South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 192
| Noteup
| LawCite
S v Malinga (290/91) [1991] ZASCA 192 (29 November 1991)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
VUSI MALINGA Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT, VAN HEERDEN, VIVIER, EKSTEEN et F.H. GROSSKOPF, ARR
Verhoor: 22 November 1991
Gelewer: 29 November 1991
UITSPRAAK
EKSTEEN, AR :
Omtrent 11.30 die aand van 3 April 1987 het 'n swart man die huis van mnr Johannes Phillipus Weyers te Piet Retief betree. Twee van die jong seuns in die huis het hom in hul slaapkamer verras, en terwyl een van hulle hulp gaan soek het, is die man by die kombuisdeur uit. Hulle ouer broer, die 17-jarige Hendrik Willem Grey, wat in 'n buitekamer ge-slaap het, moes die indringer gewaar het, en het hom agternagesit. Grey het hom in Pretoriusstraat af gejaag tot in Retiefstraat. Daar moes die voort-vlugtende vir Grey met 'n mes gesteek het, want Grey se lyk is kort daarna daar gevind met 'n snywond aan
...../2
2.
sy linkerskouer, en met vier steekwonde. Een van hierdie steekwonde was
in sy borskas. Dit het die linker ventrikel van sy hart gepenetreer
en sy dood
meegebring.
Op 7 November 1987 het die 57-jarige mnr Allen Gerard Brinck van
Paul Pietersburg besluit dat hy nou genoeg gehad het van die vrou
by wie hy
ge-woon het, en weggeloop. Hy was slegs geklee in 'n kort broek, 'n geruite hemp
en sloffie sandale. Hy het die pad na
Piet Retief gekies. Elfuur die aand is sy
lyk sowat 10 km van Piet Retief in die pad ge-vind. Hy het vyf steekwonde
opgedoen. Een
van hulle was deur die anterior borskaswand links van die sternum
tussen die vyfde en sesde ribbes. Dit
...../ 3
3
het sy linkerlong asook die linker atrium van sy hart gepenetreer en sy dood
veroorsaak.
Op 16 November 1987 is die appellant in hegtenis geneem in
verband met 'n aanklag van diefstal. Daarna het sekere inligting tot die
kennis
van adjudant-offisier Van der Merwe, die ondersoekbeampte in beide bogemelde
moordsake, gekom wat hy aan kaptein Alberts,
wat ook behulpsaam met die
ondersoek was, oorgedra het. Kaptein Alberts het met die appellant daaroor
gepraat en as gevolg daarvan
het appellant op 4 Desember 1987 sekere uitwysings
op die Piet Retief-Paul Pietersburg pad aan luitenant Kilian gedoen, en daarna
'n bekentenis voor Kilian afgelê waarin hy sy aandadigheid aan roof op
Brinck beken het nadat die oorledene deur ene
...../4
4.
ohannes gesteek sou gewees het. By 'n latere geleent-heid toe hy deur
adj-off Van der Merwe verder onder-vra is omtrent sy bekentenis
ten einde die
gemelde Johannes op te spoor, het appellant aan Van der Merwe beken dat hy
leuens vertel het en dat hy inderdaad alleen
was toe Brinck vermoor was.
Op 8
Desember het appellant sekere punte in die woning van mnr Weyers asook in
Pretorius- en Retiefstrate in Piet Retief aan kaptein
Alberts uitgewys en daarna
voor hom 'n bekentenis afgelê waarin hy sy aandadigheid aan die moord op
Hendrik Grey beken het.
Die appellant is gevolglik voor die Rond-gaande Hof te Piet Retief aangekla van
(1) huisbraak met die opset om 'n misdryf
....../5
5.
onbekend aan die aanklaer te pleeg as ge-volg van sy betreding van mnr Johannes Phillipus Weyers se huis op 3 April 1987, en
(2) die moord op Hendrik Grey dieselfde aand, (3) roof van Allen Gerard Brinck op 7 November 1987, en (4) die moord op Brinck dieselfde dag.
Die appellant het onskuldig gepleit op al vier aanklagte, en ook die toelaatbaarheid van die bekentenisse en die uitwysings betwis. By die onder-soek rakende hulle toelaatbaarheid het die appellant getuig en beweer dat hy deur die polisie aangerand is en gedwing is om na plekke te wys terwyl foto's van hom geneem is. Aanvanklik het hy ook beweer dat hy
....../6
6.
gedwing is "om 'n verklaring te maak dat ek die blankes doodgemaak
het". Later ontken hy dat hy enige ver-klarings hoegenaamd afgelê
het. Die
verhoorhof het sy getuienis as ongeloofwaardig verwerp en die bekente-nisse
asook die getuienis van die uitwysings toegelaat.
