South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 169
| Noteup
| LawCite
S v Plank en 'n Ander (41/1991) [1991] ZASCA 169 (27 November 1991)
Download original files |
LL Saak No 41/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen:
DEAN LLOYD PLANK Eerste Appellant
GERT PETRUS SWART Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, VAN DEN HEEVER ARR et KRIEGLER
WND AR
VERHOORDATUM: 1 NOVEMBER 1991
LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1991
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2.
Die twee appellante is in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Daarbenewens is hulle skuldig bevind aan bedrog, en daarvoor gevangenisstraf opgelê: 3 jaar op elk van twee aanklagte, samelopend. Met verlof van die Verhoorregter (STRYDOM R) kom hulle in hoër beroep teen die skuldigbevindingsendie vonnisse.
Die saak het voortgespruit uit die dood van 'n 40-jarige man ("die oorledene") gedurende die nag van 31 Januarie 1989 tot 1 Februarie 1989. Hy was, lewendig en ongedeerd, 'n insittende in 'n stilstaande motorkar op 'n grootpad buitekant Johannesburg, toe die voertuig aan die brand geraak en heeltemal uitgebrand het. Die oorledene het in die voertuig doodgebrand. Sy liggaam was onuitkenbaar verkool. Die Staat se saak teen die appellante was dat hulle opsetlik die motorkar met die oorledene daarin aan die brand gesteek het, met die doel om hom op hierdie manier te vermoor, en dat die appellante aldus opgetree het ter uitvoering van 'n
3.
sameswering tussen hulle, wat in hoofsaak behels het dat hulle sou voorgee dat dit die eerste appellant was wat in die voertuig verbrand het, ten einde te bewerkstellig dat versekeringspolisse op die eerste appellant se lewe uitbetaal word; die eerste appellant sou 'n valse identiteit aanneem, die tweede appellant sou, as die benoemde erfgenaam in die eerste appellant se testament, die versekeringsgeld ontvang, en daarna sou die opbrengs tussen hulle verdeel word.
Die uitspraak van die Verhoorregter bevat 'n kronologiese opsomming, in
paragrawe genommer van 1 tot 100, van feite wat gemenesaak
is of nie in geskil
is nie, soos dit vorendag gekom het in die getuienis wat namens die Staat en
deur of namens die appellante aangebied
is. Ek gaan nie al die feite hier
weergee nie, maar volstaan met 'n beknopte vermelding van die belangrikstes
daarvan. Hulle het
betrekking op 'n tydperk van h maand voor die dood van die
oorledene, op die gebeure kort voor en kort na die oorledene omgekom
4. het,
en op 'n tydperk van enkele dae daarna.
Op 2 Januarie 1989 skakel die tweede
appellant 'n kennis van hom, ene Blackie Swart, wat by die Ou Mutual werk, en
deel hom mee dat
hy die eerste appellant na hom stuur om versekering uit te
neem. Op 3 Januarie 1989 daag die eerste appellant by Blackie Swart op
en doen
aansoek om twee versekeringspolisse by die Ou Mutual, wat onder meer sou
meebring dat 'n bedrag van nagenoeg R500 000 betaalbaar
sou wees in geval die
eerste appellant te sterwe sou kom weens 'n ongeluk. Die premle beloop ongeveer
R150 per maand, wat deur die
eerste appellant betaal word. Op 5 Januarie 1989
doen die eerste appellant aansoek om lewensversekering ten bedrae van ongeveer
R300
000 by Sanlam, en betaal die eerste maandelikse premie van ongeveer R100.
Op 10 Januarie 1989 verly die eerste appellant 'n testament
waarin hy sy
motorkar en 'n bedrag van R50 000 aan sy ouers bemaak, en die restant van sy
boedel aan die tweede appellant as enigste
begunstigde. Op dieselfde
5.
dag (10 Januarie) besoek die eerste appellant
vir
Claire Gillespie, aan wie hy voorheen verloof was en
met wie hy steeds
bevriend is. Hy vertel aan haar dat
hy die volgende plan uitgedink het: hy
sou h nuwe
identiteitsboek verkry, onder die naam van Wayne Wesdon
of
Woodlin; hy sou êrens 'n lyk in die hande kry; hy en
sy vriend, die
tweede appellant, sou dan, met die lyk
in sy kar, 'n ongeluk namaak; die
tweede appellant sou
dan getuig dat dit hy (die eerste appellant) is wat
in
die motor gesterf het; intussen sou hy versekerings-
polisse uitgeneem
het en die geld van die polisse aan
die tweede appellant bemaak het; die
tweede appellant
sou die geld ontvang en hulle sou dit onder mekaar
verdeel.
'n Paar dae later vertel die eerste appellant
weer vir Claire Gillespie van sy plan, en weer eens op
27 Januarie 1989. In die loop van Januarie 1989 vertel
die eerste appellant ook aan 'n paar van sy ander
vriendinne van 'n plan met h soortgelyke strekking. Op
12 Januarie 1989 besoek die eerste appellant 'n
6. polisiestasie en verklaar aan 'n konstabel dat hy Wayne Woodlin is, dat hy sy identiteitsdokument verloor het en dat hy om die uitreiking van 'n nuwe een wou aansoek doen. Die nodige dokumente word ingevul en onderteken, en twee foto's van homself, wat die eerste appellant by hom gehad het, word deur die konstabel gesertifiseer. Met hierdie dokumente en foto's sluit die eerste appellant by die tweede appellant aan, en saam sien hulle die tweede appellant se voormalige eggenote, wat by die Departement van Binnelandse Sake werksaam is; die dokumente en die foto's word aan haar oorhandig met 'n versoek om die uitreiking van 'n identiteitsdokument te bespoedig. Op 26 Januarie 1989 lê die twee appellante saam besoek af by die kantore van Sanlam, waar hulle verneem dat die eerste appellant se versekeringspolis reeds uitgereik is en versend is na die adres aangegee op die aansoekvorm; hulle gaan saam na daardie adres en verkry die polis. Op 30 Januarie 1989 besoek die eerste appellant 'n haarkappersalon en
7.
laat sy hare van donkerbruin na ligblond verkleur.
Gedurende die aand van
31 Januarie 1989 ry die appellante in die eerste appellant se motor na die
Johannesburg-stasie. Terwyl die
tweede appellant in die kar buitekant die
stasiegebou wag, gaan die eerste appellant die gebou binne. By die ingang na een
van die
platforms tref hy die oorledene op 'n bankie aan. Die oorledene was
heeltemal onbekend aan die appellante. (Hy was werkloos en het
tuisgegaan by 'n
rehabilitasiesentrum genaamd "Refuge in Christ", wat geleë is ongeveer 1 km
vanaf die plek waar hy uiteindelik
gesterf het.) Nadat die eerste appellant met
die oorledene gepraat het, is hulle saam na die motor. Vandaar het die twee
appellante
en die oorledene gery na die Lido Hotel. Op pad het die eerste
appellant aan die oorledene sterk drank gegee om te drink. (Ten spyte
van die
verbrande toestand van sy liggaam, is dit nadoods vasgestel dat die
alkoholinhoud van sy bloed, uitgedruk op die gebruiklike
wyse, 0,36%
8. was.)
