South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 149
| Noteup
| LawCite
S v Keraan (226/91) [1991] ZASCA 149 (15 November 1991)
Download original files |
226/91 /mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MOGAMAT KERAAN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram : HEFER, VAN DEN HEEVER ARR et
KRIEGLER WndAR
Verhoordatum :7 November 1991 Leweringsdatum:
15 November
UITSPRAAK
KRIEGLER WndAR/......
1.
KRIEGLER WndAR:
Hierdie saak dien ingevolge die bepalings van art
19(12) van die Strafregwysigingswet nr 107 van 1990 ("die Wet"). Dit betref 'n
persoon
wat op 29 Oktober 1987 in die Kaapse Provinsiale Afdeling weens moord
ter dood veroordeel is. Verlof tot appèl teen vonnis
is destyds deur die
verhoorhof geweier en 'n petisie na hierdie hof afgewys. Ná die
inwerkingtreding van die Wet het die paneel
wat by art 19(1) daarvan aangestel
is, bevind dat die doodvonnis waarskynlik opgelê sou gewees het indien art
277 van die Strafproseswet
nr 51 van 1977, soos by art 4 van die Wet vervang,
ten tyde van vonnisoplegging in werking was. Hierdie hof moet nou ooreenkomstig
die bepalings van art 19(12) (a) van die Wet ook die saak oorweeg, en wel soos
'n appèl teen vonnis ingevolge art 277 van
Wet 51 van 1977 soos dit nou
lui. Voorts bepaal art 19(12)(b)(ii) van die Wet dat hierdie hof
2/..;
2.
die doodvonnis kan tersyde stel en met h ander straf
vervang indien hy van
oordeel is dat hy nie self die
doodvonnis sou opgelê het nie.
In wese beteken dit dan dat hierdie saak
oorweeg moet word ooreenkomstig die riglyne en
meetsnoere wat hierdie hof
neergelê het in sake soos S
v Masina and Others 1990 (4) SA 709
(A); S v Senonohi
[1990] ZASCA 93; 1990 (4) SA 727 (A) en S v Nkwanyana and Others 1990
(4) SA 735 (A) . Daar moet naamlik opnuut beoordeel
word of die doodvonnis
die enigste gepaste straf is in
die sin dat dit gebiedend aangewese is. By
sodanige
beslissing word die aan- of afwesigheid van
strafversagtende en -verswarende faktore in samehang
met die doelstellings
van straf in oorweging geneem.
Die begrip "strafversagtende faktore" is
breër as die
ooreenstemmende begrip "versagtende omstandighede"
wat
by die eertydse art 277 van toepassing was. Morele
verwytbaarheid is
steeds belangrik en geniet oorweging
in samehang met ander verbandhoudende faktore by
3/...
3.
straftoemeting maar is nie meer allesoorheersend nie. Bowendien het
daar h verskuiwing van die bewyslas ingetree, beide wat betref
die aanwesigheid
van strafverswarende faktore en die afwesigheid van strafversagtende faktore
waarvoor daar 'n feitebasis in die
getuienis bestaan. Albei moet oorweeg word op
die grondslag dat die Staat die gebruiklike bewyslas by strafsake dra, naamlik
bewys
bo redelike twyfel.
Die feite waarop voormelde beginsels toepassing
moet vind, kan soos volg saamgevat word. Teen die einde van Mei 1986 beplan die
veroordeelde
h gewapende roof; hy nader h dwelmsmokkelaar genaamd Isaacs om
dié se 9 mm pistool te leen; Isaacs stem in maar gee te kenne
dat een van
sy kornuite by name Whitey in besit daarvan is. Presies hoe en wanneer die
veroordeelde die vuurwapen in die hande kry,
is nie duidelik nie aangesien
Whitey ten tyde van die verhoor spoorloos verdwyn gehad het. Dit staan egter vas
dat
4/...
4. hy dit wel bekom het. Tussen 09h00 en 09h30 op Vrydag 30 Mei 1986
steel hy en twee makkers (beskuldigdes nommer 2 en 3 by die verhoor)
h Toyota
motorkar by Tuine Sentrum in Kaapstad. Hulle ry daarmee na Bellville waar hulle
tot minstens 11h11 naby h bank vertoef.
Daarvandaan vertrek die driemanskap na
Maitland waar hulle eers by h sakeperseel en toe by h nabygeleë bank
observasie hou.
Hulle agtervolg in die Toyota h man wat met h banksak uit die
bank uitkom en in 'n kar wegry. Nouliks toevallig eindig die rit by
die
besigheidsperseel waar hulle vroeër observasie gehou het.
