South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 13
| Noteup
| LawCite
S v Olivier (172/91) [1993] ZASCA 13 (4 March 1993)
Download original files |
Saak nr 172/91
E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES MARTHINUS OLIVIER Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: SMALBERGER, MILNE et F H GROSSKOPF
ARR
Verhoordatum: Lewerinqsdatum:
18 Februarie 1993 4 Maart 1993.
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Die appellant was een van vier beskuldigdes wat
in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling voor Gordon Wnd R en twee assessore
tereggestaan
het op aanklagte van moord en regsverydeling. Die appellant is op
aanklag 1 aan strafbare manslag skuldig bevind en op aanklag 2
aan poging tot
regsverydeling. Hy is gevonnis tot sewe jaar gevangenisstraf op aanklag 1 en tot
twee jaar gevangenisstraf, wat in
die geheel opgeskort is, op aanklag 2. Die
appellant appelleer slegs teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1, en
wel met
verlof van die hof a quo.
Al vier die beskuldigdes in die hof a quo was ten tyde van die gebeure lede van die Suid-Afrikaanse polisie. Die oorledene was 'n swart man van Alexandra. Die appellant (beskuldigde 3 in die hof a quo) en
3
beskuldigde 1 was beide jong leerlingspeurderkonstabels verbonde aan die
voertuigdiefstaleenheid te Sandton. Hulle het die oorledene
op 19 Julie 1989 om
ongeveer 12:00 gearresteer op 'n klagte wat verband hou met die besit van
goedere wat vermoedelik gesteel was.
Die appellant en beskuldigde 1 het die
oorledene dieselfde namiddag, en weer omstreeks 21:20 die aand, vanaf die
Bramley polisiestasie
na Alexandra geneem vir sekere uitwysings. Die appellant
was deurgaans in beheer van hierdie ondersoek. Die aand het hy ook vir
beskuldigdes
2 en 4 saamgeneem. Hulle was beide lede van die uniformtak wat
gewone kantoordienste verrig het. Hulle is almal die aand saam in
'n kombi na
Alexandra toe.
Daar bestaan weinig bewysmateriaal oor wat presies daardie
aand in Alexandra plaasgevind het. Dit is daaraan te wyte dat nóg
die
appellant nóg enigeen van die ander drie beskuldigdes tydens die verhoor
in die hof a quo getuig het. Die appellant het aanvanklik onskuldig
gepleit op die moordklag. Nadat beskuldigdes 1
4 en 2 hulle onderskeie sake
gesluit het sonder dat daar enige getuienis deur of namens hulle aangebied is,
het díe appellant
sy pleit op die moordklag gewysig na een van skuldig
aan gewone aanranding. Saam met sy gewysigde pleit het die appellant ook 'n
skriftelike pleitverduideliking ingevolge art 112(2) van die Strafproseswet 51
van 1977 ingehandig waarin hy sekere erkennings gemaak
het en ook die verloop
van die gebeure dié aand kortliks beskryf het. Hoewel die Staat nie die
pleit aanvaar het nie, het
die Staat vir doeleindes van hierdie saak wel aanvaar
dat die gebeure plaasgevind het soos dit in die appellant se pleitverduideliking
uiteengesit is. Die appél moet dus in die lig van daardie uiteensetting
en enige ander beskikbare bewysmateriaal beoordeel
word.
Volgens die appellant se weergawe in sy
pleitverduideliking
sou die oorledene dié betrokke aand
'n sekere woonhuis in Alexandra
gaan uitwys waar die
verkopers van die vermeende gesteelde goed sou
gewoon
5
het. Die oorledene het 'n huis uitgewys, maar die
beweerde
kopers was nie daar nie. Die appellant het
gedink dat die oorledene hom
doelbewus mislei het.
Terwyl die oorledene voor hom loop, het die appellant
die
oorledene van agter op sy borskas geskop. Die oorledene
het met
uitgestrekte lyf vooroor op die grond geval. Toe
hy nie opstaan nie, het die
appellant hom met sy voet
omgerol en daarna op sy ribbes getrap. Die
appellant het
die oorledene daar gelos, na die kombi geloop en by
die
bestuurderskant ingeklim. Volgens die appellant se
weergawe het hy net
daarna opgemerk dat beskuldigde 2 die
linker voordeur van die kombi oopmaak
en regop op die
trap gaan staan. Kort daarna het die oorledene saam
met
beskuldigde 4 by die kombi opgedaag. Die appellant sê dat
sy
aandag nie spesifiek op enigeen van die persone gerig
was nie, maar dat hy
onder die indruk was dat die
oorledene by die linker skuifdeur van die kombi
wou
inklim. Dit blyk dat beskuldigde 2 toe 'n skopbeweging
in die rigting
van die oorledene uitgevoer het. Die
6 appellant kon hoor dat die oorledene raak geskop is, maar volgens hom kon hy nie sien waar op die oorledene se liggaam die skop getref het nie. Die oorledene het geval. Die appellant het uitgeklim en die oorledene gelas om op te staan, maar volgens hom wou die oorledene nie. In opdrag van die appellant het beskuldigdes 1 en 2 die oorledene toe agter in die kombi gelaai.
