South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 195
| Noteup
| LawCite
Letaba Sawmills (Edms) Bpk. v Majovi (Edms) Bpk. (225/1991) [1992] ZASCA 195; 1993 (1) SA 768 (AD); [1993] 1 All SA 359 (A) (19 November 1992)
Download original files |
LL Saak No 225/1991
IH DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
LETABA SAWMILLS (EDMS) BEPERK Appellant
en
MAJOVI (EDMS) BEPERK Respondent
CORAM: BOTHA, VIVIER, EKSTEEN, VAN DEN
HEEVER ARR et VAN COLLER WnAR
VERHOORDATUM: 3 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM: 19 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2
In hierdie appél is die geskilpunt vir
beslegting of
'n huurkontrak tussen die partye geldig
is of ongeldig. Die appellant (die
huurder) het in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling aansoek gedoen
om 'n
bevel wat verklaar dat die kontrak geldig is,
en die respondent (die
verhuurder) het die aansoek
bestry. Die Hof a quo (SPOELSTRA R) het
die aansoek
van die hand gewys met koste, en aan die appellant
verlof
toegestaan om na hierdie Hof in hoër beroep te
kom.
Die kontrak is gesluit in Junie 1984, en die huurtermyn, soos bepaal in
klousule 2 daarvan, is 9 jaar en 11 maande. Die aanhef van
die kontrak vermeld
dat die respondent die geregistreerde eienaar is van die plaas Bergendal, in die
distrik Letaba, waarop daar
sekere bloekom- en wattelplantasies is. Luidens
klousule 1 verhuur die respondent aan die appellant dié gedeelte van die
plaas
waarop die
3
plantasies gevestig is, en wat aangedui word op
'n
sketsplan wat by die kontrak aangeheg is. Die huur-
geld word in
klousule 4 bepaal as R12 000 vir die
eerste jaar en daarna 'n stygende bedrag
vir elke
daaropvolgende jaar oor die duur van die kontrak,
totdat dit in
die laaste jaar 'n bedrag van R24 000
bereik. Klousule 5 verleen aan die
huurder die reg
om die bome op die verhuurde grond af te kap en
te
verwyder en om dan nuwe aanplantings te doen, en lê
op hom die
verpligting om vóór die beëindiging van
die kontrak (of
die hernuwingsperiode daarvan, soos
hieronder aangedui word) die afgekapte plantasies wat herbeplanting benodig, te herbeplant met gesertifi-seerde bloekomsaad. Klousule 6 verplig die huurder om die plantasies behoorlik te versorg, in stand te hou en te bestuur ooreenkomstig gevestigde bosbou-praktyk.
Klousule 3 vam die kontrak verleen aan die
4
huurder 'n opsie om die kontrak te hernu vir 'n
verdere
tydperk van 9 jaar en 11 maande. Die
klousule bevat bepalings aangaande die
vasstelling
van die huurgeld met betrekking tot die hernuwings-
termyn, wat weldra aangehaal en bespreek sal word.
Dit is
hulle wat aanleiding gee tot die geskil tussen
die partye, maar op 'n ietwat
eienaardige manier, wat
eers verduideliking verg. Die kern van die
dispuut
is of klousule 3 'n geldige opsie tot stand gebring
het al dan
nie, maar die partye is dit met mekaar
eens dat die antwoord op hierdie vraag
op 'n om-
gekeerde wyse bepalend is van die vraag na die
geldigheid van
die huurkontrak as sodanig: as die
opsie geldig is, is die huurkontrak
ongeldig, en
andersom, as die opsie ongeldig is, is die huur-
kontrak
origens geldig. Die verklaring vir hierdie
vreemde toedrag van sake is te
vinde in artikel 3(d)
van die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond
70
5
van 1970. Dit plaas 'n verbod op die aangaan van
langtermyn-huurkontrakte ten opsigte van 'n deel van
landbougrond sonder die skriftelike toestemming van
die Minister van Landbou. Een van die gevalle wat in
die verbodsbepaling genoem word, is 'n huurkontrak
"wat van tyd tot tyd na die keuse van die
huurder
hernieubaar is, hetsy deur die
voortsetting van die oorspronklike
huur-
kontrak of deur die aangaan van ' n nuwe
huurkontrak, vir 'n
onbepaalde termyn of
vir termyne wat tesame met die eerste
termyn van die huur gesamentlik minstens 10
jaar beloop."
