South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 52
| Noteup
| LawCite
S v Motsei (387/90) [1991] ZASCA 52 (16 May 1991)
Download original files |
1.
Saak nr 387/90 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
TSIDISO BEVANS JAFTA MOTSEI Appellant
- en -
DIE
STAAT Respondent
CORAM: VIVIER, FRIEDMAN ARR et PREISS
Wnd AR.
VERHOOR: 14 Mei 1991.
GELEWER: 16 Mei 1991.
U I T S P R A A K
VIVIER AR. 2/...
2.
VIVIER AR:
Die appellant is in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling deur KOTZE R en assessore aan moord, verkragting en diefstal skuldig bevind. Op die aanklag van moord is hy ter dood veroordeel; op die aanklag van verkragting is hy tot vyftien jaar gevangenisstraf en op die aanklag van diefstal tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy appelleer nou na hierdie Hof teen die doodvonnis wat hom weens die moord opgelê is.
Al drie aanklagte spruit uit 'n aanval op 'n
29-jarige getroude vrou ("die oorledene") van Riebeeckstad in die distrik van Welkom op Donderdag 15 Maart 1990. Drie dae vantevore is die appellant deur die oorledene as tuinwerker in diens geneem. Hy het
3/...
3.
op daardie stadium 'n vaste betrekking as motorbestuurder by 'n firma van
Welkom gehad, maar kon, weens onluste in die gebied, nie
daardie week werk nie
en het gevolglik tydelike werk aanvaar. Ongeveer elf-uur die betrokke oggend het
die appellant saam met die
oorledene in haar motor vanaf haar huis vertrek om,
volgens die bediende, blomme te gaan soek. Die Verhoorhof se bevinding oor wat
daarna gebeur het, wat tans nie in geskil is nie, was die volgende. Die
appellant het die oorledene in die motor oorrompel, haar
met 'n mes tot
onderwerping gedwing en haar verplig om met 'n grondpaadj ie na 'n ou vervalle
varkhok op 'n
afgeleë en verlate plek in 'n oop veld naby die swart
woonbuurt Thabong te ry. Daar het hy haar in die varkhok ingedwing waar
hy haar
verkrag het. Daarna het hy haar hande agter haar rug met draad vasgebind. Hy
4/...
4.
het ook haar voete met draad vasgebind en haar hande en voete met draad aan
mekaar vasgebind. Hy het 'n rol papier in haar mond gestop
en 'n kledingstuk om
haar mond gebind. Terwyl sy hulpeloos en vasgebind in 'n half-sittende posisie
was met haar bene na agter onder
haar ingevou, het die appellant haar veertien
keer met
'n mes van voor in die bors en maag gesteek. Drie van die wonde het
deur die linkerlong en hart gedring en 'n vierde het tot in die
lewer gestrek.
Die eersgenoemde drie wonde het haar dood veroorsaak. Die appellant het die
oorledene se beursie, bevattende R18 in
kontant en 'n aantal bank- en
kredietkaarte, geneem en die toneel verlaat in die oorledene se motor, wat hy
twee dae later aan ene
Ntili, die eienaar van 'n
skrootwerf in Botshabelo,
probeer verkoop het. Ntili het onraad bemerk en die polisie ontbied. Die
5/...
5.
appellant is gearresteer en het vroeg die volgende dag, 18 Maart 1990, die
polisie na die moordtoneel geneem en die liggaam van die
oorledene aan hulle
uitgewys.
Die appellant se getuienis by die verhoor het op 'n algehele
ontkenning van enige aandadigheid aan die drie aanklagte neergekom. Sy
getuienis
is deur die Verhoorhof as vals verwerp en daardie bevinding is nie tans in
geskil nie.
Die saak voor die Hof a quo is verhoor en afgehandel nadat
die Strafregwysigingswet 107 van 1990 ("die nuwe Wet") in werking getree het.
Die nuwe Wet het die
regsposisie met betrekking tot die oplegging van die
doodvonnis fundamenteel verander. Art 4 van die nuwe Wet het art 277 van die
Strafproseswet 51 van 1977 met 'n nuwe art 277 vervang en weggedoen met die
verpligte doodvonnis sowel as met die begrip
6/...
6.
"versagtende omstandighede". Voordat die doodvonnis
ingevolge die nuwe art 277 opgelê word, moet die
Verhoorhof 'n
bevinding uitbring oor die aan- of
afwesigheid van enige strafversagtende of
-verswarende
faktore en slegs indien die voorsittende regter, met
inagneming van daardie bevinding, oortuig is dat die
doodvonnis die
gepaste vonnis is, word die doodvonnis
opgelê.
