South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 42
| Noteup
| LawCite
S A Eagle Versekeringsmaatskappy Bpk. v Harford (266/90) [1992] ZASCA 42; 1992 (2) SA 786 (AD); [1992] 2 All SA 73 (A) (27 March 1992)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
SAAKNR: 266/90
In die saak tussen:
S A EAGLE VERSEKERINGSMAATSKAPPY
BEPERK APPELLANT
en
CHARLES AUGUSTUS HARFORD RESPONDENT
Coram: HOEXTER, VIVIER, KUMLEBEN ARR, HOWIE et HARMS WndAR.
Datum aangehoor: 20 Maart 1992 Datum gelewer: 27 Maart 1992
2 UITSPRAAK
Harms WndAR:
Op 11 Oktober 1985 het 'n botsing by 'n kruising op die
Orkney-Potchefstroompad ("die Orkneypad") tussen 'n vragmotor wat deur die
appellant (die eerste verweerder in die hof a quo) in terme van die Wet
op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 verseker was en 'n motor
waarin die respondent 'n passasier
was, plaasgevind. Die bestuurder van die
motor (Bierman) is in die botsing dood en die respondent het ernstige
liggaamlike beserings
opgedoen. Hy het ' n eis om skadevergoeding teen sowel die
appellant as die tweede verweerderes (die eksekutrise van die boedel van
Bierman) ingestel. Die versekeraar van
3 Bierman se motor het voor uitreiking
van dagvaarding aanspreeklikheid vir betaling van R12 000.00 in terme van die
bepalings van
artikel 22 van die betrokke Wet erken en was dus nie 'n party tot
die litigasie nie. Die tweede verweerderes het by die aanvang van
die verhoor
aanspreeklikheid vir betaling van skadevergoeding aanvaar maar nie die omvang
van die skade nie. Wat die eis teen die
appellant betref het, was sowel die
meriete as die kwantum in geskil. 'n Ooreenkoms is egter bereik waarvolgens die
verhoorhof in
terme van hofreël 33(4) versoek is om vooraf die
aanspreeklikheid van die appellant te bepaal en die bepaling van die kwantum
oor
te hou vir latere ooreenkoms of beregting.
Na aanhoor van getuienis het die verhoorhof (Heyns R) bevind dat die bestuurder van die vragmotor (Gumedze) nalatig was en het hy sy uitspraak soos volg afgesluit:
4
"Die eiser is dus suksesvol ten opsigte van die meriete van die saak teen beide verweerders en die hof se bevinding is dus dat die nalatigheid van die bestuurder van die versekerde voertuig bygedra het tot die veroorsaking van die botsing met die voertuig waarin eiser 'n passasier was.
Eiser se eise teen die eerste en die tweede verweerders ten aansien van die meriete word TOEGESTAAN MET KOSTE teen die verweerders gesamentlik en afsonderlik. Die takseermeester se aandag word egter daarop gevestig dat tweede verweerder sy aanspreeklikheid op die meriete toegegee het met die aanvang van die verhoor en gedurende hierdie verhoor was hy nie regsverteenwoordig nie.
Die hof versoek die Griffier om kennis te neem dat hierdie botsing op 11 Oktober 1985 plaasgevind het. Dit is vier jaar gelede en die hof wil dus aanbeveel dat die verhoor van die saak ten opsigte van die quantum van die skade sover moontlik voorkeur moet geniet by die ter rolle plasing van verhoorsake."
Hieruit het die griffier 'n hofbevel saamgestel wat, vir
sover ter sake, as volg lui:
"1. DAT die nalatigheid van die bestuurder van die versekerde voertuig bygedra het tot die veroorsaking van die botsing met die voertuig waarin eiser 'n passasier was.
2. DAT die eiser se eise teen die eerste en tweede verweerder ten aansien van die meriete word toegestaan
5
met koste teen die verweerders gesamentlik en afsonderlik."
Sonder dat kwantum óf by ooreenkoms óf by wyse van
litigasie bepaal is, het die appellant aansoek om verlof
tot appél
gedoen en dit is deur die hof a quo toegestaan.
Hierdie Hof is
meegedeel dat deel van die skade sedertdien
wel by ooreenkoms bepaal is, maar
nie die sogenaamde
spesiale skade nie. Twee vrae dien dus ter beslegting
naamlik of die
beslissing van Heyns R appelleerbaar is en,
indien wel, of sy gevolgtrekking oor die aanspreeklikheid
van die appellant korrek was.
