South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 122
| Noteup
| LawCite
S v Maseko (17/92) [1993] ZASCA 122; [1993] 4 All SA 884 (A) (16 September 1993)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHNSON M MASEKO
Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: HEFER, EKSTEEN ARR et NICHOLAS, Wn AR
Verhoor: 27 Augustus 1993
Gelewer: 16 September 1993
UITSPRAAK EKSTEEN, AR :
Die appellant is deur 'n streekhof skuldig bevind aan verkragting en gevonnis
tot sewe jaar gevangenisstraf. Die skuldigbevinding
en vonnis is deur die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling op appèl bekragtig maar daardie hof
het aan die appellant verlof
verleen om teen die skuldig-bevinding en die vonnis
na hierdie Hof te appel-leer.
Die klaagster in die saak was 'n jong meisie
van 9 jaar oud. Haar moeder, Stella Bushula, moes iewers heen weggaan en het
die
..../2
2
klaagster in die sorg van dié se tante, Mavis Bushula, gelaat. Op Sondag 12 Augustus 1990 was daar 'n "stokvel" partytjie aan Mavis se huis, en beide Mavis en die klaagster was uiteraard ook teenwoordig. Hierdie partytjie het, soos uit die getuienis blyk, ingehou dat daar van die oggend tot betreklik laat die aand in die huis gedrink was. Onder dié wat dit byge-woon het was die appellant. Klaagster het aan die hof vertel dat appellant haar die aand na sononder geroep het en haar op sy skoot laat sit het. Later het hy vir haar geld gegee en vir haar gesê om by die winkels koeldrank te gaan koop. By haar terugkeer het sy weer op
.... /3
3
appellant se skoot gaan sit. Hy gee haar toe 40 sent om lekkers mee te koop,
en toe sy terug-kom, het hy haar weer geroep en haar
op sy skoot laat sit. Later
die aand, toe van die partytjie-gangers begin loop het, en daar net twee mans
"by die beskuldigde agtergebly
het", het appel-lant haar gesê om wydsbeen
oor sy skoot te sit. Hy het haar broekie weggestoot en "iets" tus-sen haar bene
in haar skaamdeel gedruk. Sy het seergekry en geskree en gehuil, maar die ander
twee mans wat daar gesit het, het net ge-lag. Na
die voorval het sy gaan
slaap.
Gevra waar haar tante tydens die voor-val was, antwoord sy dat haar
tante saam met
.... / 4
4 iemand anders "na Moses se moeder se plek" ge-gaan
het.
Klaagster se moeder het eers die volgende middag om vyfuur vir haar kom
haal, en klaagster het toe vir die eerste keer open-baar wat
appellant aan haar
sou gedoen het. Die dag daarna is 'n klag by die polisie gelê en klaagster
is deur die distriksgeneesheer
ondersoek. Hy het sekere kneusings en swel-lings
aan haar geslagsorgane gevind en die me-ning uitgespreek dat daar "moontlik"
penetrasie
was. Op 'n vraag deur die landdros of dit moontlik of waarskynlik
was, het hy sy getuienis gewysig deur toe te gee dat dit "waarskynlik"
was.
Geen smere vir ontleding is geneem nie.
/ 5
5
Die klaagster se tante, Mavis Bush-ula is ter stawing van die klaagster geroep. Sy het vertel van die stokvel by haar huis en van die appellant se teenwoordigheid daar. Op 'n sekere stadium het sy vir ene Margaret "half-pad geneem". By haar terugkeer het sy gesien hoedat die klaagster op appellant se skoot sit met haar rug na hom toe gedraai. Sy het klaag-ster nie sien huil nie. Later die aand het klaagster gaan slaap en het dwarsdeur die volg-ende dag geslaap totdat haar moeder haar teen vyfuur die middag kom haal het. In al daar-die tyd was Mavis salig onbewus van enige bese-ring of ongesteldheid by die klaagster. Selfs
.... /6
6
nadat die klaagster by haar moeder gekla het, het Mavis nie self na die
klaagster gekyk nie of enïgiets gedoen om haarself van
die toedrag van sake
te verwittig nie.
