South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 95
| Noteup
| LawCite
S v Motshekgwa (424/92) [1993] ZASCA 95 (2 June 1993)
Download original files |
Saak nr 424/92 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DAVID MOTSHEKGWA Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram: JOUBERT, F H GROSSKOPF ARR et NICHOLAS Wn AR
Verhoordatum: Lewerinqsdatum:
21 Mei 1993 2 Junie 1993
2 DITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Gedurende die tydperk Januarie 1988 tot Augustus
1988 is die lyke van 13 vrouens deur die polisie en ander persone op 'n sekere
koppie
buite Klerksdorp gevind. Die lyke was in verskillende stadiums van
ontbinding toe hulle aldus gevind is. Die lyk van 'n veertiende
vrou is op 18
Julie 1988 tydens 'n uitwysing op die koppie deur die appellant aan die polisie
uitgewys. Die appellant het daarna
op 19 Julie 1988 'n verklaring voor 'n
landdros afgelê waarin hy erken het dat hy hierdie betrokke vrou
doodgemaak het. Hy
het egter ontken dat hy verantwoordelik was vir die dood van
enige van die ander vrouens wie se lyke op die koppie gevind is. Die
appellant
is aangekla van moord op al 14 vrouens, asook van poging tot moord op 'n ander
vrou. Hy het in die Westelike Rondgang Plaaslike
Afdeling te
3
Klerksdorp tereggestaan op al hierdie aanklagte. Die hof a quo
(Hartzenberg R en twee assessore) het die appellant op 30 Januarie 1990 op al 14
aanklagte van moord, asook op die aanklag van poging
tot moord skuldig bevind.
Die hof a quo het verder bevind dat daar ondanks psigiatriese getuienis
van 'n persoonlikheidsversteuring by die appellant, geen versagtende
omstandighede
met betrekking tot die moordklagtes bestaan het nie. Dit was voor
die inwerkingtreding van die Strafregwysigingswet 107 van 1990
("Strafregwysigingswet"). Die appellant is die doodvonnis op elkeen van die 14
aanklagte van moord opgelê. Vir die poging tot
moord is hy tot 10 jaar
gevangenisstraf gevonnis. Die appellant appelleer met verlof van die hof a
quo teen al liie skuldigbevindings en vonnisse.
Ek is van voorneme om by
aanklag 15 te begin aangesien dit die enigste aanklag is waar daar mondelinge
getuienis oor die werklike
pleging van die misdaad gelewer is. Die gebeure wat
deur die klaagster in
4
aanklag 15 beskryf is, toon hoe die appellant opgetree het en
is relevant by die beoordeling van die ander aanklagte.
Die klaagster het
getuig dat sy die appellant op 1 Februarie 1988 by 'n kafee in Klerksdorp
ontmoet het. Sy het hom nie voorheen geken
nie. Sy het werk gesoek en die
appellant het aangebied om haar na 'n vrou in Swartstraat te neem wat moontlik
werk vir haar sou hê.
Swartstraat lê aan die voet van die
Oudorp-koppie waar die lyke gevind is. Die klaagster is saam met die appellant
na Swartstraat.
Hy het haar later met 'n sogenaamde kortpad in die koppie
ingeneem. Daar het die appellant die klaagster met die dood gedreig as
sy sou
probeer ontvlug. Toe hulle verder loop het hy haar van agter aan die nek gegryp.
Sy het gêval en hy het haar met beide
hande om die nek begin yerwurg.
Volgens die klaagster het die appellant haar vir 'n lang tyd gewurg totdat sy
urineer het. Sy sê
dat sy "kragteloos was en nie kon praat nie". Om een of
ander rede wat nie
5 duidelik blyk nie, het hy haar later gelos. Sy het toe
daarin geslaag om te ontsnap. Sy het die appellant later tydens 'n
uitkenningsparade
op 21 Julie 1988 uitgeken as die persoon wat haar vroeër
aangeval het.