Hoewel namens respondent tydens die aansoek om verlof om te appelleer en in
die betoogpunte geliasseer, geargumenteer is dat die aangeleentheid
nie
appelleerbaar is nie, ag die respondent dit tans in sy eie belang dat die
aanspreeklikheidsaspek nou deur hierdie Hof besleg
word. Hierdie
frontverandering kan nie die regsposisie affekteer
6 nie. 'n Saak is
óf appelleerbaar óf nie op die stadium wanneer die appél
aangeteken word en die partye se wense
en instemming speel geen rol by die
beantwoording van daardie vraag nie. Dit gaan bloot daarom of die beslissing van
die verhoorhof
'n "uitspraak of bevel" ("judgment or order") soos bedoel in
artikel 20(1) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959, is. Sien Heyman v
Yorkshire Insurance Co Ltd 1964 (1) SA 487 (A).
Sedert die beslissing in Botha v A A Mutual Insurance Association Ltd and Another 1968 (4) SA 485 (A) is vry algemeen aanvaar dat 'n bevinding soos die onderhawige nie appelleerbaar is nie. (Sien bv die ongerapporteerde uitspraak in A Moore v Eagle Insurance Co Ltd, saak 23177/85 (WLD) gedateer 16 Maart 1989.) Holmes AR het naamlik in e g saak in hierdie verband die volgende gesê (op 489 E - H):
7
"Furthermore, this Court has twice recently entertained appeals against decisions where the trial Court, having decided the case on an issue which had the effect of determining liability and rendering it unnecessary to enquire into damages, gave judgment in favour of the defendant....
It is, however, necessary to sound a note of caution in regard to the foregoing practice. Where the issue of liability is determined first, and the decision thereon goes in favour of the plaintiff, the defendant cannot at that stage appeal. The reason is that the decision is in the nature of a ruling, although not subject to revision by the trial Court, and there is not yet in existence an 'order or judgment' which is the statutory prereguisite of an appeal; see sec. 20 of the Supreme Court Act, 59 of 1959. That was the position in Heyman v Yorkshire Co Ltd 1964 (1) SA 487 (AD), in which one of the issues, which was basic to liability, was the validity of a certain deed of suretyship. The parties agreed that this issue should be determined in advance, and the trial Court, after hearing evidence, decided it in favour of the plaintiff. The defendant thereupon sought to appeal, although the factual issues, which could affect the amount to be awarded, were still undetermined. This Court held that the trial Court's decision was a ruling, and not a 'judgment or order' within the meaning of sec. 20 of Act 59 of 1959, and that it was not appealable."
Daar dien gelet te word dat die stelling dat 'n geval soos hierdie nie appelleerbaar is nie, obiter was aangesien die
8
vraag daar onder behandeling was of die afwys van 'n eis op die meriete alvorens die omvang van die skade bepaal is, appelleerbaar is. Dit is bevestigend beantwoord. Die juistheid van die stelling het nie sedertdien voor hierdie Hof gedien nie hoewel daarna per geleentheid, sonder goed-of afkeuring, verwys is. Sien Smit v Oosthuizen 1979 (3) SA 1079 (A) 1088 A - F; Van Streepen en Germs (Pty) Ltd v Transvaal Provincial Administration 1987 (4) SA 569 (A) 586 B.
