South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 193
| Noteup
| LawCite
S v Keulder (516/1991) [1993] ZASCA 193; [1994] 3 All SA 461 (A) (30 November 1993)
Download original files |
LL Saak No 516/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
HENRY PRANCIS KEULDER Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, NESTADT ARR et NICHOLAS Wn AR
VERHOORDATUM: 9 NOVEMBER 1993 LEWERINGS DATUM: 30 NOVEMBER 1993
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2 Die appellant het in die landdroshof op
Malmesbury (die verhoorhof) tereggestaan op twee aanklagte: (1) strafbare
manslag, en (2)
bestuur van 'n motorvoertuig op 'n openbare pad terwyl hy onder
die invloed van sterk drank was, ter oortreding van artikel 122(1)(a)
van Wet 29
van 1989. Hy het skuldig gepleit en is skuldig bevind op beide aan-klagte. Die
landdros het met die oog op vonnisopleg-glng
die twee aanklagte saam geneem en
die appellant gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf. Teen hierdie vonnis het die
appellant geappelleer
na die Provin-siale Afdeling Kaap die Goeie Hoop (die hof
a guo) . Die uitslag van die appêl was dat die vonnis van die
landdros tersyde gestel is en vervang is deur afson-derlike vonnisse
op elk van
die twee aanklagte, waardeur die straf van die appellant verswaar is. Die
vonnisse wat die hof a quo in die plek van die landdros se vonnis gestel
het, was, op dio eerste
3
aanklag, 2 jaar gevangenisstraf, en op die tweede
aanklag, 1 jaar gevangenisstraf opgeskort vir 5 jaar
op voorwaarde dat die
appellant nie gedurende die
tydperk van opskorting 'n motorvoertuig op 'n open-
bare pad bestuur nie.
Teen hierdie vonnisse kom die
appellant nou, met die verlof van die hof a quo, in
hoër beroep na hierdie Hof.
Met die aanvang van die verrigtinge in die
verhoorhof op 4 Oktober 1990 het die appellant se
regsverteenwoordiger 'n skriftelike pleibverduidelik-
ing deur die appellant ingevolge artikel 112(2) van
die Strafproseswet 51
van 1977 ingehandig. Dit lui
soos volg:
1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak.
2.
Ek verstaan die aanklagte teen my en pleit soos volg daarop:
3. AD AANKLAG 1 : 3.1 Ek pleit skuldig op die hoofaanklag van
4
strafbare manslag my ten laste gelê.
3.2 Ek erken dat:
3.2.1 Ek op 12 Julie 1990 'n motorvoer-tuig op die Malmesbury/Riebeekpad bestuur het. 3.2.2 Die motorvoertuig deur my bestuur betrokke was in 'n botsing met ' n ander motorvoertuig waarin Eliza-beth Margaretha Botha ('die oorle-dene'), 'n insittende was. 3.2.3 Die oorledene gesterf het as gevolg van beserings wat sy tydens die botsing opgedoen het. 3.2.4 Alhoewel ek aan geheueverlies ly en gevolglik geen onafhanklike herinnering het van hoe die bot-sing plaasgevind het nie aanvaar en erken ek dat die botsing en gevolglik die dood van die oorle-dene deur my nalatigheid veroor-saak is deurdat ek:
3.2.4.1 Versuim het om 'n behoor-like uitkyk te hou; 3.2.4.2 Terwyl dit as gevolg van aankomende verkeer ge-vaarlik sou wees om dit te doen, na die verkeerde kant van die pad beweeg het; 3.2.4.3 Versuim het om dit bot-sing te vermy terwyl ek deur die uitoefening van redelike sorg so kon gedoen het.
3.3 Uit hoofde van die voorgaande is
ek
skuldig aan die misdryf van strafbare
5
manslag en is ek gevolglik strafbaar met die strawwe wat vir hierdie misdryf opgelê kan word.
4. AD AANKLAG 2:
4.1 Ek pleit skuldig op die hoofaanklag van 'n oortreding van Artikel 122(1)(a) van Web 29 van 1989 my ten laste gelê. 4.2 Ek erken dat:
4.2.1 Ek op 12 Julie 1990 'n motorvoer-tulg met registrasienommer OK 45645 op die Malmesbury/Riebeekpad bestuur het; 4.2.2 Die betrokke pad 'n openbare pad in die distrik Malmesbury is; 4.2.3 Die konsentrasie alkohol in my bloed ten tye 0,29 gram per 100 milliliter van bloed was; 4.2.4 Alhoewel ek aan geheueverlies ly en gevolglik geen onafhanklike herinnering van die gebeure het nie, aanvaar en erken ek dat ek ten tye van die bestuur van my motorvoerbuig onder die invloed van sterk drank was en dat ek nie die moborvoertuig met die nodige sorg en behendigheid kon bestuur het wat van 'n redelike bestuurder verwag word nie.
4.3 Ek was ten volle daarvan bewus dat dit 'n misdaad is om ' motorvoertuig op 'n openbare pad te bestuur as jy onder die invloed van sterk drank is. 4.4 Uit hoofde van die voorgaande is ek skuldig aan die misdryf van 'n oortreding
6
van Artikel 122(1)(a) van Wet 29 van 1989 en strafbaar met die strawwe wat ten opsigte van hierdie misdryf opgelê kan word."
Die appellant het op navraag van die landdros die
korrektheid van sy verklaring beaam, waarop die
landdros van die aanklaer verneem het of hy die
weergawe vervat in die pleitverduideliking aanvaar.
Die aanklaer het bevestigend geantwoord. Daarop het
die landdros die appellant skuldig bevind.
Twee vorige veroordelings is deur die
appellant erken. Op 16 November 1987 is hy in die
landdroshof op Malmesbury skuldig bevind aan bestuur
onder die invloed van
sterk drank ter oortreding van
artikel 140(1)(a) van Ordonnansie 21 van 1966
(K) en
gevonnis tot 'n boete van R800 of 6 maande gevange-
nisstraf,
waarvan R400 of 3 maande opgeskort is vir 3
jaar op gepaste voorwaardes. Op
30 Junie 1989 is hy
in die landdroshof op Montagu skuldig bevind aan die
7
bestuur van 'n motorvoertuig terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed die
voorgeskrewe perk van 0,08 gram per 100 ml oorskry
het. Op hierdie geleentheid
is hy gevonnis tot 'n boebe van Rl 000 en daar-benewens tot 12 maande
gevangenisstraf wat opgeskort is
vir 5 jaar "op voorwaarde dat beskuldigde nie
weer skuldig bevind word aan artikel 140(1) of (2) Ord 21/1966 gepleeg gedurende
tydperk
van opskorting nie". Met die oog op die moontlikheid dat hierdie
opgeskorte vonnis in werking gestel sou kon word, het die landdros
in die
huidige saak gelas dat 6 maande van die vonnis van 2 jaar gevangenisstraf wat hy
opgelê het, moet saamloop met die opgeskorte
vonnis indien dit in werking
gestel sou word. Die hof a quo het 'n soortgelyke bevel boegevoeg tot die
vonnisse wat hy ber vervanging van die landdros se vonnis opgelê het.
Die appellanb het getuienis ter strafver-
8 sagting afgelê. Daaruit blyk die volgende. (Alhoe-wel daar nou reeds
drie jaar verloop het sedert die verhoor in die verhoorhof,
sal ek vir gerief
die feite soos dit toe gegeld het in die teenwoordige tyd weergee.) Die
appellant is 44 jaar oud. Hy is getroud
en het vier kinders; die oudste is 'n
student op universiteit, twee is in die hoërskool en die jongste is 'n
kleuter. Die appellant
het uit-muntende akademiese kwalifikasies behaal. In 1968
het hy na drie jaar voltydse studie die graad BSc (Landbou) verwerf. Daarna
het
hy gaan werk en met deeltydse studie eers die graad BSc Honneurs behaal en toe,
in 1976, die MSc-graad. In daardie jaar het hy
begin werk by die maatskappy wat
bekend staan as Bokomo, waar hy steeds werksaam is. Met verdere deeltydse studie
het hy in 1978
'n doktorsgraad (PhD) behaal in dierevoeding. Sy besondere
vakgebied is pluimveevoeding. Hy beklee die pos van tegniese
9 adviseur by
Bokomo, wat op groot skaal besigheid doen as die vervaardigers en verskaffers
van veevoere. Sy bruto salaris is R72
000 per jaar. Hy neem aktief deel aan
gemeenskapsbedrywighede; van tyd tot tyd het hy diens gedoen as 'n lid van die
bestuursliggame
van verskeie plaaslike organisasies, soos die skool-komitee, die
kerkraad, die Rapportryersvereniging, die Boerevereniging, en die
sakekamer.
