
ens (vgl art. 20). Nêrens lê dit enige pligte op
appellant
14 nie, ten minste nie wat betref die maak van voorbrande
of die tref van ander
voorsorgmaatreëls teen die ontstaan en verspreiding van veïdbrande nie.
Dat die element van beheer 'n belangrike faktor is by beoordeling van die
onregmatigheidsvraag, kan nie betwis word nie. Die
beheer-element is implisiet in
die reëls van ons burereg;
tronens dit is as grondslag van aanspreeklikheid
geïdentifiseer
in Regal v African Superslate (Pty) Ltd, supra, 'n saak wat
gehandel
het met die vraag of 'n huidige eienaar onregmatig handel
ook as hy 'n benadelende
oorlas, wat deur 'n vorige eienaar van die
grondstuk agtergelaat is, nie verwyder of
beëindig nie. Steyn
HR verklaar op 109 D:
"Ek kan geen rede vind om in 'n geval soos die huidige, aanspreeklikheid tot
die vorige eienaar te beperk nie. Dit wil my voorkom dat aanspreeklikheid
ook hier eerder 'n uitvloeisel is van die beheer wat eiendomsreg meebring.
As algemene reël en behoudens erkende uitsonderings, is dit, afgesien van
ander verpligtings wat anders gefundeer mag wees, die eienaar se plig om,
indien hy daartoe in staat is, direkte skadelike uitwerking van wat deur 'n
voorganger op sy grond tot stand gebring is, buite sy grense, op sy buurman
15 se grond, te verhinder."
Ook in Minister of
Forestry v Ouathlamba (Pty) Ltd., supra, grondves Ogilvie Thompson HR die
aanspreeklikheid van die landelike grondeienaar in daardie geval (versuim om 'n
vuur wat
reeds uitgebreek het, te beheer) op die feit dat die eienaar in beheer
van die eiendom is - sien 81 F, 82 E, 82 G.
Dit is myns insiens
ondoenlik om a prioristies die graad en omvang van die beheer-element wat nodig
is om aanspreeklikheid te vestig,
vas te lê. Dit moet aan die hand van die
feite van elke geval en tesame met al die ander omstandighede in ag geneem en
geweeg
word.
Natuurlik is dit so dat beheer oor eiendom
aanspreeklikheid kan meebring omdat juis daardie beheer sosiale
verantwoordelikheid en
gevolglik 'n regsplig kan skep om die beheer doeltreffend
uit te oefen sodat andere nie benadeel word nie. Om hierdie rede skep
beheer ook op ander terreine van die privaatreg 'n belangrike element van
aanspreeklikheid, bv waar polisie- of gevangenisbeamptes in beheer
van 'n
perseel of 'n aangehoudene is, en 'n lid van die publiek op die perseel of die
aangehoudene aangerand of benadeel word - Minister van Polisie v Ewels.
supra;
16 Mtati v Minister of Justice 1958 (1) SA 221 (A); Minister of Police v Skosana 1977
(1) SA 31 (A).
Die blote feit dat appellant kontrole en toesig oor alle openbare paaie in die
Transvaal het kragtens art. 4 van die Ordonnansie, skep egter op sigself geen
deliktuele aanspreeklikheid nie. Daardie kontrole en toesig lê, soos genoem, geen
statutêr-vermelde verpligtinge op appellant nie. Dit dui veel
eerder op veroorlowende
bevoegdhede insake verkeersreëlings en
die maak van paaie. Die feit dat die
appellant kontrole en toesig oor die betrokke pad gehad het, is 'n noodsaaklike faktor
om aanspreeklikheid aan appellant te koppel, maar is op sigself nie voldoende nie.
Steeds moet gevra word of daar 'n regsplig bestaan het om op die betrokke
padkante
voorbrande te maak.
