South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1991 >> [1991] ZASCA 112

| Noteup | LawCite

President Versekeringsmaatskappy Bpk. v Grobler (469/90) [1991] ZASCA 112 (20 September 1991)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer 469/90 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING

In die saak tussen:

PRESIDENT VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Appellant

en

J J GROBLER Respondent

CORAM: JOUBERT, VAN HEERDEN, NIENABER ARR et NICHOLAS, HARMS WARR

VERHOOR: 26 en 27 AUGUSTUS 1991

GELEWER: 20 SEPTEMBER 1991
U I T S P R A A K NIENABER AR:
Die eiser (tans die respondent maar na wie ek gerieflikheidshalwe steeds as die eiser sal verwys) is erg beseer toe 'n motorfiets op 27 April 1984 op die Nelspruit-Kaapmuiden-pad van voor in die bakkie vasgejaag het wat hy besig was om te bestuur. Die verweerder (tans die appellant) was die versekeraar van die motorfiets uit hoofde van die bepalings van die destyds geldende Wet op Verpligte Motor-voertuigversekering, no. 56 van 1972. Vroeg reeds, by die aanvang van die verhoor in die Transvaalse Provinsiale Afdeling, het die verweerder toegegee dat die bestuurder van die motorfiets uitsluitlik vir die botsing te blameer was. Oor die veelvoud van beserings wat die eiser in die botsing opgedoen het (veelvuldige ribfrakture, beserings van die linkervoet en -enkel, 'n fraktuur van die pols en dies meer), en die vergoeding wat deur die verweerder daarvoor betaalbaar was, was daar, op twee beserings na, algaande ook geen werklike twis meer nie. Waaroor daar wel twis was, toe, voor die verhoorhof, en tans,

2

voor hierdie hof, was of die wigvormige kompressiefraktuur van die eiser se T12- werwelliggaam, enersyds, en sy epilepsie, andersyds, albei waarvan eers bykans twee en 'n half jaar na die ongeluk as sodanig gediagnoseer is, aan die botsing te wyte was. Dit is wat die eiser beweer en wat die verhoorhof (Roos R) dan ook bevind het, naamlík dat die eiser in die botsing, benewens sy ander beserings, sowel 'n rug- as 'n kopbesering opgedoen het, die erns en gevolge waarvan eers heelwat later geblyk het. Met inagneming van al sy beserings, van die bedrae waarop die partye onderling ten opsigte daarvan ooreengekom het, en met 'n bevinding oor die toepaslike gebeurlikheidsfaktor, het die verhoorhof die vergoeding wat hy toegeken het soos volg bereken:

1.Mediese uitgawes reeds aangegaan ten aansien van beserings anders as die rug- en kopbeserings: R3201,61.
2. Ten aansien van die rugbesering:
(a) mediese koste reeds aangegaan:
R829,52;

(b) toekomstige mediese koste: R30000.

3

3. Ten aansien van die epilepsie:

(a) mediese koste reeds aangegaan: R2372,33;
(b) toekomstige mediese koste: R37754.96.

4. Verlies aan verdienste reeds gely: R56755,85.
5. Toekomstige verlies aan verdienste met 'n gebeurlikheidsfaktor van 10%: R268179,30.
6. Algemene skadevergoeding: R45000,00.
Die totaal is R444093,57. Daarvan is die

bedrag van R11900,00 wat van die Ongevallekommissaris ontvang is, afgetrek. Die finale toegekende bedrag was dus R432193,57.
Vonnis is aldus toegestaan tesame met die koste van twee advokate. Dit is teen daardie bevel wat die verweerder, met verlof van die hof a quo, nou appelleer.
Die botsing het teen ongeveer 19h00 die aand plaasgevind.. Dit was reeds donker. Ene James Mzimba was 'n passassier in die bakkie. Op wonderbaarlike

4

wyse, te oordeel aan 'n foto van die wrak van die
bakkie, is hy nie beseer nie. Die bakkie het langs die
pad tot stilstand gekom. Volgens Mzimba het die eiser

"toe met sy kop teen my skouer geleun 'n rukkie. Hy was stil gewees, hy het nie gepraat nie. Ek het toe ook vreesbevange geword, ek het toe gedink dat hy miskien dood is en later hy het toe weer bygekom. En hy deel my toe mee dat hy nie asem kan haal nie.
"Nou voordat ons aangaan. U sê hy het met sy kop teen u skouer gelê, het sy kop beweeg of het sy kop stilgelê? ... Dit was stil gewees. Hy het toe stilgelê. Dit is hoekom ek vreesbevange geword het dat hy miskien dood is.
Mou hoe lank het hy so teen u skouer gelê met sy kop? . . Ek sal so skat hier tussen twee en drie minute."

