South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 169

| Noteup | LawCite

S v Plank en 'n Ander (41/1991) [1991] ZASCA 169 (27 November 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 41/1991

IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING

In die saak tussen:
DEAN LLOYD PLANK Eerste Appellant

GERT PETRUS SWART Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, VAN DEN HEEVER ARR et KRIEGLER

WND AR

VERHOORDATUM: 1 NOVEMBER 1991

LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1991

UITSPRAAK BOTHA AR:-

2.

Die twee appellante is in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Daarbenewens is hulle skuldig bevind aan bedrog, en daarvoor gevangenisstraf opgelê: 3 jaar op elk van twee aanklagte, samelopend. Met verlof van die Verhoorregter (STRYDOM R) kom hulle in hoër beroep teen die skuldigbevindingsendie vonnisse.

Die saak het voortgespruit uit die dood van 'n 40-jarige man ("die oorledene") gedurende die nag van 31 Januarie 1989 tot 1 Februarie 1989. Hy was, lewendig en ongedeerd, 'n insittende in 'n stilstaande motorkar op 'n grootpad buitekant Johannesburg, toe die voertuig aan die brand geraak en heeltemal uitgebrand het. Die oorledene het in die voertuig doodgebrand. Sy liggaam was onuitkenbaar verkool. Die Staat se saak teen die appellante was dat hulle opsetlik die motorkar met die oorledene daarin aan die brand gesteek het, met die doel om hom op hierdie manier te vermoor, en dat die appellante aldus opgetree het ter uitvoering van 'n

3.

sameswering tussen hulle, wat in hoofsaak behels het dat hulle sou voorgee dat dit die eerste appellant was wat in die voertuig verbrand het, ten einde te bewerkstellig dat versekeringspolisse op die eerste appellant se lewe uitbetaal word; die eerste appellant sou 'n valse identiteit aanneem, die tweede appellant sou, as die benoemde erfgenaam in die eerste appellant se testament, die versekeringsgeld ontvang, en daarna sou die opbrengs tussen hulle verdeel word.

Die uitspraak van die Verhoorregter bevat 'n kronologiese opsomming, in paragrawe genommer van 1 tot 100, van feite wat gemenesaak is of nie in geskil is nie, soos dit vorendag gekom het in die getuienis wat namens die Staat en deur of namens die appellante aangebied is. Ek gaan nie al die feite hier weergee nie, maar volstaan met 'n beknopte vermelding van die belangrikstes daarvan. Hulle het betrekking op 'n tydperk van h maand voor die dood van die oorledene, op die gebeure kort voor en kort na die oorledene omgekom
4. het, en op 'n tydperk van enkele dae daarna.
Op 2 Januarie 1989 skakel die tweede appellant 'n kennis van hom, ene Blackie Swart, wat by die Ou Mutual werk, en deel hom mee dat hy die eerste appellant na hom stuur om versekering uit te neem. Op 3 Januarie 1989 daag die eerste appellant by Blackie Swart op en doen aansoek om twee versekeringspolisse by die Ou Mutual, wat onder meer sou meebring dat 'n bedrag van nagenoeg R500 000 betaalbaar sou wees in geval die eerste appellant te sterwe sou kom weens 'n ongeluk. Die premle beloop ongeveer R150 per maand, wat deur die eerste appellant betaal word. Op 5 Januarie 1989 doen die eerste appellant aansoek om lewensversekering ten bedrae van ongeveer R300 000 by Sanlam, en betaal die eerste maandelikse premie van ongeveer R100. Op 10 Januarie 1989 verly die eerste appellant 'n testament waarin hy sy motorkar en 'n bedrag van R50 000 aan sy ouers bemaak, en die restant van sy boedel aan die tweede appellant as enigste begunstigde. Op dieselfde

5.

dag (10 Januarie) besoek die eerste appellant vir
Claire Gillespie, aan wie hy voorheen verloof was en
met wie hy steeds bevriend is. Hy vertel aan haar dat
hy die volgende plan uitgedink het: hy sou h nuwe
identiteitsboek verkry, onder die naam van Wayne Wesdon
of Woodlin; hy sou êrens 'n lyk in die hande kry; hy en
sy vriend, die tweede appellant, sou dan, met die lyk
in sy kar, 'n ongeluk namaak; die tweede appellant sou
dan getuig dat dit hy (die eerste appellant) is wat in
die motor gesterf het; intussen sou hy versekerings-
polisse uitgeneem het en die geld van die polisse aan
die tweede appellant bemaak het; die tweede appellant

sou die geld ontvang en hulle sou dit onder mekaar
verdeel. 'n Paar dae later vertel die eerste appellant

weer vir Claire Gillespie van sy plan, en weer eens op

27 Januarie 1989. In die loop van Januarie 1989 vertel

die eerste appellant ook aan 'n paar van sy ander

vriendinne van 'n plan met h soortgelyke strekking. Op

12 Januarie 1989 besoek die eerste appellant 'n

6. polisiestasie en verklaar aan 'n konstabel dat hy Wayne Woodlin is, dat hy sy identiteitsdokument verloor het en dat hy om die uitreiking van 'n nuwe een wou aansoek doen. Die nodige dokumente word ingevul en onderteken, en twee foto's van homself, wat die eerste appellant by hom gehad het, word deur die konstabel gesertifiseer. Met hierdie dokumente en foto's sluit die eerste appellant by die tweede appellant aan, en saam sien hulle die tweede appellant se voormalige eggenote, wat by die Departement van Binnelandse Sake werksaam is; die dokumente en die foto's word aan haar oorhandig met 'n versoek om die uitreiking van 'n identiteitsdokument te bespoedig. Op 26 Januarie 1989 lê die twee appellante saam besoek af by die kantore van Sanlam, waar hulle verneem dat die eerste appellant se versekeringspolis reeds uitgereik is en versend is na die adres aangegee op die aansoekvorm; hulle gaan saam na daardie adres en verkry die polis. Op 30 Januarie 1989 besoek die eerste appellant 'n haarkappersalon en

7.

