South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 24
| Noteup
| LawCite
S v Mncube and Another (29/89) [1991] ZASCA 24; 1991 (3) SA 132 (AD); (25 March 1991)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen
MTHETHELELI ZEPHANIA MNCUBE Eerste Appellant
MZONDELELI EUCLID NONDULA Tweede Appellant
en
DIE-STAAT Respondent
CORAM : HEFER, VIVIER et EKSTEEN ARR.
AANGEHOOR :
25 en 26 FEBRUARIE 1991
GELEWER : 25 MAART 1991.
U I T S P R A A K HEFERAR
2.
Die gebeure wat aanleiding gegee het tot hierdie appèl het plaasgevind
in die gebied van Weipe noord-wes van Messina en onmiddellik
ten suide van die
Limpopo - die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe - waar 'n aantal besproelngs
- en wildboere 'n heenkome vind.
Afgesien van die teerpaaie wat Messina met
Reitbrugin die noorde en Pontdrif in die weste verbind, word die gebied
uitsluitlik deur
grondpaaie bedien. Langs die suidelike oewer van die rivier
loop daar o a 'n grondpad, bekend as die kaplyn-pad, waarby verskeie
ander
dergelike paaie aansluit.
Tussen agt-en negeuur die oggend van 26 November
1985 het twee landmyne naby 'n plaaswinkel in die gebied ontplof. Die een is
deur
'n vragmptor met 'n vrag sement voor die winkel gedetoneer en die ander
agter die winkel deur 'n bakkie wat deur ene de Villiers
op die kaplyn-pad
bestuur is. De Villiers het met sy lewe en. sonder beserings daarvan afgekom
hoewel sy bakkie totaal verwoes is.
Die bestuurder van die vrag-motor en sy
passasier wás egter nie so gelukkig nie; die
3.
ontploffing het eersgenoemde redelik ernstig beseer en laasgenoemde gedood. Later die dag is nog twee myne in die kaplyn-pad gevind en verwyder. Die volgende dag was ewe gebeurtenisvol. Eers het 'n trekker van ene Erasmus 'n landmyn op laasgenoemde se plaas naby die winkel afgetrap. Die trekkerbestuurder is gedood. Later die dag was daar nog twee ontpioffings terwyl die weermag en die polisie besig was om ander plase te fynkam. 'n Voertuig van die weermag en een van die polisie is beska-dig en verskeie soldate en 'n polisieman ernstig beseer. Een van die poiisiemanne wat op 27 November op die toneel was, was 'n spoorsnyer, Majoor Muller. Op die plek waar die weermagvoertuig die myn afgetrap het, het Majoor Muller skoenspore gevind. Hy en sy gesels-kap het die spoor tot donker daardie aand vir 'n lang af-stand oor verskeie plase gevolg en die soektog die vol-gende oggend hervat maar, hoewel die spoor al varser geword
4. het, kon hy die persone deur wie dit nagelaat is nie in-
haal nie en moes hy onverrigter sakê by die Limpopo om-draai waar hulle
die grens oorgesteek het.
Die twee weke na 27 November het rustig verloop.
Soos te wagte is het die polisie en die weermag die gebied gefynkam vir verdere
landmyne
maar, hoewel nog twee myne op 28 November gevind en onskadelik gestel
is, was daar geen verdere voorvalle nie tot 12 Desembér
1985 toe 'n
voer-tuig van die weermag weer 'n myn op die plaas Bergen op Zoom afgetrap het.
Twee insittendes van die voertuig is
erns-tig beseer. Dit was die voorspel tot
'n skokkende voorval wat op 15 Desember 1985 plaasgevind het. Daardie dag het
ene De Nysschen
sy familie en 'n vriend van hom, ene van Eck, en laasgenoemde se
gesin op 'n uitstappie op sy wild-plaas Amersham geneem. De Nysschen
het die
bakkie waar-mee die twee Resinhe gereis het bestuur terwyl die meeste van die
kinders en die vrouens agter op die voertuig
ge-sit het. Op 'n selde-gebruikte
wildpaadjie het die bakkie
5. 'n landmyn afgetrap en in die ontploffing is ses përsone gedood. Hulle was De Nysschen se moeder en twee van sy kinders en mev van Eck en twee van haar kinders. De Nys-schen self, sy vrou en sesjarige dogtertjie en van Eck is baie ernstig beseer.
Na hierdie tragiese gebeurteniswas daar weereens 'n tydperk van stilte totdat ene van Rensburg wat op die plaas Overvlakte besig was met lugbespuiting op 12 Febru-arie 1986 'n lanclmyn op die pad na die private vliegveld op die plaas raakgery het. Van Rensburg is nie beseer nie maar sy voertuig is onherstelbaar beskadig.
Die volgende insident waarna verwys moet word was op 25 Desember 1986. Daardie Kersoggend het mnr Rudolf Schubert en 'n aantal gaste uit Duitsland met 'n oop voertuig op die plaas Newmark rondgery toe hulle op vyf swart mans wat in blou oorpakke geklee en met AK 47 gewere toegerus was, afgekom het. Schubert het onmiddel-lik besef dat hy met terroriste te make gehad het en het
6. ophulle begin skiet met 'n jaggeweer. Sohder om'n skoot
terug te skiet het die vyf persone op die vlug geslaan.
Nadat hulle verdwyn het, het Schubert 'n aantal landmyne
en handgranate en 'n hoeveelheid anrmunisie aangetref on-
der die boom vanwaar hulle gevlug het. Schubert het
die voorval onverwyld gerapporteer by 'n militêre basis
in die omgewing met die gevolg dat 'n soektog na die voort-
vlugtendes dieselfde dag nog deur die weermag onderneem
is. Kontak is egter eers die volgende dag met hulle ge-
maak op die
aangrensende plaas Chatsworth waar hulle in
'n klipkoppie geskuil het. Drie
van hulle is daar deur
lede van die weermag doodgeskiet en die ander twee het
op die vlug geslaan. Een van hulle was die huidige
eerste appellant wat deur 'n afdeling soldate agter-
volg en gevange geneem is. Die vyfde lid van die groep
is die volgende dag op 'n nabygeleë plaas opgespoor en
doodgeskiet.
7. Eerste appellant is vroeg die aand van 26 Desem-ber 1986
oorhandig aan twee lede van die Veiligheidspoli-sie, adj-off Gerber en
sersant
Nel, wat hom na Messina sou neem vir aanhouding. Op daardie stadium was sy hande
met 'n skoenveter agter sy rug vasgemaak
- blykbaar omdat daar nie boeie
beskikbaar was nie. Hy is agter op Ger-ber en Nel se oop bakkie gelaai saam met
die vier AK 47 gewere
waarop vroeer die dag beslag gelê is en om onge-veer
8 uur die aand het die voertuig vertrek met Gerber aan die stuur en Nel
agter op
die bak om 'n oog oor die gevangene te hou. Hulle het egter nooit in Messina
op-gedaag nie. Later die nag is hulle voertuig
ongeveer 13 km vanaf die dorp
langs die teerpad aangetref. Voor in die kajuit wat vol koeëlgate was, was
Gerber en Nel se lyke.
Dit was duidelik dat hulle van agter vanaf die bak
geskiet is. Van eerste appellant en een van die AK gewere was daar geen spoor
nie. Eers op 3 Oanuarie 1987 is hy toevallig deur lede van die
&.
Veiligheidstak langs die Messina-Pontdrif pad aangetref en
gevange geneem.
Voortspruitende uit hierdie gebeure en ander waarna later
verwys sal word het die appellante voor 'n Rondgaande Hof (DE VILLIER5 R
en
assessore) teregge-staan op 'n hele reeks aanklagte. Aanklagte 1 - 8 het
betrekking gehad op die dood van diegene wat gedurende
November en Desember 1985
in die landmyn-ontploffings omgekom het; die bewering was dat beide
appellanteaan-dadig was aan die plant
van die myne en derhalwe skul-dig aan
moord op al hierdie aanklagte. In aanklagte 9 en 10 is eerste appellant alleen
aangekla van
die moord op adj-off Gerber en sersant Nel. In aanklagte 11 - 34 is
beide appellante aangekla van poging tot moord. Die wesenlike
bewering in
hierdie aanklagte was weereens dat hulle aandadig was aan die plant van die
myne. In aanklag 35 is hulle aangekla van
terrorisme en in aanklagte 36, 38 en
39 en 40 is oortreding
9. deur beide appellante beweer van verskeie
statutêre bepa-lings wat betrekking het op die besit van handgranate,
landmyne
en ander wapens. Appellante het onskuldig ge-pleit op al die aanklagte
maar na 'n lang verhoor js eer-ste appellant skuldig bevind
op aanklagte
1,9,10,11,12,35, 36,38 en 39, en tweede appellant op aanklagte 3-8 en 13-36. Die
verhoorhof het bevind dat daar nie
versagtende omstandighede was ten opsigte van
die drie aanklagte van moord waarop die eerste appellant en die ses aanklagte
van moord
waarop tweede appellant skuldig bevind is nie, en hulle op elkeen van
hierdie aanklagte ter dood ver-oordeel. Daarbenewens is beide
van hulle ook ter
dood veroordeel weens hulle skuldigbevinding op aanklag 35. Op die ander
aanklagte is gevangenisstraf vir wisselen-de
tydperke opgelê wat effektief
daarop neerkom dat beide vir 25 jaar na die gevangenis gestuur is. Die
verhoorregter het egter
verlof aan hulle verleen om na hierdie hof te appelleer
teen die skuldig-
10. bevindings en vonnisse op al die aanklagte.