Dit is gemene saak dat die grond waarop die huur-
kontrak in die huidige geval betrekking het, 'n deel
is van "landbougrond" soos omskryf in artikel 1 van
die Wet en soos beoog word in artikel 3(d) daarvan;
dat die uitsluitingsbepalings van artikel 2 nie van
toepassing is nie; dat die Minister nie toestemming
verleen het nie; en dat, as die opsie in klousule 3
van die kontrak geldig sou wees,die kontrak in sy
6
geheel deur artikel 3(d) van die Wet getref word
en
gevolglik nietig is (vgl bv Tuckers Land and Develop-
ment
Corporation (Pty) Ltd v Wasserman 1984 (2) SA
157 (T)). Daarteenoor is dit ook gemene saak dat, as
die opsie ongeldig sou wees, klousule 3 skeibaar is
van die res van die kontrak, wat dan geldig is (vgl
bv Du Plooy v Sasol Bedryf (Edms) Bpk 1988 (1) SA 438
(A)). Gevolglik is die betoog namens die appellant,
wat die kontrak in stand wil hou, dat die bepalings
van klousule 3 nie 'n geldige opsie geskep het nie.
Klousule 3 lui soos volg:
"3. OPTION TO RENEW
The Lessee shall have the right to renew this lease for a further period of NINE (9) years and ELEVEN (11) months as from the date of termination hereof, on the same terms and conditions as set out herein, save that the right of renewal shall be excluded and provided that: 3.1 The Lessee shall exercise the right of renewal by giving to the Lessor, notice in writing of its intention to so renew the lease agreement, at least SIX (6) months prior to the termination of this agreement; and
7
3.2 The rental payable by the Lessee to
the Lessor shall be
negotiated
afresh between the parties subject
to the rental being fixed within the
limits of market related prices for
the timber on the leased property
and the rental payable in respect
thereof;
3.3 In the event of the parties being
unable to reach agreement on
the
rental to be paid by the Lessee to
the Lessor for the renewal
period,
each of the parties shall be en-
titled to appoint an arbitrator
who
in turn shall be entitled to jointly
appoint one further arbitrator
to
determine such rental and the deci-
sion of the majority of the
arbitra-
tors shall be regarded as final and
binding on the parties."
Die algemene skema wat die partye beoog het
in
verband met die vasstelling van die huur vir die
hernuwingstermyn is duidelik
genoeg uit die bepalings
van klousules 3.2 en 3.3: hulle sou
onderhandel
daaroor, binne die genoemde perke van markverwante
pryse van
die bome op die eiendom en die huurgeld
betaalbaar ten opsigte daarvan, en in die geval dat
8
'n ooreenkoms oor die huurgeld nie bereik kon word nie, sou dit vasgestel word deur arbitrasie. Die appellant se saak is toegespits op die wyse waarop die vasstelling van die huur begrens word deur die perke wat genoem word in die tweede gedeelte van klousule 3.2, volgende op die woorde "subject to": die argument is dat daardie bepalings so vaag is dat dit onafdwingbaar is en dus die hele opsie nietig maak.
Alvorens die pasgemelde betoog namens die appellant bespreek word, is dit gerade om eers die aanvalsgrond in perspektief te stel. As klousule 3.2 op sy eie gestaan het, d w s sonder die byvoeging van klousule 3.3, sou daar nie 'n geldige opsie tot stand gebring gewees het nie. Dit is so omdat 'n ooreen-koms om te onderhandel en op die huurgeld ooreen te kom, onafdwingbaar is en dus die nietigheid van die opsie tot gevolg sou gehad het (vgl bv Hattinqh v Van
9
Rensburq 1964 (1) SA 578 (T) en Soteriou v
Retco
Poyntons (Pty) Ltd 1985 (2) SA 922 (A) op 931
F/G).