By die Lido Hotel laat die appellante die oorledene in die motor agter en gaan
die hotel binne, waar hulle drank gebruik.
Die tweede appellant skakel sy broer
en sê onder meer aan hom dat as hy (die broer) van 'n ongeluk in daardie
omgewing sou
hoor, hy hom inderhaas daarheen moet wend. Later ry die appellante
en die oorledene weg van die hotel, met die oorledene op die voorste
passassiersitplek vasgegordel in 'n lêende posisie. Op 'n plek waar daar
relings langs die pad is, word die voertuig doelbewus
so bestuur dat dit oor 'n
afstand van ongeveer 175 meter teen die relings skuur, sodat die een kant van
die voertuig beskadig word
(en die relings ook). Daarna, met die kar in 'n
stilstaande posisie, bevind die appellante hulle buitekant die kar, terwyl die
oorledene
steeds binne-in is. Die eerste appellant gooi petrol wat in 'n
koeldrankbottel was, binne in die kar uit. Toe slaan die kar aan die
brand.
Die eerste appellant verlaat onmiddellik die
9.
toneel en lê te voet ongeveer 15 km af na die woonstel van die tweede appellant in 'n voorstad van Johannes-burg. Vandaar gaan hy na die Germiston-stasie en bel vir Claire Gillespie, vroeg die oggend van 1 Februarie 1989, met die versoek om hom te kom neem na die snelweg na Durban. Sy weier om aan sy versoek te voldoen. Die eerste appellant vind tog sy weg na Durban, waar hy later die dag onder die naam W Woodlin sy intrek neem by 'n hotel. Daar word hy vroeg die oggend van 3 Februarie 1989 in hegtenis geneem deur luitenant Zeelie.
Nadat die tweede appellant by die toneel agtergelaat is, daag daar twee
verbygangers op, terwyl die voertuig nog aan die brand is.
Die tweede appellant
kom vir hulle histeries voor; hy probeer oënskynlik om die mens in die kar
daaruit te kry en soebat die
verbygangers om dit te doen. Vanweë die vlamme
kan niemand egter naby die kar kom nie. Die tweede appellant sê toe aan
hulle dat sy vriend in die
10. kar is, en noem die eerste appellant se naam.
Op 'n vraag oor wat gebeur het, vertel die tweede appellant die volgende: hulle
was op pad van die Lido Hotel toe hulle besef hulle is op 'n verkeerde pad;
hulle maak 'n U-draai in die pad; 'n swart taxi kom van
agter, druk hulle van
die pad af en bots met hulle; hulle kar skuur teen die relings langs die pad en
slaan so aan die brand; en
hy (die tweede appellant) is uit die kar uit deur die
stukkende voorruit. Die tweede appellant gee aan die verbygangers die
telefoonnommers
van sy broer en van 'n ambulansdiens in Johannesburg. 'n
Ambulans word ontbied en die tweede appellant word geneem na die
Johannesburg-hospitaal,
maar hy het geen noemenswaardige beserings nie, en later
die oggend neem iemand hom na sy woonstel. Daar kry hy 'n besoek van die
eerste
appellant se swaer, Clive Brummer. Aan hom vertel hy die volgende: hy en die
eerste appellant was by die Lido Hotel; op pad
terug het hy die kar bestuur,
aangesien die eerste appellant, wat op die
11.
passassiersitplek gelê het, se arm seer was; hy het 'n U-draai in die pad gemaak, voor 'n aankomende taxi; die taxi het langs die kar kom ry en teen die kar gestamp; die kar het teen die relings langs die pad gebots, daarlangs geskuur, en omgerol; hy is uit die voertuig geslinger en het sy bewussyn verloor; toe hy bykom, 'n meter of twee van die kar, was die kar aan die brand; hy het probeer om die eerste appellant uit die kar te haal, maar kon nie daarin slaag nie, omdat die voordeur ingestamp was en die vlamme te erg geword het. Die tweede appellant het aan Clive Brummer die eerste appellant se versekeringspolis by Sanlam en sy testa-ment oorhandig. Gedurende die middag van dieselfde dag (1 Februarie 1989) lê die tweede appellant 'n beëdigde verklaring af voor adj-off Schoeman, waarin hy verklaar dat die eerste appellant in die botsing oorlede is en in die motor verbrand het. Ongeveer 'n uur later lê die tweede appellant weer 'n skriftelike verklaring aan Schoeman af, waarin hy in besonderhede vertel hoe die
12.
botsing gebeur het, in ooreenstemming met die verhaal wat hy aan Clive Brümmer vertel het, net meer uitgebreid. Op 2 Februarie 1989 skakel die tweede appellant vir Blackie Swart, deel hom mee dat die eerste appellant in 'n motorvoertuig doodgebrand het, en verneem van hom wat gaan gebeur met die polisgeld en die testament, met die byvoeging dat hy nie in die polisgeld belangstel nie omdat die eerste appellant se lewe vir hom belangriker was as die geld. Op dieselfde dag kry die ontvangsdame by die firma waar die eerste appellant sy testament laat opstel het 'n oproep van 'n persoon wat homself voorstel as Gert Swart (die tweede appellant se name); dié deel haar mee dat iemand wat h testament by die firma het, afgesterf het, en verneem wat hom te doen staan. Later op 2 Februarie 1989 word die tweede appellant deur luitenant Zeelie gearresteer. Behalwe die voorgaande feite wat nie in geskil is nie, is daar twee stukkies getuienis wat vermeld moet word, wat deur die Staat aangebied is en
13.
wat wel by die verhoor in geskil geplaas is. Dit
het
betrekking op die eerste appellant, en op uitlatings
wat hy sou gemaak
het, eerstens, aan Claire Gillespie
toe hy met haar gepraat het vroeg die oggend van 1
Februarie 1989, en
tweedens, aan luitenant Zeelie, toe
hy gearresteer is vroeg die oggend van 3 Februarie
1989.
Claire Gillespie het getuig dat die eerste
appellant se eerste woorde aan haar die volgende was:
"It went off last night. I am at Germiston station, I need a lift to the highway."
Sy sê dat sy onmiddellik besef het dat hy verwys na die
plan wat hy tevore aan haar vertel het. Ongeveer h uur
daarna bel die eerste appellant se broer, Ralph, haar
en deel haar mee dat die eerste appellant in 'n
motorongeluk betrokke was en doodgebrand het. Sy sê
nie aan hom dat die eerste appellant haar kort tevore
gebel het nie, maar daardie aand besoek sy wel vir
Ralph se vrou (Ralph was weg van die huis) en vertel
14. haar daarvan. As
gevolg van daardie mededeling word Clive Brummer ontbied, en daar word toe
reëlings getref vir Claire Gillespie
om die volgende oggend 'n verklaring
aan die polisie te maak. Dit het sy inderdaad gedoen. (Dit is duidelik dat dit
haar verklaring
is wat die polisie op die spoor van die appellante gesit het.)