Daar aangekom
gee die veroordeelde, wat tot op daardie stadium die gesteelde motor bestuur
het, die stuur af aan beskuldigde nr 3.
Hy en beskuldigde nr 2 klim uit en nader
uit verskillende hoeke hul slagoffer, wat intussen na sy voordeur aanstap. Dit
was toe net
voor 1 uur die middag. Die slagoffer, mnr Raymond Dagnin, 'n gesette
66 jarige, betree die
5/...
5. voorportaal van sy sakegebou met die banksak in sy hand. Sonder
woord of waarskuwing skiet die veroordeelde hom in die rug. Die
slagoffer syg
neer, waarop die veroordeelde twee verdere skote afvuur. Dagnin word in die
omgewing van beide enkels skrams getref.
Beskuldigde 2 raap die banksak op; hy
en die veroordeelde haas hulle na die Toyota, spring in en beskuldigde nr 3 jaag
weg. Hulle
abandoneer die kar aan die buitewyke van die Kaapse middestad en gaan
verdeel hul buit in h park in die Bo-Kaap. Daar tref Isaacs
ongeveer 2 uur die
middag vir die veroordeelde en beskuldigde nr 2 aan waar hulle sit en koerant
lees. Hulle was toe nugter.
Dieselfde aand word die veroordeelde en
beskuldigde nr 2 in verband met die voorval in hegtenis geneem. Beskuldigde 3 se
arrestasie
volg eers h paar weke later. Aldrie maak verklarings aan die polisie
en neem aan uitwysings deel. Die veroordeelde werp
6/...
6.
aanvanklik 'n alibi op maar skakel kort daarna oor na 'n ander
verontskuldigende relaas. Daarvolgens sou hy niksvermoedend in die
Toyota gesit
het terwyl beskuldigdes 2 en 3 vir Dagnin beroof; hulle kom toe by die kar
aangehardloop, spring in en sê hom
om weg te ry; dis eers later dat hy
besef daar is 'n roof gepleeg.
Op 10 Junie 1986 sterf mnr Dagnin in die
Groote Schuur Hospitaal. Die oorsaak van dood was 'n pulmonêre embolisme
veroorsaak
deur die skietwonde wat hy opgedoen het. Die drie bendelede staan in
Augustus 1987 in die Kaapse Provinsiale Afdeling tereg op 5
aanklagte, naamlik
moord op mnr Dagnin, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van
die pistool en die ammunisie
en diefstal van die Toyota. Die veroordeelde pleit
onskuldig aan al vyf die aanklagte en gee ter pleitverduideliking die tweede
verontskuldigende
relaas. By monde van 'n
7/...
7. verskeidenheid getuies bewys die Staat die gebeure soos hierbo
opgesom. Iedereen van die drie bendelede getuig ook. Elkeen probeer
sy eie rol
minimiseer - die veroordeelde in ooreenstemming met sy pleitverduideliking. Die
verhoorhof verwerp hul weergawes as leuenagtig
en bevind dat aldrie deelgeneem
het aan die diefstal van die motorkar, aan die moord en die roof. Wat die
veroordeelde betref, word
bevind dat hy die oorledene geskiet het met die
regstreekse opset om te dood.
Na skuldigbevinding betree die veroordeelde die getuiebank om getuienis ter strafversagting te gee. Hy verstrek toe 'n heel ander relaas: Hy erken deelname aan die diefstal van die Toyota en aan die gewapende roof. Laasgenoemde sou egter op die ingewing van die oomblik geskied het toe hulle toevallig vir Dagnin by die bank gewaar. Hy probeer - kennelik onoortuigend -voorhou dat die noodlottige skote per ongeluk afgevuur
8/...
8. is toe Dagnin met hom stoei om besit van die pistool.
Vanselfsprekend kon hy nie die skoot in die rug verduidelik nie; ook nie
hoe
drie afsonderlike skote (wat elk afsonderlike en aansienlike snellerdruk geverg
het) afgevuur is nie. Hy weet ook te vertel dat
hy en beskuldigde nr 2 die
betrokke Vrydagoggend twee pype gemengde dagga en Mandrax gerook het. Hy sou dan
'n jarelange en verslaafde
gebruiker van beide dwelmmiddels gewees het. Sy
aanvanklike ontkenning van enige dwelmgebruik die noodlottige oggend probeer hy
afmaak
as 'n poging om sy moeder te beskerm teen die skokwete dat haar seun (wat
teregstaan op twee halsmisdade) h dwelmgebruiker is. Ewe
onoortuigend is sy
poging om sy relaas van dwelmgebruik voor die pleging van die roof te laat klop
met dié van beskuldigde
nr 2 - wat hy voorheen heftig ontken het. Oor
waar, wanneer en hoeveel pype geniet sou gewees het, is daar 'n onversoenbare
weerspreking.