laat sy hare van donkerbruin na ligblond verkleur.
Gedurende die aand van 31 Januarie 1989 ry die appellante in die eerste appellant se motor na die Johannesburg-stasie. Terwyl die tweede appellant in die kar buitekant die stasiegebou wag, gaan die eerste appellant die gebou binne. By die ingang na een van die platforms tref hy die oorledene op 'n bankie aan. Die oorledene was heeltemal onbekend aan die appellante. (Hy was werkloos en het tuisgegaan by 'n rehabilitasiesentrum genaamd "Refuge in Christ", wat geleë is ongeveer 1 km vanaf die plek waar hy uiteindelik gesterf het.) Nadat die eerste appellant met die oorledene gepraat het, is hulle saam na die motor. Vandaar het die twee appellante en die oorledene gery na die Lido Hotel. Op pad het die eerste appellant aan die oorledene sterk drank gegee om te drink. (Ten spyte van die verbrande toestand van sy liggaam, is dit nadoods vasgestel dat die alkoholinhoud van sy bloed, uitgedruk op die gebruiklike wyse, 0,36%
8. was.) By die Lido Hotel laat die appellante die oorledene in die motor agter en gaan die hotel binne, waar hulle drank gebruik. Die tweede appellant skakel sy broer en sê onder meer aan hom dat as hy (die broer) van 'n ongeluk in daardie omgewing sou hoor, hy hom inderhaas daarheen moet wend. Later ry die appellante en die oorledene weg van die hotel, met die oorledene op die voorste passassiersitplek vasgegordel in 'n lêende posisie. Op 'n plek waar daar relings langs die pad is, word die voertuig doelbewus so bestuur dat dit oor 'n afstand van ongeveer 175 meter teen die relings skuur, sodat die een kant van die voertuig beskadig word (en die relings ook). Daarna, met die kar in 'n stilstaande posisie, bevind die appellante hulle buitekant die kar, terwyl die oorledene steeds binne-in is. Die eerste appellant gooi petrol wat in 'n koeldrankbottel was, binne in die kar uit. Toe slaan die kar aan die brand.

Die eerste appellant verlaat onmiddellik die

9.

toneel en lê te voet ongeveer 15 km af na die woonstel van die tweede appellant in 'n voorstad van Johannes-burg. Vandaar gaan hy na die Germiston-stasie en bel vir Claire Gillespie, vroeg die oggend van 1 Februarie 1989, met die versoek om hom te kom neem na die snelweg na Durban. Sy weier om aan sy versoek te voldoen. Die eerste appellant vind tog sy weg na Durban, waar hy later die dag onder die naam W Woodlin sy intrek neem by 'n hotel. Daar word hy vroeg die oggend van 3 Februarie 1989 in hegtenis geneem deur luitenant Zeelie.

Nadat die tweede appellant by die toneel agtergelaat is, daag daar twee verbygangers op, terwyl die voertuig nog aan die brand is. Die tweede appellant kom vir hulle histeries voor; hy probeer oënskynlik om die mens in die kar daaruit te kry en soebat die verbygangers om dit te doen. Vanweë die vlamme kan niemand egter naby die kar kom nie. Die tweede appellant sê toe aan hulle dat sy vriend in die
10. kar is, en noem die eerste appellant se naam. Op 'n vraag oor wat gebeur het, vertel die tweede appellant die volgende: hulle was op pad van die Lido Hotel toe hulle besef hulle is op 'n verkeerde pad; hulle maak 'n U-draai in die pad; 'n swart taxi kom van agter, druk hulle van die pad af en bots met hulle; hulle kar skuur teen die relings langs die pad en slaan so aan die brand; en hy (die tweede appellant) is uit die kar uit deur die stukkende voorruit. Die tweede appellant gee aan die verbygangers die telefoonnommers van sy broer en van 'n ambulansdiens in Johannesburg. 'n Ambulans word ontbied en die tweede appellant word geneem na die Johannesburg-hospitaal, maar hy het geen noemenswaardige beserings nie, en later die oggend neem iemand hom na sy woonstel. Daar kry hy 'n besoek van die eerste appellant se swaer, Clive Brummer. Aan hom vertel hy die volgende: hy en die eerste appellant was by die Lido Hotel; op pad terug het hy die kar bestuur, aangesien die eerste appellant, wat op die

11.

passassiersitplek gelê het, se arm seer was; hy het 'n U-draai in die pad gemaak, voor 'n aankomende taxi; die taxi het langs die kar kom ry en teen die kar gestamp; die kar het teen die relings langs die pad gebots, daarlangs geskuur, en omgerol; hy is uit die voertuig geslinger en het sy bewussyn verloor; toe hy bykom, 'n meter of twee van die kar, was die kar aan die brand; hy het probeer om die eerste appellant uit die kar te haal, maar kon nie daarin slaag nie, omdat die voordeur ingestamp was en die vlamme te erg geword het. Die tweede appellant het aan Clive Brummer die eerste appellant se versekeringspolis by Sanlam en sy testa-ment oorhandig. Gedurende die middag van dieselfde dag (1 Februarie 1989) lê die tweede appellant 'n beëdigde verklaring af voor adj-off Schoeman, waarin hy verklaar dat die eerste appellant in die botsing oorlede is en in die motor verbrand het. Ongeveer 'n uur later lê die tweede appellant weer 'n skriftelike verklaring aan Schoeman af, waarin hy in besonderhede vertel hoe die

12.

botsing gebeur het, in ooreenstemming met die verhaal wat hy aan Clive Brümmer vertel het, net meer uitgebreid. Op 2 Februarie 1989 skakel die tweede appellant vir Blackie Swart, deel hom mee dat die eerste appellant in 'n motorvoertuig doodgebrand het, en verneem van hom wat gaan gebeur met die polisgeld en die testament, met die byvoeging dat hy nie in die polisgeld belangstel nie omdat die eerste appellant se lewe vir hom belangriker was as die geld. Op dieselfde dag kry die ontvangsdame by die firma waar die eerste appellant sy testament laat opstel het 'n oproep van 'n persoon wat homself voorstel as Gert Swart (die tweede appellant se name); dié deel haar mee dat iemand wat h testament by die firma het, afgesterf het, en verneem wat hom te doen staan. Later op 2 Februarie 1989 word die tweede appellant deur luitenant Zeelie gearresteer. Behalwe die voorgaande feite wat nie in geskil is nie, is daar twee stukkies getuienis wat vermeld moet word, wat deur die Staat aangebied is en

13.

wat wel by die verhoor in geskil geplaas is. Dit het
betrekking op die eerste appellant, en op uitlatings
wat hy sou gemaak het, eerstens, aan Claire Gillespie

toe hy met haar gepraat het vroeg die oggend van 1
Februarie 1989, en tweedens, aan luitenant Zeelie, toe

hy gearresteer is vroeg die oggend van 3 Februarie

1989.

Claire Gillespie het getuig dat die eerste

appellant se eerste woorde aan haar die volgende was:

"It went off last night. I am at Germiston station, I need a lift to the highway."