By die verhoor van die
appèl het dit geblyk dat, wat die skuldigbeyindings op al die aanklagte
van moord en poging tot moord
uitgesonderd aanklagte 9 en 10 betref, die
fundamentele geskilpunt tussen die Staat en die verdediging is of die appellante
aandadig
was aan die lê van die land-myne wat gedurende November en
Desember 1985 en Februarie 1986 in die Weipe gebied ontplof het.
Wat aanklagte 9
en 10 en die oorblywende aanklagte waarop die appellante skul-dig bevind is
betref, is die geskilpunte totaal anders.
Daarom is dit gerieflik om eerste
appellant se skuldigbe-vinding op aanklagte 1, 11 en 12 en tweede appellant se
skuldigbevinding
op aanklagte 3-8 en 13-34 afsonderlik te oorweeg.
EERSTE
APPELANT :AANKLAGTE 1, 11 en 12. Aanklagte I en 12 het betrekking op die landmyn
wat op 26 November 1985 voor die winkel op
Weipe deur 'n vragmotor raakgetrap
is. Soos vantevore aangedui, is
11.
die bestuurder van die vragmotor beseer, en sy passasier
gedood in die ontploffing. Aanklag 11 het betrekking op die myn wat mnr de
Villiers dieselfde oggend met sy bakkie op die kaplyn-pad agter die winkel
gedetoneer het. Die Staat se saak berus, wat hierdie drie
aanklagte
betref,hoof-saaklik op die bewering dat eerste appellant die punte waar die twee
ontploffings plaasgevind hêt en
ook die nabygeleë punte waar twee
ongedetoneerde myne later gevind is aan die
polisie uitgewys het. Luitenant
de Lange van die speur-diens op Potgietersrust het getuig dat, hoewel hy
gedurende Februarie 1987
geweet het dat daar landmynontploffings in die Weipe
gebied was, hy nooit voor 13 Februarie 1987 in daar-die gebied was nie en nog
minder geweet het presies waar die myne ontplof het of waar ander ongedetoneerde
myne ge-vind is. 5y getuienis is dat hy opdrag ontvang
het om eerste appellant
by die polisiestasie op Louis Trichardt te ontmoet met die oog op sekere
uitwysings wat laasge-noemde aan
hom sou maak. Hy was nie betrokke bydie
onder-
12. soek van die saak teen eerste appellant nie en het hom van geen
kant geken nie. Op 13 Februarie het hy eerste appel-lant by die
polisiestasie op
Louis Trichardt ontmoet van-waar hy, handelende op eerste appellant se
aanwysings, na Messina en vandaar na die
Weipe gebied gery het. Daar aan-gekom
het eerste appellant sekere punte aan hom uitgewys. (Ander getuies het later by
die verhoor
die betrokke punte gei'dentifiseer as die waar die twee ontploffings
plaasge-vind het en waar twee ongedetoneerde myne gevind is.)
'n Stel fotos wat
tydens die uitwysing geneem is, is ingehan-dig. Op elkeen verskyn de Lange
saammet eerste appellant wat telkens
met sy hand na 'n punt op die grond
wys.
Eerste appellant het in sy getuienis erken dat hy die betrokke dag in de
Lange se teenwoordigheid by die punte was, dat hy by elke
punt met sy hand na 'n
punt op die grond beduie het en dat die stel fotos by daardie geleent-heid
geneem is. Sy weergawe was egter
dat hy nooit in die verlede by enigeen van die
punte was nie en dat hy by elkeen
13.
daarvan bloot de Lange se bevele nagekom het om daar te staan en met sy hand
na die grond te wys, Dit, sê hy, het hy gedoen
as gevolg van dreigemente
wat luitenant Dreyer - 'n getuie na wie later verwys sal word - die vorige dag
teenoor hom geuiter het
en wat hy gevrees het uitgevoer sou word indien hy de
Lange se bevele nie gehoorsaam nie.
In hierdie hof is namens ecrste appellant
aan-gevoer dat die verhoorhof fouteer het deur sy getuienis oor die uitwysings
te verwerp
en de Lange s'n te aanvaar. Die betoog hou egter nie steek nie. 'n
Vraag wat onmid-dellik na vore kom is hoe de Lange met sy totale
gebrek aan
vooraf kennis sou geweet het waar die.punte was sodat hy eerste appellant
soontoe kon neem. Eerste appellant se antwoord
in kruisondervraging was dat daar
'n merker by elke punt was waaroor de Lange vooraf ingelig moes ge-wees het. By
een punt, het hy
gesê, was daar bv 'nmotor-buiteband; by 'n ander 'n halwe
drom en by nog ander
14.
puntewas daar klippe as merkers geplaas. Toe hy daarop gewys is dat
geeneen van die beweerde merkers behalwe 'n kljp op enigeen van
die fotos
verskyn nie was sy verdui-deliking dat die fotos doelbewus so geneem is dat die
mer-kers uitgesny is. Daarop is hy verwys
na 'n foto van die hele omringende
gebied van 'n punt waar hy beweer daar ook 'n klip gelê het maar waarop so
'n klip nie verskyn
nie. Sy onsinnige verduideliking was dat die foto ook maar
af-gesny rhoes gewees het. Voorts is hy daarop gewys dat op die foto waarop
daar
wel 'n klip langs die pad sigbaar is, hy nie na die klip wys nie maar na 'n punt
in die pad weg van die klip af. Hiervoor het
hy geen verduideliking ge-had nie.
Hy kon ook nie verduidelik waarom de Lange nie aan die hand van die foto
gekruisvra is nie en
waarom dit nie aah hom gestel is dat die klip inderdaad 'n
merker was nie.
De Lange het boonop getuig dat eerste appellant op 'n plek
waar 'n plaaspad by die kaplyn-pad aansluit ook
15.
'n punt aan hom uitRewys het. Volgens die Staatsgetuies het daar niks by
daardie punt gebeur nie. Die plaaspad lei egter wel na Erasmus
se plaas waar 'n
landmyn die trek-kerbestuurder op 27 November 1985 gedood het, 300-400 meter
vanaf die punt wat ecrste appellant
uitgewys het. Indien de Lange hom na die
punte geneem het soos eerste appellant beweer, wonder mens waarom hy hom na een
sou neem
waar daar niks gebeur het nie en nie na die plek van die
ontplofíin% nie; of, indien die punt gemerk was soos beweer word,waar-om
dit gedoen sou gewees het; of, indien 'n verkeerde plek gemerk is, hoe dit gekom
het dat diegene wat die merker aangebring het so
'n growwe fout sou gemaak
het.
Wat egter die sterkste kritiek verdien is eerste appellant se getuienis
oor wat die dag van die uitwysings Rebeur het op die plaas
Samaria. Ter
vcrduideliking moet gemeld word dat Samaria in die Pontdrif omgewing is
onge-veer 50 km vanaf Weipe en dát twee
ongedetoneerde land-myne
gedurende Oktober 19&6 daar aangetref en verwyder is.
16.
Die een is gevind lussen 50 en 100 treë vanaf die plaas-woning in
die ryvlak van die pad wat na die huis lei en die ander was
ongeveer 100 meter
daarvandaan in die ryvlak van 'n pad wat destyds gereeld deur die weermag
gepatrol-leer is. Volgens de Lange het
hy op 13 Februarie 1987 na die uitwysings
op Weipe na Samaria gery op die aanwy-sings van eerste appellant wat te kenne
gegee het
dat daar twee punte in die Pontdrif omgewing was wat hy aan hom wou
uitwys. Sy getuienis is dat hy ure op Samaria vertoef het omdat
eerste appellant
oral gesoek het na die plekke wat hy wou uitwys. Op een plek moes hy eerste
appellant wat kaalvoet was selfs op
sy rugoor 'nkol dorings dra om uit te kom
waar laasgenoemde wou wees. Die soek-tog was egter tevergeefs en geen punt is
uitgewys
nie. Eerste appellant erken die lang besoek aan Samaria en die soektog
in die bosse. Hy erken ook dat dê Lange hom op een stadium
op sy rug deur
die dorings gedra het. Hy beweer egter dat de Lange hom eenvoudig na Samaria
geneem
17. het en daar gesoek het na punte wat de Lange, selfs met behulp van
die plaasbewoners, nie kon vind nie. Sy ge-tuienis in hierdie
verband kan alleen
as absurd bestem-pel word. Soos reeds aangedui, was die landmyne naby die huis
op Samaria in die ryvlak van twee
paaie wat ge-reeld gebruik is. Op die
veronderstelling dat dit die punte was wat de Lange in gedagte gehad het omdat
hy vooraf daaroor
ingelig is, was daar geen rede vir die lang soektog ,of vir
enige soektog, in die bosse tussen die dorings nie; op eerste appellant
se
weergawe sou de Lange presies geweet het waarheen om te ry en presies waar die
punte was waarheen hy eerste appellant moes neem.
Waarom sou hy hom dan in so 'n
soektog begewe en eerste ap-pellant selfs ronddra en dan onverrigter sake
vertrek? Wat veel eerder
aanvaarbaar is, is dat eerste appellant inderdaad die
punte wou uitwys maar dit nie kon vind nie omdat die myne in die geheim daar
geplant is deur 'n per-soon of persone wat die plek vanuit die bosse genader
het.
18. Myns insiens is daar nie fout te vind met die verhoorhof se
verwerping van eerste appellant se getuie-nis oor die uitwysings nie.