Nadat die eiser vir hom gesê het dat hy nie asem kon kry nie, het hy gevra waar sy "Coke" was. Dit was die eiser se gebruik om altyd 'n bottel Coca-Cola in sy motor byderhand te hê. Mzimba het toe vir hom die bottel aangegee waaruit hy 'n slukkie geneem het. Later is albei van hulle uit die wrak gehaal en is die eiser met 'n ambulans na die hospitaal te Nelspruit vervoer waar sy vrou en haar suster, mev Louw, hom ingewag het.

Vyftien dae lank was hy onder sedasie in die intensiewe waakeenheid van die Rob Ferreira-hospitaal.

5

'n Trageostomie is op hom uitgevoer. Op 15 Mei 1984 het . hy die hospitaal verlaat. Tot Augustus 1984 het hy met behulp van 'n rolstoel rondbeweeg. In Augustus 1984 is 'n operasie aan sy voet en enkel uitgevoer met 'n been-oorplanting uit sy heup wat intens pynlik was. In November 1984 het 'n verdere operasie aan sy polsgewrig gevolg. Albei operasies is deur dr JJ Marais, 'n ortopedis van Nelspruit, onderneem. In Januarie 1985 het hy weer begin werk. Waar hy voorheen as 'n beton-voorman op stellasies kon rondklouter, kon hy nou slegs toesigwerk op grondvlak behartig. In Januarie 1986 is die MVA-vorm ingedien. Nóg daarin, nóg in die eiser se besonderhede van vordering, soos dit aanvanklik in Junie 1987 geformuleer is, word enige melding van die twee kontensieuse beserings, die rug-en die hoofbesering, gemaak. (Dit word eers heelwat later bygevoeg nadat die eiser vir dr Guldenpfennig, 'n neuroloog van Pretoria, in 1988 gespreek het.) Die aanleiding tot die twee nuwe eise was twee nuwe episodes, die een in September 1986 en die ander in November 1986, wat die eiser ervaar het.

Gedurende September 1986, so getulg die
6

eiser, was hy besig om gewoonweg by sy werk om sy bakkie te stap toe hy skielik 'n intense pyn agter in sy rug ondervind. Sy onmiddellike hoof, mnr Botha, het die insident bevestig. Hy is na die Middelburg-hospitaal geneem waar hy 'n inspuiting ontvang het, waarna X-strale van sy rug geneem is. Die X-straalfoto's het 'n "ou kompressiefraktuur" van die T12-werwelliggaam met 50% kompressie van die anterior werwelliggaam-dikte aangetoon. Dit was 'n fraktuur wat deur dr Leitch, die ortopedis wat namens die verweerder getuig het, as 'n "major fracture" beskryf is. Die korrektheid van die radioloog se verslag is deur die verweerder erken, ofskoon dr Leitch dit tydens 'n samespreking tussen die geneeshere (waarna ek aanstons sal verwys) laat notuleer het dat hy onder "ou kompressie-fraktuur" verstaan dat die fraktuur in enige stadium vanaf ses weke voor die datum van die verslag opgedoen kon gewees het. Die eiser het weereens vir dr JJ Marais wat die vorige operasies op hom uitgevoer het, gaan raadpleeg. Reëlings is getref vir 'n operasie aan sy rug maar ter elfder ure is dit afgelas. Sedertdien het die eiser nooit weer gewerk nie. Latere

7

X-straalfoto's wat van die eiser se rug geneem is, het getoon dat daar verdere frakture aan die rugwerwel-liggaam was, te wete, aan T8, T10 en T11.
Die tweede insident wat deur mev Louw en die eiser se eggenote beskryf is, het op 29 November 1986 plaasgevind toe die eiser skielik 'n kreet uiter, in die rondte tol en neerslaan. Dr Serfontein, een van die eiser se huisdokters, is dadelik ingeroep. By sy aankoms het hy 'n epileptiese aanval gediagnoseer. Die gebruiklike behandeling is daarvoor voorgeskryf. Daarna het die eiser etlike verdere epileptiese aanvalle ervaar, die laaste waarvan in Maart 1989.

Die eiser is op 31 Desember 1986 afgedank.