Sy sê dat sy onmiddellik besef het dat hy verwys na die

plan wat hy tevore aan haar vertel het. Ongeveer h uur

daarna bel die eerste appellant se broer, Ralph, haar

en deel haar mee dat die eerste appellant in 'n

motorongeluk betrokke was en doodgebrand het. Sy sê

nie aan hom dat die eerste appellant haar kort tevore

gebel het nie, maar daardie aand besoek sy wel vir

Ralph se vrou (Ralph was weg van die huis) en vertel
14. haar daarvan. As gevolg van daardie mededeling word Clive Brummer ontbied, en daar word toe reëlings getref vir Claire Gillespie om die volgende oggend 'n verklaring aan die polisie te maak. Dit het sy inderdaad gedoen. (Dit is duidelik dat dit haar verklaring is wat die polisie op die spoor van die appellante gesit het.) Die eerste appellant het ontken dat hy aan Claire Gillespie gesê het: "It went off last night". Die Verhoorhof het egter haar getuienis aanvaar en sy ontkenning verwerp. In hierdie Hof het die eerste appellant se advokaat aangevoer dat die Verhoorhof in hiedie opsig gefouteer het: Claire Gillespie se getuienis is onaanvaarbaar vanweë haar versuim om die gesprek aan Ralph te noem en om dit vroeër aan te meld. Ek stem nie saam nie. Sy het haar optrede verduidelik: sy was geskok oor die eerste appellant se mededeling, sy het nie geweet wat om daaromtrent te doen nie, en dit was eers teen die aand dat sy besluit het om dit bekend te maak. Haar
15. huiwering om daaroor te praat is volkome begryplik. Sy en die eerste appellant was klaarblyklik op 'n goeie voet met mekaar. Daar is geen ruimte vir 'n bevinding dat sy 'n fout gemaak het in haar getuienis nie. As sy nie geglo word nie, kan dit alleenlik wees op die grondslag dat die woorde wat sy aan die eerste appellant toeskryf 'n versinsel is. Maar dat sy enige rede sou gehad het om valslik die eerste appellant in die moeilikheid te probeer bring, is nooit deur die eerste appellant self gesuggereer nie en is ook nooit aan haar in kruisondervraging gestel nie. Bowendien het sy op die Verhoorhof 'n besonder goeie indruk gemaak; daar is bevind dat sy op 'n baie oortuigende en geloofwaardige wyse haar getuienis afgelê het. 'n Nalesing van haar getuienis in die oorkonde toon aan dat daar geen gronde bestaan vir hierdie Hof om van die Verhoorhof se bevinding op hierdie aspek van die saak te verskil nie.

Luitenant Zeelie het getuig dat hy aan die

16.

eerste appellant in sy hotelkamer gevra het wie hy is,
waarop die eerste appellant geantwoord het dat hy Wayne
Woodlin is. Hy het daarmee volgehou. Die tweede
appellant, wat die polisie na Durban vergesel het, is

toe die kamer binnegebring. Die eerste appellant se

reaksie was dat hy hom nie ken nie. Die tweede

appellant sê toe aan die eerste appellant dat hy die

polisie die waarheid moet vertel, hulle weet reeds

alles, hy het hulle alles vertel. Daarop antwoord die

eerste appellant met die volgende woorde:

"Okay, I am sorry, I am Dean Plank. I will tell you the truth. We did murder a hobo."

Die eerste appellant het in sy getuienis ontken dat hy

hierdie woorde gebesig het; volgens hom het hy in

antwoord op die tweede appellant se opmerkings gesê dat

dit 'n ongeluk was. Die Verhoorhof het Zeelie se

getuienis aanvaar en dié van die eerste appellant

verwerp. Voor ons is aangevoer dat die Verhoorhof

Zeelie se getuienis behoort te verwerp het, op grond
17. van 'n antwoord wat hy gegee het toe hy deur die Verhoorregter aan die einde van sy getuienis ondervra is. Tot op daardie stadium het Zeelie nie melding gemaak van die tweede appellant se reaksie op die eerste appellant se uitlatings nie. Toe hy pertinent daarna gevra is deur die Verhoorregter, het hy geantwoord dat die tweede appellant bevestig het wat die eerste appellant gesê het. Die Verhoorregter het onrustig gevoel oor die antwoord wat sy eie vraag ontlok het, en sê in sy uitspraak dat hy sy assessore opdrag gegee het om nie daardie getuienis teen die tweede appellant in berekening te bring nie. Die betoog namens die eerste appellant was dat Zeelie se antwoord op daardie laat stadium sy getuienis as 'n geheel verwerplik gemaak het. Ek stem nie saam nie. By 'n nalesing van sy getuienis is dit duidelik dat hy nie vantevore spesifiek gevra is oor die tweede appellant se reaksie nie, en dat hy nie veel waarde daaraan geheg het nie. Dit is onnodig om verder op die
18. besonderhede van sy getuienis in te gaan. Die feit dat die Verhoorregter dit veiliger geag het om die betrokke stukkie getuienis buite rekening te laat wat die tweede appellant betref, beteken hoegenaamd nie dat Zeelie se getuienis ten aansien van die eerste appellant se uitlatings onder verdenking is nie. Daardie deel van sy getuienis is gestaaf deur die getuienis van adj-off Van Zyl. Die Verhoorhof het bevind dat Zeelie 'n goeie en geloofwaardige indruk gemaak het en dat sy getuienis oor die eerste appellant se uitlatings met veiligheid aanvaar kon word. Daar is nie gegronde rede vir hierdie Hof om daarvan te verskil nie. 'n Verdere argument is voor ons geopper dat dit moontlik is dat die eerste appellant se uitlatings as gevolg van onbehoorlike beïnvloeding gemaak is. Die argument het niks om die lyf nie. Tydens die verhoor het die eerste appellant se advokaat uitdruklik verklaar dat die toelaatbaarheid van wat die eerste appellant aan Zeelie in die hotelkamer gesê het, nie in geskil geplaas word

19.

nie, en daar is niks in die oorkonde wat kan dien as grondslag vir die argument wat nou geopper is nie.
Vervolgens kom ek by die getuienis van die appellante. Volgens albei se getuienis het hulle vanaf die middel van Desember 1988 dikwels met mekaar planne bespreek waarvolgens die eerste appellant se dood voorgewend sou word sodat versekeringsgeld op sy lewe bekom kon word om tussen hulle te verdeel. Die eerste appellant het met die planne gekom en die tweede appellant het die swakhede daarin uitgewys. Die eerste appellant se eerste plan was om sy motorkar oor h krans in die see te stort; die tweede appellant (wat eens in die versekeringswêreld gewerk het) het gesê dat die plan nie sou werk nie, omdat versekeringsmaatskappye nie uitbetaal as daar nie 'n lyk is nie. Die tweede plan van die eerste appellant was om 'n lyk van 'n lykshuis te verkry en dit dan in 'n nagemaakte botsing in sy kar te verbrand; die tweede appellant (wat paramediese opleiding gehad het) het daarop gewys dat

20.

dit met 'n nadoodse ondersoek vasgestel sou kon word dat die dood ingetree het voor die verbranding. Daarna het die eerste appellant gekom met die plan dat 'n boemelaar met ongeveer die liggaamsbou van die eerste appellant in sy kar opgelaai sou word, met 'n verdowingsmiddel ingespuit sou word en dan verbrand sou word in 'n gesimuleerde ongeluk. Op 29 Januarie 1989 het die appellante vir 'n tyd lank in die strate van Harrismith rondgery, nadat die eerste appellant gesê het dat hy iemand wil soek om in die plan te gebruik en dat die tweede appellant ook op die uitkyk moet wees vir iemand om op te laai. Vroeg die volgende oggend het die appellante die uitvoering van die plan "geoefen", op die inisiatief van die tweede appellant, deur beurtelings mekaar se hande vas te bind agter die voorste passassiersitplek van die kar. Terwyl die eerste appellant so vasgebind was, het die tweede appellant 'n spuit en 'n spuitmiddel wat in die kar was, geneem en die eerste appellant 'n inspuiting in sy bo-