Steun vir hierdie siening is juis te vind in die uitspraak van Rumpff HR in
Minister van Polisie v Ewels, supra, op
596 A-E. Daar het dit gegaan oor 'n eis om
genoegdoening teen die
Minister van Polisie, gebaseer op 'n onregmatige en nalatige
versuim
om die eiser, wat in 'n voorportaal van 'n polisiekantoor deur 'n
derde
persoon aangerand is, te beskerm, terwyl polisiebeamptes
beheer oor die
17 polisiekantoor gehad het. Eiser het aangevoer dat daar 'n regspïig op die
polisiebeamptes gerus het om hom te beskerm uit hoofde van die bepalings van art.
5 van die Polisiewet, 7 van 1958. Dié artikel lui soos volg:
"5. Werksaamhede van Suid-Afrikaanse Polisie. - Die werksaamhede van die
Suid-Afrikaanse Polisie is, onder meer-
(a) die bewaring van die binnelandse veiligheid van die Republiek;
(b) die handhawing van wet en orde;
(c) die ondersoek van enige misdryf of beweerde misdryf; en
(d) die voorkoming van misdaad."
Oor hierdie gepoogde grondslag van aanspreeklikheid laat Rumpff HR hom soos volg uit op 596 C-E:
"Indien die doel van die Wetgewer, soos blyk uit hierdie Wet, in aanmerking geneem word, kan dit, myns insiens, nie gesê word nie dat 'n nie-nakoming van 'n polisieman van die bepalings van art. 5 noodwendig 'n statutêre siviele aanspreeklikheid in die lewe roep. Die bedoeling van art. 5 is om in breë trekke die aard van die werksaamhede van die polisie aan te dui en nêrens uit
18 die Wet blyk dit dat dit ooit die bedoeling was dat die blote nie-nakoming
deur 'n polisieman om 'n bepaalde misdaad te voorkom of te ondersoek 'n
statutêre deliktuele onregmatigheid skep nie. 'n Teenbedoeling skyn te blyk
uit art. 32 wat handel oor verjaring en wat bepaal dat 'enige siviele geding
teen die Staat of 'n persoon ten opsigte van enigiets uit hoofde van hierdie
Wet gedoen ingestel moet word binne ses maande nadat die eisoorsaak
ontstaan het. Desnietemin is die statutêre plig wat uit art. 5 blyk te bestaan,
'n faktor wat in die feitekompleks van hierdie saak wel in aanmerking geneem
behoort te word en sal word, soos later sal blyk."
As art. 5 van die Polisiewet nie per se 'n beskermingsplig skep nie, kan art.
4 van die tans tersake Ordonnansie a
fortiori ook nie per se die tans
aangevoerde
beskerrningsplig skep nie. Immers, art. 5 van die
Polisiewet konstateer in positiewe
taal dat die werksaamhede van die
Suid-Afrikaanse Polisie onder andere behels om
wet en orde te
handhaaf en om misdaad te voorkom. Geen sodanige
aanknopingspunte
vir 'n beskermingsplig is in art. 4 van die Ordonnansie tans
ter
sake te bespeur nie.
19 In die afwesigheid van 'n gevaarskeppende positiewe handeling, is blote
beheer van eiendom en versuim om dit uit te oefen
met gevolglike benadeling van
'n ander, dus nie per se
onregmatig nie. Die kemvraag is steeds of die
voorsorgmaatreels wat
die beheerder volgens die benadeelde moes geneem het om
die nadeel
te voorkom, onder die omstandighede redelikerwys en uit 'n
praktiese
oogpunt, van hom geverg kan word. Die onderliggende
filosofie is dat 'n gevolg
slegs onregmatig is indien in die lig van
al die omstandighede redelikerwys van die
verweerder verwag kan word
om positief op te tree en die voorgestelde
voorsorgmaatreels, vir
die versuim waarvan hy deur die eiser verwyt word, te tref.