Hoewel stuksgewyse beslegting van geskille tussen partye somtyds
afkeurenswaardig is, het dit egter dikwels heelwat meriete veral
omdat dit
koste-effektief kan wees. Dat in gevalle soos dié dit normaalweg
verkieslik is om die meriete van die kwantum te
skei, blyk uit die wysiging aan
hofreël 33(4) in 1987 toe 'n voorbehoudsbepaling ingevoeg is sodat, in
geval van 'n sogenaamde
derdeparty-eis, die hof, op aansoek van ' n party,
skeiding van die vrae van
9 aanspreeklikheid vir en die bedrag van
skadevergoeding moet gelas tensy dit blyk dat die vrae nie gerieflik afsonderlik
beslis kan
word nie. Vantevore het die onus om so 'n skeiding te regverdig, op
die aansoekdoener gerus. Gelyktydig is reël 34A ingevoer
wat voorsiening
maak vir 'n bevel vir tussentydse betaling na 'n bevinding dat 'n verweerder
aanspreeklik is en alvorens die omvang
van die skade bepaal is. Die moontlike
nadelige gevolge van vertragings wat deur 'n "tussentydse" appél
veroorsaak kan word,
is dus in 'n mate verklein. Die Engelse reg maak
voorsiening vir 'n bevel wat, nadat aanspreeklikheid bepaal is, 'n ondersoek na
skade ("enquiry as to damages") gelas en 'n gebruik het ontstaan dat in veral
sake wat handel met inbreukmaking van immaterieelgoedere-regte,
skade nie
gelyktydig met die aanvra van 'n interdik geëis word nie maar wel 'n bevel
vir 'n uitstel, liasseer van verdere pleitstukke
en blootlegging. Sien Harvey
Tilinq Co (Pty) Ltd v Rodomac (Pty) Ltd and Another 1977 (1) SA 316 (T)
328
10 -330. Ook magtig die patenteregulasies tans 'n eis om 'n ondersoek na
skade in die Hof van die Kommissaris van Patente.
Daar het ook ' n mate van kentering by die uitleg van die woorde "uitspraak of vonnis" ingetree en die aanvanklike streng uitleg is deur 'n meer pragmatiese benadering vervang soos blyk uit Van Streepen en Germs, supra, 587 D -F. In daardie uitspraak is ook talle voorbeelde verskaf van gevalle waar hierdie Hof in siviele gedinge appélle aangehoor het wat nie die saak tussen die partye finaal bereg het nie. Ook in Australië vind mens dat die algemene benadering dat 'n beslissing nie appelleerbaar is nie "which does not finally determine the parties' rights and obligations in controversy" afgewater word. Sien Mellifont v Attorney-General (Qld) gerapporteer in 1992 The Australian Law Journal 107. Hierdie Hof het ook in die verlede appèlle aangehoor oor die aanspreeklikheidsaspek
11
alvorens die skade bepaal is. South African Railways
and
Harbours v Edwards 1930 AD 3 was 'n geval van 'n actio
de
pauperie. Die verhoorhof het bevind dat die
appellant
aanspreeklik was, en, hoewel die skade nog nie bepaal was
nie,
"gave judgment for plaintiff with costs." Wat
vermoedelik gebeur het, is dat
'n bevel met die effek van
'n verklarende bevel dat die appellant
aanspreeklik was,
gemaak is. Immers, 'n bevel wat vir eksekusie vatbaar
was,
kon dit, in die afwesigheid van 'n bepaling van die skade,
nie wees
nie. Hoe dit ookal sy, die appél is aangehoor
sonder dat die kwessie
van appelleerbaarheid geopper is.
In Annamma v Moodley 1943 AD 531 was daar 'n eis om
skadevergoeding op grond van kontrakbreuk. Die verhoorhof
is versoek om vooraf te bepaal of daar 'n kontrak tussen
die partye wás; die vraag of die kontrak verbreek is en wat
die skade beloop het, sou oorstaan. Die kontrak is bewese
bevind en 'n bevel is uitgereik dat "the court finds that
the plaintiff has proved the contract upon which he
12
relies." Hierdie Hof het nie die vraag van appelleerbaarheid beslis nie omdat dit van oordeel was dat die appèl in ieder geval sonder meriete was. President Versekeringsmaatskappy v Ströh, 'n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof (saak 529/1988 gelewer op 1 Junie 1990) was 'n geval soos die huidige. Die appèl is ten aansien van die nalatigheidsbevinding aangehoor en afgewys sonder enige verwysing na die vraagstuk onder bespreking.
Van meer pertinente gesag is Shacklock v Shacklock 1949 (1) SA 91 (A).
Die partye was voormalige egliede en 'n geskil het oor die man se
aanspreeklikheid asook die omvang daarvan in terme van die
egskeidingsbevel
ontstaan. Die verhoorhof is versoek om die regsaanspreeklikheid te bepaal en die
kwantum aan ooreenkoms of 'n latere
verhoor oor te laat. Dit is gedoen. Hoewel
die verhoorhof se konklusies oor die regsaangeleenthede in die vorm van
bevindinge gestel
is, het hierdie Hof, by oorweging van die vraag of
13 die
aangeleentheid appelleerbaar was, die bevindinge as verklarende bevele
geïnterpreteer en, aangesien 'n verklarende bevel
appelleerbaar is, die
aansoek om skrapping van die appél afgewys. Sien Constantia Insurance
Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (A) 35 I - J.