Die eerste appellant het ontken dat hy aan Claire Gillespie gesê
het: "It
went off last night". Die Verhoorhof het egter haar getuienis aanvaar en sy
ontkenning verwerp. In hierdie Hof het die eerste
appellant se advokaat
aangevoer dat die Verhoorhof in hiedie opsig gefouteer het: Claire Gillespie se
getuienis is onaanvaarbaar
vanweë haar versuim om die gesprek aan Ralph te
noem en om dit vroeër aan te meld. Ek stem nie saam nie. Sy het haar
optrede
verduidelik: sy was geskok oor die eerste appellant se mededeling, sy
het nie geweet wat om daaromtrent te doen nie, en dit was eers
teen die aand dat
sy besluit het om dit bekend te maak. Haar
15. huiwering om daaroor te praat
is volkome begryplik. Sy en die eerste appellant was klaarblyklik op 'n goeie
voet met mekaar. Daar
is geen ruimte vir 'n bevinding dat sy 'n fout gemaak het
in haar getuienis nie. As sy nie geglo word nie, kan dit alleenlik wees
op die
grondslag dat die woorde wat sy aan die eerste appellant toeskryf 'n versinsel
is. Maar dat sy enige rede sou gehad het om
valslik die eerste appellant in die
moeilikheid te probeer bring, is nooit deur die eerste appellant self
gesuggereer nie en is ook
nooit aan haar in kruisondervraging gestel nie.
Bowendien het sy op die Verhoorhof 'n besonder goeie indruk gemaak; daar is
bevind
dat sy op 'n baie oortuigende en geloofwaardige wyse haar getuienis
afgelê het. 'n Nalesing van haar getuienis in die oorkonde
toon aan dat
daar geen gronde bestaan vir hierdie Hof om van die Verhoorhof se bevinding op
hierdie aspek van die saak te verskil
nie.
Luitenant Zeelie het getuig dat hy aan die
16.
eerste appellant in sy hotelkamer gevra het wie hy
is,
waarop die eerste appellant geantwoord het dat hy Wayne
Woodlin is. Hy
het daarmee volgehou. Die tweede
appellant, wat die polisie na Durban
vergesel het, is
toe die kamer binnegebring. Die eerste appellant se
reaksie was dat hy hom nie ken nie. Die tweede
appellant sê toe aan die eerste appellant dat hy die
polisie die waarheid moet vertel, hulle weet reeds
alles, hy het hulle alles vertel. Daarop antwoord die
eerste appellant met die volgende woorde:
"Okay, I am sorry, I am Dean Plank. I will tell you the truth. We did murder a hobo."
Die eerste appellant het in sy getuienis ontken dat hy
hierdie woorde gebesig het; volgens hom het hy in
antwoord op die tweede appellant se opmerkings gesê dat
dit 'n ongeluk was. Die Verhoorhof het Zeelie se
getuienis aanvaar en dié van die eerste appellant
verwerp. Voor ons is aangevoer dat die Verhoorhof
Zeelie se getuienis behoort te verwerp het, op grond
17. van 'n antwoord
wat hy gegee het toe hy deur die Verhoorregter aan die einde van sy getuienis
ondervra is. Tot op daardie stadium
het Zeelie nie melding gemaak van die tweede
appellant se reaksie op die eerste appellant se uitlatings nie. Toe hy pertinent
daarna
gevra is deur die Verhoorregter, het hy geantwoord dat die tweede
appellant bevestig het wat die eerste appellant gesê het.
Die
Verhoorregter het onrustig gevoel oor die antwoord wat sy eie vraag ontlok het,
en sê in sy uitspraak dat hy sy assessore
opdrag gegee het om nie daardie
getuienis teen die tweede appellant in berekening te bring nie. Die betoog
namens die eerste appellant
was dat Zeelie se antwoord op daardie laat stadium
sy getuienis as 'n geheel verwerplik gemaak het. Ek stem nie saam nie. By 'n
nalesing
van sy getuienis is dit duidelik dat hy nie vantevore spesifiek gevra
is oor die tweede appellant se reaksie nie, en dat hy nie veel
waarde daaraan
geheg het nie. Dit is onnodig om verder op die
18. besonderhede van sy
getuienis in te gaan. Die feit dat die Verhoorregter dit veiliger geag het om
die betrokke stukkie getuienis
buite rekening te laat wat die tweede appellant
betref, beteken hoegenaamd nie dat Zeelie se getuienis ten aansien van die
eerste
appellant se uitlatings onder verdenking is nie. Daardie deel van sy
getuienis is gestaaf deur die getuienis van adj-off Van Zyl.
Die Verhoorhof het
bevind dat Zeelie 'n goeie en geloofwaardige indruk gemaak het en dat sy
getuienis oor die eerste appellant se
uitlatings met veiligheid aanvaar kon
word. Daar is nie gegronde rede vir hierdie Hof om daarvan te verskil nie. 'n
Verdere argument
is voor ons geopper dat dit moontlik is dat die eerste
appellant se uitlatings as gevolg van onbehoorlike beïnvloeding gemaak
is.
Die argument het niks om die lyf nie. Tydens die verhoor het die eerste
appellant se advokaat uitdruklik verklaar dat die toelaatbaarheid
van wat die
eerste appellant aan Zeelie in die hotelkamer gesê het, nie in geskil
geplaas word
19.
nie, en daar is niks in die oorkonde wat kan dien as
grondslag vir die argument wat nou geopper is nie.
Vervolgens kom ek by die
getuienis van die appellante. Volgens albei se getuienis het hulle vanaf die
middel van Desember 1988 dikwels
met mekaar planne bespreek waarvolgens die
eerste appellant se dood voorgewend sou word sodat versekeringsgeld op sy lewe
bekom kon
word om tussen hulle te verdeel. Die eerste appellant het met die
planne gekom en die tweede appellant het die swakhede daarin uitgewys.
Die
eerste appellant se eerste plan was om sy motorkar oor h krans in die see te
stort; die tweede appellant (wat eens in die versekeringswêreld
gewerk
het) het gesê dat die plan nie sou werk nie, omdat versekeringsmaatskappye
nie uitbetaal as daar nie 'n lyk is nie.
Die tweede plan van die eerste
appellant was om 'n lyk van 'n lykshuis te verkry en dit dan in 'n nagemaakte
botsing in sy kar te
verbrand; die tweede appellant (wat paramediese opleiding
gehad het) het daarop gewys dat
20.
dit met 'n nadoodse ondersoek vasgestel sou kon word dat die dood ingetree het voor die verbranding. Daarna het die eerste appellant gekom met die plan dat 'n boemelaar met ongeveer die liggaamsbou van die eerste appellant in sy kar opgelaai sou word, met 'n verdowingsmiddel ingespuit sou word en dan verbrand sou word in 'n gesimuleerde ongeluk. Op 29 Januarie 1989 het die appellante vir 'n tyd lank in die strate van Harrismith rondgery, nadat die eerste appellant gesê het dat hy iemand wil soek om in die plan te gebruik en dat die tweede appellant ook op die uitkyk moet wees vir iemand om op te laai. Vroeg die volgende oggend het die appellante die uitvoering van die plan "geoefen", op die inisiatief van die tweede appellant, deur beurtelings mekaar se hande vas te bind agter die voorste passassiersitplek van die kar. Terwyl die eerste appellant so vasgebind was, het die tweede appellant 'n spuit en 'n spuitmiddel wat in die kar was, geneem en die eerste appellant 'n inspuiting in sy bo-
21 .
arm toegedien, en gesê dat hy hom gaan doodmaak sodat
hy nie die versekeringsgeld met hom hoef te deel nie. Die eerste appellant
het
geskrik en gespartel om los te kom, en uiteindelik het die tweede appellant sy
hande losgemaak en hom bevry.