Dit dan wat die agtergrond tot die twee vernaamste geskilpunte tussen die partye betref.
Die eiser, sy eggenote, sy voormalige eggenote (mev Louw) en sy onmiddellike toesighoudende hoof (Botha), het almal vir hom getuig. Louw en Botha se getuienis is sonder voorbehoud deur die verhoorhof aanvaar, maar oor die getuienis van die eiser en sy eggenote het die hof sekere bedenkinge gekoester. Daar is betoog dat daar op hul getuienis hoegenaamd geen

8

peil getrek kon word nie, as sou hulle gepoog het om die hof doelbewus te mislei deur 'n bedrieglike els voor te dra. Die suggestie dat die eiser se eis bedrieglik was, is nooit onomwonde aan óf die eiser óf sy eggenote gestel nie. Wat wel gesê kan word, is dat die eiser en sy eggenote nie altyd konsekwent was met die inligting wat hulle aan verskillende medici meegedeel het nie, en dat dle eiser sy kwale soms oordryf het. Maar dit verydel hul getuienis nie sonder meer nie. Die eiser is met 'n IK van net om en by 80 bedeeld en sy eggenote, ofskoon meer intelligent, het slegs standerd 8 op skool behaal. Nie een van die twee beskik oor die vermoë om 'n skema te bedink en deur te voer om die verweerder te bedrieg, in die loop waarvan hulle 'n reeks medici om die bos sou moes lei nie. So 'n skema impliseer voorts 'n komplot waarby mev Louw noodwendig becrokke moes wees. Ook teenoor haar is so iets nooit gesuggereer nie. Boonop is dit hoegenaamd nie daarmee te rym dat haar getuienis in betekenisvolle opsigte van dié van die eiser en sy eggenote afgewyk het, byvoorbeeld oor die kwessie of die eiser teenoor haar oor sy rugpyn gesanik het nie. Hoogstens kan daar dus gesê word dat

9

die getuienis van die eiser en sy eggenote skepties benader moet word. En dit is wat die verhoorhof dan ook gedoen het.
Origens was daar 'n menigte mediese deskundiges wat die eiser die een of ander tyd ondersoek het, nie almal van wie getuig het nie. . Die rede daarvoor was hoofsaaklik omdat die meeste van die medici die aand voor die aanvang van die verhoor 'n langdurige samespreking gevoer het, onder voorsitterskap van dr Guldenpfennig, waartydens die meeste van die geskilpunte uitgestryk is. Die resultaat van daardie byeenkoms is vervat in 'n dokument, bewysstuk G, wat deur dr Guldenpfennig voorberei en deur sewe van die nege deelnemende dokters onderteken is. Tydens die samespreking is daar oor feitlik al die vraagstukke aangaande die beserings wat die eiser in die ongeluk opgedoen het, ooreenkoms bereik. Alleen maar oor die kwessie of die eiser sy rugbeserlng en 'n kopbesering wat vir sy epilepsie verantwoordelik was, tydens die botsing opgedoen het, kon daar geen eensgesindheid bereik word nie. Oor die rugbesering het veral twee ortopediste getuig, dr

10

Birrell vir die eiser en dr Leitch vir die verweerder; en oor die kopbesering hoofsaaklik prof van Rooyen, 'n professor in interne geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria, en twee neuro.loë, drs Guldenpfennig en du Plessis,. laasgenoemde vir die verweerder. Die verhoorhof het sy voorkeur vir die sieninge van dr Birrell,. prof van Rooyen en dr Guldenpfennig uitgespreek. Vandaar die uitspraak.
Om oor die talryke verskille tussen die onderskeie deskundiges uit te wei en die debat oor hul onderskeie meriete en tekortkominge volledig in al sy besonderhede uit te pluis, is na my mening onnodig. Die beslissing berus uiteindelik nie soseer op 'n keuse tussen die menings van die medici nie, as op 'n beoordeling van die waarskynlikhede. Om dit te kan doen, is dit nodig om die twee omstrede kwessies afsonderlik te bekyk. Die eiser se rugbesering
Dat die eiser 'n kompressiefraktuur van die T12-werwelliggaam opgedoen het, staan vas. Dit is in September 1986 radiologies bepaal. Toe reeds was dit as 'n "ou fraktuur" beskryf. In die notule van die

11

samesprekings tussen die deskundiges word daarvan soos volg gesê:

"In September 1986 he had a severe pain and an X-ray of his back done at that time, was read out by dr Birrell in which it seems that we were dealing with an old lesion and that this patient could not have shown evidences of healing and bone formation that was seen on the X-ray from an injury the previous day. Dr Leitch preferred to term this a 'healed lesion' rather than an 'old lesion'".

Voorts is genotuleer:

"Dr Leitch accepts that in the absence of any other cause, it is possible that this could be connected to the 'accident' in question."

Bewysstuk G sluit dan hieroor soos volg af:

"Daar is as volg ooreengekom:
"Dr John Marais en dr Tony Birrell stem saam dat die ongeluk in 1984 hoogs waarskynlik die oorsaak van die T12 kompressie-fraktuur was. Dr. Leitch sal aanvaar indien daar geen ander oorsaak aantoonbaar is, dat hy moontlik die kompressie-fraktuur as gevolg van die ongeluk kon opgedoen het."