Die appellant het nie by die verhoor op die meriete getuig nie,
en die hof a quo het die klaagster se getuienis aanvaar. Die appellant se
advokaat het nie aangevoer dat die klaagster se getuienis verwerp moet word
nie,
maar het betoog dat die aanranding op haar nie so ernstig was dat dit as 'n
poging tot moord beskou moet word nie. Na my oordeel
is dit egter duidelik uit
haar getuienis dat dit 'n langdurige en doelgerigte verwurging was wat maklik
noodlottige gevolge kon gehad
het. Ek vind gevolglik geen rede om met die
skuldigbevinding of vonnis op aanklag 15 in te meng nie.
Hierdie skuldigbevinding op aanklag 15 is om verskeie redes van belang. Dit plaas die appellant op die toneel van die beweerde moorde, en wel so vroeg as 1 Februarie 1988. Hy het die klaagster ook nie toevallig
6
op die koppie raakgeloop nie, maar haar onder valse
voorwendsels doelbewus soontoe geneem. Net spos die slagoffers in aanklagte 1
tot 14 was die klaagster in . hierdie geval ook 'n vrou. Dit is verder van
belang om daarop te let dat hy die klaagster verwurg het.
Dit blyk uit die
verslag van die distriksgeneesheer dat die oorsaak van dood van die oorledene in
aanklag 14 "versoenbaar met verwurging
is". Die appellant het by die aanvang van
die verhoor erken dat daardie bevinding korrek is.
Op aanklag 14 is daar
verskeie faktore wat die appelant met die pleging van die misdaad verbind, en sy
advokaat het ook nie betoog
dat hy nie vir die dood van die oorledene
verantwoordelik was nie. Die appêllant steun op sy eie verklaring aan die
landdros
ter verduideliking van die omstandighede waaronder hy haar doodgemaak
het. Sy advokaat voer aan dat dit op noodweer dui. Na my oordeel
is daar egter
verskeie oorwegings waarom daardie verweer nie kan slaag nie. Die appellant
7
se verklaring meld wel dat hulle "baklei" het, maar noem glad nie wat die
oorledene se bydrae tot die beweerde bakleiery was nie.
Die verklaring sê
slegs dat die appellant haar geslaan en geskop het, maar meld geen woord van
verwurging nie, wat volgens
die distriksgeneesheer die waarskynlike oorsaak van
dood was. Verwurging dui ook op die opset om te dood, en die appellant se
versuim
om in hierdie verband te getuig regverdig 'n nadelige afleiding teen
hom. ( R v Mohr 1944 TPD 105 op 108; R v Deetlefs 1953(1) SA
418(A) op 422F-G; R v Mlambo 1957(4) SA 727(A) op 737C-E; S v Rama
1966(2) SA 395(A) op 400G-401C; S v Kola 1966(4) SA 322(A) op 327E-G;
S v Khoza 1982(3) SA 1019(A) op 1039F-G.) Na my oordeel blyk dit duidelik
dat die appellant die opset gehad het om die oorledene te dood, en
kan die
appèl teen die skuldigbevinding op aanklag 14 nie slaag nie. Ek sal later
handel met die appèl teen die doodvonnis
wat die hof a quo die
appellant op hierdie aanklag opgelê het.
8
Daar is sekere aspekte rondom die moord op aanklag 14 wat relevant is met betrekking tot die ander 13 moorde. Die slagoffer was ook 'n vrou soos in al die ander gevalle. Haar lyk was tydens die uitwysing by dieselfde koppie gevind waar die 13 ander lyke verberg was. Sy was nakend gewees. Die appellant het trouens aan die polisie die plek uitgewys waar hy haar klere verbrand het. Dit is opmerklik dat meeste van die ander lyke of kaal of skamel gekleed was. Soos in die geval van die ander lyke was die liggaam van die oorledene in hierdie geval ook nie behoorlik begrawe nie, maar slegs met takke en gras bedek. Die oorledene in aanklag 14 was verwurg gewees. Hoewel die oorsaak van dood in die ander
13 gevalle nie bepaal kon word vanweë die gevqrderde
staat van
ontbinding nie, is daar ten minste geen
aanduiding gevind wat daarop dui dat
daardie slagoffers
op 'n ander wyse te sterwe gekom het nie.