Nadat die Staatsaak gesluit
is, het die appellant se advokaat ook sy saak gesluit sonder om enige getuienis
aan te bied. Die appellant
is ge-volglik skuldig bevind op al vier
aanklagte.
By die daaropvolgende ondersoek na die bestaan al dan nie van
versagtende omstandighede, het appellant se advokaat weereens geen getuienis
aange-bied nie, maar die hof slegs toegespreek. Hy het aangevoer dat daar geen
voorafbeplanning was by die
....../7
7
moorde nie, en dat die skuldvorm dolus eventualis was. Hierdie betoog
is deur die verhoorhof verwerp, en daar is bevind dat daar geen versagtende
omstandighede was nie.
Voor vonnisoplegging het appellant se ad-vokaat die
hof weer toegespreek en mededelings gedoen omtrent die appellant se persoonlike
omstandighede, sonder om enige getuienis aan te bied. Die appellant is ook die
geleentheid gegun om die hof toe te spreek. Hy het
slegs weer sy onskuld betuig.
Daarna is hy gevonnis. Die doodstraf is hom opgelê vir albei moorde. Sy
aansoek om verlof om
te appelleer is geweier.
Na die inwerkingtreding van Wet 107 van
......./8
8
1990 ("die nuwe Wet") is hierdie saak na die paneel, wat ingevolge artikel 19 van die nuwe Wet ingestel is, verwys. Die paneel het bevind dat die doodvonnis na hulle oordeel "waarskynlik opgelê sou gewees het indien artikel 277 van die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977), soos gewysig deur artikel 4 van die Straf-wysigingswet, 1990 (Wet 107 van 1990), ten tyde van vonnisoplegging in werking was". Die saak is gevolg-lik ingevolge artikel 19(12(a) van die nuwe Wet na hierdie hof verwys, en word dit ingevolge gemelde artikel oorweeg asof dit 'n appèl deur die appellant is teen sy vonnis.
By aanhoor van die appél het daar ook 'n aansoek wat voorgee by wyse van kennisgewing van mosie
....../9
9
te wees, gedien. Daarin vra die appellant dat die doodvonnis tersyde gestel
word en dat die saak na die verhoorhof terug verwys word
vir die aanhoor van
ge-tuienis in verband met vonnis. Hierdie aansoek het op die oog af nie veel om
die lyf gehad nie, en dit is
- mi tereg - deur mnr Marais, wat namens die
appellant verskyn het, laat vaar. Ek hoef dus nie verder daar-na te verwys
nie.
Soos reeds daarop gewys, is die saak in die hof a quo besleg voor
die inwerkingtreding van die nuwe Wet. Artikel 20 daarvan vereis nou dat hierdie
appl afgehandel moet word "asof Artikel
4 .... te alle tersaaklike tye in
werking was". Artikel 4, op sy beurt, verg dat die hof 'n bevinding maak oor
die
....... / 10
10
aan- of afwesigheid van strafversagtende of - verswa-rende faktore, en dat
sodanige faktore in aanmerking geneem word by die oorweging
of die doodvonnis
die gepaste vonnis is aldan nie.
Wat die moord op Hendrik Grey betref,kan dit
as 'n versagtende faktor aangemerk word dat die appellant nie die huis betree
het met
die opset om die oorledene of enigiemand anders te dood nie. Sy opset,
soos blyk uit sy bekentenis, was eerder om te steel. Weliswaar
het hy 'n mes by
hom gehad, maar dit dien ook daarop gelet te word dat hy nie gepoog het om enige
van die twee seuns wat hom in die
slaapkamer verras het, daarmee te steek nie.
Hy het verkies om weg te hardloop en te probeer ontsnap, en as Hendrik hom
nie
....../ 11
11
gewaar en agternagesit het nie, sou daar geen doodslag gewees het
nie.
Soos sake egter ontwikkel het, het Hendrik hom gejaag en uiteindelik
ingehaal. Wat presies daar-na gebeur het, weet ons nie, maar
die waarskynlikhede
dui daarop dat Hendrik hom beetgepak het en dat die appellant in 'n desperate
poging om homself te bevry, hom
tot die mes gewend het en die dodelike wonde
toe-gedien het. Dit is waarop die waarskynlikhede dui, en daar is niks in die
Staat
se saak om dit te weerlê nie. Waar die bewyslas in so 'n geval op
die Staat rus om die bestaan van versagtende faktore te weerlê
(S. v.