Self kon dr Leitch geen ander verklaring vir die rugbesering aan die hand doen as die botsing nie. Maar die botsing as moontlike verklaring was vir hom ewe onaanvaarbaar. Wat hom veral gehinder het, is dat

12

die eiser na die botsing teenoor niemand oor sy rugpyn gekla het nie - nie teenoor sy huisdokters, nie teenoor dr Marais wat na Augustus 1984 twee operasies op hom uitgevoer het en in November 1984 met hom oor die voltooiing van sy regs-mediese verslag gekonsulteer het, en selfs nie teenoor mev Louw, wat by hulle ingewoon het, of mnr Botha, sy onmiddellike hoof by die werk nie. Volgens dr Leitch was die T12-rugbesering 'n massiewe eenmalige fraktuur - "a single episode major injury". (Hierin verskil hy van dr Birrell wat getuig het dat die omvang van die kompressieffaktuur van T12 aanvankllk 20% kon gewees het maar dat dit daarna progressief tot 50% kon versleg het). Volgens dr Leitch sou die insident wat tot die fraktuur aanleiding gegee het met ontsettende pyn gepaard gegaan het - dit is ook die mening van dr Birrell - en sou dit die eiser vir ten minste drie maande buite aksie gestel het.
Dat hy voor September 1986, twee en 'n half jaar na die gebeure, vir die eerste keer daaroor begin kla, is vir dr Leitch dus 'n aanduiding dat hy die besering nie vóór September 1986 opgedoen het nie. Feit is egter dat die X-straalfoto's van September 1986

13

aangetoon het dat die besering wel voor September 1986 opgedoen is. In 1982 het die eiser ook X-straalfoto's van sy rug laat neem. Dit het hy laat doen omdat sy eie vader pas vantevore aan rugkanker gesterf het en hy bevrees was dat dieselfde lot hom dalk kon tref. Die X-straalfoto's wat toe deur dr Sippel geneem is, het getoon dat daar met sy rug niks skort nie.
Die besering moes dus tussen Julie 1982, toe dié X-straalfoto's geneem is, en 'n tydperk vóór September 1986 opgedoen gewees het - minstens drie maande volgens dr Birrell of ses weke volgens dr Leitch.
Word dr Leitch se mening vervolgens in ag
geneem dat die eiser intense pyn sou verduur het en vir
drie maande buite aksie sou wees - en die verweerder
kan hom nie daaroor bekla as daar in dié opsig na die
getuienis van sy eie deskundige verwys word nie -
beteken dit dat die besering nie voor die botsing in
April 1984 opgedoen kon gewees het nie, want sowel die eiser as Botha het getuig dat die eiser nooit vir meer as 'n dag van sy werk afwesig was nie. Die teendeel is nooit gestel of selfs gesuggereer nie. Dit elimineer,


14

vir dieselfde rede, ook die tydperk vanaf Januarie

1985, toe die eiser weer begin werk het, tot September
1986, waartydens die eiser ook nooit vir enige
beduidende periode afwesig was nie. Wat oorbly, is die
periode tussen 27 Ápril 1984 en 31 Desember 1984.
As die fraktuur daarenteen tydens die botsing opgedoen was, sou dit, volgens die deskundiges, nie noodwendig as sodanig gediagnoseer gewees het nie, nóg deur die medici, nóg deur die eiser self, aangesien die eiser toe vir sy veelvuldige beserings in die waakeenheid opgeneem is en onder swaar sedasie verkeer het.
Dit sou ook verklaar waarom die eiser sy rugbesering nie teenoor die talle geneeshere vermeld het wat hom juis oor die nagevolge van die ongeluk ondervra het nie - omdat hy sy rugpyn nie aan die rugbesering wat hy tydens die botsing opgedoen het, toegeskryf het nie. Sy hele lyf het gepyn. Hy is in Augustus 1985, so sê hy, deur dr Kuschlick meegedeel dat sy rugpyn daaraan te wyte was dat hy skeef loop. Teenoor mev Louw het hy nie daaroor uitgewei nie aangesien dit sy persoonlike sake was en sy huidige