Dit is in Holland v Deysel 1970 (1) SA 90 (A) 93 A - B gesê dat
die woorde "uitspraak" en "bevel" op die uitsluitsel wat die hof in verband met
die bepaalde regshulp
wat in die gedingvoering deur 'n party aangevra is, dui en
dat die presiese formulering van die uitsluitsel van die woordkeuse van
die hof,
die formulering van die aangevraagde regshulp of ook moontlik die aard van die
gedingvoering afhang. Die vraag wat dan beantwoord
moet word, is wat die partye
met die geding beoog het en wat die hof bedoel het om in sy uitspraak te
doen.
14 Ongelukkig is onvoldoende aandag in die hof a quo aan die
formulering van die bevinding (of bevel) gegee. Die stelling dat die eiser se
eise op die meriete toegestaan is, maak nie
sin nie aangesien daar nie 'n eis
ten aansien van die meriete was nie, maar 'n eis ter betaling van
skadevergoeding. Nog meer onbeholpe
is die bewoording van die hofbevel. Die
bevel is die operatiewe deel van die uitspraak; dit is waarteen geappelleer kan
word en dit
is waarop eksekusie gehef word. Sien Administrator, Cape, and
Another v Ntshwaqela and Others 1990 (1) SA 705 (A). Daar rus dus 'n plig op
'n hof om 'n duidelike bevel te formuleer en op die griffier om seker te maak
dat die bevel wat hy uitreik,
juridies sinvol, in ooreenstemming met die
uitspraak, en duidelik omskryf is. Hierdie pligte word, ongelukkig, te dikwels
verwaarloos.
Nogtans is ek tevrede dat die hof 'n finale uitsluitsel oor die
aanspreeklikheid van die appellant wou gee. Anders as in Tropical (Commercial
and Industrial) Ltd v Plywood Products Ltd 1956
15
(1) SA 339 (A) 343H was dit nie die bedoeling om
'n
voorlopige gevolgtrekking wat vir wysiging of regstelling
vatbaar was,
te bereik nie. Vergelyk Union Government
(Minister of the Interior)
and Registrar of Asiatics v
Naidoo 1916 AD 50, 52. Wat die
verhoorhof wou doen en in
effek gedoen het, was om 'n verklarende bevel uit
te reik
dat die appellant gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik
is vir
enige bewese skade wat die respondent as gevolg van
die botsing opgedoen het.
Anders as in Mxaba v Mxaba 1926
AD 392, 394 sou die griffier 'n
sinvolle bevel hieruit kon
formuleer. Die feit dat dit nie gedoen is nie,
verander
nie die posisie nie. Sien Constantia
Insurance-saak,
supra, 36 H - I. Uit 'n praktiese oogpunt is daar
ook
geen verskil tussen die huidige geval en die geval waar 'n
interdik
toegestaan word sonder dat kwantum vir reeds
gelede skade bepaal is nie: die
appelleerbaarheid van
sulke sake is nooit betwyfel nie soos byvoorbeeld blyk
uit
Netlon Ltd and Another v Pacnet (Pty) Ltd 1977 (3) SA 840
16 (A) 849 A -B. Dit volg dus dat ek van oordeel is dat die hofbevel, behoorlik geïnterpreteer, in wese 'n verklarende bevel is en dat dit 'n appelleerbare uitspraak of bevel daarstel omdat die bevinding 'n finale en beslissende effek op die geding tussen die partye gehad het. Sien Van Streepen & Germs-saak supra 583 I.
Vervolgens word met die aanspreeklikheidsaspek gehandel. Die kruising waar
die botsing plaasgevind het, is waar die Vermaasdrif-Stilfonteinpad
("die
Stilfonteinpad") die Orkneypad kruis. Die kruising word deur 4-rigting
stoptekens beheer. Dit lyk asof die Orkneypad die belangriker
roete daarstel.