Met betrekking tot die botsing het die appellant getuig dat hy
geen geheue daarvan het nie, vanweë ernstige beserings wat hy
daarin
opgedoen het. Hy onthou dat hy op die betrokke dag voor middagete by sy
sportklub twee drankies gedrink het en later die middag
(omstreeks halfvier)
weer drie. Hy het toe in verband met sy werk na die plaas van 'n kliënt van
Bokomo gery, maar die boer
was nie tuis nie en hy het besluit om na sy kantoor
terug te keer. Vanaf daardie oomblik onthou hy niks totdat hy later in die
10 hospitaal sy bewussyn herwin het nie. Hy besef, as gevolg van die
resultaat van sy bloedontleding, dat hy voor die botsing weer
moes gedrink het,
maar hy weet nie of hy drank in sy kar gehad het of by 'n hotel langs die pad
gekry het nie.
Die appellant het in sy getuienis beken dat hy 'n alkoholis
is. Dit is duidelik dat die volle begrip daarvan eers tot die appellant
deurgedring het as gevolg van die verskriklike en skokkende gevolge wat sy
gedrag veroorsaak het met die botsing wat aanleiding gegee
het tot die huidige
saak. (Benewens die feit dat een persoon gedood is, is twee ander -die oorledene
se kinders - ernstig beseer,
met blywende gevolge.) Op die vorige twee
geleenthede wat die appellant in die hof verskyn het as gevolg van sy
drankmisbruik, het
hy nie geopenbaar dat hy enige drankprobleem het nie; die
howe wat hom toe gevonnis het, is nie bewus gemaak van die feit dat hy
11
behandeling nodig het nie. Hy was inderdaad 'n "skelm" drinker, en hy het die
feit van sy vorige veroordelings verberg van sy vrou,
sy vriende en die mense by
sy werk. In 'n stadium het van sy vriende en sy vrou hom aangespreek oor sy
drankmisbruik en voorgestel
dat hy 'n sielkundige moet raadpleeg. (Dit was na sy
eerste oortreding.) Hy het dit gedoen, maar na net 'n paar onderhoude het hy
gevoel dat hy nie baat vind by die behandeling nie en het hy dit gestaak. Hy het
gemeen dat hy self sy probleem sou kon hanteer,
en hy het probeer om dit te bowe
te kom. Sporadies, sê hy, het hy daarin geslaag om sy probleem onder die
knie te kry, maar
dan het hy weer "teruggeval", en algaande het sy verslaafdheid
ver-erger. Op herhaalde vrae van die aanklaer en die landdros oor
hoekom hy nie
raad en hulp gesoek het nie, het hy telkens geantwoord dat hy deurgaans gemeen
het hy kan sy probleem op sy eie oorkom.
Maar
12 hy besef nou, as gevolg van
die tragedie wat gebeur het, dat hy 'n ernstige fout gemaak het, waaroor hy
bitter spyt en vol selfverwyt
is. Hy besef ook terdeë dat hy nie sonder
professionele hulp en die bystand van sy familie en vriende en die mense by sy
werk
sy probleem te bowe sal kan kom nie. Hy het tot die insig gekom dat hy 'n
"absolute keerpunt" in sy lewe bereik het. Hy het nog nie
weer gedrink nie en
het reeds begin om sielkundige behandeling te onder-gaan. Hy sê dat die
probleem van sy alkoholisme nou
aangespreek is en dat dit opgelos moet word. Sy
getuienis spreek van 'n vasberadenheid om mee te werk om dit te
bewerkstellig.
Namens die appellant het mnr Reyner van Zyl getuig. Hy is 'n
kliniese sielkundige in private praktyk maar met baie jare se deeltydse
verbondenheid aan hospitale vir alkoholiste, waar hy werksaam was met die
diagnose en behandeling van alkoholisme, en
13 later met die opleiding van
personeel wat werk met alkoholiste. Hy het 'n aantal onderhoude gevoer met die
appellant (en ook met
sy vrou, wat nou ten volle op hoogte gebring is van die
appellant se toestand). Hy het 'n skriftelike verslag opgestel oor sy bevindings
aangaande die appellant en dit toegelig in sy getuienis. Die hoofpunte daarvan
is die volgende. Die appellant is 'n alkoholis. Onderliggend
tot sy
drankmisbruik is die feit dat hy 'n groot aantal emosionele probleme het wat
voortspruit uit 'n basies gebrekkige persoonlikheidsfunksionering,
wat beskryf
word as "'n uitermatige persoonlikheidsinhibisie as gevolg van sterk gevoelens
van minderwaardigheid en onkoereikendheid".
Hy misbruik drank om sy gebrek aan
selfvertroue en spannings te bemeester. Om sy alkoholisme te bekamp, is dit
noodsaaklik dat sy
onderliggende persoonlikheidsprobleme behandel moet word.
Daarvoor is individuele terapie nodig, aan-
14
vanklik intensief met een behandeling per week vir
omtrent twee jaar, en daarna maandeliks vir nog 'n
jaar of langer. Oor die prognose sê mnr van Zyl in
sy verslag:
"Ek is redelik optimisties dat daar 'n verbetering in dr Keulder se basiese per-soonlikheidsfunksionering kan intree en is so seker as wat kan kom, met uitsondering van werklik onvoorsiene omstandighede en ontwikkelinge, dat hy nie weer sal drink nie en dat die gemeenskap in hierdie opsig in die toekoms nie weer iets te vrese sal hê nie. Sy tyd van ontkenning van die probleem is verby. Die nagevolge van die probleem is onseker vir almal daarby betrokke en dit voel dr Keulder diep aan."
In sy getuienis het mnr van Zyl hierop uitgebrei. Dit
is die wesenlike aard van 'n alkoholis dat hy sy
probleem ontken so lank
as hy dit enigsins moontlik
kan doen, en die appellant is boonop 'n baie
"privaat
mens" wat dinge wegsteek vir mense om hom en ook vir
homself,
maar:
"Hierdie hele besigheid is nou oopgevlek, ek dink dat hy nou werklik waar sover as wat die alkoholprobleem [aangaan] die
15
spreekwoordelike bodem getref het of 'rock bottom' soos die AA-mense sê en dat hy hiervandaan of onder andere as gevolg van die ontsettende nagevolge van die ongeluk, hom baie beslis sal rehabiliteer."
In die onderhoude wat met die appellant gevoer is,
het hy reeds insig getoon in sy persoonlikheids-
probleme en hy is positief gemotiveer om saam te werk
aan die behandeling daarvan, en hy doen dit inderdaad
met erns.
Aan die einde van sy getuienis het die
landdros mnr van Zyl gevra of hy 'n aanduiding kon
gee hoekom die appellant nie voorheen hulp gesoek het
vir sy probleme nie.