Volledigheidshalwe moet by-gevoeg word dat sy advokaat in hierdie hof nie te
kenne
gegee het dat de Lange se getuienis oor die uitwysings on-toelaatbaar was weens Luitenant Dreyer se beweerde dreige-mente.waarna vroeer verwys is nie. Trouens, mnr Mahomed het in die lig van beslissings soos die in S v Nyembe 1982
(I) S A 835 (A) op 843 C-E, S v Tsotsobe and Other 1983
(I) S A 856 (A) op 863 G- 864 E en S v Shezi 1985 (3) 900
(A) op 905 G- 907 D toegegee dat die getuienis oor die uit-wysings toelaatbaar was. Hy het nietemin aangevoer dat eerste appellant se getuienis oor die beweerde dreigemente as deel van die getuienis as geheel in aanmerking geneem moet word by oorweging van die vraag of hy inderdaad die uitwysings gemaak het. Hierdie benadering is ongetwyfeld korrek maar dit doen geen afbreuk aan my gevolgtrekking dat eerste appellant se getuienis tereg verwerp is nie.
19. Die verhoorhof het sy getuienis oor die beweerde dreige-mente in elk
geval verwerp. In die lig van wat later gesê sal word
oor eerste appellant
se geloofwaardigheid oor ander aspekte van die saak was die verwerping van
hierdie deel van sy getuienis myns
insiens onvermyde -lik.
Mnr Mahomed het
verder aangevoer dat eerste appellant se uitwysings in die omstandighede van die
saak nie 'n nadelige afleiding regverdig
nie. Ek stem nie saam nie.
Argumentshalwe is ek bereid om te aan-vaar dat, soos mnr Mahomed betoog het,
daar in 'n geval waar ohbekende
feite ontdek word as gevolg van 'n uitwysiing
sterker gronde vir 'n nadelige afleiding mag, bestaan as in 'n geval waar die
Staat
op die uitwysing as sodanig staat-maak. Dit neem die saak egter nie verder
nie. Soos aangetoon in S v Shezi (supra) op 906 B, word
getuienis van 'n
uitwysing toegelaat -
20.
" on the basis that the act done by the
accused shows that he has knowledge of the thing or place pointed out, from which knowledge it may be possible, depending on all the facts of the case, to draw an inference as to the accused's guilt."
Sou 'n beskuldigde 'n plek uitwys waar 'n misdaad vahtevore
gepleeg is ontstaan die vraag natuurlik of sy kennis uit
sy eie deelname in of aandadigheid aan die betrokke mis-
daad spruit dan wel uit inligting wat iemand anders aan
hom daaromtrent verskaf het, en of dit toe te skryf is
aan die feit dat hy iemand anders die misdaad daar sien
pleeg het (S_v Shabalala 1986 (4) 5 A 734 (A) op 743 J).
Vanselfsprekend
moet hierdie vraag beantwoord word aan
die hand van die feite in elke saak en 'n afleiding van
die beskuldigde se
aandadigheid aan die misdaad kan slegs
gemaak word indien dit die enigste
redelike afleiding is
wat die feite as geheel regverdig. Maar die feite
mag
van so 'n aard wees dat 'n afleiding van sy aandadigheid
onvermydellik
is. Die onderhawige is, myns insiens,
21.
so 'n geval. Gedagtig aan die ligging en
spesifiek-ge-lokaliseerde aard van die plekke wat hy uitgewys het te-same met
die feit dat
hy nie net een nie maar 'n hele reeks spesifieke punte uitgewys
het; sy leuenagtige getuienis oor die uitwysings (vgl S v Masilela
en 'n Ander
1987(4) S A I (A) op 4 I-]); en die feit dat dit nooit sy saak was dat hy iemand
anders die myne daar sien lê het
of dat sy uitwysings gegrond was op wat
andere (hetsy die polisie of iemand anders) hom omtrent die plekke vertel het
nie, is die
afleiding onvermydellik dat eerste appellant se kennis voortgespruit
het uit sy eie aandadigheid.
Derhalwe kan daar myns insiens nie fout gevind
wordmet die skuldigbevinding op aanklagte 1; 11 en 12 nie.
TWEEDE APPELLANT : AANKLAGTE 3- 8 en 13 - 34.
Aanklagte 3 tot en met 8 (moord) en aanklagte 29-33
(poging tot moord) het betrekking op wat gerieflikerwys be-
skryf kan word as die De Nysschen voorval opdie plaas Amer-
sham op ISDesember 1985; aanklagte 13 tot en met 23 het be-
22
trekking op 'die landmyn wat op 27 November 1985 deur 'n weer-,mag voertuig gedetoneer is,aanklagte 24 en 25 op die myn wat op dieselfde datum deur 'n polisievoertuig gedetoneer is en klagtes 26 tot en met 28 op die myn wat op 12 Desember 1985 deur 'n ander weermag voertuig gedetoneer is, terwyl aan-, klagte 34 betrekking het op die landmyn wat op 12 Februarie
1986 op Overvlakte ontplof het toe mnr van Rensburg naby
die vliegveld daaroor gery het.
Die Staat se saak op hierdle aanklagte berus hoofsaak-
lik op 'n bekentenis wat tweede appellant op 8 Januarie 1987 aan 'n landdros op Groot Marico gemaak het en op sekere uit-wysings deur hom aan luitenant Groenewald van die Suid-Af-rikaanse Polisie op 16 Januarie 198 7, Dit is gemene saak dat tweede appellant op 2 Januarie 1987 deur soldate in Bhoputhatstwana gevange geneem is, dat hy daarna deur die intelligensiediens van Dophuthatswana inMabatho aangehou is, dat hy op 6 Januarie 1987 aan luitenant Wehrmam van die veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie oorhandig
23.
is, dat hy daarna in die polisieselle op Groot Marico aangehou is en
dat hy op 8 Januarie 1987 'n bekentenis aan landdros Barnard
gemaak het in
laasgenoemde se kan-toor op die dorp. Die verdediging het by die verhoor beswaar
gemaak teen die inhandiging van die
bekentenis omdat dit na bewering nie
vrywillig gemaak is nie maar nadat getuienis in 'n binneverhoor aangehoor is, is
diebe-swaar
verwerp en die bekentenis toegelaat. Later het luitenant Groenewald
getuig oor die uitwysings op 16 Januarie 1987. Hoewel tydens
kruisondervraging
stel-lings aan hom gemaak is wat daarop neergekomhet dat tweede appellant geen
uitwysings gemaak het nie maar eenvoudig
aangesê is om op sekere plekke te
staan waar fotos geneem is (Groenewald het die stellings ontken), het tweede
appellant nie
oor die meriete van die saak getuig nie. Groenewald se getuienis
oor die uitwy-sings staan derhalwe onweerspreek.
Die fundamentele geskilpunt was, en is nog
24. steeds, die toelaatbaarheid van die bekentenis. By die verhoor het tweede appellant se advokaat aanvaar dat die bewyslas ten opsigte van die toelaatbaarheid daarvan \veens die bepalings van art 2 17 (I) (b) (ii) van die Strafpro-seswet 51 van 1977 op die verdediging gerus het. In hier-die hof het mnr Mahomed (wat nie by die verhoor opgetree het nie) egter betoog dat die sertifikaat van die tolk wat in die bekentenis (bew RR) verskyn, nie voldoen aan dïe vereistes gestel in art 217 (I) (b) (i) nie en dat die ge-brekkige sertifikaat meebring dat die bewyslas nie op die verdediging gerus het nie.
Mnr Mahomed moet gelyk gegee word dat die serti-fikaat nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Art 217 (I) (b) (i) vereis 'n sertifikaat deur die tolk "met die strekking dat hy getrou en juis en na sy beste vermoë ge-tolk het ...." Die sertifikaat wat op bew RR verskyn lees soos volg:
25.
"Ek Peler Kubayi verklaar hiermee dat ek die verklaarder verstaan het en dat ek alles getolk het wat deur die verklaarder gesê is en alles getolk het wat die landdros gevra of gesê het en alles getolk het wat in die kantoor gesê is na die beste van my vermoë."
Mnr Kubayi het nie gesertifiseer dat hy "getrou en juis"
getolk het nie en ek stem saam dat die sertifikaat nie
voldoen aan die voorgeskrewe vereistes wat ongetwyfeld
streng nakoming verg nie.
Ek stem egter nie saam dat die effek van hier-
die gebrek is, soos mnr Mahomed betoog het, dat art 217
(I) (b) (ii) nie in werking getree het nie. Die enigste
effek van die gebrekkige sertifikaat is myns insiens dat
die bekentenis nie by blote voorlegging toelaatbaar was
nie. Art 217 (I)
(b) bevat twee afsonderlike voordele
vir die Staat: die eerste is dat 'n
bekehtenis by blote
voorlegging toelaatbaar is onder die omstandighede
in
sub art (i) uiteengesit en die tweede is dat 'n bekente-
nis onder die
omstandighede in sub art (ii) uiteengesit ,
26. geag word vrywillig en
ongedwonge gemaak te gewees het. Sou daar nie voldoen word aan die vereistes van
sub art (i) nie,beteken
dit slegs dat die bekentenis op die ge-wone manier bewys
moet word. Kortom, die inwerkingtrede van sub art (ii) is nie afhanklik
van
nakoming aan die vereistes van sub art (i) nie. (vgl S v Yolelo 1981 (I) 5 A
1002 (A) op 1009 D. 1011 G).