21 .

arm toegedien, en gesê dat hy hom gaan doodmaak sodat hy nie die versekeringsgeld met hom hoef te deel nie. Die eerste appellant het geskrik en gespartel om los te kom, en uiteindelik het die tweede appellant sy hande losgemaak en hom bevry.
Die appellante se getuienis was verder dat hulle plannemakery nie ernstig bedoel was nie. Hulle was gewoond om saam lugkastele te bou sonder dat hulle ooit gemeen het om uitvoering daaraan te gee^ en om mekaar poetse te bak, uit te daag en te terg. Die plannemakery was volgens die eerste appellant net 'n "exercise of the brain". Hy sê dat dit hom plesier verskaf het om die tweede appellant uit te oorlê en te tart telkens as laasgenoemde hom gewys het op die onuitvoerbaarheid van sy planne. Die tweede appellant sê dat hy in 'n stadium gevoel het dat die eerste appellant te ver gaan met sy planne; gevolglik wou hy hom daarvan laat afsien deur hom die skrik op die lyf te jaag. Daarom het hy hom ingespuit tydens hulle

22.

"oefening", sodat hy kon ondervind hoe die boemelaar sou voel as die plan op hom uitgevoer sou word.
Oor die gebeure tydens die aand en die nag van 31 Januarie 1989 is die getuienis van die appellante kortliks soos volg. Die eerste appellant moes hom die volgende dag, op sy 21ste verjaarsdag, aanmeld vir militêre diensplig. Die twee van hulle het in Hillbrow rondgery op soek na h plek om die verjaarsdag te vier. Die eerste appellant sê dat die gedagte toe by hom opgekom het om sy motorkar te verbrand sodat hy die versekeringsgeld daarvan kon bekom. Terselfdertyd het hy 'n kans gesien om die tweede appellant te laat boet vir die poets wat hy vroeër op hom gebak het toe hy hom ingespuit het: hy sou voorgee dat hy die plan, soos voorheen tussen hulle bespreek is, gaan uitvoer, om die tweede appellant te laat skrik, en dan sou hy op die laaste oomblik bekend maak dat dit maar net 'n grap was. Hy sê dat hy aan die oorledene op die Johannesburg-stasie die poets wat hy die tweede appellant wou bak,

23.

verduidelik het, en hom R100 aangebied het om daarin mee te doen, en dat die oorledene bereid was om saam te speel. Terug by die kar, het hy aan die tweede appellant gesê dat die oorledene vir hom h werkie sou doen. Op pad van die Lido Hotel af het hy aan die tweede appellant verkondig dat hulle nou die plan gaan uitvoer. Die tweede appellant skrik toe so groot dat hy sommer 'n klomp skoon teue sterk drank gevat het uit 'n bottel wat in die kar was. Dit het die eerste appellant geniet; hy het die tweede appellant uitgelag. Die kar is tot stilstand gebring en die appellante het uitgeklim. Die eerste appellant het aan die tweede appellant gesê om die kar langs die relings te skuur, maar hy het geweier. Toe doen die eerste appellant dit self, terwyl die tweede appellant langs die pad sit, in 'n besope toestand. Die eerste appellant hou weer stil waar die tweede appellant sit, en gooi petrol in die kar uit. Volgens hom was dit alles deel van die grap, waarvan die oorledene bewus

24.

was. Die eerste appellant geniet nog steeds die grap, en lag die tweede appellant uit. Maar toe verloor die tweede appellant sy bewussyn, as gevolg van dronkenskap. Hy sit of lê teenaan of vlak by die kar, en die eerste appellant probeer om hom by te bring. Toe slaan die kar aan die brand. Die eerste appellant getuig dat hy vermoed die oorledene het h sigaret probeer aansteek met 'n aansteker wat hy hom vroeer die aand geleen het. Die eerste appellant sê dat hy so groot geskrik het dat hy dadelik begin hardloop het, weg van die toneel. Op dié manier is hy te voet na die tweede appellant se woonstel, en later is hy na Durban, net om weg te kom. Die tweede appellant se weergawe is dat hy, toe die eerste appellant met die oorledene teruggekom het van die stasie, die eerste appellant gevra het of dit iets te doen het met die plan wat hulle vroeer bespreek het, waarop die eerste appellant hom verseker het dat dit nie die geval is nie en dat hy wou hê die oorledene moes vir hom 'n werkie doen. Die

25.

tweede appellant sê dat hy dit aanvaar het, aangesien
hy gedink het dat die eerste appellant die oorledene
wou gebruik het as 'n tussenganger om toegang te verkry
tot Claire Gillespie op die laaste aand voordat hy met
sy diensplig sou begin (haar ouers, by wie sy gewoon
het, was nie goedgesind teenoor die eerste appellant
nie). Die tweede appellant bevestig voorts sy reaksie,
soos beskryf deur die eerste appellant, toe
laasgenoemde hom op pad van die hotel vertel het dat
die plan nou uitgevoer sou word. Die tweede appellant

sê dat hy beskonke was, dat hy langs die pad sy
bewussyn verloor het en eers weer bygekom het toe die

kar aan die brand was. Hy was geskok en deurmekaar en

dronk, en het probeer om die oorledene uit die kar te

haal, maar kon nie daarin slaag nie. Hy kan nie onthou

wat hy gesê het aan die verbygangers wat op die toneel

opgedaag het nie. Toe hy die volgende dag sy verskeie

verklarings afgelê het, wou hy maar net tyd wen om hom

die geleentheid te gee om eers in aanraking te kom met

26.