15

eggenote sensitief was daaroor dat mev Louw vroeër met hom getroud was. Teenoor Botha het hy dit nie gemeld nie want hy wou nie die indruk skep dat hy kleinserig en vol iepekonders was nie. Ofskoon die verhoorhof krities gestaan het jeens die betroubaarheid van die getuienis van die eiser en sy eggenote, is hul getuienis dat die eiser gereeld teenoor haar oor sy rugpyn gekla het, tog aanvaar.
Na sy ontslag uit die hospitaal was hy in 'n rolstoel en het hy twee verdere operasies ondergaan voor hy in Januarie 1985 weer begin werk het. Tussendeur moes hy dan, as die verweerder se veronderstelling van 'n bedrieglike eis reg is, die besering aan sy rug opgedoen het wat hy, met die oog op 'n eis teen die verweerder, doelbewus teenoor geen enkel geneesheer vermeld het nie. So iets is eenvoudig ondenkbaar. Nóg in die MVA-vorm wat in Januarie 1986 voltooi is, nóg in sy aanvanklike eisformulering word enige melding van dié beserings gemaak, wat tog die geval sou wees as hy munt daaruit wou slaan. Mens kan dié teorie dus as 'n sinvolle moontlikheid ignoreer. Dit laat die botsing as die enigste moontlike oorsaak

16

van die rugbesering.
Volgens dr Leitch strook die beskrywing van die botsing egter nie met die meganika wat vir 'n anterior kompressiefraktuur van hierdie aard nodig is nie. Die fraktuur kan alleen opgedoen word, so is beweer, as gevolg van 'n hewige yoorwaartse . fleksiebeweging van die bo-romp, 'n knipmesbeweging. Wat hier gebeur het, is dat die motorfiets van voor in die bakkie vasgejaag het. Aangesien die eiser met 'n driepunt-veiligheidsgordel vasgegespe was, wat, so is betoog, juis ontwerp is om te verhoed dat iemand vorentoe geslinger word, was so 'n beweging onwaarskynlik. Blykens die foto van die wrak was die stuurwiel gebuig wat stellig vir die elser se ribfrakture en die kollaps en kontusie van sy longe verantwoordelik was; maar dit sou verhoed het dat die eiser vooroor knak.

Mens begeef jou hier, soos dr Leitch ook geredelik toegegee het, op die gebied van spekulasie. Die foto van die verkrummelde wrak en die getuienis van Mzimba en die eiser dui op 'n geweldige slag. Hoe dié kragte presies op die eiser se rug sou ingewerk het,

17

kan mens nie sommerso, sonder verdere deskundige getuienis, sê nie. Hierdie oorweging, die meganika wat vir 'n besering van hierdie aard nodig is, skep na my mening op sigself dus geen waarskynlikheid dat die T12-besering nie in die botsing opgedoen kon gewees het nie. Ek gaan in dié opsig dus met die siening van dle verhoorhof akkoord.
Sy bedenkinge ten spyt kon dr Leitch geen ander verklaring vir die besering aan die hand doen as dat die eiser dit juis in die botsing opgedoen het nie. Vandaar die toegewing wat hy tydens die samespreking van die medici gemaak het.
'n Ander verklaring is egter wel tydens betoog voor hierdie hof deur die advokaat vir die verweerder aan die hand gedoen, naamlik dat die rugbesering veroorsaak is deur 'n epileptiese aanval of aanvalle wat die eiser kwansuis gedurende die tydperk Junie 1985 tot ongeveer Julie 1986 sou oorgekom het. Dit is so, so lui die betoog, dat die eiser, sy eggenote en mev Louw almal getuig het dat die eiser sy eerste epileptiese aanval eers op 29 November 1986 ondervind het. Maar omdat die eiser en sy eggenote 'n bedrieglike eis

18

aanhangig gemaak het, is hulle volkome ongeloofwaardig en kan hul getuienis daaroor dus nie aanvaar word nie. (Die bedrieglikheid van die eis steek volgens die betoog daarin dat hulle die eiser se vroeëre epileptiese aanvalle doelbewus verswyg het toe hulle, in die loop van al die latere mediese ondersoeke, die belang daarvan vir hul eis vir die eerste keer begin besef het). Mev Louw is wel geloofwaardig, maar gedurende die tydperk waarin die aanvalle volgens die betoog sou gebeur het, was die eiser nie meer in Witrivier tuis waar hulle normaalweg gewoon het nie, sodat sy nie van die aanvalle sou geweet het nie. 'n Ander moontlikheid is dat selfs die eiser heel moontlik nie eens van die aanvalle bewus was nie, aangesien die dokters dit met mekaar eens was dat mens 'n epileptiese aanval kan hê sonder dat jy daarvan weet. Dit was trouens ook die strekking van die eiser se eie getuienis.
Dit is gemene saak, so gaan die betoog voort, dat die eiser ná September 1986 drie verdere ofskoon mindere frakture van sy werwelliggaam opgedoen het, te wete, T8, T10 en T11, wat na alle waarskynlikheid deur