In die onderhawige geval is landdros Barnard en
mnr Kubayi beide as getuics vir die Staat Reroep en hulle getuienis bewys
onteenseglik
dat tweede appellant die be-kentenis wat in bewysstuk RR verskyn
gemaak het. Trou-ens, tweede appellant het in sy getuienis in die
binne-verhoor
nooit te kenne gegee dat dit nie die geval was nie. Mnr Mahomed het wel betoog
dat die bekentenis nie behoor-lik bewys
is nie omdat Kubayi nêrens
uitdruklik getuighet dat hy getrou en juis getolk het nie. Dit is waar dat hy so
'n bewering nie
uitdruklik gemaak het nie maar, siende dat hy die amptelike
holtolk was, dat hy getuig het dat
27.
dit sy taak was om toe te sien dat wat landdros Barnard en tweede appellant
aan mekaar gesê het,korrek en sonder misverstandgetolk
word wat hy na die
beste van sy vermoë gedoen het, en veral dat dit nooit aan Kubayi gestel is
of enigsins anders gesuggereer
is dat dit nie getrou en juis was nie, bestaart
daar meer as voldoende rede om te aanvaar dat daar niks geskort het met die
vertolking
nie. (Rex v Matakane 1948 (3) S A 384 (A) op 390).
Mnr Mahomed het
voorts betoog dat die verhoor-regter in elk geval fouteer het in sy verwerping
van die verdedigingsgetuienis in die
binneverhoor en in sy bevin-ding dat tweede
appellant die bekentenis vry en ongedwonge sonder enige onbehoorlike
beinvloeding gemaak
het terwyl hy by sy volle verstand was. Hierdie betoog kan
ook nie aanvaar word nie. Die geskil in die verhoorhof oor die toelaatbaarheid
van bewysstuk RR het, behoudens die getuie-nis van mnr Friedman waarna binnekort
verwys sal word, uit-sluitlik om die geloofwaardigheid
van tweede appellant
en
28.
luitenant Wehrmanngewentel. Die verhoorregter het tweede appellant se getuienis verwerp en die van luitenant Wehrmann aanvaar. Ek is nie van voorneme om die getuienis of die verhoorregter se uitspraak daaroor of die punte van kritiek wat in hierdie hof teen die uitspraak Reopper is volledig te behandel nie. Dit is waar dat sorrmige aspekte van die uitspraak vatbaar is vir kritiek maar daar bestaan geen rede om te verskil van die verhoorregter se bevinding dat tweede
appellant in wesenlike opsigte 'n volslae ongeloofwaardige getuie was nie. Bondig gestel was sy getuienis tot die effek dat hy aangerand is deur die soldate wat hom op 2 Januarie 1987 in Bophuthatswana gearresteer het en dat hy 'n paar maal geklap is deur 'n persoon wat hom op 3 Jan-uarie in die kantore van die intelligensiediens van Bophu-thatswana ondervra het. Daarna is hy nie weer aangerand nie maar met allerlei dreigemente, onmenslike behandeling en beledigings geestelik gemartel tot so 'n mate dat hy nooit kon slaap of selfs eet nie. Volgens hom het hy op
29.
Donderdag 8 Januarie 1987 toe hy die bekentenis gemaak
het
by landdros Barnard opgedaag nadat hy vir 6 dae niks geëet
het
nie en vir 6 nagte nooit geslaap het nie. Hy beweer
dat hy fisies uitgemergel
en geestelik so afgetakel was
dat hy nie meer behoorlik kon konsentreer nie
en selfs aan
selfmoord gedink het. Indien sy beskrywing van sy weder-
varings en van sy toestand by sy verskyning in landdros
Barnard se kantoor
die waarheid is, is dit ondenkbaar dat
die landdros nie heel vroeg sou agterkom dat daar iets met hom geskort het nie. Dit is gemene saak dat hy al die preliminêre vrae wat landdroste gewoonlik vra by die afneem van bekentenisse bevredigend beantwoord het sonder enige aanduiding dat hy gedreig of op enige manier beïn-vloed was om die verklaring te maak. Dit is ook gemene saak dat die afneem van die verklaring meer as vier ure in beslag geneem het. Die landdros het meer as voldoende geleentheid gehad om agter te kom dat alles nie pluis was nie, indien dit inderdaad die geval was. Volgens hom (en
30.
sy eerlikheid is nog in die verhoorhof nog in hierdie hof in twyfel getrek)
was tweede appellant egter kalm en be-daard en het hy
volkome normaal voorgekom.
Gedagtig ver-der aan tweede appellant se bewerings oor sy toestand van
geestesaftakeling en onvermoë
om te konsentreer is dit in-siggewend dat in
die 24 bladsye wat bewysstuk RR beslaan hy in staat was om 'n kronologies
korrekte en
logiese re-laas te verskaf. Kortom, sy weergawe van sy wedervarines
en sy toestand tydens die afneem van die bekentenis kan nie gerymword
met die
landdros se waarnemings en die aard van sy relaas nie.
Die gebreke in tweede
appellant se getuienis gaan verder as blote onskuldige oordrywing. Hy het
byvoorbeeld te kenne gegee dat hy
in bewysstuk RR 'n relaas gegee het deels van
onwaarhede wat Wehrmann aan hom voorgesê het en deels van ware
gebeurtenisse
waarvan Wehrmann nie geweet het nie. Waarom hy soiets sou doen is
onverstaanbaar. Sy verduideliking dat hy dit bloot gedoen het om
Wehrmann
te-
31.
vrede te stel hou klaarblyklik nie steek nie. Dieselíde geld ook vir 'n ander verduideliking wat hy elders in sy Retulenis gegee het. Hy het naamlik getuig dat Wehrmann homop 7 Januarie 1987 die hele dag lank ondervra het. Dat hy daardie dag vir slegs 1 ½ uur ondervra is, is onteen-seglik bewys aan die hand van inskrywings wat destyds in die polisie-registers gemaak is. Toe hy op die inskry-wings gewys is was hy heeltemal bereid om die bewering te maak dat dit vervals is wat in die omstandighede van hierdie saak so vergesog is dat dit surrmier verwerp moet word.
Myns insiens is tweede appellant se getuienis tydens die binneverhoor tereg
verwerp.
Die enigste ander getuie wat vir die verdedi- ging in die
binneverhoor getuig het was mnr G Friedman, 'n kliniese sielkundige wat
tweede
appellant op drie ge-leenthede gedurende Oktober en November 1987 gespreek het.
Hiêrdie getuie het getuig dat :
32.
"It appvars that mr Nondula was subjected to a number of abnormal stressors which resulted in him experiencinga range of anxiety- and depres-sion- related symptoms, to the extent of his mental state at the time in question being con-sistent with the diagnosis of Post Traumatic Stress Disorder and AtypicalDepression . "
Mnr Friedman was van mening dat :
" it is highly unlikely that mr Nondula
could have had the ability to act in an auto-nomous manner, and that he had relatively little choice but to comply with thealleged police re-quests."
(Hierdie aanhalings kom uit 'n geskrewe verslag van mnr Fried-man wat by die verhoorhof ingehandig is.)
Afgesien van tekens van angs wat die getuie waargeneem het tydens sy
konsultasies met tweede appel-lant (en wat hy toegegee het moontlik
toe te skryf
was aan tweede appellant se besorgdheid oor sy komende ver-hoor) was dic
(Uagnose geheel afhanklik van die betrou-baarheid
vah tweede appellant se
mededelings oor sy er-varings tydens aanhouding. Mnr Friedman was van
oordeel
33. dat sy mededelings inderdaad betroubaar was hoofsaaklik omdat
"the cluster of symptoms reported by mr Nondula were consistent
with established
psychiatric syndromes (of which it is highly unlikely he had any prxor
know-ledge)". Die sg "cluster of symptons",
waarna hier verwys word is dieselfde
as dié wat tweede appellant in die binneverhoor beskryf het en waarna
deels hierbo ver-wys
is. Dit mag wees dat mnr Friedman geen rede gehad het om
die betroubaarheid daarvan te betwyfel nie - hoe-wel die veronderstelling
dat
tweede appellant nie oor voldoende kennis beskik het om sy toestand valslik in
te pas by bekende psigiatriese sindrome ietwat
naïef voorkcm-maar ek het
reeds aangedui dat tweede appellant se getuie-nis tereg verwerp is en dit moet
aanvaar word dat hy
mnr Friedman inderdaad mislei het sodat laasgenoemde se
ge-tuienis nie van veel waarde is nie. Afgesien hiervan het mnr Friedman
ook
toegegee dat, indien tweede appel-lant se relaas die waarheid was, selfs 'n leek
soos land-
34.
dros Barnard waarskynlik dieselfde tekens van angs sou
kon waarneem as dié wat mnr Friedman self by tweede ap-
pellant waargeneem het. Soos vantevore aangedui het die
landdros nie soiets opgemerk nie.
Ek kan derhalwe tot geen ander gevolgtrekking
kom nie as dat die verhoorregter die inhoud van bew RR
tereg toegelaat het.
In bew RR het tweede appellant beken dat hy -
blykbaar gedurende 1982 -
aangesluit het by die militêre vleuel van die A N C. Naddt hy opleiding
ontvang het in allerlei aspekte
van oorlogvoering het hy en vyf ander die land
vanaf Zimbabwe binnegekommet die opdrag om "'n geringe oorlog te voer met
landmyne"
in die Beitbrug om-gewing. Hy het nie aangedui presies wanneer dit
gebeur het nie maar uit die res van die verklaring kan afgelei
word dat dit
tussen Julie 1985 en Februarie 1986 moes ge-wees het. Die groep het ses landmyne
op verskillende plekke gelê en
daarna teruggekeer na Zimbabwe. Presies
35. waar die myne gelê is blyk ook nie uit die verklaring
nie.