Daaraan kan geen verskil gemaak word deur die feit
dat die partye
die beoogde ooreenkoms begrens het
deur perke te stel (hetsy duidelik of
vaag) waarbinne
onderhandel en ooreengekom sou word nie. Aan die
ander
kant, as klousule 3.2 nie daar was nie en
klousule 3.3 alleen gestaan het,
sou daar 'n geldige
opsie tot stand gekom het, omdat dit die
partye
vrystaan om ooreen te kom dat die huurgeld deur
middel van
arbitrasie bepaal sal word (vgl bv Storm &
Co v Durban
Municipality 1925 AD 49 en Kamaludin v
Gihwala 1956 (2) SA
323 (C) op 327 H). Deur klou-
sules 3.2 en 3.3 tesame te beding het die
partye ' n
meganisme geskep vir die bepaling van die huur indien
hulle
nie deur onderhandeling 'n ooreenkoms daaroor
kon bereik nie. Na aanleiding
van die voorgaande
oorwegings ontstaan die vraag dan of die bepaling ten
10 opsigte van die grense van die huurgeld in klousule 3.2 enige uitwerking het op die vasstelling van die huurgeld deur arbitrasie ingevolge klousule 3.3. Namens die appellant is die betoog dat die partye nie kon bedoel het nie om ' n begrensing neer te lê vir hulle eie onderhandelinge en beoogde ooreenkoms, maar nie terselfdertyd ook vir die vasstelling deur die arbiters nie, en dat klousule 3.3 dus onderhewig moet wees aan die bepalings van klousule 3.2. Daarteenoor is die betoog namens die respondent dat die begrens-ing van klousule 3.2 opsigtelik nie opgeneem is in klousule 3.3 nie en dat die arbiters gevolglik met hulle huurvasstelling nie belemmer is deur die perke van klousule 3.2 nie. As laasgenoemde betoog korrek is, dan is die opsie klaarblyklik geldig, soos tereg deur die appellant se advokaat toegegee is. Maar die partye se bedoeling met betrekking tot die wissel-werking tussen klousules 3.2 en 3.3 in hierdie opsig
11
is nie vry van twyfel nie; en dit is nie nodig om tot ' n bevinding daaroor te kom nie, vanweë wat hieronder volg. Ek gaan dus ten gunste van die appellant van die veronderstelling uit (maar sonder om te beslis) dat klousule 3.3 onderhewig is aan klousule 3.2 en dat die arbiters gevolglik gebonde is om die huurgeld te bepaal binne die perke gestel in klousule 3.2.
Nou kom ek terug op die betoog namens die appellant dat die beperkende bepalings van klousule 3.2 te vaag is om afdwingbaar te wees. Dit betrek altwee die begrippe wat in die bepalings genoem word (afsonderlik en gesamentlik): markverwante pryse van die bome op die eiendom, en die huurgeld wat ten opsigte daarvan betaalbaar is. Wat eersgenoemde betref, is daar groot gewag gemaak van die feit dat die partye nie verwys het na die markprys van die bome nie, maar na markverwante pryse, wat iets anders
12
sou wees; terselfdertyd het hulle nie bepaal wat "markverwant"
beteken nie; en daar is ook geen maatstaf beding waarvolgens bepaal
kan word of
'n besondere prys markverwant is al dan nie. Gevolglik (volgens die betoog) is
die inhoud van hierdie begrensing van
die huurgeld onbepaalbaar. Wat betref die
tweede begrip, is daar aangevoer dat die partye nie aangedui het watter huurgeld
hulle
in gedagte het, of op watter wyse dit bepaal sou word nie. In soverre dit
nie heeltemal in die lug hang nie (volgens die betoog),
kan dit slegs slaan op
die huurgeld wat betaalbaar is ingevolge die kontrak (klousule 4, waarna
vroeër verwys is), maar dan
is daar geen aanduiding hoe dít
aangewend moet word ten opsigte van die hernuwingstermyn nie, en dus is ook
hierdie grens
na inhoud onbepaalbaar. Voorts is daar gesê dat die kontrak
nie bepaal hoe die twee begrippe met mekaar in verband gebring
staan te word
nie, en
13 dat die verwantskap tussen die prys van die bome en die huurgeld
dus ook onbepaalbaar is. Die uiteinde, so is aangevoer, is dat
die betrokke
bepalings betekenisloos is.
Na my oordeel is hierdie betoog onaanvaar-baar, om die redes wat volg.
Oor die betekenis van die begrip "mark-
verwante
pryse" ("market related prices") kan daar
geen onsekerheid bestaan nie; die
woorde spreek vir
hulleself. Wat die betoog namens die appellant
in
werklikheid op die oog het, is die toepassing van die
begrip op
besondere feite: die gedagte is klaar-
blyklik dat daar in bepaalde
omstandighede probleme
kan ontstaan om te besluit of 'n prys na
genoeg
verwant is aan die markprys al dan nie, ten einde te
kan sê
of dit binne of buite die beoogde grens val.