Die
9/...
9.
veroordeelde probeer nie eens verduidelik hoe hulle die tyd vir 'n paar pype in die Bo-Kaap kon vind tussen die steel van die Toyota in Tuine om ongeveer 09h30, die bespieding van die bank in Bellville tot minstens 11h11 en hul aankoms by Dagnin se perseel kort na 12h00 nie. Bowendien - en in sigself afdoende - gee hy nie te kenne dat die pype wat hy sou gerook het enige noemenswaardige uitwerking gehad het op sy geestesvermoëns toe hy die drie skote afgevuur het nie. Hier dien vermeld te word dat die kille berekendheid en flinke volvoering van die rooftog geen blyke toon van enige beneweldheid by enigeen van die drie rowers nie. Toe Isaacs 'n uur later vir die veroordeelde en beskuldigde nr 2 teëkom, was hulle nugter. Sodanige indruk word bevestig deur die veroordeelde se getuienis dat hy Dagnin se bankstukke nagegaan het om vas te stel hoeveel geld hulle buitgemaak het. Die gedagte aan sodanige kontrole en die veroordeelde se vermoë om dit
10/...
10.
uit te voer, getuig van sy onbelemmerde geestesvermoëns kort na
die moord. Bygevolg bevind die verhoorhof ten aansien van die
moontlike
tersaaklikheid van dwelmgebruik deur die veroordeelde: "Daar is geen aanvaarbare
getuienis dat, indien dwelmmiddels gebruik
was, dit enigsins gelei het tot die
pleging van die misdaad of dat dit enigsins die uitvoering daarvan
beïnvloed het nie."
Die enigste ander strafversagtende omstandigheid wat
aan die verhoorhof voorgehou is, het die veroordeelde tydens ondervraging deur
die hof soos volg verwoord: "Ons het nog nooit beplan om die roof te doen nie.
Ons het nie beplan om die man te skiet nie en ek het
dit nie gedoen dat ek die
man wou doodskiet met die opset om vir hom te dood nie. Om vir hom te skiet of
so nie. Dit is by die ongeluk
wat die vuurwapen afgegaan het."
In die uitspraak in verband met versagtende
11/...
11.
omstandighede is die veroordeelde se getuienis oor die spontane pleging van
die roof en die onwillekeurige afgaan van die drie skote
as leuenagtig verwerp.
Aangesien daar geen ander versagtende omstandighede gesuggereer is nie, word die
destyds verpligte doodstraf
opgelê.
Die gegewens moet nou egter opnuut
en in die lig van die huidig geldende art 277 van Wet 51 van 1977 beoordeel
word. Die strafverswarende
faktore is gewigtig, veelvuldig en duidelik. Dit was
h berekende rooftog deur h bende rampokkers. Die nodige vuurwapen is geleen
en
die wegkomkar gesteel. Op die laaste Vrydag van die maand, betaaldag, word eers
'n bank in Bellville bespied; dan verskuif die
bende na h bank in Maitland waar
hulle 'n sagte teiken uitkies en agtervolg; helder oordag word die
niksvermoedende slagoffer met
h swaar kaliber vuurwapen van agter in die borskas
geskiet; twee verdere skote word afgevuur.
12/...
12. Hy word nie eers die geleenthede gebied om sy lewe deur
prysgawe van sy geld te red nie. Die twee parate jong rowers probeer nie
hul
bejaarde slagoffer handtastelik oorweldig nie. Aldrie rowers was onvermom in h
besige nywerheidsgebied tydens die etensuur. Die
aanwending van vlugtige en
dodelike geweld moet gevolglik 'n noodwendige komponent van die beplanning
gewees het. Die morele verwytbaarheid
van die veroordeelde se optrede is dus
besonder hoog.
Wat betref strafversagtende faktore, speel die andersliggende
bewyslas as gevolg van die nuwe bedeling ingevolge die Wet geen rol
nie. Die
getuienis aangaande dwelmgebruik was só onoortuigend dat dit selfs nie as
h redelike moontlikheid beskou kan word
nie. Bowendien het die veroordeelde self
te kenne gegee dat die uitwerking daarvan op hom is om hom te kalmeer.