Ten einde vas te stel of 'n positiewe handeling of late sodanig is dat
dit as onregmatig aangemerk kan word, moet gevolglik onder andere die
onderskeie
belange van die partye, die verhouding waarin hulle tot
mekaar staan en die
maatskaplike gevolge van die oplegging van
aanspreeklikheid in die betrokke soort
gevalle, versigtig teen
mekaar opgeweeg word. Faktore wat 'n belangrike rol speel
in die
opwegingsproses, is onder andere die waarskynlike of moontlike omvang
van
nadeel vir andere; die graad van risiko van intrede van sodanige
nadeel; die belange
20
wat die verweerder en die gemeenskap of beide gehad het in die betrokke
dadigheid
of late; of daar redelik doeniike maatreëls vir die
verweerder beskikbaar was om die nadeel te vermy; wat die kanse was dat gemelde
maatreëls snksesvol sou wees; en of die koste verbonde aan die neem van
sodanige maatreëls redelikerwys proporsioneel sou
wees tot die skade wat
die eiser kon lei. Sien Coronation Brick fPtv) Ltd vSrrachan Construction Co
(Pty) Ltd. 1982 (4) SA 373 (D) op 384 C e.v. Sien ook vir vergelykende
doeleindes, die uitspraak van Lord Denning MR in Spartan Steel & Allovs
Ltd v Martin & Co (Contractors) Ltd [1973] QB 27 (CA) te 37 e v waarin
die soort feitelike oorwegings wat die betrokke juridiese beleidsbeslissing ten
grondslag lê, duidelik
na vore gebring word.
Ek het verwys na
sommige van die faktore wat by die onregmatigheidsvraag
in gevalle
soos die huidige ter sprake kom, want dit is juis hierdie faktore wat in
die
verhoor in geding geplaas is.
Ek behandel
vervolgens die relevante faktore soos deur die getuienis na
vore
gebring:
(i) Die betrokke pad is nie deur die
appellant gemaak nie, maar wel deur
21
padgebruikers, vermoedelik boere, op hul eie koste.
(ii) Die pad is 'n 'ongenommerde,' ongeproklameerde pad.
(iii) Volgens die beleid en interne tesourievoorskrifte van appellant mag geen geld aan die instandhouding van so 'n pad bestee word nie.
(iv) Daar is in die Witwatersrand-streek van die Transvaal, waarin die betrokke pad val, 362km van soortgelyke ongenommerde, ongeproklameerde openbare paaie en daar is altesaam sewe streke in die Transvaal.
(v) Die betrokke pad word slegs vir 'n paar kilometer vanwaar dit uitvurk uit 'n ander grondpad deur appellant onderhou, omdat die skoolbus tot daar loop. Daarvandaan verder kan die appellant, weens aanwesigheid van bome langs die pad, in elk geval nie verder instandhouding doen nie.
(vi) Vanaf die plek waar die skoolbus omdraai, en verder aan in 'n noordwestelike rigting en tot waar die pad aansluit by die Heidelberg- Balfourpad (die sg Fortuna-aansluiting) het appellant nog nooit die pad of die padkante onderhou nie. Die gevolg is dat die pad oor daardie hele afstand - en dus ook waar die veldbrand ontstaan het - niks meer as 'n tweespoor-pad is nie. Dit het plek-
22 plek 'n prominente middelmannetjie en, in die ranteveld, is dit sleg uitgespoel,
met slote, los klippe en rotsblokke duidelik waameembaar op die foto's wat
ingehandig en bewys is. Toe die foto's geneem is, weliswaar 'n geruime tyd
na die voorval, was 'n plaashek oor die pad stewig met kettings en slotte
toegesluit en was daar geen vrye deurgang nie. (vii) Die pad word selde deur motorvoertuie gebruik. Die partye het ooreengekom
dat gemiddeld slegs een motor die pad op 'n weeksdag gebruik, twee of drie
per dag oor naweke. (viii) Niemand het ooit by
appellant gekla oor die toestand van die pad nie. (ix) Geen versoeke is ooit aan
appeliant
gerig om veldbrand-
voorkomingsmaatreëís te
tref nie. (x) Daar is geen bewys aangevoer dat appellant bewus was of bewus
moes
gewees het van 'n veldbrand-gevaar op die betrokke plek nie.