Die appellant en die ander beskuldigdes het toe met die oorledene daar
weggery. Hulle het nie met die oorledene gepraat nie aangesien
die appellant
gesê het dat hulle hom maar moet los sodat hy kan dink. Nadat hulle
ongeveer 10 km ver gery het, het die kombi
gaan staan. Terwyl beskuldigde 2
probeer het om die kombi te herstel, het beskuldigde 1 hulle meegedeel dat die
oorledene yskoud
is en dat hulle hom na 'n kliniek moet neem. Aangesien dit
daardie nag baie koud was, het die appellant gedink dat daar niks ernstigs
met
die oorledene verkeerd was nie, en dat hy hoogstens flou geword het. Die
appellant het toe vir beskuldigde 1 gesê dat die
7 oorledene oor 'n
rukkie wakker sou word. Beskuldigde 4 het die appellant egter kort daarna
meegedeel dat die oorledene inderdaad
te sterwe gekom het.
Hierna het die appellant 'n ander staatsvoertuig gaan haal, die liggaam van die oorledene daarin gelaai en ook sy medebeskuldigdes opgelaai. Die appellant en sy medebeskuldigdes het besef dat aangesien die oorledene dood is terwyl hy in hulle sorg was, dit probleme vir hulle gaan skep. Nadat hulle vir 'n ruk rondgery het, het hulle besluit om die oorledene se liggaam op die Krugersdorpsnelweg naby Pretoria te gaan uitgooi, wat hulle toe ook gedoen het. Die oogmerk was klaarblyklik om die indruk te skep dat hy noodlottig in 'n verkeersongeluk beseer was. Daarna het die appellant en beskuldigde 1 verklarings afgelê waarin hulle valslik voorgegee het dat die oorledene tydens die ondersoek van die saak uit hulle bewaring ontsnap het. Hierdie optrede lê ten grondslag van die klagte van regsverydeling.
Daar bestaan na my oordeel geen twyfel nie dat
8
die appellant op sy eie erkenning skuldig is aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Dit blyk ook uit die getuienis van die staatspatoloog, wat die lykskouing op die oorledene uitgevoer het, dat die beserings wat die appellant volgens sy eie erkenning veroorsaak het, inderdaad ernstige beserings was. Die staatspatoloog het "ekstensiewe tussenrib spierkneusing en series ribfrakture van die 7de tot 9de ribbes" aan die regtersy van die oorledene gevind. Volgens hom moes dit een harde hou gewees het wat daardie frakture van drie ribbes, min of meer in 'n reguit lyn onder mekaar, veroorsaak het. Daarbenewens het die staatspatoloog ook 'n skaafwond aan die linker ribrand voor op die oorledene se bors gevind wat eweneens, op die appellant se erkenning, aan sy aanranding op die oorledene te wyte was. Volgens die getuienis van die staatspatoloog sou hierdie borskasbeserings baie pyn veroorsaak het, maar sou dit nie opsigselfstaande, en sonder verdere komplikasies, die dood van die oorledene meegebring het
9
nie. Die oorsaak van die dood was volgens sy bevinding "breinbloeding
met intrakraniale drukverhoging en kompliserende breinstambloeding".
Hierdie
breinbloeding was op sy beurt weer die gevolg van 'n harde hou of houe teen die
oorledene se kop wat 'n vinnige rotasiebeweging
van die kop teweeggebring het.
Die staatspatoloog het drie wonde aan die oorledene se kop gevind, ni. een teen
die linker voorkop,
een teen die linker slaap- en wanggebied, en een teen die
bolip. Volgens sy mening was dit waarskynlik een of beide van die eersgenoemde
twee kopbeserings wat die breinbloeding tot gevolg gehad het. Beide daardie
beserings kon deur 'n harde skop teen die oorledene se
kop veroorsaak gewees
het.