Die uitdrukking "strafversagtende faktore"
behels 'n wyer begrip as wat voorheen onder "versagtende
omstandighede"
verstaan was, en "strafversagtende of -
verswarende faktore" sluit alle
faktore in wat
behoorlik. deur 'n hof in ag geneem kan word ter
versagting
of verswaring van vonnis. Sien S v Masina
and Others 1990(4) SA
709 (A) op 714 A-D en S v
Senonohi, 1990(4) SA 727 (A) op 732 F-H. In
albei
7/...
7.
opsigte rus die bewyslas op die staat : om strafverswarende faktore te bewys
en om strafversagtende faktore te weerlê. (S v Nkwanyana and Others
1990(4) SA 735(A) op 743E-744B en S v S 1991(2) SA 93(A) p
100F-G.)
Die Verhoorhof het, by die toepassing van die maatstawwe hierbo
genoem, bevind dat die volgende strafverswarende faktore aanwesig
is: eerstens
die feit dat die appellant die oorledene die een na die ander steekwond van voor
toegedien het terwyl sy magteloos vasgebind
was en net kon toekyk en tweedens
dat die appellant die oorledene gedood het met die motief om haar as 'n
potensiële getuie
van die verkragting uit te wis. Die Verhoorhof het voorts
bevind dat daar twee strafversagtende faktore aanwesig is. Eerstens die
feit dat
die moord nie vooruit
8/...
8.
beplan was nie, maar op die verkragting gevolg het,
sodat die appellant
nie 'n lang tyd vir besinning gehad
het nie, en tweedens dat die appellant se
aanvanklike
doel moontlik nie was om die oorledene te dood nie,
soos blyk uit die feit dat hy haar hande en voete
vasgebind en haar mond
toegestop het. Met inagneming
van bogemelde bevindings het die Verhoorregter
sy
oortuiging dat die doodvonnis vir die moordklag "die
gepaste vonnis
is", as volg in die uitspraak gestel:
"Die weersin wat verwek word deur u hartelose uitwissing van hierdie mensie wat daar hulpeloos in angs en pyn vasgemaak gesit het weeg by hierdie hof so sterk dat daar nie anders kan as om te konkludeer dat die doodvonnis die enigste gepaste straf vir u sal wees nie." Ingevolge art 322(2A) van die Wet, soos
ingevoeg deur art 13(b) van die nuwe Wet, kan hierdie
9/...
9.
Hof, indien hy "van oordeel is dat hy self nie die doodvonnis sou
opgelê het nie, die vonnis tersyde stel en die straf oplê
wat na sy
oordeel gepas is". By 'n appèl teen 'n doodvonnis oefen hierdie Hof dus
nou 'n onafhanklike diskresie uit. Hy moet
self oordeel of, met inagneming van
die strafversagtende en strafverswarende faktore wat uit die oorkonde blyk, die
doodvonnis "die
gepaste vonnis" ingevolge die nuwe art 277(2)(b) is (S v
Senonohi, supra op 733C-D).
Namens die appellant het mej Smit voor
hierdie Hof betoog dat die Verhoorhof fouteer het deur te bevind dat die
appellant die oorledene
doodgemaak het ten einde haar as 'n potensiële
getuie op die aanklag van verkragting uit te wis. Mej Smit het betoog dat,
indien
dit sy doel was, hy nie haar mond sou probeer snoer het, soos hy wel
gedoen het nie, maar
10/...
10.
dat hy haar sonder meer sou doodgemaak het. Sy het betoog dat dit meer
waarskynlik is dat die appellant die oorledene doodgemaak het
nadat hy
paniekbevange geraak het toe hy haar nie kon stilkry nie en sy "in sy ore
geraas" het, soos hy dit aan 'n staatsgetuie verduidelik
het. Ek is bereid om in
die guns van die appellant te aanvaar dat sy aanvanklike doel, nadat hy die
oorledene verkrag het, nie was
om haar as 'n
moontlike getuie met betrekking
tot die verkragting uit te wis nie, maar dat hy slegs beplan het om haar vas te
bind, haar mond toe
te bind en haar dan so te laat en te ontvlug. Daar is egter
geen feitebasis nie vir die betoog dat die appellant paniekbevange geword
het
toe die oorledene nog steeds geluide gemaak het. Hy het nie so getuig nie,
alhoewel hy die geleentheid daartoe gehad het. Sy
optrede regverdig geen
11/...