die eerste appellant en die saak met hom uit te praat.
Op grondslag van die getuienis soos dit hierbo beknop opgesom is, het die Verhoorhof bevind dat dit bo redelike twyfel bewys is dat die appellante in die uitvoering van 'n sameswering tussen hulle die oorledene vermoor het, soos deur die Staat beweer.
In hierdie Hof was die deeglik voorbereide betoë van die advokate van die appellante daarop toegespits om te probeer aantoon dat elk van die feite wat op die oog af aanduidend is van 'n sameswering tussen die appellante, soos hierbo opgesom, vergesel gaan van sekere ander feite en omstandighede wat nie vermeld word in die Verhoorregter se opsomming nie, maar wat 'n onskuldige, of minstens neutrale, kleur verleen aan daardie feite, in verhouding tot die beweerde sameswering. Ten spyte van die advokate se ernstige pogings is ek oortuig daarvan dat daar vir die appellante geen uitkomkans lê in so 'n proses van stuksgewyse ontleding nie. Ek noem een voorbeeld om
27. aan te dui wat dit behels. Die eerste appellant het aansoek gedoen om versekering by die Ou Mutual, nadat die tweede appellant met Blackie Swart gereël het dat die eerste appellant hom daaroor sou kom spreek. Ten aansien van daardie feite is daar aangevoer dat die volgende verdere feite in oorweging geneem behoort te word: volgens die eerste appellant se getuienis het hy besluit om versekering uit te neem omdat hy opgeroep was vir militêre diensplig, omdat hy sy sake met die oog daarop in orde wou kry, en omdat hy gereken het dat 'n versekeringspolis vir hom 'n goeie vorm van sekerheid sou verskaf op sterkte waarvan hy h geldlening sou kon verkry as hy die dag sy diensplig voltooi het; die polis waarom aansoek gedoen is, was inderdaad nie 'n polis bloot op die lewe van die eerste appellant nie, maar 'n uitkeringspolis met lewensdekking; en volgens die tweede appellant se getuienis het hy 'n reëling gehad met Blackie Swart waarvolgens 'n kommissie betaalbaar was op versekering wat voortgespruit het uit

28.

aansoeke wat deur die tweede appellant na Blackie Swart verwys is. Hierdie verdere feite, so was die argument, neutraliseer die eersgenoemde feite in so 'n mate dat 'n nadelige afleiding daaruit teen die appellante, met betrekking tot die beweerde sameswering, nie geregverdig is nie. Die betoog verg egter in die eerste plek 'n ondersoek na nog verdere feite en oorwegings wat ter sake is, onder meer die volgende. Die eerste appellant het geen afhanklikes gehad in wie se belange hy sy sake in orde moes kry met die oog op sy moontlike afsterwe gedurende diensplig nie. Die gedagte om deur middel van 'n polis toekomstige sekuriteit vir 'n voorskot te skep, is inherent iets vreemds, maar dit word heeltemal onaanvaarbaar as 'n mens die eerste appellant se benarde geldelike posisie in berekening bring: hy was werkloos, en hy het skulde gehad van meer as R29 000, waarop sy maandelikse betalingsverpligtings meer as R700 beloop het; op die karige soldy wat hy in die Weermag sou ontvang, sou hy

29.

nie in sy eie behoeftes kon voorsien en die premies op die Ou Mutual-polis betaal, en nog die premies ingevolge die latere Sanlam-polis nie. Dit laat die feit dat juis 'n uitkeringspolis aangevra is eerder lyk na h rookskerm om die beweerde komplot tussen hom en die tweede appellant te verberg as na iets wat dit teenspreek. En wat die tweede appellant se aandeel in die aansoek om die versekering betref, kan sy telefoongesprek met Blackie Swart op 2 Februarie 1989, soos vroeër gemeld, sekerlik nie verklaar word aan die hand van 'n belangstelling in die kommissie wat hy op die transaksie kon verdien nie. Die verdere feite waarop die appellante se advokate hulle beroep, voer dus die saak vir die appellante niks verder nie. Dieselfde resultaat word bereik as 'n mens die ander aspekte van die feite wat deur die advokate geopper is, nagaan. Dit is nie nodig om op die besonderhede daarvan in te gaan nie, om die redes wat volg.

Die benadering wat die advokate se betoë ten

30. grondslag lê, is in fundamentele opsigte nie suiwer nie. Die welbekende reëls van logika wat van toepas-sing is wanneer 'n hof besin oor die vraag of omstandig-heidsgetuienis 'n afleiding van skuld regverdig, vereis nie dat elke bewese feit wat ter sake is afsonderlik in oenskou geneem moet word ten einde te beoordeel of daardie feit op sigself vatbaar is vir 'n onskuldige verklaring, of versoenbaar is met onskuld nie. Dit is die gesamentlike uitwerking van al die bewese feite as 'n geheel wat van deurslaggewende belang is. In hierdie saak is die afleiding dat die appellante die oorledene vermoor het, in ooreenstemming met al die feite wat deur die Staat bewys is. Die vraag of daardie feite elke ander redelike moontlike afleiding uitsluit, hang nie daarvan af of elk van die feite versoenbaar is met die onskuld van die appellante nie. Die antwoord op die vraag moet gesoek word op heeltemal 'n ander vlak. Die kardinale feitlike afleiding waarop die Staat steun, is dat die een of die ander van die appellante,
31 . in die uitvoering van 'n komplot tussen hulle, opsetlik die motorkar waarin die oorledene was aan die brand gesteek het. Die enigste denkbare ander moontlike afleiding is dat die kar toevallig en per ongeluk aan die brand geslaan het, hetsy deur iets wat die oorledene gedoen het, hetsy deur iets anders. Stel 'n mens die twee mededingende moontlike afleidings teenoor mekaar, dan is dit onmiddellikduidelik hoe sterk die impak van die bewese feite spreek ten gunste van die een en teen die ander. Presies alles het gebeur soos die appellante dit in hulle planmakery bedink het, behalwe dat hulle nie die kar aan die brand gesteek het nie. Die totaliteit van wat oorweeg moet word, sluit ook in die appellante se getuienis, en in die verband is veral van belang hulle verduideliking van wat die aand voor en dan ten tyde van die kritieke oomblik gebeur het, soos ek dit hierbo kortliks opgesom het. Die Verhoorhof het dit versigtig ontleed en met beslistheid verwerp as vals bo redelike twyfel. 'n

32.

Nalesing van die oorkonde toon aan dat die Verhoorhof se bevinding in hierdie opsig ongetwyfeld korrek was. Ek ag dit nie nodig om verder daaroor uit te wei nie. Uiteindelik is die appellante se optrede na die kritieke gebeure vernietigend van hulle weergawe daarvan. Wat die eerste appellant betref, hoef ek net te verwys na sy verdoemende uitlatings aan Claire Gillespie en luitenant Zeelie. Wat die tweede appellant betref, is sy valse relaas van 'n ongeluk en die aanwesigheid van die eerste appellant in die voertuig, teenoor die verbygangers wat op die toneel gekom het, en teenoor Clive Brummer en die polisie, op geen ander wyse verklaarbaar nie as dat hy deurgaans bewustelik meegewerk het aan die uitvoering van die komplot, soos ook blyk uit sy oproepe aan Blackie Swart en die firma waar die eerste appellant sy testament laat opstel het. Alles in ag genome, is dit nie 'n redelike moontlikheid dat die kar aan die brand geslaan het op 'n ander manier as deur die opsetlike toedoen van
33. die een of die ander van die appellante in die uitvoering van 'n komplot tussen hulle nie.
Die skuldigbevinding van die appellante aan moord was dus korrek. Die skuldigbevindings aan bedrog hang daarmee saam en hoef nie afsonderlik bespreek te word nie. Die vonnisse wat vir die bedrog opgelê is, is ook nie aanvegbaar nie.

