South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 84
| Noteup
| LawCite
S v Ndlovu and Others (295/92, 42/92, 82/92) [1993] ZASCA 84 (28 May 1993)
Download original files |
Saaknommer 295/92 42/92 82/92 /al
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van
:
TSHOMA GEORGE NDLOVU 1STE APPELLANT
MATOME
JOHANNES MATHABATHA 2DE APPELLANT
PHILEMON KGABO SEKWADI 3DE
APPELLANT
EN
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : VAN HEERDEN, MILNE ARR et KRIEGLER WND.
AR
DATUM VAN VERHOOR : 19 MEI 1993
DATUM VAN UITSPRAAK : 28 MEI 1993
UITSFRAAK
KRIEGLER WND. AR/..
2 KRIEGLER WND. AR :
By die
aanvang van die beredenering van hierdie saak is die advokate versoek om eers
betoog te lewer oor die vraag of die verrigtinge
in die hof a cruo nie
vanweë die onreëlmatigheid daarvan ter syde gestel moet word nie. Na
oorweging van sodanige betoë is te kenne
gegee dat betoog op die meriete
van die onderskeie appelle later aangehoor sou word indien dit nodig sou blyk.
Om die redes wat volg,
sal dit nie nodig wees nie.
Die drie appellante het in November 1991 te Pietersburg in die Rondgaande Hof voor 'n regter en twee assessore tereggestaan op vyf aanklagte, te wete poging tot moord, (aanklag 1), moord (2), roof met verswarende omstandighede (3), die onregmatige besit van 'n vuurwapen (4) en van ammunisie (5). Al drie is op aanklagte 1, 2 en 3 skuldig bevind, eerste appellant ook op aanklag 4 en almal
3
onskuldig op die ammunisieklag. Op die moordklag is al drie ter dood veroordeel, op elk van aanklagte 1 en 3 is tien jaar gevangenisstraf opgelê en appellant 1 se vonnis op aanklag 4 was 'n bykomende vyf jaar. Die appellante het in hoër beroep gekom - teen hul skuldigbevindings en vonnisse op die moordklag uit hoofde van die bepalings van a 316A van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") en met verlof van die verhoorregter teen dié op die ander.
Die aanklagte het gespruit uit gewapende aanvalle by 'n biersaal in
Molepo, 'n landelike woongebied sowat 60 kilometer noordoos van
Pietersburg, op
24 en 30 Mei 1989. Aanklag 1 het betrekking op die eerste geleentheid, toe die
biersaaleienaar, Philemon Molepo ("die
klaer"), die aand met sluitingstyd agter
die biersaal in die donker deur drie onbekende persone twee skietwonde en 'n
steekwond toegedien
is, maar ontvlug het.
4 Aanklagte 2 en 3
ontstaan uit 'n soortgelyke voorval die aand van die 30ste: twee van die klaer
se werknemers word in dieselfde
omgewing deur drie onbekende persone voorgestaan
toe hulle op vertrek staan met die dag se ontvangste. Die een werknemer, Michael
Molepo, ontvlug maar sy kollega word doodgeskiet en die geld is agterna
nêrens te vinde nie.
Die akte van beskuldiging het dit die appellante ten laste gelê dat
hulle beide aanvalle gepleeg het. By hul verhoor (twee-en-'n-half
jaar ná
die gebeure) pleit al drie onskuldig. Die Staatsaak was dat beide aanvalle
gepleeg is deur die drie appellante, wat
op elk van die twee aande met gehuurde
vervoer van Seshego ('n woongebied ten weste van Pietersburg) na Molepo sou
gereis het om
die biersaal te gaan beroof. By die eerste gëleentheid sou
hulle saam met 'n smokkelkroegeienaar van Seshego by name Patrick
5
Ramolefo gery het en by die tweede met 'n taximan van Seshego genaamd Piet
Mabotja. Beide die persone het in getuienis die drie
appellante geëien as
hul passassiers.
Die appellante (wat ondanks die voorskrifte
van a 115 van die Wet nie uitgenooi is
om
pleitverduidelikings te verstrek nie) se verwere
blyk
mettertyd algehele ontkennings van enige
betrokkenheid by die ten
laste gelegde misdade te
wees. Hulle ontken trouens dat hulle mekaar
voor
hul arrestasies hoegenaamd geken het. Appellant
1
erken dat hy wel by 'n geleentheid saam met twee
maats
in Mabotja se taxi van Seshego na Molepo en
terug gery het; dit was
volgens hom egter op
geeneen van die twee beweerde datums nie,
sy
metgeselle was twee ander jong mans en hul
bestemming
was nie die biersaal nie maar die huis
van 'n familielid van hom. Hy
ken wel vir Ramolefo
maar het nooit saam met hom Molepo toe gery
nie.
6
Appellant 2 erken dat hy vir
Ramolefo ken, ontken
dat hy Mabotja ooit ontmoet het asook dat hy
ooit
met enigeen van hulle Molepo toe gery het.