Nkwanyana and Others [1990] ZASCA 95; 1990 (4) SA 735 (A) op 744 B - C) moet so 'n afleiding
as 'n versagtende faktor
..../ 12
12
aangeteken word.
Die grondslag van die appellant se skul-
digbevinding aan die moord op
Allen Gerard Brinck berus
in 'n groot mate op sy bekentenis aan lt Kilian.
Hier-
die bekentenis lui soos volg:
"Ons was vanaf 'n plantasie by die Paul Pietersburg - Piet Retiefpad. Ons is deur 'n hek tot by die teerpad. Ons het 'n witman alleen gesien stap in die rigting van Piet Retief. Ene Johannes het toe na die witman gestap. Ek en Vusi Malinga (nie familie van my nie) het hom agternagesit.
Johannes het met die witman in Zoeloe gepraat. Johannes het vir geld gevra. Die witman het terug geantwoord in Afrikaans, maar ek kon dit nie verstaan nie. Kort hierna het Johannes die witman met 'n mes gesteek in die bors. Die witman het toe agtertoe geval en op sy twee arms gestut gelê. Ek en swartman Vusi het die witman se sakke deursoek. Ek het toe Rl20,00 in sy agterste sak gevind. Nadat ek die geld geneem het, het ek vir die ander twee swartes
...../ 13
13
gesê om die witman te los, aangesien ek alreeds die geld gekry het. Johannes het die drasak geneem vanaf die rug van die witman. Vusi het die skoene van die witman geneem. Ons is toe weg. Dit is al."
In sy uitwysings aan lt Kilian het appellant ook gepraat van ene Johannes Manana wat vir Brinck met 'n mes sou gesteek het.
In 'n poging om die Johannes en die ander
Vusi Malinga op te spoor, het
die ondersoekbeampte, adj
off Van der Merwe, die appellant verder
ondervra.
Appellant.het eers te kenne gegee dat hy nie instaat
sou wees om hulle uit te wys nie, maar later het hy
"toe vir my gesê dat hy lieg betreffende hierdie twee persone, hy was alleen."
Tydens appellant se kruisverhoor in die tussenverhoor
....../ 14
14
oor die toelaatbaarheid van die uitwysings en die be-
kentenisse, het hy
ook ontken dat hy enigeen by die
naam van Johannes Manana ken.
Op hierdie getuienis het die verhoorhof
soos volg bevind:
"Uit die verklaring blyk dit dat dit sy saak was dat Johannes die oorledene met 'n mes gesteek het. Nóú is sy saak dat dit vals is. Beskuldigde plaas homself op die toneel en in die lig van sy verklaring aan Van der Merwe en sy getuienis wat die enigste afleiding reg-verdig dat Johannes nie die oorledene gedood het nie en sy aanduiding dat niemand anders dit gedoen het, is die enigste redelike afleiding dat beskuldigde die oorledene gedood het.
Die verklaring dat Johannes net die man in die bors gesteek het, kan natuurlik ook nie waar wees nie. Die oorledene is wreedaardig aangerand en meerdere ernstige steekwonde toe-gedien. In die konteks van die verklaring is ons tevrede dat selfs al sou iemand anders 'n steek toegedien het, beskuldigde hom in alle
......./ 15
15
opsigte vereenselwig met hierdie optrede en dat hy selfs op hierdie alternatiewe basis net so skuldig is aan moord."
Hiervolgens blyk dit dat die verhoorhof in die eerste instansie, uit hoofde
van appellant se mededeling aan Van der Merwe en sy getuienis
in die
tussenverhoor, bevind het dat die appellant vir Brinck vermoor het met die
direkte opset on hom dood te maak. Slegs in die
alternatief bevind die hof dat
hy in elk geval skuldig sou wees aan moord uit hoofde van 'n ge-meenskaplike
opset met Johannes om
Brinck te vermoor.
Wat appellant se mededeling aan Van
der Merwe betref, kom dit klaarblyklik op 'n bekentenis neer dat hy vir Brinck
doodgesteek het.
Die verhoorhof het dit ook so vertolk. As dit so is, sou dit
ooreen-
....../ 16
16
komstig die bepalinge van artikel 217(1)(a) van die Strafproseswet 51
van 1977 ontoelaatbaar wees weens die feit dat dit aan 'n vredesbeampte
gemaak
is en nie in die aanwesigheid van 'n landdros of vrederegter bevestig en op
skrif gestel is nie. Die verhoorhof kon dit dus
nie in aanmerking geneem het
nie.