Hierop het die getuie
geantwoord dat die verklaring daarvoor is dat die
appellant 'n baie ingetoë persoon is wat verskriklik
minderwaardig
voel en dat hy sy probleem tot nou toe
van ander weggehou het om 'n skyn van
'n goeie self-
beeld vir homself te behou, maar dat sy probleem nou
"heeltemal openbaar" gemaak is, dat daardie "sprong"
16
nou geneem is en dat daar gelukkig niks meer is om
weg te steek nie. Die
landdros het daarop opgemerk
dat hy gepla is deur die oorwegings dat "een
keer 'n
alkoholis altyd 'n alkoholis" (waarmee die getuie
saamgestem het) en dat die moontlikheid nie uitge-
sluit is dat die appellant hom weer aan dieselfde
tipe oortreding gaan skuldig maak nie, waarop die
getuie geantwoord het:
"Ja, ja dit is ook dié wat ek in my hoof-verslag gesê het indien daar werklike onvoorsiene omstandighede gebeur, plaas-vind, kan iets weer gebeur, maar my per-soonlike indruk Edelagbare is dat dit baie onwaarskynlik is dat so iets weer sal gebeur."
Mnr van Zyl het hom ook uitgespreek oor die
uitwerking wat gevangenisstraf op die appellant sal
hê: sy
persoonlikheidsprobleme is van so 'n aard dat
gevangesetting dit waarskynlik
gaan vererger, met die
gevolg dat hy nog 'n groter probleem gaan hê om
nie
te drink nie wanneer hy uit die gevangenis kom. In
17
antwoord op 'n vraag van die appellant se advokaat of
dit die appellant
sou "vernietig" as hy sou tronk toe
te gaan, het die getuie bevestigend
geantwoord. Mnr
van Zyl het verder die mening uitgespreek dat daar
vir die
appellant "beslis nie effektiewe hulp aange-
bied kan word binne 'n
gevangenisopset nie". Hierdie
stelling is deur die landdros bevraagteken,
waarop
die getuie geantwoord het dat hy baie te doen het met
gevangenisse
en dat die belading daar van sielkundig-
es, mediese beamptes en sosiale
werksters sodanig is
dat dit vir hulle onmoontlik is om gereeld genoeg
terapie toe te pas, selfs al sou die hof 'n aanbevel-
ing oor behandeling doen. Ten slotte is mnr van Zyl
in herverhoor gevra oor hoe effektief behandeling vir
die appellant in die
tronk sou wees, waarop hy sy
getuienis afgesluit het met die volgende
opmerking:
"... ek dink die ervaring van gevangenis-straf gaan vir hom werklik waar verplet-terend wees en ek glo nie dat enige vorm van sielkundige behandeling binne tronk-
18
verband sal daardie effek kan uitkanselleer nie."
Drie ander getuies het namens die appellant
getuienis afgelê. Mev Viviers, 'n gekwalifi-
seerde sosiale werkster wat verbonde is aan Nimro,
het getuig dat 'n paneel van Nimro die geval van die
appellant ondersoek het en bevind het (om redes wat
sy uiteengesit het) dat die appellant 'n geskikte
kandidaat is vir gemeenskapsdiens; dat sodanige
diens by 'n hospitaal voorlopig vir hom beskikbaar
gemaak is (besonderhede waarvan sy verstrek het);
dat, omdat hy 'n alkoholis is, dit noodsaaklik is dat
hy behandeling vir sy toestand ontvang, onder toesig
van 'n proefbeampte; en dat aanbeveel word dat hy 'n
opgeskorte vonnis opgelê word onderhewig aan die
voorwaardes dat hy
sodanige diens verrig en sodanige
behandeling ontvang. Mnr Barnard, die
hoofbestuurder
van Bokomo, het getuig dat hy die appellant reeds van
19 1976 af ken, toe hy by die maatskappy begin werk het; dat die appellant 'n
baie waardevolle en hoogs gewaardeerde werknemer van
die maatskappy is; dat hy
in sy werk "uiters konsensieus", "baie skerpsinnig" en "baie intelligent" is, en
daarby "baie maatskappy-gerig"
('n "company man"); dat Bokomo graag sy dienste
wil behou en bereid is om hom tegemoet te kom (bv in verband met 'n
motorbestuurder
en die tye van afwesigheid van werk wat nodig sal wees om
siel-kundige behandeling te ontvang) ten einde hom "reg te kry".
Mnr Mostert
is 'n prokureur wat vir die afgelope 24 jaar op Malmesbury praktiseer, en wat
die appellant en sy familie al vir baie
jare lank goed ken (van ongeveer 1976
af). Hy het vir die appellant opgetree met sy eersbe skuldigbevinding, maar het
nie geweet
van die tweede een nie. Toe hy verneem het dat die appellant
tereggestaan op die onderhawige
20 aanklagte, het hy uit eie beweging teenoor
die appel-lant se huidige prokureur aangebied om getuienis voor die hof te plaas
wat
moontlik die hof van hulp kon wees met vonnisoplegging. Hy het aan die hof
beskryf hoe hy die appellant ken: 'n skugtere soort persoon,
amper half
teruggetrokke, ietwat gespanne, fyn opge-voed, fyn beskaafd, 'n persoon van die
hoogste integ-riteit, ongetwyfeld baie
eerlik, 'n baie sensitiewe persoon,
iemand wat hom goed geweldig kan aantrek. Sy huisgesin is 'n besondere hegte
een, die kinders
is besonder voorbeeldig en begaafd. Die appellant het aktief
deelgeneem aan die gemeenskapslewe en gedien op verskeie bestuursliggame
(soos
vroeër genoem) en hy staan sy plek vol in die samelewing. Mnr Mostert was
voor die jongste voorval bewus daar-van dat
die appellant 'n drankprobleem het
en het op 'n paar geleenthede hom daaroor aangespreek; dit het moontlik tydelike
vrugte afgewerp,
maar nie langdurig
21
nie. Hy sê hy kon sien dat die appellant baie hard probeer om sy
probleem self te oorkom, maar sy mening is dat die appellant
nie self en sonder
hulp die mas sal kan opkom nie. Gevra in kruisondervraging oor die vooruitsigte
van die appellant se drankmisbruik
in die toekoms, het mnr Mostert gesê
dat die impak van wat nou gebeur het die appellant "baie hard tot besinning
gebring" het
en dat hy vasbeslote is om van hulp gebruik Le maak om sy probleem
te oorkom. Sy mening is dat hy sal volhard met die behandeling
waarmee reeds
begin is en dat hy wel daarin sal slaag om sy probleem te bowe te kom. Oor die
moont-likheid van gevangenisstraf vir
die appellant sê hy hy dink "dit sal
hom werklik geestelik vernietig, vir hom spesifiek, kennende vir hom".
Nadat
die gebuienis namens die appellant afgesluit is, het die aanklaer die getuienis
gelei van me j Botha, die oorledene se dogter,
wat 'n
22
passasier was in die motor waarteen die appellant gebots het. Sy het vertel
van die tragiese gevolge wat die botsing vir haar en die
oorblywende lede van
haar familie meegebring het. Benewens die ernstige beserings wat sy en haar
broer (wat die voertuig bestuur
het) in die botsing opgedoen het, sê sy
dat hulle albei, asook hulle vader, voor die botsing "ten volle afhanklik" was
van
die oorledene - sy (die getuie) weens liggaamlike gestremdheid as gevolg van
polio, die broer weens gedeeltelike verlamming as gevolg
van 'n trombose, en die
vader weens Alzheimer-siekte. Die oorledene se ondersteuning en versorging moet
hulle al drie nou ontbeer
en daardeur is die hele familie ontwrig.
Mej Botha
het ook getuig oor hoe die botsing plaasgevind het. Sy sê dat sy gesien
het die appellant se voertuig beweeg van agter
'n aankomende vragmotor uit,
skuins oor die pad na die geel streep
23
aan sy verkeerde kant van die pad, en toe weer terug
reg voor hulle voertuig in; haar broer kon niks doen
om die botsing te
vermy nie. Onder kruisondervraging
het dit egter geblyk dat sy nie werklik in staat is
om met presiesheid te
sê hoe die aankomende voertuig
van die appellant beweeg het en hoe die
twee voertuie
mekaar getref het nie; al wat sy regtig onthou, is
dat die appellant na sy verkeerde kant van die pad
langs die vragmotor uit beweeg het en dat daar toe
die slag van die
botsing was.