Die appellante se getuienis was verder dat
hulle plannemakery nie ernstig bedoel was nie. Hulle was gewoond om saam
lugkastele te
bou sonder dat hulle ooit gemeen het om uitvoering daaraan te gee^
en om mekaar poetse te bak, uit te daag en te terg. Die plannemakery
was volgens
die eerste appellant net 'n "exercise of the brain". Hy sê dat dit hom
plesier verskaf het om die tweede appellant
uit te oorlê en te tart
telkens as laasgenoemde hom gewys het op die onuitvoerbaarheid van sy planne.
Die tweede appellant
sê dat hy in 'n stadium gevoel het dat die eerste
appellant te ver gaan met sy planne; gevolglik wou hy hom daarvan laat afsien
deur hom die skrik op die lyf te jaag. Daarom het hy hom ingespuit tydens
hulle
22.
"oefening", sodat hy kon ondervind hoe die boemelaar sou voel as die plan op
hom uitgevoer sou word.
Oor die gebeure tydens die aand en die nag van 31
Januarie 1989 is die getuienis van die appellante kortliks soos volg. Die eerste
appellant moes hom die volgende dag, op sy 21ste verjaarsdag, aanmeld vir
militêre diensplig. Die twee van hulle het in Hillbrow
rondgery op soek na
h plek om die verjaarsdag te vier. Die eerste appellant sê dat die gedagte
toe by hom opgekom het om sy
motorkar te verbrand sodat hy die versekeringsgeld
daarvan kon bekom. Terselfdertyd het hy 'n kans gesien om die tweede appellant
te laat boet vir die poets wat hy vroeër op hom gebak het toe hy hom
ingespuit het: hy sou voorgee dat hy die plan, soos voorheen
tussen hulle
bespreek is, gaan uitvoer, om die tweede appellant te laat skrik, en dan sou hy
op die laaste oomblik bekend maak dat
dit maar net 'n grap was. Hy sê dat
hy aan die oorledene op die Johannesburg-stasie die poets wat hy die tweede
appellant wou
bak,
23.
verduidelik het, en hom R100 aangebied het om daarin mee te doen, en dat die oorledene bereid was om saam te speel. Terug by die kar, het hy aan die tweede appellant gesê dat die oorledene vir hom h werkie sou doen. Op pad van die Lido Hotel af het hy aan die tweede appellant verkondig dat hulle nou die plan gaan uitvoer. Die tweede appellant skrik toe so groot dat hy sommer 'n klomp skoon teue sterk drank gevat het uit 'n bottel wat in die kar was. Dit het die eerste appellant geniet; hy het die tweede appellant uitgelag. Die kar is tot stilstand gebring en die appellante het uitgeklim. Die eerste appellant het aan die tweede appellant gesê om die kar langs die relings te skuur, maar hy het geweier. Toe doen die eerste appellant dit self, terwyl die tweede appellant langs die pad sit, in 'n besope toestand. Die eerste appellant hou weer stil waar die tweede appellant sit, en gooi petrol in die kar uit. Volgens hom was dit alles deel van die grap, waarvan die oorledene bewus
24.
was. Die eerste appellant geniet nog steeds die grap, en lag die tweede appellant uit. Maar toe verloor die tweede appellant sy bewussyn, as gevolg van dronkenskap. Hy sit of lê teenaan of vlak by die kar, en die eerste appellant probeer om hom by te bring. Toe slaan die kar aan die brand. Die eerste appellant getuig dat hy vermoed die oorledene het h sigaret probeer aansteek met 'n aansteker wat hy hom vroeer die aand geleen het. Die eerste appellant sê dat hy so groot geskrik het dat hy dadelik begin hardloop het, weg van die toneel. Op dié manier is hy te voet na die tweede appellant se woonstel, en later is hy na Durban, net om weg te kom. Die tweede appellant se weergawe is dat hy, toe die eerste appellant met die oorledene teruggekom het van die stasie, die eerste appellant gevra het of dit iets te doen het met die plan wat hulle vroeer bespreek het, waarop die eerste appellant hom verseker het dat dit nie die geval is nie en dat hy wou hê die oorledene moes vir hom 'n werkie doen. Die
25.
tweede appellant sê dat hy dit aanvaar
het, aangesien
hy gedink het dat die eerste appellant die oorledene
wou
gebruik het as 'n tussenganger om toegang te verkry
tot Claire Gillespie op
die laaste aand voordat hy met
sy diensplig sou begin (haar ouers, by wie sy
gewoon
het, was nie goedgesind teenoor die eerste appellant
nie). Die
tweede appellant bevestig voorts sy reaksie,
soos beskryf deur die eerste
appellant, toe
laasgenoemde hom op pad van die hotel vertel het dat
die
plan nou uitgevoer sou word. Die tweede appellant
sê dat hy beskonke was, dat hy langs die pad
sy
bewussyn verloor het en eers weer bygekom het toe die
kar aan die brand was. Hy was geskok en deurmekaar en
dronk, en het probeer om die oorledene uit die kar te
haal, maar kon nie daarin slaag nie. Hy kan nie onthou
wat hy gesê het aan die verbygangers wat op die toneel
opgedaag het nie. Toe hy die volgende dag sy verskeie
verklarings afgelê het, wou hy maar net tyd wen om hom
die geleentheid te gee om eers in aanraking te kom met
26.
die eerste appellant en die saak met hom uit te praat.
Op
grondslag van die getuienis soos dit hierbo beknop opgesom is, het die
Verhoorhof bevind dat dit bo redelike twyfel bewys is dat
die appellante in die
uitvoering van 'n sameswering tussen hulle die oorledene vermoor het, soos deur
die Staat beweer.