19

'n epileptiese aanval veroorsaak is. (Dit kon trouens slegs tydens die epileptiese aanvalle van November 1986 gebeur het, want die verdere werwelfrakture is in Februarie 1987 ontdek toe dr Bloch op versoek van dr Leitch verdere X-straalfoto's geneem het. Tussen November 1986 en Februarie 1987 het die eiser geen verdere epileptiese aanvalle gehad nie.) As die T8-, T10- en T11-frakture deur 'n epileptiese aanval of aanvalle veroorsaak was, so lui die betoog, kon die fraktuur van die T12 eweneens deur 'n epileptiese aanval of aanvalle veroorsaak gewees het, te meer daar dr Birrell die mening uitgespreek het dat die T12-fraktuur aanvanklik 'n 20%-fraktuur was wat algaande tot 50% vererger het.
Weliswaar kon die fraktuur van die T12 nie tydens die aanval in November 1986 opgedoen gewees het nie, want dié rugfraktuur is reeds in September 1986 gediagnoseer. Ook kon die September 1986-insident nie 'n epileptlese aanval gewees het nie - enersyds het dit nie die simptome van 'n epileptiese aanval openbaar nie maar andersyds was die T12-fraktuur op daardie stadium blykens die radiologiese verslag reeds 'n "ou" fraktuur.

20

Al moontlikheid wat dan oorbly, is dat die T12-fraktuur gedurende die periode ongeveer Junie 1985 tot Julie 1986 opgedoen is en dat die eiser óf nie daarvan bewus was nie óf dit doelbewus teenoor almal behalwe miskien sy vrou verswyg het. Aldus die betoog.

Dit gaan nie op nie.
In die eerste plaas is dit 'n teorie wat deur

geen enkele medikus, hetsy in enige verslag, hetsy
tydens hul samespreking, geopper of aan enige van die
eiser se deskundiges gestel is nie. Die enigste
werklike verwysing daarna kom tydens die kruisverhoor
van dr Leitch voor toe hy gesê het:

"I think I have just said, medically, there is something missing in this story. The man presents with a severe wedge compression fracture and it is assumed that it occurred in the accident of April 1984, but if you analyse the physical injuries to the man, it was unlikely. Now I am being asked when else did it occur. It is conceivable that it had occurred on the little evidence that we have, medical evidence, that it is conceivable that it occurred during his epilepsy, but I do not know. I do not know."

As 'n stelling is dit beswaarlik sterk genoeg om as 'n waarskynlikheid te geld.

In die tweede plaas strook dié teorie glad
21

nie met dr Leitch se eie getuienis dat die T12-besering 'n eenmalige gebeure was, wat met ontsettende pyn gepaard sou gaan, waarvan die eiser noodwendig bewus moes wees, en wat hom vir drie maande buite aksie sou stel nie. Al verklaring wat regtig hiermee versoenbaar is, is dat die eiser sy besering tydens die botsing opgedoen het, maar dat nóg hy nóg die medici daarvan bewus was omdat dit deur al sy ander beserings oorskadu is.
In die derde plaas het die eiser met sy epileptiese aanval in November 1986, ontsettende rugpyn verduur. Dr Serfontein het hom aanvanklik behandel maar die pyn was so erg dat hy later die dag vir dr Marais laat kom het. Ook met sy latere aanvalle het hy erge pyn ervaar. Telkens was hy vir twee tot drie dae in die bed. Die November 1986-epileptiese aanval was vir die mindere rugfrakture verantwoordelik. As 'n epileptiese aanval vóór Junie 1986, soos betoog word, vir die veel ernstiger T12-fraktuur verantwoordelik was, sou die eiser des te meer, in die woorde van dr Guldenpfennig, 'n "hengse pyn" verduur het. Tog kla hy teenoor niemand daaroor nie en is die getuienis van

22

Botha, afgesien van die eiser self, dat hy nooit vir twee tot drie dae van die werk afwesig was nie. 'n Aanval of meerdere aanvalle van hierdie aard sou op die waarskynlikhede nie ongemerk en onvermeld verbygegaan het nie, nóg deur die eiser, nóg deur sy huisdokters, nóg deur mev Louw. Na my mening kan dit dus met vrymoedigheid as 'n realistiese moontlikheid uitgeskakel word - wat 'n verdere rede is om die nuwe teorie te verwerp.
Die afwesigheid van enige ander aanneembare verklaring vir die rugbesering dwing mens dus tot die gevolgtrekking dat die eiser sy rugbesering tydens die botsing opgedoen het, maar dat hy aanvanklik nie daarvan bewus was nie aangesien die pyn wat hy as gevolg van die fraktuur ervaar het met die pyn saamgeval het wat sy ander beserings gekenmerk het en deur pynstillende middels verdoof is. Dit is wat die verhoorhof bevind het. Na my mening was die verhoorhof reg. Die eiser se epilepsie

