South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 21

| Noteup | LawCite

S v Frans (130/90) [1991] ZASCA 21 (22 March 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (APPÉLAFDELING)

SAAKNR. 130/90 In die appèl tussen:

RAYMOND FRANS APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT


Coram: JOUBERT et GOLDSTONE ARR; PREISS WnAR

Aangehoor: Vrydag 22 Maart 1991
Transkripsie van ex tempore uitspraak op Vrydag 22 Maart 1991 deur Preiss WnAR gelewer en waarmee Joubert et Goldstone ARR saamgestem het.

2

UITSPRAAK

PREISS WnAR:

Die appellant, 'n jeugdige, is in Junie 1988 in die Kaapse

Provinsiale Afdeling deur Conradie R en twee assessore aan
'n aanklag van moord met versagtende onstandighede skuldig
bevind. Hy is gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf waarvan
3 jaar vir 4 jaar opgeskort is. Met verlof van die verhoorregter
kom hy in hoër beroep teen die skuldigbeyinding alleen.

Die oorledene was 'n jong seun ongeveer nege jaar oud. Sy lyk is op 'n plaas in die distrik Paarl versteek waar dit in 'n gevorderde toestand van ontbinding ontdek is. As gevolg hiervan is daar by die nadoodse ondersoek twee skedelfrakture

.../3

3 sowel as slegs twee steekwonde in die oorblywende weefsel gevind. Die eerste steekwond was aan die kant van die regteroog en die ander op die linkerboud. Daar kon wel ander steekwonde toegedien gewees het maar as gevolg van die ontbinding van die lyk kon.dit nie bevestig word nie. Die dood van die oorledene is aan veelvuldige beserings toegeskryf.

Drie beskuldigdes het in die hof a quo tereggestaan. Die áppellant was beskuldigde Nr 3. Die enigste getuienis wat die appellant met die beweerde moord verbind het, bestaan uit 'n pleitverduideliking wat beskuldigde Nr 1, ene Johnny Daniels, by die landdroshofverrigtinge ingevolge Art 119 van die Strafproseswet in April 1987 afgelê het. Daniels het die volgende verduideliking verstrek:

"Ek het by Gobes, 'n swart man, se smokkelhuis gesit.
.../4

4 c Ek het 3 bottels wyn gekoop. Toe besk 2 en 3 by

my kom toe is een bottel klaar half. Ek het vir
besk 3 gesê hy moet die halwe en die twee bottels
uit skink. Hy het dit uitgeskink. Hy het 'n ses
bottel kan wyn op skuld gevat. Ons sou die Vrydag
elkeen R3-00 vir die wyn betaal. Ons loop toe met

teerpad tot in die sloot. Oorledene was ook heeltyd
by ons. By die sloot wou ons hê oorledene moet
saam drink. Hy wou nie. Ek het kwaad geraak en
opgestaan en 'n stok gevat en hom twee houe oor sy
kop geslaan. Hy is toe bewusteloos. Hy het weer
bygekom. Kan was toe uitgedrink gewees. Besk 2
vat oorledene toe en dra hom op bos toe. Toe ons
in die bos kom het besk 2 hom met mes een hou op
regter arm en twee houe op regter rib gesteek, en
een hou in die boud. Besk 3 het daarna die mes

.../5

5 gevat en die oorledene 'n hou in die maag gesteek en 'n hou in die nek, aan die linkerkant. Besk 2 het oorledene toe gevat en hom onder 'n boomstomp ingesit en hom toe gemaak met dennenaalde. Besk 2 en 3 is toe weg van my af en ek het ook huistoe gegaan. Dit is al."

Daarna is die volgende vrae en antwoorde aangeteken:

"V: Was oorledene al dood toe besk 2 hom onder
boomstam sit? Ja. V: Het jy hom net met die stok geslaan? Ja. V: Was die enigste moeilikheid net die kwessie
dat oorledene nie wou saam drink nie? Ja."