11.
afleiding dat hy paniekbevange was nie. Die veelvoudige wonde wat hy die
oorledene in die omgewing van die hart toegedien het, dui
eerder op oorwoë,
berekende, doelgerigte en koelbloedige optrede. Daar is ook geen rede waarom hy
paniekbevange sou geword het
nie. Hulle was in 'n afgeleë, verlate plek,
ver van die naaste mense. Indien die appellant die oorledene bloot wou stilmaak,
kon hy dit maklik doen sonder om haar dood te maak. Sy optrede regverdig, na my
mening, slegs een afleiding, naamlik dat hy van plan
verander het en besluit het
om die oorledene dood te maak ten einde haar as 'n getuie uit te wis.
Dit
bring my by die vraag of daar enige strafversagtende faktore aanwesig is. Die
appellant was ongeveer 27 jaar oud ten tyde van
die pleging van die misdaad. Hy
het tot standerd 8 op skool gevorder
12/...
12.
en het as motorbestuurder 'n goeie salaris ontvang. In die omstandighede van
die huidige saak meen ek dat die feit dat die moord nie
lank vooraf beplan was
nie, nie as 'n versagtende faktor beskou kan word nie. Die besluit om die
oorledene dood te maak was 'n oorwoë
besluit en daar was genoeg tyd vir
besinning. Die tweede versagtende faktor wat deur die Verhoorhof in aanmerking
geneem is, naamlik
dat die appellant se aanvanklike doel nie was om die
oorledene dood te maak nie, beskou ek as nie ter sake nie in die lig van sy
latere besluit.
Mej Smit het betoog dat daar twee verdere versagtende faktore
is wat nie deur die Verhoorregter in ag geneem is nie : eerstens die
feit dat
die appellant slegs een vorige veroordeling het vir 'n
misdaad waarby geweld
'n element is en tweedens die feit
13/...
13.
dat hy 'n vaste werk gehad het ten tyde van die pleging van die misdade. Ek kan nie die appellant se vorige veroordelings as 'n strafversagtende faktor beskou nie. Alhoewel hy slegs een relatief geringe vorige veroordeling vir 'n geweldsmisdaad het, het hy vyf ander vorige veroordelings, waarvan drie vir diefstal en twee vir huisbraak met die opset om te steel en diefstal is. Soos mnr Hiemstra, namens die staat, tereg daarop gewys het, toon sy rekord 'n regressiewe misdaadpatroon. Vanaf sy eerste vorige veroor= deling in Februarie 1982 tot sy laaste vorige veroordeling in Oktober 1986 het hy telkens binne enkele maande na vonnisoplegging of vrylating weer met die gereg gebots. In twee gevalle het die oplegging van 'n opgeskorte vonnis nie verhoed dat die appellant dieselfde oortreding weer pleeg nie. Op 31 Oktober
14/...
14.
1986 is die appellant vir sy laaste vorige veroor= deling - vir huisbraak -
vier jaar gevangenisstraf opgelê. Hy is in September
1989 vrygelaat en was
dus slegs ses maande uit die gevangenis toe hy die huidige misdade gepleeg het.
Dit toon hoe swak sy potensiaal
vir hervorming is. In hierdie omstandighede kan
ek nie die feit dat die appellant 'n vaste werk ten tyde van die pleging van die
huidige misdade gehad het, as 'n strafversagtende faktor beskou nie. Hy kan
sekerlik nie as 'n nuttige lid van die samelewing beskou
word nie. (Cf Ramba
v Die Staat, 'n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof, gelewer op 25
September 1990 in saaknommer 586/1989 op bl 24.)
Dit bring my dan by die
vraag of die doodstraf die enigste gepaste vonnis op die moordaanklag is. Soos
ek reeds daarop gewys het,
kan
15/...
15.
ek, anders as die Verhoorregter, nie een enkele strafversagtende faktor ten gunste van die appellant vind nie. Daarteenoor is daar die ernstige strafverswarende faktore waarna ek reeds verwys het. Die afgryslike wyse waarop dis appellant die oorledene doodgemaak het, sy optrede daarna en sy totale gebrek aan berou bewys sy algehele verdorwenheid. Van hervorming as gevolg van langtecmyu-gevangenisstraf kan daar, vir die redes reeds genoem, na my mening geen sprake wees nie. In al die omstandighede is ek van mening dat die huidige saak een van uitsonderlike erns is waar selfs lewenslange gevangenisstraf onvoldoende en gevolglik nie 'n gepaste straf sou wees nie. Na my oordeel is die doodstraf die gepaste straf ten opsigte van die skuldigbevinding aan moord. Die appel word afgewys.
W. VIVIER AR. FRIEDMAN AR ) PREISS Wnd AR) Stem saam.