Die eis, gegrond op die eiser se epilepsie, is meer problematies as die eis gegrond op die eiser se
23
rugbesering. Hy het wel epileptiese aanvalle gehad,
die eerste waarvan in November 1986 as sodanig
gediagnoseer is. Blykens die mediese getuienis was
daar 'n verskeidenheid moontlike oorsake vir die eiser
se bewese epilepsie. In die onderhawige geval is daar
egter tydens die samespreking tussen die medici
ooreengekom dat die epilepsie waaraan die eiser ly die
gevolg is van 'n frontale letsel wat op die MR-ondersoek
aangetoon is.

"Daar is ooreengekom: Die frontale letsel kan te wyte wees aan trauma of 'n vaskulêre insident. Die waarskynlikste oorsaak is volgens die voorkoms trauma eerder as vaskulêr.
Met verwysing na die hoofbesering is daar ooreenstemming dat hy waarskynlik een of ander tyd 'n hoofbesering gehad het. Dit is moontlik dat hy 'n hoofbesering by die ongeluk gehad het en dat dit 'n ligte hoofbesering was. Daar het 'n meningsverskil bestaan - dr GUldenpfennig koppel die frontale letsel aan die ongeluk. Dr du Plessis sê dat dit nie noodwendig aan die "ongeluk" toegeskryf moet word .... Dr du Plessis believes that the epilepsy is not entirely due to the frontal lesion noted and other factors must also be considered, for example alcohol but he will agree with Dr Guldenpfennig as stated below: Dr Güldenpfennig believes that the frontal lesion is more than likely the cause of the epilepsy."

24

Dr du Plessls het in sy getuienis toegegee dat alkohol op die getuienis as 'n moontlike oorsaak uitgeskakel kan word. Voorts het hy toegegee dat die bewese letsel in die inferior gedeelte van die regter frontale lob waarskynlik die gevolg van trauma en die oorsaak van die epilepsie was. Dit laat steeds die vraag of die botsing die oorsaak vir die trauma was. Volgens dr Guldenpfennig kon dit, by ontstentenis van enige ander aanvaarbare verklaring, alleen maar die botsing gewees het. Die debat het dus hoofsaaklik om die vraag gesentreer of die eiser in die botsing 'n kopbesering opgedoen het wat die brein beskadig en twee en 'n half jaar later 'n epileptiese toestand tot gevolg gehad het.
Volgens die betoog van die advokate vir die verweerder bestaan hier een van twee moontlikhede: die eiser het sy kopbesering óf tydens óf na die botsing opgedoen; albei is ewe moontlik; gevolglik het die eiser nie sy bewyslas op 'n oorwig van waarskynlikhede gekwyt nie.
Die betoog berus op die sameflansing van die volgende stukkies mediese getuienis. Die neuroloë was dit met mekaar eens dat die kopbesering, wat die

25

breinbesering tot gevolg gehad het, van die allerligste graad kon gewees het. Dit was so lig dat die eiser nie noodwendig daarvan bewus sou gewees het, of dit in elk geval nie na 'n lang ruk, toe hy daarna ondervra is, nog sou onthou het nie. Dat die eiser onomwonde verklaar dat hy ná die botsing geen kopbesering van enige aard opgedoen het, is dus niksseggend - en in ieder geval is die eiser nie geloofwaardig nie. 'n Ligte kopbesering sou die frontale letsel kon veroorsaak het wat op sy beurt vir die epilepsie verantwoordelik was. Die eiser sou goed moontlik self nie van enige epileptiese aanval wat hy gehad het bewus gewees het nie. Dit getuig hy trouens self. Kortom, die eiser kon die breinbesering netsowel onwetend ná as tydens die botsing opgedoen het. Hou mens vervolgens in gedagte dat epllepsle hom volgens die mediese statistieke eerder kort as lank na 'n trauma voordoen - 80% van alle gevalle binne twee jaar - maak die tydsverloop van twee en 'n half jaar in hierdie geval die botsing as oorsaak vir die kopbesering eerder minder as meer waarskynlik. Aldus hierdie betoog.