Daar is geen getuienis dat die appellant vir enige van die oorledene se kopbeserings verantwoordelik was nie. Volgens die appellant se uiteensetting van die gebeure het beskuldigde 2 die oorledene 'n skop by die kombi toegedien wat een van die oorledene se noodlottige kopbeserings moes meegebring het. Hoewel daardie
10
bewering nie as getuienis teen beskuldigde 2 gebruik kon word nie, het
die Staat vir doeleindes van die onderhawige saak aanvaar dat
dit wel
plaasgevínd het soos deur die appellant beweer is. Hoe die oorledene die
ander twee kopbeserings opgedoen het, blyk
egter nie uit die appellant se
pleitverduideliking of uit ander toelaatbare getuienis nie. Díe Staat het
in elk geval nie
bewys dat daar 'n kousale verband tussen enige handeling van
die appellant en die dood van die oorledene bestaan nie.
Die hof a quo het bevind dat die Staat nie die opset om te dood bewys het nie, maar wel nalatigheid,en die hof het die appellant toe op die grondslag van gemeenskaplike oogmerk aan strafbare manslag skuldig bevind. Appellant se advokaat het betoog dat die Staat nie so 'n gemeenskaplike oogmerk bewys het nie. Daar is geen getuienis van enige voorafgaande ooreenkoms tussen die appellant en die ander beskuldigdes om die oorledene aan te rand nie. Verder is daar ook geen aanduiding dat
11
toe die appellant self die oorledene aangerand het, hy dit in
die uitvoering van enige gemeenskaplike oogmerk gedoen het nie. Die
appellant
het klaarblyklik op eie inisiatief en op die ingewing van die oomblik opgetree,
en wel omdat hy gedink het dat die oorledene
hom doelbewus mislei het. Dit staan
vas dat daardie aanranding, hoewel baie ernstig, nie lewensgevaarlik was nie. Na
my oordeel is
daar geen getuienis wat die afleiding regverdig dat die appellant
daarna enige verdere aanranding op die oorledene beoog het nie.
Die appellant se
optrede, deur alleen vooruit na die kombi te stap en agter die stuurwiel in te
klim, toon eerder aan dat hy die
aanranding op die oorledene toe as afgehandel
beskou het. Dit moet ook steeds in gedagte gehou word dat hy in beheer van die
operasie
was. Dit is myns insiens onwaarskynlik dat die appellant onder daardie
omstandighede voorsien het dat sy medebeskuldigdes die oorledene
daarna uit die
bloute verder sou aanrand. Na my mening is dit nog meer onwaarskynlik dat die
appellant
12
orsien het dat sy medebeskuldigdes die oorledene met
noodlottige gevolge sou aanrand.
Die hof a quo het bevind dat die
appellant die oorledene aangerand het omdat hy hom wou laat bieg het. Volgens
die hof a quo moes die appellant ook geweet het dat sy medebeskuldigdes,
almal lede van die polisiemag, hom in hierdie verband sou help, en dat
hulle
heel waarskynlik sy voorbeeld sou volg en ook aan die aanranding sou deelneem
met die doel om die oorledene te laat praat.
Alhoewel aangehoudenes soms
aangerand word sodat hulle bekentenisse of erkennings kan maak, blyk dit uit die
feite wat in die onderhawige
saak deur die Staat aanvaar is dat die appellant
die oorledene aangerand het omdat hy gemeen het dat die oorledene hom doelbewus
mislei het. Hoewel mens kan spekuleer, is daar geen getuienis dat die appellant
die oorledene ook aangerand het met die doel om hom
te laat bieg nie. Ek kan
gevolglik met respek nie saamstem met die gevolgtrekking van die hof a
quo dat die appellant geweet het dat sy
13
debeskuldigdes vir gemelde redes ook aan die aanranding op die
oorledene sou deelneem nie. Maar selfs al het die appellant verdere
aanranding
voorsien, wat myns insiens vir die redes reeds gemeld onwaarskynlik is, volg dit
hoegenaamd nie dat hy hom ook daarmee
vereenselwig het dat sy medebeskuldigdes
die oorledene op so 'n lewensgevaarlike wyse sou aanrand nie.
Nadat beskuldigde 2 die oorledene die skop toegedien het, het die appellant
weliswaar uit die kombi uitgeklim en vir die oorledene,
wat op die grond
gelê het, gelas om op te staan. Die appellant sê hy het tot die
gevolgtrekking gekom dat die oorledene
nie wou opstaan nie, en hy het toe vir
beskuldigdes 1 en 2 gevra om die oorledene in die kombi te laai. Aangesien die
appellant nie
die oorledene daar kon los nie, moes hy hom dus noodgedwonge op
een of ander manier in die kombi kry. Na my mening regverdig hierdie
optrede van
die appellant egter nie noodwendig die afleiding dat hy hom daardeur
vereenselwig het met beskuldigde 2 se aanranding
op die
14
oorledene
nie.