Maar oorwegings van hierdie aard
bring nie vanself
mee dat 'n kontraktuele bepaling nietig is weens
14 vaagheid nie. Dit is 'n alledaagse verskynsel dat die toepassing van 'n
kontraksbepaling op bepaalde feite nie met presiesheid
vasgepen word nie; solank
die werking daarvan bepaalbaar is, is daar nie sprake van vaagheid wat
aanleiding gee tot nietigheid nie.
' n Mens kan maklik aan talle voorbeelde dink
om die punt te illustreer. Een is 'n bepaling dat 'n party sy prestasie moet
lewer
"binne 'n redelike tyd". 'n Ander, nader aan die huidige geval, is waar
die koper van 'n saak onderneem om "die markprys" daarvan
aan die verkoper te
betaal. Die appellant se advokaat het toegegee (heeltemal tereg) dat 'n
verwysing na die markprys van die bome
in die huidige geval, in plaas van die
markverwante pryse daarvan, nie aanveg-baar sou gewees het nie. Maar die
markprys van ' n
plantasie is klaarblyklik ook nie 'n presies-omlynde beding met
betrekking tot die toepassing daarvan op die feite van 'n bepaalde
geval nie:
deskundige
15 waardeerders sal bes moontlik daaroor verskil, en as so 'n
geskil na 'n hof verwys word, mag dit vir die hof nodig wees om na daelange
getuienis te luister om die geskil te besleg; nietemin is die prys bepaal-baar
en daarom is die beding geldig. Dieselfde geld met
betrekking tot "markverwante
pryse". Dit is duidelik dat die partye nie beoog het, en dat dit vir hulle ook
nie nodig was, om 'n
presiese, matematiese maatstaf vir die vasstelling van die
pryse neer te lê nie. Die kern van die betrokke bepalings is die
huurgeld:
daaroor sou die partye onderhandel en ooreenkom, en as hulle nie kon ooreenkom
nie, sou die arbiters dit bepaal. Al wat
die partye met die begrensende
bepalings wou bereik, was om die riglyne aan te dui waarbinne daar beweeg sou
word met die bepaling
van die huur, deur die partye self of deur die arbiters.
Klaarblyklik, as die partye sou ver-skil oor die toepassing van die grenslyne,
sou die
16 arbiters daaroor moes beslis, desnoods met 'n meer-derheidstem,
ten einde die huur te bepaal. Daar is gevolglik geen ruimte vir
die argument dat
die inhoud van hierdie begrensende bepaling onbepaalbaar is nie.
Ten opsigte van die tweede gedeelte van die riglyne lê die fout in die
betoog namens die appel-lant daarin dat daar gepoog word
om die verwysing na die
huur wat betaalbaar is los te maak van die voor-afgaande bepaling. Uit die
vermelding daarin van markverwante
pryse van die bome is dit duidelik dat die
partye bedag was op die ope mark. Die een grens word bepaal met verwysing na die
pryse
van die bome op die ope mark. In dieselfde asem word die tweede grens
bepaal met verwysing na die huurgeld wat ten opsigte daarvan
betaalbaar is. Daar
is geen rede om te bespiegel watter huurgeld die partye in gedagte gehad het
nie; dit lê voor die hand:
dit is die
17 huurgeld wat betaalbaar is op
die ope mark. Dit blyk gemene saak te wees, uit die getuienis vervat in die
beëdigde verklarings
in die aansoek, dat daar inder-daad 'n ope mark
bestaan ten opsigte van die huur van plantasies, op dieselfde voet as in die
huidige
saak. Dit is vergesog om te dink dat die partye enigiets anders in
gedagte gehad het. Gevolglik is die betekenis van hierdie bepaling
heeltemal
duidelik, en terselfdertyd ook die verwantskap tussen die twee begrippe wat in
klousule 3.2 genoem word. Daarvol-gens is
die "betaalbare huurgeld" ongetwyfeld
bepaal-baar.
