South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1993 >> [1993] ZASCA 78 | Noteup | LawCiteMinister van Wet en Orde and Others v Dipper (721/91) [1993] ZASCA 78; 1993 (3) SA 591 (AD); [1993] 4 All SA 674 (AD) ; [1993] 2 All SA 433 (A) (28 May 1993)
Download original files |
Saaknommer 721/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE Eerste
Appellant
STASIEBEVELVOERDER, SAP, WORCESTER Tweede
Appellant
SPEURDER A/O DANIëL SYMINGTON Derde Appellant
en
EDMUND J DIPPER Respondent
CORAM: HOEXTER, SMALBERGER, MILNE, EKSTEEN ARR et HARMS Wnd AR
VERHOOR: 18 Mei 1993 GELEWER: 28 Mei 1993
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER AR,
Dit is 'n siviele appèl. In die landdroshof te
Worcester het die respondent teen die drie appellante 'n eis om skadevergoeding
weens beweerde onregmatige vryheidsontneming ingestel. Die eis, wat deur die
appellante bestry is, het geslaag, waarna die appellante
sonder welslae teen die
uitspraak van die landdros na die Kaap die Goele Hoop Provinsiale Afdeling
geappelleer het. Met verlof van
die hof a quo kom die appellante voor hierdie
hof in hoër beroep.
Die tersaaklike feite is eenvoudig. Vroeg die oggend
van Vrydag 15 Julie 1988, en te Worcester, is die respondent sonder lasbrief
op
'n aanklag van diefstal deur 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie gearresteer
en daarna na die plaaslike polisiekantoor geneem
waar hy in die selle aangehou
is. Om 13h00 op Saterdag 16 Julie 1988, d w s sowat 17 uur na sy
inhegtenisneming, is die
3
respondent vrygelaat op waarskuwing dat hy op Maandag 18 Julie 1988 in die
hof moet verskyn. By die daaropvolgende strafverhoor is
die respondent onskuldig
bevind.
Die ondersoekbeampte in die diefstalsaak was die derde appellant. Om
20h00 op Vrydag 15 Julie 1988 het die respondent se prokureur
die derde
appellant versoek om vir doeleindes van h borgaansoek die respondent voor die
plaaslike landdros te bring. Die landdros
het gereed gestaan om die beoogde
borgaansoek aan te hoor. Die derde appellant het geweier om aan hierdie versoek
te voldoen. h Gelykluidende
versoek wat aan die tweede appellant (die
stasiebevelvoerder) gerig is, is insgelyks deur laasgenoemde geweier.
In die
loop van die verrigtinge in die verhoorhof is verskeie erkennings namens die
appellante genotuleer as gevolg waarvan die geskilpunte
by die geding
4
verskraal het. Ten besluite het daar as enigste twispunt in die hele geding
'n enkele regspunt vir beslissing oorgebly. Die respondent
se versoek om 'n
bórgaansoek aan die landdros te rig, is deur die respondent se prokureur
gemaak en deur die tweede en derde
appellante geweier voor die verstryking van
48 uur na die begin van die respondent se aanhouding in die polisieselle. Op
appèl
was dit gemene saak dat borg toegestaan sou gewees het. Die
regsvraag waaroor die saak gaan, is of die respondent voor die verstryking
van
gemelde tydperk regtens op die verhoor van die borgaansoek voor die landdros
aanspraak kon maak.
Die partye is dit eens dat by beoordeling van die
appèl die beslissing van die regsvraag lotsbepalend is. Namens die
appellante
word toegegee dat 'n bevestigende antwoord daarop beteken dat die
respondent die wesenlike bestanddele van sy eisoorsaak bewys het,
en
5
dat die appèl bygevolg afgewys moet word. Die appellante se advokaat
het egter aangevoer dat voor afloop van gemelde tydperk
van 48 uur die
respondent regtens geen aanspraak daarop het om 'n borgaahsoek aan 'n laer hof
te rig nie; en dat uit hoofde daarvan
die respondent se eis teen die appellante
mank gaan.
Ter verskansing van die individu se reg op liggaamlike vryheid
bevat die Strafproseswet nr 51 van 1977 ("die Wet") o a verskillende
voorskrifte
(a) wat verseker dat daar nie onnodige vryheidsontneming van die landsburger sal
wees nie (sien hoof stuk 5); en (b)
wat voorsiening maak vir borgverlening (sien
hoofstuk 9) waarvolgens 'n beskuldigde wat in bewaring is voorwaardelik uit
bewaring
vrygelaat mag word. Ten opsigte van geringe oortredings maak art 59
voorsiening vir borgtog nog voor 'n beskuldigde se eerste verskyning
in die laer
hof, en wel deur vrylating deur 'n polisiebeampte met of bo die rang
6
van onderoffisier. Vrylating op borgtog deur 'n laer hof
word deur die
voorskrifte van art 60 bepaal.