Derde
appellant, weer, ontken dat hy ooit enigeen van
die
twee vervoerders ontmoet het. Volgens hom sou hy
ten
tyde van die twee insidente glad nie in Seshego
gewees het nie maar
by 'n tante in Mamelodi naby
Pretoria gekuier het. Sy neef is dan
ook as alibi-
getuie geroep, waaroor later meer. Daar was dus
'n
regstreekse botsing tussen Ramolefo en Mabotja
(elk
'n alleenstaande uitkenningsgetuie met
betrekking
tot die onderskeie aanvalle) enersyds en die
drie
appellante andersyds. Bowendien was Ramolefo op
'n
stadium 'n mede-beskuldigde van die appellante op
die
moordaanklag en die Staatsadvokaat het dan ook
by die aanvang van sy
getuienis versoek dat hy
ingevolge a 204 van die Wet as
medepligtige
gewaarsku word. Daar was dus
ooreenkomstig
gevestigde beginsels alle rede om die getuienis
van
7 die twee uitkenningsgetuies versigtig te benader.
Daar was wel buiten hul identifikasie
twee
stukke potensieël inkriminerende getuienis
teen
appellante 1 en 3 onderskeidelik. Wat
eersgenoemde
betref, was daar getuienis dat 'n
pistool (wat later ballisties
verbind is met 'n
koeëlpunt wat by die moordtoneel opgetel is)
die
oggend van 16 Junie 1989 deur die polisie in 'n
huis
in seshego gevind is. Appellant 1, wat met
die polisie se aankoms in
geselskap van ene Bopape
voor die huis gesit het, is daar en
dan
gearresteer. Ofskoon appellant 1 in sy
getuienis
ontken het dat die betrokke huis sy woonplek
was,
kan veronderstel word dat die teendeel bewys
is.
Die bewyswaarde van dié vonds word aanstons
naderby
bekyk. Die bykomende getuienis wat
betref
appellant 3 was dat hy op 30 September 1989
sekere
uitwysings op die misdaadtoneel aan 'n
kaptein
verbonde aan die Lebowa-polisie genaamd Matlebyane
8
sou gemaak het. Die gewig en aard van die afleidings wat uit sodanige getuienis geregverdig is, word ook later ondersoek. Dit is dan die feite-agtergrond waarteen die reëlmatigheid van die verhoor beoordeel moet word.
By die deurlees van die oorkonde is daar twee opvallende en deurlopende hoofkenmerke, naamlik die voorsittende regter se kennelike ongeduld en daarmee saam, die eienaardige rol wat hy in die verrigtinge speel. Dit blyk reeds uit die staanspoor wanneer die nuttige oogmerke van a 115 van die Wet (kyk S v Seleke 1980 (3) SA 745 (A) te 753G) oor die hoof gesien word, en dit met verbygaan van die regsverteenwoordigers van die partye. Op dergelike wyse word kennis geneem van 'n erkenning deur appellant 1 ingevolge a 220 van die Wet sonder dat dit behoorlik geformuleer word en - nog meer onrusbarend - sonder raadpleging van appellant 1 se advokaat. Afgesien daarvan dat die
9
voorskrifte van die betrokke wetsartikel genegeer is (kyk S v Seleke, supra op 754G), word 'n houding jeens die partye se regsverteenwoordigers geopenbaar wat daarna telkens opduik.
Gemelde houding lei daartoe dat die geleerde regter tydens die
voorlegging van die Staatsaak feitlik volslae die rol van die Staatsadvokaat
usurpeer en in die loop daarvan erg leidende vrae stel. Dit is veral opmerklik
in die hoofgetuienis van die klaer, Michael Malepo,
Ramolefo en Mabotja. Terwyl
die Staatsadvokaat besig is om die eerste wesenlike vraag aan die klaer te stel
onderbreek die regter
hom met 'n vraag. Daarop vra die Staatsadvokaat twee
verdere vrae voor die regter weer met 'n vraag tussenbei kom. Na nog vier vrae
deur die advokaat word die hoofondervraging volledig deur die regter oorgeneem:
Aangesien niks inkriminerends ontlok is nie, is dit
onnodig om in te gaan op die
leidende
10 vrae wat aan die klaer gestel is. Wat egter wel
noemenswaardig is, is dat daar, waarskynlik as gevolg van die regterlike
tussenkoms,
ernstige leemtes in die klaer se relaas gelaat is: die aard, erns of
nagevolge van sy beserings word nie uitgeklaar nie en geen woord
word gerep oor
die geslag, ras, ouderdom of voorkoms van sy drie aanvallers nie.
Toe die volgende getuie, Michael Molepo,
die
getuiebank betree, herhaal die patroon hom. Na een
vraag van die Staatsadvokaat - en nog voor die
getuie daarop antwoord - tree die regter in
met
vier vrae wat die getuie klaarblyklik van
stryk
bring. Na enkele verdere vrae deur die
advokaat
neem die regter weer die hoofondervraging oor
en
stel 'n lang reeks vrae by die beantwoording
waarvan
die getuie éérs onthuts word. Dit is
nouliks verbasend
aangesien die ondervraging uit
die vuis en sonder enige voorkennis
van die
11
strekking van die getuie se weergawe moes geskied. Die gevolg was onder andere die volgende ontstellende stel vrae:
"Maar wie het jou voorgekeer, dit is wat ek wil weet, die mense wat daar werk of hoe het dit gebeur? As jy nie vir my wil sê of vir die hof wil sê wat gebeur het nie, kan ons niks maak nie. Is jy bang vir hierdie mense wat voor die hof is?"