Gesien die algemene strekking van tweede appel-lant se bekentenis ten
opsigte van dte landmyne verbind bew RR hom nie met enigeen
van die voorvalle
waarop die klagtes tans onder behandeling betrekking het nie. Wat hierdie
klagtes betref berus die Staatsaak egter
nie bloot op bew RR nie maar ook op
sekere uitwysings wat tweede ap-pellant op 16 Januarie 1987 aan luitenant
Groenewald, 'n speur-offisier
van Pietersburg, gemaak het. Voordat die punte wat
uitgewys is beskryf word is dit nodig om'n be-toog wat in hierdie hof geopper
is
kortliks te behandel.
Vantevore is aangedui dat tweede appellant nie oor die
uitwysings getuig het nie maar dat sy advokaat tydens die kruisondervraging
van
luitenant Groenewald sekere stellings aan hom gemaak het tot die effek dat
tweede appellant niks uitgewys het nie maar bloot
aange-sê was om op
sekere plekke te staan en te maak asof hy iets uitwys terwyl 'n foto op elke
plek geneem is. Mnr
36.
Mahomed het betoog dat Groenewald se getuienis nie aan-
vaar moes gewees het nie en die Staat erg gekritiseer oor die versuim om enige getuie behalwe Groenewald ten opsigte van die uitwysings te roep. By die verhoor is dit bv aan Groenewald gestel dat ene Majoor Human en sersant McCabe hom en tweede appellant die dag van die uitwysings verge-sel het. Verder het dit uit Groenewald se getuienis ge-blyk dat daar die betrokke dag 'n video opname van die uít-wysings gemaak is. Waarom, het mnr Mahomed gevra, is Majot Human of sersant McCabe nie geroep nie en waarom is die video opname nie voorgelê nie? Daar steek niks in hier-die betoog hie. Luitenant Groenewald se getuienis staan onweerspreek. Natuurlik is dit so dat getuienis nie nood-wendig aanvaar moet word bloot omdat dit onweerspreek is nie maar, wanneer 'n hof gevra word om onweerspreekte ge-tuienis te verwerp, moet die gehalte daarvan nagegaanword en sal dit slegs verwerp word indien dit inderdaad verwerplik is. Dit is sekerlik nie die geval met luitenant Groenewald se
37.
getuienis nie. Doonop suggereer die stellings wat aan hom gemaak is so 'n
mate van onsinnigheid in die polisie se optrede die dag
van die uitwysings dat
dit hoogs te betwyfel is of tweede appellant se getuienis daaroor ern-stige
oorweging sou verdien het indien
hy daaroor gétuig het.
Volgens
luitenant Groenewald het tweede appel-lant verskeie punte aan hom uitgewys,
slegs twee waarvan tans ter sake is. Een was die
punt waar mnr van Rensburg op
12 Februarie 1986 'n landmyn op die plaas Overvlakte raak-gery het en waarop
klagte 34 betrekking het.
Hieroor hoef nie uitgewei te word nie. Op die foto wat
van die uitwy-sing by die ander punt geneem is verskyn tweede appellant terwyl
hy met sy een hand in die een rigting en met sy an-der hand in 'n ander rigting
wys. Die punt is op die wal van 'n droe velddam.
Volgens ander getuies is die
betrokke dam baie na aan die punt waar die De Nysschen voorval op 15 Desember
1985 plaasgevind het en
wys tweede appellant
38. op die foto waarna so pas
verwys is, in die rigting van daardie punt. Majoor Muller het verder getuig dat
die rigting waarin tweede
appellant met sy ander hand op die foto wys die
rigting is waarin hy 'n slaapplek gevind het toe hy die spoor op 27 en 28
November
1985.gevolg het. Die slaapplek en
die dam is ongeveer 10 km vanaf die Lim-popo.
Dit is reeds gemeld dat tweede
appellant nie in bew RR die presiese plekke aangedui het waar die ses larld-myne
gelê is nie.
Ten opsigte van een daarvan lees die bekentenis egter soos
volg :
" Ons het toe onder die bome gelê. Ons het daar gerus tot omtrent 19h 00, want ons beweeg net in die nag. Net langs die plek waar ons gerus het was daar 'n dam. Ons het ons waterbottels vol gemaak ....... ons het tussen die bome geskuil.
Die bevelvoerder het toe 'n landmyn op die pad langs die dam gaan stel. Daarna het ons verder beweeg en was nie ver van die Zimbabwe grens af nie, ongeveer 10 km daarvandaan. Ons het toe oornag."
Word al hierdie getuienis as geheel beoordeel
39. is
die enigste redelike afleiding dat die landmyn wat De Nysschen op 15 Desember
1985 gedetoneerhet een van dié was wat
tweede appellant se groep daar
geplant het. Dil volg dus dat hy tereg skuldig bevind isopaanklagte 3 tot en met
8 (moord), klagtes
29 tot en met 33 en klagte 34 (poging tot moord).
Soos
vantevore aangedui het aanklagte 1) tot en met 28 betrekking op dic myne wat op
27 November en 12 Desember 1985 deur Weermag-
en polisievoertuie gedetoneer is.
Tweede appellant se skuldigbevinding op hierdie aanklag-te. is gebaseer op
afleidings wat die verhoorhof
gemaak het van sekere ontdekkings van Majoor
Muller terwyl hy die spoor op 28 November 1985 gevolg het en van uitlatings wat
tweede
appellant in bew RR gemaak het oa dat sy groep ses myne in die gebicd
geplant het. Ek is nie van voorneme om die verhoorhof se redenasie
of die
relevante gedeeltes van die getuienis breedvoerig te behandel nie: Myns in-siens
regverdig die getuienis nie die afleiding
- as die
40. enigste redelike
moontlikheid ~ dat dit tweede appellant se groep was wat die betrokke myne
geplant het nie hoewel daar baie sterk
suspisie bestaan dat dit wel die geval
was. Die skuldigbevindings op hierdie aanklagte kan derhalwe nie bly staan
nie.
EERSTE APPELLANT : AANKLAGTE9 en 10.
Hoe adj-off Gerber en sersant Nel die aand van 26 Desember 1986 gesterf het is reeds beskryf. Dit is gemene saak dat eerste appellant sy hande op een of ander manier losgewikkel het en dat hy hulle daarna van agter (d w s vanaf die bak van die voertuig terwyl beide van hulle voor in die kajuit was) in die ry geskiet het. Dit het op die teerpad vanaf Pontdrif ongeveer 13 km vanaf Mes-sina gebeur. Na die moord het eerste appellant met die moordwapen die bosse ingevlug waar hy, volgens hom, rond-geswerf het totdat hy op 3 Januarie 1987 aangehou is. Na sy aanhouding is hy na die veiligheidstak se kantore by Beitbrug geneem waar die takbevelvoerder, Kaptein Strydom,
41. oa 'n gesprek met hom gevoer het. Later die dag is hy en lede van die tak
na 'n plaas in die omgewing van die Mes-sina- Pontdrifpad
waar die moordwapen
gevind is.
Eerste appellant se saak is dat hy in selfverde-diging opgetree
het. Volgens hom het van die swart soldate wat hom op 26 Desember
1986 op die
plaas Chatsworth gevange geneem het hom vertel dat drie van sy makkers reeds
dood-geskiet waa en van hom Wou weet waaromhy
homself nie ge-skiet het nie
aangesien die polisie, aan wie hy toe oorhan-dig sou word, hom in elk geval gaan
doodmaak. Dit, het
hy getuig, het hom groot laat skrik omdat die
Veiligheids-polisie berug is vir die doodmaak van gevangenes. Toe hy kort daarna
die
lyke van sy drie kamerade gewys is en boonop vertel is dat hy hulle gaan
volg, het hy werklik vir sy lewe begin vrees. Hy is geblinddoek
en agter op 'n
bakkie gegooi met die lyke van die ander bo-op hom en in hierdie posisie vervoer
na 'n punt waar hy op 'n ander bakkie
oorgelaai is. Nadal hierdie bakkie 'n end
gery het, het
42.
dit tot stilstand gekom. lemand het die blinddoek van
sy kop afgeruk en vir hom gesê: "Ja terroris, ons is moeg
van terroriste in hierdie area. So ons gaan jou skiet."
'n Ander persoon
het te kenne gegee dat hulle 'n geskikte
plek moes vind waarop hy weer geblinddoek is en die bak-
kie weer vertrek het. 5y getuienis oor wat daarna gebeur
het lees sbos volg :
"Ek weet nie wat daarso gebeur het nie, ek sien
imaar net ek breek daardie toue of veter ek
het daarso opgestaan, ek neemhierdie AK en ek het net toe begin vuur hier na die kajuit toe
dte bakkie het tot stilstand gekom, ek het
afgespring en weggehardloop."
Gevra na die rede waarom hy geskiet het, het hy geantwoord:
"Soos wat ek alreeds gesê het, toe ek hulle nou skiet, dit was omdat ek vrees bngeboesem was, hulle gaan my doodmaak hierdie twee mense. So ek neem hierdie vuurwapen, ek wil wegkom, ek ge-
bruik dit sodat ek kan wegkom ek het nooit
gedink of ek hulle wil doodmaak, ek wil net weg-
gehardloop het "
Mnr Mahomed het aangevoer dat die verhoorhof
eerste appellant se getuienis oor die omstandighede waar-
43. onder en die rede waarom hy die twee polisiemanne doodge-skiet het moes
aanvaar het en hom vrygespreek het of hoog-stens skuldig
bevind het aan
strafbare manslag op die basis dat hy die perke van noodweer oorskry het.