Vir doeleindes van die onderhawige appèl is die
betrekkinghebbende bepalings van arts 50 en 60 die
volgende:-
"50(1) Iemand wat met of sonder lasbrief in
hegtenis geneem is, word so
gou
moontlik na 'n polisiekantoor geneem
of, in die geval van
inhegtenisneming
met 'n lasbrief, na 'n ander plek wat
uitdruklik in die
lasbrief genoem
word, en, as hy nie vrygelaat word
omrede geen aanklag
teen hom ingebring
gaan word nie, word hy aangehou vir 'n
tydperk van
hoogstens agt-en-veertig
uur tensy hy voor 'n laer hof gebring
word en sy
verdere aanhouding vir die
doeleindes van sy verhoor deur die hof
op 'n
aanklag van enige misdryf gelas
word of, indien so iemand nie vanweë
'n
misdryf in hegtenis geneem is nie, vir
die doeleindes van beslissing
oor die
oorsaak van sy inhegtenisneming: Met
dien verstande
(2)
(3) Geen bepaling van hierdie artikel word
so uitgelê dat dit die
bepalings van
7
hierdie Wet of 'n ander wet wysig waarkragtens iemand wat aangehou word, op borgtog of op waarskuwing of op 'n skriftelike kennisgewing om in die hof te verskyn, vrygelaat kan word nie."
"60(1) h Beskuldigde wat ten opsigte van
enige misdryf in bewaring is, kan
by
sy eerste verskyning in 'n laer hof of
in enige stadium na
bedoelde
verskyning, 'n aansoek rig aan bedoelde
hof of, indien die
verrigting teen die
beskuldigde in 'n hoër hof hangende is,
aan
daardie hof, om ten opsigte van
daardie misdryf op borgtog vrygelaat
te
word "
Die betekenis van die woorde "by sy eerste verskyning in h laer hof" wat die bepalings van art 60 koppel aan die beskuldigde se reg om by h landdros borgtog aan te vra, het in Twayie en 'n Ander v Minister van Justisie en h Ander 1986(2) SA 101 (O), 'n beslissing van h voltallige Vrystaatse regbank, onder die loep gekom. Hieromtrent laat die hof hom by monde van regter Kotze (op 104J-105C) soos volg uit:-
"Hierdie woordkeuse was na my mening bloot net h
8
ongelukkige een gewees om die gevalle genoem in art 59 (borgverlening deur offisiere en onder-offisiere in minder ernstige gevalle) te onderskei van al die ander gevalle wat in art 60 betrek word. Dit het met ander woorde nie bedoel om te bepaal dat vrywillige borgaansoeke (hetsy in die Hooggeregshof hetsy in die laerhof) nie voor die verpligte eerste verskyning in die laerhof gebring mag word nie en het ook nie bedoel om regsbevoegdheid te omskryf nie. Die woorde 'eerste verskyning' verwys dus nie net na die eerste verpligte verskyning ingevolge art 50 nie maar sluit ook h eerste verskyning op eie versoek in. Dit is nie alleen die meer ernstige misdade wat onder art 60 ressorteer nie maar ook die geringe art 59-gevalle waar polisie-offisiere nie borgtog wou verleen het nie. Dit sal dus onsinning wees om art 60 so uit te lê dat een beskúldigde voor sy verpligte eerste verskyning borgtog kan verkry terwyl h ander identiese beskuldigde, wat presies dieselfde misdaad gepleeg het, eers tot by sy eerste verpligte verskyning in die laerhof moet wag alvorens hy borgtog kan verkry."
Bostaande beskouing en uitleg
van "eerste verskyning" in
die samehang van hoofstuk 9 van die Wet tref my,
met
eerbied, as weloorwoë en oortuigend. Sien verder S v du
Preez
1991(2) SASV 372 (Ck).
Die appellante se advokaat het egter aangevoer
9
dat die bepalings van art 50(1 ) 'n betekenis dra wat onoorkomelik in die weg
staan van die vertqlking wat die hof in die Twayie-saak
aan art 60(1 ) geheg
het. Met byhaling van hierdie hof se beslissing in Duncan v Minister of Law and
Order 1986(2) SA 805 (A) is
die volgende betoog aan ons voorgehou: Die feit dat
aanhouding wat nie 48 uur oorskry ingevolge art 50(1) reëlmatig en regtens
onaanvegbaar is, sou onbestaanbaar wees met die ontvanklikheid binne gemelde
tydperk van 48 uur van enige borgaansoek soos by art
60(1) bedoel.
Afgesien
daarvan dat die gebiedende voorskrifte van die uitsonderingsbepalings in art
50(3) vervat die doodsklok vir die betoog lui,
verwar hierdie argument
regmatigheid van aanhouding met die oogmerk van borgverlening. Borgtog is 'n
middel wat daarop gemik is om
die inbreuk op 'n beskuldigde se vryheid, in 'n
stadium wanneer hy nog nie veroordeel is nie, te minimaliseer.
10
In die onderhawige saak gaan dit hoegenaamd nie oor die
regmatigheid van
die respondent se aanhouding nie. In
die Twayie-saak word die trefwydte van
art 50(1) in die
volgende woorde (op 103I) raak saamgevat:-
"Artikel 50 handel met die maksimum tydperk wat voor verskyning verloop en nie met die minimum tyd wat voor h borgaansoek kan verloop nie. Dit het geensins ten doel om enige reëling ten aansien van borgverlening neer te lê nie."
By die Duncan-saak (supra), wat oor
geldigheidsvereistes
by inhegtenisneming kragtens art 40(1)(b) van die
Wet
gaan, is ook geen steun vir die appellante se betoog te
vind nie.
Vir die grondige redes wat in sy deeglike
uitspraak aangestip word, meen ek dat die landdros se
bevinding korrek was.
11
Die appèl word met koste van die hand gewys.
G G HOEXTER AR SMALBERGER
AR)
MILNE AR )
EKSTEEN AR )
HARMS WnAR )