Laasgenoemde suggestie was nie
alleen uit die lug
gegryp nie maar laat 'n siening deurskemer dat
die
beskuldigdes inderdaad die aanvallers was. Soos
in
die geval van die klaer laat die
ondervraging
aansienlike gapings, byvoorbeeld hoe laat
die
voorval plaasgevind het, die hoeveelheid geld
wat
vermis geraak het en die ras, ouderdom en
voorkoms
van die aanvallers. Die getuie word nie eers gevra
om punte wat hy aan die polisie getoon en deur
laasgenoemde fotografies uitgebeeld is te
identifiseer nie. Die resultaat was dat die getuie
se relaas nikseggend, onsamehangend en wesenlik
12
anders as die Staat se opsomming ingevolge a 144(3)(a) van die Wet was.
Dit was egter met betrekking tot Ramolefo se getuienis dat die geleerde regter se optrede werklik ontstellende afmetings aangeneem het. Die heel eerste vraag deur die Staatsadvokaat lê dit vir die getuie in die mond dat die gebeure waarvan hy moet getuig op 24 Mei 1989 afgespeel het. Aangesien die verhoor twee-en-'n-half jaar daarna plaasgevind het, was dit hoogs ongewens om so, sonder enige poging tot verkryging van aanknopingspunte, 'n kritieke datum aan die getuie te stel. Die regter tree wel tussenbeide, maar nie om die posisie reg te stel nie. Inteendeel, hy sê (skynbaar aan die tolk) en met kwalik bedekte ongeduld:
"I do not want a long story, Mr Mavundla, just tell him, what does he know."
Dit word opgevolg met die volgende:
"Does he know these three people? — Yes I
14
doen het, was waarlik verregaande. Dit het nie daarby gebly nie. Na enkele formele vrae deur die Staatsadvokaat, stel die regter dit aan die getuie dat hy die appellante by die biersaal afgelaai het en dat hulle toe daarheen gestap het. Die bevestigende antwoorde was voorspelbaar. Enkele neutrale vrae deur die regter word gevolg deur die. volgende:
"Hulle kom terug en wat sê hulle? — Hulle sê
trap ...(tussenbei)
Trap? — Laat ons ry.
En toe trap jy? — JA.
Het hulle vir jou gese wat hulle daar gemaak
het? — Ja, hulle het met mekaar daar gesels
soos ek besig was om te ry.
Ja, en wat se hulle? — 'Jong, ons het nie
daardie persoon raakgeskiet nie'.
Ons het nie, ja? — Ons moet weer terugkom.
Het hulle geld gekry? -- Hulle het niks
melding gemaak van die geld nie,
Was dit omtrent 20:00, 19:00 se kant in die
aand? — Tussen daardie tye."
Hoofondervraging van Ramolefo sluit kort daarna met
die volgende insiggewende vrae deur die hof af:
"HOF: Toe hulle afklim van jou kar, het jy gesien of hulle enigiets by hulle dra? — Niks opgemerk nie.
13
know them, I know accused 1 is George.
And no. 2, do you know him? And accused 3? —
All three accused, I know them.
Very well now. Did you see them doing
anything on the 24th at a beer hall, there is
the beer hall owner, I do not want to waste
time. — Ek was besig om te ry per voertuig
die 24ste.
Ja? — Naby die . woonplek van George,
beskuldigde 1 voor die hof, hy stop toe vir
my.
Hy stop my. ja, wat sê George?
Beskuldigde 1, George, hy praat met my.
Ja? — Hy vra vir my kan ek nie vir hulle na
Molepo woonbuurt vervoer nie.
Hy en wie anders? Die ander twee? — Hulle
was saam gewees.
Die drie beskuldigdes? — JA, hulle het gesê
ons het met ene Pieter 'n afspraak gemaak, dat
hy sou vir ons kom haal, maar hy het nie daar
uitgekom nie, ons vra toe vir jou
...(tussenbei)
Toe het jy gesê jy sal vir hulle daar vat? —
Ja, ons het ooreengekom met die prys."
Die wyse
waarop die getuie, wat aangebied is as 'n
medepligtige, gelei is om
die drie appellante te
identifiseer as bekendes wat hy op die betrokke dag
na Molepo
vervoer het, was alreeds onreëlmatig;
maar om dit hom dan in
die mond te lê dat hy hulle
daardie aand iets by die klaer se
biersaal sien
15
Het jy gesien of hulle met vuurwapens teruggekom het in hulle hande? — Ja, George, nr. 1.
Nr. 1? — Toe hy daar teruggekom het, tussen sy lyf en sy band het ek die punt van die vuurwapen gesien."
Daarop volg toe kruisondervraging deur
appellant 1
se destydse advokaat. (Appellant 3 se
advokaat asook dié van
die Staat, wat in albei howe
verskyn het, het ons meegedeel dat die
betrokke
persoon 'n dosent by 'n Swart universiteit was.
Sy
naam verskyn nie op die Algemene Balieraad se lys
van
lede van die onderskeie balies in Suider-Afrika
nie.) Blykens die
oorkonde was hy bra onervare en
bepaald nie opgewasse vir die
opdraende stryd wat
die regter se houding op sy weg gelê het nie.
Daarvan spreek die oorkonde maar al te duidelik.
Kruisondervraging van Ramolefo begin op die
volgende onverkwiklike noot:
"CROSS-EXAMINATION BY MR PHATUDT: Now tell me, when you were waiting at the point there, I think it is point C according to the photos, did you see who actually fired the shot? COURT: No, he did not. — No.
16
He never said so, you do not ask unnecessary questions."