Wat dan oorbly vir bespreking, is die doodvonnisse wat die appellante opgelê is vir die moord. Die Verhoorhof het nog onder die ou bedeling bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie. Onder die nuwe bedeling wat in werking getree het met Wet 107 van 1990, moet hierdie Hof nou opnuut bevindings uitbring oor die aan- of afwesigheid van enige strafversagtende of strafverswarende faktore, en met inagneming daarvan beoordeel of die doodstraf in hierdie geval die gepaste vonnis is. Die benadering wat in hierdie beoordeling toepaslik is, is reeds in 'n hele reeks beslissings van hierdie Hof behandel en hoef

34.

nie weer hier uiteengesit te word nie.
Eerstens oorweeg ek die strafversagtende faktore wat moontlik ten gunste van die eerste appellant kan geld, aan die hand van wat deur sy advokaat geopper is.

Die eerste appellant is 'n eerste oortreder. Dit is 'n strafversagtende faktor.

Die eerste appellant het op 1 Februarie 1989 21 jaar oud geword. Sy jeugdigheid is deur sy advokaat aan ons voorgehou as 'n strafversagtende faktor. Ek stem nie saam dat dit so is nie. Die Verhoorhof het aan hierdie aspek van die saak sorgvuldige en deeglike aandag geskenk, blykens die Verhoorregter se uitspraak oor versagtende omstandighede soos dit destyds gegeld het. In die uitspraak word daarop gewys dat, volgens die getuienis, die eerste appellant 'n man is wat alreeds met die stampe en die stote van die lewe kennis gemaak het; dat hy reeds vir 'n aantal jare op homself aangewese was; dat sy bande met sy ouers, broers en

35.

susters reeds afgestomp geraak het; dat hy vir homself
gesorg het; dat hy 'n opgeleide ambulansman en para-
medikus was; dat hy soos 'n volwassene sy eie besluite
moes neem en geneem het; dat hy op seksuele gebied

alles behalwe 'n onervare en onskuldige jongeling was;

en dat hy bowendien 'n bo-gemiddelde hoë intelligensie

gehad liet, soos in sielkundige toetse vasgestel is.

Die Verhoorhof se slotsom was dat

" daar allermins gesê [kan] word dat sy

jeugdigheid gelyk gestel kan word aan onvolwassenheid, gebrek aan lewenservaring, onbesonnenheid of aan h geestestoestand van vatbaarheid vir beïnvloeding."

In hierdie Hof is daar namens die eerste appellant

aangevoer dat, aangesien die ligging van die bewyslas

nou anders is as wat dit was ten tyde van die

beslissing van die Hof a guo, daar nou tot 'n ander

resultaat gekom moet word, veral as h mens kyk na die

wyse waarop die eerste appellant sy eie potjie gekrap

het: hy het dikwels onverantwoordelik en onbesonne

opgetree; hy het rondgeval wat sy werk betref; sy
36. geldsake was in wanorde; sy verhouding met sy
familielede was swak; en sy vriendinne was niks meer as sy bedgenote nie. Die antwoord op hierdie betoog is in die eerste plek dat sulke ongeordenheid van leefwyse sekerlik nie eie is aan jeugdige onrypheid nie. Mev Wentzel, 'n sielkundige wat ná ondersoek en toetse 'n volledige verslag oor die eerste appellant se persoonlikheidsamestelling voorgelê het, het wel getuig dat die eerste appellant 'n onrype persoonlikheid het, maar daar is niks wat daarop dui dat dit juis te wyte is aan sy jeugdigheid nie. Ek sal aanvaar dat die beskrywing van die eerste appellant se persoonlikheid as onryp geregverdig is uit 'n blote sielkundige oogpunt, maar op grond van die getuienis as 'n geheel kan ek nie aanvaar dat die eerste appellant se jeugdigheid enige rol gespeel het by die pleging van die misdaad nie. Die eerste appellant het nie in 'n beskermende atmosfeer gelewe nie. Daar was by die misdaad geen emosies, en geen beïnvloeding op die spel
37. nie. Die misdaad is nie impulsief of op die ingewing van die oomblik gepleeg nie. Gedurende die lang tydperk van beplanning daarvan het die eerste appellant genoeg geleentheid gehad om tot besinning te kom. Soos die advokaat van die Staat in sy deeglike betoog dit gestel het: jeugdigheid was hoegenaamd nie 'n oorsaak van die eerste appellant se handeling nie, ook nie 'n onrype gemoed, of 'n gebrek aan lewenservaring of oordeelsvermoë nie. Sy optrede is inderdaad toe te skryf aan minder aantreklike eienskappe van sy karakter wat blootgelê is deur mev Wentzel se ondersoek en getuienis, en wat ook gestaaf word deur die objektiewe getuienis: hy is gewetenloos, manipulerend, en hy het anti-sosiale persoonlikheidsneigings. (Ek ag dit onnodig om op die talryke bewyae daarvan in die getuienis in te gaan.) Daarin lê die verklaring van sy gruwelike misdaad. Die Verhoorhof het uiting aan hierdie gedagte gegee deur te bevind dat die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word uit die eerste

38.

appellant se handelswyse, is dat hy inderdaad "uit
inherente boosheid" opgetree het. Ek stem daarmee
saam.

Vervolgens is daar as 'n strafversagtende

faktor geopper dat die eerste appellant ná die misdaad
berou getoon het daaroor, en dat hy 'n positiewe
verandering in iewenshouding ondergaan het, deurdat hy

sy vorige selfsugtige en egosentriese houding laat vaar

het. In laasgenoemde verband is daar gesteun op die

getuienis van 'n pastoor, 'n sersant, en die eerste

appellant se suster, wat almal met hom te doen gehad

het in die gevangenis. Uit hierdie getuienis is dit

egter opvallend dat die eerste appellant gedurende die

eerste maande van sy aanhouding nie verander het nie:

sy gedrag soos dit beskryf is, was uiters selfsugtig,

egosentries en onbeskof. Die oënskynlike kentering het

eers later ingetree, toe hy na bewering 'n godsdienstige

bekering ondergaan het. Of dit eg was, of opportunis-

ties, kan beoordeel word aan die hand van die getuienis

39.

wat die eerste appellant self afgelê het nadat hy

skuldig bevind is, tydens die ondersoek na die bestaan
al dan nie van versagtende omstandighede. Hy het onder
meer gesê dat die dood van die oorledene "a shock to my

system" was, dat hy jammer is oor wat gebeur het, en
dat hy wens hy kon die nag van 31 Januarie 1989 oor-

lewe. Die Verhoorhof het bevind dat hierdie getuienis

van hom "alles behalwe die aanklank van waarheid" het.

'n Nalesing van die getuienis in die oorkonde bevestig

die korrektheid van die kommentaar ten volle. Maar

uiteindelik word die hele beroep op bekering en berou

vernietig deur wat die eerste appellant onder kruis-

ondervraging gesê het:

"Mr Plank, do you now admit that you had

burnt the deceased? No, I do not.

Do you still say it was merely a joke?
That is correct."