Gevolglik, al sou
hy op een of ander stadium tydens die betrokke oggend dwelms
gebruik het,
13/...
13.
sou dit juis gedoen gewees het om hom te versterk vir die moorddadige
rooftog waarop hy bedag was. In ieder geval is daar geen reële
moontlikheid
dat die veroordeelde ten tyde van die pleging van die moord enigsins bedwelm of
afgestomp was nie.
Daar is ook geen redelike moontlikheid dat die skote
anders as doelbewus en met moorddadige opset afgevuur is nie. Die ligging en
rigting van die skoot in die borskas van die oorledene is reeds onversoenbaar
met enige ander afleiding. So ook die daaropvolgende
afvuur van nog twee skote.
Bowendien staan dit vas dat daar vooraf beplan is om die weerlose slagoffer plat
te skiet ten einde die
gewaagde roof te laat slaag. Die slotsom moet dus wees
dat daar geen versagtende faktore te bespeur is nie.
Vervolgens moet die algemene oogmerke van straftoemeting oorweeg word. Die veroordeelde se persoonlike omstandighede is besonder ongunstig. Hy kan
14/...
14. trouens alleen as 'n geharde misdadiger beskryf word. Van
kleintyd af was hy in botsing met die gereg en word verskeie kere
gevangenisstraf
opgelê. Na sy vrylating op parool op 14 Junie 1985 loods
hy h volgehoue aanslag op die geordende samelewing waarvan die onderhawige
misdade slegs die kulminasie was. Hy was trouens tydens die beplanning en
pleging daarvan reeds verhoorafwagtend op h reeks ander
misdade waaraan hy in
November 1986 en Januarie 1987 skuldig bevind is. Dié het ingesluit 5
aanklagte van motordiefstal en
3 van gewapende roof wat vir hom altesaam 32 jaar
gevangenisstraf (vanweë sameloping beperk tot 19 jaar) op die hals gehaal
het. Dat hy uit was op h veldtog van misdadigheid blyk ook daaruit dat hy
omgegaan het met ewe geharde residiviste. Beskuldigde nr
2 was sy
medebeskuldigde en insgelyks verhoorafwagtend by etlike van die voorafgepleegde
misdade terwyl sy neef, beskuldigde nr 3,
presies vier weke voor die pleging
15 /...
15. van die onderhawige misdade op vrye voet was ná jare in
die gevangenis. Die veroordeelde is gevolglik nie alleen 'n geharde
misdadiger
nie maar ook 'n man met 'n voorliefde vir gewelddadige bende-optrede, dikwels
met behulp van vuurwapens. Straftoemeting
in die verlede het geen inkeer gebring
nie. Die feit dat hy verantwoording sou moes doen vir 'n reeks ander ernstige
misdade het
hom nie afgeskrik nie. Inteendeel, die genadelose neerskiet van
oorlede mnr Dagnin was bloot die funeste toppunt van 'n leefwyse
wat daarop
bestem was. Dis dan nouliks verbasend dat daar van die kant van die veroordeelde
geen sweem van berou of selfs insig in
die enormiteit van sy handelinge was nie.
Kennelik is daar van hervormingsmoontlikhede geen sprake nie.
Daar moet egter
steeds oorweeg word of 'n besondere lang termyn gevangenisstraf nie dalk vanpas
sal wees nie. Die wysigings aan art
276 van die
16/...
16.
Strafproseswet nr 51 van 1977 en art 64 van die Wet op Gevangenisse nr
8 van 1959 (deur artikels 3 en 18 van die Wet) beteken immers
dat permanente
verwydering van h booswig uit die samelewing bewerkstellig kan word anders as
deur die doodstraf (kyk S v Mdau 1991(1) S.A. 169(A) te 176 D tot 177 C).
Nietemin meen ek dat "die onvergelyklike uiterste" hier die enigste vonnis is
wat voldoen
aan die vereistes van straftoemeting. Die laakbaarheid van die
misdaad is sodanig, die gemeenskapsvyandigheid van die misdadiger
so volhardend
verregaande en die regmatige aanspraak van die samelewing op vergelding so
dwingend dat die doodvonnis onafwendbaar
is. Daarbenewens moet afskrikking sy
volwaardige rol speel in die tydgees van geweld wat tans hier te lande hoogty
vier.
Bygevolg word die doodvonnis bekragtig.
J C\KRIEGLER WndAPPELREGTER
HEFER AR
VAN DEN HEEVER AR Stem saam

RTF format