Volgens die getuienis van kaptein Myburgh is al
14 lyke op dieselfde koppie en binne 'n area met 'n
9 radius van ongeveer
1500m gevind. Al daardie lyke is binne die bestek van ongeveer 7 maande in die
koppie versteek. Sekere van die
lyke is weliswaar eers in Augustus 1988 gevind
terwyl die appellant reeds op 18 Julie 1988 gearresteer is. Daar moet egter in
gedagte
gehou word dat daardie lyke toe reeds in 'n gevorderde staat van
ontbinding was. Dit is trouens ondenkbaar dat daar meer as een moordenaar
kon
wees wat elkeen vir 'n reeks dergelike moorde verantwoordelik sou wees.
Die
appellant se modus operandi blyk uit die bogemelde bewese feite met
betrekking tot aanklagte 14 en. 15. Daar is myns insiens 'n treffende ooreenkoms
tussen die
appellant se optrede en diê optrede van die onbekende persoon
wat die ander 13 moordê gepleeg het. (S v D 1991(2) SASV 543(A) op
546e-547b.) Daarbenewens is daar die ander omstandigheidsgetuienis waarna reeds
verwys is.
Tydens die uitwysings op 18 Julie 1988 het die appellant ook 'n plek in die koppie aan kapt Joubert van
10
die polisie getoon waar hy na bewering geslaap het. Dit blyk uit die
foto wat van daardie plek geneem is dat daar sinkplate onder
'n boom in die gras
rondgelê het. Nadat die appellant die lyk van die oorledene aan kapt
Joubert uitgewys het, het hy ook 'n
sekere mededeling aan kapt Joubert gemaak.
Die appellant se advokaat maak geen beswaar teen die toelaatbaarheid van hierdie
mededeling
nie, maar betoog dat daar nie veel waarde daaraan geheg kan word nie.
Die appellant se beweerde mededeling kom daarop neer dat die
oorledene in
aanklag 14 nie die enigste geval was nie, en dat daar nog meer was. Kapt Joubert
kon nie die presiese woorde onthou
wat die appellant in hierdie verband teenoor
hom gebesig het nie. Die tolk wat by daardle geleentheid teenwoordig was,
verleen bok
nie veel steun aan Joubert nie. Na my mening is dit egter nie nodig
om op hierdie beweerde uitlatings van die appellant staat te
maak nie. Die
omstandigheidsgetuienis regverdig die afleiding, as enigste redelike afleiding,
dat die appellant ook die
11
ander 13 vrouens wie se lyke daar gevind is, vermoor het. Die feit dat
die appellant, ondanks hierdie sterk omstandigheidsgetuienis,
nie op die meriete
getuig het nie, regverdig 'n nadelige afleiding teen hom. Ek is gevolglik van
oordeel dat die appèl teen
die skuldigbevindings op aanklagte 1 tot 13
van die hand gewys moet word.
Vervolgens moet daar oorweeg word of die
doodvonnisse wat op aanklagte 1 tot 14 opgelê is die enigste gepaste straf
is. Die
strafverswarende faktore is voor die hand liggend en hoef nie opgenoem
te word nie. Die probleem ontstaan egter wanneer dit kom by
'n ontleding van die
psigiatriese getuienis. Die vraag is of die staat bewys het dat die appellant se
geestestoestand nie as strafversagtende
faktor beskou behoort te word nie.
Die appellant is gedurende 1988 by die Sterkfontein hospitaal aangehou vir
waarneming met die oog op 'n verslag ingevolge art 79 van
die
Strafproseswet
12
51 van 1977. Die gesamentlike verslag van die twee
psigiaters wat die appellant toe ondersoek het, meld oa:
"There is no evidence of mental illness at present. His history is suggestive of a personality disorder...,
There is insufficient information to. enable us to form an opinion as to his mental condition at the time of the alleged offences."