Die advokaat, skynbaar heeltemal ontsenu, gee toe te kenne dat hy geen verdere vrae te stel het nie en dan vervolg die oorkonde so:
"COURT: Well, he did say that your man, he
saw a gun sticking out the holster?
MR PHATUDI: Did you ...(intervenes)
HOF: Die punt van die ...(tussenbei)
MR PHATUDI: How did you notice that accused 1
had a firearm with him? — Well, when I saw
him, we were on our way back home, we were
just pulling off from point c, I then saw the
point or the . ..(indistinct) of the fire
rifle or the firearm here between his body.
But certainly you did not know that, that
firearm was the one that, you know, in which
now ...(intervenes)
COURT: The shot?
MR PHATUDI: The gun shot was ...(intervenes)
COURT: No, he does not know that. — Seeing
that I was not present I merely heard the
sound of the firearm.
Quite right, yes. Was your man there?
MR SAAIMAN: No.
KRUISONDERVRAGING DEUR MNR. SAATMAN, Ek wil
dit aan u stel ...(tussenbei)
HOF: Hy wil aan die man stel, ja, laat ons
hoor.
TOLK: sorry, there is something that no. 1
wants to tell his advocate.
COURT: No, he cannot, he can sit down, he has
had a consultation with his counsel. There is
plenty of time for him to consult, he has had
17
plenty of time to consult, we are not playing a game here."
Die daaropvolgende vrae namens appellant 2 was kwalik daarop bereken om die getuie se oënskynlik verdoemende weergawe te toets.
Advokaat Van der Walt, namens appellant 3, het egter haar taak met lofwaardige ywer aangepak en ondanks herhaalde onderbrekings deur die regter daarin volhard. Sy slaag daarin om 23 vrae gestel te kry te midde van 21 onderbrekings. Tiperend van die gees waarin die kruisondervraging moes geskied is die hof se ongevraagde inmenging met die heel eerste vraag. Die advokaat, wie se kliënt sy uitkenning deur die getuie betwis, vra die getuie waar hy die betrokke aand die mense opgelaai het-voor die getuie kan antwoord, onderbreek die regter met 'n ontydige en onvanpaste vraag aan die advokaat:
"Ja, was jou (sic) kliënt ook nie daar nie?"
18 Die
advokaat antwoord bevestigend en wend haar weer tot die getuie. Twee vrae later
vra sy of die getuie die mense in 'n huis gesien
het of buite "in die donkerte".
Aangesien die getuie reeds in sy hoofgetuienis gemeld het dat hy die persone in
die aand opgelaai
het en deur die regter gelei is om te skat dat hulle tussen
19:00 en 20:00 sowat 60 kilometer daarvandaan was, kon die advokaat se
vraag
geensins gekritiseer word nie. Identifikasie van appellant 3 was in geskil, die
advokaat se opdrag was dat hy en Ramolefo mekaar
nie geken het nie en
kruisondervraging oor die beligting toe hul ontmoet, was allerweë
aangewese. Die wyse waarop die vraag
verwoord was, was nie alleen behoorlik nie,
maar oordeelkundig. Die vraag - en daarmee die hele lyn van kruisondervraging -
word
egter deur die regter in die kiem gesmoor. Hy vra naamlik aan die advokaat
wat sy bedoel met "die donkerte"; sy antwoord dat sy bedoel
toe
die
19 getuie die mense opgelaai het. Sonder enige getuienis oor die
voorkoms van die besondere omgewing, tree die regter vir die getuie
in die bres
met die opmerking:
"Wel, dis in die straat." Daar was egter geen aanduiding of daar hoegenaamd 'n straat was soos dié in 'n blanke voorstad en, indien wel, of daar enige beligting was nie.
Die getuie, klaarblyklik flink van gees, sê egter dat die son
destyds nog besig was om onder te gaan. Die advokaat, bedag op
die tydskatting
met betrekking tot die gebeure te Molepo en die afstand soontoe, probeer toe die
getuie se betroubaarheid aangaande
die aanvanklike beligting aan die kaak stel.
Herhaalde onderbrekings deur die regter dwarsboom egter die poging in 'n groot
mate.
Nietemin blyk dit dat die rit 45 minute geduur het, wat, inaggenome die
klaer se skatting van die tyd van die aanval op 19:45, tog
aansienlike twyfel
oor
20 Ramolefo se waarnemingsvermoë by die vertrek (óf
sy geloofwaardigheid) moes laat ontstaan het. Die regter se reaksie
is egter die
volgende onsmaaklikheid:
"MEJ. VAN DER WALT: En die afstand, kan u die afstand skat?
COURT: Why are we worried about all this?
MISS VAN DER WALT: Just because
...(intervenes)
COURT: You can go and find it out.
MISS VAN DER WALT: Because I want to show, to
indicate that he knew ...(intervenes)
COURT: You can find it out."
Intussen het die advokaat Ramolefo se
hoofgetuienis,
wat hom deur die regter in die mond
gelê is, dat hy al drie
die appellante ken, probeer
toets. Die betrokke passasie is tekenend
van die
wyse waarop die regter opgetree het. Dit lui so:
"MEJ.VAN DER WALT: Nou as wat ken u
beskuldigde 3? — Ekskuus?
As wat en as wie het u beskuldigde 3 geken?
HOF: Wat se werk doen hy, is dit wat u vra?