In die loop van die betoog voor ons is die trant van die voorgaande oorwegings aan die appellant se advokaat gestel. Sy betoog was toe dat dit daarop sou neerkom om aan die partye die bedoeling toe te skryf dat die huurgeld die gangbare markhuur sou wees, maar dat die kontrak nie in daardie sin vertolk
18
kon word nie, omdat die partye dit nie gesê het nie en
die hof nie by magte is om vir hulle 'n kontrak te maak wat hulle self
nie
bewoord het nie. Dit is wel so dat die gedagtes wat hierbo uitgespreek is tot
die gevolgtrekking lei dat die partye 'n markverwante
huur beoog het, maar die
verdere argument wat die advokaat daarop wou bou, is ongegrond. Dat die partye
bedoel het om na die markhuur
te verwys, is 'n afleiding wat onweerstaanbaar
voortvloei slegs uit die woorde wat hulle self gebruik het. Die feit dat hulle
nie
spesifiek die woord "markhuur" ("market rental") gebruik het nie, maak nie
die gemelde afleiding ongedaan nie. Hulle het nie ooreengekom
dat die huurgeld
die markhuur sou wees nie; die ooreenkoms is dat die huurgeld bepaal sou word
deur ooreenkoms of deur arbitrasie,
onderworpe aan sekere gestelde grense. In
daardie samehang is dit gerede-lik te begryp waarom die opsteller van die
kontrak op
19 'n omslagtige en onpresiese manier verwys het na die markhuur.
Die begrensende bepalings is in wese 'n aanduiding van hoe daar
opgetree moet
word deur die partye of die arbiters wanneer die huur bepaal word. Die
gedagtegang is duidelik. Die waarde van die
bome moet in ag geneem word om die
huurgeld te kan bepaal. Die waarde van die bome moet bepaal word met ver-wysing
na die pryse wat
daarvoor behaal kan word op die ope mark, en na aanleiding
daarvan moet die huur dan op dieselfde voet en binne dieselfde raamwerk
bepaal
word. Klaarblyklik is daar besef dat sowel die pryse as die huur op die mark nie
iets is wat met presiesheid in 'n spesifieke
bedrag vasgepen kan word nie;
vandaar die perke ("limits") wat met betrekking tot albei bepaal word, as die
grense waarbinne ooreengekom
of gearbitreer moet word. Na my oordeel kan daar
geen werklike twyfel wees dat hierdie gedag-tegang 'n juiste weerspieëling
is van die partye se
20 bedoeling nie. Daarvolgens is die opsie ongetwyfeld
geldig.
Ten slotte moet ek verwys na 'n ander argument wat namens die appellant geopper is. Daar-voor is steun gesoek in klousules 5 en 3.1 van die kontrak. Volgens eersgenoemde kan die huurder sy reg om bome af te kap uitoefen en sy verpligting om heraanplantings te doen nakom te eniger tyd voor die verstryking van die huurtermyn, dus ook teen die einde daarvan. Volgens laasgenoemde kan die huurder te eniger tyd tot 6 maande voor die verstryking van die termyn kennis gee van die uitoefening van die opsie, dus ook jare voor die beëindiging. Op grond van hierdie bepalings is aangevoer dat die huurder deur sy eie toedoen die bedrag van die huurgeld vir die hernuwingstermyn sou kon beïnvloed, wat die partye nie kon bedoel het nie, en dat dit in ieder geval in bepaalde omstandighede nie moontlik sou wees
21
om volgens klousules 3.2 en 3.3 die huurgeld te bepaal nie. Hierdie betoog het niks om die lyf nie, om verskeie redes, waarvan ek 'n paar noem. Dit is lynreg in stryd met onbetwiste getuienis in die beëdigde verklarings aangaande die normale en aan-vaarde bosboupraktyk ten opsigte van plantasies soos díé waaroor hierdie saak gaan. Dit is vergesog om te bespiegel dat die huurder sy voordelige benutting van die eiendom sou benadeel ter wille van die verkryging van 'n goedkoper huur vir die hernuwingstermyn. Dit is onrealisties om uit te gaan van die standpunt dat die partye daarop bedag sou wees om mekaar met slinkse planne uit te oorlê. As daar ten tyde van die bepaling van die huur onsekerheid sou wees oor die stand van die bome met die aanvang van die hernuwingstermyn, sou die partye dit klaarblyklik oplos deur middel van onderhandeling en ooreenkoms, of anders sou die arbiters dit vir hulle doen.
22
Die beslissing van die Hof a quo dat die opsie geldig en die
huurkontrak dus ongeldig is, is korrek.
Die appél word van die hand
gewys met koste.
A.S. BOTHA AR
VIVIER AR
EKSTEEN AR
STEM SAAM VAN DEN HEEVER AR
VAN COLLER WnAR