(xi) Dit sal ongeveer R2 miljoen per kilometer kos om die pad te herbou
d w
s
te omskep in 'n opgeboude, rybare pad.
(xii) Die appellant beskou die pad as 'n buitepad, 'n privaatpad, en nie as sy
23 verantwoordelikheid nie.
Appellant het as
hoofverweer teen die verwyt van onregmatigheid weens die versuim om
veldbrand-voorkomingsmaatreëls langs die
betrokke pad te tref, aangevoer
dat die tref van gemelde maatreëls, objektief gesproke, onredelike eise aan
die Provinsiale
Administrasie sou stel. Hy het hom verlaat op die beginsel dat
slegs maatreëls, wat volgens maatstawwe van redelikheid en billikheid
doenlik is, vereis word.
Bekostigbaarheid en proporsionaliteit
tussen die potensiêle skade en die potensiële koste van voorkoming
moet in 'n geval
soos hierdie by die onregmatigheidsvraag in berekening gebring
word. Hierdie benaderingswyse is al duidelik uitgestippel deur Steyn
HR in
Regal v African Siperslate (Pty) Ltd, supra. op 111 H, waar
erkenning verleen is aan die beginsel dat by die bepaling van díe
redelike doenlikheid, die koste wat aangegaan
sou moet word, nie buite rekening
gelaat kan word nie. Steyn HR het hom beroep op die erkerming van die genoemde
beginsel in Halliwell v Johannesburg Municipal Council 1912 AD 659 op
669; Breede River (Robertson) Irrigation Board v Brink 1936 AD 359 op
365; Reddy and
24 Others vDurban Corporation 1939 AD 293 op 300; Germiston City Council v Chubb
and Sons Lock and Safe Co SA (Pty) Ltd 1957 (1) SA 312 (A) op 322.
In die
Regal-saak beklemtoon Ogilvie Thompson AR op 117 A ook
dat die vraag nie is of
die neem van die voorgestelde
voorsorgmaatreels fisiek moontlik was nie, maar of
dit "redelikerwys
doenlik" was. Die proporsionaliteits-maatstaf vind ook erkenning
in
sy uitspraak op 118 B-C. Ook in die Regal-saak pas Rumpff AR
dieselfde
benaderingwyse toe. Daar het dit gegaan oor die potensiele
skade wat die appellant
sou lei as leiklip op sy grond afspoel
teenoor die koste vir respondent om die afspoel
te verhoed deur die
rivier op te dam. Rumpff AR verklaar op 122 D-E:
"Volgens die getuienis as geheel is die koste van die dam oneweredig tot die
skade wat appellant mag ly en na my mening kan dit nie gesê word nie, in
hierdie saak, dat die versuim van die respondent om handelend op te tree
onredelik was." (Sien ook Ogilvie Thompson HR in Minister of Forestry v
Ouathlamba (Pty) Ltd, supra, op 82 A).
Die appellant het dus aangevoer dat die koste en fisieke moeite om slegs in
die een Transvaalstreek langs 362 km van hierdie betrokke soort openbare paaie
25
voorbrande te maak, onbekostigbaar is en buite verhonding sal wees tot
die
potensiële skade van grondeienaars. Namens appellant is
aangevoer dat die beweerde plig om voorbrande te maak des te meer onaanneemlik
is langs paaie wat hy nie gemaak het nie en wat slegs een of twee maal per dag
gebruik word.
Appellant het ook aangevoer dat sy posisie en
verantwoordelikhede in die huidige konteks nie eenvoudig met dié van 'n
private
grondeienaar of boer vergelyk kan word nie: nie alleen is die grense wat
hy moet beheer, wat omvang en lengte betref, nie vergelykbaar
met dié van
'n boer nie, maar hy het nie die direkte en onmiddellike beheer van 'n boer oor
sy grond nie, nóg beheer
hy die openbare pad vir sy eie geldelike
voordeel of gewin.