Beskuldigde Nr 2, ene Isak Heradien, het toe die volgende gesê:

.../6
6
"Ek wil niks byvoeg nie. Wat besk 1 gesê het is
heeltemaal korrek. Ek beaam dit.
V: Waarom het jy hom in die bos met die mes.gesteek? Ons was toe al sterk onder invloed van drank en ek word toe kwaad omdat hy in eerste plek nie wou saam drink nie.
V: Wat se mes was dit. Okapi mes. 'n Knipmes."

Op sy beurt het die appellant die volgende gesê:

"Dit het gebeur net soos besk 1 gesê het. Ek beaam dit. Ek was ook kwaad omdat oorledene nie wou saam drink nie, toe steek ek hom met die mes. Ek het nie gehelp om oorledene se lyk met die dennenaalde toe te maak nie."
.../7
7

Voorts het die beskuldigdes, insluitende die appellant, toegestem dat die inhoud van hul verklarings as erkennings aangeteken word.

Daarbenewens is daar die verdere oorweging dat die appellant sy saak gesluit het sonder om enige getuienis aan te bied.

Twee hoofargumente is namens die appellant aan hierdie hof voorgelê. Die eerste is dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat daar 'n gemeenskaplike opset tussen die beskuldigdes ontstaan het. Die appellant verlaat hom op een van die vereistes vir so 'n bevinding soos in S v Safatsa and Others 1988 (1) SA 868 (A) op 901 'n - I uiteengesit, naamlik:

"That the individual acts of each of the... accused
.../8
8 convicted of murder manifested an active association with the acts... which caused the death of the deceased."

Daar is namens die appellant aangevoer dat sy handeling nie vir so 'n bevinding vatbaar is nie. Na my mening gaan hierdie argument nie op nie. Beskuldigde Nr 1 het die oorledene reeds geslaan; Nr 2 het hom reeds met 'n mes gesteek. Die appellant neem die mes by Nr 2 en steek die oorledene twee keer op dele van sy liggaam waar noodlottige gevolge kon intree. Daar kan beswaarlik iets anders afgelei word as dat die appellant 'n gemeenskaplike doel met die ander beskuldigdes gehad het.

Vervolgens word aangevoer dat dit redelik moontlik was dat
die slagoffer reeds dood was toe die gemeenskaplike opset
gevorm is. Hierdie argument is eweneens gebrekkig. Die stelling

.../9

9 is nooit in die verhoorhof in getuienis ge-opper nie. Dit bevat die onaanvaarbare situasie dat die aanval op die oorledene sou voortgeduur het nadat hy klaar dood was. Die verhoorhof het na my oordeel korrek bevind dat uit die bewese feite 'n sterk afleiding voortgevloei het dat die oorledene nog geleef het toe die appellant hom die steekwonde toegedien het. Daar is geen aanduiding in enige verklaring dat die oorledene gelê het of dat hy reeds sterwend was nie. Die enigste ooggetuienis, d.w.s deur beskuldigde Nr 1, is egter tot die teendeel en dit is nie in kruisondervraging betwis nie. Die appellant se versuim om self getuienis af te lê is 'n verdere tersaaklike oorweging.

Dit volg dus dat daar tereg bevind is dat die oorledene nog geleef het toe die appellant hom gesteek het en dat die gemeenskaplike opset dus bestaan het voordat die dood ingetree

.../10

10 het.

In die verbygaan is daar namens die appellant aangevoer dat daar nie bewys is dat hy die nodige mens rea gehad het nie. Die antwoord hierop is dat toe die appellant tot die aanval toegetree het, was die oorledene tot sy kennis reeds ernstig gewond en hy sou moontlik sterf indien hy nog verder met 'n mes aangeval word soos wat die appellant wel gedoen het. Die nodige opset is dus bewys.

Die appèl word van die hand gewys.

H. J PREISS JOUBERT AR ) GOLDSTONE AR ) STEM SAAM