Die Stilfonteinpad word anders as die Orkneypad, enkele meters vanaf die
kruising deur twee eilande verdeel met die
gevolg dat dit in die direkte
omgewing van die kruising uit twee bane met 'n eiland tussenin bestaan. Die bane
van die Orkneypad
loop onverdeeld deur die kruising. Die uitsig vir enigeen
wat
17 by enige stoplyn sou stilhou, is na alle kante onbelemmerd. Daar was
egter geen straatbeligting nie.
Die versekerde vragmotor het van wes na oos gery terwyl die motor met die respondent as passasier na suid beweeg het. Die motor het met sy voorkant die vragmotor links in die middel getref. Op daardie stadium het die vragmotor reeds die afstand vanaf sy stoplyn, oor die westelike baan van die Stilfonteinpad, verby die eiland (wat ongeveer dieselfde wydte van die gemelde baan was) beweeg sodat sy middelpunt oor die oostelike baan was. Die motor, aan die ander kant, het skaars oor sy stoplyn beweeg alvorens die botsing plaasgevind het. Met inagneming van die geweld van die botsing en die skade aan die onderskeie voertuie is die enigste afleiding dat die motor nie by die stopteken stilgehou het nie maar teen 'n hoë spoed daaroor beweeg het. Daar is geen getuienis, en dit is hom ook nie ten
18
laste in die besonderhede van vordering gelê, dat Gumedze sy stilhouteken verontagsaam het nie,
Die respondent kon weinig lig op die voorval werp. Hy kon naamlik niks van
die botsing onthou nie. Hy wis wel dat hy om omtrent 22h00
'n oproep ontvang het
om noodwerk by die myn waar hy werksaam was, te gaan verrig. Bierman het hom
opgelaai; hulle het myn toe gery;
hulle moes die kruising oorgaan; en die
kruising was bekend aan hulle. Beide hy en Bierman was baie moeg omdat hulle
beroerd min
die voorafgaande 36 uur geslaap het. Sy eggenote het ook getuig maar
haar getuienis het die saak nie verder geneem nie. Deskundige
getuienis wat ter
beskikking van die respondent was, en waarvan kennis gegee is, is nie
voorgelê nie. Twee polisiebeamptes
is geroep en hulle getuienis het
betrekking gehad op wat hulle op die toneel na die tyd gevind het en dit is, in
'n mate, deur 'n
paar foto's gestaaf. Daar was egter geen polisieplan nie en
wesenlike
19 opmetings is nie deur hierdie beamptes geneem nie. So
byvoorbeeld kon hulle nie sê hoe ver die motor of die vragmotor oor
hulle
respektiewe stoplyne tot by die punt van botsing beweeg het nie. Die motor het
geen remmerke gelaat nie. Die punt van botsing
is in die noord-oostelike kwart
van die kruising geplaas.
Ten slotte het die respondent op 'n waarskuwingsverklaring wat Gumedze drie dae na die botsing aan konstabel Van der Schyff verskaf het, staatgemaak. Dit is voorgehou dat, aangesien Gumedze nie opgespoor kon word nie, hierdie verklaring as hoorsê-getuienis in die belang van geregtigheid ingevolge artikel 3 van die Wysigingswet op die Bewysreg 45 van 1988 toegelaat moes word. Die relevante deel van die verklaring lui soos volg:
"Op 1985.10.11 om 22hl5 was ek die bestuurder van Toyota Dyna trok reg. OXV 23825. Ek het in 'n oostelike rigting op die Orkney-Potchefstroom pad gery
20
en by die vierrigting stop by Vermaasdrif-kruising, stilgehou. Ek het 'n voertuig vanuit 'n noordelike rigting op die Vermaasdrifpad sien aankom. .Ek het gesien dat die voertuig vinnig nader kom, maar ek het aangeneem dat die voertuig by die stopteken sal stilhou. Ek het weggetrek en begin ry in 'n oostelike rigting op die pad. Ek was in die middel van die kruising toe ek sien dat die voertuig my trok gaan stamp. Ek kon niks doen om die ongeluk te vermy nie.
Die bestuurder van die ander voertuig het glad nie rem getrap nie en my trok op die linkerkant met sy voorkant gestamp. Die ander voertuig, 'n BMW no FKY 198 T het by die punt van botsing bly staan. My voertuig het aan die noordekant van die kruising op sy regtersy gelê. Beide die voertuig het gebrand. .. .My voertuig sowel as die BMW se hoof ligte was aangeskakel tydens die ongeluk."