Die landdros het tydens vonnisoplegging 'n
volledig beredeneerde uitspraak gelewer. Dit sal
weldra nodig wees om
verskeie aspekte van sy berede-
nering van naderby te beskou. Vir eers verwys
ek net
na die slotgedeelte van sy uitspraak. Daarin sê die
landdros die volgende:
"In die lig van u vorige veroordelings en die feit dat u nou weer skuldig bevind is aan twee baie ernstige misdade is die Hof van oordeel dat die tipe gemeenskaps-
24
diens vonnis wat voorgestel is heeltemal onvanpas sal wees. Soos in S v Vilioen 1971 (3) (A) op bladsy 483 beslis is, is hierdie 'n geval waar die beskuldigde se persoonlike omstandighede moet terugstaan vir die tipe misdaad wat hy gepleeg het asook in die belange van die gemeenskap, die Hof moet dus ander vorme van straf oorweeg. Enige vonnis wat die Hof vandag oplê sal nie die Botha-gesin se verlies terugbring nie, die Hof moet egter 'n vonnis oplê wat die publiek twee keer sal laat dink voordat hulle ' n voertuig op ' n openbare pad bestuur terwyl hulle onder die invloed van sterk drank is. Opgeskorte vonnisse het in die verlede nie die gewens-te uitwerking gehad nie, derhalwe bly net periodieke gevangenisstraf of direkte gevangenisstraf oor. Periodieke gevange-nisstraf is oorweeg, maar weer eens in die lig van u vorige veroordelings en in die erns van hierdie tipe misdrywe waaraan u nou weer skuldig bevind is, asook die riglyne neergelê in S v Kent 1981 (3) (A) op bladsy 28 sal hierdie tipe straf ook onvanpas wees.
Die enigste gepaste vonnis wat die Hof kan oplê is een van direkte gevangenis-straf."
Die landdros sê voorbs dat hy "vir vonnisdoeleindes
. . . die twee misdade as een handeling beskou". Op
daardic grondslag is
die vonnis van 2 jaar gevange-
25
nisstraf opgelê.
Met die aanhoor van die appèl in die hof a quo het die appellant se advokaat aangevoer dat die landdros in sy beoordeling van die getuienis in verskeie opsigte mistastings begaan het. In die uitspraak van die hof a quo, wat deur COOPER R gelewer is (LATEGAN R het saamgestem), is hierdie betoog verwerp en is daar bevind dat die landdros nie wesenlik misgetas het in enige van die aangevoerde opsigte nie. Die hof a quo het egter verder gegaan en mero motu bevind dat die landdros in twee ander opsigte misgetas het, wat nie geopper is namens óf die appellant óf die Staat nie, en op grond daarvan bevind dat dit die hof "vrystaan" om afsonderlike vonnisse op die twee aanklagte op te lê en aldus die appellant se totale straf te verswaar, soos vroeër aangedui is. (Die verandering van die vonnis het geskied nadat kennis dat die hof oorweeg om dit te
26 doen aan die partye gegee is en verdere betoog aangehoor is.)
Die
eerste vraag om te beslis is of die hof a quo korrek was in sy beskouing
dat die landdros misgetas het in die twee opsigte wat die hof a guo
bevind het. Die eerste beweerde mistasting is gevind in die feit dat die
verhoorhof die twee aanklagte saam geneem het vir vonnisdoeleindes en een globale vonnis
opgelê het; dit, sê die hof a quo, was "strydig met die
beginsels deur die Appêlhof goedge-keur" in S v Young 1977 (1) SA
602 (A) op 610E-H, en gevolglik het die landdros met die oplegging van vonnis
misgetas. Met hierdie beskouing kan ek nie saamstem nie.
Dit berus op 'n
foutiewe opvatting van wat in Young se saak gesê is. Dit is daar
gestel (pertinent op 610F/G) dat dit as 'n kwessie van praktyk onwenslik is vir
laer howe om skuldigbevind-ings
op verskillende aanklagte saam te neem vir
die
27 doeleindes van vonnis; dat dit net gedoen behoort te word in
uitsonderlike gevalle; en dat die vernaamste beswaar daarteen is dat
dit
probleme kan veroorsaak op appèl of hersiening as sommige van die
skuldig-bevindings tersyde gestel word. Die blote verontag-saming
van hierdie
praktyksreël kan klaarblyklik nie 'n mistasting uitmaak wat sonder meer
ingryping teen die opgelegde vonnis regverdig
nie. 'n Mistasting in hierdie
verband beteken 'n fout in die bepaling of die toepassing van die feite met die
oog op die beoordeling
van 'n gepaste vonnis, 'n fout van so 'n aard of omvang
dat dit daarop dui dat die vonnis-oplegger sy diskresie op 'n onredelike
of
onbehoor-like wyse uitgeoefen het (S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A) op
535D-G). In die huidige geval kan die verhoorhof se besluit om een vonnis vir
die twee oortredings gesamentlik op te lê
klaarblyklik nie onder daardie
maatstaf tuisgebring word nie, al
28
veronderstel 'n mens dat dit nie 'n uitsonderlike geval was soos beoog in die
Younq-saak supra nie (ek spreek geen mening daaroor uit nie).
Gevolglik het die hof a quo gefouteer deur te bevind dat die feit dat die
verhoorhof een vonnis opgelê het en nie twee nie, 'n grond was vir die
tersydestelling
van die vonnis.
Die tweede beweerde mistasting is gevind
daarin geleë te wees dat die verhoorhof versuim het om oorweging te skenk
aan 'n vonnis
wat die appellant vir 'n lang tyd van die pad af sou kon hou (d w
s opgeskorte gevangenisstraf met 'n toepaslike voor-waarde), soos
bespreek in
S v Lampbrecht (en ander sake) 1970 (3) SA 141 (T) op 147E-G en S v
Smith 1971 (4) SA 419 (T) op 421 in fin - 422A. Die hof a quo
het dit as 'n "ernsbige mistasting" beskou. Weer moet ek van die hof a
quo verskil. Dit is nie gereg-verdig nie (en onbillik teenccr die
landdros) om
29 eenvoudig aan te neem dat hy so 'n soort vonnis nie oorweeg het nie, net omdat hy nie uitdruklik daarna verwys het nie. In ieder geval, die uitlatings in
Lampbrecht en Smith supra waarna die hof a guo
verwys, is
gemaak met betrekking tot gevalle van eerste oortreders wab verkieslik uit die
gevangenis gehou word en waar direk effektiewe
gevangenisstraf dus nie
opgelê word nie. In die huidige geval is effektiewe gevangenisstraf van 2
jaar deur die ver-hoorhof
en die hof a quo as gepas beskou. Die hof a
quo se sienswyse dat bo en behalwe so 'n aansienlike tydperk van
gevangenisstraf daar noodwendig nog oorweging geskenk moet word aan
'n bykomende
opge-skorbe tydperk van gevangenisstraf, op voorwaarde dat die beskuldigde nic
'n motor op 'n openbare pad bestuur nie,
herus bloot op die hof a quo se eie
beskouing van wab 'n gepaste vonnis sou gewees het. Maar die diskresie ten
opzigte van vonnisoplegging
30 was die verhoorhof s'n, en die hof a quo was nie by magte om deur
die uiboefening van 'n eie diskresie 'n vonnis van sy keuse in die plek van
dié van die verhoorhof
te stel nie. Dit is in werklikheid wat die hof
a quo gedoen het, en daardeur het die hof a quo gefouteer.
My
gevolgtrekking is derhalwe dat die hof a quo se bevinding dat die verhoorhof
mistastings begaan het in die twee opsigte waarop
hy gesteun het, ongegrond was.