Nunu Radebe was een van die twee mans wat klaagster beweer
het "daar by die beskuldigde agtergebly het" en wat "so eenkant gesit en
ge-lag
het" terwyl die appellant haar sou verkrag het. Hy het getuig dat hy reeds vanaf
die oggend 10 uur by die stokvel was, en
eers om 7.45 n m daar weg is. So teen
6.30 n m het hy gesien dat die appellant met die klaagster praat. Hy het nooit
gesien dat sy
op appellant se skoot gaan sit het nie, en ook nie gesien dat hy
haar
.... / 7
7
probeer verkrag nie, of dat sy huil nie. Hy en sy vriende was gedrink. Hulle
was vrolik en almal het gelag. Dit was in wese die Staat
se saak teen
appellant.
Die appellant het geen regsverteen-woordiging by die verhoor
geniet nie. Hy het aan die begin van die verhoor, ooreenkomstig die bepalinge
van art 115 van die Strafproseswet 51 van 1977, 'n verklaring gemaak waarin hy
gepoog het om die grondslag van sy verdediging aan
te dui. Aan die einde van die
Staat se saak het hy getuienis afgelê. Die landdros het hom blykbaar nie
geglo nie en sy getuienis
gevolg-lik verwerp. Ek sal weldra na hierdie aspek
.... /8
8
terugkeer.
Die appellant was klaarblyklik heel-temal onbevoeg, en kwalik
in staat om sy saak na behore voor te dra. In sy art 115-verkla-ring
aan die
begin van die verhoor het hy toe-gegee dat hy by die stokvel was en dat hy
klaag-ster daar gesien het, maar hy ontken dat
hy met haar gepraat het of
enigiets met haar te doen gehad het. Hy verduidelik dat hy slegs bier gedrink
het en daarna geloop het.
Sy kruis-ondervraging van die Staatsgetuies was
onbe-nullig en oneffektief. Hy het slegs ses vrae aan die klaagster gestel en
geensins
gepoog om haar geloofwaardigheid aan te tas nie. Aan
..../9
9
Mavis Bushula het hy slegs drie vrae gevra, aan Stella Bushula een, en aan
Nunu Radebe geen vrae nie. Sy eie getuienis het uit vyf
kort sin-netjies bestaan
en neergekom op 'n besliste ont-kenning van enige aandadigheid aan die ten laste
gelegde misdaad. Hierop
het die aan-klaer hom breedvoerig ondervra, en kort-kort
groot gewag daarvan gemaak dat die appellant sou versuim het om aspekte
van sy
verweer aan die Staatsgetuies te stel.
In sy uitspraak, by sy beoordeling van
die aanvaarbaarheid van die klaagster se getuienis, merk die landdros op dat
:
"Die enkele vrae wat die beskuldigde in
.... / 10
10
kruisondervraging aan haar gestel het, het sy beantwoord sonder dat sy haarself weer-spreek het."
In die lig van die volslae onbeholpenheid
van
die kruisondervraging en die feit dat haar ge-
loofwaardigheid geensins getoets is nie, skyn
hierdie opmerking
niksseggend te wees. Met
verwysing na die appellant se getuienis wys die
landdros op sekere "onbevredigende aspekte"
daarvan. Een van hierdie
aspekte is die volg-
ende:
"Dit is ook so dat verskeie aspekte in kruisverhoor nie deur die beskuldigde met die getuies opgeneem is nie. Die enigste verweer wat hy daarteen het is dat hy vergeet het om die vrae te vra."