In hierdie Hof was die deeglik voorbereide betoë van
die advokate van die appellante daarop toegespits om te probeer aantoon
dat elk
van die feite wat op die oog af aanduidend is van 'n sameswering tussen die
appellante, soos hierbo opgesom, vergesel gaan
van sekere ander feite en
omstandighede wat nie vermeld word in die Verhoorregter se opsomming nie, maar
wat 'n onskuldige, of minstens
neutrale, kleur verleen aan daardie feite, in
verhouding tot die beweerde sameswering. Ten spyte van die advokate se ernstige
pogings
is ek oortuig daarvan dat daar vir die appellante geen uitkomkans
lê in so 'n proses van stuksgewyse ontleding nie. Ek noem
een voorbeeld
om
27. aan te dui wat dit behels. Die eerste appellant het aansoek gedoen om
versekering by die Ou Mutual, nadat die tweede appellant
met Blackie Swart
gereël het dat die eerste appellant hom daaroor sou kom spreek. Ten aansien
van daardie feite is daar aangevoer
dat die volgende verdere feite in oorweging
geneem behoort te word: volgens die eerste appellant se getuienis het hy besluit
om versekering
uit te neem omdat hy opgeroep was vir militêre diensplig,
omdat hy sy sake met die oog daarop in orde wou kry, en omdat hy
gereken het dat
'n versekeringspolis vir hom 'n goeie vorm van sekerheid sou verskaf op sterkte
waarvan hy h geldlening sou kon verkry
as hy die dag sy diensplig voltooi het;
die polis waarom aansoek gedoen is, was inderdaad nie 'n polis bloot op die lewe
van die
eerste appellant nie, maar 'n uitkeringspolis met lewensdekking; en
volgens die tweede appellant se getuienis het hy 'n reëling
gehad met
Blackie Swart waarvolgens 'n kommissie betaalbaar was op versekering wat
voortgespruit het uit
28.
aansoeke wat deur die tweede appellant na Blackie Swart verwys is. Hierdie verdere feite, so was die argument, neutraliseer die eersgenoemde feite in so 'n mate dat 'n nadelige afleiding daaruit teen die appellante, met betrekking tot die beweerde sameswering, nie geregverdig is nie. Die betoog verg egter in die eerste plek 'n ondersoek na nog verdere feite en oorwegings wat ter sake is, onder meer die volgende. Die eerste appellant het geen afhanklikes gehad in wie se belange hy sy sake in orde moes kry met die oog op sy moontlike afsterwe gedurende diensplig nie. Die gedagte om deur middel van 'n polis toekomstige sekuriteit vir 'n voorskot te skep, is inherent iets vreemds, maar dit word heeltemal onaanvaarbaar as 'n mens die eerste appellant se benarde geldelike posisie in berekening bring: hy was werkloos, en hy het skulde gehad van meer as R29 000, waarop sy maandelikse betalingsverpligtings meer as R700 beloop het; op die karige soldy wat hy in die Weermag sou ontvang, sou hy
29.
nie in sy eie behoeftes kon voorsien en die premies op die Ou Mutual-polis betaal, en nog die premies ingevolge die latere Sanlam-polis nie. Dit laat die feit dat juis 'n uitkeringspolis aangevra is eerder lyk na h rookskerm om die beweerde komplot tussen hom en die tweede appellant te verberg as na iets wat dit teenspreek. En wat die tweede appellant se aandeel in die aansoek om die versekering betref, kan sy telefoongesprek met Blackie Swart op 2 Februarie 1989, soos vroeër gemeld, sekerlik nie verklaar word aan die hand van 'n belangstelling in die kommissie wat hy op die transaksie kon verdien nie. Die verdere feite waarop die appellante se advokate hulle beroep, voer dus die saak vir die appellante niks verder nie. Dieselfde resultaat word bereik as 'n mens die ander aspekte van die feite wat deur die advokate geopper is, nagaan. Dit is nie nodig om op die besonderhede daarvan in te gaan nie, om die redes wat volg.
Die benadering wat die advokate se betoë ten
30. grondslag lê, is in fundamentele opsigte nie suiwer nie. Die
welbekende reëls van logika wat van toepas-sing is wanneer
'n hof besin oor
die vraag of omstandig-heidsgetuienis 'n afleiding van skuld regverdig, vereis
nie dat elke bewese feit wat ter
sake is afsonderlik in oenskou geneem moet word
ten einde te beoordeel of daardie feit op sigself vatbaar is vir 'n onskuldige
verklaring,
of versoenbaar is met onskuld nie. Dit is die gesamentlike
uitwerking van al die bewese feite as 'n geheel wat van deurslaggewende
belang
is. In hierdie saak is die afleiding dat die appellante die oorledene vermoor
het, in ooreenstemming met al die feite wat
deur die Staat bewys is. Die vraag
of daardie feite elke ander redelike moontlike afleiding uitsluit, hang nie
daarvan af of elk
van die feite versoenbaar is met die onskuld van die
appellante nie. Die antwoord op die vraag moet gesoek word op heeltemal 'n ander
vlak. Die kardinale feitlike afleiding waarop die Staat steun, is dat die een of
die ander van die appellante,
31 . in die uitvoering van 'n komplot tussen
hulle, opsetlik die motorkar waarin die oorledene was aan die brand gesteek het.
Die
enigste denkbare ander moontlike afleiding is dat die kar toevallig en per
ongeluk aan die brand geslaan het, hetsy deur iets wat
die oorledene gedoen het,
hetsy deur iets anders. Stel 'n mens die twee mededingende moontlike afleidings
teenoor mekaar, dan is
dit onmiddellikduidelik hoe sterk die impak van die
bewese feite spreek ten gunste van die een en teen die ander. Presies alles het
gebeur soos die appellante dit in hulle planmakery bedink het, behalwe dat hulle
nie die kar aan die brand gesteek het nie. Die totaliteit
van wat oorweeg moet
word, sluit ook in die appellante se getuienis, en in die verband is veral van
belang hulle verduideliking van
wat die aand voor en dan ten tyde van die
kritieke oomblik gebeur het, soos ek dit hierbo kortliks opgesom het. Die
Verhoorhof het
dit versigtig ontleed en met beslistheid verwerp as vals bo
redelike twyfel. 'n
32.
Nalesing van die oorkonde toon aan dat die Verhoorhof se
bevinding in hierdie opsig ongetwyfeld korrek was. Ek ag dit nie nodig om
verder
daaroor uit te wei nie. Uiteindelik is die appellante se optrede na die kritieke
gebeure vernietigend van hulle weergawe daarvan.
Wat die eerste appellant
betref, hoef ek net te verwys na sy verdoemende uitlatings aan Claire Gillespie
en luitenant Zeelie. Wat
die tweede appellant betref, is sy valse relaas van 'n
ongeluk en die aanwesigheid van die eerste appellant in die voertuig, teenoor
die verbygangers wat op die toneel gekom het, en teenoor Clive Brummer en die
polisie, op geen ander wyse verklaarbaar nie as dat
hy deurgaans bewustelik
meegewerk het aan die uitvoering van die komplot, soos ook blyk uit sy oproepe
aan Blackie Swart en die firma
waar die eerste appellant sy testament laat
opstel het. Alles in ag genome, is dit nie 'n redelike moontlikheid dat die kar
aan die
brand geslaan het op 'n ander manier as deur die opsetlike toedoen
van
33. die een of die ander van die appellante in die uitvoering van 'n
komplot tussen hulle nie.
Die skuldigbevinding van die appellante aan moord
was dus korrek. Die skuldigbevindings aan bedrog hang daarmee saam en hoef nie
afsonderlik
bespreek te word nie. Die vonnisse wat vir die bedrog opgelê
is, is ook nie aanvegbaar nie.