Dit volg dus dat die hof a quo nie geregtig was om die verhoorhof se
vonnis tersyde te stel en te vervang deur vonnisse waardeur die appel-lant se
straf verswaar
is nie. Wat die verswaring van die straf betref, het die hof a
quo hom beroep op S v Du Toit 1979 (3) SA 846 (A) op 858D. In daardie
saak het hierdie Hof mero motu 'n opgelegde vonnis van 1 jaar
gevangenisstraf vervang deur 'n vonnis van 3 jaar gevangenisstraf. In die
passasie van die
31 uitspraak op 858D is daar gesê dat, weens die
wan-voorligting van die verhoorregter, dit hierdie Hof vrygestaan het om '
n
gepaste vonnis op te lê. Daar moet egter op gewys word dat hierdie Hof ook
bevind het (op 858F/G) dat geregtigheid in daardie
saak vereis het dat 'n
aansienlik langer periode van gevangenisstraf opgelê moet word. Dib val te
betwyfel of die omstandighede
van daardie geval behoorlik vergelyk kan word met
dié van die huidige saak. Hoe dit ook al sy, my bevinding dat hier
inderdaad
nie die mistastings aanwesig was wab die hof a quo gemeen het
te bestaan nie, maak in ieder geval die Du Toit-saak supra
ontoepaslik. In die afwesigheid van die vermeende mistasbings sou die hof a
quo die verhoorhof se vonnis kon verswaar het slegs indien die vonnisse wat
die hof a quo verkies heL om op te lê so treffend van die vonnis
van die verhoor-hof verskil het dat die afleiding gemaak kon word dat
32
die verhoorhof sy diskresie onredelik of onbehoorlik uitgeoefen het (S v
Anderson 1964 (3) SA 494 (A) op 495G-H), of indien die vonnis van die
verhoorhof so ontoereikend was dat verskerping daarvan gebiedend was (S v
Hougaard 1972 (3) SA 748 (A) op 759C). Die ingryping van die hof a
quo kan egter klaarblyklik nie op so 'n grondslag geregverdig word
nie.
Die resultaat is dat die vonnisse wat die hof a guo opgelê het nie
staande gehou kan word nie en tersyde gestel moet word.
Die volgende vraag
vir oorweging is wat hierdie Hof nou te doen staan. Mnr Theron, namens
die Staat, het aangevoer dat die vonnis van die verhoorhof herstel behoort te
word, samehangend met 'n betoog dat die landdros
se beredenering bydens
vonnisoplegging onaanvegbaar is en die vonnis waarop hy besluit het, gepas in
alle opsigte. (Dit was ook sy
botoog in die hof aquo) . Mev
Traverso, namens
33
die appellant, het herinstelling van die verhoorhof se vonnis teengestaan,
met 'n betoog dat die landdros in sy beoordeling van die
getuienis en die feite
in verskeie opsigte misgetas het, as gevolg waarvan hy op 'n onvanpaste vonnis
besluit het. Die mistastings
wat sy aangevoer het, was in hoofsaak dieselfde as
wat vervat was in die betoog van die appellant se vorige advokaat in die hof
a quo, en wat deur daardie hof verwerp is. Vanweë hierdie toedrag
van sake is dit nodig om te bepaal of die verhoorhof wel mis-tastings
begaan het
in die opsigte wat aangevoer is.
In die skriftelike betoogshoofde wat deur
die appellant se vorige advokaat opgestel is, is daar aangevoer dat die
verhoorhof gedwaal
het deur te bevind dat die ongeluk plaasgevind het as gevolg
van die roekeloosheid van die appellant, op grond van die volgende oorwegings
(volgens die betoog): die appel-lant het skuldig gepleit daaraan dat die dood
van die
34
oorledene deur sy nalatigheid veroorsaak is; die pleit is so deur die
aanklaer aanvaar; gevolglik was die verhoorhof gebonde aan die
feitlike basis
van die pleit (vgl S v Greyling 1990 (1) SASV 49 (A) op 53j-54b); die
erkennings in die appellant se pleitver-duideliking bewys nie dat hy roekeloos
bestuur het
nie; mej Botha se getuienis bewys dit ook nie; die verhoorhof was
nie geregtig om die appellant se erkenning ten opsigte van aanklag
2, dat hy
onder die invloed van drank bestuur het, te gebruik as die grondslag van 'n
bevinding van roekeloosheid, met betrekking
tot die afsonderlike aanklag 1 nie.
Met die aanhoor van die appél in hierdie Hof het mev Traverso nie
hierdie betoog voorgedra nie, maar terselfdertyd te kenne gegee dat sy dit nie
wil laat vaar nie. Ek gaan dus voort om dit te
behandel.
Oor die kwessie van
roekeloosheid het die landdros in sy uitspraak die volgende gesê:
35
"Vir vonnisdoeleindes is dit ook belangrik om u graad van nalatigheid te bepaal. Dit is gemene saak dat u die voertuig bestuur het terwyl u onder die invloed van sterk drank was en nie die voertuig met die nodig versigtigheid kon bestuur nie. Die konsentrasie alkohol in u bloed was 0,29 gram per 100 ml. u het verder erken dat u versuim het om 'n be-hoorlike uitkyk te hou en dat u na die verkeerde kant van die pad beweeg het terwyl dit as gevolg van aankomende verkeer gevaarlik sou wees om te doen en dat u versuim het om die botsing te vermy terwyl u dit deur die uitoefen van redelike sorg sou kon gedoen het.
Op bladsy 518 paragraaf F het die Hof in R v Roopsingh 1956 (4) (A) soos volg beslis:
'To drive a motor vehicle when the driver's faculties are impaired through his having consumed intoxicating liquor appears to me to be in itself a form of recklessness, for how often has experience not shown that the intoxicated driver is the harbinger of disaster, and even of death, for innocent users of the highway.'
In die lig van al die omstandighede bevind die Hof dan dat as gevolg van u roekelose optrede het u die dood van die oorledene veroorsaak."
In die kort aanvullende skriftelike redes vir vonnis
36
wat die landdros verskaf het nadat appél aangeteken is, verduidelik
hy, met verwysing na S v Van Zyl 1969 (1) SA 553 (A), dat hy met
"roekeloosheid" in gedagte gehad het growwe nalatigheid "sonder gevolgsbewuste
onverskilligheid".
Soos ek die landdros se benadering ver-staan, het hy nie
bevind dat die wyse waarop die appellant sy motor bestuur het, volgens sy
erkennings ten opsigte van aanklag 1 (paragraaf 3.2.4 van sy
pleitverduideliking), op sigself aantoon dat hy roekeloos opgetree het
nie; vir
die bevinding van roekeloosheid is daar ook gesteun op die erkennings wat ten
opsigte van aanklag 2 gemaak is (paragrawe
4.2.3 en 4.2.4 van die
pleitverduideliking). R v
Roopsingh supra, waarna die landdros
verwys, is gesag daarvoor dat dit in beginsel geoorloof is om met
vonnisoplegging by 'n skuldigbevinding aan
strafbare manslag die feit dat die
beskuldigde onder die in-
37 vloed van drank bestuur het (wat beskou is as 'n
vorm van roekeloosheid) as 'n strafverswarende faktor in aanmerking te neem. In
daardie geval is verder ook die feit dat die beskuldigde onder die invloed
bestuur het, in ag geneem tesame met die ander feit-like
aspekte van die wyse
waarop hy bestuur het, om tot die bevinding te geraak dat sy optrede growwe
nalatigheid uitgemaak het (sien
op 519A-C). In daardie geval was daar egter net
een aanklag, dié van strafbare manslag, en was daar geen
pleitverduidelik-ing
nie, terwyl ons hier twee afsonderlike aanklagte het en 'n
pleitverduideliking wat afsonderlik ten opsigte van die aanklag van strafbare
manslag slegs (gewone) nalatigheid erken het. As die verhoorhof twee aparte
vonnisse opgelê het, dan kon die be-nadering wat
in die hierbo-aangehaalde
uittreksel uit die landdros se uitspraak weerspieël word, wel pro-bleme
geskep het, en dan sou die
betoog namens die
38
appellant bes moontlik êrens kon gekom het. Maar nou het die verhoorhof
juis nie twee vonnisse opgelê nie, maar net een,
en dit op grondslag van
die landdros se uitdruklike stelling dat hy "die twee misdade as een handeling
beskou". Hierdie benadering
van die landdros beroof die betoog namens die
appel-lant van alle moontlike trefkrag wat dit andersins kon gehad het. In die
lig
van so 'n benadering is die uitlatings in die aanhaling hierbo volkome
sinvol en aanneemlik, as synde 'n samevatting van die geheelbeeld
van die
appellant se strafwaardige gedrag. As sodanig het dit ook geen benadeling vir
die appellant ingehou nie. Hy het in paragraaf
4.2.4 van sy pleitverduideliking
erken dat hy weens sy drankinname nie in staat was om met die nodige sorg te
bestuur nie, en in
paragraaf 3.2.4 dat hy inder-daad nie met die nodige sorg
bestuur het nie. Die gedagte wat in die betoog namens die appellant
39
geopper is, dat die een erkenning nie noodwendig met die ander verband hou nie,
is 'n teoretiese spits-vondigheid wat, in die konteks
van die vraag of die
verhoorhof sy diskresie ten opsigte van vonnisopleg-ging redelik en behoorlik
uitgeoefen het, van geen betekenis
is nie. Die resultaat is dus dat die
verhoorhof met betrekking tot die bevinding van roekeloosheid geen mistasting
begaan het nie.