Ek is verder van oordeel dat dit nie op die gegewe feite bevind kan word
dat die appellant redelikerwys moes voorsien het dat beskuldigde
2 die oorledene
so ernstig sou beseer dat dit moontlik tot sy dood kon lei nie. Gevolglik is dit
na my mening nie bewys dat die appellant
nalatig was met betrekking tot die
oorledene se dood nie.
In die lig van die voorgaande het die Staat nie
bo redelike twyfel bewys dat daar voldoen is aan al die
voorvereistes vir 'n skuldigbevinding op die basis van
gemeenskaplike oogmerk nie, soos neergelê in S v Mgedezi
and Others 1989(1) SA 687(A). In daardie saak het Botha
AR soos volg op 705I-706C beslis:
"In the absence of proof of a prior agreement, accused No 6, who was not shown to have contributed causally to the killing or wounding of the occupants of room 12, can be held liable for those events, on the basis of the decision in S v Safatsa and Others 1988(1) SA 868 (A), only if certain prereguisites are satisfied. In the first place, he must have been present at the scene where the violence was being committed. Secondly, he must have been aware of the assault on the inmates of room 12. Thirdly,
15
he must have intended to make common cause with those who were actually perpetrating the assault. Fourthly, he must have manifested his sharing of a common purpose with the perpetrators of the assault by himself performing some act of association with the conduct of the others. Fifthly, he must have had the reguisite mens rea; so, in respect of the killing of the deceased, he must have intended them to be killed, or he must have foreseen the possibility of their being killed and performed his own act of association with recklessness as to whether or not death was to ensue. (As to the first four reguirements, see Whiting 1986 SALJ 38 at 39.) In order to secure a conviction against accused No 6, in respect of the counts on which he was charged, the State had to prove all of these prerequisites beyond reasonable doubt. It failed so to prove a single one of them."
(Vgl S v Bames and Another 1990(2) SASV 485
(N) op 492 d-g; en S v Van der Merwe 1991(1) SASV 150(T) op 156j-157a. Al
twee hierdie sake handel met die vraag na die
gemeenskaplike oogmerk van twee
polisiemanne in gevalle waar strafbare manslag ter sprake was.)
Die blote
feit dat die appellant teenwoordig was op die toneel waar beskuldigde 2 die
oorledene lewensgevaarlik aangerand het, is
opsigselfstaande nie voldoende vir
'n bevinding dat daar aan die derde en
16
vierde vereistes in Mgedezi se saak hierbo voldoen is nie. (S
v Jama and Others 1989(3) SA 427(A) op 436 D-I; S v Barnes (supra) op
491d en 492 e-h.)
Die appellant het weliswaar niks gedoen om die verdere
aanranding op die oorledene te keer nie, maar soos reeds gemeld, kon die
appellant
na my mening nie redelikerwys voorsien het dat beskuldigde 2, of een
van die ander beskuldigdes, op eie inisiatief sou optree en
die oorledene so
ernstig sou aanrand nie. Beskuldigde 2 se aanranding was in elk geval so
onverwags dat die appellant nie in staat
was om dit te keer nie.
Vir die voorgaande redes is ek van oordeel dat die Staat nie bewys het dat
die appellant die gemeenskaplike oogmerk gehad het om die
oorledene op
lewensgevaarlike wyse aan te rand nie. Gevolglik kan die appellant ook nie
aanspreeklik gehou word vir die nalatige
doodslag van die oorledene deur een of
meer van sy medebeskuldigdes nie. Die appellant se appél teen sy
skuldigbevinding op
aanklag 1 moet dus slaag, en die
17 skuldigbevinding aan
strafbare manslag moet tersyde gestel word. Soos reeds gemeld, is die appellant
egter op sy eie erkenning
skuldig aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer. Hy is in die alternatief regtens ook skuldig aan begunstiging by
strafbare
manslag (S v Jonathan en Andere 1987(1) SA 633(A)). Die hof
a quo het die appellant egter reeds skuldig bevind aan poging tot
regsverydeling, en alhoewel daar vir daardie skuldigbevinding op die
appellant
se valse voorstelling gesteun is, hou beide die begunstiging en die poging tot
regsverydeling verband met die gebeure ná
die noodlottige aanranding. In
die omstandighede sou dit myns insiens meer vanpas wees om die skuldigbevinding
op aanklag 1 te vervang
met een van aanranding met die opset om ernstig te
beseer.
Die vonnis van 7 jaar gevangenisstraf vir die strafbare manslag sal nou wegval, en in die plek daarvan moet die appellant 'n gepaste vonnis vir die aanranding met die opset om ernstig te beseer opgelê word. Na my

RTF format