Weereens stem ek nie saam nie . Selfs indien
eerste appellant se weer-gawe
aanvaar word het hy homself na my mening hoegenaamd nie in 'n noodweer situasie
bevtnd toe hy geskiet
het nie; inteendeel, toe hy met die gelaaide geweer in sy
hande en nog drie dergelike wapens by sy voete agter die twee niks-vermoedende
polisiemanne gestaan het, was die mag in sy hande en het hy klaarblyklik nie
meer in nood verkeer nie.
Daarbenewens kan die betoog dat appellant se
weer-gawe redelikerwys waar kan wees in elk geval nie aanvaar word nie. Eerste
appellant
het hom in menige opsigte as 'n volkome ongeloofwaardige getuie bewys.
Hy het bv 'n ver-haal vertel van 'n hele reeks aanrandinRs
wat lede van die
Veiligheidstak vanaf die more van 3 Januarie tot die mid-dag van 4 Januarie 1987
op hom gepleeg het. Dit is nie
44. nodig om sy getuienis in besonderhede te
behandel nie; dit is voldoende om te sê dat die aanrandings wat hy
be-skryf het
van so 'n aard was dat dit noodwendig maklik waar-neembare tekens
moes gelaat het wat dr Pistorius ('n genees-heer van die weermag
wat hom op 3
sowel as 4 Januarie 1987 ondersoek het) onmoontlik kon miskyk. Volgens 1g was
daar geen sodanige merke nie en, hoewel
dit aangevoer is -en hoewel dit selfs
aanvaar kan word - dat dr Pistorius 'n omvattender ondersoek kon uitgevoer het,
is dit nooit
gésug-gereer dat hy nie 'n eerlike getuie was nie; Met die
on-dersoek wat hy wel uitgevoer het moes hy ongetwyfeld tekens
van aanranding
gevind het indien eerste appellant se weer-gawe die waarheid is. Dit kan aanvaar
word dat daar nie soiets was nie.
Eerste appellant se getuienis oor die
terugvind van die moordwapen is nog meer onaanvaarbaar. Hy weet te vertel dat
die polisie hom
geneem het na die plaas waar die wapen gevind is, dat een van
die polisiemanne dit gevind
45. het en dat hy toe aangesê is om by die
betrokke plek te gaan staan eodat 'n foto van hom geneem kon word. Die betrokke
plek
is in 'n redelik dig beboste gebied noord van die pad tussen Messina en
Pontdrif en hoe die polisie sou geweet het waar om vir die
wápen te gaan
soek is on-verstaanbaar. Toe eerste appellant hieroor gekruisvra is het hy te
kenne gegee dat hy die polisie
op Beitbrug vertel het dat hy nie geweet het waar
hy die wapen "weg-gegooi" het nie maar dat hy bygevoeg het dat hy kon ont-hou
dat
hy by 'n plek verby gegaan het "wat vir my soos 'n waterpan gelyk het".
Volgens hom het Strydom toe gesê dat hy so 'n plek
ken en dit is die plek
waarheen die poli-sie hom geneem het en waar die wapen gevind is. Daar is
minstens drie faktore wattdui op
die onwaarheid van hier-die verduideliking.
Eerstens is die wapen nie naby 'n waterpan gevind nie. Tweedens is luilenant
Dreyer se
ge-tuienis dat hulle eers na een plaas gery het en toe na 'n ander
waar die geweer gevind is, nooit betwis nie. Warom,
46. indien Strydom dan die plek geken het, het hy eers na 'n verkeerde plaas
gery? Derdens is eerste appellant se weergawe nooit aan
Strydom gestel nie. Word
sy getuie-nis vergelyk met dié van luitenant Dreyer wat spesiaal van
Louis Trichardt gekom het sodat
die uitwysing wat eerste appellant volgens
Kaptein Strydom bereid was om te maak, aan iemand gemaak kon word wat niks met
die saak
te doen gehad het nie, is dit volkome duidelik dat die ver-, hoorhof
tereg eerste appellant se getuienis verwerp en lui-tenant Dreyer
s'n aanvaar
het.
Eerste appellant se getuienis is so deurspek met bewerings wat net
eenvoudig nie waar kan wees nie dat dit onmoontlik is om alle aspekte
daarvan te
behandel. Ek verwys net na enkele voorbeelde van die soort bewering wat hy
bereid was om te maak. Hy het erken dat hy
kort na sy aanhouding te kenne gegee
het dat hy deur sy meer-deres in die A N C gedwing is om as gids vir die groep
op te tree. Dit,
het hy in sy getuienis gesê, was egter 'n
47. leuen
wat hy op die ingewing van die oomblik vertêl het. Hy het ontken dat hy
kort na sy gevangeneming aan Majoor Lin-den,
'n inligtings-offisier van die
weermag, gesê het dat die doel van die groep se besoek wás om
landmyne suid van die teerpad
te plant. Volgens hom was die groêp op 'n
verkenningstog in die gebied. Toe hy gewys is op die land- en antipersoneel-myne
wat gevind is op díe plek waar hy en sy makkers gevlug het toe Schubert
op hulle geskiet het, en op die onwaarskynlikheid
dat verkenners sulke wapens
met hulle sou saamdra, was sy verduideliking dat dit maar net saamgebring is om
in die pad van agtervolgers
te stel indien die groep betrap en agtervolg sou
word. Toe hy verder daarop gewys is dat daar niks tussen die groep se
toerustïng
of aan die persoon van enigeen van hulle gevind is wat daarop
dui dat hulle verkenners was nie, was sy ver-duideliking dat die leier
inderdaad
'n verkyker en 'n nota-boekie by hom gehad het maar dat hy dit tydens die
agter-volging weggegooi het. Later in kruisondervraging
is hy
48. uitgevra
oor die gebeure toe Schubert op hulle afgekom het. Volgens hom het die groep
onder 'n boom gerus toe hulle Schubert se
voertuig hoor nader het. Sy leier het
opdrag gegee dat hulle gereed moes maak vir 'n geveg en dat hulle teleurgesteld
was om te sien
dat daar burgerlikes op die voertuig was. Toe hy daarop gewys is
dat dit nie van verkenners verwag sou word om 'n geveg aan te knoop
nie was sy
antwoord dat.dit inderdaad ook nie was wat hulle woudóen nie en dat hulle
juis probeer wegkruip het sodat die bur-gerlikes
hulle nie sou raaksien nie.
Maar toé is hy ge-wys op Schubert se getuienís (waaroor 1g nooit
gekruis-vra is nie) dat
sonrmige lede van die groep regop onder die boom gestaan
het. Sy enigste reaksie was dat Schubert 'n leuen vertel omdat hulle plat
gelê het.
Wanneer gelet word op sy getuienis oor sy reis die aand van
26 Desember agter op Gerber en Nel se bakkie blyk dit finaal watter soort
getuie
hy was. Soos vante-vore gemeld het hy beweer dat die bakkie êrens in
die
49. bos tot stilstand gebring is waar een van die polisie-manne te kenne
gegee het dat hulle hom gaan doodskiet waarop die ander een
gesê het dat
hulle 'n geskikte plek vir die doel moes vind en daarna voortgery het (soos
eer-ste appellant vertel hy geglo
het, na die plek waar hy doodgeskiet sou
word). Waarom die dreigement nie daar en dan in die bos uitgevoer is nie en
waarom die persone
wat hom gedreig het uit die bos uitgery het totdat hulle op
die teerpad was en vandaar voort tot op 'n punt nie meer as 13 km van
Messina
nie kon eerste appellant nie verklaar nie. Volgens hom het hy nie eens
agtergekom dat hulle later op die teerpad gery het
nie want, het hy getuig, dit
was donker en hy kon nie voel dat die pad-oppervlakte verander het nie. Wat hy
egter uit die oog verloor
het is dat hy sy blinddoek op daardie stadium verwyder
het en dat hy in die ligte van die voertuig sou kon sien dat hulle op 'n teerpad
ry. In die verhoorhof sowel as in hierdie hof is gewag gemaak van die feit
dat
50. sersant Nel se lyk voor in die voertuig gevind is terwyl hy by sy
vertrek op pad Messina toe agter op die bak stel-ling ingeneem
het met die
woorde dat hy 'n oog oor die ge-vangene wou hou. Dit bevestig appellant se
getuienis, so lui die betoog, dat die bakkie
later gestop het en steun sy
bewering oor die dreigement. Ek meen nie dat dit sy saak werklik steun nie. Dat
die voertuig gestop
het en dat Nel voor gaan sit het moet natuurlik aanvaar word
maar daar is soveel denkbare verklarings vir sy op-trede dat niks daaruit
afgelei kan word nie behalwe dat hy gerus geraak het en gemeen het dat dit nie
nodig was om eerste appellant op te pas nie. Of hy
gerus kon ge-wees het na die
beweerde dreigement is te betwyfel.
Tên slotte moet verwys word na
appellant se ge-tuienis oor die skietery self. Hy het deurgaans getrag om die
verhoorhof te oortuig
dat alles so vinnig gebeur het dat hy nie geleentheid
gehad het om behoor lik te dink nie. In kruisondervraging het hy hom bv as
volg
uitgelaat:
51.
"Toe hierdie ding gebeur het waarvan u praat,kan ek dit nie verduidelik nie, aangesien hierdie voorval vinnig plaasgevind het en ek was ook vreesbevange gewees, dit is vinnig en ek wil wegkcm, weghardloop. Ek weet nie of dit 'n teerpad was, dit het nooit in my gedagtes ge-kom om te kan sê of dit by 'n teerpad was of waar ookal. Soos wat ek gesê het, hierdie voorval het vinnig plaasgevind. Ek het nie eers gekyk om te sien hoe daardie plek lyk nie. Ek het nooit oor sulke dinge gedink dat dit nodig was of nie. Ek was desperaat."