Dit behels die kontrastering van 'n feit (die
26

botsing wat die eiser se kopbesering kon veroorsaak het) met 'n blote hipotese (dat hy die kopbesering die een of ander tyd, op die een of ander wyse, waarvan nlemand iets weet nie, opgedoen het). Laasgenoemde hipotese is op geen vaste feite gefundeer nie. Daarenteen staan dit vas dat die eiser in 'n kop-aan-kop botsing betrokke was waarin hy verskeie ernstige beserings opgedoen het. Mzimba het gedink hy is dood. Self kan die eiser nie onthou dat hy vir 'n rukkie met sy kop op Mzimba se skouer geleun het nie. Hy het geen herinnering oor hoe hy uit die bakkie gehaal is nie. Weliswaar het hy self nie gedink dat hy bewusteloos was nie, maar dit strook weer nie met Mzimba se getuienis nle - wat daarop dui dat die eiser wel vir 'n kortstondige rukkie sy bewussyn kwyt was, en dat hy daarna nie alles kon onthou nle - wat alles volkome met 'n kopbesering en breinbeskadiging, al is dit ook van 'n ligte aard, versoenbaar is. Onder kruisverhoor was dr du Plessis, die neuroloog wat namens die verweerder getuig het, genoodsaak om toe te gee dat daar wel getuienis van post-traumatiese amnesie was - wat op sigself 'n aanduiding, ofskoon nie deurslaggewende

27

bewys, van brelnskommeling is nie. Aldus getuig hy:

"En u het pas vir sy edele gesê u is bereid om te aanvaar dat hy amnesie gehad het? . . . Ek aanvaar dat hy moontlik amnesies kon gewees het, ja ek aanvaar dit."
En weer:
"As die amnesie wat u bereid was om te aanvaar wel bestaan het dan sou dit post-traumatiese amnesie wees? ... Dit is korrek."
En laastens:
"Om dit kort te sny as sy edele bevind dat daar hierdie post-traumatiese amnesie wel was Dan moet ek aanvaar dat daar, kom ons noem dit 'n breinskommeling was of iets was wat tydelik die geheueprosesse verstoor het."

'n Verdere faktor wat deur dr Guldenpfennig, die neuroloog wat namens die eiser getuig het, in ag geneem is, was die getuienis van mev Louw en van dle eiser se eggenote dat daar by die eiser se aankoms by die hospitaal bloed uit sy oor geloop het. Daaroor is daar sowel tydens die verhoor as voor hierdie hof 'n hewige debat gevoer. Ma my mening is mev Louw se getuienis hieroor nie weerlê nie en was die verhoorhof reg toe bevind is dat daar wel bloed in die eiser se

28

oor was. Bloed in die oor, ofskoon op sigself nie
konklusief nie, kan 'n aanduiding van 'n breinbesering
wees, soos geredelik deur dr du Plessis toegegee is.

Die uiteinde van dr du Plessis se getuienis

was soos volg:

"... ek aanvaar dit ek probeer net vir u weer eens sê dat ek kan dit hoegenaamd nle uitskakel nie dat die twee dinge of die drie dinge, die kopbesering, die breinbesering en die epilepsie nie verband hou nie. Ek kan dit nie uitskakel nie."

En weer:

"Ek wil ten slotte aan u stel dat ek voor sy edele gaan argumenteer dat as 'n mens al dle feite in hierdie saak in ag neem, as 'n mens in ag neem dat u en dr GUldenpfennig dit eens is dat die botsing 'n moontlike oórsaak van dle frontale letsel by die eiser kan wees en derhalwe ook 'n epilepsie en as 'n mens in ag neem dat in die getuienis geen ander oorsaak na vore gebring is nie dat die botsing inderdaad die mees voor-die-hand-liggende oorsaak is, ek wil dit nie hoër nou aan u stel nie, van die brein, die frontale letsel en derhalwe die epilepsie. Sou u dit nie toegee nie, dokter? ... Ek kan dit nie ontken nie.
U kan dit nie ontken nie. Mens moet aan-vaar dit is die mees voor-die-hand-liggende oorsaak. Die logika dwing jou daartoe. Korrek? ... Ek aanvaar dit."

29

Ook hierdie toegewinge maak dit na my mening aanneemlik dat die eiser sy kopbesering eerder in die botsing as agterna, skrams, ongesiens en onwetend opgedoen het of, as hy wel daarvan geweet het, dat hy dit opsetlik verswyg het om die verweerder te kul. Al wat moontlik hierteen tel, is die lang tydsverlopp vanaf die botsing tot by die eerste aanval van epilepsie in November 1986. 'n Tydsverloop van so 'n omvang is egter nie ongehoord nie, en die statistieke, wat niks meer as tendense aantoon nie, kan nie dien om die moontlikheid, in dié geval die waarskynlikheld, te weerlê dat die botsing die eiser se epilepsie veroorsaak het nie.
Na my mening het die eiser sy bewyslas dus ook in dié opslg gekwyt.
Die appèl word van die hand gewys met koste, wat die koste van twee advokate insluit.

NIENABER AR

JOUBERT AR )
VAN HEERDEN AR )
NICHOLAS WAR )

HARMS WAR )