Die ander mistastings van die verhoorhof wat aangevoer is,
hou verband met verskeie aspekte van die kommentaar wat die landdros in
sy
uitspraak gelewer het op die getuienis van mnr van Zyl en wat daartoe gelei het,
volgens die betoog, dat die iand-dros die deskundige
getuienis in wesenlike
opsigte verkeerd beoordeel het en as gevolg daarvan tot wesenlik verkeerde
bevindings geraak het ten opsigte
van die getuienis van die appellant en die
ander gegewens wat voor die hof geplaas was. Met hierdie
40 betoog stem ek saam, soos sal blyk uit wat volg.
In sy uitspraak lei
die landdros sy bespreking van rnnr van Zyl se getuienis in met die opmerking
dat dit uit 'n bestudering van sy
verslag blyk dat daarin "sekere aspekte wat
teenstrydig is met ander getuienis" voorkom, waarvan hy "enkele voorbeelde" gaan
aanhaal.
Hy gaan dan voort om drie sulke voorbeelde te noem. Uit sy uitspraak as
'n geheel is dit duidelik dat die landdros op grond van die
beweerde
teenstrydighede, en op grond daarvan alleen, erg krities ingestel was teenoor
mnr van Zyl se getuienis. Hy sê op een
plek, met verwysing na sy tweede
voorbeeld van 'n teenstrydigheid, dat hy "ernstige probleme het" met een
gedeelte van die verslag,
en op 'n ander plek, met verwysing na een van die
getuie se gevolgtrekkings, dat hy "ernstige bedenkinge" daaroor het. Dit is dus
nodig om te ondersoek of die teenstrydighede wat die landdros
41 aanhaal wel
gronde is vir sy kritiek.
Die landdros se voorbeelde is die volgende:
(a) Volgens die verslag het die appellant aan mnr van Zyl vertel dat hy op die dag van die ongeluk net voor middagete twee drankies by die huis gedrink het, terwyl hy in sy getuienis gesê het dat hy die be-trokke twee drankies by die sportklub gedrink het.
(b) Volgens die verslag het die appellant aan mnr van Zyl vertel dat hy ' n probleem het as hy bestuursvergaderings bywoon: hy vind dit moeilik om sy woord te doen, "hy raak aan die stotber en hy bloos bloedrooi". Daarteenoor het mnr Barnard onder kruis-ondervraging van die aanklaer getuig dat hy dikwels saam met die appellant op bestuurs-
42
vergaderings was, dat die appellant se optrede daar uitstekend is, hy is "'n
ware leier". (c) Volgens die verslag het die appellant
mnr van Zyl meegedeel dat
sy vordering by die werk nie heeltemal na wens is nie, dat sy akademiese
kwalifikasies hom nie 'n senior
posisie besorg nie, en dat hy soms bedruk voel
oor sy vordering by die werk. Daar-teenoor het mnr Barnard getuig dat hy dink
die
appellanL weet dat hy 'n gewaardeerde persoon is by die werk, dat hy in 'n
spesialisafdeling aangestel is, en dat hy nie einblik
in aanmerking kan kom vir
'n bestuurderspos nie.
Miskien moek ek dadelik sê dat ek dit moeilik
vind om te begryp hoekom die punte in (a), (b) en (c) hierbo vir die landdros
ernstige probleme
43
en bedenkings veroorsaak het. Vermoedelik het die landdros gemeen dat die deskundige menings wat mnr van Zyl uitgespreek het, gebaseer was op verkeerde inligting wat aan hom oorgedra was en dus onbetrou-baar was. Maar na my mening kan die gegewens nie so 'n afleiding regverdig nie. Om mee te begin, moet daarop gewys word dat nie een van die teenstrydighede opgeneem is met, of gestel is aan, óf mnr van Zyl óf die appellant nie, en hulle dus geen geleentheid gegun is om daarmee te handel nie. Afgesien daarvan, is die teenstrydighede in ieder geval van so 'n aard dat dit nie aangewend kan word om die betroubaarheid van die deskundige getuienis in die gedrang te bring nie. Wat (a) hierbo betref, is dit kennelik niks meer as 'n beuselagtigheid wat van geen werklike belang kan wees nie. Wat (b) en (c) hierbo betref, berus die probleme wat die landdros daarmee gehad het na my oordeel op die miskonning van ' n eenvoudige,
44
welbekende kenmerk van die menslike psige: die beeld wat 'n persoon van homself het, verskil dikwels hemelsbreed van die beeld wat ander mense van hom het. Waar iemand, soos die appellant, hoogs intel-ligent en bekwaam is, en by die werk en deur sy vriende hoog aangeslaan word, maar hy self ervaar sterk gevoelens van minderwaardigheid en ontoe-reikendheid, lê dit tog voor die hand dat sy per-sepsie van homself verskil van die persepsie wat die mense rondom hom van hom het. 'n Hof het nie siel-kundige getuienis nodig om dit te besef nie. (Die getuie Barnard het dit ook ingesien: toe aan hom gestel is wat die appellant aan Van Zyl vertel het oor sy optrede by bestuursvergaderings, was sy kommentaar: "ek dink dit is 'n geval van hoe hy self voel teenoor omstandighede".) En as Barnard se "teenstrydige" getuienis aan Van Zyl gestel sou gewees het, is Jaar by my geen twyfel nie dat sy
45 reaksie sou gewees het: "Natuurlik, dit bewys juis dat my mening oor die
appellant se persoonlikheids-gebreke in die kol is". Daar
is inderwaarheid geen
botsing (soos die landdros dit beskryf het) tussen die appellant se mededelings
aan Van Zyl en Barnard se getuienis
nie; die een se gevoelens het net nie
ooreengestem met die ander se waarnemings nie.
Gevolglik is ek oortuig
daarvan dat die verhoorhof geen gegronde rede gehad het om die betroubaarheid
van mnr van Zyl se getuienis
in twyfel te trek nie. Ek stem dus ook nie saam met
die teen-oorgestelde sienswyse wat blyk uit die uitspraak van die hof a
quo nie. Die hof a quo het self s twee verdere punt van kritiek teen
mnr van Zyl se getuie-nis opgediep, wat na my mening, met eerbied gesê,
ewe ongegrond
is. Die eerste is dat mnr van Zyl slegs op 'n leidende vraag of
gevangenisstraf die appellant sou "vernietig" bevegtigend geantwoord
het, dat
hy
46
nie uit sy eie daardie mening uitgespreek het nie, en dat dit te betwyfel is
of enige sielkundige so 'n mening sou kon gee. Hierdie
opmerkings
weerspieël 'n verontagsaming van die hele trant van mnr van Zyl se
getuienis op hierdie punt, soos dit duidelik saam-gevat
word in die
slotparagraaf van sy getuienis, wat ek vroeër aangehaal het, toe hy op 'n
neutrale vraag geantwoord het dat gevangenisstraf
die appellant gaan verpletter.