Hierdie verslag is ongedateer. Op 12
Oktober 1989 reik
dieselfde twee psigiaters 'n gewysigde verslag uit
waarin
hulle na twee vorige verslae van 26 September 1988 en 22
Desember
1988 respektiewelik verwys. Daar was slegs een
vorige verslag voor die hof.
In hierdie gewysigde
verslag rapporter die twee psigiaters soos volg:
"Since further evidence in this case has been brought to our attention, we are satisfied that there is nothing in the available evidence to indicate that at the time of the commission of the alleged offences, the defendant was suffering from any mental illness or mental defect which could have affected his capacity either
(a) to appreciate the wrongfulness of the acts in question, or
(b) to act in accordance with any such appreciation of their wrongfulness."
Dit blyk uit 'n opmerking wat die respondent sê advokaat
13
in die hof a quo gemaak het dat die enigste "verdere getuienis"
wat hierdie psigiaters tot hulle beskikking gehad het, die verklaring was wat
die
appellant op 19 Julie 1988 voor die landdros afgelê het. Daardie
verklaring het slegs op aanklag 14 betrekking gehad. Op 19
Oktober 1989 verwys
die hof a quo die appellant na Weskoppies hospitaal vir 'n verdere
periode van waarneming met die oog op 'n psigiatriese verslag. Die hof gelas
verder dat die oorkonde van die verrigtinge tot op daardie stadium aan die
psigiaters beskikbaar gestel word. Soos uit die verslag
van die psigiaters blyk,
is dit nie gedoen nie. In 'n gesamentlike psigiatriese verslag gedateer 26
Januarie 1990 meld die drie psigiaters
wat die appellant ondersoek het dat hy
psigiatriese siekte simuleer. Die verslag meld verder:
"Inligting is sleqs ten opsigte van klag 14 tot ons beskikking. Ten tye van hierdie beweerde misdaad was hy nie dermate deur gêestesongesteldheid of gebrek aangetas dat hy nie die ongeoorloofdheid van sy handelinge kon besef nie, of nie ooreenkomstig hierdie besef
14
kon optree nie." (Ek onderstreep.)
Beide
psigiatriese verslae handel dus slegs met die
appellant se geestesgesteldheid
ten tyde van die
respektiewelike ondersoeke, en toe die appellant
die
moord gemeld in aanklag 14 op 30 Junie 1988 gepleeg het.
Twee van die psigiaters wat die appellant in
Januarie 1990 ondersoek het, het tydens die verhoor in
die hof a
quo getuig, nl dr Pretorius en dr Verster.
Volgens hulle getuienis blyk
dit dat die appellant reeds
in 1984 op 'n aanklag van moord vir waarneming en verslag
na Weskoppies
hospitaal gestuur is. Toe is daar
blykbaar bevind dat hy geen teken van enige
ernstige
geestessiekte toon nie. In 1986 was die appellant weer
vir waarneming en
verslag na Weskoppies hospitaal verwys,
dié keer op 'n aanklag van verkragting. Toe het dr
Pretorius self bevind dat die appellant psigoties is,
maar hy kon nie destyds die oorsaak van hierdie psigose
vasstel nie. Dit blyk uit een van die latere
15
psigiatriese verslae
dat die appellant as gevolg van daardie bevinding op 7 Augustus 1986 as 'n
Staatspresidentspasiënt by Weskoppies
opgeneem is, maar dat hy op 10
Oktobers 1986 ontsnap het. Dr Pretorius het getuig dat hy later tot die
gevolgtrekking gekom het dat
sy bevinding in 1986 waarskynlik foutief was. Na my
oordeel is dit 'n ernstige leemte in die staatsaak dat die psigiaters nie hulle
verslae van 1984 en 1986 voor die hof a quo geplaas het nie. Sulke
verslae moes minstens in die onderskeie hoflêers beskikbaar gewees
het.