Daarna verskyn daar die volgende vraag en antwoord:
"As jy 'n persoon op kort afstand met daardie ge-weer skiet moet hy sterf, of sy kanse is baie
goed dat hy sal sterf ? Dit is die waarheid,
maar ek op daardie tydstip, oomblik hét ek nooit daaraan gedink nie."
Hierdie getuienis is aan ons voorgehou om aan te dui dat eerste appellant nie geleentheid gehad het om sy optrede behoorlik te oorweeg en te besluit wat hom te doen ge-staan het nie.Wat natuurlik uit die oog verloor word is dat dit eerste appellant self was wat die voorval vinnig laat verloop het. Daar was geen rede vir haas nie en geen rede waarom hy die geweer vinnig moes gryp en blindweg
52.
(soos hy probeer te kenne gee het) 'n sarsie skote op die twee niksvermoedende polisiemanne voor hom af te trek nie. Die indruk is onvermydellik dat hy homself losge-wikkel het en besef het dat hy 'n gulde geleentheid gehad het om te ontsnap . Hy het dit met beide hande aangegryp. Sy verweer is myns insiens tereg verwerp en daar kan nie ingemeng word met sy skuldigbevinding op aanklagte 9 en 10 nie.
DIE OORBLYWENDE_AANKLAGTE_(32,_36,_38_en_39) Dit is onnodig om breedvoerig uit te wei oor hier-
die aanklagte. Onderworpe aan 'n betoog ten opsigte van
die moontlike duplikasie van aanklagte wat klaarblyklik
ongegrond is (en wat derhalwe nie bespreek word nie) het
mnr Mahomed
toegegee dat eerste appellant op sy eie weer-
gawe skuldig is op aanklagte 35, 36, 38 en 39 en dat tweede
appellant, indien die bevinding is dat bew RR toelaatbaar
is, skuldig is op aanklagte 35 en 36. Ek het reeds
aangedui dát bew RR inderdaad toelaatbaar is. Wat
53.
eerste appellant betref is die toegewing gebaseer op eerste
appellant se getuienis oor sy optrede toe hy die land gedurende Desember
1986
binnegekom het. Aanklagte 35, 36, 38 en 39 is geformuleer om sy optrede
gedurende 1985 ook in te sluit. Uit hoofde van die bevinding
dat hy aandadig was
aan die plant van die landmyne wat gedu-rende November en Desember 1985 ontplof
het, is dit dui-delik dat sy
skuldigbevinding op aanklagte 35en 36 nie beperk is
tot sy optrede gedurende Desember 1986 nie -wat natuurlik ter sake was by die
beoordeling van sy von-nis op daardie twee aanklagte.
DIE-DOODVONNISSE Dit is
gemene saak dat die doodvonnis wat beide beskuldigdes op aanklag 35
opgelê,is ter sydegestel moet word.
Ooreenkcmstigart 54(1) van die Wet op
Binnelandse Veilig-heid 74 van 1982 is die misdryf van terrorisme strafbaar "met
die strawwewat
bywet vir die misdryf hoogverraad bepaal word." Tot 27 Julie 1990
was die doodvonnis
54.
ooreenkomstig art 277 (I) (b) van die Strafproseswet 51 van 1977 'n bevoegde vonnis vir hoogverraad. Daarom was die verhoorhof bevoeg om beide appellante die doodvonnis op te lê weens hulle skuldigbevinding aan terrorisme. Weens die wysiging van art 277 deur art 4 van die Strafreg-wysigingswet 107 van 1990 wat op 27 Julie 1990 in werking getree het, is hoogverraad tans slegs met die dood strafbaar indien dit gepleeg word wanneer die Republiek in a staat van oorlog verkeer en, ooreenkomstig art 20 (I) (a) van 1g wet, moet hierdie appël afgehandel word asof art 4 te alle ter saaklike tye in werking was. Die Staat en die verdediging is dit eens dat die land nie in 'n staat van oorlog was ten tyde van die pleeg van die onderhawige misdade nie en dit volg dus dat die doodvonnis nie langer beskou kan word as 'n bevoegde vonnis nie.
'n Verdere gevolg van die wysiging van art 277 is dat 'n appel teen die doodvonnis tans op 'n totaal ander basis as in die verlede beoordeel word. Die huidige be-
55.
nadering is beskryf in beslissing van hierdie hof soos
dié in S v Masina and Others 1990 (4) 5 A 709 (A) op 713 J - 715.
A; S v Senonohi 1990 (4) S A 727 (A) op 733 B-E en 34 D- 735 A; S v Nkwanyana
andOthers 1990 (4) S A 735 (A) op 742 I- 745 G; SvMdau 1991 (I) S A 169 (A) op
174 A*H; S v P 1991 (1) S A 517 (A) op 522 C- 523 C. In die onderhawige geval is
die doodvonnis opgelê voor die inwerkingtreding van art 4 van die
Wysigingswet
en, hoewel die verhoorhof bevind het dat daar geen versag-tende
omstandighede was nie, is daar geen bevinding oor die aan- of afwesigheid
van
enige strafversagtende of-verswarende faktore nie. Nogtans is dit uit hoofde van
art 20 (1) van die Wysigingswet die taak van
hierdie hof om, met inagneming van
sodanige faktore, self te oordeel
of die doodvonnis die gepaste vonnig
is.
Die faktore waarop beide aopellantesteun en
wat
volgens mnr Mahomed as strafversagtend beskou moet
word, kom in breë
frekke ooreen met dié wat in S v Masina
56. and Others (supra)
ter sprake was (p 717 G- 718 B van die verslag). Eerste appellant het getuig oor
die redes waarom hy die land
verlaat het en as opgeleide lid van Umkonto we
Sizwe teruggekeer het met die groep wat op 26 Desember 1986 met weermag-eenhede
slaags
ge-ráak het. Daarbenewens het Prof Fatima Meer, Prof Lodge en Eerw
Chikane getuig oor die politieke en sosiale omstan-dighede
in Suid-Afrika
gedurende die sewentiger jare en ook oor die invloed op swart jeugdiges van die
oproer wat gedurendeU 1976 in Soweto
begin het. Tweede appellant het slegs in
die binneverhoor getuig. Die enigste spe-sifieke inligting oor hom verskyn in
bew RR en
in gedeel-tes van Prof Meer segetuienis. Daar is, wat die algemene
agtergrond betref,geen verskil tussen hom en eerste appel-lant
nie. Beide van
hulle het hulle hoerskool-loopbane gedurende 1981 prysgegee toe hulle die land
afsonderlik verlaat en by Umkonto we
Sizwe aangesluit het. Op daardie stadium
was eerste appellant 21 jaar oud en tweede appellant
57. ongeveer 18. Later
het albei van hulle ondervinding gehad (eerste appellant in Mosambiek en tweede
appel-lant in Lesotho) van
die verwoesting wat aanvalle deur eenhede van die
Suid-Afrikaanse weermag in die geledere van die A N C en onder die burgerlike
bevolking
van die betrokke lande gesaai het. Eerder as om hulle af te skrik,het
hierdie ondervinding hulle verhard en meer vas-beslote gemaak
om deel te
neemaan'n geweldadige stryd teen 'n bewind wat hulle as onwettig en onregverdig
beskou het. Eerste appellant het homself
as 'n soldaat beskou wat vir vryheid
geveg het en daarom, het hy getuig, het hy verwag om,_ indien hy gevange geneem
word, soos 'n
sol-daat behandel te word en nie soos 'n misdadiger nie.
Voor
die wysiging van art 277 van die Strafpro-seswet is dit reeds aanvaar dat die
feit dat 'n moord met 'n politieke oogmerk gepleeg
is in gepaste
omstándighede as 'n versagtende omstandigheid beskou kon word (S v
Mkaba
and Others 1965 (I) S A 215 (A) op 2 17; S_v McBridge 1988
58.
(4) S A 10 (A) op 25); en dat dit in die huidige bede-ling
ook as strafversagtende faktor kan dien blyk uit die beslissing in Masina
se
saak (supra) op 719 B. Of dit in 'n bepaalde geval so beskou moet word hang van
die omstandighede af en daarby moet natuurlik
gevoeg word dat, selfs al sou dit
as 'n versagtende faktor heskou word, die gepastheid van die doodvonnis nog
steeds beoor-deel moet
word met inagneming van die versagtende sowel as die
verswarende faktore (vgl die Mcbride saak (supra)
op 24 A-D ).
By die
oorweging van die omstandighede van die onderhawige saak is dit nie onvanpas nie
om die moorde waaraan die appellante skuldig
bevind is in korrekte per-spektief
te plaas, gesien veral eerste appellant se aan-drang om nie soos 'n misdadiger
behandel te word
nie. In sy getuienis het hy herhaaldelik laat blyk dat hy
verkies om nie 'n terroris genoem te word nie - hy is 'n soldaat van Umkhonto
we
Sizwe. Vir doeleindes van vonnisop -
59-legging gaan dit egter nie om benamings nie maar veel
eerder om die
aard van die misdaad. Die kruisonder-vraging van sommige Staatsgetuies was
daarop gemik om te probeer bewys dat die
myne in 'n sg militêre gebied
geplaas is en vir militêre teikens bedoel was. Weipe was egter alles
behalwe 'n militêre
gebied; dit is 'n landboustreek maar, omdat dit aan 'n
vyandiggesinde land grens, is sorrmige van die paaie (die kaplyn-pad in
besonder)
wat daagliks deur die plaaslike inwoners gebruik is,van tyd tot tyd
deur die veiligheidsmagte gepatrolleer. Toe eerste appellant
die myn in die pad
voor die winkel geplant het,het hy ongetwyfeld terdeë besef dat sy
slagoffers net sowel burgerlikes mag wees
- soos wat inderdaad die geval was.