Respondent se teenargument was eerstens dat die
beweerde onbekostigbaarheid om voorbrande te maak, nie bewys is nie. Appellant
se
begroting en die koste van die maak van voorbrande is nie bewys nie. Tweedens
is aangevoer dat die koste-faktor nie die enigste relevante
een is nie - die
algemene billikheid verg van appellant om, in 'n geval soos die huidige, as hy
verkies om nie voorbrande te maak
nie, die brandskade vir sy rekening te
neem.
26
Heyns R het die teenstrydige argumente op die volgende wyse behandel en
ten gnnste van respondent beslis:
"Ek verstaan Verweerder (appeilant) se probleem in dié verband, maar myns insiens is dit 'n probieem wat op 'n ander wyse aangepak moet word en is dit nie vir hierdie hof om aan te dui hoe dit aangepak moet word nie. Ek is hier gemoeid met beginsels wat ter sprake is en my beslissing is dat Verweerder in beheer is van die grond waaroor die pad loop en al is dit ook hoe duur om sodanige stappe te neem, moet Verweerder die nodige stappe neem om te voorkom dat as 'n vuur op die grond ontstaan, dit nie na ander plase versprei en skade aanrig nie."
Ek meen dat nóg die argumente van
respondent nóg die uitspraak van Heyns R gehandhaaf kan word. Uít
die voorgelegde
getuienis is dit duidelik dat dit appellant se beleid is juis
weens o.a. die koste-faktor, dat hy slegs voorbrande sal ondemeem langs
geproklameerde, genommerde paaie, wanneer hy deur grondeienaars versoek word om
dit te doen, en dan in samewerking met die betrokke
grondeienaars. Geen argument
of feitelike bewys is voorgelê dat daardie beleid en die
gevolglike
27 besluite van appellant onredelik is nie. Sien bv.
De Villiers v Johannesburp
Municipality 1926 AD 401 op 404, 408; Davies v Krugersdorp Town Coucil 1965
(4) SA 389 (W) op 395 E-H; Fourie v Munisipaliteit van Malmesbury
1983 (2) SA
748 (K) op 751 D-H; 752 F. Al die bogemelde feite in ag
genome, meen ek dat die
objektiewe redelikheidskriterium nie van die
appellant verg om die voorgestelde
voorsorgmaatreëls te getref
het nie. Sy late was dus nie onregmatig nie.
Nalatigheid.
'n Bevinding dat appellant se late nie onregmatig was, bring mee dat daar
geen sprake van nalatigheid kan wees nie. Nie
alleen is dit dus ondoenlik om oor
moontlike nalatigheid aan die
kant van appellant te spekuleer nie, maar dit is trouens
juridies
onmoontlik. Die nalatigheidsvraag kan naamlik slegs beantwoord word
as
presies vasstaan welke regsplig op 'n verweerder gerus het en dat
daardie regsplig
verbreek is. (Sien ook Boberg, The Law of Delict, op 271.) In die lig van díe
bevinding dat daar geen regsplig op appellant was met betrekking tot voorbrande op
die relevante gedeelte van die pad nie, is daar dus geen sprake van 'n
nalatigheidsprobleem nie.
28 Bygevoeg word die volgende
bevele gemaak:
1. Die aansoek om kondonasie vir die laat indiening van die appeloorkonde word toegestaan, maar appellant word gelas om respondent se koste, veroorsaak deur die gemelde aansoek, te betaal.
2. Die appèl slaag met koste, wat die koste van twee advokate insluit. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang met die volgende: "Eiser se eis word van die hand gewys met koste."
P J J OLIVIER WAARNEMENDE APPèLREGTER
SMALBERGER, AR )
NESTADT, AR )
) STEM SAAM EKSTEEN, AR
)
MAHOMED, WAR )