Die tweede punt is dat mnr van Zyl op 'n vraag van die aanklaer of die appellant
onttrekking-simptome
ervaar het toe hy opgehou drink het, geant-woord het dat
die appellant dit nie aan hom gemeld het nie, maar dat die appellant dit
waarskynlik nie sou gehad het nie omdat hy tydens sy hospitalisasie as gevolg
van sy beserings baie sterk verdowings-middels gebruik
het wat sou gehelp het
daarvoor. Die hof a quo se kommentaar hierop is dat dit "eienaar-dig'" is dat
mnr van Zyl nie die aangeleentheid
met
47 die appellant bespreek het nie, en
dat dit die vraag laat ontstaan of hy "'n indringende onderhoud" met die
appellant gevoer het.
Die skimpe is ongeregver-dig. Die getuienis is dat mnr van
Zyl vyf of ses onderhoude met die appellant gevoer het. Die hof a quo het
skynbaar skepties gestaan teenoor mnr van Zyl se bevinding dat die appellant 'n
alkoholis is (om watter rede, weet 'n mens nie),
en het blykbaar mnr van Zyl
verkwalik dat hy nie self ook twyfel oor die aangeleentheid gehad het nie. Ek
kan geen rede insien waarom
die waarde van mnr van Zyl se des-kundige mening in
hierdie opsig, of in enige ander opsig, gekleineer hoef te word nie. My
beoordeling
van sy verslag en sy getuienis is dat hy deeglike werk gedoen het en
dat die menings wat hy uitgespreek het, ewewigtig en aanvaarbaar
is.
Vervolgens moet nagegaan word watter uit-werking die verhoorhof se
foutiewe betwyfeling van
48
die waarde van die deskundige getuienis gehad het op sy beoordeling van die feite. Die landdros het oënskynlik wel aanvaar dat die appellant 'n alkoholis is, maar dit blyk uit sy uitspraak dat hy die impli-kasies van daardie feit, soos dit deur mnr van Zyl verduidelik is, nie na behore in ag geneem het nie. Dit is 'n deurlopende tema in die uitspraak dat die appellant erg verkwalik word oor sy hantering van sy drankprobleem in die verlede. Hy word herhaaldelik gekritiseer in twee opsigte; dat hy sy probleem van ander mense weggesteek het, en dat hy geen hulp daarvoor gesoek het nie. Al die voorbeelde word opgenoem: die appellant het skelm gedrink, en nie sy vrou vertel van sy probleem nie, of sy vriende of sy werkgewer nie, en, veral, ook nie die hof ten tyde van sy twee vorige veroordelings nie; hy het sy vrou en sy vriende se vermaning om behandeling te ontvang nie gestand gedoen nie, en so meer. Die feite is
49
reg, maar die verhoorhof se morele veroordeling van
die appellant op grond daarvan is onvanpas, soos
treffend blyk uit die landdros se gevolgtrekking dat
"dit duidelik [is] vir die hof dat u nie gehelp wou
wees nie". Dit is 'n algehele negering van die effek
van die deskundige getuienis met betrekking tot die
gevolge van die appellant se persoonlikheidsprobleme
en alkoholisme, en 'n wesenlike misbasting. As
gevolg daarvan het die landdros die omstandighede van
die saak wat voor hom was, in wesenlike opsigbe
verkeerd beoordeel. Dit het onder meer daartoe gelei
dat die landdros ten onregte skepties was oor die
appellant se vasbeslotenheid om met behandeling sy
probleem te bemeester.
Hy sê:
"Nou dak u in ernstige moeilikheid is, is u vasberade om voort te gaan met die behan-deling .... Dan vra die hof homself die vraag af hoekom u nou skielik skaam is
Dit is duidelik uit die appellant se getuienis dat hy
50 voorheen nie uit
vrye keuse moedswillig of onverskil-lig gestaan het teenoor sy probleem nie, en
dat dit die trauma van die onlangse
ontsettende gevolge van sy optrede was wat
hom tot besinning geruk het. Hierdie getuienis is bevestig deur mnr van Zyl se
deskundige
getuienis, en die verhoorhof behoort dit nie te verwerp het nie.
Daardeur het die verhoorhof nie na behore besef dat die omstandighede
van die
huidige saak wesenlik verskil het van dié wat gegeld het ten tyde van die
appellant se vorige veroor-delings nie.
By die bepaling van 'n gepaste straf vir
iemand wie se oortreding voortgespruit het uit alkoholisme, is dit van belang of
hy bereid
is om behandeling te ondergaan, en of daar 'n goeie voor-uitsig is dat
hy daarmee sal volhard en daarby baat sal vind (vgl S v Fraser 1987 (2)
SA 859 (A) op 864D). Die getuienis hieroor in die huidige saak is besonder
sterk. Die verhoorhof het dit nie behoorlik
51
ingesien nie.
'n Verdere opsig waarin die verhoorhof
misgetas het, is in die beoordeling van die uitwerk-
ing wat 'n vonnis van gevangenisstraf op die appel-
lant sal hê. Die landdros sê:
"Indien u wel behandeling moet ondergaan kan daardie behandeling net so goed in die gevangenis-opset gegee word."
Hierdie uitlating volg op 'n voorafgaande verwysing
na mnr van Zyl se bevinding dat die appellant onder-
liggende persoonlikheidsprobleme het wat aanleiding
gee tot sy drinkery: oor hierdie gevolgtrekking
spreek die landdros sy "ernstige bedenkinge" uit,
omrede die mededelings
wat die appellant aan hom
gemaak het "nie strook met die res van die
getuienis
nie". Ek het reeds daarop gewys dat die verhoorhof
in hierdie opsig gefouteer het. Dit is duidelik dat
die verhoorhof die
getuienis dat die appellant
persoonlikheldsprobleme het wat behandeling
nodig
52
het, en dat daardie behandeling nie doeltreffend in die gevangenis gelewer
kan word nie, verwerp het, en sodoende by noodwendige implikasie
ook die
getuienis dat gevangenisstraf verwoestende gevolge vir die appellant sal
hê. Die verwerping van al hierdie getuienis
was ongegrond. Dit is 'n
mistasting wat wesenlik was met betrekking tot die bepaling van 'n gepaste
vonnis.
As gevolg van die verhoorhof se mistastings kan mnr Theron se
voorstel dat sy vonnis herstel behoort te word, nie sonder meer aanvaar word
nie. Ek sê "sonder meer" omdat hierdie Hof
nou opnuut oor 'n gepaste
vonnis moet besin, maar nie noodwendig hoef te besluit dat die verhoorhof se
vonnis nie in elk geval bog
'n gepaste vonnis in al die omstandig-hede van die
geval (korrek beoordeel) is nie. Teen-oor die omstandighede wat op die persoon
van die appellant bebrekking het, wat tot dusver hierbo
53
bespreek is, moet daar opgeweeg word die belange van die gemeenskap by
straftoemeting in 'n geval soos die huidige. Hierdie aspek
van die saak het die
landdros in sy uitspraak deeglik behandel, en ook beklemtoon; daarin het hy
volkome gelyk. Hy wys onder meer
daarop dat die soort oortredings waaraan die
appel-lant hom skuldig gemaak het, 'n landwye probleem is wat ernstige afmetings
aanneem;
dat die howe al herhaalde male gewaarsku het dat daar drasties teen
soortgelyke oortreders opgetree sal word; en dat, indien ons
die dood van ons
paaie wil afhou, daar "met 'n ferm hand" opgetree sal moet word, veral in
gevalle van dronkbestuur en roekelose
bestuur. Ek stem met die landdros saam.
Dit is hierdie oor-wegings, en die opweging daarvan teenoor die persoon-like
omstandighede
van die appellant, wat meegebring het dat die verhoorhof se taak
met vonnisoplegging 'n uiters moeilike een was.