Dat so 'n stelling ongeregverdig kan
.... / 11
11
wees waar die hof, soos in die onderhawige geval, te make het met 'n ongesofistikeerde beskuldigde wat nie verteenwoordig is nie, is reeds meermale in ons howe na verwys. (R v M 1946 AD 1023 op 1027-1029, en S v M 1989 (4) SA 421 (T) op 424 D -425 I en die gewysdes daar aangehaal.) Die aard en omvang van kruisondervraging is nie altyd vir 'n beskuldigde duidelik nie. Die bondige verduideliking van sy verpligting in dié verband wat 'n landdros gewoonlik aan so 'n persoon gee - soos wat hy ook in die onderha-wige geval gedoen het - dring ook nie altyd na behore tot hom deur nie. Di e hele opset en pro-sedure is vir hom vreemd, en dit is onbillik
.... / 12
12
om van hom te verwag dat hy soos 'n ervare regs-geleerde die opdrag sou
uitvoer. Soos blyk uit R v M (supra) kan selfs regsgeleerdes in
dié opsig te kort skiet sonder dat die hof 'n nadelige afleiding teen die
beskuldigdes sal maak.
In sy verklaring aan die begin van die verhoor het die
appellant die wesenlike aspekte van sy verweer probeer aandui, en die landdros
het ook aan hom vrae gestel om meer helderheid daaroor te kry. Die landdros was
dus op hoogte gewees van die verweer. In sul-ke omstandighede,
meen ek, kan dit
met reg ge-sê word dat dit wenslik vir die landdros was om die appellant
te help, by wyse van perti-
.... / 13
13
nente vrae aan die Staatsgetuies, om sy verdedi-
ging na behore voor die
hof te plaas, sonder om
sy onbevange oordeel enigsins in te boet. (Cf
S v Sebatana 1983 (1)
SA 809 (0) op 812 G - 813
A en S v Dipholo 1983 (4) SA 757 (T) op 760
A -
D. ) In dié verband kan die bekende dictum
van Curlewis
AR in R v Hepworth 1928 AD 265 in
gedagte gehou word, waar die
geleerde regter
op 277 gesê het :
"A criminal trial is not a game where one side is entitled to claim the benefit of any omission or mistake made by the other side, and a judge's position in a criminal trial is not merely that of an umpire to see that the rules of the game are observed by both sides. A judge is an administra-tor of justice, he is not merely a figure-head, he has not only to direct and
.... / 14
14
control the proceedings according to re-cognized rules of procedure but to see that justice is done."
Ek vind dus die kritiek van die landdros
op die
appellant se versuim om sy saak na behore aan
die Staatsgetuies te
stel ietwat onbillik.
Groter omsigtigheid by die toetsing van die Staat
se
getuienis in die lig van die appellant se ge-
openbaarde verweer, kon die
landdros gevrywaar
het teen die wanvoorligting op die feite waarin
hy
ongelukkig geval het, soos ek aanstons sal
aantoon.
Nadat die landdros na die "onbevre-
digende aspekte" van die appellant se getuienis
verwys het, besluit hy dat -
.... / 15
15
"Die weergawe van die beskuldigde is op grond van die probleme daaraan vir my moeilik aan-vaarbaar. Aan die ander kant is ek tevrede dat die getuienis van die Staatsgetuies in-soverre dit met dié van die beskuldigde in stryd is, die waarheid is."
Dit kom my voor 'n mistasting te wees.
Die
bewyslas het deurgaans op die Staat gerus om
die skuld van die
appellant bo redelike twyfel
te bewys. Dit was nie nodig vir die
landdros
om die getuienis van die appellant te glo nie,
of dit, in
dié sin, aanvaarbaar te vind nie.
As daardie getuienis redelik
moontlik waar
kon wees, was hy nie geregtig om dit te verwerp
nie, maar
moes hy dit in aanmerking geneem het
by die beslissing van die skuld van
die
.... / 16
16
appellant. (R v DiEford 1937 AD 370 op 373 en R v
M (supra) op 1027.)