Wat dan oorbly vir bespreking, is die doodvonnisse wat die appellante opgelê is vir die moord. Die Verhoorhof het nog onder die ou bedeling bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie. Onder die nuwe bedeling wat in werking getree het met Wet 107 van 1990, moet hierdie Hof nou opnuut bevindings uitbring oor die aan- of afwesigheid van enige strafversagtende of strafverswarende faktore, en met inagneming daarvan beoordeel of die doodstraf in hierdie geval die gepaste vonnis is. Die benadering wat in hierdie beoordeling toepaslik is, is reeds in 'n hele reeks beslissings van hierdie Hof behandel en hoef
34.
nie weer hier uiteengesit te word nie.
Eerstens oorweeg ek
die strafversagtende faktore wat moontlik ten gunste van die eerste appellant
kan geld, aan die hand van wat deur
sy advokaat geopper is.
Die eerste appellant is 'n eerste oortreder. Dit is 'n strafversagtende faktor.
Die eerste appellant het op 1 Februarie 1989 21 jaar oud geword. Sy jeugdigheid is deur sy advokaat aan ons voorgehou as 'n strafversagtende faktor. Ek stem nie saam dat dit so is nie. Die Verhoorhof het aan hierdie aspek van die saak sorgvuldige en deeglike aandag geskenk, blykens die Verhoorregter se uitspraak oor versagtende omstandighede soos dit destyds gegeld het. In die uitspraak word daarop gewys dat, volgens die getuienis, die eerste appellant 'n man is wat alreeds met die stampe en die stote van die lewe kennis gemaak het; dat hy reeds vir 'n aantal jare op homself aangewese was; dat sy bande met sy ouers, broers en
35.
susters reeds afgestomp geraak het; dat hy vir
homself
gesorg het; dat hy 'n opgeleide ambulansman en para-
medikus was;
dat hy soos 'n volwassene sy eie besluite
moes neem en geneem het; dat hy op
seksuele gebied
alles behalwe 'n onervare en onskuldige jongeling was;
en dat hy bowendien 'n bo-gemiddelde hoë intelligensie
gehad liet, soos in sielkundige toetse vasgestel is.
Die Verhoorhof se slotsom was dat
" daar allermins gesê [kan] word dat sy
jeugdigheid gelyk gestel kan word aan onvolwassenheid, gebrek aan lewenservaring, onbesonnenheid of aan h geestestoestand van vatbaarheid vir beïnvloeding."
In hierdie Hof is daar namens die eerste appellant
aangevoer dat, aangesien die ligging van die bewyslas
nou anders is as wat dit was ten tyde van die
beslissing van die Hof a guo, daar nou tot 'n ander
resultaat gekom moet word, veral as h mens kyk na die
wyse waarop die eerste appellant sy eie potjie gekrap
het: hy het dikwels onverantwoordelik en onbesonne
opgetree; hy het rondgeval wat sy werk betref; sy
36. geldsake was in
wanorde; sy verhouding met sy
familielede was swak; en sy vriendinne was niks
meer as sy bedgenote nie. Die antwoord op hierdie betoog is in die eerste plek
dat
sulke ongeordenheid van leefwyse sekerlik nie eie is aan jeugdige onrypheid
nie. Mev Wentzel, 'n sielkundige wat ná ondersoek
en toetse 'n volledige
verslag oor die eerste appellant se persoonlikheidsamestelling voorgelê
het, het wel getuig dat die
eerste appellant 'n onrype persoonlikheid het, maar
daar is niks wat daarop dui dat dit juis te wyte is aan sy jeugdigheid nie. Ek
sal aanvaar dat die beskrywing van die eerste appellant se persoonlikheid as
onryp geregverdig is uit 'n blote sielkundige oogpunt,
maar op grond van die
getuienis as 'n geheel kan ek nie aanvaar dat die eerste appellant se
jeugdigheid enige rol gespeel het by
die pleging van die misdaad nie. Die eerste
appellant het nie in 'n beskermende atmosfeer gelewe nie. Daar was by die
misdaad geen
emosies, en geen beïnvloeding op die spel
37. nie. Die
misdaad is nie impulsief of op die ingewing van die oomblik gepleeg nie.
Gedurende die lang tydperk van beplanning daarvan
het die eerste appellant
genoeg geleentheid gehad om tot besinning te kom. Soos die advokaat van die
Staat in sy deeglike betoog
dit gestel het: jeugdigheid was hoegenaamd nie 'n
oorsaak van die eerste appellant se handeling nie, ook nie 'n onrype gemoed, of
'n gebrek aan lewenservaring of oordeelsvermoë nie. Sy optrede is inderdaad
toe te skryf aan minder aantreklike eienskappe van
sy karakter wat
blootgelê is deur mev Wentzel se ondersoek en getuienis, en wat ook
gestaaf word deur die objektiewe getuienis:
hy is gewetenloos, manipulerend, en
hy het anti-sosiale persoonlikheidsneigings. (Ek ag dit onnodig om op die
talryke bewyae daarvan
in die getuienis in te gaan.) Daarin lê die
verklaring van sy gruwelike misdaad. Die Verhoorhof het uiting aan hierdie
gedagte
gegee deur te bevind dat die enigste redelike afleiding wat gemaak kan
word uit die eerste
38.
appellant se handelswyse, is dat hy inderdaad
"uit
inherente boosheid" opgetree het. Ek stem daarmee
saam.
Vervolgens is daar as 'n strafversagtende
faktor
geopper dat die eerste appellant ná die misdaad
berou getoon het
daaroor, en dat hy 'n positiewe
verandering in iewenshouding ondergaan het,
deurdat hy
sy vorige selfsugtige en egosentriese houding laat vaar
het. In laasgenoemde verband is daar gesteun op die
getuienis van 'n pastoor, 'n sersant, en die eerste
appellant se suster, wat almal met hom te doen gehad
het in die gevangenis. Uit hierdie getuienis is dit
egter opvallend dat die eerste appellant gedurende die
eerste maande van sy aanhouding nie verander het nie:
sy gedrag soos dit beskryf is, was uiters selfsugtig,
egosentries en onbeskof. Die oënskynlike kentering het
eers later ingetree, toe hy na bewering 'n godsdienstige
bekering ondergaan het. Of dit eg was, of opportunis-
ties, kan beoordeel word aan die hand van die getuienis
39.
wat die eerste appellant self afgelê het nadat hy
skuldig bevind is, tydens die ondersoek na die bestaan
al dan nie van
versagtende omstandighede. Hy het onder
meer gesê dat die dood van die
oorledene "a shock to my
system" was, dat hy jammer is oor wat gebeur het, en
dat hy wens hy kon
die nag van 31 Januarie 1989 oor-
lewe. Die Verhoorhof het bevind dat hierdie getuienis
van hom "alles behalwe die aanklank van waarheid" het.
'n Nalesing van die getuienis in die oorkonde bevestig
die korrektheid van die kommentaar ten volle. Maar
uiteindelik word die hele beroep op bekering en berou
vernietig deur wat die eerste appellant onder kruis-
ondervraging gesê het:
"Mr Plank, do you now admit that you had
burnt the deceased? No, I do not.
Do you still say it was merely a joke?
That is correct."
Valse ontkenning en egte berou kan nie langs mekaar
bestaan nie.