MEJ. VAN DER WALT: As wie - sy naam.
HOF: Sy naam en sy van of sy bynaam. —
Gilli.
Gilli? -- Dit is sy bynaam, dit is die vriend
van beskuldigde 1.
MEJ. VAN DER WALT: So, u ken hom nie self
21
nie? — Nee.
U het tog vir die hof gesê dat u hom ken?
HOF: Ja, dit is reg, hy ken hom, dit beteken
hy ken hom van sien. — Ja, die voorstel is
deur nr. 1, jammer.
Hy ken hom as die vriend van nr. 1. — Hy is
deur nr. 1 aan my voorgestel."
Die passasie skep die indruk dat die regter as
skildwag vir die getuie optree. Toe die getuie
toegee dat hy appellant 3 nie self ken nie en met
sy hoofgetuienis gekonfronteer word, gee die regter
'n antwoord namens hom. Toe die getuie nie die
wenk wil aanvaar nie, word 'n ander antwoord deur
die regter aangebied maar ook dié verwerp die
getuie. Die feit dat hy die aangebode hulp
versmaai, reflekteer gunstig op die getuie, maar
dat die regter dit hoegenaamd goed gevind het om
aldus op te tree, en dan nog by herhaling - is
verstommend.
Na afsluiting van herondervraging van Ramolefo
verdaag die hof om appellant 1 'n geleentheid te
gee om met sy advokaat te konsulteer. (Daar was op
22 aaardie
stadium geen versoek daartoe nie - die regter het skynbaar sy vroeëre
weiering heroorweeg.) Na aanleiding van die
konsultasie stel nommer 1 se
advokaat toe verdere kruisondervraging, onder andere oor wat die getuie sou
gesê het toe hy in
die magistraatshof aangesê is om te pleit. Die
regter gryp soos volg in:
"COURT: No, that is not so ...(incomplete) -
Are you referring to the same case?
COURT: Yes, this case.
MR PHATUDI: Yes. — No.
COURT:Well, now let me just see that, I mean
we cannot have that sort of suggestion?
MR PHATUDI: As it pleases the court.
COURT:This will then go in as an exhibit.
MR VAN DER MERWE: E.
COURT:This will go in as EXHIBIT E."
Die gevolg was dat die regter in 'n vlaag van ongeduld die lyn van kruisondervraging van die tafel vee en boonop uit eie beweging 'n onbewese dokument toelaat sonder om enigeen van die advokate
inspraak dienaangaande te verleen. Toe advokaat van der Walt kort daarna verlof vra om met
23
betrekking tot bewysstuk E
verdere
kruisondervraging te stel, verduidelik sy dat sy
die stuk eers kort tevore ter insae gehad het. Die
regter se reaksie was soos volg:
"No, no, no, we cannot have this, this is only going in as a result of what he said."
Daarop volg toe 'n lang redekaweling tussen die
regter en die advokaat, wat kulmineer in die
volgende uitlating deur die regter:
"No, no, do not let us waste time on this, please."
Daarmee is die aansoek om verlof tot verdere
kruisondervraging toe skynbaar afgewys. Of dit
waarlik tydverkwisting sou gewees het, is 'n ope
vraag. Ramolefo het nou wel 'n verklaring gemaak
toe hy ingevolge a 122A van die Wet moes pleit op
die moordklag. Hy het daarin erken dat hy die
appellante na Molepo vervoer, daar op hulle gewag
en later met hulle teruggery het, maar egter
bygevoeg: "I know nothing concerning this
24
offence." Die teenstelling tussen laasgenoemde stelling en die inkriminerende waarnemings waarvan hy by die verhoor getuig het, was regmatige - en moontlik vrugbare - stof vir kruisondervraging. Vanweë die summiere stuiting daarvan deur die regter kan alleen bespiegel word oor wat dit mag opgelewer het.
Die regter se pro-aktiewe rol manifesteer ook tydens die getuienis van die vierde getuie, konstabel viljoen, wat die pistool in die huis in Seshego gevind het. Tydens die hoofondervraging was daar betreklik min vrae deur die regter maar in die loop van kruisondervraging tree hy meermale tussenbei met erg leidende vrae: dit word die getuie in die mond gelê dat die vuurwapen oënskynlik weggesteek was en dat appellant 1 gedurende die deursoeking van die huis teenwoordig was. Die kruisondervraging sluit op die volgende onbevredigende noot af:
25
"MR PHATUDI: Now further there, besides the
fact the accused might have admitted that he
is staying in that house, did he ever indicate
to you any other person with whom he is
staying in the house? — Nee.
Did you ask him? — Nee.
Why not?
COURT: Well, why should he? He says I stay
here, why should he ask him if anyone else
stays there?
MR PHATUDI: Well, that might have led to the
possibility that there is another person
—(intervenes)
COURT: Yes?
MR PHATUDI: I will pause for a moment."
Die moontlikheid van ander bewoners van die huis was natuurlik nie ontersake met betrekking tot die vraag of afgelei kan word dat appellant 1 in besit van die pistool was nie. Of skoon die kruisondervraer ietwat onbeholpe te werk gegaan het, was die regter se tussenkoms nie daarop bereken om die onderwerp op te helder nie. Die teendeel is eerder waar.