Om na die feite van die saak terug te keer
blyk dit, soos ek reeds daarop gewys het, dat Nunu Radebe nie die klaagster
staaf nie.
Hy was, op klaagster se getuienis, een van die twee mans wat "daar by
die beskuldigde agtergebly het" na van die ander mense geloop
het, en wat "so
eenkant ge-sit het en gelag het" terwyl appellant haar ver-krag het. Nunu ontken
egter dat hy ooit vir die klaagster
op appellant se skoot gesien het, of dat hy
haar ooit sien huil het. Daar was dus geen stawing vir die klaagster by Nunu se
getuienis
te vind nie. Die landdros heb dit ook in sy uitspraak
.... / 17
17
so ingesien, en inderdaad bevind dat Nunu die klaagster se
weergawe ontken het. Desondanks vind hy hierin 'n waarborg vir die klaagster
se
geloofwaardigheid, omdat sy nogtans bereid was "om vir die hof te sê dat
daar inderdaad mense was, juis op gevaar af dat
haar weergawe bevestig of
ont-ken kan word". In hierdie geval was dit ontken, en haar geloofwaardigheid
word daardeur in twyfel gestel.
Dit kan dus kwalik tot haar voordeel gereken
word.
Weereens, volgens die klaagster se ge-tuienis sou die verkragting
plaasgevind het ter-wyl haar tante, Mavis Bushula, en 'n ander persoon
weg was
"na Moses-hulle se huis". Mavis getuig ook dat sy en ene Margaret op 'n stadium
van haar
.... / 18
18
huis weggegaan het. By haar terugkeer sê sy, kry sy die klaagster op appellant se skoot sit "naby die deur" met haar rug na hom gekeer. Sy het ook nie gesien dat klaagster op daardie tydstip ge-huil het nie. Dit kom my haas ondenkbaar voor dat kort na die beweerde verkragting die klaag-ster nog steeds op appellant se skoot sou bly sit het, en geen tekens van ontsteltenis sou getoon het nie - selEs nie toe haar tante by die deur naby haar in die kamer inkom nie. Indien Mavis se getuienis aanvaar word, - en die landdros het dit klaablyklik aanvaar - dan kan die klaag-ster se getuienis kwalik waar wees. Dit moet die wese van die Staatsaak raak.
.... / 19
19
Dat daar wel met die klaagster se skaam-dele "gepeuter" is, word deur die bevindige van die geneeskundige ondersoek bevestig, maar of daardie kneusings op verkragting of 'n poging tot verkragting dui moet, afgesien van die klaagster se onbevestigde getuienis, 'n oop vraag bly. Die distriksgeneesheer het geen smere geneem om die teenwoordigheid van spermatozoa vas te stel nie, en haar moeder se bewering as sou sy ""mansaad" aan die klaagster se privaatdele ge-sien het, kan geen gewig hoegenaamd dra nie. Daar is nie ingegaan op presies wat sy waargeneem het nie en geen toetse is op die stof gedoen nie. Die distriksgeneesheer het geen soortgelyke
.... / 20
20
waarneming gedoen nie. Dit wil my dus voorkom dat die distriksgeneesheer se aanvanklike gevolg-trekking, nl dat daar moontlik penetrasie kon ge-wees het, 'n juiste weergawe van sy bevindings was. Al die ander faktore wat die landdros be-Invloed het, berus slegs op die onbevestigde getuienis van die klaagster self, en waar daar-die getuienis verdag is, kan dit nie gesê word dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het nie. Weliswaar was die appellant nie 'n goeie getuie nie, maar in di e omstandighede kan sy leuens nie gebruik word om "n Staatsaak, wat insigself onoortuigend is, op te lap nie.
.... / 21
21
Bygevolg slaag die appèl en die skul-digbevinding en vonnis word tersyde gestel.
J P G EKSTEEN, AR
HEFER, AR )
stem saam NICHOLAS, Wn AR )

RTF format