Valse ontkenning en egte berou kan nie langs mekaar

bestaan nie.

Daar is aangevoer dat die eerste appellant

40. besonder vatbaar is vir rehabilitasie. Dit is nie so nie. Mev Wentzel het by hom tekens van 'n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring vasgestel (dit is 'n nuwerwetse beskrywing van psigopatiese neigings). Haar getuienis is verder dat die prognose vir hervorming in so 'n geval swak is. Die bestaan van sodanige neigings is ook nie in hierdie geval 'n strafversagtende faktor nie.

Ten slotte is die eerste appellant se inname van drank voor die moord voorgehou as 'n strafversag-tende faktor. Soos die Verhoorregter in sy uitspraak opgemerk het, het die eerste appellant nie, toe hy voor die skuldigbevinding getuig het, te kenne gegee dat hy op die kritieke tyd nie rasioneel of berekend opgetree het as gevolg van drank nie. Na die skuldigbevinding het hy in die algemeen getuig dat drank sy oordeel belemmer en hom waaghalsig en onnosel maak, en dat hy dit betwyfel of die gebeure sou plaasgevind het as hy nie gedrink het nie. Dit kan hom nie help nie. Sy eie

41.

beskrywing van sy optrede weerspreek die moontlikheid dat drank 'n beduidende invloed op hom gehad het. In ieder geval het die gedagte van die moord nie op die betrokke aand eers by die eerste appellant ontstaan nie. Die moord, en die presiese vorm waarin dit uitgevoer is, is lank vooraf beplan, en oor 'n tydperk van 'n maand is 'n hele reeks handelinge uitgevoer om die volle omvang van die komplot waarvan die moord later 'n deel was, in werking te stel. Die drank wat die eerste appellant op die betrokke aand gedrink het, is dus nie h strafversagtende faktor nie.

Ek kom nou by 'n beskouing van die strafver-swarende faktore, wat verband hou met die aard van die moord wat hier gepleeg is. Die Staat se advokaat het tereg dit beskryf as 'n "unieke" moord. So uitsonderlik soos die aard daarvan, en die wyse waarop dit uitgevoer is, so uitsonderlik is die gewig van die strafver-swarende faktore. Ten eerste is daar die feite dat die moord oor 'n lang tydperk beplan is, as deel van 'n plan
42. wat talle ander handelinge vooraf behels het, soos dit vroeer opgesom is, en dat alles enkel en alleen gerig was op geldelike gewin. Verder is daar die feite dat vir die moord 'n onskuldige vreemdeling uitgesoek is en daarna in 'n weerlose toestand op 'n kille, ongevoelige, koelbloedige en wreedaardige wyse uitgewis is. Die hele komplot is verfoeilik, die uitvoering daarvan afskuwelik. Treffend in die oorkonde is foto's van die oorledene toe hy nog in die lewe was, Neville Eric Stopford, waar hy gesellig met ander mense verkeer en met 'n baba op sy arm staan, teenoor foto's van die grusame oorblyfsels van sy liggaam nadat hy lewend verbrand is.

Die strafverswarende faktore is oorweldigend. Van die oogmerke van straftoemeting staan vergelding hier op die voorgrond. Na my oordeel is die doodvonnis die enigste gepaste straf vir die eerste appellant.

Vervolgens behandel ek die posisie van die tweede appellant. Ten tyde van die pleging van die

43.

misdaad was hy 29 jaar oud. Hy het 'n vaste werk gehad en is getroud, met twee dogters, een uit 'n vorige huwelik en een uit sy huidige huwelik.

Die tweede appellant het geen vorige veroordelings nie. Dit is 'n strafversagtende faktor.

'n Groot deel van die betoog namens die tweede appellant voor hierdie Hof was daarop toegespits om te probeer aantoon dat sy rol in die beplanning en uitvoering van die sameswering baie kleiner was as diê van die eerste appellant. In hierdie verband is daar eerstens gesteun op 'n verslag en die getuienis van prof Retief, 'n sielkundige wat die tweede appellant se persoonlikheidsamestelling getoets het en geëvalueer het. Die vernaamste bevindings van prof Retief is die volgende: daar het 'n sielkundig simbiotiese vriendskap bestaan tussen die twee appellante; die tweede appellant se intelligensievlak is in sekere bepaalde opsigte ondergemiddeld, wat dui op 'n gebrek in die vermoe om 'n totale situasie te verstaan en die
44. implikasies daarvan te evalueer; en dat dit die verklaring is waarom die tweede appellant hom nie onttrek het van die "sielkundige onsekerheidspel", die "waaghalsigheidspel" waarin die twee appellante saam in hulle dagdromery en "fabelagtige skemas" vasgevang geraak het nie. Dit is duidelik dat prof Retief die eensydige weergawe van die tweede appellant oor sy en die eerste appellant se planmakery sonder meer aanvaar het. Trouens, die hele uitgangspunt en grondslag van prof Retief se uiteindelike mening was klaarblyklik die tweede appellant se relaas aan hom van hoe die plan-makery verloop en skeefgeloop het, in ooreenstemming met die getuienis wat die tweede appellant in die Hof afgelê het. Daardie relaas en getuienis weet ons nou is vals. Met die grondslag van prof Retief se mening wat wegval, kan die mening self van geen waarde wees nie.

Daar is nietemin aangevoer dat prof Retief se getuienis tog ten minste die redelike moontlikheid

45.

skep dat die tweede appellant deur die eerste appellant gemanipuleer is, en dat dit verder uit die objektiewe feite blyk dat die tweede appellant h ondergeskikte rol in die hele gebeure vervul het. Die Verhoorhof het aanvaar dat daar 'n sonderlinge vriendskapsverhouding tussen die 21-jarige jong man en die 29-jarige getroude man en vader bestaan het; dat laasgenoemde in h mate van eersgenoemde afhanklik kon gewees het; dat die eerste appellant die leiersrol gespeel het; dat daar "miskien 'n geringe mate van beïnvloeding was"; maar dat dit "geen werklike effek" op die tweede appellant se geestestoestand gehad het nie. Laasgenoemde bevinding was veral gegrond op die getuienis wat die tweede appellant self afgelê het tydens die ondersoek na die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede. Hy het naamlik getuig dat die eerste appellant nie baasspelerig teenoor hom was in hulle goeie vriendskapsverhouding nie; dat hy nie gehuiwer het om die eerste appellant te berispe en hom
46. op sy plek te sit as dit nodig was nie; en dat die inisiatief in die dinge wat hulle saam gedoen het beurtelings van die een en die ander uitgegaan het. Dit blyk ook dat die tweede appellant die leiding geneem het om die eerste appellant by die ambulansdiens te laat aansluit, hom gehelp het in sy opleiding as h paramedikus, en dat hulle daarna op h gelyke voet saamgewerk het. Tydens die tweede appellant se getuienis, soos blyk uit die oorkonde, het die Verhoorregter met behulp van leidende vrae die tweede appellant feitlik uitgenooi om te sê dat hy wel onder die beïnvloeding van die eerste appellant opgetree het, maar, soos die Verhoorregter in sy uitspraak dit stel, die tweede appellant het voet by stuk gehou en dit ontken; uit sy eie mond loënstraf hy enige suggestie dat die eerste appellant enigsins 'n invloed op hom gehad het of hom tot enige handeling of optrede beïnvloed het. In die lig van sy getuienis het die Verhoorhof bevind dat, selfs indien daar 'n mate van

47.

beïnvloeding was, dit nie as 'n versagtende omstandig-
heid bevind kon word nie.