Dr Pretorius het in die loop van sy getuienis toegegee dat die appellant
moontlik aan persoonlikheidsversteurïng ly. Hy het egter
verduidelik dat
die kriteria wat gebruik word om te bepaal of 'n pasiënt aan anti-sosiale
persoonlikheidsversteuring ly (m a
w of hy 'n psigopaat is), nie op swart mense
van toepassing gemaak kan word nie aangesien daar nog nie genoeg navorsing in
dié
verband gedoen is nie. Hy kon
16
gevolglik nie met sekerheid sê of daar wel tekens
van
persoonlikheidsversteuring of -afwykings by die appellant
is of nie.
Dr Pretorius het getuig dat hy nie oor
inligting beskik of daar enige impulsiwiteit betrokke was
"by hierdie geval wat ons ter insae gehad het" nie, m a w
by aanklag 14.
Hy het verder in hierdie verband
bygevoeg:
"Met ander woorde, 'n persoon met 'n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring sou, indien hy impulsief, in 'n impulsiewe situasie 'n misdaad pleeg, nog steeds die vermoë hê om tussen reg en verkeerd te onderskei, maar in daardie situasie, in die impulsiewe oomblik, is sy vermoë om op te tree ingekort."
Dit volg dus dat die appellant volgens dr
Pretorius se getuienis moontlik verminderd
toerekeningsvatbaar was toe hy die moord in aanklag 14
uiteengesit,
gepleeg het. Aangesien die verskillende
psigiaters glad nie oor inligting met betrekking tot die
ander aanklagte beskik het nie, handel hulle verslae ook
nie oor die appellant se geestestoestand toe hy die
17
moorde in aanklagte 1 tot 13 uiteengesit, gepleeg het
nie.
Dieselfde oorwegings met betrekking tot
verminderde toerekeningsvatbaarheid
moet egter ook in
daardie gevalle geld.
Sedert die inwerkingtreding van
die Strafwysigingswet is die bewyslas met betrekking tot sowel strafverswarende
as strafversagtende
faktore nou op die staat. Na my oordeel het die staat nie
hierdie bewyslas met betrekking tot die appellant se moontlike verminderde
toerekeningsvatbaarheid gekwyt nie. Die appellant se psigiatriese geskiedenis,
vir sover bekend, en sy vreemde optrede soos dit in
hierdie saak na vore gekom
het, laat in ieder geval 'n groot vraag by my of hy volkome toerekeningsvatbaar
was of is.
Die geleerde verhooregter het die volgende
opmerking gemaak toe hy verlof om te appelleer toegestaan
het:
"Ons bevinding was dat hier nekrofilie is en dat dit 'n persoonlikheidsversteuring is, maar dat dit nie regtens versagtende omstandighede daarstel nie."
18
Sedertdien het
die Strafregwysigingswet in werking getree, en is dit nie meer nodig vir 'n
beskuldigde om versagtende omstandighede
te bewys nie.
In die lig van die
voorgaande is ek glad nie daarvan oortuig dat die doodvonnis die enigste gepaste
vonnis op aanklagte 1 tot 14 is
nie, en moet die opgelegde doodvonnisse tersyde
gestel word. Die appellant is klaarblyklik 'n gevaar vir vrouens, en is dit
gebiedend
noodsaaklik dat hy permanent uit die samelewing verwyder moet word.
Daar is geen aanduiding dat hy ook vir mans 'n gevaar inhou nie.
Na my oordeel
is lewenslange gevangenisstraf dus 'n gepaste straf vir die appellant op elkeen
van aanklagte 1 tot 14.
Die appellant se appèl teen sy skuldigbevindings op aanklagte 1 tot 15 en sy appèl teen die vonnis op aanklag 15 word afgewys, maar sy appèl teen
19
die doodvonnisse op aanklagte 1 tot 14 word gehandhaaf. Die doodvonnis op elk van aanklagte 1 tot 14 word tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf op elkeen van daardie aanklagte.
F H GROSSKOPF AR
JOUBERT AR)
NICHOLAS Wn AR) Stem saam

RTF format