Toe die getuie Mabotja aan die beurt kom, word die Staatsadvokaat meerendeels toegelaat om sy hoofgetuienis aan te bied. Die vertrekpunt is 'n
26
grof leidende vraag:
"Op die aand van 30 Mei 1989 het u die drie beskuldigdes gesien?"
Die regter reël dit nie buite orde nie. Hy sien
ook nie toe dat die getuie se identifikasie van die
datum (toe 30 maande in die verlede) ondersoek word
nie. Inteendeel, hy stel self leidende vrae
aangaande die getuie se uitkenning van die drie
appellante:
"Ken hy nr. 1? ..."
en
Ken jy hierdie ander twee ook, hierdie ander twee beskuldigdes?"
Mabotja getuig dat hy die appellante na Molepo toe
geneem het waar hulle by 'n huis stilgehou en die
drie afgeklim het met die opmerking dat hulle
nommer 1 se susterskind gaan haal. (Appellant 1 se
getuienis dat hy by die geleentheid wat hy saam met
Mabotja na Molepo toe is op soek was na sy
susterskind word in die uitspraak verwerp as so
27
belaglik dat dit vermetel is om dit aan volwassenes
op te dis. Die hof a quo het skynbaar vergeet
van
Mabotja se getuienis dienaangaande.) Hulle keer
onverrigtersake terug en ry na 'n tweede
stilhoupunt. Daardie punt probeer die regter met
direk leidende vrae koppel aan die moordtoneel.
Die getuie antwoord egter ontkennend (en dit blyk
mettertyd uit die ondersoekbeampte se getuienis dat
Mabotja twee stilhoupunte uitgewys het wat
onderskeidelik 500 en 750 meter van die biersaal
is).
Toe die advokate namens appellante 2 en 3 voor
die aanvang van hul kruisondervraging geleentheid
vra om hul kliënte te nader (klaarblyklik om
instruksies), speel die volgende tafereel hom af:
"MNR. SAAIMAN: Mag ek die beskuldigde nader?
Beskuldigde 2.
COURT: Why? If you want to.
MEJ. VAN DER WALT: Edele, mag ek ook van die
geleentheid gebruik maak, dit sal baie kort
wees.
COURT: Oh my goodness yes?
MNR. SAAIMAN: Ek kan net meld dat ons het nie
28
hierdie bewysstuk of wat voor die tyd gekry
nie.
HOF: Wat se bewysstuk?
MNR. SAAIMAN: BEWYSSTUK E.
HOF: Niks met die saak te doen nie, u weet
wat die verloop was in daardie tyd
...(tussenbei)
MNR. SAAIMAN: Soos die hof behaag.
HOF: Jy het seker gekonsulteer?
MASJIEN AF. MASJIEN AAN.
HOF: Stel - hy was nie daar nie.
Dit is
nouliks verbasend dat die daaropvolgende
kruisondervraging lukraak
is. Nie een indringende
vraag oor die getuie se betwiste uitkenning
van
appellante 2 en 3 word gestel nie, nie oor die
stand van beligting, sy geleenthede tot
waarneming,
uitkenningskenmerke en dies meer nie. Bygevolg
was
daar geen behoorlike toetsing nie van 'n
enkelgetuie se uitkenning van twee vreemdelinge wat
hy een aand lank tevore ontmoet en 'n tydlank in sy
taxi vervoer het. En sodanige gebrek is in groot
mate - indien nie uitsluitlik nie - te wyte aan die
gees waarin die voorsittende regter die verrigtinge
gedirigeer het. 'n Regsverteenwoordiger se taak is
29
by 'n summiere verhoor moeilik genoeg en daar duik onvermydelik punte op waaroor hy verdere instruksies moet inwin. Dit is niks minder as sy plig nie. Insgelyks is die voorsittende beampte pliggebonde om 'n redelike geleentheid daartoe te verleen - en wel geredelik, sonder blyke van ergerlikheid.
Die laaste Staatsgetuie by wie stilgestaan moet word, is kaptein Matlebyane, die man wat die uitwysings deur appellant 3 sou waargeneem het. Sy hoofgetuienis word aanvanklik deur die Staatsadvokaat ontlok. Op 'n stadium toe hy op die punt staan om getuienis van inkriminerende mededelings deur appellant 3 aan te bied, huiwer die Staatsadvokaat en vra 'n aanduiding van die verdediging se houding. Sonder verwysing na advokaat Van der Walt beslis die regter soos volg:
"Ja-nee, wel, lei hom, hy sê die hele ding was vrywilliglik, hy sê die man was nie verplig om iets te sê nie.
MNR.VAN DER MERWE: Kyk asseblief
30
...(tussenbei)
HOF: Soos wat hy sê, ek meen, ek weet nie, miskien gaan nr. 3 dit betwis, maar dit maak nie saak nie, lei hom dat ons hoor wat die getuienis is."
Dit is nie nodig om in te gaan op
die
toelaatbaarheid en strekking van die getuienis wat
toe volg nie. Wat hier van belang is, is dat die
verdedigingsadvokaat se reg op inspraak genegeer
is. Toe sy wel kort daarna aan die woord kom met
kruisondervraging word sy ná haar eerste vraag op
die hiele gesit deur die regter se opmerking:
"Laat ons nou kom by die punt."