Daar is aangevoer dat die eerste appellant
40. besonder vatbaar is vir rehabilitasie. Dit is nie so nie. Mev Wentzel het by hom tekens van 'n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring vasgestel (dit is 'n nuwerwetse beskrywing van psigopatiese neigings). Haar getuienis is verder dat die prognose vir hervorming in so 'n geval swak is. Die bestaan van sodanige neigings is ook nie in hierdie geval 'n strafversagtende faktor nie.
Ten slotte is die eerste appellant se inname van drank voor die moord voorgehou as 'n strafversag-tende faktor. Soos die Verhoorregter in sy uitspraak opgemerk het, het die eerste appellant nie, toe hy voor die skuldigbevinding getuig het, te kenne gegee dat hy op die kritieke tyd nie rasioneel of berekend opgetree het as gevolg van drank nie. Na die skuldigbevinding het hy in die algemeen getuig dat drank sy oordeel belemmer en hom waaghalsig en onnosel maak, en dat hy dit betwyfel of die gebeure sou plaasgevind het as hy nie gedrink het nie. Dit kan hom nie help nie. Sy eie
41.
beskrywing van sy optrede weerspreek die moontlikheid dat drank 'n beduidende invloed op hom gehad het. In ieder geval het die gedagte van die moord nie op die betrokke aand eers by die eerste appellant ontstaan nie. Die moord, en die presiese vorm waarin dit uitgevoer is, is lank vooraf beplan, en oor 'n tydperk van 'n maand is 'n hele reeks handelinge uitgevoer om die volle omvang van die komplot waarvan die moord later 'n deel was, in werking te stel. Die drank wat die eerste appellant op die betrokke aand gedrink het, is dus nie h strafversagtende faktor nie.
Ek kom nou by 'n beskouing van die strafver-swarende faktore, wat verband hou
met die aard van die moord wat hier gepleeg is. Die
Staat se advokaat het tereg
dit beskryf as 'n "unieke" moord. So uitsonderlik soos die aard daarvan, en die
wyse waarop dit uitgevoer
is, so uitsonderlik is die gewig van die
strafver-swarende faktore. Ten eerste is daar die feite dat die moord oor 'n
lang tydperk
beplan is, as deel van 'n plan
42. wat talle ander handelinge
vooraf behels het, soos dit vroeer opgesom is, en dat alles enkel en alleen
gerig was op geldelike
gewin. Verder is daar die feite dat vir die moord 'n
onskuldige vreemdeling uitgesoek is en daarna in 'n weerlose toestand op 'n
kille, ongevoelige, koelbloedige en wreedaardige wyse uitgewis is. Die hele
komplot is verfoeilik, die uitvoering daarvan afskuwelik.
Treffend in die
oorkonde is foto's van die oorledene toe hy nog in die lewe was, Neville Eric
Stopford, waar hy gesellig met ander
mense verkeer en met 'n baba op sy arm
staan, teenoor foto's van die grusame oorblyfsels van sy liggaam nadat hy lewend
verbrand
is.
Die strafverswarende faktore is oorweldigend. Van die oogmerke van straftoemeting staan vergelding hier op die voorgrond. Na my oordeel is die doodvonnis die enigste gepaste straf vir die eerste appellant.
Vervolgens behandel ek die posisie van die tweede appellant. Ten tyde van die pleging van die
43.
misdaad was hy 29 jaar oud. Hy het 'n vaste werk gehad en is getroud, met twee dogters, een uit 'n vorige huwelik en een uit sy huidige huwelik.
Die tweede appellant het geen vorige veroordelings nie. Dit is 'n strafversagtende faktor.
'n Groot deel van die betoog namens die tweede appellant voor hierdie Hof was
daarop toegespits om te probeer aantoon dat sy rol in
die beplanning en
uitvoering van die sameswering baie kleiner was as diê van die eerste
appellant. In hierdie verband is daar
eerstens gesteun op 'n verslag en die
getuienis van prof Retief, 'n sielkundige wat die tweede appellant se
persoonlikheidsamestelling
getoets het en geëvalueer het. Die vernaamste
bevindings van prof Retief is die volgende: daar het 'n sielkundig simbiotiese
vriendskap bestaan tussen die twee appellante; die tweede appellant se
intelligensievlak is in sekere bepaalde opsigte ondergemiddeld,
wat dui op 'n
gebrek in die vermoe om 'n totale situasie te verstaan en die
44. implikasies
daarvan te evalueer; en dat dit die verklaring is waarom die tweede appellant
hom nie onttrek het van die "sielkundige
onsekerheidspel", die
"waaghalsigheidspel" waarin die twee appellante saam in hulle dagdromery en
"fabelagtige skemas" vasgevang
geraak het nie. Dit is duidelik dat prof Retief
die eensydige weergawe van die tweede appellant oor sy en die eerste appellant
se
planmakery sonder meer aanvaar het. Trouens, die hele uitgangspunt en
grondslag van prof Retief se uiteindelike mening was klaarblyklik
die tweede
appellant se relaas aan hom van hoe die plan-makery verloop en skeefgeloop het,
in ooreenstemming met die getuienis wat
die tweede appellant in die Hof
afgelê het. Daardie relaas en getuienis weet ons nou is vals. Met die
grondslag van prof Retief
se mening wat wegval, kan die mening self van geen
waarde wees nie.
Daar is nietemin aangevoer dat prof Retief se getuienis tog ten minste die redelike moontlikheid
45.
skep dat die tweede appellant deur die eerste appellant
gemanipuleer is, en dat dit verder uit die objektiewe feite blyk dat die tweede
appellant h ondergeskikte rol in die hele gebeure vervul het. Die Verhoorhof het
aanvaar dat daar 'n sonderlinge vriendskapsverhouding
tussen die 21-jarige jong
man en die 29-jarige getroude man en vader bestaan het; dat laasgenoemde in h
mate van eersgenoemde afhanklik
kon gewees het; dat die eerste appellant die
leiersrol gespeel het; dat daar "miskien 'n geringe mate van beïnvloeding
was";
maar dat dit "geen werklike effek" op die tweede appellant se
geestestoestand gehad het nie. Laasgenoemde bevinding was veral gegrond
op die
getuienis wat die tweede appellant self afgelê het tydens die ondersoek na
die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede.
Hy het naamlik getuig dat
die eerste appellant nie baasspelerig teenoor hom was in hulle goeie
vriendskapsverhouding nie; dat hy
nie gehuiwer het om die eerste appellant te
berispe en hom
46. op sy plek te sit as dit nodig was nie; en dat die
inisiatief in die dinge wat hulle saam gedoen het beurtelings van die een en
die
ander uitgegaan het. Dit blyk ook dat die tweede appellant die leiding geneem
het om die eerste appellant by die ambulansdiens
te laat aansluit, hom gehelp
het in sy opleiding as h paramedikus, en dat hulle daarna op h gelyke voet
saamgewerk het. Tydens die
tweede appellant se getuienis, soos blyk uit die
oorkonde, het die Verhoorregter met behulp van leidende vrae die tweede
appellant
feitlik uitgenooi om te sê dat hy wel onder die
beïnvloeding van die eerste appellant opgetree het, maar, soos die
Verhoorregter
in sy uitspraak dit stel, die tweede appellant het voet by stuk
gehou en dit ontken; uit sy eie mond loënstraf hy enige suggestie
dat die
eerste appellant enigsins 'n invloed op hom gehad het of hom tot enige handeling
of optrede beïnvloed het. In die lig
van sy getuienis het die Verhoorhof
bevind dat, selfs indien daar 'n mate van
47.
beïnvloeding was, dit nie as 'n versagtende
omstandig-
heid bevind kon word nie.