Die respondent het daarna sy saak gesluit sonder om
enige getuienis voor te lê. Die verhoorhof het sy reeds gemelde
gevolgtrekking
dat Gumedze nalatig was, op alternatiewe argumente gegrond. Ten
eerste is na die respondent se saak sonder Gumedze se verklaring
gekyk en aan
die hand daarvan bevind dat Gumedze nalatig was. In die alternatief het Heyns R
bevind dat Gumedze se
21 verklaring in die belang van geregtigheid toegelaat
moes word en dat sy nalatigheid uit die inhoud daarvan spreek. Die hoofbevinding
is op wanvoorligtings gebaseer. Die uitgangspunt was naamlik dat al twee die
voertuie dieselfde distansie vanaf hulle stoptekens
tot by die punt van botsing
beweeg het en dat daardie afstand tussen 20 tot 25m was. Soos egter uit die
uitspraak self blyk, het
die verhoorregter bespiegel toe hy hierdie
gevolgtrekking gemaak het. In ieder geval, as hierdie veronderstellings korrek
was, sou
die botsing nie binne die kruising plaasgevind het nie omdat die
onderskeie paaie op daardie punt ongeveer 16m breed was. Die feit
dat die motor
die vragmotor in die middel van sy linkerkant getref het, is geïgnoreer.
Wat die feite soos uiteengesit aandui,
is dat die vragmotor vanaf sy stoplyn
(waar hy stilgehou het) vir ongeveer 15m beweeg het en dat die motor hom teen
die linkerkant
getref het in die noord-oostelike kwart van die kruising.
22
Hierdie wanvoorligtings verg dat hierdie Hof die feite in heroorweging moet neem. Vir doeleindes hiervan sal aanvaar word dat Gumedze se verklaring behoorlik toegelaat is. Dit is egter nodig om die status daarvan voor oë te hou. Dit is naamlik getuienis wat deur die respondent aangebied is; die verklaring is as hoorsê-getuienis toelaatbaar en nie as 'n erkenning teen die appellant nie; die verklaring is in sy geheel toegelaat en nie net daardie gedeeltes wat nadelig vir die teenparty is nie.
Wat die getuienis dan toon, is kortliks die volgende: Gumedze het by sy stopteken stilgehou; hy het 'n motor vinnig sien aankom; hy het geoordeel dat dit veilig was om voort te beweeg; hy het rede gehad om te aanvaar dat die motor hom sou sien en stilhou. Hy het daarna weggetrek, waarskynlik relatief stadig as die grootte van die
23
vragmotor in ag geneem word. Hy het die Stilfonteinpad byna heeltemal gekruis
gehad toe die motor hom teen 'n hoë spoed agter
die stuurkajuit getref het.
Ek is nie in staat om hieruit af te lei dat Gumedze enigsins nalatig was nie. In
die lig van die kursoriese
aard van die verklaring is daar geen rede om te
aanvaar dat sy aanname dat die voertuig by die stopteken sou stilhou, onredelik
in
die omstandighede was nie. Hy het naamlik nie in die verklaring gesê
hoe vinnig die voertuig nader gekom het nie of hoe ver
die voertuig van hom af
was nie en aangesien hy 'n skatting in die nag gemaak het, was die skatting des
te meer relatief. Die hof
a quo se teenoorgestelde gevolgtrekking is
grotendeels die gevolg van die feit dat die verkeerde maatstaf toegepas is. Dit
is naamlik van
die redelike bestuurder vereis om "absoluut seker" te maak dat
dit veilig is om 'n beheerde kruising binne te gaan alvorens die kruising
betree
word, selfs al is die aankomende voertuig ver. Daar bestaan nie so 'n
vereiste
24 in ons reg nie. Sien bv Protea Assurance Co Ltd v LTA Building
(SWA) Ltd and Another 1988 (1) SA 303 (A) 316. Dit volg dus dat ek van
oordeel is dat die verhoorhof ten onregte bevind het dat Gumedze nalatig
was.
Die bevel is soos volg:
1. Die appèl word gehandhaaf met koste.
2. Die bevel van die hof a quo word gewysig om te lees:
"Absolusie van die instansie teen die eerste verweerder word met koste toegestaan."
HOEXTER AR )
VIVIER AR ) STEM SAAM HARMS WndAR
KUMLEBEN AR )
HOWIE WndAR )