Die advokaat ondersoek toe die getuie se
hoofgetuienis dat hy 'n kontemporêre aantekening
van die gebeure gemaak het. Dit was nie alleen ' n
relevante lyn van kruisondervraging nie maar het
weldra geblyk van aansienlike belang te wees. Dit
het naamlik geblyk dat die getuie inderdaad slegs
rowwe notas gemaak het en dat hy dit nooit aan
appellant 3 teruggelees of deur hom laat bevestig
31
het nie. 'n Dokument bestaan egter wat heet
sodanige optekening en bevestiging te wees.
Advokaat Van der
Walt se pogings om die dokument
aan die getuie te stel, word telkens deur die
regter afgeweer:
"Nee, daar is nie 'n verklaring nie, ...
Ek stel nie belang in die verklaring nie
Ons wil weet wat gebeur het by die - he has not handed it in, you are just chasing up "spooks" here ...
We have not got it, what do you want to ..." Die dokument, bewysstuk F, word toe tog later
toegelaat (sonder om die Staatsadvokaat te ken) en
dit blyk dat die getuie inderdaad daarin
verkeerdelik te kenne gee: (a) dat dit "(n)a
afloop van die uitwysings...aan die uitwyser
oorgelees en weer vertolk" is; (b) dat appellant
3 in antwoord op 'n reeks gerigte vrae sy
tevredenheid met die optekening bevestig het; (c)
dat die optekening deur Matlebyane tydens die
onderhoud en uitwysings in teenwoordigheid van
32
appellant 3 opgestel is. Die waarheid is dat
die
ondersoekbeampte die bewysstuk opgestel,
deur
appellant 3 laat onderteken en meer as 'n maand
ná
die uitwysing aan Matlebyane vir ondertekening
voorgelê het. Laasgenoemde het dit toe, ongelees,
met sy handtekening bevestig. Toe advokaat Van der
Walt daarop haar kliënt se weergawe (dat hy niks
uitgewys het nie) aan die getuie stel, loop dit op
die volgende uit:
"COURT: Yes, where is the statement of this
person, he says it is in the dossier.
MNR. VAN DER MERWE: Ek sal dit net kry.
HOF: Ja, 'alright,' laat hy dit identifiseer,
kry hom.
HERONDERVRAGING DEUR MNR. VAN DER MERWE:
Kaptein, kan u net kyk, is dit die verklaring
wat u gemaak het hierdie?
HOF: That will be G.
MEJ. VAN DER WALT: Mag ek verlof vra dat
daardie verklaring ook aan die verdediging
beskikbaar gestel word voordat dit ingaan as
'n bewysstuk, ons het dit nog nie ter insae
gehad nie.
COURT: That is all right, it will go in as an
exhibit first.
MEJ. VAN DER WALT: Soos dit die hof behaag.
COURT: Yes, in the light of your cross-
examination, that is what made it admissible,
you can in due course have a look at it, of
33
course."
Kommentaar is oorbodig. Feit van die saak is dat die Staatsaak daarop gesluit en latere insae nutteloos was.
Dit is nie nodig om die verloop van
die
appellante se saak in die hof a quo in
besonderheid
te ontleed nie. Daar kan volstaan word met
enkele
algemene opmerkings. Ten eerste is dit
opvallend
dat die regter bykans twee maal soveel vrae as
die
Staatsadvokaat aan verdedigingsgetuies gestel
het.
(Die verhouding in die geval van die
Staatsgetuies
was byna 3:1.) Ten tweede moet aangeteken word
dat
die regter (soos in die geval van die
Staatsgetuies)
by geen enkele geleentheid sy vrae
oorgehou het tot ná die
advokate hul ondervraging
afgesluit het nie. Ten derde was die oorgrote
meerderheid van die regter se vrae nie beperk
tot
opheldering van onduidelikhede nie maar gerig
op
wesenlike aspekte. Die gevolg was dat die
34
Staatsadvokaat in totaal net veertien vrae aan Bopape (die man wat by was toe appellant 1 gearresteer is), appellante 2 en 3 en laasgenoemde se alibi-getuie (Jackson Sebata) gestel het. Die Staatsadvokaat se kruisondervraging was inderwaarheid so kursories dat die verdedigingsgetuies beswaarlik getoets is. Die vierde opvallende kenmerk van die verdedigingsake is dan ook dat daar geen inherente tekortkominge uitgelig word nie: daar is geen noemenswaardige ontwyking, huiwering, selfweerspreking, argumentasie of onwaarskynlikheid daarin te bespeur nie. Ook dit is 'n natuurlike gevolg van die abnormale rol wat die regter gespeel het, naamlik as oorhaastige dirigent van die verrigtinge.
Een spesifieke opmerking moet egter oor die verdedigingsaak gemaak word. Dit het betrekking op die alibi getuie Sebata. Hy word in November 1991 geroep om te getuig oor gebeure in April/Mei 1989.
35
Die strekking van sy hoofgetuienis is dat appellant
3, sy neef, gedurende Aprilmaand 1989, met Pase, sy
tydelike intrek by die Sebata-gesin in Mamelodi
geneem het en twee maande en 'n paar weke daar
gebly het. In kruisondervraging word hy 'n enkele
vraag gevra, naamlik:
"Ek wil net duidelikheid hê, u is nie vandag seker hoe lank het beskuldigde 3 daar by u gebly nie, is dit korrek?"
Die antwoord daarop lui so:
"Nee, ek kan dit nie met sekerheid aan die hof oordra nie."
Daarmee word toe volstaan, skynbaar in die geloof
dat die bodem van die alibi daarmee uitgeslaan is.