Die myn wat die De Nysschen-en van Eck familïes grotendeels uitgewis het
was op 'n wildspaadjie
waar die veiligheids-
magte nooit gekom het of ooit kon kom nie omdat (lie toegangs-hek te klein was vir groot voertuie. Die afleiding is
60. dat dit juis vir burgerlikes bedoel was. Dit is optrede van hierdie aard wat in S v Mange 1980 (4) S A 613 (A) op 619 D-F as suiwer terrorisme bestempel is. En wan-neer teruggedink word aan die terreurdade wat die afge-lope aantal jare in Suid-Afrika plaasgevind het,is die indruk onvermydellik dat kleefmyne, tydborrme en landmyne die mees effektiewe en gevreesde wapens in die hande van terroriste is,nie net omdat dit met 'n geringe mate van risiko vervoer en gestel kan word nie, maar veral weens die verwoestingskrag daarván wat enigiemand kan tref. Die verhoorregter het dit soos volg gestel:
"Die plant van die myn is soos die verderf wat op die middag verwoes. Dit is 'n verderf wat hiemand ontsien nie, nie swart nie, nie wit nie, nie man nie, nie kind nie, nie vrou nie."
Dat dit so is,blyk uit die feite van hierdie saak. Die
ergste is dat hierdie verwoesting gewoonlik gesaai word
wanneer diegene
wat daarvoor verantwoordelik was nie
langer op die toneel is nie en soms
reeds weer die land
61. verlaat het.
Uit eerste appellant se getuienis blyk dit in elk geval - en dit geld sonder
twyfel vir tweede ap-pellant ook - dat hy geweet het
dat misdade deur lede van
sy organisasie inderdaad as misdade beskou word deur die Suid-Afrikaanse howe en
as sodanig strafbaar is.
Boon-op het hy getuig dat dit nie die beleid van die
organi-sasie is om burgerlike teikens aan te val nie en dat hy persoonlik die
plant van landmyne wat burgerlikes kan be-seer as ongedissiplineerde optrede
beskou. Nógtans is dit presies wat hy self gedoen
het.
Hoewel ek
bereid is om die faktore waarop na-mens die appellant gêsteun word as
strafversagtend te aanvaar, moet die verswarende
faktore waarna ek verwys het,
wat aanklagtel en 3-8 betref, ook oorweeg word. Dit moet verder in gedagte gehou
word dat die belange
van die gemeenskap sterk na vore kom in sake van hierdie
aard. Dit mag so wees soos mnr Mahomed aangevoer het
62. dat appellante se
optrede deur 'n groot gedeelte van die gemeenskap goedgekeur word ongeag die
resultate daarvan. Ek glo egter
nie dat dit deurslaggewend is nie. Feit bly dat
dade soos hierdie nie in 'n beskaafde land geduld kan word nie. Indien dit nie
na
behore gestraf word nie bestaan daar die moontlikheid dat die regspleging in
dis-krediet mag verval en dat gegriefde perscne hulle
tot eie-rigting mag wend.
In R v Karg 1961 (I) S A 231 op 236 A-C het SCHREINER AR opgemerk:
"But the element of retribution, historically important, is by no means absent from the modern approach. It is not wrong that the natural indignation of interested persons and of the corrmunity at large should receive some recognition in the sentences that courts impose, and it is not irrelevant to bear in mind that. if sentences for serious crimes are too lenient, the administration of justice may fall into disrepute and injured persons may incline to take the law into their own hands."
Hierdie opmerking is besonder toepaslik in 'n geval soos
die onderhawige. Word in hierdie geval die strafver-
63. sagtende en verswarende faktore teen mekaar opgeweeg is die doodvonnis
myns insiens die enigste gepaste straf vir eerste appellant
op klag 1 en vir
tweede appellant op klagtes 3 tot en met 8.
Voordat ek van hierdie klagtes
afstap,is daar 'n finale betoog van mnr Mahomed wat kortliks behandel moet word.
Hy het naamlik aangevoer
dat hierdie hof kennis moet neem van die
versoeningspogings wat tans op politiekë gebied aan die gang is en die
grondwetlike
ver-anderings wat in die vooruitsig gestel word. In die lig hiervan
het hy aangedring op, soos hy dit gestel het, "a sentence which
reaches out for
reconciliation". Myns insiens sal dit totaal onvanpas wees as 'n hof die
gepastheid van die doodvonnis sou oorweeg
in die lig van die huidige politieke
klimaat of met die bevordering van 'n bepaalde politieke proses ten doel. Dit
kan nie toe-gelaat
word dat oorwegings soos hierdie die hof se be-sluit oor 'n
gepaste vonnis beïnvloed nie. Dit is nie
64. die taak van strafhowe om deur die vonnisse wat hulle oplê die politieke strewes van bepaalde groepe te bevor-der of dié van andere te belerrmer nie. (cf In Re Wil-Iem Kok and Nathaniel Balie 1879 Buch 45 at 66). In-
teendeel, regterlike straftoemeting veronderstel juis, in sovérre dit
menslikerwys moontlik is, volkome afsy-digheid met die
oog op die billike
handhawing van die reg, en regverdigheid nie net teenoor die beskuldigde nie
maar ook teenoor die gemeenskap en
diegene wat deur sy optrede benadeel
is.
Ten opsigte van die moord op die twee polisie-manne (klagtes 9 en 10)
moet die absolute onnodigheid van hulle dood en die grusaamheid
van die daad as
straf-verswarend beskou word. In die behandeling van aan-klagte 9 en 10 is
hierbo reeds daarop gewys dat eerste appellant
die hef in die hande gehad het
nadat hy homself bevry en besit van die geweer geneem het. Ek aanvaar dat hy
desperaat was, soos hy
getuig het, maar dit was
65. 'n desperaatheid om te
ontsnap. Instede daarvan dat hy Gerber gedwing het om die voertuig tot stilstand
te bring en hom dan uit
die voete te maak nadat hy sy bewaarders ontwapen het
(wat hy maklik kon doen) het hy hulle koel-bloedig van agter geskiet waarskynlik
omdat hy hier 'n gulde geleehtheid gesien het om boonop van twee gehate vyande
ontslae te raak. Ek aanvaar nietemin dat dit 'n onoorwoë
handeling was en
dat hy weens sy opleiding waar-skynlik in 'n mate instinktief opgetree het teen
lede van die polisiemag wat volgens
al die beskikbare getuienis die
primêre teikens van die A N C was. Ten spyte van die grusame gevolge van
sy lafhartige daad
meen ek nie dat die doodstraf op hierdie twee aanklagte as
die enig-ste gepaste vonnis beskou kan word nie.
DIE ANDER VONNISSE: AANKLAGTE 36,38 en 39.
Aangesien die vonnisse op aanklagte 9,10 en 35 heroorweeg en tweede appellant se skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 13 tot en met 28 ter syde gestel
66.
moet word is dit onnodig om die vohnis wat die verhoor-hof op
elke aanklag opgelê het te bespreek.
Wat aanklagte 9 en 10 betref
spreek dit van-self dat eerste appellant 'n swaar vonnis verdien. Myns insiens
is gevangenisstraf vir
25 jaar op die twee aan-klagte wat as een geneem word vir
doeleindes van vonnis nie onvanpas nie. Origens moet eerste appellante
ge-vonnis
word op aanklag 35 (terrorisme). Aangesien daar wat beide appellante betref 'n
mate van oorvleueling tus-sen die afsonderlike
aanklagte is meen ek dat die
von-nisse soos later aangedui saam uitgedien moet word. Uit hoofde van die
voorafgaande word die volgende
bevel ge-maak:
I. Eerste appellant se appël teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklagte 1,11,12,36, 38 em 39 en teen sy skuldigbevinding op aanklagte 9, 10 en 35 word van die hand gewys. 2 (a) Tweede appellant se appèl teen sy skuldigbevin-
67. ding en vonnis op aanklagte 3 tot en met 8, 29 tot en met 34, en 36, en
teen sy skuldigbevin-ding op aanklag 35 word van die hand
gewys.
2. (b)
Tweede appellant se appel teen sy skuldigbe-
vinding op aanklagte 13 tot en met 28 word ge-handhaaf. Die skuldigbevindings
en vonnisse op hierdie aanklagte word ter syde gestel.
3. Eerste appellant se
vonnisse op aanklagte 9, 10
en 35 word ter syde gestel en met die volgende ver-
vang:
Aanklagte 9 en 0 wat saamgeneem word vir doeleindes
van vonnis: 25 jaar gevangenisstraf.
Aanklagte 35; 20 jaar gevangenisstraf.
Dit word beveel dat die vonnisse op aanklagte II,
12, 35, 36, 38 en 39 saam uitgedien word met die
vonnis wat op aanklagte 9 en 10 opgelê is.
4. Tweede appellant se vonnis op aanklag 35 word ter
syde gestel en vervang met 20 jaar gevangenisstraf.
68.
Dit word beveel dat die vonnisse op aanklagte 29, 30, 31, 32, 33, 34 en 36 saam uitgedien word met die vonnis op aanklag 35.
J J F HEFER AR.
VIVIER AR )
EKSTEEN AR ) STEM SAAM.

RTF format