South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 138
| Noteup
| LawCite
S v Moleme (364/1992) [1993] ZASCA 138 (27 September 1993)
Download original files |
LL Saak No 364/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
LEUTIKILE GODWIN
MOLEME Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VAN DEN HEEVER ARR en
KRIEGLER Wnd AR
VERHOORDATUM: 10 SEPTEMBER 1993
LEWERINGSDATUM: 27 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2 Die appellant het in 'n
landdroshof skuldig gepleit op aanklagte van wederregtelike besit van 'n Makarov
pistool, ses 9 mm Makarov
patrone, 'n Stechkin pistool en twintig 9 mm Stechkin
patrone. Tydens ondervraging ingevolge art 112 van die Straf-proseswet 51 van
1977 het die appellant beweer dat hy op 9 Februarie 1991 sy broer in Botswana
besoek het. Na sy terugkoms by sy tuiste naby Bloemfontein
het sy broer hom
getelefoneer. Dié het gesê dat hy iets gesit het in die bak van die
voertuig waarmee die appellant
gereis het. Laasgenoemde het toe die twee
vuurwapens in die bak gevind (blykbaar met patrone in die magasyne daarvan). Hy
het op
sy beurt sy broer geskakel en gevra waarom hy die wapens sonder sy wete
in die voertuig geplaas het. Sy broer se antwoord was dat
hy by sy terugkeer na
die appellant se huis die wapens sou gebruik om homself te verdedig. Die
appellant het voorts gesê dat
hy toe die wapens in 'n
3 huisie
ingegooi het om hulle "voorlopig" daar te hou omdat hy nie geweet het waarheen
hy hulle kon neem nie. Later het hy besluit
om die wapens vanaf sy woning te
verwyder maar is toe - op 3 Maart 1991 -gearresteer.
Nadat hy op
grond van sy ondervraging op al vier aanklagte skuldig bevind is, het die
appellant ter versagting getuig. Tydens kruisondervraging
het hy herhaal dat hy
op 3 Maart 1991 op pad was om die Makarov pistool elders te gaan versteek.
Onderweg het hy gehoor dat een of
ander geselligheid in 'n huis aan die gang
was. Hy het ingegaan en later in 'n worsteling met van die partytjiegangers
betrokke geraak.
Daartydens het hy die pistool uit die sak-omhulsel daarvan
getrek. Dit het hy gedoen omdat hy wou keer dat die pistool teen hom gebruik
word. Die pistool is toe van hom afgeneem. ('n Mens lei af dat die huisbaas toe
die polisie ontbied het waarna die
4 appellant gearresteer
is.)
Uitgevra deur die landdros, het die appellant gesê dat hy
die Makarov pistool in 'n gereedskapskamer van familielede wou gaan
wegsteek
totdat hy kon besluit wat hy daarmee sou doen. Hy het nie die betrokke aand die
Stechkin pistool saamgeneem nie omdat hy
nie op dieselfde tydstip albei pistole
by hom wou hê nie. Hy was egter van voorneme om later die Stechkin pistool
in dieselfde
kamer te versteek.
Die enigste ander getuie was die
ondersoek-beampte, konstabel Redelinghuys, wat deur die appellant opgeroep was.
Hy getuig dat die
appellant hom behulpsaam was met die opspoor van die Stechkin
pistool. Na sy arrestasie het hy 'n hangkas uitgewys waarin daardie
pistool
versteek sou gewees het. Dit was egter nie daarin nie en die appellant het toe
'n boodskap gelaat dat 'n ander broer van
hom dit aan
5 die polisie
moes besorg. Later dieselfde aand is die pistool deur die broer aan die getuie
oorhandig.
Uit Redelinghuys se getuienis blyk ook dat die appellant
kort na sy arrestasie aan hom gesê het dat sy eersgenoemde broer met
sy
terugkeer uit Botswana herbesit van die vuurwapens sou neem.
Die
landdros het die appellant gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf op die twee
aanklagte van besit van die vuurwapens, en tot ses
maande gevange-nisstraf op
die orige twee aanklagte. Hy het veral twee faktore beklemtoon, nl dat die
appellant voor 3 Maart 1991
reeds vir 'n geruime tyd in besit van die wapens en
ammunisie was en dat hy selfs toe geen voorneme gehad het om hulle "na vore"
te
bring nie, asook dat wederregtelike besit van vuurwapens 'n groot omvang
aangeneem het en lig daartoe lei "dat mense na wlllekeur
om die lewe gebring
word". Hy het egter aan die ander kant van die skaal ook gelet op
6
die appellant se persoonlike omstandighede waaroor later meer.
'n
Appél na die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen die appellant se
vonnisse was gedeeltelik suksesvol. Die globale
vonnis op die aanklagte van
besit van die vuurwapens is naamlik vervang met gevangenisstraf vir 'n tydperk
van een jaar, terwyl ook
gelas is dat die vonnis op die ander twee klagtes
samelopend daarmee moes wees. Die grondslag vir die inmenging was dat daar 'n
opval-lende
verskil bestaan het tussen die landdros se vonnisse en die straf wat
volgens die siening van die hof van appèl toegemeet moes
gewees het. Met
verlof van daardie hof is die onderhawige appèl gerig teen die gewysigde
vonnisse.