Die hof a quo het dit ook so ingesien, soos blyk
uit die volgende passasie in die uitspraak:
"...we are not oblivious of the fact that no. 3 has brought a young person all the way from Pretoria, he was phoned yesterday to testify, to say that he was in Pretoria during all the months subsequent to Good Friday in 1989. His evidence is not worth a tuppence, it is ridiculous. This alibi that was formulated by these people are not worth anything. In fact, the state proved it with one question, the man
36
had to admit that he had no idea about periods of times —"
As Sebata se getuienis egter as geheel
beoordeel en
die betrokke vraag en antwoord in die samehang
daarvan gesien word, is daar inderwaarheid geen
basis vir die verwerping daarvan nie. Dit is
bepaald nie belaglik nie en daar is nie eers aan
die getuie gesuggereer dat hy 'n party tot 'n
saamgeflanste verdigsel is nie. Allermins beteken
die feit dat die getuie nie (na verloop van twee-
en-'n-half jaar) die duur van die verblyf met
sekerheid kon oordra nie, dat die getuienis
kragteloos is. 'n Logiese aanknopingspunt, naamlik
Paasfees, en 'n aanvaarbare skatting van die
tydsduur is te enemale verstrek. Daaraan is nie in
kruisondervraging geraak nie. (Die hof a quo se
benadering tot Sebata se getuienis staan in skrille
kontras tot dié wat vir Ramolefo en Mabotja gegeld
het. Hulle word spesifieke datums in die mond
37
gelê, wat dan sonder enige bevraagtekening as akkuraat aanvaar word.)
Laasgenoemde aspek word pertinent genoem, nie soseer vanweë die gewig van Sebata se getuienis nie (dit slaan immers op die meriete, wat nie nou te berde is nie) maar omdat dit tekenend is van die dampkring wat die verrigtinge a cruo van begin tot end omgewe het.
In werklikheid was dit geen verhoor ooreenkomstig ons akkusatore stelsel en die voorskrifte van Hoofstuk 22 van die Wet nie. Dit was nie bloot dat die regter die strydperk betree en daardeur sy objektiwiteit, of die beeld daarvan, ingeboet het nie. Hy het inderwaarheid die verrigtinge as inkwisateur aangevoer en nóg die letter nóg die gees van cms strafproses eerbiedig. Daar was uit die staanspoor geen poging tot omlyning van geskilpunte nie (aa 115 en 220); toe is die Staatsadvokaat nie toegelaat om die
38
getuienis ter bewys van sy saak aan te voer nie (a
150(2)); inkriminerende getuienis is op
onbehoorlike wyse
deur middel van leidende vrae
ontlok, nie alleen deur die Staatsadvokaat nie maar
deur die regter self; die partye se reg op
kruisondervraging (a 166(1)) is grootliks verydel;
wispelturige belemmerings is geplaas op die
appellante se reg om hul regsverteenwoordigers
opdrag te gee (a 73(1)); en daar is deurgaans
beslissings, veral oor toelaatbaarheid van
getuienis, gegee sonder om die partye inspraak te
verleen. 'n Strafverhoor is weliswaar nie 'n spel
en die regterlike beampte nie 'n blote skeidsregter
nie, maar:
"in the main, and as far as is reasonably possible, he will usually tend to leave the dispute to the contestants, interrupting only when it is necessary to clarify some point in the interests of justice."
(per Holmes AR in S v Siqwahla 1967 (4) SA 566 (A)
te 568H.) Daarvan het in casu weinig tereggekom.
39
Daar dien ook benadruk te word dat Curlewis AR
in
die beroemde passasie in R v Hepworth 1928 AD
265 te 277
(waarop die verhoorregter in een van sy
uitlatings sinspeel) dit ook
ondubbelsinnig gestel
het dat 'n regter
"... has not only to direct and control the proceedings according to recognised rules of procedure but to see that justice is done."
Die regter in casu het weldeeglik die verrigtinge
gelei en beheer maar aan geeneen van die gemelde
vereistes voldoen nie: die erkende prosesreëls is
geïgnoreer én daar is nie gesorg dat geregtigheid
geskied nie. Laasgenoemde begrip het Rumpff HR in
S v Mushimba en andere 1977 (2) 829 (A) te 844H
soos volg verduidelik:
"Die 'geregtigheid' waarna hier verwys word, is nie ' n begrip wat veronderstel dat die beskuldigde noodwendig onskuldig is nie. Geregtigheid wat geskied het in hierdie sin is die resultaat wat 'n bepaalde eienskap van verrigtinge aandui. Die eienskap toon aan dat aan vereistes wat grondbeginsels van reg en regverdigheid aan die verrigtinge stel, voldoen is."
40
Die onderhawige verhoor het in
soveel
wesenlike opsigte afgewyk van die
grondbeginsels
van reg en regverdigheid dat 'n
regskending
aksiomaties was. Met ander woorde
die
onreëlmatighede was sodanig dat
geregtigheid
inderdaad nie kon geskied het nie (kyk die
voorbehoud by a 322(1) van die Wet). Die
appellante is nie behoorlik verhoor nie.
Die appèlle slaag. Die skuldigbevindings en vonnisse van al drie die appellante word ter syde gestel.
J.C. KRIEGLER
WAARNEMENDE APPèLREGTER VAN HEERDEN ]
] STEM SAAM
MILNE ]

RTF format