So ook kan appellant se getuienis wat hy in die tussenverhoor
afgelê het, nie teen hom gebruik word by die oorweging van sy
skuld op die
meriete nie. Die tussenverhoor is uitsluitlik daartoe gerig om te bepaal of die
bekentenis waarop die Staat wil steun
vrywillig en ongedwonge afgelê is,
en waar die appel-lant die toelaatbaarheid van die verklaring in 'n
af-sonderlike ondersoek
betwis, is dit onbillik en onreg-
....../ 17
17
verdig om sy pogings in dié verband later teen hom op te haal by die
oorweging van die meriete van die saak. (S. v. de Vries 1989 (1) SA 228
(A) op 233 H -234 D.)
Soos blyk uit die passasie hierbo aange-haal uit die
uitspraak van die verhoorregter, het-die hof a quo gesteun beide op die
appellant se er-kenning aan Van der Merwe, en op sy getuienis in die
tussenverhoor om tot die gevolgtrekking
te kom dat appellant afgewyk het van die
beweringe in sy bekente-nis vervat. Dit was die verhoorhof nie geregtig om te
doen nie.
Wat die omstandighede van die moord op Brinck betref, was die hof dus
slegs aangewese op die appellant se bekentenis. Daarvolgens
kon die hof nie
......./ 18
18
bevind het dat die appellant alleen opgetree het en self die dodelike wonde
aan die oorledene toegedien het nie. Op die toelaatbare
getuienis kon die hof
slegs bevind het dat die appellant hom as 'n socius criminis vereenselwig
het met Johannes se aanval op die oorledene, en dat hy op daardie grondslag
skuldig was aan moord. In daardie omstandighede
sou sy skuld-vorm dolus
eventualis wees en nie dolus directus soos die verhoorhof bevind het
nie.
As versagtende faktore by hierdie moord kan dan aangemerk word dat die
appellant een van 'n groep was en dat hy nie self enige wonde
aan die oor-ledene
toegedien het nie. Hy het 'n mindere rol by die hele aangeleentheid gespeel en
sy skuld aan die moord
......./ 19
19
was dolus eventualis.
In geheel gesien was die
enigste werklike verswarende faktor wat mnr Malan, wat namens die Staat
verskyn het, aangevoer het die feit dat die appellant hom binne die bestek van
ongeveer sewe maande aan twee
moorde skuldig gemaak het. Dit is sekerlik 'n
verswa-rende faktor wat in aanmerking geneem moet word tov die
Brinck-moord.
Die appellant het ook twee vorige oortre-dings erken, albei
weens diefstal (in 1984 en 1985 onderskeidelik gepleeg). Hy het geên
vorige veroor-delings weens geweldsmisdade nie. By vonnisoplegging het hy die
hof verwittig dat hy daarbenewens skuldig bevind is
op twee aanklagte van
huisbraak met die opset
..../ 20
20
om te steel en diefstal waarvoor hy 'n vonnis van 7 jaar en
6 maande gevangenisstraf opgelê is.
In al die omstandighede is ek van
mening dat geeneen van die twee moorde, afsonderlik gesien, van so 'n ernstige
aard was dat dit
gesê kan word dat die doodvonnis die enigste gepaste
vonnis is nie. Selfs waar albei moorde saam in oënskou geneem word,
en met
volle inagneming van die omstandighede waarin hulle gepleeg is, soos hierbo
aangehaal, meen ek dat alhoewel die appellant
se vergryp in 'n ernstige lig
gesien moet word, dit nie so 'n uiterste vergryp is dat dit met reg gesê
kan word dat die doodvonnis
die enigste gepaste vonnis is nie.
Bygevolg slaag die appèl. Die doodvonnisse
....../ 21
21
op aanklagte 2 en 4 van die akte van beskuldiging word tersyde gestel
en vervang, in die geval van aanklagte 2 met n vonnis van 15
jaar
gevangenisstraf, en in die geval van aanklag 4 met 'n vonnis van 20 jaar
gevangenis-straf. Dit word voorts gelas dat die vonnisse
op aan-klagte 1, 2 en 3
asook die vonnis wat die appellant tans uitdien weens sy skuldigbevinding aan
huisbraak met die opset om
te steel en diefstal, saam sal loop met die vonnis op
aanklag 4.
J.P.G. EKSTEEN, AR
JOUBERT, AR )
VAN HEERDEN, AR )
stem saam
VIVIER, AR )
F.H. GROSSKOPF, AR )

RTF format