In hierdie Hof het die tweede appellant se

advokaat beklemtoon dat die ligging van die bewyslas

nou anders is, en met die oog daarop aangevoer dat daar

nou bevind behoort te word dat die moontlikheid van

beïnvloeding van die tweede appellant deur die eerste

appellant, wat onbewustelik kon gebeur het, gekoppel

aan die feit dat die eerste appellant die leidende rol

gespeel het in die maak van die planne en die

uitvoering daarvan, strafversagtende faktore daarstel.

Met hierdie betoog kan ek nie saamstem nie. Die

werklike feite laat geen ruimte daarvoor nie. Daar is

niks in die getuienis wat daarop dui dat die tweede

appellant 'n swakkeling is nie. Die feit dat sy

intelligensie in beperkte opsigte onder-gemiddeld is,

toon dit nie aan nie. Getuienis afkomstig van sy

werkgewer weerspreek dit: hy was 'n verantwoordelike en

hoog aangeskrewe werknemer, wat inisiatief en leiers-
48. eienskappe aan die dag gelê het. Aangaande sy eie rol in die pleging van die misdaad, blyk die volgende. Alhoewel dit die eerste appellant is wat met die planne vorendag gekom het, was die tweede appellant nie 'n bloot passiewe aanhoorder nie; dit was inteendeel juis hy wat telkens die swakhede en foute daarin aan die eerste appellant uitgewys het. Daardie planne, weet ons nou, was nie vlugte van fantasie nie; soos dit uiteindelik verloop het, was dit sake van letterlik dodelike erns. Uit die aard van die saak was dit slegs die eerste appellant wat self die meeste van die voorafgaande aspekte van die komplot kon uitvoer; die aansoeke om versekering, die aansoek om 'n vals identiteitsdokument, die opstel van 'n testament; maar daarby was die tweede appellant geen ongeïnteresseerde buitestaander nie: hy verwys die eerste appellant na die verteenwoordiger van die Ou Mutual; hy vergesel die eerste appellant om die polis van Sanlam in die hande te kry; hy verkry sy voormalige vrou om die
49. aansoek om die identiteitsdokument te laat afhandel; hy hou die Sanlampolis en die testament en oorhandig dit aan die eerste appellant se familie. Die eerste appellant haal die oorledene op die stasie, maar die tweede appellant bestuur die kar. Tot op die kritieke stadium toe die kar aan die brand geraak het, kan 'n mens tereg vra, soos die advokaat van die Staat gevra het: wat kon die tweede appellant meer gedoen het? Tot op daardie punt het hy talle en talle geleenthede, oor 'n lang tydperk, gehad om te besin en hom van die sameswering te onttrek, maar hy doen dit nie. Ek sal ten gunste van die tweede appellant aanvaar, soos die Verhoorhof gedoen het, dat dit nie hy nie, maar die eerste appellant is wat die kar aan die brand gesteek het. Maar dit kan die tweede appellant nie baat nie, want dit is wat daarna gebeur het wat verdoemend teen hom is. Terwyl die oorledene besig is om te verbrand, vertel hy aan die mense wat op die toneel kom dat dit die eerste appellant is wat in die kar is, en gee hy
50. besonderhede van 'n ongeluk wat nooit gebeur het nie. Die kille, gevoeliose berekendheid en doeigerigtheid van die tweede appellant se optrede is verbysterend. Die tweede appellant was klaarblykiik besig om die komplot deur te voer, soos ook daarna met sy verklarings aan Clive Brummer en die polisie. Dit was geen ondergeskikte rol hierdie wat die tweede appellant gespeel het nie; dit was 'n onmisbare en uiters belangrike onderdeel van die sameswering. Dit is duidelik uit die getuienis dat die tweede appeliant sy sleutelrol met oortuigende toneelspel gespeel het. 'n Mens kan wel wonder, as dit nie vir Claire Gillespie se optrede was nie, of die appellante ooit sou tereggestaan het. Die enigste afleiding uit die tweede appellant se optrede nadat die kar aan die brand geraak het, is dat hy met volle oorgawe deelgeneem en uitvoering gegee het aan die komplot. Ten opsigte van hierdie optrede van die tweede appellant kan ek nie aanvaar dat enige beïnvloeding wat van die eerste
51. appellant afkomstig mag gewees het, h wesentlíke rol kon gespeel het nie, en dieselfde geld vir die leiersposisie wat die eerste appellant sou beklee het. Gevolglik kan ek nie bevind dat daar in hierdie aangeleenthede strafversagtende faktore ten gunste van die tweede appellant bestaan nie.

Ten behoewe van die tweede appellant is daar verder aangevoer dat sy inname van drank 'n strafver-sagtende faktor is. Ek stem nie saam nie. Sy getuienis dat hy in 'n besope toestand was, is tereg as vals verwerp deur die Verhoorhof: dit word weerlê deur die geloofwaardige en betroubare getuienis van die verbygangers wat op die toneel gekom het, en deur die objektiewe feite van hoe die tweede appellant daar opgetree het.

Die tweede appellant het in sy getuienis ná die skuldigbevinding gesê dat hy baie jammer is dat daar iemand oorlede is. Hy het egter terselfdertyd volgehou dat hy nie deel gehad het aan 'n sameswering of

52.

aan die moord nie. Net soos in die geval van die eerste appellant, kan die tweede appellant se betuiging van berou nie as eg aanvaar word nie.
Ten slotte is daar aangevoer dat die tweede appellant vatbaar is vir rehabilitasie. Dit mag so wees. Anders as in die geval van die eerste appellant, is daar nie getuienis wat daarop dui dat die vooruitsigte op hervorming swak is nie, en die moontlikheid daarvan moet dus ten gunste van die tweede appellant aanvaar word.

Daarteenoor staan daar die strafverswarende faktore. Ek het reeds hierbo daarop gewys dat hulle buitengewoon swaar weeg, en ek hoef nie te herhaal wat reeds ten aansien daarvan gesê is nie. Ook in die geval van die tweede appellant is die strafverswarende faktore oorweldigend, en staan die vergeldingsaspek van straftoemeting op die voorgrond. Na my oordeel is in die geval van die tweede appellant die doodvonnis ook die enigste gepaste straf.

53.

Die appèlle van albei die appellante word van die hand gewys.

A.S. BOTHA AR

VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM KRIEGLER WND AR