Ter aanvang moet ek meld dat beide die appellant se weergawe toe hy
ingevolge art 112 van die Strafproseswet ondervra is en sy getuienis
vir
my
7 mank gaan aan gebreke. Eerstens is dit onwaarskyn-lik dat sy
broer sonder sy wete die wapens in die bak van die voertuig sou geplaas
het. Toe
hy die appellant skuldig bevind het, het die landdros egter blykbaar daardie
weergawe aanvaar en bowendien die volgende
gesê: "Die aanklaer het
aangedui dat die feite in ooreenstemming is met dié waaroor die Staat
beskik".
Tweedens is die appellant se getuienis aangaande die
gebeure in die huis waarin die gesel-ligheid gehou is vaag en selfs moeilik
begrypbaar.
-Dit is ook onwaarskynlik dat die appellant nou juis op daardie
tydstip op pad was om die Makarov pistool êrens te gaan versteek.
Maar
hoewel die aanklaer aangedui het dat hy van voorneme was om getuienis aan te
bied "wat betref die omstandighede waaronder die
vuurwapens teruggevind is", het
hy niemand opgeroep om te getuig oor wat die appellant die betrokke
aand
8 in die huis met die pistool gedoen het alvorens dit van hom
weggeneem is nie. Ek kan dus nie as redelike moontlikheid uitsluit dat
die
appellant wel op pad was om die pistool elders te gaan versteek nie. Dit is ook
hoe beide die landdros en die aanklaer die posisie
aanvaar
het.
Anders as om te wys op die verskil in vonnisevaluering van die
landdros en dié van die hof van appèl, het daardie hof
nie sy
siening verder gemotiveer nie. Ons kan dus inmeng slegs as daar 'n treffende
verskil bestaan tussen die gewysigde vonnisse
en dié wat hierdie hof as
hof van eerste instansie sou opgelê het.
Dat die appellant aan ernstige misdrywe skuldig bevind is, spreek
vanself. Dit is veral so omdat die pistole outomatiese wapens was.
Hierteen-oor
moet aanvaar word dat die appellant as't ware sonder sy toedoen in besit van die
wapens en ammuni-
9 sie gekom het; dat hy dié slegs vir sy
broer in bewaring wou hou, en dat hy hulle dus nie vir sy eie doeleindes wou
aanwend
nie. Voorts moet in ag geneem word dat hy nie vorige veroordelings het
nie, en afgesien van die onderhawige vergrype 'n nuttige landsburger
is. Dit
blyk uit die feit dat hy vir 'n geruime tyd by Telkom en sy voorganger as
elektrisiën werksaam was teen 'n salaris (ten
tye van die verhoor) van R2
400 per maand. Hy is 'n getroude man met twee kinders en as hy gevangenisstraf
ondergaan sal hy nie net
sy werk verloor nie, maar ook 'n huislening wat sy
werkgewer aan hom beskikbaar gestel het.
Na opweging van al die strafverswarende en versagtende faktore is ek van
mening, weliswaar nie sonder 'n mate van huiwering nie, dat
die appellant nie
tot aaneenlopende gevangenisstraf gevonnis behoort te gewees het nie. Maar
alhoewel hy instaat
10 gestel moet word om met sy gewone
werksaamhede voort te gaan, moet die erns van die misdrywe by hom en ander -
bestaande en moontlik
toekomstige - soort-gelyke oortreders tuisgebring word.
Albei oorwegings kan myns insiens bevredig word deur die appellant op al
vier
aanklagte 2 000 uur periodieke gevangenis-straf te laat ondergaan. Dit is
nouliks nodig om te sê dat daar wel 'n treffende
verskil is tussen so 'n
vonnis en die gewysigde vonnisse.
Ter kwalifisering van bostaande
moet egter die volgende bygevoeg word. In die reël is aaneen-lopende
gevangenisstraf nie 'n onvanpaste
straf vir onwettige besit van outomatiese
wapens nie. Dit is dan ook slegs vanwee die besondere omstandighede van hierdie
geval dat
op periodieke gevangenisstraf besluit kan word. Wat die skaal in die
guns van die appellant laat swaai is vernaamlik die feit dat
hy slegs deur sy
broer se toedoen in besit van die
11 wapens en ammunisie gekom het,
en die verdere feit dat hy nooit van voorneme was om dit te gebruik
nie.
Die appèl slaag derhalwe en die bevel van die hof a
quo word tersyde gestel. Voorts word die vonnisse opgelê deur die
landdros met die volgende vervang:
"Die beskuldigde word op al vier
aanklagte
gevonnis om periodieke gevangenisstraf van
2 000 uur te ondergaan."
Die aangeleentheid word na die
landdros terugverwys ten einde aan die bepalings van art 285(2)(a) van die
Strafproseswet te voldoen.
H J O VAN HEERDEN AR
VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM KRIEGLER Wnd
AR
JUDGMENT NESTADT, JA:
I do not underestimate the enormity of the crime or the degree to which society would be outraged by it. But these factors notwithstanding and after
2
anxious consideration, I have come to the conclusion that the death sentence is not imperatively called for. What in particular weighs with me is the appellant's degree of intoxication; his mental retardation; that he is a first offender; and the fact that the murder was not planned. I would therefore allow the appeal and substitute a sentence of 25 years imprisonment. I would order that the other periods of imprisonment to which the appellant was sentenced run concurrently with the 25 year sentence.
NESTADT, JA