In hierdie Hof het die tweede appellant se
advokaat beklemtoon dat die ligging van die bewyslas
nou anders is, en met die oog daarop aangevoer dat daar
nou bevind behoort te word dat die moontlikheid van
beïnvloeding van die tweede appellant deur die eerste
appellant, wat onbewustelik kon gebeur het, gekoppel
aan die feit dat die eerste appellant die leidende rol
gespeel het in die maak van die planne en die
uitvoering daarvan, strafversagtende faktore daarstel.
Met hierdie betoog kan ek nie saamstem nie. Die
werklike feite laat geen ruimte daarvoor nie. Daar is
niks in die getuienis wat daarop dui dat die tweede
appellant 'n swakkeling is nie. Die feit dat sy
intelligensie in beperkte opsigte onder-gemiddeld is,
toon dit nie aan nie. Getuienis afkomstig van sy
werkgewer weerspreek dit: hy was 'n verantwoordelike en
hoog aangeskrewe werknemer, wat inisiatief en leiers-
48. eienskappe aan
die dag gelê het. Aangaande sy eie rol in die pleging van die misdaad,
blyk die volgende. Alhoewel dit die
eerste appellant is wat met die planne
vorendag gekom het, was die tweede appellant nie 'n bloot passiewe aanhoorder
nie; dit was
inteendeel juis hy wat telkens die swakhede en foute daarin aan die
eerste appellant uitgewys het. Daardie planne, weet ons nou,
was nie vlugte van
fantasie nie; soos dit uiteindelik verloop het, was dit sake van letterlik
dodelike erns. Uit die aard van die
saak was dit slegs die eerste appellant wat
self die meeste van die voorafgaande aspekte van die komplot kon uitvoer; die
aansoeke
om versekering, die aansoek om 'n vals identiteitsdokument, die opstel
van 'n testament; maar daarby was die tweede appellant geen
ongeïnteresseerde buitestaander nie: hy verwys die eerste appellant na die
verteenwoordiger van die Ou Mutual; hy vergesel die
eerste appellant om die
polis van Sanlam in die hande te kry; hy verkry sy voormalige vrou om die
49.
aansoek om die identiteitsdokument te laat afhandel; hy hou die Sanlampolis en
die testament en oorhandig dit aan die eerste appellant
se familie. Die eerste
appellant haal die oorledene op die stasie, maar die tweede appellant bestuur
die kar. Tot op die kritieke
stadium toe die kar aan die brand geraak het, kan
'n mens tereg vra, soos die advokaat van die Staat gevra het: wat kon die tweede
appellant meer gedoen het? Tot op daardie punt het hy talle en talle
geleenthede, oor 'n lang tydperk, gehad om te besin en hom van
die sameswering
te onttrek, maar hy doen dit nie. Ek sal ten gunste van die tweede appellant
aanvaar, soos die Verhoorhof gedoen
het, dat dit nie hy nie, maar die eerste
appellant is wat die kar aan die brand gesteek het. Maar dit kan die tweede
appellant nie
baat nie, want dit is wat daarna gebeur het wat verdoemend teen
hom is. Terwyl die oorledene besig is om te verbrand, vertel hy aan
die mense
wat op die toneel kom dat dit die eerste appellant is wat in die kar is, en gee
hy
50. besonderhede van 'n ongeluk wat nooit gebeur het nie. Die kille,
gevoeliose berekendheid en doeigerigtheid van die tweede appellant
se optrede is
verbysterend. Die tweede appellant was klaarblykiik besig om die komplot deur te
voer, soos ook daarna met sy verklarings
aan Clive Brummer en die polisie. Dit
was geen ondergeskikte rol hierdie wat die tweede appellant gespeel het nie; dit
was 'n onmisbare
en uiters belangrike onderdeel van die sameswering. Dit is
duidelik uit die getuienis dat die tweede appeliant sy sleutelrol met
oortuigende toneelspel gespeel het. 'n Mens kan wel wonder, as dit nie vir
Claire Gillespie se optrede was nie, of die appellante
ooit sou tereggestaan
het. Die enigste afleiding uit die tweede appellant se optrede nadat die kar aan
die brand geraak het, is dat
hy met volle oorgawe deelgeneem en uitvoering gegee
het aan die komplot. Ten opsigte van hierdie optrede van die tweede appellant
kan ek nie aanvaar dat enige beïnvloeding wat van die eerste
51.
appellant afkomstig mag gewees het, h wesentlíke rol kon gespeel het nie,
en dieselfde geld vir die leiersposisie wat die
eerste appellant sou beklee het.
Gevolglik kan ek nie bevind dat daar in hierdie aangeleenthede strafversagtende
faktore ten gunste
van die tweede appellant bestaan nie.
Ten behoewe van die tweede appellant is daar verder aangevoer dat sy inname van drank 'n strafver-sagtende faktor is. Ek stem nie saam nie. Sy getuienis dat hy in 'n besope toestand was, is tereg as vals verwerp deur die Verhoorhof: dit word weerlê deur die geloofwaardige en betroubare getuienis van die verbygangers wat op die toneel gekom het, en deur die objektiewe feite van hoe die tweede appellant daar opgetree het.
Die tweede appellant het in sy getuienis ná die skuldigbevinding gesê dat hy baie jammer is dat daar iemand oorlede is. Hy het egter terselfdertyd volgehou dat hy nie deel gehad het aan 'n sameswering of
52.
aan die moord nie. Net soos in die geval van die eerste appellant, kan die
tweede appellant se betuiging van berou nie as eg aanvaar
word nie.
Ten
slotte is daar aangevoer dat die tweede appellant vatbaar is vir rehabilitasie.
Dit mag so wees. Anders as in die geval van die
eerste appellant, is daar nie
getuienis wat daarop dui dat die vooruitsigte op hervorming swak is nie, en die
moontlikheid daarvan
moet dus ten gunste van die tweede appellant aanvaar
word.
Daarteenoor staan daar die strafverswarende faktore. Ek het reeds hierbo daarop gewys dat hulle buitengewoon swaar weeg, en ek hoef nie te herhaal wat reeds ten aansien daarvan gesê is nie. Ook in die geval van die tweede appellant is die strafverswarende faktore oorweldigend, en staan die vergeldingsaspek van straftoemeting op die voorgrond. Na my oordeel is in die geval van die tweede appellant die doodvonnis ook die enigste gepaste straf.
53.
Die appèlle van albei die appellante word van die hand gewys.
A.S. BOTHA AR
VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM
KRIEGLER WND AR

RTF format