54 Vroeër in hierdie
uitspraak het ek die slotgedeelte van die landdros se uitspraak aangehaal,
waarin hy die vonnisopsies opnoem
wat hy oorweeg het. Dit blyk daaruit dat hy
van oordeel was dat die huidige 'n geval is waar die appellant se persoonlike
omstandighede
moet terugstaan vir die belange van die gemeenskap. Vanweë
die foute wat ingetree het in die landdros se beoordeling van die
appellant se
persoon-like omstandighede, soos hierbo bespreek, sou dit nodig gewees het om te
oorweeg of die landdros se sienswyse
nog staande gehou behoort te word - as die
vonnisopsies dieselfde was. Maar hulle is nie meer dieselfde nie; daar het 'n
belangrike
een bygekom. Deur Proklamasie R86 gepubliseer in die Staatskoerant
(No 14204) van 1 Augustus 1992 is artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet
51
van 1977 van toepassing gemaak in die jurisdiksiegebied van die landdroshof van
Malmesbury, As gevolg daarvan kan die appellant
55
nou tot korrektiewe toesig gevonnis word.
Uit onlangse beslissings van hierdie Hof
blyk dit dat 'n vonnis van korrektiewe toesig nou vir
die appellant
oorweeg kan word, ten spyte van die
feit dat daardie moontlikheid nie bestaan het ten
tyde van die appellant se verhoor in die verhoorhof
nie - sien S v
R 1993 (1) SASV 209 (A) (ook gerap-
porteer in 1993 (1) SA 476 (A)) en
S v Ndaba 1993 (1)
SASV 637 (A). In die uitsprake van KRIEGLER Wn AR
in
albei hierdie sake word die aard van hierdie nuwe
vorm van straf
breedvoerig en indringend bespreek.
In S v R supra op 221h-222a word daar gesê:
"Die Wetgewer het dus duidelik onderskei tussen twee soorte misdadigers, naamlik dié wat deur gevangesetting van die gemeenskap afgesonder moet word en dié wat strafwaar-dig is maar nie uit die gemeenskap verwyder hoef te word nie. Wat meer is, die Wet-gewer het ondubbelsinnig deur die klemver-skuiwing, wat uit die Wysigingswet as geheel spreek, aangedui dat straf, hervorm-end maar desnoods hoogs bestraffend, nie noodwendig of selfs primêr deur opsluiting in 'n gevangenis haalbaar is nie. Waar die
56
wetgewende gesag so duidelik sy wens uit-gespreek het en waar die uitvoerende gesag (blykens die wetsinwerkingstellende prokla-masies) paraat is om die nodige administra-tiewe rugsteuning te verskaf, is dit die plig van regsprekers om die middele wat so vrylik tot hul beskikking gestel is daad-werklik op te neem. In die besonder moet daar ingesien word dat daar nou gevoelige straf toegemeet kan word sonder gevange-setting, met al die bekende nadele aan laasgenoemde verbonde vir beide die prison-ier en die breë gemeenskap. 'n Vonnis van korrektiewe toesig kan tewens so saamgestel word dat dit vir die veroordeelde meer beswaar as korttermyn gevangenisstraf ingevolge art 276A(l)(b) van die Strafpro-seswet mag 'n hof immers korrektiewe toesig vir ' n tydperk van soveel as drie jaar oplê."
In S v Ndaba supra op 641g-h word bygevoeg:
"Die belangrikste is dat hierdie nuwe en eiesoortige vonnisopsie wesenlike bestraf-fing sonder gevangesetting kan bewerkstel-lig. Daarby aansluitend is dit so veelsoortig en plooibaar dat 'n waarlik verpersoonlikte program van meet af bepaal en, indien nodig, agterna aangepas kan word. Gevolglik is korrektiewe toesig besonder geskik in gevalle soos die onder-hawige waar misdadige optrede ontstaan uit 'n waarskynlik omkeerbare of beheerbare persoonlikheidsgebrek wat terapie buite gevangenisverband verg."
57
Die treffende toepaslikheid van die aan-gehaalde uitlatings op die omstandighede van die onderhawige saak spreek vanself: daar kan geen twyfel wees nie dat korrektiewe toesig as 'n vonnis vir die appellant oorweeg moet word. Met die oog daarop moet die saak na die verhoorhof terugverwys word, sodat die landdros opnuut oor vonnisoplegging kan besin. Die riglyne vir sy verdere hantering van die saak sal hy vind in die uitsprake in S v R en S v Ndaba supra. In hierdie verband wil ek net dit byvoeg. Alhoewel die seksuele oortredings wat in die genoemde twee sake aan die orde was, iets totaal verskillend is van die appellant se oortredings, het die probleem van vonnisoplegging in daardie soort gevalle baie in gemeen met die probleem in die huidige geval: hoe om 'n ewewigtige rekonsiliasie te probeer bereik tussen die belange van die individuele
58 oortreder wat (afgesien van sy oortredings) goeie mense-materiaal uitmaak
en wat geskaad kan word deur gevangesetting, en die belange
van die gemeenskap
wat ter wille van beskerming en vergelding vereis dat oortreders na behore
gestraf word. Ten spyte van die verskille
in die aard van die oortredings, sal
die verhoorhof dus in baie van wat gesê is in die uit-sprake in die
genoemde twee sake
leiding kan vind wanneer vonnisoplegging hier heroorweeg
word.
In S v R supra is die saak na die verhoor-hof terugverwys
spesifiek vir die oplegging van 'n vonnis van korrektiewe toesig; in S v
Ndaba supra is die doel van die terugverwysing nie op hierdie wyse beperk
nie, maar is die saak terugverwys vir her-bepaling van die vonnis ooreenkomstig
die riglyne wat in die uitspraak uiteengesit is. Laasgenoemde prose-dure sal in
die huidige geval gevolg word, omdat daar reeds drie
jaar verstryk het sedert
die appellant
59
oorspronklik gevonnis is. Op die beskikbare gegewens in die oorkonde
beoordeel, dink ek dat korrektiewe toesig die aangewese vonnis
is, maar nou dat
die saak na die verhoorhof terugverwys staan te word, is die diskresie aangaande
vonnis weereens uitsluitlik die
verhoorhof s'n, en hy sal dit eers kan uitoefen
nadat hy in die loop van sy ondersoek (sien S v Ndaba supra op 641i-642c)
deeglik ingegaan het op die "vars inligting" wat beskikbaar gemaak sal word. Aan
die hand daarvan, en van wat in hierdie
uitspraak uiteen-gesit is, sal hy bepaal
of korrektiewe toesig 'n gepaste vonnis is, en indien wel, wat die bepalings
daarvan sal
wees.
Ten slotte moet ek verwys na die feit, genoem aan die begin
van hierdie uitspraak, dat 'n gedeelte van 'n vorige opgeskorte vonnis
van die
appellant moontlik in werking gestel sal kan word. Indien die verhoorhof sou
besluit om 'n vonnis van
60
korrektiewe toesig op te lê, sou die inwerking-stelling van die opgeskorte vonnis van gevangenis-straf die hele doel en die effektiwiteit van die bevel wat hierdie Hof nou uitreik, en van die vonnis wat die verhoorhof kan oplê, verydel (vgl S v R supra op 225g-h). Soos in daardie geval, "word die vertroue uitgespreek dat gesonde oordeel dienaan-gaande sal heers", en dat die opgeskorte vonnis dus nie in werking gestel sal word nie.
Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die appèl slaag. 2. Die vonnisse wat die hof a quo die appellant opgelê het, word tersyde gestel. 3. Die bevel van die hof a quo dat die vonnis wat die verhoorhof die appel-lant opgelê het, tersyde gestel word, bly staan.
61 4. Die saak word na die verhoorhof terugverwys om ter voldoening aan die bepalings van artikel 276A(l)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 'n verslag van 'n proefbeampte of korrektiewe beampte in ontvangs te neem en relevante getuienis indien enige aan te hoor, en om daarna opnuut vonnis op te lê aan die hand van wat in hierdie uitspraak uiteengesit is.
A S BOTHA AR
NESTADT AR
STEM SAAM NICHOLAS Wn AR